• No results found

Hoe om die rol en funksie van leierskap te herorden van instandhouding na gestuurdheid

IDENTITEIT VIR BREAKTHRU RESTORATION COMMUNITY CHURCH 5.1 INLEIDING

5.3 MISSIONELE LEIERSKAP IN VERANDERDE WÊRELD 1 Leierskap binne postmoderne samelewing

5.3.5 Hoe om die rol en funksie van leierskap te herorden van instandhouding na gestuurdheid

Vandag gaan leierskap nie soseer oor groep mense wat na een leier luister en hom volg nie. Dit gaan oor leiers wat vir die span sê, “Ek hoor julle.” By Breakthru gemeente is die wyse waarop ons as leierskap funksioneer, gebaseer op Spreuke 15:22: “Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.” Ons prioriteit is om met mekaar te beraadslaag en konsensus te bereik wanneer besluite geneem moet word.

Tans funksioneer ons leierskapspan, bestaande uit pastore en ouderlinge. Laasgenoemde is verantwoordelik vir die geestelike versorging van die gemeente in die verskillende areas. Die leierskapspan funksioneer op konsensus-benadering en die senior pastoor is, as visiedraer, die voorsitter van die dagbestuur en kerkraad. Wanneer aanstellings op leierskapvlak gemaak word, dan kyk ons na toewyding aan God, lojaliteit aan die visie, gewilligheid om in span te werk, asook bereidwilligheid om opgelei te word.

Op hierdie wyse (wat die navorser uitgestippel het), was ons besig met instand- houding en om die gemeente gelukkig te hou. Breakthru se leierskap het aanpassings gemaak om koninkrykgerig te wees. In sy wese behoort die gemeente aan God en ons is bevoorreg om deel te wees van Sy sending. Ons het begin vra: Waarmee is God besig en hoe kan ons betrokke raak? Ons leierskap se vertrekpunt was om te transfor- meer na missionale leierskap, om die regte vrae te vra, en om vas te stel of ons op die regte spoor is.

In sy boek, Luisterryke vergaderings, gee Frederick Marais (2007:29) voor- beelde van “God vrae.” Hier wil hy gemeentes en leierskap help om te transformeer vanaf organisasies wat hul leierskapstyl baseer op bestuur en kontrole, na gemeentes wat die proses van geestelike onderskeiding beoefen. Hy sê, as leierskap, moet ons die volgende vrae vra (2007:29):

a) Wie is God? Wie wil God wees in hierdie situasie? Wie wil God vir ons wees in

hierdie situasie, en hoe kan ons God nuut ontdek in ons huidige situasie?

b) Waarmee is God nou besig?

Soms is ons so besig met ons eie dinge: programme en projekte, onder die dekmantel van diensbaarheid. Ons stel ons besigwees gelyk aan kerkwees. Volgens Marais, moet leierskap vra, Waarmee is God nou besig in die wêreld, en wat is Sy sending vir die wêreld? Ons moet weer God se hartklop vind, en ons kan dit slegs vind as ons bereid is om slag stil te raak en te luister.

Om te illustreer hoe besig ons is, vertel Frederick Marais (2007:29) van skildery wat hy in iemand se huis gesien het. Daarin is duif, simbolies van die Heilige Gees, wat op die rugleuning van leuenstoel sit; dan verduidelik hy dit deur te sê: “God is altyd daar, dit is ons wat afwesig is.” Soms verwar gemeentes en leiers gehoorsaamheid aan God deur hoe besig hulle kan wees, maar ons besig wees is eintlik afwesig-wees.

c) Aan wie behoort die gemeente?

Ons moet verstaan dat die gemeente aan God behoort en dat ons, as leierskap, saam met Hom medewerkers is.

By Breakthru, glo ons dat die gemeente God se “hospitaal vir stukkende mense” is. Ons weet dat hospitaal 24 uur en sewe dae week oop is en dat daar gedurig toevloei van siek mense is.

Hulle staan of sit in rye om gehelp te word en diegene wat vanwe hulle siekte of wonde nie betyds gehelp kan word nie, sterf. Die vraag is, hoe welkom is geestelik siek mense en vreemdelinge in ons gemeentes? In Lukas 5:31-32 beklemtoon Jesus vir sy dissipels hoe hy na mense kyk, wanneer hy sê: “…dié wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar dié wat ongesteld is; Hy het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.”

As die leiers, sal ons moet vra wat God se droom vir die gemeente is. God se droom is dat gemeentes verskil maak in die wêreld. Deur die Woord van God en die proses van onderskeiding moet ons leer om besluite te neem. Marais (2007:49-51) sê: “Dis nie ons as leiers wat so hard moontlik moet werk om God se koninkryk te laat kom nie, dit is belofte van die Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees wat besig is om die skepping te herstel.”

Breakthru se manier van besluitneming was kombinasie van hi rargiese benadering, waar die kerkraad namens die gemeente besluite geneem het. Dan het die kerkraad aan die dagbestuur sekere mandate gegee.

Verder was ons demokraties deurdat ons aan die begin van elke jaar gemeen- telike vergadering hou waar ons die visie en missie uitspel en ook terugvoering gee van die vorige jaar se gebeure en waarheen ons met die gemeente op pad is. Ook word daar geleentheid aan lidmate gegee om vrae te vra om onduidelikhede op te klaar.

By die funksionering van die departemente het ons rigiede en meganiese benadering gevolg waar ons in die proses mense verloor het. Alles moes mos ordelik geskied! In so benadering, is daar nie ruimte vir mislukkings of alternatiewe siens- wyses nie, want dis reg of weg! Gewoonlik, wanneer ons as leierskap oor die kerk se finansies moes besluit en begrotings en beplannings moes inhandig, het ons rasionele benadering gevolg, want ons wou veilig speel.

Ons volg ook konsensusbenadering waar ons soveel as moontlik van die lidmate betrek sodat die gemeente eienaarskap van die visie kan neem.

As leierskap na die beeld van die Drie-enige God, wil ons geloofsonderskeiding ons benadering maak. Ons strewe na die definisie van Frederick Marais (2007:35):

Geloofsonderskeiding is geloofsgewoonte of manier van dink. Die onderskeiding wat hier gebeur is om in die lig van Christus se denke en strewe oor dinge na te dink en sake te beoordeel. Om so te dink is om by spesifieke vertrekpunt te begin, naamlik Christus, en te streef na spesifieke uitkoms, naamlik die verheerliking van God. Dit gaan nie hier om spesifieke antwoord op vraag nie, maar oor manier van dink.

Wanneer ons leiers begin om geloofsonderskeiding te beoefen, sal ons na ons agendas moet kyk en vra of dit regtig God se agendas is. Kerklike agendas is nie noodwendig Sy agenda nie.

5.3.6 Hoe om die wyse waarop die gemeente gestruktureer is, te herorden -