• No results found

DIE IMPLIKASIES VAN DIE TOEPASSING VAN REGSTELLENDE AKSIE VIR DIE PERSOON, GESIN EN GEMEENSKAP

4. BETEKENIS VAN WERK

Om die implikasies van werkloosheid te verstaan, is dit nodig dat daar bepaal moet word wat dit beteken om te kan werk en om in diens van 'n werkgewer te wees. Dit is, volgens die navorser, nodig om te werk as gevolg van ekonomiese redes en as gevolg van die morele verpligting wat op die mens rus. Die mens werk egter nie net vir ekonomiese gewin nie, alhoewel geld belangrik is. Dit gaan veel verder.

Francisco-la Grange (1991:3) stel haar standpunt oor werk soos volg: "You can't eat eight hours a day nor drink eight hours a day, nor make love eight hours a day - all you can do for eight hours a day is work."

Werk word op uiteenlopende wyses deur mense ervaar. Vir sommiges is werk 'n plesier en word dit as 'n verrykende ervaring beskou. Vir ander mag dit weer 'n las wees wat met groot inspanning die hoof gebied moet word. Verskeie faktore bepaal die kwaliteit van die werkservaring, waarvan een belangrike komponent die toerusting is waaroor die persoon beskik om die eise van die werk te hanteer. Dit is egter seker dat werk 'n ingrypende invloed op die mens se lewe het, vanwee die strategiese rol daarvan in die lewe van die persoon, die gesin en die gemeenskap (Francisco-la Grange, 1991:3).

Toe Sigmund Freud gevra is wat 'n mens benodig om 'n goeie lewe te lei, het hy die volgende geantwoord, "Lieben und Arbeiten". Om lief te he en om te werk is volgens Freud, die belangrikste vereistes waaraan 'n bevredigende lewe moet voldoen (Uys & Marais, 1991:23).

Om te kan werk gee betekenis aan 'n persoon se lewe. 'n Werk verskaf identiteit, dit is 'n middel waardeur verhoudings buite die gesin opgebou word. Werk gee geleenthede om vaardighede te ontwikkel en dit stimuleer kreatiwiteit, die gevoel van eie waarde en dit gee betekenis aan die lewe. Verder is dit 'n bron van inkomste wat 'n mens in beheer plaas (Uys & Marais, 1991:23 en Van Nieuwholtz, 1994:1).

Uit bostaande beskrywings is werk dus vir die persoon van groot belang. Persone word geposisioneer volgens die werk wat hulle verrig. Dit is 'n algemene verskynsel dat wanneer mense mekaar vir die eerste keer ontmoet, daar gou navraag gedoen word na die werk wat die persoon verrig. Vir 'n kind is die werk wat sy ouers verrig belangrik. Dit vorm deel van die kind se identiteitsvorming. Die werk wat die persoon verrig voorsien aan horn 'n bepaalde profiel. Werk voorsien aan die persoon 'n identiteit as gemeenskapslid, as gesinslid, as verbruiker en as persoon wat behoefte daaraan het om bekend te wees en om agting en erkenning te geniet (Francisco-la Grange, 1991:1-4).

Werk het vanuit 'n Christelike perspektief 'n religieuse betekenis. Werk is nie 'n ligtelike onderneming nie. Dit is 'n ernstige strewe, 'n Goddelike handeling waarvolgens die wereld geskape is. Daarom moet daar sin in die mens se arbeid wees (De Villiers, 1993:7 ; Francisco-la Grange, 1991:3).

Werk stel die mens in diens van sy naaste en die gemeenskap, terwyl die mens ook sy eie onderhoud verseker. Werk gee betekenis aan die mens se lewe en dit verskaf identiteit. Dit is nie net die werk of geld nie: "... 'n man is sy werk". As dit weggeneem word, word die persoon se identiteit afgebreek en hy word ontneem van die vermoe om sy familie te onderhou. Die persoon se manlikheid kan gekrenk word (Van Wijk, 1994:5). Dit is noodsaaklik vir die vooruitgang en oorlewing van die mens. Geld wat verkry word deur te werk, is die middel wat aangebied word om mee te betaal. Geld is mag en as verbruiker stel dit die persoon in staat om goedere aan te koop. In status het die persoon ook hoer status as die persoon wat nie oor 'n werk beskik nie (Francisco-la Grange, 1991:3-4; Van Nieuwholtz, 1994:1; Van Wijk, 1994:5 ;Noon & Blyton, 2002:50-51).

