• No results found

AFRIKA, 1961 1966 4.1 Inleiding

4.2 Aanvoering van die republikeinse ideaal

4.2.1 Die 1960-referendum

Op 20 Januarie 1960 het Verwoerd geantwoord op die gebruiklike parlementêre mosie van wantroue deur die leier van die opposisie en aangekondig dat die tyd aangebreek het vir Suid-Afrika om ‘n republiek te vestig.11 Dit was ‘n week voordat

Harold MacMillan, die Britse Eerste Minister, in die land aangekom het as deel van sy besoek aan ‘n aantal Afrika-lande. Hy het op 3 Februarie 1960 sy bekende “Winds of Change” toespraak in die parlement gelewer, waartydens hy Suid-Afrika gewaarsku het om kennis te neem van die politieke veranderinge wat besig was om plaas te vind in Afrika. Hierdie toespraak sou ‘n onbeplande bondgenoot raak van Verwoerd se republikeinse strewe. Die oorhaastige ontrekking van koloniale moondhede uit Afrika en die ongestruktureerde toekenning van onafhanklikheid het in sommige gevalle tot totale anargie gelei, soos die geval was na België se onttrekking uit die Kongo. Die NP het rassehaat gestook met slagspreke wat daarop uit was om vrees in te boesem by die blanke kiesers in die aanloop tot die referendum. Volgens die Rand Daily Mail is die referendum tot een vraag gereduseer, naamlik, “whether you want your daughter to marry an African or, more to the point, to be ravished by a Congolese soldier”.12

In ‘n handgeskrewe nota aan die kiesers, gedateer 21 September 1960, het Verwoerd verklaar dat, “unless South Africa became a republic soon, we ourselves may possibly, but our children certainly will experience all the suffering of the Whites who are being attacked in and driven out of one African territory after the other”.13

10 Beyers (ed.), Dictionary of South African Biography, Vol. IV, pp.730-740.

11 Hansard, Volksraad, 20 Januarie 1960, kolom 97. 12 Kenney, Power, pride and prejudice, p.157. 13 Ibid., p.157.

112 Verwoerd het tydens die debat op 20 Januarie 1960 aangekondig dat die kwessie van ‘n republiek slegs aan die blanke kiesers oorgelaat sou word vir ‘n finale besluit. Hierdie keuse sou uitgeoefen word in ‘n referendum (volkstemming) en nie deur middel van ‘n verkiesing, soos wat die opposisie gevrees het nie. Die rede waarom ‘n referendum verkies is, was sodat kiesers nie volgens partybeleid hoef te stem nie, maar dat dit ‘n absolute vrye stem sou wees vir ‘n bepaalde saak. Verwoerd wou verseker dat kiesers se keuse geen invloed sou hê op die stand van die regering nie en dat hulle ‘n eenvoudige keuse moes maak: vir of teen ‘n republiek. Verwoerd het ook onderneem om aansoek te doen vir die behoud van Suid-Afrika se lidmaatskap van die Statebond, indien die land ‘n republiek sou word. 14

Verwoerd het tydens sy toespraak verduidelik dat die republiek, indien die kiesers dit sou goedkeur, ‘n demokratiese en Christelike republiek sou wees met die handhawing van die bestaande parlementêre stelsel. Die parlement sou beslis hoe die staatspresident aangewys sou word, maar dit sou nie deur middel van ‘n volkstemming wees nie, omdat dit ‘n botsing van mag kon afgee tussen die parlement en die staatspresident. Die staatspresident sou ‘n staatsoof en nie die regeringshoof wees nie.15 Hy sou bo

partypolitiek verhewe wees. Verwoerd het verder beklemtoon dat die voorgestelde referendum per kiesafdeling gehou sou word, maar dat die totale uitgebragte stemme en nie die aantal kiesafdelings nie, getel sou word. ‘n Meerderheid van een stem vir of teen die voorstel sou beslis of Suid-Afrika ‘n republiek sou word of nie.16

Wetgewing sou voorberei word om die unie se verkiesingsmasjinerie gereed te kry om die referendum te behartig en die parlement sou onmiddellik na die referendum se uitslag bekend sou raak begin om ‘n nuwe grondwet daar te stel, indien die meerderheid van kiesers ‘n republiek sou verkies.17

