• No results found

Cohen se Joodsheid as kenmerkend ambivalent en karnavaleske

4.3 Chandelier (2002): „n dans oor die stad van kontraste

4.3.3 Princess Menorah: haar dans deur Johannesburg

4.3.3.3 Cohen se Joodsheid as kenmerkend ambivalent en karnavaleske

Cohen maak in Chandelier (2002) gebruik van sy Joodsheid ter illustrasie van die ambivalente aard van dié posisie – veral binne „n Suid-Afrikaanse konteks. Deur sy voorkoms en optrede word daar verwys na die teenstrydige en selfs ook die ambivalensie van Joodse subjekposisies. Daar word verwys na die sosio-politieke geskiedenis waar Jode „n ekonomiese bemagtigde posisie in geneem het – veral in die ontwikkeling van Johannesburg as kosmopolitaanse stad – deur die gebruik van die kandelaar. Die kandelaar verwys na luuksheid en status. Die kandelaar wat in Chandelier (2002) gebruik word is „n antieke en delikate objek wat hy tweedehands

120 gekoop het en herstel het (die ooglopende aspek van hande-arbeid as “lae” vorm van werk word hiermee ook geïnkorporeer). Cohen projekteer „n paradoksale weergawe van sy sogenaamde bevoorregde posisie deurdat hy met „n houding van gesag deur die plakkerskamp loop asof dit sy koningkryk is, maar wel in „n halfstukkende tweedehandse kandelaar.

In teenstelling met die bogenoemde kan „n alternatiewe interpretasie van die kandelaar se simboliek uitgelig word. Die delikaatheid en fyn kristalle aan die kandelaar, as deel van Cohen se groteske en ongewone fopdosser kostumering, kan op verwyfde assosiasies dui wat aan Joodse mans gekoppel word. Dié aannames kom tot stand as gevolg van die stereotipiese persepsies en kenmerke wat met Joodsheid geassosieer word. Vanuit „n kulturele perspektief verskil die rol van manlike en vroulike Jode in ʼn groot mate van normatiewe Westerse kultuur. Binne die Joodse kultuur is die ideale plig van die vrou om na die familie om te sien deur as primêre inkomstedraer te figureer, waar die man homself moet toewy aan religieuse studie. Joodse mans het dus hulle pligte binne die huis voltooi, „n posisie wat deur ander (dominante) kulture as „n passiewe en dus “vroulike” rol (wat gewoonlik met vroulikheid geassosieer word) beskou word (Levy, 2005:165). Fisiese vroulike karaktereienskappe is ook aan Joodse mans toegeken soos onder andere: „n kort statuur, kort arms, smal borsmaat sowel as die aaname dat manlike en vroulike Jode as kleiner en meer broos is in vergelyking met die beeld van die ideale Ariese man39 (Gilman, 1995). Cohen se voorkoms in Chandelier (2002) beklemtoon in ʼn mate hierdie broosheid deurdat hy klein van statuur is, hy is skraal en maak vervroulike bewegings; sy broosheid word ook bevestig deur die fyn kristalle wat aan sy lyf hang.

Cohen beklemtoon sy Joodsheid verder deur die Dawidster op sy voorkop te plak en ook op die kroon van sy agterkop te verf. Die Dawidster is „n sespuntige ster (hexagram) wat gevorm word deur twee ineenvloeiende driehoeke en kan simbolies beskou word as die wedersydse verhouding tussen God en die Joodse volk (Simmons, 2002:1). Dit het verder ook „n negatiewe simboliese assosiasie met die Nazi-regime waar Jode gedwing is om „n geel Dawidster te dra as merker van hulle sogenaamde minderwaardigheid. Die Dawidster het dus „n ambivalente betekenis

39Die Ariese man word beskou as lank, meer as 1.74m in lengte, met „n slankgesig, voorkop en neus, en „nprominente ken. Verdermoetsy hare verkieslik blond en glad wees (Marten, 2007:29).

121 wat eendersyds die ekslusiewe verhouding tussen Jode en God simboliseer maar andersyds ook dat dit „n merker is van sogenaamde etniese afwykendheid.

Cohen se Joodsheid kan na aanleiding van die bogenoemde as sinoniem beskou word met die ambivalente aard van Johannesburg omdat Joodsheid opsigself „n vorm van hibriditeit en ontheemding suggereer; enersyds bevoorreg maar ook tot „n mate afwykeng en gemarginaliseerd. Joodsheid kan as „n vergestalting van „n karnavaleske identiteit beskou word omdat die klassifikasie as Joods in meeste variante van die Joodse geloof nie beperk word tot enige ras of gender nie, dit kan by geboorte toegeken word sowel as verkry word deur die aanneming van Judaïsme as geloof (Weiner, 2013:1); dit is vloeibaar en onderhandelbaar maar inherent eerder plofbaar as onsigbaar. Jode het tydens die apartheidsera ook „n tweeledige posisie ingeneem deur enersyds deel te vorm van die dominante groep (sodat wit Suid- Afrikaners meer beheer oor swart mense en sogenaamde anderskleuriges kon behou) en andersyds nie polities bemagtig kon word nie omdat ten spyte van hulle ligte velkleur hulle steeds as alternatiewe etniese groep beskou is (Beinhart, 1996:65). Na aanleiding hiervan word Jode enersyds bevoordeeld deur die status as erkende, ekonomiese bemagtigde Suid-Afrikaanse burgers maar is hul andersyds steeds gesien as Europese immigrante en alternatiewe etniese groep wat dikwels deur wit Suid-Afrikaners geminag is. Cohen se Joodse subjekposisie is dus ambivalent beide vanweë die meerduidende posisie as bevoorreg sowel as etnies afwykend. Binne die tydelikheid van die performance kan Cohen se Joodse subjekposisie as „n merker beskou word vir die diversiteit van identiteite binne die Johannesburgse omgewing. Sy Joodsheid simboliseer ook dat identiteite binne verskeie kontekste in verskye tydperke gedefinieer word en dui sodoende daarop dat alle identiteitskonstrukte binne verskeie tyd-ruimtelike konstrukte geherdefinieer kan word. Dit dui ook verder op die onderhandeling van magsposisies tussen sogenaamde bevoordeelde en gemarginaliseerde groepe: mag word bepaal binne „n spesifieke sosiale konteks en het egter die potensiaal om binne „n alternatiewe tyd en selfs ruimte te verander. Na aan die einde van die performance het dit begin donker raak met slegs die dowwe liggies van die kandelaar wat in die donkerte uitblink. Die feit dat die werk grotendeels afspeel in skemer aand kan ook simbolies geinterpreteer word as „n tussen-tyd – „n tyd tussen die oud en die nuut, „n tyd van afwagting voor „n nuwe begin.

122