• No results found

BESPREKING VAN RESULTATE

hoofstuk 5 word die data wat tydens die studie ingesamel is geïnterpreteer,

5.3. BESPREKING VAN DIE VOOR EN NATOETSING

5.3.1.1.1. Geestesgesondheid: Vlak 2 Selfdifferensiasie (a, b en c)

a) Figuur 4.4. toon aan dat 65.3% van die eksperimentele groep en 62.0% van die kontrole groep met die voortoets opsigtelike kognitiewe inperkings gehad het. Sadock en Sadock (2007:485) beklemtoon dat die GGSV met skisofrenie verskeie kognitiewe inperkings het. Freudenreich, Weiss en Goff (2008:375-378) en Sadock en Sadock (2007:518-521) verwys ook na verskeie kognitiewe inperkings wat die GGSV met psigose moontlik kan hê (vgl. Tabel 2.1.).

Tydens die notering van die aanvanklike simptome (vgl. Tabel 4.7.) is daar kognitiewe inperkings opgemerk by beide groepe, maar dit het tot „n mindere mate voorgekom soos in Figuur 4.4. gestipuleer.

Resultate dui aan (vgl. Figuur 4.4.) dat die voorkoms van kognitiewe inperking na 36.7% in die eksperimentele groep en na 40.0% in die kontrole groep afgeneem het. Alhoewel daar „n verbetering in beide groepe was, het die eksperimentele groep „n groter (6.6%) verbetering getoon as die kontrole groep.

Tydens die notering van medikasie en graad van psigose (vgl. 5.2.2.1.) is daar ook kliniese veranderinge opgemerk in terme van kognitiewe vermoëns. Volgens Van Heerden en Joubert (2002:2-5) en De Luca (1997:300-310) is die inkorporering van kognitiewe doelwitte van kardinale belang vir die GGSV met psigose. Die standaard Arbeidsterapieprogram (Bylaag C) het ook kognitiewe doelwitte en streef daarna om die kognitiewe vermoëns van die persoon in die akute sale van die betrokke psigiatriese hospitaal te verbeter.

Alhoewel die verandering in Tabel 4.11. nie statisties beduidend is nie, kan die afleiding gemaak word dat dit wel klinies beduidend is en ook klinies opgemerk is deur die assesseringsterapeute asook die psigiater wat die notering in die mediese leêr gedoen het.

171 b) Figuur 4.4. dui aan dat 49.0% van die eksperimentele groep en 46.0% van die kontrole groep met die voortoets verminderde bewustheid van self en hulle emosies gehad het. Literatuur (Freudenreich, Weiss & Goff, 2008:375-378; Sadock & Sadock, 2007:518-521) bevestig dat die GGSV met psigose verminderde bewustheid van self, afgestompte emosies en ontoepaslike emosionele response het (vgl. Tabel 2.1.).

Resultate (vgl. Figuur 4.4.) toon aan dat daar in beide groepe „n verbetering in hierdie aspek (eksperimentele groep: 12.2% en kontrole groep: 22.0%) plaasgevind het. Alhoewel Tabel 4.12. geen statisties beduidende verskil aandui nie, toon die data dat die assesseringsterapeute wel „n kliniese verskil waargeneem het by die twee groepe. Die resultate dui daarop dat die eksperimentele groep wel beter gevaar het met die natoets, as die kontrole groep.

De Luca (1997:300-310) (vgl. 2.3.) maak melding van die feit dat bewustheid van self en die uitdrukking van emosies gestimuleer moet word. Die standaard Arbeidsterapieprogram (Bylaag C) inkorporeer ook groepe waar bewustheid van self en die uitdrukking van emosies gefasiliteer word.

King (1983:1-4) bevestig dat sensoriese integrasie intervensie „n positiewe emosionele respons stimuleer en dat dit streshormone mobiliseer. Die GGSV se gemoed word dus geëleveer deur die ekstensor spiere wat gebruik word wat dan „n positiewe impak op die postuur van die GGSV het. „n Geëkstendeerde postuur dra by tot verhoogde suurstof na die brein en ook die bevordering van ander kognitiewe prosesse. Volgens Parham, et al., (2007:219) berus “Ayres Sensory Integration” op sekere beginsels (vgl. 2.4.9.). Een van hierdie beginsels is genot- en suksesbelewing. Hierdie beginsel fasiliteer „n positiewe gemoed en kon moontlik „n bydraende effek gehad het op bewustheid van self en emosies van die deelnemers.

