• No results found

Hoofstuk 4 – Relasionele performatisme

4.8. Letterkunde wat (performatief) dink

Soos vroeër reeds genoem, voer Van Niekerk se tekste in die derde fase van haar oeuvre ʼn soeke na die doel van kunsuitinge op. Een van die redes waarom kunstenaars kuns maak, is om kunstig te besin oor die lewe en die mens se posisie daarin. In sy teks Un cœur intelligent praat die filosoof Alain Finkielkraut van die strewe om ʼn wyse hart te hê. Volgens hom gee God nie meer antwoorde op die groot vrae van die lewe nie, net so min as wat die geskiedenis of moderne teorieë sinvolle antwoorde het om te bied (Finkielkraut, 2010). ʼn Mens kan wel sulke vrae aan die letterkunde vra, voer Finkielkraut aan: “(d)e bemiddeling van de literatuur is geen garantie, maar zonder haar zou de genade van een intelligent hart voor altijd voor ons onbereikbaar zijn. En we zou misschien de wetten maar niet de jurisprudentie van het leven kennen” (2010:12). In sy boek ondersoek Finkielkraut tekste deur groot skrywers soos Kundera, Camus, Conrad, Dostojevski, James en Blixen in ʼn poging om aan te dui dat goeie letterkunde die vermoë het om ʼn sonderlinge tipe wysheid uit te beeld en moontlik oor te dra. Die kultuurfilosoof Jeroen Vanheste (2012:9) voer ʼn soortgelyke argument in De Wijsheid van de Roman: Schrijvers en dichters zijn onderzoekers van de menselijke natuur en cultuur. In een geslaagd gedicht, toneelstuk of roman kan plaatsvinden wat Aristoteles mimesis noemde: de schrijver overstijgt het subjektieve en particuliere van zijn persoonlijke wereld en maakt als in een spiegel iets van het algemeen menslijke zichtbaar. Op die manier draagt hij bij aan een inzicht in de menselijke conditie, en dat is waarom gedichten, toneelstukken en verhalen uit totaal andere tijden en samelevingen ons nog steeds kunnen aanspreken. De culturele contex kan weliswaar verschillen, maar veel in de menselijke natuur blijft hetzelfde: gevoelens en ervaringen als liefde, vriendschap, jaloezie, ambitie, pijn en verlies zijn hier en nu niet anders dan ze elders en eerder waren. In alle tijden heeft de literatuur deze grote menselijke gevoelens en ervaringen beschreven, en veel grote schrijvers hebben hun taak in deze zin opgevat. “My business is the study of human life,” zei bijvoorbeeld de romancier Henry James.

Sommige kontemporêre filosowe, soos Iris Murdoch, Stanley Cavell, Martha Nussbaum en Roger Scruton, is ook van die oortuiging dat letterkunde wysgerige of filosofiese seggingskrag besit (Vanheste, 2012:11). Die vader van moderne Westerse filosofie, Descartes (aangehaal deur Vanheste, 2012:11), beskou die insigte van skrywers selfs hoër as dié van filosowe:

Je zou je kunnen afvragen waarom waardevolle uitspraken vaker in de werken van dichters staan dan in die van filosofen. Dat komt doordat dichters schrijven vanuit bezieling en verbeeldingskracht. En zijn vonken van kennis in ons, zoals in vuursteen; door filosofen worden ze met de rede tevoorschijn gehaald, maar door dichters worden ze er met de verbeelding uit geslagen en daardoor geven ze meer licht. Dit is natuurlik belangrik om te noem dat die opvatting dat letterkunde die werklikheid op mimetiese wyse (behoort te) weerspieël, nie een is waaroor alle literatore noodwendig saamstem nie. Iemand wat nie oortuig is daarvan dat die letterkunde filosofiese vraagstukke aanraak deur sulke vrae op kreatiewe maniere uit te beeld of op te voer, in plaas van te betoog nie, sal uiteraard geen hulp van literêre tekste verwag nie (Vanheste, 2012:12). Saam met die Amerikaanse filosoof en letterkundige Martha