14 Hansard, Volksraad, 20 Januarie 1960, kolom 98.

15 Binne die Britse Westminster-stelsel is die amp van staatshoof (monarg) en regeringshoof (Eerste Minister) nie in dieselfde persoon gesetel nie. Die staatshoof verteenwoordig die staat se outoriteit en die verantwoordelikhede van hierdie persoon is hoofsaaklik seremoniëel. Die rol kan gevul word deur ‘n monarg of staatspresident. Die regeringshoof is gewoonlik die leier van die meerderheidsparty (of koalisie) in die parlement en voorsitter van die kabinet. Die Britse monarg was die staatshoof van die Unie van Suid- Afrika vanaf 1910 tot 1961 en is deur 'n goewerneur-generaal verteenwoordig. Hy was 'n seremoniële staatshoof en die regeringshoof was die Eerste Minister.

16 Hansard, Volksraad, 20 Januarie 1960, kolom 99. 17 Ibid., kolom 99.

113 Alhoewel Verwoerd se aankondiging in die wantrouedebat die proses begin het wat gelei het tot die 1961-grondwet, is die feit dat daar ‘n gebruiklike mosie van wantroue deur die leier van die opposisie18 was van meer belang. Hierdie mosie, wat die

wantrouedebat ingelei het in antwoord op die Eerste Minister se parlementêre openingsrede, was ‘n parlementêre tradisie waarmee met die koms van die Driekamer- parlement in 1984 weggedoen is. Daarna was dit bloot ‘n debat op die staatspresident se openingsrede en moes mosies van wantroue apart ingedien word om dit te debatteer.

Die voorgenome regeringsvorm is ook geopper tydens die wantrouedebat en Verwoerd het die soewereiniteit van die parlement herbevestig. Daarvolgens was die basiese beginsel van die soewereiniteit van die parlement, uitgevoer namens die kiesers, belangriker as enige tradisies en enige wyse van verkiesing, want daardeur sou die kiesers die mag in hulle hande behou en sou elke stem dieselfde waarde hê. Om die soewereiniteit van die parlement te behou en te verseker dat die mag in die hande van die kiesers bly, sou die hoof van die staat en die hoof van die regering in twee verskillende persone gesetel wees.19

Verwoerd wou hom nie tydens die wantrouedebat verbind tot ‘n datum vir die referendum nie en het selfs gesuggereer dat dit kon plaasvind in 1960, 1961 of 1962.20

Wetgewing is egter reeds in April 1960 by die parlement ingedien wat die prosedure vir die referendum bepaal het. Die tweede lesing van die Wetsontwerp op die Volkstemming is op 22 April 1960 deur mnr. P.W. Botha, Adjunk-Minister van Binnelandse Sake, ingelei. Hy het in sy toespraak verwys na die NP se resolusies in verband met die ideaal van ‘n republiek. Daarvolgens sou die grondwetlike veranderinge slegs plaasvind indien ‘n spesiale en besliste mandaat ontvang is van die blanke kiesers en nie bloot deur ‘n parlementêre meerderheid wat verkry is deur ‘n algemene verkiesing nie.21

Tydens dieselfde wantrouedebat het mnr. D.E. Mitchell, LV vir Suidkus, die NP daarvan beskuldig dat hy ‘n minderheidsregering was en nie die meerderheid van die

18 Die belangrike posisie van leier van die opposisie is voorheen op verskeie maniere in die parlement as

deel van die demokratiese stelsel erken. Hy of sy het onbeperkte spreektyd tydens belangrike debatte gekry en het sekere mosies van die Eerste Minister gesekondeer, byvoorbeeld gelukwensing, roubeklag, ens. Hy of sy was ook lid van die gekose komitees wat gemoeid was met die werking van die Volksraad.

