• No results found

NAVORSINGSBENADERING EN METODOLOGIE

Hoofstuk 3 wor d afgesluit met „n omvattende bespreking van die etiese oorwegings en

3.3.6. Data ontleding

Die Departement Biostatistiek, Universiteit van die Vrystaat, het die data ontleding behartig.

Die aanvanklike meting is opgesom deur middel van beskrywende statistiek naamlik frekwensies en persentasies vir kategoriese data, mediane en persentiele, per groep. Die verandering van voor tot na intervensie is bereken per groep en die groepe is vergelyk met behulp van 95% vertrouensintervalle. Geen p-waardes is in hierdie studie gebruik nie, aangesien „n vertrouensinterval die resultate direk op die skaal van data projekteer en verskaf meer moontlikhede in terme van die waarde vir die populasie en verbruikersvriendelike presisie as die p-waarde (Altman, Machin, Bryant & Gardner, 2000:15-27).

Die data ontleding vir hierdie verhandeling is gegenereer deur gebruik te maak van SAS sagteware (soos die maatskappy daarna verwys). Kopiereg, “SAS Institute Inc.” produkte of diensname is geregistreerde handelsmerke of handelsmerke van “SAS Institute Inc.”, Cary, NC, USA”.

81

3.3.7. Metingsfoute

Die metingsfoute wat in ag geneem was in hierdie studie word in Tabel 3.4. uiteengesit.

Tabel 3.2: Metings- en metodologie foute

Aspek wat meting kon beïnvloed Kontrole van aspek

 Deelnemers kon moontlik nie genoeg gewees het nie.

 Uitvallers

 Afparing

 Assesseringsterapeute

 Intervensieterapeute

 Daar was gewag vir nuwe opnames (hoogstens 1 week) en dan was daar voortgegaan met die navorsingsproses.

 Deelnemers wat nie volledige datastelle gehad het nie se resultate is nie gebruik in die studie nie.

 Afparing ten opsigte van geslag, funksionering, ouderdom en patologie is gedoen, ten einde te verseker dat die groepe se veranderlikes dieselfde was.

 Assesseringsterapeute is vooraf opgelei in die gebruik van beide toetse.

 Slegs Arbeidsterapeute wat opgelei is in sensoriese integrasie het die SBC gebruik.

 Slegs Arbeidsterapeute met ervaring in psigiatrie is gebruik as assesseringsterapeute.

 Daar is van vier assesseringsterapeute gebruik gemaak vir die assessering met die TFLA, maar slegs drie is op „n keer gebruik. Die vierde persoon is slegs in geval van „n noodgeval gebruik.

 Die assesseringsterapeute het geen kennis gedra van die groepsindelings nie. Dus was die studie „n enkel blinde studie.

 Die intervensieterapeute het die nodige ondervinding gehad ten einde die nodige intervensieprogramme (sensories integrasie intervensie en die standaard Arbeidsterapie-program) te implementeer. Die sensoriese integrasieterapeut is opgelei in die gebruik van die gespesialiseerde tegniek en die terapeut wat die standaard Arbeidsterapieprogram geïmplementeer het, het psigiatriese ondervinding gehad.

82

 Intervensies

 Oordrag van inligting

en die navorser was dus glad nie daarby betrokke nie. Dit is gedoen om objektiwiteit te behou.

 Die intervensies was nie gestandardiseer nie, maar die sensoriese integrasie intervensieprogram is volgens die riglyne van “Ayres Sensory Integration ” (Parham et al., 2007:219) aangebied.

 Die Arbeidsterapie standaardprogram het vasgestelde aktiwiteite gehad. Dus is alle intervensiegroepe aan dieselfde intervensie of aktiwiteite blootgestel.

 Die motoriese groepe van die standaardprogram kon moontlik die resultate beïnvloed, want dit was onvermydelik om nie die sensoriese sisteme te betrek in motoriese aktiwiteite nie. Dit is gekontroleer deur beide groepe aan die motoriese groepe bloot te stel.