156

Nussbaum (in tekste soos The fragility of Goodness, Love’s Knowledge en Upheavals of Thought), is Vanheste wel oortuig dat letterkunde die vermoë het om wysheid (eties, moreel, algemeen-menslik) oor te dra en die soeke daarna uit te beeld (2012:12). Literêre werke het dus performatiewe eienskappe. In sy teks bekyk hy spesifiek tekste deur skrywers soos Tolstoi, Dostojefski, Thomas Mann, Proust, Eliot en Hermann Broch en argumenteer dat daar in sulke tekste filosofiese onderwerpe soos liefde as spel, die groot lewensvrae, die aard van menswees, die humanisme van die homo Dei, die verband tussen kuns en die lewe, kultuurkritiek, en die verval van waardes aan bod kom. Sy gevolgtrekking is uiteindelik dat die letterkunde ʼn onmoontlike en idealistiese droom uitleef, soos die een wat Don Quichote nagejaag het. Vanheste verduidelik dat die letterkunde wat hy in sy boek bestudeer het, ʼn ideaal nastreef wat onmoontlik lyk: die mens as vry. Vry van materialisme, magsug, statusbeheptheid, allesoorheersende seksuele drang, en vry van die nimmereindigende strewe na ʼn beter sosiaal- ekonomiese posisie (Vanheste, 2012:217). Die idealistiese strewe is na ʼn vryheid waarin ʼn individu in staat is om vorm, inhoud en sin aan sy/haar lewe te gee, alhoewel hy/sy self soms nie weet wat om met daardie vryheid te maak nie. Die individu (of subjek) word dan eerder gedryf deur idees en ʼn geestelike lewe as deur materiële faktore (Vanheste, 2012:217-218).

Vanheste (en Finkielkraut) se strewe mag dalk humanisties, modernisties en totaal uitgedien lyk. Die postmodernisme het ons immers bevry van sulke naïewe, idealistiese en veralgemenende strewes. Daar kan egter ʼn duidelike metamodernistiese klemverskuiwing in hierdie strewe waargeneem word: die klem is nou op die besef dat hierdie strewe na en geloof in vryheid ʼn onmoontlike droom is. Só beskou, sluit hierdie klemverskuiwing duidelik aan by relasionele performatisme en die metamodernistiese asof- ingesteldheid. Grootse idees soos waarheid, vryheid86 en die vermoë van letterkunde om iets aan ons te

openbaar, word met ander woorde nie meer beskou as iets wat ʼn moontlikheid is en wat met genoeg deursettingsvermoë en suiwere uitvoering bereik kan word, soos wat die moderniste geglo het nie. Dit is ʼn droom wat, as gevolg van die invloede van die postmodernisme, in kontemporêre tye onwaarskynlik (selfs onmoontlik) is, maar ʼn droom wat tog steeds waarde en seggingskrag het, en dalk selfs die vermoë het om ʼn leser (of skrywer) aan te spoor tot persoonlike groei. Dit is ook ʼn droom waarsonder die mens nie kan leef nie, sê Vanheste (2012:219): “[…] wat Dostojefski en zijn romanpersonages betogen is dat de mens niet zonder een ideaal kan leven”. Dit gaan dalk eerder (op metamodernistiese wyse) oor die

geloof in ’n ideaal, as die werklike bestaan daarvan (Vanheste, 2012:220): “(d)it idee van het ‘doen

alsof’”. Geloof is niks anders as troos nie. Geloof in iets metafisies, transendentaal en selfs onmoontlik, is nie iets om oor skaam te wees nie: “(e)en antropomorfe projectie is immers iets heel waardevols:

86 Andrew Foley (2009) se The Imagination of Freedom: Critical Texts and Times in Contemporary Liberalism is spesifiek

met die idee van vryheid in letterkunde gemoeid. Hy skryf die volgende: “Writers such as Alan Paton, Chinua Achebe, Ken Kesey, Seamus Heaney, Fay Weldon, Athol Fugard, Mario Vargas Llosa, Ian McEwan and other writers and film-makers discussed in this book, have certainly defended the values and principles of liberalism with great skill and commitment. By maintaining a belief in the ideals of individual liberty and social justice, often in the face of hostile opposition, these writers have demonstrated that there can be no more crucial aspect and purpose of political literature than the expression of a true imagination of freedom”. Die idee van ʼn teks se eie interne etiese kode wat Van Niekerk (2013a) voorstel, kan met Foley se teks in verband gebring word.

157

want het verlangen naar perfectie en het projecteren van idealen behoren nu juist percies tot de wezenskenmerken van de mens” (Thomas Mann, aangehaal deur Vanheste, 2012:220). In sy essay, “Moderne Cultuur” skryf die hedendaagse kultuurfilosoof Roger Scruton:

We weten dat we dieren zijn, onderdelen van de natuurorde [...] We geloven dat de gode onze eigen uitvinding zijn en dat de dood precies is wat hij lijk te zijn. Onze wereld is onttoverd en onze illusies zijn vernietigd. Tegelijkertid kunnen we niet leven alsof dat de volle waarheid is over onze toestand [...] De moderne wetenschap heeft ons geleerd dat de menselijke vrijheid maar ‘alsof’ is, maar ze heeft ons nooit zo kunnen uitrusten dat we kunnen leven zonder erin te geloven (Vanheste, 2012:220).