19 Hansard, Volksraad, 20 Januarie 1960, kolom 102. 20 Ibid., kolom 100.

114 blanke kiesers se steun geniet het nie.22 Hierdie beskuldiging, dat die NP-regering ‘n

meerderheid kiesafdelings beheer, maar nie die meerderheid uitgebragte stemme gehad het nie, is verskeie kere herhaal en Botha was genoodsaak om op hierdie beskuldiging tydens die debat op die Wetsontwerp op die Volkstemming op 22 April 1960 te reageer. Hy het geargumenteer dat dit juis die rede moes wees waarom die opposisie die Wetsontwerp op die Volkstemmingmoes ondersteun, sodat ‘n referendum kon plaasvind en stemme nie volgens kiesafdelings getel sou word nie.23

Die debat op die wetsontwerp is voorafgegaan deur ‘n sogenaamde guillotine- mosie waarvolgens mnr. P.O. Sauer, Minister van Lande, voorgestel het dat die parlement slegs 25 ure sou afstaan aan die Wetsontwerp op die Volkstemming. Hiervan sou twaalf ure gebruik word vir die tweedelesingdebat, twee ure vir instruksies aan die komitee van die Volksraad, ses ure vir bespreking in die komitee, een uur vir die verslag en vier ure vir die derdelesingdebat.24 Die gevolg was dat nie alle sprekers wat aan die debat sou

wou deelneem ‘n geleentheid sou kry om dit te doen nie.

Die guillotine-beginsel het ten doel gehad om ‘n beperking te plaas op die tyd wat afgestaan sou word aan bepaalde sake sodat die debatte nie onnodig uitgerek kon word om die implementering van die wetgewing te vertraag nie. Hierdie mosie het egter self tot ‘n uitgebreide debat gelei, met die opposisie wat teen die mosie gekant was en geargumenteer het dat die beperking op tyd in stryd was met die gees van parlementêre debatvoering en hulle ontneem het van hul reg om ten volle gehoor te word. Die beskuldiging was dat dit deur die regerende party misbruik is om debat te smoor en die opposisie te frustreer.

Sir De Villiers Graaff,25 leier van die opposisie, het in sy antwoord op die mosie

verwys na twee aanhalings deur dr. D.F. Malan, wat na die beginsel verwys het as “a gangster motion” en lord Balfour, wat in die Britse parlement daarna verwys het as

22 Hansard, Volksraad, 20 Januarie 1960, kolom 110. 23 Hansard, Volksraad, 22 April 1960, kolom 5875. 24 Ibid., kolom 5805.

25 Sir De Villiers Graaff was die leier van die opposisie in die parlement vanaf 1956 tot 1977. Sy vader was ’n lid van John X Merriman se kabinet in die Kaapkolonie, sowel as van Louis Botha se Unie-kabinet. Volgens Graaff se definisie van parlementslede was “Members of Parliament (are) in large measure mouthpieces of the people. They may seek to guide and to educate, but ultimately their task is to render articulate and effective the views of the ordinary citizen”. Sien Mouton, Iron in the Soul, pp. 93, 94 en 99.

115 “applying martial law to Parliament”.26 Graaff het ook verwys na ‘n aanhaling van Malan

tydens ‘n debat in 1952 met die indiening van ‘n guillotine-mosie. “It is something which has to be done only in exceptional circumstances and as a matter of absolute necessity. In view of the fact that it is a rather drastic measure, it will not be done for any political advantage.”27 Die parlementêre reëls is selfs aangepas sodat enige minister wat

wetgewing indien, die guillotine-beginsel kon instel deur slegs ‘n aanduiding daarvan te gee.

In die afwesigheid van Verwoerd, wat aangesterk het na ‘n sluipmoordaanval op 9 April 1960 by die Randse Paasskou, is die Wet op die Volkstemming van 1960 (Wet Nr.