 Die geldigheid van die sensoriese integrasie intervensieprogram het soos volg daarna uitgesien: Die geldigheid van die sensoriese integrasie intervensieprogram is bevorder deurdat die navorser sensoriese integrasie opleiding het.

 Die geldigheid van die “sensory integration sports program” is verhoog deur gebruik te maak van die riglyne van “Ayres Sensory Integration” van Parham et al. (2007:219) (vgl. 2.4.). Twee sessies is afsonderlik deur die twee assesseringsterapeute geassesseer. Die assessering is met „n stiplys gedoen wat die navorser aan die hand van “Ayres Sensory Integration” se beginsels (Parham et al. 2007:219) opgestel het . Die sensoriese integrasie assesseringsterapeute het elk „n afsonderlike sensoriese integrasie intervensie sessie bygewoon en die sessies aan die hand van die stiplys deur middel van observasie geassesseer. Die sensoriese integrasie sessies het beide aan die beginsels van “Ayres Sensory Integration” (Parham, et al. 2007:219) voldoen.

 Die intervensies het aktiewe, motoriese deelname vereis om „n effek te hê. Die oordrag van inligting sal dus nie ter sprake wees nie.

83

 Hawthorne-effek

 Uitsluitingskriteria

 Afkeur vir groepsaktiwiteite

 Farmakologiese behandeling

 Voedingstatus

 MIV

 Die gebruik van substanse

 Die Hawthorne-effek is gekontroleer deur van „n kontrole groep gebruik te maak.

 Metingsfoute ten opsigte van patologie en medikasie is uitgesluit deur die uitsluitingskriteria streng na te kom (vgl.3.3.2.3.)

 Die invloed van die deelnemers se afkeur vir groepsaktiwiteite is geëlimineer deurdat beide groepe (eksperimentele- en kontrole groep) blootgestel is aan groepsaktiwiteite.

 Farmakologiese behandeling is die primêre behandeling van die GGSV met psigose, dus kon medikasie nie weggelaat word uit die navorsing nie.

 Die farmakologiese behandeling kon met verloop van opname verander en kon moontlik „n impak op die resultate hê. Die medikasie is dus genoteer (vgl.Bylaag I).

 Die navorser kon geen literatuur vind wat „n ooreenkoms tussen voedingstatus en sensoriese integrasie disfunksies beskryf nie. Daar kon egter moontlike metingsfoute intree as die deelnemer met „n swak voedingstatus opgeneem is en dit dan verbeter het soos wat die deelnemer se psigose opgeklaar het.

 Die navorser kon tot op hede geen navorsing vind oor sensoriese integrasie en MIV nie. Dus is die MIV-status verkry uit die mediese leêr en genoteer op die insluitingskriteria stiplys. Indien die MIV-status nie verkry kon word in die mediese leêr nie, is dit as onbekend aangedui op die insluitingskriteria stiplys (vgl. Bylaag E).

 Die navorser kon geen beskikbare literatuur vind wat „n ooreenkoms tussen die gebruik van gekontroleerde substanse en sensoriese integrasie disfunksies beskryf nie. Die opklaring

84

 Vlak van psigose

 Meetinstrument: SBC

van substanse in die bloed kon moontlik „n effek hê op die resultate. Dus is die gebruik van dagga op die insluitingskriteria stiplys genoteer, aangesien dit die meeste in die populasie voorkom (vgl. Bylaag E).

 Die vlak van psigose kon „n moontlike impak op die resultate gehad het en is genoteer (vgl. Bylaag I). Dit is vasgestel deur gebruik te maak van die dokter se notas, Arbeidsterapie prosesnotas en professionele oordeel.

 Die SBC is slegs gestandardiseer op „n Amerikaanse populasie, maar is wel bekend in die Suid-Afrikaanse sensoriese integrasie veld. Metingsfoute, bv. vertalingsfoute, is so ver moontlik geëlimineer deur van „n tolk gebruik te maak om die instruksies oor te dra. Tolke is gewoonlik Arbeidsterapie assistente wat die wetenskap van Arbeidsterapie verstaan en gereeld tolk in verskeie Arbeidsterapie sessies.