Letterkunde het die vermoë om die strewe na en geloof in die onmoontlike uit te beeld. Nie te beredeneer nie, maar troostend en performatief uit te beeld. Kan ʼn mens so ver gaan as om te beweer dat letterkunde selfs die verantwoordelikheid het om dit te doen, aangesien letterkunde in staat is om die individu te betower en mee te sleur in ʼn wêreld vol ontnugtering, teenstelling en skeptisisme? Is letterkunde veronderstel om ʼn instrument van sosiale kohesie te wees, of ʼn blote uitbarsting van ‘kritiese’ geluksaligheid, vra Van Niekerk (2013a:1) in haar artikel oor J.M. Coetzee se Life and Times of Michael

K.

Marlene van Niekerk se werke is na my mening tiperend van letterkunde wat die soeke na antwoorde op die groot vrae van die lewe kunstig uitbeeld, en ook die onvermydelike en interessante teenstellinge in die lewe belig. Wat is dit wat ʼn literêre teks, en spesifiek Van Niekerk se werke, in staat stel om só na antwoorde te soek? En hoe doen ʼn teks dit in ʼn kontemporêre konteks waar iets wat na totaliserende denke lyk, soos wysheid, moraliteit, etiek, en belangstelling in die metafisiese, altyd met (geregverdigde) agterdog bejeën word?

In ’n insiggewende artikel oor J.M. Coetzee se Life and times of Michael K (1983) beredeneer Marlene van Niekerk (2013a) self die doel van letterkunde, in die lig daarvan dat kunswerke soms geïnstrumentaliseer word vir spesifieke politiese, sosiale en teoretiese agendas. Sy stel in die artikel ʼn alternatief (“a ‘counter-cultural’ response”) voor vir die instrumentalisering van kuns ter wille van sosiale kohesie87. Haar hipotese is die volgende:

the true ethical importance of a certain calibre of artwork lies not in the ‘message’ that could be extracted from it, but in the autonomy and singularity that makes it ‘stand on its own’ through nothing but its own internal conceptual complexity and formal cohesion. The latter would be qualities that render it ‘different’ and resistant to simplification and that guarantee its reception as an ever open ‘event’ (Van Niekerk, 2013a:2).

87 Sy het dit hier spesifiek teen die voorskrifte van die EU Kultuurprogram wat aanvoer dat Europese skrywers hulle besig

moet hou met die produksie van letterkunde wat opbouend is en die Europese ideale uitbeeld ter wille van die bevordering van vrede en samehorigheid.

158

Die kunswerk (bv. ʼn teks) het dus ʼn eie interne etiese kode wat dit waarde gee in terme van die groter ekstra-tekstuele konteks. Dit kan nie “aangewend” word vir ʼn voorafbestemde doel nie, maar dit kan wel in deur proses van “becoming” iets verteenwoordig van ʼn “ethically self-conscious writerly procedure”. Letterkunde wat só ontstaan kan beskou word as letterkunde wat dink (Van Niekerk, 2013a:13); letterkunde wat self-refleksief is, wat vreemd maak, wat “irreducible textuality” vertoon (Van Niekerk, 2013a:2-3). Van Niekerk voer hierdie argument aan die hand van Jean-Luc Nancy se idee van “literariness”, Roland Barthes se onderskeid tussen “readerly” en “writerly” tekste en die konseptuele persona in Deleuze en Guattari se teorie van kreatiwiteit.

Nancy is veral begaan oor die probleem van die vasstelling van identiteit in kuns en in die gemeenskap sonder om in die strik van totalisering te trap (Van Niekerk, 2013a:6). Volgens Nancy lê die antwoord daarin om aan te dring op oopheid: “[…] openness through a post-romantic literature of fragments representing a radically fractal notion of community, a community that is always only a becoming and never a completed unitary work, an unmade community” (Van Niekerk, 2013a:6). Die doel van letterkunde is daarom om die “groundlessness of human existence” uit te beeld in “artistic activity as a setting-in-motion-of-an-event-of-figuration” wat verteenwoordig word deur “an energy, a violence or an intensity” (Van Niekerk, 2013a:6). Nancy se “literariness” verwys dus nie na ʼn enkele aksie waartydens iets geproduseer word nie, maar eerder ʼn “singular continuous creative act of producing”. Net soos ’n gemeenskap nooit voltooi is nie, so is ʼn teks ewig in die proses van kreatiewe wording. Die gevolg is “writerly” in plaas van “readerly” tekste. Barthes maak die onderskeid tussen die twee tipes tekste. Waar die “readerly” teks plesier en vermaak op ʼn bekende en vertroude manier verskaf, bied “writerly” tekste ʼn aansteeklike selfbewustheid wat daarin slaag om “metropolitan subjectivity” omver te werp en jouissance88 tot gevolg te hê (Van Niekerka, 2013a:8). Die selfbewuste en nooit-