52 van 1960) deur die parlement goedgekeur. Verwoerd het na afloop van ‘n Nasionale

Party koukus vergadering op 3 Augustus 1960 aangekondig dat die referendum op 5 Oktober 1960 sou plaasvind.28

Hierdie wetgewing is voorafgegaan deur wetgewing wat reeds in 1958 goedgekeur is, naamlik die Wysigingswet op die Kieswet van 1958 (Wet Nr. 30 van 1958) wat die stemregouderdom vir blanke kiesers van 21 jaar tot 18 jaar verlaag het. Dit het egter nie die stemregouderdom van swart- en Kleurlingkiesers verlaag wat in daardie stadium vir stemreg gekwalifiseer het nie. Strijdom was onseker of die meerderheid kiesers ten gunste van ‘n republiek sou stem en wou verseker dat die jeug se stemme, wat hy oortuig was ten gunste van ‘n republiek sou stem, ingereken sou word by die finale uitslag. Daar is bepaal dat ongeveer 150 000 kiesers by die kiesersrol gevoeg sou word met die verlaging van die stemregouderdom en die NP was van mening dat ongeveer 100 000 van hierdie stemme ten gunste van ‘n republiek sou wees.29

Die regering het wel die nodige mandaat tydens die 1958-verkiesing om die stemregouderdom te verlaag, ontvang en tydens die tweedelesingdebat op die Wysigingswetsontwerp op die Kieswet op 11 Augustus 1958 het die Minister van Binnelandse Sake, mnr. T.E. Dönges, verduidelik dat die verlaging van die

26 Hansard, Volksraad, 22 April 1960, kolom 5807. 27 Ibid., kolom 5807.

28 Van Jaarsveld en Scholtz (reds.), Die Republiek van Suid-Afrika, p.201. 29 Hansard, Volksraad, 11 Augustus 1958, kolom 1894.

116 stemregouderdom slegs van toepassing sou wees op verkiesings en referendums en dat alle ander wetlike verwysings na ouderdom onveranderd sou bly.30

‘n Intense debat het gevolg met die opposisie wat die regering daarvan beskuldig het dat hulle die ouderdom van stemreg verlaag het omdat hulle nie genoeg steun gehad het om ‘n republiek te vestig nie. Dönges self was van mening dat die verlaging van die ouderdom van stemreg die republiek met drie jaar sou verhaas.31 Hy sou korrek bewys

word met die uitslag van die referendum. Mnr. J.W. Higgerty, opposisie LV vir Von Brandis, het dit duidelik gemaak dat, “it is another example of political, mathematical manipulation to entrench the Nationalist Party in power”.32 Hy het verder verklaar: “I

think it is to pack the roll, one of the objectives, with an indoctrinated children’s vote in order to hasten the achievement of a republic. How can the Minister think that such a republic will be respected by civilized men in and out of South Africa if it has its origin in packed courts, a packed Senate and now a packed electorate.”33

In die referendum wat op 5 Oktober 1960 onder blanke kiesers gehou is, het 850 488 (52.05%) van die kiesers ten gunste van ‘n republiek gestem, met 775 878 (47.49%) wat daarteen gestem het en ‘n monargale staatsvorm wou behou. Daar was ‘n stempersentasie van 90.73% en 0.46% bedorwe stembriewe. ‘n Klein meerderheid blanke kiesers het goedkeuring verleen dat die Unie van Suid-Afrika, wat deur die Zuid- Afrikawet totstand gekom het, tot ‘n einde sou kom en dat die land sy onafhanklikheid kon kry deur ‘n republiek te vorm.34 Dit is egter belangrik om in gedagte te hou dat die

regering nie verplig was om die uitslag van die referendum te aanvaar of te implementeer nie. Die uitslag van enige referendum is slegs ‘n aanduiding van die wil van die meerderheid van die kiesers, alhoewel Verwoerd reeds met die aanvang van daardie proses aangedui het dat die uitslag deur die regering geїmplementeer sou word indien ‘n meerderheid kiesers ‘n republiek sou verkies.

Tydens ‘n dankseggingsdiens op 15 Oktober 1960 het Verwoerd die uitslag van die referendum as die beantwoording van gebede verklaar. Dit was nie vir hom soseer die

30 Ibid., kolom 1852. 31 Ibid., kolom 1861. 32 Ibid., kolom 1894. 33 Ibid., kolom 1896.

117 einde van ‘n era nie, maar eerder die begin van ‘n nuwe era waartydens hard aan die verhouding tussen die twee blanke bevolkingsgroepe gewerk sou word. Hy het dan ook na die verkiesing van 1961 vir die eerste keer twee Engelssprekendes in sy kabinet aangestel, naamlik mnre. A.E. Trollip en F.W. Waring.35