• No results found

Die ambivalente genderidentifikasie van Princess Menorah

4.3 Chandelier (2002): „n dans oor die stad van kontraste

4.3.3 Princess Menorah: haar dans deur Johannesburg

4.3.3.1 Die ambivalente genderidentifikasie van Princess Menorah

Cohen gebruik sy liggaam om die sogenaamde beskouinge van wit manlikheid as die “oorspronklike” identiteit waaraan alle ander gemeet word, te problematiseer. Hy doen dit eerstens deur die beskouinge van wit, Suid-Afrikaanse manlikheid as natuurlik en normaal te ondermyn deur sy biologiese manlikheid te „verfraai‟ met vroulike identiteitsbetekenaars. So ontwrig Cohen konvensionele onderskeidings tussen manlikheid en vroulikheid om sy sogenaamde gemarginaliseerde identiteit as homoseksueel aggressief bloot te lê. Hy maak „n spektakel van sy manlikheid deur „n kristal aan die voorpunt van sy ontblote penis te hang. Die penis word as dié simbool

113 van mag en manlikheid beskou. Die normatiewe klassifikasies wat aan wit Westerse mans gekoppel word as onder andere gesaghebbend en dominerend, word dikwels vanselfsprekend ervaar - as onsigbare identiteitsbetekenaars soos wat die penis ook versteek word maar wel teenwoordig is. Deur Cohen se ontbloting van die penis deur dit onder die tutu met „n kristal aan die voorpunt maak hy dié betekenaars hoogs sigbaar.

Die fyn kristal wat aan sy penis vasgemaak is impliseer ook „n tipe ontmanning (“vervrouliking”); dit gee verder aanleiding tot die potensiële afbreek van die wit, Suid-Afrikaanse man as dominante gesag. Ontmanning in dié konteks verwys na hoe heteronormatiewe manlikheid gedekonstrueer word in die uitlig van ooreenkomste tussen queer- en heteroseksuele manlike identiteite om so die grense tussen privaatheid en openbaarheid en ook intimiteit te deurbreek. Deur Cohen se ondermyning van normatiewe manlikheid as rigied en dominerend problematiseer hy daarom die sosiale sisteme van die stad wat op soortgelyke beginsels van manlikheid gestruktureer is. Die formele uitleg van die stad sowel as die sosiale strukture is op die oog af georden, rigied en rasioneel en word sodoende tipies met die eienskappe van (wit) normatiewe manlikheid en veral patriargie geassosieer. Cohen ondermyn hierdie beskouing deur sy irrasionele („n konvensioneel vroulike eienskap) samevoeging van manlike en vroulike identiteitsbetekenaars in sy voorkoms as uitspattige en uitlokkende fopdosser.

Die idee van intimiteit kan verder in verband gebring word met die intensie waarmee Cohen die plakkersruimte betree – dit is „n persoonlike binnedringing waardeur hy die “privaatheid” van die plakkers se woning as sogenaamde ongewensde identiteit, vanweë sy genderafwykende voorkoms, binnedring. Ironies genoeg is die plakkersruimte nie privaat nie. Daar is geen grense of mure om die plakkerskamp eksklusief en privaat te hou nie. Ten spyte hiervan word die plakkerskamp verskuil onder die fasade van Johannesburg se hoë geboue en helder ligte omdat dit as „n ongewensde area en selfs „n oogseer binne Johannesburg beskou word. Cohen poog om die die misleidende fasade van Johannesburg oop te breek om sodoende die gelaagde en dikwels versteekte realiteite van die ruimte bloot te lê deur aandag op homself, in sy oordrewe, uitspattige en selfs groteske kostumering.

