• No results found

DIE ROL VAN DIE MAATSKAPLIKE WERKER IN DIE LEWE VAN DIE PERSOON EN GESINNE WAT DEUR DIE TOEPASSING VAN

PATOLOGIESEBENADERING STERKTEBENADERING EN BEMAGTIGINGSMODEL

7. BEDRYFSMAATSKAPLIKE WERK

Die navorser wil beklemtoon dat sommige maatskappye oor bedryfsmaatskaplike werkers beskik wat dienste lewer aan die werknemers binne die maatskappy so lank wat hul indiens van die maatskappy is. Alvorens die rol van die maatskaplike werker uitgewys word, word die begrip bedryfsmaatskaplike werk gedefineer. Bedryfsmaatskaplike werk is volgens Barker ( 2003:302) "A speciality within social work to provide professional services to employees and their families. These services may include clinical activities (such as family theray, psycho-therapy, educational counseling, and treatment for drug addition) or macro practice (such as interventions on behalf of employee groups). These

programs are usually employer funded, as in employee assistance programs (EAPs), or labor-union funded, as in member-assisted programs (MAPS)".

Soos in die definisie aangedui lewer die bedryfsmaatskaplike werker dienste aan die werknemers vir so lank hy in diens van die maatskappy is. Daar moet in gedagte gehou word dat sodra die persoon dus ontslaan is, die bedryfsmaatskaplike werker nie verder 'n taak ten opsigte van hierdie persone het nie en word die persoon dus verwys, indien nodig, na eksterne maatskaplike werkers. Staatsdepartemente en privaat welsynsorganisasies kan ook maatskaplike werkers aanstel en oplei om dienste aan persone te lewer wat reeds ontslaan is en daar kan gebruik gemaak word van die werknemershulpverleningsprogramme. Hierdie dienste sal dus 'n spesialiteitsrigting wees.

Maatskappye kan ook alvorens die persone uit die diens ontslaan word ook van hierdie maatskaplike werkers gebruik maak om voorkomings dienste en programme aan te bied, wat spesifiek die besonderse behoeftes van hierdie groep persone en hulle gesinne, sal aanspreek. Persone waarby werksverlies en gepaarde implikasies voorkom word normaalweg geakkomodeer deur maatskaplike werkers in staatsdepartemente en in privaat welsynsorganisasies. Ter ondersteuning van die voorafgaande die volgende: "The purpose and the scope is to provide guidelines in regard to promotion of healthy lifestyles, safe work environment and managmement of intervention programmes by providing assistance of an EAP officer or by providing assistance through an outside service provider specializing in health, psychological, social, emotional or physical well being"( SA, 2007:2).

In die geval waar die maatskappy oor die dienste van 'n bedryfsmaatskaplike werker beskik is die insette van hierdie persoon onontbeerlik in die voorbereiding van hierdie persone waarby werksverlies gaan voorkom as gevolg van regstellende aksie. Die maatskaplike werker kan die persone voorberei en alreeds die persoon en sy gesin bemagtig om die situasie te hanteer deur gebruik te maak van die sterktebenadering en bemagtigingsmodel. Werknemershulpverleningsprogramme moet ontwikkel en geTmplementeer word wat spesifiek daarop gemik is om die besondere behoeftes van die groep persone aan te spreek.

Werknemershulpprogramme verwys volgens Van der Merwe ( 2007:21) na die volgende: "An employee assistance programme (EAP) is a workplace intervention designed to assist with the identification and resolution of health and productivity problems associated with personal or communal health, marital, family, financial, alcohol, drug, legal, emotional, stress and other personal concerns". Werknernershulpverleningsprogramme verwys volgens die navorser na strategiee , aksie planne en metodes wat binne die werksplek

geimplementeer word om die persoon produktief en aktief te hou en sy fisiese, psigiese en maatskaplike funksionering in stand te hou of te bevorder.

Uit die voorafgaande word die aspek dus beklemtoon dat die programme in die werksplek aangebied word om spesifieke behoeftes van die werknemers aan te spreek. Die programme kan dus so geformuleer word dat dit ook die behoeftes van die persoon en sy gesin waarby werksverlies vanwee regstellende aksie voorkom sal aanspreek.

Die insette van die maatskaplike werker binne die maatskappy of waar die programme deur 'n buite organisasie benut word sal dus daarop gemik word om die werkersmag in die geval van die persoon wat nog in diens is , of in die geval van die persoon waarby werksverlies gaan voorkom, produktief te hou deur aandag te gee aan die fisiese, psigiese en emosionele welstand van die persoon.

Die Departement Maatskaplike Onwikkeling (Department of Social Development) is in die proses om 'm beleid te formuleer rondom werknemershulpverleningsprogramme. Die beginsels wat hierdie beleid uiteengesit word kan ook op die werknemershulpverleningsprogramme in 'n maatskappy van toepassing gemaak word. Die Departement verwys na hierdie beleid wat 'n uiteensetting gee van die doel en die aard van dienste aan werknemers as the "Employee Wellness Policy" (SA, 2007: 1-2). Daar word dus wegbeweeg van die werknemersbystands begrip en eerder gekonsentreer op die fisiese - en psigiese welstand van die werknemer wat volgens die navorser baie nou aansluiting vind by die bemagtingsmodel en die sterkteperspektief wat in die navorsing toegelig is. Die standpunt is dat die werknemer oor fisiese en psigiese welstand moet beskik ten einde in staat te wees om produktief te wees en werklik werksbevrediging te kan geniet. Daarom moet daar gekonsentreer word op die verligting van onnodige psigo -sosiale spanning en die bevordering van 'n gesonde lewenstyl.

Die werknemershulpverleningsprogramme wat geformuleer en geimplementeer word moet ook die bestaande wette en wetlike voorskrifte in gedagte hou en vanuit hierdie verwysingsraamwerk saamgestel word. Wetgewing en wetlike voorskrifte soos uiteengesit in die Grondwet van Suid-Afrika, wetgewing ten opsigte van arbeidsverhoudinge en basiese diensvoorwaardes moet in gedagte gehou word aangesien daar nie afgewyk kan word van hierdie voorskrifte nie (SA, 2007:3).

Die navorser wil dit beklemtoon dat die beginsels soos uiteengesit in algemene maatskaplike werk ook tydens hierdie programme toegepas moet word. Van die aspekte wat beklemtoon word is:

• Die vertroulikheid van inligting moet verseker word.

• Elke werknemer moet bewus gemaak word van hierdie programme en aangemoedig word om van hierdie dienste gebruik te maak.

• Elke persoon se uniekheid moet erken word .

• Dienslewering moet op gelyke grondslag geskied en daar mag nie teen 'n persoon gediskrimineer word ten opsigte van ras, geslag, ouderdom en beroepsklas nie.

• Die menswaardigheid van elke persoon moet gerespekteer word en elke persoon moet met respek en agting behandel word.