voltooide teks word dus ervaar in terme van die inhoudelike waarde daarvan, en nie ter wille van een of ander politiese of sosiale agenda nie.

ʼn Belangrike punt wat Van Niekerk (2013a:8) maak, is dat die teks beskou word in terme van die eiesoortige stilistiese eienskappe daarin wat kritiese konsepte aan die hand van nuwe verbeelde sensasies opvoer. Die inhoudelike word voor die oë van die leser/beskouer opgevoer, sonder dat die gebeure ooit sluiting vind. Die outeur handel nooit die verhaal of die gegewens af nie, maar plaas dit in ʼn staat van “ever-germinating” subjektiwiteit.

Het so ʼn teks dan wel ʼn bydrae om te maak tot sosiale kohesie (Van Niekerk, 2013a:9)? Indien die teks intensief gelees word, dui Van Niekerk aan, kan dit dalk daarin slaag om mense te verbind “in an intimate process of experiencing the ravishment effected by excellent writing” wat ʼn bevredigende “communal experience” kan wees. Letterkunde wat dink is dus inherent relasioneel van aard, aangesien

159

dit die lesers se ervaring van die oopheid van ʼn ewig-wordende gemeenskap kan versterk: “(t)he momentary intimate communal aspects of reading-for-bliss could instil the anticipation of an open community, the community of permanent becoming” (Van Niekerk, 2013a:9).

ʼn “Writerly” teks wat weerstandig is teen literêre instrumentalisering kan nie misbruik word as opium vir die massa nie, omdat die inhoud daarvan nooit eensydig gefokus sal wees op gemeensaamhede en die bevestiging van gemaksones nie. Dit verteenwoordig ook nie ʼn swart gat van eksistensiële nihilisme nie, maar probeer eerder selfbewus ossilleer, of “hover” (Van Niekerk, 2013a:7) tussen die een en die ander; altyd in ʼn proses van wording.

Die selfbewustheid en self-bevraagtekening waarmee sulke tekste werk, is volgens Van Niekerk (2013a:10) ʼn belangrike eienskap wat die weerloosheid van goeie letterkunde bevestig. Weerloosheid spruit juis uit die selfbewustheid en self-bevraagtekening wat “writerly” tekste kenmerk: “Alles van waarde is weerloos”, se Lucebert (Van Niekerk, 2013a:13). Hierdie weerloosheid mag egter nooit geapproprieer of verhandel word nie, want dan verloor die teks sy sonderlingheid.

Letterkunde wat dink (“writerly” letterkunde) is eties selfbewuste letterkunde wat filosofiese vraagstukke mimeties opvoer, en nie bloot menings opper nie. Met verwysing na onder andere Life and

Times of Michael K verduidelik Van Niekerk (2013a:17) dat Coetzee se “writerly” tekste beskou kan

word as oorspronklik omdat dit opsetlik filosofies is sonder om enigsins abstrak te raak: “(t)hey deeply engage philosophical ideas of domination and subjection, the power and authority of fiction, language and truth, of violence and suffering, of master and slave, without producing reading obstacles for the non-expert reader”. Letterkunde met filosofiese tematiek kry ekstra effek deur opgewek, gemobiliseer en gevitaliseer te word in ʼn proses waartydens die skrywer hom-/haarself volkome oorgee aan die materialiteit van taal en die uitstel van betekenis (Van Niekerk, 2013a:18). Sodoende word die weerstandigheid van die teks versterk. Die selfbewuste “writerly” teks frustreer interpretasie, bied teenstand teen “ruling orthodoxies” en “theoretical reduction” (Van Niekerk, 2013a:17). Wat ek in Hoofstukke 1 en 3 geskryf het oor die probleem van periodisering en teoretiese kategorisering, sluit hierby aan. Ek probeer hierdie probleem omseil deur metamodernisme eerder ʼn simboliese ruimte te noem waarin verskillende transhistoriese raamwerke gelyktydig betrek kan word, afhangend van wat die teks self op die voorgrond plaas. Op hierdie manier probeer ek postkrities lees in ʼn poging om die tekste ʼn geleentheid te gee om self te “praat” en dit wat hulle oordra performatief voor my op te voer. Tydens die “becoming” van “writerly” tekste word karakters en gebeure “fully developed in experiential terms […] grounded in compelling turns of the narrative that unfolds in naturalistically portrayed space and time” (Van Niekerk, 2013a:18). Die filosofiese aard van die teks of die ‘waarheid’ van die teks ontstaan dus in die proses van skryf (en lees). “One writes […] because one does not know what one wants to say, writing reveals to one what one wanted to say in the first place […] Truth is

