• No results found

PROFIEL VAN BREAKTHRU RESTORATION COMMUNITY CHURCH 3.1 INLEIDING

3.2 DIE GEMEENTE SE VERHAAL

3.7.3 Fisieke bates

Die kerkgebou van die Breaktru Restoration Community Church, gele op die hoek van Klaasen- en Blossomstrate, Wellington, is die skakel tussen die gemeente en die gemeenskap op baie tasbare wyse.

Ons kerkgebou was voorheen gewilde dansplek, as “The Spot” bekend gedurende die sewentigerjare, met berugte geskiedenis, en baie van die ouer bruinmense het al daar gedans, of ken die plek. Dit is ook as bioskoop gebruik. Daarna is dit gebruik as supermark, videowinkel, haarsalon en selfs die spreekkamer van mediese dokter. Op unieke wyse het hierdie gebou die bruingemeenskap van Wellington positief en negatief strategies beïnvloed.

Hierdie gebou is dus deel van ons gemeente se storie en van ons identiteit. Dit is nog steeds in die bruin sakekern omring deur ander besighede, en is langs bakkery, met die gemeenskap wat gereeld inloer uit nuuskierigheid, en baiekeer uit geestelike nood vir die “brood van die lewe.”

Ons kerkgebou het in sin gemeenskapsbate geword, deurdat die gemeente ons gebou en ruimte met die bre gemeenskap van Wellington deel. As gemeente, sien ons dit as geleentheid om te dien, getuie te wees, en om verhoudings met die gemeenskap te bou. Ons het te werk gegaan deur in vennootskappe met organisasies te tree sodat dienslewering kan geskied. By ons kerkgebou find die volgende funksies plaas: pastorale berading word aangebied, SANCA (hulle beman hier satellietkantoor) verskaf hulp vir alkohol- en dwelmverslaafdes, die Departement Maatskaplike Dienste doen registrasies van maatskaplike toelaes, brood wat die bakkery verskaf, word hier deur die kerk uitgedeel, die munisipale wyksraadslid hou sy gemeenskapsvergadering hier, huweliksbevestigings en begrafnisse van nie-

lidmate word hier gehou en kerkorganisasies wat nie hulle eie plek van aanbidding het nie, maak ook gebruik van hierdie gebou vir hulle begrafnisse en huwelikseremonies.

Ons gemeente beskou ons gebou as ’n plek van aanbidding, waar ons die Here ontmoet. Daarom het die kerk voltydse koster om die gebou goed in stand en skoon te hou, maar ons beskou onsself as die kerk, en wanneer ons as gelowiges in die kerk saamkom, dan word dit ’n heilige plek: ”... waar twee en drie in Sy Naam vergader daar is Hy in hulle midde” (Matt. 18:20).

3.7.4 Programme

Hendriks (2004:190) sê die volgende oor die programme van gemeente: ”Pro- gramme or ministry refers to what a congregation does, its activities. Programmes and ministries are the result of a living relationship with a missional God and with fellow believers.”

Ons gemeenteprogram by Breaktru is uit ons soeke om die wil van die Here te doen gebore, Bybels, relevant en effektief te wees, en dit is hoe ons op die oomblik funksioneer:

a) Maandagaand: huisaltaar (huisgodsdiens): Elke familie hou stiltetyd by die huis b) Dinsdagaand: gemeentebiduur om 19.30 by die kerk.

c) Woensdagaand: omgeegroepe in die verskillende areas, maar die laaste Woensdag in die maand: gemeentelike Bybelstudie by die kerk.

d) Donderdagaand: lofsang- en aanbiddingsoefening. e) Vrydagaand: jeugbyeenkoms.

f) Saterdagmiddag: vrouebyeenkoms eenkeer per maand.

g) Sondagoggend: erediens om 10.00, asook kinderkerk gedurende die erediens in ander lokaal.

In ons strewe om die wil van God te doen, sê Hendriks (2004:191), moet ons gedurig die volgende vrae vra: Wat doen ons? Wat moet ons doen? Hoe doen ons dit? Spreek die programme die behoeftes van die gemeenskap en die gemeente aan? Is ons programme gebalanseerd? Is ons programme nog steeds relevant en effektief?

Hendriks maak ook die punt dat gemeentes voortdurend hul programme moet evalueer om vas te stel of hulle nog met die wil van God besig is, en die evaluering moet die eksegese van die konteks waarin die gemeente funksioneer, behels, dit wil sê die wêreld, maar ook die Woord van God.

