• No results found

Direkte arbitrasieverrigtinge

HOOFSTUK 5: VERGELYKING TUSSEN HUIDIGE SUID-AFRIKAANSE

5.9 Direkte arbitrasieverrigtinge

Soos reeds bespreek moet ʼn DBR aangewys word binne die verloop van 28 dae na die

aanvangsdatum.542 Dit is duidelik dat daar dus ʼn tydperk is waar geen DBR in plek is

nie.543 Die totstandkoming van ʼn DBR hang af van óf die partye self, en versuim van

die partye, óf die gemagtigde aanwysende liggaam. Daar kan verskeie redes wees waarom nie een van hierdie stappe vervul word nie. Die partye kan nie in staat wees om ooreen te stem op die aanstelling van die DBR nie, of die gemagtigde aanwysende liggaam kan weier of versuim om ʼn lid/lede aan te wys nieteenstaande die feit dat dit behoorlik versoek was. ʼn Klousule soos sub-klousule 20.8 is daarom ʼn noodsaaklike bepaling aangesien dit as ʼn tipe ontsluitklep werk waar die aanstellingsproses van die DBR misluk. Dit laat dispuutoplossing (in die vorm van arbitrasie) toe om voort te gaan

541 Construction Industry Development Board Adjudication Procedure, Maart 2004 3.

542 1999 FIDIC Conditions of Contract for Construction for Building and Engineering Works Designed by

the Employer 59.

ten spyte van die feit dat ʼn vroeër stap in die dispuutoplossingproses (die DBR-proses)

misluk het.544

Waar ʼn party nie enigsins ʼn poging aangewend het om ʼn DBR aan te wys nie, en ʼn DBR as gevolg van daardie party se handeling of versuim nie saamgestel kon word nie, laat sub-klousule 20.8 nie ʼn party toe om die DBR-proses te ignoreer en met arbitrasieverrigtinge te begin nie. Dit is duidelik dat die bedoeling is dat partye sodanige stappe moet neem as wat nodig is om ʼn DBR saam te stel, en indien ʼn DBR ten spyte van hulle pogings steeds nie gevorm kon word nie, kan arbitrasieverrigtinge onderneem word vir die betrokke dispuut. Die beregting van ʼn dispuut is dus ʼn verpligte vereiste

voordat dit na arbitrasie verwys kan word.545

Die CIDB Beregtingsprosedure bepaal dat die versuim om ʼn Kennisgewing van Beregting binne die verloop van 28 dae te gee, vanaf die tydstip waarop hy bewus geword het van die eisoorsaak wat aanleiding gegee het tot ʼn dispuut, tot gevolg sal hê dat die beregter oor geen mandaat beskik om die dispuut te besleg nie. Die dispuut kan

dan direk na arbitrasie of litigasie verwys word.546 Dit is duidelik dat die CIDB

Beregtingsprosedure ook voorsiening maak vir dispuutoplossing om voort te gaan sou die voorafgaande beregtingsproses misluk. Die kritiek hierteen hou egter verband met die feit dat dit blyk asof die beregtingsproses nie soseer ʼn verpligte vereiste is voor die aanvang van arbitrasie of litigasie nie. Hierdie bepaling maak dit baie maklik vir partye om die beregtingsproses net bloot te vermy deur nie ʼn Kennisgewing van Beregting tydig uit te reik nie.

Die konsepregulasies, op hulle beurt, maak glad nie voorsiening dat ʼn dispuut direk na arbitrasie verwys word sou die beregtingsproses misluk nie. Daar word slegs voorsiening gemaak vir die verwysing van ʼn dispuut na beregting en die

544 Bailey 2015 Society of Construction Law 7.

545 Bailey 2015 Society of Construction Law 7. Hierdie stelling word deur regspraak ondersteun. Sien

Swiss Federal Supreme Court Decision 4A_124/2014 (decision of 7 July 2014) en Peterborough City Council v Enterprise Managed Services Ltd [2014] EWHC 3193 (TCC).

daaropvolgende verwysing van die dispuut na arbitrasie in die geval van enige

ontevredenheid ten opsigte van sodanige beslissing.547

Dit is daarom belangrik dat die konsepregulasies, net soos die FIDIC Rooi Boek, voorsiening maak vir ʼn bepaling waar ʼn dispuut direk na arbitrasie verwys kan word sou die DBR-proses misluk. Wat die konsepregulasies egter duidelik moet maak is dat partye nie daarop geregtig sal wees om op sy eie handeling of versuim te steun as ʼn basis om aan te voer dat die DBR-proses misluk het en hy daarom geregtig is om die dispuut direk na arbitrasie te verwys nie. Dit moet dus duidelik blyk dat die beregtingsproses ʼn verpligte voorvereiste is vir die aanvang van arbitrasie.

5.10 Vriendskaplike skikking

Die FIDIC Rooi Boek maak voorsiening vir, in die geval waar ʼn Kennisgewing van Ontevredenheid uitgereik was, die vriendskaplike skikking van die dispuut voordat dit na arbitrasie verwys word, alternatiewelik die verstryking van 56 dae voordat dit na

arbitrasie verwys word.548 Dit is duidelik dat die FIDIC Rooi Boek probeer verseker dat

die beslegting van ʼn dispuut geskied by wyse van ander dispuutoplossingmetodes as arbitrasie, en ook dan litigasie. Die FIDIC Rooi Boek maak voorsiening daarvoor as laaste uitweg juis oor die kritiek daarteen as synde tydrowend en duur.

Die CIDB Beregtingsprosedure bepaal dat sou daar enige ontevredenheid ten opsigte van die belissing bestaan, die dispuut na daaropvolgende arbitrasie of litigasie verwys

kan word na ʼn afkoelperiode van 28 dae.549 Die konsepregulasies bepaal dat, in die

geval van enige ontevredenheid, die dispuut na daaropvolgende arbitrasie of litigasie

verwys kan word.550

Dit is duidelik dat beide die CIDB Beregtingsprosedure en konsepregulasies nie die partye van ʼn geleentheid voorsien om die dispuut op te los by wyse van ander metodes as arbitrasie en litigasie nie. Die konsepregulasies moet daarom net soos die FIDIC Rooi

547 Reg 26K(2) in GK in R482 in SK 38822 van 29 Mei 2015.

548 1999 FIDIC Conditions of Contract for Construction for Building and Engineering Works Designed by

the Employer 61.

549 Construction Industry Development Board Adjudication Procedure, Maart 2004 4. 550 Reg 26K(2) in GK in R482 in Sk 38822 van 29 Mei 2015.

Boek voorsiening maak vir ʼn geleentheid dat partye die dispuut kan oplos by wyse van ander dispuutoplossingmetodes.

5.11 Kostes

Beide die FIDIC Rooi Boek en CIDB Beregtingsprosedure bepaal dat partye verantwoordelik is vir die betaling van hul eie kostes en uitgawes gedurende die beregtingsproses aangegaan. So ook dat party gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik is vir die betaling van die beregter se kostes en enige regs- en/of tegniese adviseur

gedurende die beregtingsproses geraadpleeg.551 Die kwessie van kostes word nie deur

die konsepregulasies gedek nie en moet dus voor voorsiening gemaak word. Daar word aangevoer dat die feit dat partye verantwoordelik is vir die betaling van hul eie kostes en uitgawes ʼn kenmerk van die beregtingsproses is.