• No results found

HOOFSTUK 2: BEREGTINGSPRAKTYKE IN DIE KONSTRUKSIEBEDRYF

2.3 Dispuutraad

2.3.2 Dispuutberegtingsraad (DBR)

ʼn DBR is in beginsel ʼn uitgebreide vorm van beregting.193 Benewens die bekendstelling

van DBRe as ʼn geheel, is daar ook twee verskillende tipes bekendgestel - die staande DBR en die ad hoc DBR. Die fundamentele verskil tussen ʼn staande en ad hoc DBR hou verband met die aanwysing van die DBR. ʼn Staande DBR word by die aanvang van ʼn

konstruksieprojek aangewys en funksioneer dwarsdeur die duur van die projek.194 ʼn

Dispuutoplossingmeganisme word dus in plek gestel nog voordat enige dispuut ontstaan het en is die DBR daarom in ʼn unieke posisie om partye by te staan en te

adviseer ten einde dispute te vermy.195 Die primêre rol van ʼn staande DBR is daarom

die vroeë fasilitering en oplossing van dispute sodra dit, gedurende die loop van die

konstruksieproses, ontstaan.196 Bykomend hiertoe het ʼn staande DBR ook vier ander

funksies: eerstens, om gereelde terreinbesoeke te onderneem en vertroud te raak met die konstruksieprojek; tweedens, om homself te vergewis van die aktiwiteite, vorderings, ontwikkelings en probleme van die konstruksieprojek; derdens om die partye aan te moedig om die dispuut self op te los; en laastens, wanneer ʼn dispuut na hom verwys word, om ʼn verhoor te hou (nie-verpligtend), partye se voorleggings en

bewyse te evalueer, en ʼn beslissing binne die voorgeskrewe tydperk uit te reik.197

ʼn Ad hoc DBR, daarteenoor, word eers aangewys nadat ʼn formele dispuut ontstaan

het.198 Diegene wat ʼn DBR op ʼn ad hoc basis aanwys bevind dat dit baie moeiliker is

om ooreen te kom op sodanige aanwysing sodra ʼn dispuut ontstaan het, aangesien

192 Jones 2012Construction Law International 16-17.

193 Ngotho 2013 www.ngotho.co.ke/assets/adjudication.pdf. 194 Jones "Dispute Boards: Preventing and Resolving Disputes" 4. 195 Charrett 2015 Turkish Commercial Law Review 207.

196 McMillan 2010 Dispute Resolution Journal 60; Owen 2003

http://fidic.org/sites/default/files/11%20DAB.pdf.

197 Owen 2003 http://fidic.org/sites/default/files/11%20DAB.pdf. 198 Charrett 2015 Turkish Commercial Law Review 207.

daar reeds konflik tussen die partye aanwesig is.199 Die aanwysing kan doelbewus

vertraag word en kan dit weke of maande duur voordat dit gefinaliseer word. Selfs al is die aanwysing gemaak kan dit nog ʼn aantal weke of maande neem vir die lid/lede om

op hoogte te kom met die partye, projek en betrokke kwessies.200 Aangesien ʼn ad hoc

DBR eers aangewys word na die ontstaan van ʼn dispuut, is daar geen middel in plek om partye gedurende die konstruksieprojek bystand te verleen in die bestuur en oplossing van konflik en/of kwessies ten einde die kristallisering van dispute te verhoed

nie.201 ʼn Ad hoc DBR is dus nie in staat om as ʼn dispuutvermydingmiddel te dien nie.202

ʼn DBR (staande of ad hoc) is ʼn paneel van een of meer lede wat elkeen ervare,

gerespekteerde, onpartydige en onafhanklike beregters is.203 Daar bestaan vier

verskillende erkende wyses waarop ʼn lid/lede van ʼn DBR aangewys kan word, naamlik: partye selekteer lid/lede gesamentlik; elke party selekteer ʼn lid, hangende die goedkeuring van daardie lid deur die ander party, waarna die twee aangewese lede die derde lid (voorsitter) aanwys; partye selekteer gesamentlik twee lede vanuit ʼn lys potensiële kandidate waarna die twee aangewese lede die derde lid (voorsitter) aanwys; of partye selekteer gesamentlik die voorsitter waarna hy die ander twee lede aanwys. Die wyse waarop die DBR aangewys word sal egter afhang van die prosedurele

reëls.204 Die sukses van ʼn DBR hou direk verband met die aangewese lid/lede en moet

daarom met sorg gekies word.205 Aangesien die meeste konstruksiedispute ʼn tegniese

inhoud het moet ʼn lid/lede gekies word wat oor die nodige kennis, kundigheid, kwalifikasies, vaardighede en ervaring beskik wat hom/hulle in staat sal stel om die

tegniese kwessie/s te begryp en dit dienooreenkomstig op te los.206 Daarbenewens

moet ʼn lid/lede ook goed vertroud wees met kontrakadministrasie en oor die vermoë

beskik om kontraktuele bepalings te verstaan en interpreteer.207

199 Gould 2006 Society of Construction Law 1.

200 DBMENA Admin 2015 http://www.disputeboardsmena.com/the-differences-between-standing-and-

ad-hoc-dispute-boards/.