160

something that comes in the process of writing, or comes from the process of writing”89 sê Coetzee self

(in Attwell, aangehaal deur Van Niekerk, 2013a:18). Die waarheid wat ontstaan in die teks is nie die waarhede van die geskiedenis nie. Coetzee dring daarop aan dat die outeur die teks die kans moet gee om eie waarhede uit te werk “[…] outside the terms of class conflict, gender conflict or any of the other oppositions out of which historic disciplines erects themselves”. Hier is dus sprake van teenkanting teen dialektiese denke, en voorkeur vir iets soos dialogiese denke deurdat die outeur toelaat dat betekenis gevorm word op ʼn natuurlike manier: “Storytelling is another mode of thinking” (Coetzee, aangehaal deur Van Niekerk, 2013a:18). Coetzee bied in hierdie uitlating ook teenkanting teen die instrumentalisering van letterkunde (vgl. Attridge, 2004:7).

Omdat Coetzee met die konsepte ‘dink’ en ‘waarheid’ die letterkundige teks duidelik in filosofiese terme beskou, betrek Van Niekerk (2013a:18) die filosowe Deleuze en Guattari se teorie van kreatiwiteit by haar betoog. Sy is spesifiek geïnteresseerd in hulle nosies van konseptuele personae en estetiese

figure. Van Niekerk verduidelik dat Deleuze en Guattari die konseptuele persona uitsluitlik verstaan in

terme van die filosofie. Hulle verwys na Plato se Sokrates en Nietzsche se Zarathoestra as voorbeelde van “[…] personae utilised to dramatize and narrativise (philosophical) concepts”. In teenstelling met die konseptuele persona, maak skrywers volgens Deleuze en Guattari gebruik van die idee van estetiese figure, figure wat gestileerd is, sintuiglik opgestel: “worked up through the artists’ craft from material that is rendered fully expressive” (Van Niekerk, 2013a:19). Die konseptuele persona en die estetiese figuur is verskillend in terme van doel en uitbeelding en sal volgens Deleuze en Guattari slegs in uitsonderlike gevalle oorvleuel. Van Niekerk argumenteer dat Coetzee se Michael K juis so ʼn uitsondering verteenwoordig: “a hybrid conceptual/sensate figure” wat ten volle opgevoer word in ʼn realistiese konteks, alhoewel hy uitgebeeld word aan die hand van ʼn antirealistiese afstandelike stem (Van Niekerk, 201a3:19). Die tipe konseptuele figuur wat Michael K verteenwoordig, stel die outeur in staat om ʼn nuwe ervaringswêreld te skep, ʼn “region of human life at the outer edges of physical and cognitive coherence”.

So ʼn nuwe ervaringswêreld word deur die skrywer op verskeie vlakke gekonstrueer sodat die teks nooit finaal geïnterpreteer kan word nie. Die karakter bly radikaal oop “[…] a kairos rather than a truthful mythical identity” (Van Niekerk, 201a3:20). Hierin lê die teks se oopheid en “writerlyness”:

the text maintains its literariness, its difference, without relinquishing its conceptual critique; it is a textual happening of idea-saturation in the sockets of the visceral, a becoming-incarnate of ideas in compounds of sensation, releasing a figure of literature that is ‘too alive to be liveable or lived’ (Van Niekerk, 2013:22).

89 ’n Mens sou wel kon argumenteer dat die skrywer se persoonlike oortuigings dan juis na vore kom. Wanneer ’n skrywer

skryf om agter te kom wat dit is wat hy of sy wil sê, is dit immers juis die dinge wat in sy of haar se onderbewussyn lê wat na die oppervlakte beur. Die outeur se eie beskouings sal dus nooit heeltemal buite rekening gelaat kan word nie. Veral nie as die outeur beskou word as ’n akteur wat deel is van ’n akteurnetwerk nie.

161

ʼn Skrywer wat tekste skryf wat as weerstandig en “writerly” beskou kan word, benader sy/haar