• No results found

2.17 DIE MIKROKONTEKS

2.17.1 Die invloed van kerk op mikrovlak

a) Wat is die grootste behoeftes en uitdagings in ons gemeenskap? b) Wat veroorsaak konflik en wrywing in ons gemeenskap?

c) Hoe sou u ons gemeente, Breakthru, beskryf? d) Wat sou u graag vir ons gemeente wil sê?

e) Wat verwag u van die kerk in die algeheel in ons gemeenskap? 2.17.2 Opsomming

a) Wat is die grootste behoeftes en uitdagings in ons gemeenskap? • Werkskepping

• Misdaad en dwelms

• Vestiging van waardesisteme

• Vernietiging van geweldspatrone tussen ouer/kind, man/vrou, en kind/kind • Tans word kerke rigied deur strukture bestuur, meer buigsaamheid is nodig om

behoeftes en uitdagings in die gemeenskap aan te spreek. • Opvoeding ter verbetering van lewenstyl en morele waardes

• Werksgeleenthede, want baie van die mense is ongeletterd, en doen slegs seisoenale werk. Tydens die reënseisoen is hulle egter werkloos, dan oorweeg hulle maklike maniere om geld te verdien, wat baiekeer lei tot misdaad.

• Die mense het behoefte aan sosiale en emosionele ondersteuning. Indien hulle daardie ondersteuning kry, sal hulle leer om hul omstandighede beter te hanteer

• Christen leiers moet uitstaan as rolmodelle om armoede en misdaad hok te slaan

• Respek

b) Wat veroorsaak konflik en wrywing in ons gemeenskap?

• Mense het nie meer respek vir mekaar nie en is afgunstig op mekaar. • Die gaping tussen ryk en arm.

• Die omskep van huise in informele drankwinkels (shebeens), en vrye toegang word dan aan minderjariges gegee.

• Die mens se honger na mag. • Oneerlikheid

• Onverdraagsaamheid oor verskillende sienswyses oor rasse, taal, gelowe, kultuur, ens.

• Misbruik van alkohol in ons gemeenskap - nie om rustig te verkeer en te sosialiseer nie - persone drink om moeilikheid te maak.

• Misdaad, armoede, politieke onstabiliteit en werkloosheid. c) Hoe sal u ons gemeente, Breakthru, beskryf?

• Raadgewend, leidinggewend, omgee, tuiste vir almal.

• Julle is “oop” kerk, oop in die sin dat almal welkom is, sonder om “uit” te voel.

• Relevant in die gemeenskap omdat julle deur geestelike bediening die euwels en uitdagings in ons gemeenskap aanspreek.

• Julle gebruik die Bybel as grondslag om mense te bemagtig vir die taak van opheffing.

• Julle is kerk wat graag op alle negatiewe gebiede positiewe verskil wil maak.

d) Wat sou u graag vir ons gemeente wou sê?

Glo in die visie van die kerk, dit is immers God se roeping om die gewone mens vir ho r roeping te gebruik.

Doen net die wil van die Here. Bou voort en vergroot julle grense.

Rus mense toe en voer God se goddelike opdrag uit. e) Wat verwag u van die kerk in die algemeen in ons gemeenskap?

• Neem leiding.

• Bied tuiste vir almal.

• Raak meer betrokke in alle sektore van ons samelewing.

• Vorm kleiner groepe sodat persoonlike ontwikkeling in die gemeentes kan plaasvind.

• Leer die gemeenskap oor kulturele diversiteit.

• Die kerk moet meer relevant word om al die euwels, uitdagings en ander negatiewe aangeleenthede aan te spreek en mense toe te rus om skriftuurlik in ons gemeenskappe daarop te reageer, en ons gemeen- skappe op te bou.

• Die kerk moet haar regmatige plek op alle gebiede in die samelewing inneem.

2.17.3 Gevolgtrekking

Aan die einde van hierdie hoofstuk (wat kontekstuele analise van ons gemeenskap was), wil ons in gesprek tree met die volgende sleutelaspekte van die navorsing, soos opgeteken in hoofstuk 1: die navorsingsprobleem, die navorsingsvraag en die navorsingsdoelstelling, asook die metode van navorsing.

Die hoofstuk toon sonder enige teenspraak konstruktiewe replikasie wat navor- singsdata betref, menende: elkeen van die analises wat op die konteks gedoen is, bevestig die gestelde probleemstelling. In terme van ons teologiese metodologie is hierdie hoofstuk dus toegespits om die konteks van die studie met empiriese metodes te analiseer. Die konkrete metodes is in Studying congregations in Africa (Hendriks 2004:69-103) beskryf. en ook omlyn uit Babbie en Mouton (2001) se werk.

Die probleem wat die studie aanspreek is dat, in sosio-ekonomies, minder bevoorregte bruingemeenskap, misdaad, alkohol- en dwelmmisbruik, armoede en werkloosheid alledaagse verskynsels is. Kan gemeente wie se lidmate in die greep van armoede en verwante verskynsels vasgevang is, omvorm word tot gemeente wat nie net bakhand staan om te ontvang nie? Kan so gemeente se lidmate bemagtig word om self betrokke te raak by die uitdagings van hul gemeenskap?

