• No results found

BESPREKING VAN RESULTATE

hoofstuk 5 word die data wat tydens die studie ingesamel is geïnterpreteer,

5.2. BESPREKING VAN DEMOGRAFIESE INLIGTING EN SIMPTOME

5.2.1. Demografiese inligting

5.2.1.7. Aanvanklike simptome en graad van psigose

Die bespreking van die aanvanklike simptome in hierdie studie ondersteun die argument dat simptome „n inlvoed op aktiwiteitsverrigting het en is waardevol in die studie aangewend om die TFLA se data te ondersteun, al dan nie.

157 Vervolgens sal die simptome en graad van psigose wat op die dag van die voortoetsing voorgekom het, bespreek word.

5.2.1.7.1. Simptome

Die volgende simptome hou verband met „n sensoriese integrasie disfunksie en ook die GGSV met psigose en sal vervolgens so bespreek word:

Die simptome in Tabel 4.7. dui aan dat verlaagde insig (99.0%) ten opsigte van patologie die meeste voorgekom het. Alhoewel die navorser geen sensoriese integrasie literatuur kon vind oor die verband tussen sensoriese integrasie en verlaagde insig nie, bevestig Freudenreich, Weiss en Goff (2008:385) dat die persentasie van verlaagde insig baie hoog by die GGSV met skisofrenie is en dat dit ook „n bepalende faktor van die prognose van die siekte is. Sadock en Sadock (2007:486) beaam bogenoemde en beklemtoon dat die persoon met skisofrenie moeilik insig verkry en dat insig ten opsigte van bewustheid van simptome, swak interpersoonlike vaardighede en die redes vir hierdie probleme ondersoek moet word. Lombard (2007:11-31) meld dat „n persoon se insig om sy/haar sensoriese integrasie vermoё te verstaan, van kardinale belang is ten einde maksimale funksionaliteit in alledaagse lewenstake te verkry. Dus kan ons van die veronderstelling uitgaan dat die GGSV moeilik insig ten opsigte van patologie en sy/haar sensoriese integrasie vermoё sal verkry en beide hierdie faktore funksionaliteit kan beïnvloed.

Tabel 4.7. dui aan dat verlaagde oordeel en die voorkoms van delusies en hallusinasies by meer as 50% van die studiepopulasie voorgekom het. Volgens Sadock en Sadock (2007:486) speel oordeel ook „n rol in die persoon met skisofrenie se vermoë om insig te verkry en beïnvloed dit die prognose. Verlaagde oordeel en insig kom volgens Sadock en Sadock (2007:547) baie prominent voor by persone met bipolêre versteuring in die maniese fase. Hierdie persone sal tot so ver gaan om die wet te oortree, betrokke raak in seksuele aktiwiteite en soms in finansiële krisisse beland. Die prognose word in die meeste gevalle negatief beïnvloed deur verlaagde oordeel en insig.

158 Sadock en Sadock (2007:483, 547) verwys na die hoë voorkoms van delusies by die GGSV met bipolêre versteuring in die maniese fase en skisofrenie. Delusies kan volgens Sadock en Sadock (2007:506) ook toegeskryf word aan neuroanatomiese veranderinge van die retikulêre en die limbiese areas van die brein en dit kan „n aanduiding wees van „n sensoriese modulasie disfunksie (vgl. 2.4.). Dit kom voor of die hoë voorkoms (66.7%) van aanvanklike delusies (vgl. Tabel 4.7.) ooreenstem met bogenoemde literatuur (Sadock & Sadock, 2007:483, 547). Alhoewel Sadock en Sadock (2007:482) geen melding maak van hallusinasies by die persoon met bipolêre versteuring in die maniese fase nie, bevestig hulle dat hallusinasies algemeen is by die GGSV met skisofrenie. Hierdie literatuur korreleer met die resultate in Tabel 4.7. wat daarop dui dat die voorkoms van hallusinasies 53.5% was in die studiepopulasie. Die diagnostiese verspreiding van die studie stem ook ooreen met die voorkoms van hallusinasies en ondersteun bogenoemde literatuur dat hallusinasies hoofsaaklik by die GGSV met skisofrenie voorkom.

Verhoogde aktiwiteitsvlakke (vgl. Tabel 4.7.) en spraakdruk of gedisorganiseerde spraak het by meer as 30.0% van die GGSVs voorgekom. Perlis (2008:400) bevestig dat dit algemeen voorkom onder die GGSV met bipolêre versteuring in die maniese fase (Perlis, 2008:400). Sadock en Sadock (2007:544, 574) beaam bogenoemde en beklemtoon dat verhoogde aktiwiteitsvlakke een van die diagnostiese kriteria is vir bipolêre versteuring (I). Die persoon met skisofrenie kan ook verhoogde aktiwiteitsvlakke ervaar, veral tydens die psigotiese fase van die siekte (Sadock & Sadock, 2007:486). Die resultate van hierdie studie dui aan dat 43.3% van die studiepopulasie verhoogde aktiwiteitsvlakke gehad het en 36.4% spraakdruk of gedisorganiseerde spraak ervaar het. Literatuur (Bundy & Murray, 2002:4-10) maak melding daarvan dat verhoogde aktiwiteitsvlakke en gedisorganiseerde gedrag op „n sensoriese modulasie disfunksie kan dui. Gedisorganiseerde spraak (Bailey, 1978:445- 446; Fox, 2008:273-280) kan ook „n aanduiding wees van „n sensoriese integrasie disfunksie. Literatuur ondersteun dus die voorkoms van verhoogde aktiwiteitsvlakke en spraakdruk of gedisorganiseerde spraak.

