• No results found

HOOFSTUK 2: DIE AARD VAN WERKSTEVREDENHEID

2.8 DIE VERBAND TUSSEN WERKSTEVREDENHEID EN BEMAGTIGING

2.9.1 Faktore in die opvoeder self

Die rol wat die opvoeder in die skool vervul, word omskryf as die gedrag van die opvoeder binne die skool wat op sy beurt bepaal word deur interpersoonlike verhoudinge en gebeure. Om onderwys effektief te verbeter is dit vir die opvoeder noodsaaklik om ʼn duidelike beeld te hê van sy/haar besondere rol in die onderwysstelsel (Fourie, 2001:48).

Volgens Kamstra (2005:43) kom rolkonflik voor wanneer die opvoeder probeer om sy/haar gesinsrol en huisrol met sy/haar professionele rol te balanseer. Veral werkende vroue ervaar sielkundige gesondheidsprobleme aangesien hulle sukkel om hul gesin se behoeftes met hul werkseise te balanseer (Eckman, 2004:368). Kamstra (2005:43) onderskei tussen twee tipes rolkonflik, naamlik:

 Intra-rolkonflik  Inter-rolkonflik

Inter-rolkonflik kom voor wanneer die individu persoonlike waardes moet verbreek ten einde die werk te verrig. Gesinsverpligtinge en huiswerk sluit veel meer in as slegs huishoudelike take. Huiswerk sluit (benewens baie ander take) die volgende in: a) huiswerktake soos kook, wasgoed versorg, huis skoonmaak, b) kindersorg en c) emosionele arbeid. Hierdie take lei daartoe dat ʼn vrou intra-rolkonflik ervaar omdat daar van haar verwag word om hierdie take gelyktydig te doen (Khumalo, 2004:44).

Khumalo word die uitvoering van die een rol se eise bemoeilik deur die ander rol se eise. Inter-rolkonflik by die individu kom voor wanneer tyd en persoonlike hulpbronne ontbreek of wanneer te veel druk ervaar word by die gelyktydige uitvoering van die verskillende rolverpligtinge. Vir die opvoeder lê die rolkonflik daarin dat hy/sy in ʼn twee-dimensionele domein moet funksioneer, nl. die persoonlike domein en die professionele domein.

Rolonsekerheid kom voor wanneer die individu nie weet wat van hom/haar verwag word nie. Die opvoeder sal organisasiestres ervaar wanneer hy/sy onseker is oor sy/haar optrede asook sy/haar regte en pligte omdat die bestuurspan by die skool nie duidelike inligting deergee nie. Stres wat ontstaan as gevolg van onsekerheid lei tot werksontevredenheid, swak selfvertroue, ʼn swak selfbeeld, depressie en swak werksmotivering (Fourie, 2001:51).

2.9.1.2 Stres

Stres is ʼn onaangename gevoel wat voorkom wanneer ʼn persoon ondervind dat hy/sy die take wat aan hom/haar toegeken is nie kan vervul nie (Kamstra, 2005:45). Dit kan tot verskeie gesondheidsprobleme lei en in die ergste geval tot uitbranding. Wanneer ʼn opvoeder baie stres in sy/haar werksomgewing ervaar, sal hy/sy ontevrede met sy/haar werk wees. Die verstandelike/geestes-gesondheid wat die opvoeder in die klaskamer reflekteer, is belangriker as onderrigmetodes en onderrigmateriaal (Kamstra, 2005:46).

2.9.1.3 Moreel

Kamstra (2005:47) identifiseer die volgende as probleme ten opsigte van moreel wat die werkstevredenheid van die opvoeder beїnvloed:

a) Is die opvoeder trots op sy/haar werk?

b) Is die opvoeder trots daarop om ʼn opvoeder te wees?

De Beer (2004:53-54) vul aan en onderskei tussen ses aanwysers van moreel binne die skool, naamlik ʼn gevoel van trots, genot oor die werk wat by die skool verrig moet word, ʼn lojaliteitsgevoel teenoor die skool, eenheid tussen opvoeders, aanvaarding van die onderwysbeleid en aanvaarding van die prinsipaal se opinies.

