• No results found

Gevolgtrekkings met betrekking tot die transformasie van

In hierdie gedeelte het besin ek oor die aard van Cohen se ingrype in terme van die implikasie daarvan vir „n breër samelewingskritiek. Na die ondersoek van die geskiedenis van die Pretoriaanse rugby omgewing en die plakkerskamp in Johannesburg is daar tot die gevolgtrekking gekom dat dié ruimtes sosiaal gestruktureer en gekodeer is binne gegewe tydskonstrukte. Ek het voorts bevind dat die gekodeerde ruimtes nie neutraal is nie maar eerder produkte is van ideologiese beskouinge van hegemoniese manlikheid (Ugly girl, 1998) en die bevoordeling van bemagtigte groepe; die dominante ideologiese kodering is ook spesifiek wit manlikheid (Chandelier, 2002). Ek het voorts bevind dat die kombinering van Cohen se gebruik van fopdossery as vorm van maskerade sowel as sy gebruik van ruimtes waardeur hy bestaande normatiewe beskouinge tot die werklikheid deurbreek, aanleiding gee tot die skepping van „n gelaagde alternatiewe ruimte of dan chronotoop ruimte. Omdat Cohen „n gelaagde subjekposisie het waardeur hy simboliese identifikasies van wit, Suid-Afrikaanse man sowel as sogenaamde afwykende homoseksuele Jood inneem, veroorsaak sy indringing tot simbolies- gelade ruimtes „n transformasie van die ruimte self na „n chronotoop waarin verskeie tyd-ruimtelike koderings „n alternatiewe ruimte van ambivalente teenstrydige betekenisse verwerklik.

In Ugly girl (1998) transformeer Cohen die rugbyomgewing na „n chronotoop deurdat hy die historiese beskouinge van die Pretoriaanse rugbyomgewing as tradisioneel, konserwatief en heteronormatief (wat in die sogenaamde onsigbare betekenaars sy beslag vind) openlik uitdaag. Hierdie uitdaging geskied egter binne „n eietydse Suid- Afrikaanse konteks waar politieke en sosiale omstandighede reeds drasties verander

128 het sedert die ontstaan rugby as nasionale sport. In Cohen se toetrede tot die ruimte en deur die reaksie van die bystanders wat hom as komieklik eerder as bedreigend ervaar, word die negatiewe en uitsluitende problematiek van die rugbyomgewing wat stereotipies die domein van sogenaamde tradisionele manlikheid mans, tydelik (en moontlik meer langdurig) ontbind.

Cohen bewerkstellig „n omkering van karnavaleske aard deurdat hy wys dat alle sosiale kontruksies van die rugbyomgewing – die beskouing van die ruimte as eksklusief, die idee van normatiewe manlikheid sowel as sosiale strukture waardeur sogenaamde afwykende partye gemarginaliseer of uitgesluit word – in der waarheid bloot gelaagde sosiale konstrukte is wat afhang van spesifieke tyd-ruimtelike kontekste. Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat hy in sy werke „n spieël ophou na „n samelewingsverband wat allegories instaan vir beskouings van die samelewing in die breë – en so ook slaag hy daarin om aannames bloot te lê en ook om die samelewing ietwat meer verdraagsaam as verwag te tipeer.

In Chandelier (2002) het ek bevind dat deur Cohen se binnedringing tot die plakkerskamp hy dit regkry om die gelaagde kwaliteit van die stad na vore te bring. Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat Cohen dit regkry om Johannesburg te transformeer na „n chronotopiese ruimte deurdat hy tydens dié performance die normatiewe kodering van die ruimte blootlê en sodoende die dominante en marginale geskiedenis van die stad binne „n post-1994 konteks sigbaar maak. Cohen breek begrensing van tyd af en bring die verlede, die hede en die toekoms bymekaar deur die transformerende potensiaal van die stad na vore te bring in sy ontmaskering van die gekonstrueerde aard en gelaagdheid van sosiale sisteme en sosiale verhoudinge.

Cohen slaag daarin om die utopiese illusie van Johannesburg as glansstad in die tradisie van die karnavaleske om te keer deur die gelyktydige aangesig van die stad as uiters gelaagd, naamlik beide utopies en distopies uit te beeld in sy binnedringing van die plakkerskamp. Soos genoem in die bespreking van Chandelier (2002) gebruik hy die plakkerskamp as „n allegorie waardeur hy suggereer dat Johannesburg as stad „n komplekse, ambivalente en gelaagde ruimte is. Ek het voorts bevind dat deur Cohen se toetrede die omstandighede van die pakkerskamp en die gevolge van historiese onderdrukking in die geskiedenis van die vestiging van

129 die stad sigbaar word. Die dubbelsinningheid van Johannesburg as ruimte word blootgelê in Cohen se karnivalisering van die ruimte in sy oordrewe groteske en vloeibare drag maskerade.

Die kunstenaar se vergestalting van sy komplekse subjekposisie verondersel „n tydelike vloeibare identiteit waardeur hy nie gekategoriseer kan word nie en sodoende buite die historiese tyd-ruimtelike konstrukte van die bestaande samelewing kan figureer. Cohen se voorkoms ontwyk duidelik enige vorm van kategorisering en orde. Die beliggaming van sy ambivalente subjekposisie waardeur hy buite alle rigiede klassifikasies van gender, ras en etnisiteit figureer is noodsaaklik in die ondermyning van ongeregtigde sosiale sisteme waardeur persone van sogenaamde gemarginaliseerde of nie-normatiewe status verwerp word. Sy liggaam is gemerk in terme van sy ras, etnisiteit en gender; deur sy oordrywing van hierdie kodering om spreek hy op „n aggressiewe en aktivistiese wyse die onderdrukking van sy alternatiewe en gemarginaliseede subjekposisie as queer Jewish freak. Deur sy maskerade protesteer hy teen die idee van rigiede binêre samelewingskonstrukte waar sommige gender, ras of etniese identiteite bo ander bevoordeel word. Die kunstenaar se liggaam word egter „n ekspressiewe voertuig waardeur hy op „n aggresiewe wyse aktivisme bewerkstellig; deur sy ongewone voorkoms dui hy egter daarop dat samelewingstrukture bloot tyd-ruimtelike konstruksies is.

Deur Cohen se volharding in „n vloeibare alternatiewe identiteit buite die konstrukte van orde en rigiditeit bewerkstellig hy die afbreek van die betekenisse binne bestaande ruimtelike strukture wat verdeel word in sogenaamde dominerende en marginale segmente. Hy onbloot dat die plakkers en die plakkerskamp produkte is van vorme van geweld, onderdrukking en marginalisering binne „n spesifieke tyd- ruimtelik konteks van die verlede en die hede. Ten spyte hiervan kry Cohen dit reg om deur sy binnedringing tot die ruimte, en deur „n aktivistiese benadering, die potensiaal vir transformasie in sosiale verhoudinge tussen persone van verskillende rasse, etniese klassifikasies en gender bloot te lê. Hierdie potensiaal lê byvoorbeeld daarin dat sommige plakkers hom as „n engel van hoop sien en hom toelaat om deur die plakkerskamp te loop. So „n reaksie is aanduidend van nuwe bande wat tussen persone van verskeie rasse, klasse, etniese en gendergroepe gevorm kan word. Sodoende tree Cohen ook as onwaarskynlike bemiddelaar op wat die

130 onderdrukkende plakkersruimte kan binnedring en die versteekte ongeregtighede wat in die ruimte gesetel is, te ontmasker.