• No results found

GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS VIR DIE BEVORDERING VAN JEUGTEATER

6.2 Navorsingsprobleem, vrae en die doel van die studie

6.3.7 Doelbereiking en beantwoording van navorsingsvrae

Na aanleiding van die bostaande gegewens is tot die gevolgtrekking gekom dat die doel van die navorsing bereik is. Deur middel van ʼn verkennende en beskrywende ondersoek is die primêre doelstelling van die navorsing om die stand van professionele Jeugteater (13- tot 18-jariges) wat na 1994 tydens Suid- Afrikaanse Kunstefeeste en in staatsgesubsidieerde “Playhouses” opgevoer is ten opsigte van die spesifieke temas en aanbiedingstyle bepaal.

Die sekondêre doel om die adolessent se behoeftes en voorkeur teenoor Jeugteater vas te stel, is in Hoofstuk 4 bepaal. Die verdere doelstelling om tendense, teikengroepe, mate van artistieke sukses en die moontlikhede vir finansiële volhoubaarheid van Jeugteateropvoerings te bepaal, is in Hoofstukke 3 en 5 hanteer.

Die finale doel van die navorsing, naamlik om die bevindinge beskikbaar te stel aan belanghebbende instansies soos professionele groepe, feesorganiseerders en artistieke direkteure van “Playhouses”, word onder aanbevelings (6.4) behandel.

In die ondersoek kom dit duidelik na vore dat sekere nuwe beleidvoorstelle, beplanningsvoorstelle en werkprosesse deur die studie in die aanbevelings gemaak kan word.

Die navorsingsvrae is deur middel van die studie, met inagneming van die leemte in beskikbaarheid van inligting, beantwoord. Hierdie aanname blyk duidelik uit die gevolgtrekkings gemaak in 6.3.1 tot 6.3.4.

6.4 Aanbevelings

Na aanleiding van die gevolgtrekkings en voorafgaande studie word die volgende aanbevelings gemaak met inagneming van die beperkte beskikking oor finansiële bronne en die bestaande beleid van die Witskrif.

Die PANSA-verslag, Towards an understanding of the South African Theatre

industry, November 2005, asook die verslag Values, Education and Democracy – Report of the Working Group on Values in Education, 2000, is geraadpleeg met

die opstel van die volgende aanbevelings.

6.4.1 Praktyk

Om die leemte in die aanbieding van Jeugteaterproduksies moontlik te maak, word die volgende aanbevelings gemaak:

• ʼn Jeugteatergeselskap wat die verskillende funksies van die genre in soverre Gemeenskaps-, Opvoedkundige-, Motiverings- en Vermaaklikheidsteater te vul, kan as volg geïmplementeer word:

o Een sentrale geselskap per provinsie moet gestig word (verkieslik in elke provinsie – waar dit nie moontlik is nie, kan die naaste provinsiale geselskap hierdie provinsies ook bedien).

o Die geselskap moet in vennootskap tree met die plaaslike universiteit (waar moontlik), plaaslike besighede, die Departement van Onderwys en Departement van Kuns en Kultuur.

o ʼn Geselskap moet uit ongeveer tien lede bestaan om in die vraag na taal en kultuur te voorsien, waarvan Afrikaans een moet vorm. Dus moet gelet word op spesifieke kulture en taal, maar ook op multikulturele aanbiedings.

o Ervaring moet deel uitmaak van die administratiewe en regiekorps om kennisoordraging moontlik te maak.

o Die akteurs moet jonk lyk om aanklank by die leerders te verseker. o Bemarking en publisiteit moet deur plaaslike bemarkings-

agentskappe hanteer word.

o ʼn Aangewese lokaal, byvoorbeeld die Sterrewagteater of ʼn lokaal in PACOFS in die Vrystaat moet as ʼn veilige basis vir die geselskap dien.

o Die verskillende funksies van Jeugteater, naamlik Gemeenskaps-, Opvoedkundige-, Motiverings- en Vermaaklikheidsteater, moet deur verskillende produksies per jaar geskiet.

o Kunstefeeste moet ʼn geleentheid vir die geselskappe skep om hul werke te vertoon.

o Die Departement van Onderwys moet skole aanspoor om produksies toe te laat om die jeug te bereik.

o Die Departement van Kuns en Kultuur moet die finansiële sy van die geselskappe per provinsie hanteer.

o Universiteite moet nagraadse programme in die geselskappe aanbied om verdere navorsings- en opleidingsgeleenthede te skep. o Ander geselskappe moet die geleentheid gegun word om by die

geselskap vir hulp en ondersteuning aan te klop, byvoorbeeld met die aansoeke vir fondse. Die kantoor moet as ʼn sentrale kantoor dien vir ander Jeugteaterpraktisyns om hul eie produksies en geselskappe maksimaal te bedryf.

o ʼn Substansiële begroting behoort aan die verskillende geselskappe toegedeel word om op ʼn driejaarlikse basis beplanning te kan doen, asook kan dien as saadgeld om buitefondse te werf.

o Dit alles in ag genome, moet onthou word dat teater nie in ʼn blik gedruk kan word nie; geleentheid vir vrye teuels met produksies moet deur die verskillende vennote gegun word.