2.9.1.4 Professionele en persoonlike doelwitte van die opvoeder

Volgens Fourie (2001:39) is die vervulling van die doelwitte van die opvoeder ʼn aansporing vir die opvoeder om beter te presteer. Hierdie doelwitte, wanneer dit noukeurig uiteengesit, is ʼn belangrike faktor vir die bereiking van werkstevredenheid. Die mate van werkstevredenheid wat die opvoeder ervaar met die bereiking van die doelwitte, hang af van die effektiwiteit waarmee die doelwitte bereik is. Fourie vermeld verder dat die gevoel van bevrediging kan dien as aansporing om beter te presteer. Die prinsipaal het ʼn sterk invloed

op die professionele en persoonlike doelwitte van ʼn opvoeder. Die prinsipaal moet daarvan bewus wees dat elke opvoeder sy/haar eie waardes en behoeftes het ten einde die werkstevredenheid van die opvoeder te verhoog.

Erkenning is ʼn belangrike motiveringsbeginsel. Dit kan verskaf word deur hom/haar aan te moedig, te bevorder, aan te prys, of „n verhoging toe te staan (Kamstra, 2005:48). Fourie (2001:40) sien erkenning as die belangrikste intrinsieke motiveerder wat opvoeders se werkstevredenheid tot gevolg het. Wanneer ʼn opvoeder goeie werk verrig en hy/sy kry nie die nodige erkenning daarvoor nie sal hy/sy werksontevredenheid ervaar (Kamstra, 2005:49). Wevers en Steyn (2002:208) vul aan dat opvoeders behoefte het aan dieselfde professionele respek as enige ander werker met professionele status binne die gemeenskap. Erkenning is ʼn bydraende faktor tot die werkstevredenheid wat die opvoeder sal ervaar (Kamstra, 2005:49).

Opvoeders ervaar ook dat daar nie genoeg geleenthede tot professionele ontwikkeling in die onderwys is nie. Daarby ervaar opvoeders die tekort aan bevorderingsvooruitsigte as frustrerend en sien dit selfs as ʼn rede om uit die onderwysprofessie te bedank (Vandenberghe, 2004:178).

Elke mens het die drang om te presteer. Indien die drang om te presteer nie bevredig word nie, sal die opvoeder werksontevredenheid ervaar. Werksprestasie is die uitvoering van take wat lei tot werkstevredenheid by die opvoeder. Dit is belangrik vir die opvoeder dat die prinsipaal die opvoeder se behoefte om te presteer ernstig opneem. Die behoefte om te presteer gee aan die opvoeder ʼn gevoel van trots en sal werkstevredenheid tot gevolg hê. Die opvoeder se behoefte om te presteer reflekteer ook in die prestasie van sy/haar leerders. Die opvoeder en die leerders motiveer dus mekaar onderling, wat lei tot beter prestasie vir beide die opvoeder en die leerder (Kamstra, 2005:50).

2.9.1.5 Die behoefte aan verantwoordelikheid

Elke individu het die behoefte om in beheer te wees. Opvoeders verlang die vryheid om verantwoordelikheid te aanvaar. Verantwoordelikheid is ʼn goeie stimulus vir die opvoeder se werksituasie. Dit bied aan die opvoeder die geleentheid tot selfontwikkeling. Verantwoordelikheid lei ook tot werkstevredenheid in die sin dat dit aan die opvoeder die geleentheid bied om beter te presteer asook om erkenning te kry vir werk wat hy/sy gedoen het. ʼn Tekort aan verantwoordelikheid lei tot werksontevredenheid (Kamstra, 2005:51).

Samevattend het die volgende probleme ten opsigte van verantwoordelikheid ʼn invloed op die werkstevredenheid van die opvoeder, naamlik om vir hom-/haarself te dink en die verantwoordelikheid om goeie kwalitatiewe onderwys te verseker.

2.9.1.6 Die behoefte aan outonomie

Outonomie is die manier waarop werknemers in staat is om hul vryheid, onafhanklikheid en takt in hul werk uit te leef, teenoor die siening dat beplanning en prosedures lei tot die effektiewe uitvoering van die werk. Volgens Herzberg se teorie sal die behoeftes in die hoër ordes slegs bevredig kan word indien outonomie deel uitmaak van die opvoeder se werkskondisies. Indien die opvoeder groter werkstevredenheid ervaar nadat meer outonomie aan hom/haar toegeken is, sal dit lei tot beter prestasie (Wevers & Steyn, 2002:208). Outonomie dui onafhanklike denke en besluitneming met betrekking tot die opvoeder se werk aan. Groter outonomie lei tot intrinsieke motivering omdat die individu self verantwoordelik is vir die prestasie (Kamstra, 2005:52).

Samevattend beїnvloed die volgende probleme die werkstevredenheid van die opvoeder:  Outonomie in die werk

 Vryheid in die werk

2.9.2 Probleme binne-in die klaskamer