114 Cohen se sykouse, kousbande en veral die deurtrekker wat hy in die ruimte van die plakkerskamp dra word stereotipies met die openbare blootstelling van privaatheid gekoppel; soos in die geval van nagklubdanseresse of selfs prostitute - „n gemarginaliseerde of uitgeworpende identiteit in normatiewe aanvaarbare beskouinge waar die liggaam op „n onvanpaste wyse in die openbaar ontbloot word. Onderklere behoort volgens normatiewe beskouinge versteek te word vanweë die implikasie van intimiteit wat daarmee geassosieer word. Deur die ontbloting van sy liggaam binne openbare ruimtes en voor „n openbare gehoor vervaag Cohen die grense van openbare aanvaarbare gedrag en wat volgens normatiewe denke as taboe beskou word. Hy bewerkstellig hierdeur „n omkering van normatief aanvaarbare gedrag binne openbare ruimtes deur sy manlike liggaam op „n intieme, geseksualiseerde wyse sigbaar te maak. Dié optrede het „n karnavaleske aard omdat Cohen dit wat sosiaal onaanvaarbaar beskou word en daaroor versteek word, openlik in die publiek tentoonstel en sodoende „n omkering van sosiale grense van sigbaarheid bewerkstellig. Sommige van die plakkers was byvoorbeeld ontsteld oor Cohen se geseksualiseerde voorkoms en het knopkieries na hom toe geswaai om hom te probeer wegjaag. Dié reaksie sinspeel op die geweld wat in plakkerskampe onstaan oor seksuele afwykendheid en genderdiskriminasie. Cohen stel homself bloot aan potensiële aggressiewe reaksies deurdat hy skynbaar self „n aggressiewe seksuele voorkoms aanneem.

Binne die konteks van onderklere kan ook na Cohen se “korset” verwys word. Die korset is hierbo onder die bespreking van Ugly girl onder oë geneem; dit word ook geassosieer met kroegdansers, vroulike seksualiteit en ongemak (Winter, 2005:1). Hierdie assosiasies problematiseer Cohen se subjekposisie verder deurdat hy as biologiese man homself blootstel aan „n vorm van objektivering wat deur die dra van die korset bewerkstellig word. Hierdie veronderstelling word in die werk beaam deurdat Cohen deur een van die plakkers as „n geseksualiseerde of erotiese teenwoordigheid ervaar word: tydens die performance gaan sit Cohen op „n stoel in die plakkerskamp waar „n man na hom toe kom om vir hom „n skootdans te gee („n erotiese seksueel-uitlokkende dans wat geken word aan vulgêr-intieme bewegings tussen twee partye wat mekaar gewoonlik nie ken nie en op seksuele bevrediging

115 gemik is). Na die dans verby is hou die man „n Hustler tydskrif38

voor die kamera om te wys dat hy Cohen met die vrou op die voorblad van die tydskrif vergelyk. Cohen lewer kommentaar oor die reaksie van die man deur die volgende opmerking te maak:

Reactions ranged, from „go away‟... to a bloodshot man who represented his Hustler centrefold in one hand and me in the other, saying „I got it, I got it‟. He didn‟t even see the chandelier, he just saw a shaved hustler pussy come to life – the slut of his dreams – and he wasn‟t going to let it pass without embracing it (Cohen, 2004:1).

FIGUUR 29 Steven Cohen Chandelier (e) (2002) Performance Newtown, Johannesburg. (Cohen, 2012)

Hierdeur beklemtoon Cohen die negatiewe stereotipes en objektivering waaraan persone wat sogenaamd genderafwykend is, onderwerp word. As gevolg van sy semi-naakheid en sy vreemde voorkoms word Cohen summier as „n “slet” gemerk en hy is vir „n vlugtige oomblik ook soos „n goedkoop prostituut of pornografiese model deur die plakker behandel. Hierin word die strukture van verwerping en afkeur omgekeer deurdat die swart man wat waarskynlik daagliks onderdruk en gemarginaliseer word deur die strukture van dominansie, Cohen nou as minderwaardige uitgeworpene behandel. Dit dui daarop dat selfs in die meer

38 Hustler is „n ontheemde maandelikse pornografiese tydskrif wat gepubliseer is deur Larry Flint Publications.

116 marginale posisies polariteite en rangordes bestaan – veral jeens homoseksuele maar ook teenoor vroue (Cohen was immers in „n sin „n “vrou”).