• Die C.R. Swart-prys vir jong toneelskrywers van eenakters is in 1983 ingestel. In 2003 het SANLAM ʼn nuwe kompetisie vir studenteproduksies daargestel met die doel dat nuwe tekste die lig sal sien. ʼn Soortgelyke kompetisie is nodig om nuwe Jeugteatertekste die lig te laat sien.

Uit die bostaande blyk dit dat tematiese aspekte as riglyne kan dien om indelings van die verskillende genres van Kinder-, Jeug- en Volwassetekste te onderskei. Dit waarvoor die adolessent dus ryp is sou die inhoud en aard van aanbieding kon beïnvloed.

Om kwaliteit-Jeugteaterproduksies te verseker, word die volgende riglyne deur Peter Manscher (Schneider 2003:58–60) voorgestel:

Die artistieke doel

- wat is die boodskap van die groep?

- wat is die doel van die groep (behalwe vir die toneelstuk, om pret te hê en of om geld te maak)?

- wat is die doel van die individuele groeplid? - wat is die bedoeling van hulle teaterwerk?

- kan mens die entoesiasme, betrokkenheid en oortuiging voel? - kan ʼn mens die noodsaaklikheid van die stuk voel?

- wat is die linguistieke, dramatiese en literêre kwaliteit van die teks? - is dit vir die regte ouderdomsgroep?

- hoe goed is die karakters uitgewerk? - is die drama selfvervullend?

- is die teks aanneemlik in sy eie wêreld of is dit net ʼn pre-teks om die groep se eie oortuiging oor te dra?

- wat is die verhouding tot die ander teaterinstrumente? Is daar te veel of te min teks? Is dit ʼn onnodige teks?

Die dekor-oplossing

- wat is die keuses in verband met styl, regie, stel, musiek en tegniek? - is die interaksie van die verskillende elemente samehangend?

- wat is die effek van die volledige produksie?

Die toneelspel

- tegniese kennis en vermoë.

- werk op die karakter (karakterisering, geloofwaardigheid, ontwikkeling en multidimensionaliteit).

- samewerking met mede-akteurs. - samewerking met die publiek.

- opmerksaamheid van die individu teenoor sy kollegas en die publiek. - toneel-charisma.

Die verhouding met die publiek

- voel hulle welkom en gerus?

- bind die groep die betrokke gehoor?

- kan ʼn mens sien dat die temas relevant is?

Die verhouding tussen bedoeling en vermoë - kan die groep sy doelstelling kommunikeer?

- was die doel te hoog of te laag met betrekking tot die groep se vermoë? - is daar ʼn ontwikkeling in vergelyking met die groep se vorige produksie? Die etiek

- wat is die etiese kwaliteite van die produksie (opinies van die groep, mensheid)?

- wat is die fundamentele inhoud, die boodskap van die produksie?

- is die bedoeling van die produksie en die houding van die groep teenoor die publiek verenigbaar?

6.4.2 Navorsing

Vir verdere navorsing word die volgende voorstelle gemaak:

• ʼn Ondersoek moet geloods word na die stigting van ʼn Kuberruimte spesiaal vir Jeugteater of die uitbreiding van ruimte op Litnet;

• Die navorsing van groter samewerking tussen professionele Teatergroepe en Universiteite vir bevordering van Jeugteater;

• Navorsing oor die opleiding van akteurs in Kinder- en Jeugteater aan universiteite en ander opleidingsinstansies; en

6.4.3 Beleid

Die volgende beleidsveranderings word voorgestel:

Witskrif

Die Witskrif vir Kuns, Kultuur en Erfenis (1994) moet sodanig aangepas word om teater by die vier hoofareas van fokus te voeg. Die areas is huidiglik

kontemporêre musiek, handwerk, film en publisiteit. Groter klem moet geplaas word op die punt dat die gemeenskap as ʼn geheel binne hul geografiese areas waar hulle leef die kunste moet kan geniet. In aansluiting hierby moet die jeug as gehoor groter toegang tot teater gebied word deur die instelling van professionele geselskappe wat die jeug kan bereik om teater uit te bou. Laastens het die beleid ten doel dat almal toegang tot vaardighede, hulpmiddele en sisteme moet verkry om hulself in staat te stel om te skep, maar die belangrikste is om hul kuns, teater ingesluit, te kan versprei.