• No results found

Die Konstruksiebedryf-ontwikkelingsraad en kontraktuele beregting

HOOFSTUK 3: BEREGTINGSPRAKTYKE IN DIE SUID-AFRIKAANSE

3.2 Huidige Suid-Afrikaanse posisie

3.2.1 Die Konstruksiebedryf-ontwikkelingsraad en kontraktuele beregting

Die CIDB het kontraktuele beregting in Suid-Afrika bekendgestel by wyse van die publisering van die CIDB Beregtingsprosedure waarin riglyne en beginsels aangaande die beoefening van beregting, die rol van die beregter en partye, die regte en verpligtinge van die beregter en partye en die beregtingsproses en -prosedure uiteengesit word. Gedurende September 2005 is Beregtingsriglyne gepubliseer wat

260 Latham Constructing the team: Final Report - Joint review of procurement and contractual

arrangements in the United Kingdom construction industry (1994) 87,91.

261 Mewomo en Maritz 2015 Journal of Construction 8.

262 Maiketso en Maritz 2012 Journal of the South African Institution of Civil Engineering 65; Construction

Industry Development Board Best Practice Guideline C3: Adjudication, September 2005 2.

263 Mewomo en Maritz 2015 Journal of Construction 8; Hattingh en Maritz 2015 Journal of the South

African Institution of Civil Engineering 45.

264 Mochitele 2015 https://www.hoganlovells.com/en/publications/proposed-cidb-regulation-

twee belangrike kwessies aangeraak het, naamlik dit het beginsels wat die beoefening van beregting onderlê, herbevestig, en dit het aanbeveel dat beregting ʼn verpligte

vereiste vir die beslegting van dispute in die konstruksiebedryf is.265

Vir beregting om die kerndispuutoplossingmetode te word moet dit verpligtend wees deur middel van ʼn statutêre raamwerk. Die dokumentasie deur die CIDB gepubliseer

beskik oor geen regskrag nie en is daarom nie afdwingbaar nie.266 Kontrakterende

partye in Suid-Afrika beskik dus oor kontrakteervryheid ten aansien van die keuse van dispuutoplossingmetode ten spyte van die feit dat beregting aanbeveel is as verpligte

dispuutoplossingmetode.267 Tot op hede is ʼn statutêre raamwerk ter afdwinging en

regulering van beregting nog nie geïmplementeer nie, alhoewel daar ʼn statutêre raamwerk in die vooruitsig is.

Die eerste stap in enige inisiatief wat gemik is op standaardisering, is om die keuse van kontrakvorme te beperk. Die CIDB het gedurende 2004 vier standaard kontrakvorme goedgekeur vir gebruik in die Suid-Afrikaanse konstruksiebedryf, naamlik die JBCC,

GCC, NEC4 en FIDIC.268 Sedert die bekendstelling daarvan in die Suid-Afrikaanse

konstruksiebedryf het van die kontrakvorme wysigings ondergaan269 en is die nuutste

weergawes die volgende: JBCC Reeks 2000 (Uitgawe 6.1, Maart 2014); GCC (Derde Uitgawe, 2015); NEC4 (Junie 2017 Uitgawe); en FIDIC (1999 Uitgawe van die Rooi

Boek, Geel Boek, Silwer Boek en Groen Boek, en 2008 Uitgawe van die Goue Boek)270.

Twee van die kontrakvorme is internasionaal ontwikkel, naamlik die FIDIC en NEC4,

terwyl die ander twee, naamlik die JBCC en GCC, hulle oorsprong in Suid-Afrika het.271

Die GCC, NEC4 en FIDIC kontrakvorme kan op alle vorme van ingenieurs- en

265 Burr International Contractual and Statutory Adjudication 491.

266 Burr International Contractual and Statutory Adjudication 479; Hattingh en Maritz 2013

www.conference.net.au/cibwbc13/papers/cibwbc2013_submission_229.pdf.

267 Construction Industry Development Board Best Practice Guideline C3: Adjudication, September 2005

3; Hattingh en Maritz 2013

www.conference.net.au/cibwbc13/papers/cibwbc2013_submission_229.pdf.

268 Construction Industry Development Board Best Practice Guideline C2: Choosing an appropriate form

of contract for engineering and construction works, September 2005 2.

269 Mewomo en Maritz 2015 Journal of Construction 10.

270 Construction Industry Development Board Standard for uniformity in construction procurement, Julie

2015 3,4.

konstruksiekontrakte gebruik word, terwyl die JBCC kontrakvorm tot die boubedryf

beperk is.272 Dié vier kontrakvorme dek gesamentlik die kontrakterende strategieë wat

die algemeenste voorkom en ook tans internasionaal nagestreef word.273

Vir doeleindes van dié studie is daar op die dispuutoplossingmeganismes in elke kontrakvorm gefokus en word daar beregtingsbepalings in die huidige weergawes van al vier kontrakvorme gevind. Elkeen van die kontrakvorme maak ook gebruik van ʼn standaardberegtingsprosedure naamlik: die JBCC maak gebruik van sy eie beregtingsreëls; die GCC maak gebruik van die CIDB Beregtingsprosedure; die NEC4

maak voorsiening vir drie beregtingsprosedures274 naamlik Opsie W1, W2 en W3; en

FIDIC maak gebruik van sy eie algemene voorwaardes en beregtingsreëls.275

Vraelyste is aan ʼn paneel geskilbeslegtingspraktisyne in Suid-Afrika gestuur ten einde ʼn aantal kwessies na te vors wat, onder andere, verband gehou het met die vier standaard kontrakvorme. Die navorsing het getoon dat individue meen dat daar voldoende bepalings in verband met beregting in die standaard kontrakvorme bestaan,

met FIDIC wat die hoogste persentasie behaal het.276 Verwys na die hieropvolgende

figuur. Dit is belangrik om kennis te neem hiervan aangesien dit een van die kernredes is waarom die FIDIC standaard kontrakvorme gebruik was as vergelykende maatstaf in die uitvoering van dié studie.

272 Construction Industry Development Board Best Practice Guideline C2: Choosing an appropriate form

of contract for engineering and construction works, September 2005 2.

273 Construction Industry Development Board Best Practice Guideline C2: Choosing an appropriate form

of contract for engineering and construction works, September 2005 2.

274 Opsie W1 is van toepassing op konstruksiekontrakte wat nie onderhewig is aan die bepalings van die

HGCRA nie. Opsie W2 is die prosedure wat gebruik word vir konstruksiekontrakte wat onderhewig is aan die bepalings van die HGCRA. Opsie W3 maak voorsiening vir die totstandkoming van ʼn dispuutvermydingsraad en is ook geskik waar die HGCRA nie van toepassing is nie; Wessing 2017 https://www.lexology.com/library/detail.aspx?g=9ec815dd-ff51-437a-a0ea-b74568c6a6d3.

275 Wessing 2017 https://www.lexology.com/library/detail.aspx?g=9ec815dd-ff51-437a-a0ea-

b74568c6a6d3; Mewomo en Maritz 2015 Journal of Construction 10.

277

Figuur 1: Doeltreffendheid van bepalings in standaard kontrakvorme