• No results found

INTERNASIONALE JEUGTEATERTENDENSE

2.3 Internasionale tekste

ASSITEJ Internasionale tekste huidiglik op hul internetkatalogus :

Land Titel en Dramaturg Ouderdomsgroep Temas

A u s tr a lië

Toxic: Maryanne Lynch 15–24 jaar Grootword, identiteit

Keep Everything You Love:

David Brown

15–volwasse Jeug selfmoord, angs van die oorlewendes D e n e m a rk e

Det store stilehæfte/Die Notaboek: Marc van der

Velden

14 jaar en ouer Oorlewing, oortollige emosies

Hamlet: Jesper Bræstrup Karlsen

14 jaar en ouer Van kind tot volwassenheid,

“… say something !”:

Anders Ramberg

10 jaar en ouer Om met siekte oor die weg te kom, grootword

Det bliver sagt/ Ek sal sê:

Kristian Ditlev Jensen

14 jaar en ouer Pedofilie, selfmoord

D u it s la n d

Klamms Krieg: Kai Hensel 16 jaar en ouer Selfmoord, skooldinamika

Das Herz eines Boxers:

Lutz Hübner

15 jaar en ouer Bende oorloë, vriendskap

Dreier ohne Simone: Kristo

Šagor

15 jaar en ouer Verkragting, liefde, verhoudinge P o la n d Nieobecny (Die Onteenwoordige): Krystyna Choloniewska

12 jaar en ouer Familie lewe, van kind tot volwassenheid

Piec minut (Vyf minute):

Liliana Bardijewska

12 jaar en ouer Drome van roem of om ʼn “celebrity" te word R u s la n d

Two in the Darkness:

Mihail Bartenev en Alexei Slapovskij

Jongmense Kulturele verskille, lewe & dood, oorlog

Demobilisation Train:

Alexandr Arhipov

Jongmense Gestremdheid, oorlog

Back Home: Ludmila

Razumovskaya

12–14 jaar Huisloosheid, noodlot, soeke na liefde en aanvaarding B ri tt a n je

Lifeboat: Nicola McCartney 10 jaar en op Dapperheid, vriendskap, oorlewing

Breathing Space: Mary

Cooper

13 jaar en ouer Ballingskap, huishoudelike geweld, vriendskap,

oorlog, ontvlugting (http://www.assitej.org/catalog /kat1.asp)

Dit wil voorkom asof Australië, Denemarke, Duitsland, Pole, Rusland en Brittanje die enigste lande is wat kontemporêre tekste ingestuur het. Die tekste kan ook op die ASSITEJ-webruimte bestel word.

Indien die Europese temas vergelyk met wat in Suid-Afrika aangeraak word, is dit interessant om te merk dat bogenoemde Jeugteaterproduksies baie met oorlog te make het en dat die enigste vergelyking wat ons daarmee kan tref, die oorlog teen Apartheid of ons oorlog teen VIGS en SOD’s in Suid-Afrika is.

Suid-Afrika het tot dusver geen tekste ingestuur nie. ʼn Kernvraag van hierdie navorsing is of die tekort aan tekste ʼn gevolg is van minimale produksies wat aangebied word. ʼn Ander vraag is of die band wat Suid-Afrika met ASSITEJ het optimaal benut word om bande op te bou.

Volgens Ruth Oswald (ASSITEJ 2003:98) is daar in essensie geen verskil tussen die stories en onderwerpe van teater vir jong gehore en gewone, alledaagse teater nie. Belangstelling in die mens, hoe hulle voel en wat hulle doen, is onafhanklik van die gehoor se ouderdom. Amper alle belangrike sake wat mense interesseer, soos liefde, haat, jaloesie, vrees, die dood en andere kan in die genre meegedeel word. Sy gaan verder deur te noem dat jong mense ernstig opgeneem wil word; hulle is heeltemal in staat om in teater te deel wat seermaak. Die jeug se ervaringsveld is nog nie so breed nie, maar dit beteken nie dat hulle net hul eie realiteit op die verhoog wil sien nie. Kwessies soos moraliteit is sterk aanwesig onder jong mense. Temas soos leuens, verraad, moord, mag en oorlog is tuis in die genre.

Dr. Gerd Taube (2003:97–98) meen dat die stories wat in Kinder- en Jeugteater gebruik kan word juis gekenmerk moet word deur spesiale karakters en hulle spesiale narratiewe perspektiewe. Die kind of jongmense hoef nie hulself op die verhoog te sien as ʼn manier waarop ʼn storie vertel word nie. Spesiale figure waarvan daar geen voorbeelde in die werklikheid bestaan nie en wat buitengewone vermoëns het, kan gebruik word. Diere wat kan praat en hulle soos mense gedra, of narre met hulle naïewe wêreldbeskouing kom baie na aan

kinders se wêreldbeskouing. Feëverhale en storieboekfigure word lewendig en deur hulle realiteit vervolmaak hulle die voorstelling wat die gehoor reeds aangeleer het toe hulle bestaande kinderliteratuur gelees het. Mens kan sê dat stories vir kinders aangevuur word deur die verrassing van die natuur van die wêreld en dat dit ʼn spesiale narratiewe benaderingswyse gee.

2.4 Samevatting

Internasionale kontak tussen lande ten opsigte van Jeugteater blyk baie belangrik vir die bevordering van Jeugteater te wees. Deur die ASSITEJ word belangrike informasie gedeel om Teater vir Jeuggehore te bevorder. Die oënskynlike onbetrokkenheid van Suid-Afrika by die organisasie vir internasionale kontak kan ʼn negatiewe invloed op plaaslike Jeugteater hê.

In Australië en Brittanje is dit duidelik dat ondersteuning van die verskillende kunsterade ʼn belangrike rol speel in die ontwikkeling van Jeugteater. In die VSA word teater as ʼn handige ekonomiese hulpmiddel gesien. Dit blyk ook dat kunstebefondsing toenemende as ʼn politieke speelbal in Australië gebruik word. Gemeenskapsteater, Opvoedkundigeteater en verskeie hoofstroom-Jeugteater- produksies word deur ʼn reeks produksiehuise internasionaal geskep.

Dit is interessant om te merk dat Jeugteater in beide Australië en die VSA met kulturele identiteit te make het. Die twee belangrikste aspekte wat ʼn impak op multikulturele identiteit het, is afstand en kulturele diversiteit. ’n Belangrike ooreenkoms tussen Australië, die VSA en Suid-Afrika is die invloed van veelvuldige tale, en dus ook kulture, wat in die lande aanwesig is.

’n Verdere punt wat in die hoofstuk na vore kom, is die belangrikheid van samewerking tussen skole en die teater om produksies daar te stel wat Opvoedkundigeteater en Gemeenskapsteater oor gemeenskaplike kulturele agtergronde, kontemporêre bekommernisse aanspreek, vrae stel en antwoorde soek.

Waar Australië al ’n gevorderde sisteem van Jeugteater het, is Suid-Afrika agter. Dit blyk dat internasionale Jeugteater na opvoerings met meerdere fasette soos dans, musiek, poppespel, video’s en digitale media beweeg. Nuwe, uitdagende tegnologiese hoofstroomproduksies is aan die orde van die dag in Australië, die VSA en Brittanje.

Die internasionale ondersoek lei die ondersoek in Hoofstuk 3. In die betrokke hoofstuk word ʼn nie-empiriese en empiriese studie na die Suid-Afrikaanse situasie ten opsigte van beleide, ondersteuningstrukture, samewerking tussen skole en teater, Jeugteatergroepe, hoofstroomproduksies en tendense in temas vir Jeugteater onderneem.

HOOFSTUK 3