Reeds in die historiese oorsig van Wellington is armoede en maatskaplike probleme van die dorp se ontstaan op allerlei wyses gemeld en pogings is aangewend om dit aan te spreek. Alkohol- en dwelmmisbruik was in die meeste gevalle die oorsaak van misdaad wat gepleeg is. Misdaad kom wêreldwyd voor, maar veral in areas waar daar uiterste armoede is, gevolglik kan misdadigers beheer uitoefen. Armoede en werkloosheid is realiteit in hierdie gemeenskap.

Tans verdien ’n kwart van die huishoudings in Drakenstein minder as R800 per maand en 42% se verdienste is onder die broodlyn. Die werkloosheidskoers is 22,8%, of 29 000, en totaal van 10,47%, of 4836 huishoudings het geen inkomste nie.

Ho aanwesigheid van werkloosheid en armoede kom algemeen voor in voorheen benadeelde gemeenskappe. Armoede is die kernuitdaging en fokus in Drakenstein.

Wanneer dit by die studie se navorsingsvraag kom: ”Hoe begelei mens gemeente om missionale gemeente te word in so gemeenskap?” het die hoofstuk reeds vir ons aanduidings begin gee van die rigting waarin die antwoord gesoek moet word. Opvoeding en die rol van die kerk staan van die begin af uit.

Die mesovlak se onderhoude en verslae het aangedui dat kerkgenootskappe, gemeenskapsorganisasies, opvoedkundige instellings, (byv. skole en tersiêre instan- sies) groot rol speel om die lief en die leed van die gemeenskap te bepaal. Vandag is daar verskeie kerke en aanbiddingsplekke waar die gemeenskap tuiste vind.

Volgens gesprekke met ouer inwoners, was dit tradisie in Wellington dat skoolgaan kerkgebonde was en hiervan getuig die vele laer- en ho rskole in die tradisionele bruingebied. Kerkleiers word ook betrek by kultuurgeleenthede op die dorp. Van die gemeenskapsorganisasies wat verskil gemaak het sedert die dorp se ontstaan, se geboue is steeds in gebruik deur ander verdienstelike organisasies.

Die doel van die navorsing is soos volg omskryf:

a) Om lidmate toe te rus om die antwoord op die probleme van hulle gemeenskap as uitdaging te aanvaar en om self te begin om verskil te maak.

b) Om gemeente te wees wat in die gemeenskap verskil maak deur die sosiale problematiek in die gemeenskap met koninkryks- perspektief missionaal aan te spreek.

c) Om missionale leierskap te ontwikkel.

Bogenoemde het die agtergrond gegee van die probleemstelling en sleutelvraag wat gevra word. Dit dek die tafel vir die doel wat nagestreef word. Volgende hoofstukke sal op die doel konsentreer. Hierdie hoofstuk het die konteks metodologies beskryf; naamlik die wêreld waarin ons leef waar die kerk geroep word om te vra: wat is die

missio Dei hier? Wat is op God se agenda vir Wellington? Ons is besig met geloofs-

onderskeiding. BRCC vra:

Hoe wil God ons gebruik sodat every member a minister kan wees? Hierdie navorsing het ons gehelp om die nood van ons naaste te verstaan.

Breakthru Restoration Community Church moet in hierdie makro-, meso-, en mikrokonteks die sout en die lig van die wêreld wees, en die sosiale problematiek in die gemeenskap met koninkryksperspektief missionaal aanspreek. Ons het alreeds daarmee begin en ons ervaar dat God oral en op verskillende maniere werk, en selfs Jesus het passie vir die gemeenskap gehad wanneer hy in Matteus 25-45 sê:

Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie. Ek was vreemdeling, en julle het nie vir My herberg gegee nie; naak en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie. Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.

Met die uitdagings en behoeftes wat in die gemeenskap uitgelig is, en die feit dat die meeste van hierdie probleme sosiaal-maatskaplik is, staan die kerk sentraal as agent van verandering. Uit die onderhoude kon ons agterkom dat mense in die gemeenskap opsien na die gemeente om raad en leiding en dat ons relevant moet wees deur die euwels en uitdagings in die gemeenskap op Bybelse manier en deur geestelike bediening aan te spreek.

Die gemeente het reeds aan hierdie oproep gehoor gegee deur betrokke te raak by sekere projekte en sektore in die gemeenskap, byvoorbeeld NIMRO, SANRA, die Departement Maatskaplike Dienste, skole, ensovoorts, want ons wil ons regmatige plek op alle gebiede in die samelewing inneem om daadwerklike verskil te maak. Breakthru se slagspeuk is (en dit het al refrein geword) every member a minster. Dit beteken vir ons lidmate dat hulle op elke vlak in die gemeenskap van Wellington impak moet maak.

Wanneer hulle op beheerrade verkies word, is hulle bedienaars, wanneer hulle by sopkombuise betrokke is, is hulle bedienaars, wanneer krisisse en rampe ons tref, moet hulle vra, ”Wat kan ons doen?” Dan verwys ek hier na die zenofobiese aanvalle en die brand by Paarl Print, of wanneer huise se dakke afwaai, ”hokke” afbrand, wanneer mense hul werk verloor, gesinne nie kos het nie, of geliefdes nie begrawe kan word nie weens armoede of werkloosheid.

Die vraag is, Hoe kan ons God se wil doen en Sy koninkryk laat kom in hierdie situasies? sonder enige voorwaardes en voordele, sonder om enige munt hieruit te

slaan, naam vir onsself te maak, of die situasie uit te buit, maar eenvoudig net om die wil van God te doen.

HOOFSTUK 3

PROFIEL VAN BREAKTHRU RESTORATION COMMUNITY CHURCH