• No results found

IDENTITEIT VIR BREAKTHRU RESTORATION COMMUNITY CHURCH 5.1 INLEIDING

5.3 MISSIONELE LEIERSKAP IN VERANDERDE WÊRELD 1 Leierskap binne postmoderne samelewing

5.3.3 Die herordening van die leraar se rol en funksie

In die Breakthru gemeente vervul die navorser die rol van senior pastoor, en sy prioriteit is om toe te sien dat die visie van die gemeente geïmplementeer word. Verder moet hy God se onfeilbare Woord Sondagoggende getrou verkondig, geestelike leiding gee, mense met raad en daad bystaan, en berading verskaf.

Hy moet kerkraadsvergaderings lei, opleiding verskaf, begrafnisse en troues behartig en ook optree as ex officio lid van alle departemente van die kerk. Verder moet hy gassprekers re l, preekroosters opstel en ook, as leraar, die kerk in die gemeenskap verteenwoordig.

Baiekeer het hy so besig geword met die dinge van die Here en die aktiwiteite van die gemeente dat hy soms nie kwaliteit tyd met God spandeer het nie.

As pastoor, was hy besig met kerksake, projekte vir die gemeenskap, en barm- hartigheidsdiens vir die behoeftiges, soms ten koste van sy gesin. Hy het so besig geword dat sy gebedstyd soeke was na boodskap om Sondag te preek. Hy was besig met die dinge van die Here, maar nie met die Here nie. Dit het net gegaan oor die groei van die gemeente en die groei van die finansies.

Dit was valse persepsie wat hom gedryf het, maar hierdie mentaliteit en ywer het hom geleidelik gestoot na die afgrond van uitbranding en hy het werkholis geword.

Niks moes oorstaan tot môre nie, alles moes vandag klaar, al beteken dit hy moes vanaand laat huis toe gaan. Hy het homself gedryf om alles self te doen en van delegeer was daar geen sprake nie. Hy kon nie by alles uitkom nie, en dan moes sekere aktiwiteite uit-, of selfs afgestel, word. Kwaliteit het ontbreek want hy was onder geweldige druk om hierdie ontluikende eksperiment, genaamd “Breakthru” te laat slaag. Dit was sy ideaal, reputasie en ego wat op die spel was, maar dit was valse beeld van die missio Dei wat hy nagejaag het. Dit het al moeiliker geword om God se stem te hoor en dan word mens afhanklik van die stemme van die meerder- heid, wat nie altyd God se stem is nie.

Gedurende die proses van spiritualiteit en geloofsonderskeiding is hy uitgedaag om uit te vind waarmee God besig is, en om by Hom aan te sluit. Nadat hy die boek van Miroslav Volf (1998), The church as the image of the Trinity, asook die boek van Bosch (1991), Transforming mission, het hy tot die besef gekom dat die “lone

ranger”-leraarkonsep nie in die missionale gemeentewees-benadering pas nie. Dit is

individualisties en selfgesentreerd.

Sy rol en funksie as pastoor van Breakthru moes wees om die beeld van die Drie-enige God uit te dra en sy rol sou moes verander indien hy die gemeente wou herorden tot gestuurdheid. Eugene Peterson (2005:141) sê, ”God does not require good people in order to do good work. God does some of his best work using the most unlikely people.” Annie Dillard (in Peterson 2005:219) sê, ”A life without sacrifice is an abomination, there is only one Gospel way to participate in Jesus’s work, live a sacrificial life in Jesus Name.” “‘Respendeo etsi mutabor,’ I respond although I will be changed” (Peterson:2005:225).

Aan die hand van alles wat die navorser gelees, gehoor en ervaar het, is sy uitroep, “Ek reageer alhoewel ek verander gaan word.” Hy wil verander in leraar

wat sy rol verstaan in die lig van die Drie-eenheid en die missio Dei. Hy besef dat om leraar te wees nie maklik is nie, maar is die moeite werd. Hy is tot stilstand geruk deur Eugene Peterson (1987:1) in sy boek, Working the angles, waar hy sê dat pastore in Amerika het in winkeleienaars (shopkeepers) verander en hul winkels is gemeentes. Hulle is méér bekommerd hoe om hulle kli nte gelukkig te hou, hoe om die kli nte weg te lok van die kompetisie verder af in die straat, en hoe om produkte so te verpak dat kli nte nog meer sal spandeer. Hy sê verder dat sommige baie goeie winkel- eienaars is; hulle lok baie kli nte en hulle samel groot hoeveelhede geld in en het goeie reputasies, maar dit is “religious shopkeeping.” Watter aanklag teen leraars en gemeentes wêreldwyd dat ons verbruikerskultuur kweek en gemeentelike etiket daarop sit!

Hy maak die stelling dat daar nie suksesvolle kerke is nie, maar wel gemeen- skappe van sondaars wat week na week in die Naam van die Here vergader. Die Heilige Gees vergader hulle en werk deur hulle. In sulke gemeenskappe van sondaars word een van die sondaars “pastor” genoem en die verantwoordelikheid word aan hom gegee om die gemeenskap se aandag op God te vestig (Peterson 1987:2).

Nadat die navorser besef het dat die Drie-enige God die fokuspunt moet wees van alles wat hy as pastoor doen, het hy teruggekeer na die roeping waartoe God hom by Breakthru gemeente geroep het, en dit is om te bid, die Woord te bestudeer, en om geestelike leiding te gee. Oral rondom ons is gebroke lewens, huwelike, loopbane, families, en gebroke vriendskappe, maar God is in staat om wrakstukke te herstel en iets moois daaruit te maak.

Jeremia 18:4 is die leuse van ons gemeente: “En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk, soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker, maar hy het daaruit weer ander voorwerp gemaak soos dit in die o van die pottebakker reg was om dit te maak.”