Tydens die sensoriese integrasie intervensie het die navorser opgemerk dat die deelnemers aanvanklik baie min bewus was van hulself en selfs geen positiewe emosies ervaar het nie, maar soos wat die sensoriese integrasie

172 intervensiesessies verloop het, het die deelnemers meer bewus van hulself, ander en hulle emosies begin raak. Deelnemers het die navorser vriendelik by die deur begin inwag en selfs spontane gesprekke aangeknoop. Hierdie gedrag word ook deur King (1974:530) bevestig.

c) Figuur 4.4. toon aan dat die voorkoms van delusies of hallusinasies aanvanklik statisties beduidend (vgl. Tabel 4.13.) hoër was in die eksperimentele groep (87.8%) as in die kontrole groep (70.0%).

Volgens literatuur (Brown, 2011:182; Freudenreich, Weiss & Goff, 2008:375-378; Sadock & Sadock, 2007:518-521) kom delusies en hallusinasies by die GGSV met psigose baie prominent voor. Hierdie bevindinge korreleer met bogenoemde data. Die eksperimentele groep se delusies en hallusinasies was aanvanklik heelwat meer, maar dit kan toegeskryf word aan toeval.

Uit die demografiese inligting blyk dit of die verspreiding van diagnoses nie „n statisties beduidende verskil getoon het tussen die twee groepe nie en tydens die insluitingskriteria is ook geen statisties beduidende verskil ten opsigte van die voorkoms van delusies verkry nie (vgl. Tabel 4.8.).

Dus kan van die veronderstelling uitgegaan word dat die assesseringsterapeute bogenoemde bevindinge gemaak het en dit gedoen het op grond van kliniese indrukke. Die navorser bevestig egter die aanvanklik hoё voorkoms van delusies by die eksperimentele groep.

Tabel 4.13. dui egter daarop dat daar nie „n statisties beduidende verskil gevind was met die natoets nie. Indien ons terugverwys na die aanvanklike simptome (vgl. Tabel 4.7.) en die voorkoms van delusies en hallusinasies na die intervensie (vgl. Figuur 4.1.), het die delusies en hallusinasies afgeneem in die eksperimentele groep, maar slegs die delusies van die kontrole groep het afgeneem en hul hallusinasies het toegeneem. Tydens die kliniese beredenering van die simptome in Figuur 4.1. (vgl. 5.2.2.1.2.) het die navorser daarna verwys

173 dat daar „n moontlike leemte in die Arbeidsterapie standaardprogram was of dat die kontrole groep moontlik nie getrou hulle Arbeidsterapie sessies bygewoon het nie en dit die toename van hallusinasies in die kontrole groep kon verduidelik. Hierdie aspek dui egter daarop dat die voorkoms van delusies of hallusinasies afgeneem het en weerspreek bogenoemde stellings van die navorser, maar die aspek maak ook nie spesifieke onderskeid tussen die voorkoms van hallusinasies en/of delusies nie. Sodoende kon die navorser nie werklik onderskeid tref om te bepaal of dit die delusies of die hallusinasies was wat verminder het nie.

Volgens De Luca (1997:305-310) en Van Heerden en Joubert (2002:2-5) is die fasilitering van realiteit en die stabilisering van gedagteprosesse van kardinale belang in die behandeling van die GGSV met psigose. Die standaard Arbeidsterapieprogram van die akute sale van die psigiatriese instansie inkorporeer psigomotoriese aktivering as tegniek. Volgens Van Heerden en Joubert (2002:2-5) het fisiese aktiwiteit „n positiewe effek op doelgerigtheid en gerigtheid tot realitieit. Hulle skryf dit toe aan veranderinge wat in die limbiese- en retikulêre areas van die brein plaasvind.

Sensoriese modulasie disfunksie (vgl. 2.4.) kan hoofsaaklik toegeskryf word aan veranderinge wat in die limbiese- en retikulêre areas van die brein voorkom (Bundy & Murray, 2002:4-10). Sadock en Sadock (2007:472) bevestig dat die limbiese sisteem van die GGSV met skisofrenie of bipolêre versteuring, neuroanatomiese veranderinge ondergaan (vgl. 2.2.1.1.1. en 2.2.1.1.2.). Delusies kan volgens Sadock en Sadock (2007:506) ook toegeskryf word aan neuroanatomiese veranderinge van die retikulêre- en die limbiese areas van die brein. Bailey (1978:17-21) bevestig dat sensoriese integrasie intervensie die GGSV met skisofrenie se delusies verminder.

Die afleiding kan dus gemaak word dat die sensoriese integrasie intervensie moontlik „n bydraende effek kon gehad het op die verminderde voorkoms (eksperimentele groep: 38.8%; kontrole groep: 12.0%) van delusies en/of hallusinasies van die eksperimentele groep teenoor die kontrole groep. Alhoewel

174 die voorkoms van delusies en/of hallusinasies in die kontrole groep ook verminder het, dui die resultate op „n statisties beduidende verskil (vgl. Tabel 4.13.) en dus op die positiewe impak van die sensoriese integrasie intervensie.

Vervolgens sal die deelnemers met intensioneel eksploratiewe aksie (vlak 3: a) “Full range of emotions evident”) bespreek word.