• No results found

AFDELING C:GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

3. GEVOLGTREKKINGS RAKENDE DIE NAVORSINGBEVINDINGE

Die navorser kom tot die volgende gevolgtrekkings met betreffende die empiriese gegewens van die studie:

■ Die toepassing van die beleid van regstellende aksie is vir werknemers wat daardeur geraak word 'n groot verandering wat belangrike uitdagings verteenwoordig

■ Die toepassing van regstellende aksie het vir die werknemer en sy gesin emosionele, maatskaplike en ekonomiese implikasies.

■ Die werknemers wat deur regstellende aksie geraak is, se besture van die

maatskappye waar hulle werksaam was, het hulle ingelig oor hoe regstellende aksie hulle gaan raak. Hulle het inligtingstukke ontvang en was dus opgevoed en

voorberei.

■ Werknemers wat deur regstellende aksie geraak was, voel dat hulle nie deel van die besluitnemingsproses was nie en kon gevolglik geen insette lewer nie, wat hulle met 'n gevoel van magteloosheid gelaat het.

■ Die nuus dat hulle hul werk gaan verloor, was vir die betrokkenes 'n verpletterende slag, veral omdat hulle die nuus aan hulle gesinne moes oordra.

■ Repondente was van mening dat regstellende aksie die blanke benadeel en werkloosheid vererger.

■ Veranderings wat in die land op arbeidsterrein plaasgevind het, was vir die respondenrte moeilik om te aanvaar.

■ Gesinslede van die respondente het gevoel dat hulle broodwinners meer selfgeldend moes optree en nie die proses gelate moes aanvaar het nie

■ Vanwee die toepassing van regstellende aksie het 'n negatiewe gesindheid teenoor die betrokke maatskappye ontwikkel, en was die dwang om te vergeld daar.

■ Respondente het gevoel dat hulle meer leiding en ondersteuning van die onderskeie maatskappye kon ontvang het.

■ Die maatskappye beskik ook nie oor die dienste van 'n bedryfsmaatskaplike werker nie en daar is ook nie werknemersodnersteuningsorigramme nie.

■ Respondente het gevoel dat hulle slagoffers is van magte waaroor hulle geen beheer het nie en dus ontmagtig voel.

■ Respondente se belewenisse was dat regstellende aksie nie vir die persoon enige voordele inhou nie, maar wel vir die maatskappy. Ten spyte hiervan was daar

respondente wat kon insien dat regstellende aksie vir sekere groepe voordele inhou en dat maatskappye die geleentheid kry om te transformeer.

■ Die grootste uitdaging vir die respondente was om gevoelens van verlies en

mislukking te verwerk, asook gevoelens ten opsigte van sekuriteit vir hulleself en hulle gesinne, en oor hulle posisie in die gemeenskap.

4. AANBEVELINGS

Die volgende aanbevelings kan gemaak word ten opsigte van die rol van die bedryfsmaatskaplike werker en maatskaplike werkers betrokke by dienslewering aan hierdie persone en hul gesinne.

■ Aandag behoort daadwerklik gegee te word aan die opbou van 'n verdraagsame multi-kulturele omgewing veral in die werksplek om diversiteit te bevorder en aan elke werknemer die geleentheid te bied om produktief te wees en sy voile

potensiaal te verwesenlik. Diversiteit het gekom om te bly en eerder om dit weg te wens behoort ons dit te bevorder en te put uit die mededingende voorkoms wat 'n diverse span aan ons kan bied.

■ Programme behoort aangebied te word waar maatskappye geleer word om diversiteit te bevorder en te bestuur. Interkulturele verhoudings word ook hierdeur verbeter en instand gehou. Deel van hierdie programme is leierskapontwikkeling, die bestuur van verandering, spanbou en selfs strategiese denke. Werksessies moet aangebied word na gelang van die behoeftes van die werknemer en die werkgewer. Dit is baie belangrik dat alle persone vanaf die werknemer op die laagste vlak tot die uitvoerende bestuur deel moet neem en deel moet he aan die uitdagings wat verandering en diversiteit meebring.