Toe ons as Breakthru gemeente dit verstaan, toe besef ons daar is nog ruimte vir ontwikkeling en uitbreiding. Hierdie evaluasie het ons beweeg om gemeenskaps- gebaseerde gemeente in Lutzville/Vredendal te stig.

Breakthu gemeente het huis in Lutzville gekoop en die evangelis van die gemeente in Wellington en sy gesin vir dienswerk afgesonder deur hulle in die pastorie te plaas en maandeliks met leefbare salaris te onderhou. Die hulpmiddele soos vervoer en mannekrag is nog uitdaging, maar op maandelikse basis gaan die leierskap van Wellington na Lutzville om te help totdat die gemeente selfstandig is. Ons beoog om hulle vir vyf jaar ondersteuning te gee totdat die gemeente selfstandig en onafhanklik genoeg is om die omliggende gemeenskappe te bedien.

Verder het ons ook vir 40 dae kursus vir die gemeente aangebied in die omgeegroepe met die tema, ”Saam is ons beter.” Dit het sulke pragtige verhoudinge in die gemeente te weeggebring dat ons nou op die drumpel staan om in geloof ons bestaande gebou uit te brei om plek te maak vir nog meer ”ministries.”

Ons het ook gedurende die tien dae van Pinkster die kerkgebou ingerig as gebedshuis waar die gemeenskap vir 24 uur, 7 dae per week, nag en dag kon bid. As deel van die ”Global day of prayer” aksie het die koninkryk van God weer gese vier. Die tema was ”Awaken the watchmen.”

God het wonderlik gewerk, bekeringe het plaasgevind, werkloses het werk gevind, behoeftige lidmaat het elektriese kitaar vir die nuwe gemeente in Lutz- ville geskenk, en besoeker by die gemeente het twee luidsprekers aan die kerk geskenk. Gebed verander sake want, in gebed, hoor ons die wil van God en hoe ons te werk moet gaan en wat ons in plek moet stel sodat Sy koninkryk kan kom.

3.8 GEVOLGTREKKING

In ons prakties-teologiese doen van teologie waarin dit gaan om God se wil vir gemeenskap en ons onderskeiding van hoe ons teologie doen (Hendriks 2004:30-32), ontstaan die vraag: Hoe begelei mens gemeente om missionale gemeente binne

sosio-ekonomies minderbevoorregte gemeenskap te wees?

Ons kan met dankbaarheid sê dat die Gees van die Here vir BRCC gelei het om missionale reis te onderneem om ons doel te bereik, dat lidmate bemagtig word om die uitdagings in die gemeenskap met koninkryksperspektief aan te spreek en toe te sien dat missionale leiers ontwikkel word.

Breakthru Gemeenskapskerk het in bestek van vyf jaar die landskap van Wel- lington en omgewing onherroeplik verander, deurdat ons Bybels, aanpasbaar, ekume- nies, relevant en effektief is. Ons is kerk wat bou op die leuse,”every member a minister.”

Hoe meer ons die gewone lidmate aktief betrokke kry om die wil van God te doen, hoe meer kan ons konteks verander word. Ons streef daarna om sout en lig te wees en daarom word ons geboue nie net as vertoonvenster vir Sondae se eredienste en aandbidure gebruik nie. Die kerk behoort plek te wees waar daar 24uur en 7 dae per week aktiwiteite plaasvind wat die mens holisties bedien. Breakthru se mense is haar grootste bate en dit is waarom mense eienaarskap aanvaar, want dit gaan nie oor leier, gebou of geld nie, dit gaan slegs oor die Drie-enige God en sy missio Dei.

a) Ons wil die wil van God doen. b) Ons wil Bybels wees.

c) Ons wil relevant wees. d) Ons wil effektief wees.

Nadat Jesus gesprek het met die Samaritaanse vrou gevoer het, sê Hy vir Sy dissipels: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om Sy werk te volbring” (Joh. 4:34).

Breakthru Restoration Community Church se uitroep is, Here ons wil deel word van U missio Dei. Nie ons wil nie, maar U wil.

Die volgende hoofstuk sal hierdie aspekte verder ondersoek en sal dit van ander perspektief probeer beskryf.

HOOFSTUK 4

IDENTITEIT EN KULTUUR VAN BREAKTHRU COMMUNITY CHURCH