• No results found

DIE ROL VAN DIE MAATSKAPLIKE WERKER IN DIE LEWE VAN DIE PERSOON EN GESINNE WAT DEUR DIE TOEPASSING VAN

PATOLOGIESEBENADERING STERKTEBENADERING EN BEMAGTIGINGSMODEL

9. DIE MAATSKAPLIKE WERKER EN BELEIDSFORMULERING

Die maatskaplike werker vertolk 'n belangrike rol ten opsigte van die formulering van beleid op makrovlak. Maatskaplike beleid is noodsaaklik om wetgewing te formuleer en vir die ontwerp van maatskaplikewerk- programme. Volgens DuBois en Miley (2002:252) en Chapin (1995:509) is maatskaplike beleidbeginsels en doelgerigte aksies wat die lewenskwaliteit van mense bepaal, sowel as die omstandighede waarin indidivue en groepe hul bevind,

beinvloed. Maatskaplike beleid het 'n invloed op die intra sosiale verhoudings van die mens. Maatskaplike beleid, is volgens die navorser, 'n gids, rigitingwyser en plan van aksie waarvolgens wette en programme geformuleer word en geregtelike besluite geneem word.

Die formulering van beleid behels 'n verskeidenheid van take wat insluit:

• Die identifisering en definiering van probleme, wat 'n invloed het op maatskaplike funksionering, soos in hierdie opsig, probleme en behoeftes voortvloeiend uit die toepassing van regstellende aksie.

• Analisering van inligting en die bevestiging van die inligting.

• Die beskikbaarstelling van die inligting aan die publiek.

• Bestudering van alternatiewe oplossings.

• Die voorbereiding van die beleidsdokument.

• Die opbou van ondersteunende organisatoriese strukture en politieke verhoudinge.

• Die verkryging van steun van die publiek.

• Die opstel van die beleid.

• Die toepassing en assessering van die beleid (DuBois & Miley, 2002:253).

Maatskaplike beleid kan aanleiding gee tot die formulering van wetgewing, of tot 'n program. Sodra die beleid geformuleer en gefinansieer is, begin die maatskaplike werker om dienste dienooreenkomstig te lewer. Monitering van die beleid en die assessering van die effektiwiteit van die beleid moet deurlopend deur die maatskaplike werker gedoen word. Daar moet bepaal word of die beleid die bepaalde behoeftes aanspreek, die teikengroep bereik het, is dit koste effektief en is daar enige implikasies (DuBois & Miley, 2002:253-254).

Die maatskaplike werker het ten opsigte van die toepassing van regstellende aksie en die kroniese werkloosheid wat daarop kan volg, 'n taak om nuwe en bestaande beleid so te be'i'nvloed dat die behoeftes van die teikensisteem aangespreek sal word, 'n Voorbeeld hiervan is beleid ten opsigte van onderwys en opieiding om persone toe te rus met vaardighede wat in die arbeidsmark in aanvraag is. Die maatskaplike werker vertolk ten opsigte van hierdie aspek 'n belangrike rol om insette te lewer ten opsigte van die formulering en toepassing van nuwe en bestaande beleid om kinders reeds op skool toe te rus, om bepaalde vaardighede aan te leer, ten einde hul in staat te stel, om 'n verskeidenheid van vaardighede te bemeester, sodat hul 'n keuse kan uitoefen ten opsigte van beroepe, wat hulle

kan beoefen. Aandag sal gegee moet word aan onderwys en opleidingsprogramme om aan te pas by die veranderende behoeftes in die gemeenskap. Aandag sal gegee moet word aan werkskepping en veral entrepreneurskap. Ten opsigte van volwassenes het die maatskaplike werker 'n taak om te verseker dat bestaande beleid soos uiteengesit in die beleidsdokumente toegepas word om hulle in staat te stel om alternatiewe vaardighede aan te leer, wat hulle kans op werksgeleenthede en indiensneming, verbeter. Beleid ten opsigte van die voorkoming en hantering van kroniese werkloosheid en armoede as 'n maatskaplike verskynsel. Dit sluit in die identifisering en uitbreiding van dienste en hulpbronne aan die klientsisteem van regstellende aksie.

10. SLOT

Wat die uitdaging aan die persoon wat deur regstellende aksie geraak word betref, het die maatskaplike werker belangrike take. Daar is omstandighede wat hy nie by magte sal wees om te verander nie, maar dit is belangrik dat hy die verskil sal onderskei tussen wat hy nie kan verander nie, en dit wat hy wel kan verander.

Die toepassing van 'n ekosistemiese bemagtigingsbenadering in intervensie sal dit vir die maatskaplike werker moontlik maak om geleenthede raak te sien, en nie bloot op die persoon te konsentreer nie. Die uitdagings en die persoon se behoeftes moet in konteks gesien word, en oplossing moet ook in die persoon se konteks gesoek word om dit relevant te maak.