Om te werk bied aan die persoon 'n positiewe selfbeeld (Hodson & Sullivan, 1995:93-94). Die gevoel van eie waarde word bevorder en die persoon beleef dat hy van waarde vir sy gesin, die gemeenskap en die maatskappy is. Die persoon beleef dat hy 'n positiewe bydrae lewer (Francisco-la Grange, 1994:1-3). De Villiers (1993:7) sluit hierby aan en voeg by dat om daagliks te werk, sekuriteit en 'n gevoel van geborgenheid en tevredenheid verskaf, wat lei tot selfverwesenliking. Die mens werk nie net om produkte te vervaardig nie, maar arbeid dra ook by tot die vorming van die mens.

Werk bring mee dat die werknemer produkte "sielkundig" besit en nie daarvan vervreemd is nie. Daarom werk die persoon met sweet en vernuf om 'n kwaliteit eindproduk te produseer (Francisco-la Grange, 1991:4; Van Nieuwholtz, 1994:1; Van Wijk, 1994:5). Hodson en Sullivan (1995:94) sluit hierby aan met die volgende: " ...workers had a direct relationship to the products of their labour. They owned the products, which became an important part of their physical world." Daarom bring die werknemer volgens die navorser 'n kwaliteit produk na vore.

Die behoefte aan sosialisering word deur middel van werk bevredig, veral sosialisering binne groepsverband en buite gesinsverband. Binne groepsverband word daar aan bepaalde vereistes en verwagtinge voldoen en sodoende ontstaan 'n werksideologie (Van Wijk, 1994:5 ; Hodson & Sullivan, 1995:95-98). Hierdie sosiale verkeer, gemeensaamheid en affiliasie vorm ondersteunende verhoudings wat binne werksverband opgebou word. Werknemers leer om hulle vryhede te ken, leer om te beplan en verantwoordelikheid te aanvaar en uit te bou deur middel van die aanvaarding, uitvoering en delegering van opdragte. Die persoon ontwikkel sy eie kultuur en leef vir sy werk. Werk is die enigste lewe wat die persoon ken. Die werknemer raak bewus van sy eie identiteit en die behoefte ontstaan om persoonlike doelwitte op te stel en verwagtinge uit te leef. Sodoende vervul werk die behoefte aan nuwe ervaring, opwinding, kreatiwiteit, bepaalde rolbesetting en status en om leiding te gee en te ontvang (Franciso-la Grange, 1991:3-4).

Die persoon is doelloos as hy nie oor 'n werk beskik nie. Werk verskaf aan die persoon 'n doel in die lewe en om te lewe. Dit dra by tot die ordelike bestaan van die mens se lewe en gee betekenis aan die mens se lewe. Sodoende word die mens se behoefte aan groei, ontwikkeling en verryking bevredig en die persoon se leefwereld word verbreed (Francisco-la Grange, 1991:1-4).

Met die voorafgaande aspekte in gedagte is dit te begrype dat 'n persoon wat vanwee die toepassing van regstellende aksie sy werk verloor, ontneem word van geleenthede wat noodsaaklik is vir sy fisiese, psigiese en maatskaplike welstand. Hierdie aspekte moet ook in verband gebring word met en gekoppel word aan die implikasies van werkloosheid ten einde 'n geheelbeeld te vorm van die veranderinge en uitdagings wat die persoon beleef en waarmee die persoon en die maatskaplike werker tydens die bemagtigingsproses gekonfronteer gaan word.

In die vorige gedeelte is verwys na die betekenis van werk en dat werk die spil is waarom alles draai. Persone wat werkloos is, is in 'n moeilike posisie. Hodson en Sullivan (1995:94- 95) sluit hierby aan en meld dat indien persone nie werk nie, hul behoeftes nie aangespreek en bevredig kan word nie. Dit is ook hierdie aspek, naamlik om te kan werk en bevrediging

daaruit te kan kry, wat die mens van die dier onderskei. Indien die persoon nie werk nie, word die mens tot die status van 'n dier of 'n masjien verlaag. Die standpunt van die outeurs is, volgens die navorser waardevol en beklemtoon weereens hoekom dit so belangrik is dat 'n persoon oor 'n werk moet beskik. Dit dui weereens aan hoe ingrypend werksverlies is en hoekom persone op ondersteuningsdienste aangewese is.

5. IMPLIKASIES VAN DIE TOEPASSING VAN REGSTELLENDE