■ Persone moet geleer word om oor kulturele grense te beweeg. Dit kan egter alleen plaasvind indien verskillende groepe persone bewus is en sensitief is vir hul kulturele verskille.

■ Maatskaplike werkers behoort besondere kundigheid te ontwikkel ten einde mense wat hulle werk weens regstellende aksie verloor het, professioneel behulpsaam te wees.

■ Maatskaplike werkers behoort toe te sien dat hulle die betekenis van werk verstaan, en veral wat dit beteken om jou werk te verloor.

■ Maatskaplike werkers behoort met hulle kollegas in die bedryf saam te werk om mense wat hulle werk weens regstellende aksie verloor het, tot beter diens te kan wees.

■ Maatskaplike werkers behoort vanuit 'n bemagtigingsoogpunt hulp te verleen aan gesinne waar die broodwinner sy werk weens regstellende aksie verloor het.

■ Dienste wat deur maatskaplike werkers gelewer word aan die 'slagoffers' van regstellende aksie moet kontekstueel gerig wees en nie bloot op die persoon gefokus wees nie.

■ Maatskaplike werkers behoort te soek na oplossings op mikro- sowel as makrovlak.

■ Op mikrovlak kan terapeuties gewerk word aangesien werknemers wat deur regstellende aksie geraak word, ondersteun moet word om emosies te verwerk, en perspektiewe te verander.

■ Maatskaplike werkers moet betrokkenes behulpsaam wees om hulpbronne te identifiseer en daarvan gebruik te maak.

■ Maatskaplike werkers moet poog om nuwe geleenthede vir betrokkenes te skep en tegnieke te gebruik wat hoop gee. Betrokkenes moet bewus gemaak word van hulle sterktes en positiewe eienskappe sodat hulle selfbeeld weer opgebou kan word.

■ Maatskaplike werkers kan aan betrokkenes hulp en ondersteuning verleen ten opsigte van die ontwikkeling van entrepreneuriese vaardjghede.

■ Maatskaplike werkers moet die betrokkenes se natuurlike ondersteuningsnetwerke versterk want dit is hierdie netwerke wat vir die werknemers wat hulle werk verloor het, 'n veiligheidsnet kan vorm. Voorbeelde hiervan is familie, vriende, en bure.

■ Betrokkenes sal ondersteun moet word om wel van hierdie hulp gebruik te maak, aangesien daar 'n mate van selfbewustheid waargeneem is wat hulle daarvan sal weerhou om vir hulp aan te klop.

■ Bemagtigingsgroepe bestaande uit die huweliksmaats van betrokkenes kan deur die maatskaplike werker gevorm word ten einde wedersydse steun te bewerkstellig.

■ Maatskaplike werkers kan as aktiviste optree om toe te sien dat mense wat deur regstellende aksie geraak word, se regte beskerm word. In die verband kan saamgewerk word met vakunies.

■ Aandag behoort ook gegee te word aan die indiensneming van bedryfsmaatskaplike werker in maatskappye .

■ Die onwikkeling en implementering van werknemersondersteuningsprogramme moet aandag geniet aangesien hierdie programme met groot sukses in maatskappye geimplementeer kan word, 'n Veelheid van probleme wat deur werknemers ondervind word kan aangespreek word. Die maatskappy kan voordeel daaruit strek deurdat produktiwiteit kan toeneem . Die maatskappy kom ook sy morele verpligting na ten opsigte van die voorbereiding van persone waarby werksverlies gaan voorkom deur hul toe te rus met kennis en ondersteunende dienste. Die werknemersondersteuningsprogramme kan verskeie onderwerpe dek waardeur die persoon verryk kan word en wat horn

sodoende in staat sal stel om moontlik weer 'n werk te bekom . Hierdie ervaring kan moontlik ook meer positief beleef word.

■ Aandag behoort gegee te word aan die opleiding van maatskaplike werkers in staatsdepartemente en ook by privaat welsynsorganisasies om werknemersondersteuningsprogramme aan te bied en vanuit 'n bedryfsmaatskaplike werk oogpunt dienste te lewer aan persone waarby werksverlies gaan voorkom of reeds voorgekom het.