159 Die resultate (vgl. Tabel 4.7.) dui egter daarop dat verminderde konsentrasie (30.3%) en verminderde oriёntasie (18.2%) nie so prominent in die populasie voorgekom het nie. Hierdie resultate word nie deur literatuur ondersteun nie, aangesien „n persoon met „n sensoriese modulasie disfunksie (vgl. 2.4.) kan presenteer met afleibaarheid en gedisorganiseerde gedrag (Bundy & Murray, 2002:4-10); en die GGSV met psigose (vgl. Tabel 2.1.) ook kan presenteer met afleibaarheid, gedisorganiseerde gedrag, verminderde bewustheid van self en ander, asook verminderde oriёntasie (Freudenreich, Weiss & Goff, 2008:375-378; Sadock & Sadock, 2007:518-521). Konsentrasie en oriёntasie is aktiwiteitsverrigtingskomponente en beïnvloed aktiwiteitsverrigting, dus kan die afleiding gemaak word dat „n persoon met psigose nie goeie konsentrasie of oriёntasie het nie en dit aktiwiteitsverrigting sal beïnvloed. Die resultate van die TFLA (vgl. 5.3.1. en 5.3.2.) ondersteun die agteruitgang van aktiwiteitsverrigting en dus nie die resultate ten opsigte van konsentrasie en verminderde oriёntasie in Tabel 4.7. nie. Hierdie resultate kon moontlik deur die subjektiwiteit van die noteerder, tyd van die dag wat notering gedoen is of die mate waartoe die saalpersoneel fokus op hierdie aspekte in die vroeё fase van psigose, beïnvloed gewees het.

Alogia, sosiale onttrekking, gedisorganiseerde/katatoniese gedrag, avolisies en anhedonia (vgl. Tabel 4.7.) het tot „n mindere mate (minder as 15.0%) voorgekom in die studie. Freudenreich, Weiss en Goff (2008:375-379) en Sadock en Sadock (2007:475) verwys na die positiewe en negatiewe simptome (vgl. Tabel 2.2.) van skisofrenie. Soos in Tabel 2.2. gesien kan word, is alogia, sosiale onttrekking, avolisie en anhedonia negatiewe simptome. Freudenreich, Weiss en Goff (2008:377-379) meld dat hierdie simptome meer prominent by die persoon met chroniese skisofrenie voorkom en dat die positiewe simptome (bv. delusies en hallusinasies) meer algemeen voorkom tydens die psigotiese fase van die siekte. Dit blyk dus of hierdie studie se data ooreenstem met bogenoemde navorsers se bevindinge, aangesien die studie se populasie aanvanklik in die psigotiese fase was tydens die opname tot die studie. Volgens Fricchione, Huffman, Bush en Stern (2008:761) is katatoniese gedrag minder algemeen onder persone met skisofrenie as wat voorheen beskryf was. Dit kom selde voor onder persone met bipolêre versteuring in die maniese fase.

160 In teenstelling met bogenoemde data verwys sensoriese integrasie literatuur (vgl. 2.4.) spesifiek daarna dat „n persoon met „n sensoriese modulasie disfunksie en die GGSV met psigose (vgl. Tabel 2.1.) kan presenteer met hoë aktiwiteitsvlakke, afleibaarheid, vermyding, onttrekking, gedisorganiseerde gedrag, lae motivering en ontoepaslike emosionele response en dit die algemene funksionering van die persoon beïnvloed (Bundy & Murray, 2002:4-10; Dunn, 1999:37; Freudenreich, Weiss & Goff, 2008:375- 378; Lombard, 2007:37-45; Sadock & Sadock, 2007:518-521). Dit is ook belangrik om daarop te let dat 30.3% van die studiepopulasie afgeplatte affek ervaar het. Volgens Sadock en Sadock, 2007:475) is afgeplatte affek ook „n negatiewe simptoom, maar volgens die resultate van Tabel 4.7. het hierdie aspek aansienlik meer voorgekom as die ander negatiewe simptome. Die resultate van die TFLA (vgl. 5.3.1. en 5.3.2.) dui aan dat die deelnemers se motivering, selfsorg, sosiale deelname en spraak aansienlik meer aangetas was as die resultate van Tabel 4.7. Hierdie bevinding kan moontlik „n aanduiding daarvan wees dat die kliniese personeel in die saal nie op die negatiewe simptome fokus tydens die notering van notas nie.

Tabel 4.8. dui daarop dat daar egter geen statisties beduidende verskil was tussen die twee groepe se aanvanklike simptome nie en dat beide groepe ongeveer dieselfde verspreiding van simptome ervaar het tydens die insluiting tot die studie. Enige verbetering van simptome kan dus toegeskryf word aan die intervensie en farmakologiese behandeling.

5.2.1.7.2. Graad van psigose

Die aanvanklike graad van psigose is verkry deur die inligting van die mediese leêr te noteer op die eerste dag van intervensie (vgl. Bylaag I).

Alhoewel al die deelnemers psigoties was die dag van opname tot die studie, was 4.0% van die kontrole groep reeds net gedeeltelik psigoties op die tweede dag van die studie (vgl. 4.9.) Bogenoemde bespreking en data bevestig die psigotiese fase van die siekte.

161