Intervensie moet op mikro- sowel as makrovlak gerig wees met oplossings wat in die klient self gesoek word, maar ook binne sy gesin en die breer omgewing. 'n Verkenning van die veld met 'n sterkteperspektief sal geleenthede sigbaar maak wat met 'n probleemgefokusde benadering misgekyk gaan word, juis omdat daar op die probleem gefokus word, en nie soseer op moontlike sterktes en kragte wat aangewend kan word nie.

Die insette van die maatskaplike werker is onontbeerlik, ook in die formulering en implementering van beleid. Die maatskaplike werker het verskeie rolle om te vervul en te verseker dat beleid geformuleer word wat die belange van die persoon wat deur regstellende aksie geraak word, beskerm word, die persoon billik en regverdig behandel word, en dat die korrekte prosedure gevolg word. Verder moet die maatskaplike werker toe sien dat daar bepaalde programme is om die persoon en gesin te akkommodeer om die krisis en spanning te hanteer, en bemagtig te word om weer die wanbalans te herstel, en weer 'n sinvolle bestaan te kan voer.

Die noodsaaklikheid van werknemershulpverleningsprogramme kan nie genoeg beklemtoon word nie. Hierdie programme is van onskatbare waarde om die persone voor te berei en toe te rus vir die hede , maar veral vir die toekoms.

BIBLIOGRAFIE

ADAMS, R. 1990. Self-help, social work and empowerment. London: MacMillan Education Ltd.

BARKER, R.L. 2003. The social work dictionary. 5 uitg. Washington: NASW press.

BRUN, C. & RAPP, R.C. 2001. Strengths-based management: individuals' perspective on strengths and the case manager relationship. Social Work/Maatskaplike Werk, 46(3): 278- 288, July/Julie.

CHAPIN, R.K. 1995. Social Policy Development. The strenghts Perspective. Social Work/ Maatskaplike Werk, 40(4): 506-514, July/Julie.

DER KINDEREN, S. & GREEFF, A.P. 2003. Resilience among families where a parent accepted a voluntary teacher's retrenchment package. South African Journal of Psychology, 33(2): 86-98, May/Mei.

DuBOIS, B. & MILEY, K.K. 2002. Social work: An Empowering Profession. Boston: Allyn and Bacon.

LEANA, C.R. & FELDMAN, D.C. 1992. Coping with job loss: How individuals, organizations and communities respond to layoffs. New York: Lexington Books.

LEWIS, G.W. 1994. Critical incident stress and trauma in the workplace: recognition, response, recovery. Levittown: Printed in the United States of America.

MACCOBY, M. 1999. Re Thinking Empowerment. Research Technology Management, 42(4): 1 - 4 , September-October.

MILEY, K.K., O'MELIA, M. & DuBOIS, B. 2004. Generalist Social Work Practice: An Empowering Approach. Boston : Pearson.

MOLLER, V. 1991. The Unemployment Blues: Psychological effects of unemployment on the individual. Welfare Focus/Welsynsfokus, 26(2):33-37, December/Desember.

MOUTON, N.J. 1992. Practical counselling: crisis intervention (In Uys, J., ed. Psychological Counselling in the South African Context. Cape Town: Maskew Miller Longman, p. 166-226.)

NEIGHBORS, H.W., ELLIOT, K.A. & GANT, L.M. 1990. Self-help and Black Americans: a strategy for empowerment. (In Powell, T.J., ed. 1990. Working with self-help. Silver Springs, Maryland: NASW Press, p. 189-215.)

POTGIETER, M.C. 1998. The Social Work Process: Development to Empower People. South Africa: Prentice-Hall.

POWELL, T.J. 1990. Working with Self Help. Silver Springs, Maryland: NASW Press.

SALEEBEY, D. 1996. The Strengths Perspective in Social Work Practice: Extentions and Cautions. Social Work/Maatskaplike Werk, 41(3):296-305, May/Mei.

SOUTH AFRICA. 2007. Department of Social Development. Employment Wellness Policy.

SCHATZ, M.S. & FLAGER, M.N. 2004. Examining how professionals describe the strengths perspective in their practice. Journal of Baccalaureate Social Work, 9(2):63-77.

UYS, J. 1992. Psychological counseling in the South African context. Cape Town: Maskew Miller Longman.

VAN DER MERWE, L. 2007. Employee assistance programmes. Risk Management, 3(7); 21- 23, August/Augustus.

VAN NIEUWHOLTZ, K. 1994: Bly werkloos of groei.Glenstantia: Ultra Litho.

WALSH, T.C. 2002. Structured process recording: a comprehensive model that incorporates the strengths perspective. Social Work Education, 21(1): 23-30.

ARTIKEL 4:

GESINDHEDE, ERVARINGS EN UITDAGINGS VAN GESINNE WAT