201 Gould 2006 Society of Construction Law 1.

202 Charrett 2015 Turkish Commercial Law Review 207.

203 Chern Chern on Dispute Boards 103; Owen 2003 http://fidic.org/sites/default/files/11%20DAB.pdf. 204 Chern Chern on Dispute Boards 175.

205 Chapman 2015 Turkish Commercial Law Review 225.

206 Chapman 2015 Turkish Commercial Law Review 225; Chern Chern on Dispute Boards 256. 207 Chapman 2015 Turkish Commercial Law Review 225.

ʼn DBR bestaande uit een lid sal voldoende wees vir klein konstruksieprojekte. Aangesien daar slegs een lid is moet sodanige persoon baie noukeurig gekies word sodat albei partye tevrede is dat die aangewese persoon oor die vermoë beskik om ʼn

ingeligte beslissing te maak.208 ʼn DBR kan ook uit drie lede bestaan en is dit die tipiese

situasie op die meeste konstruksieprojekte. So ook kan ʼn DBR uit meer as drie lede bestaan of meer as een DBR saamgestel word vir dieselfde projek. Dit sal die geval wees in besondere groot projekte soos die bou van hospitale, damme, kernfasiliteite,

lughawens, ensovoorts.209

ʼn DBR bestaande uit twee lede blyk te werk in omstandighede waar die twee lede in verskillende dissiplines werksaam is, soos ʼn prokureur en ingenieur, of ʼn kontrakteur

en rekenmeester.210 Indien die lede nie eenstemmigheid bereik rakende ʼn beslissing

nie, kan die situasie onnodiglik gekompliseer word. Dit is daarom aan te beveel dat die partye ooreenstem, voordat die lede aangewys word, watter lid verantwoordelik sal wees vir die lewering van die beslissing. In effek sal die ander lid dan die rol van ʼn

adviseur vertolk.211

Die DBR kan besluit om ʼn verhoor, vir doeleindes van die beslegting van die dispuut, te hou en sal die datum, tyd en plek daarvan bepaal. Die verhoor geskied op ʼn meer

informele grondslag, veral in vergelyking met arbitrasie en litigasie.212 Die DBR mag

vereis dat geskrewe dokumentasie en argumente aan hom voorgelê word óf voor die verhoor óf tydens die verhoor. Die doel met die voorlegging van dokumentasie en argumente voor die verhoor is om die betrokke kwessies in dispuut behoorlik te identifiseer en so ook vas te stel wat die partye se posisie en verstandhouding ten

opsigte van sodanige kwessies is.213 Die DBR moet altyd onafhanklik, onpartydig en

208 Chern Chern on Dispute Boards 103. 209 Chern Chern on Dispute Boards 104. 210 Chern Chern on Dispute Boards 103. 211 Chern Chern on Dispute Boards 103-104.

212 Chapman 2015 Turkish Commercial Law Review 228. 213 Chapman 2015 Turkish Commercial Law Review 229.

regverdig optree en elkeen van die partye ʼn regverdige geleentheid gee om sy saak te

stel en daarop te reageer.214

Waar ʼn dispuut na ʼn DBR verwys is moet die ooreengekome tydsbeperkinge gehoorsaam word ten opsigte van die uitreiking van die beslissing. Daar word van die DBR vereis om ʼn beslissing binne die verloop van 84 dae, vanaf die datum waarop die

verwysing van die dispuut ontvang is, uit te reik.215 Indien enigeen van die partye

ontevrede is oor die uitkoms kan hy die dispuut na daaropvolgende arbitrasie of litigasie verwys vir finale beslegting. Intussen is die partye kontraktueel gebonde aan die beslissing en moet dit onmiddellik implementeer totdat of tensy dit tersyde gestel word deur daaropvolgende arbitrasie of litigasie. Die beslissing van die DBR is dus tydelik

bindend en afdwingbaar.216