• No results found

DIE SEWENDE PARLEMENT VAN DIE REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA, 1984

5.6 Die strukture van die Driekamer-parlement ingevolge die 1983-grondwet 1 Die einde van die Senaat

5.6.7 Die Driekamer-parlement

Ingevolge artikel 102(4) van die 1983-grondwet is die Volksraad onveranderd gelaat met die inwerkingtreding van die nuwe grondwet. Dit was soortgelyk aan die bepaling van die 1961-grondwet waarvolgens die laaste Unie-parlement geag is as die eerste Republiek-parlement. ‘n Raad van Verteenwoordigers vir die Kleurlinge en Raad van Afgevaardigdes vir Indiërs is geskep op ‘n wyse soortgelyk as dié waarop die Volksraad verkies is, met ander woorde, deur ‘n stemming volgens kiesafdelings.

Hierdie drie verkose huise het na 1984 die parlement gevorm. Die drie huise het saamgewerk in die geval van algemene sake wat die lewens van mense van al drie bevolkingsgroepe geraak het, maar elkeen sou wette maak oor eie sake wat slegs mense van die spesifieke bevolkingsgroep geraak het. Die uitvoering van hierdie wette is ook

105 Persoonlike korrespondensie, W. Breytenbach – F. Hugo, 15 Mei 2018. 106 Artikel 21 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika van 1983.

170 oorgelaat aan die staatspresident en kabinet in die geval van algemene sake en aan die drie ministersrade vir eie sake. Die ministersrade het bestaan uit lede van die bevolkingsgroepe wat hulle verteenwoordig het onder leiding van ‘n voorsitter wat vir alle praktiese redes die Eerste Minister van die bevokingsgroep was, alhoewel dit nie sy amptelike titel was nie.107

Die Volksraad het uit 178 lede bestaan, waarvan 166 lede tydens ‘n verkiesing vir ‘n bepaalde setel direk verkies is, agt lede is op ‘n proporsionele wyse deur die direk verkose lede verkies en vier lede is deur die staatspresident benoem, een vir elke provinsie. Die direk verkose lede is volgense die Britse model van “die-wenner-vat-alles” verkies. ‘n Meerderheid van een stem was genoeg om ‘n kandidaat te laat wen.108

Die Arbeidersparty van Suid-Afrika was die grootste politieke party onder die Kleurlingbevolking. Tydens die party se sewentiende jaarkongres, wat te Eshowe vanaf 3 tot 5 Januarie 1983 gehou is, is die openingsrede deur die Hoofminister van KwaZulu, Mangosuthu Buthelezi, gelewer. In sy toespraak het hy verklaar: “there is in my mind no question whatsoever that 1983 could be the year of glory for the Indian and Coloured community of South Africa if you reject the Government’s proposals aimed at a confederal system. It will be a year of glory, not because you will make party political gains; it will be a year of glory if you reject these proposals because rejection of them will stave off a deteriorating political situation in which there can only be the evolution of a people against people violence on a large scale”. 109

Eerw. Allan Hendrickse, die leier van die Arbeidersparty, het tydens sy toespraak gesê dat geen grondwetlike ooreenkoms wat swart mense uitgesluit het, as finaal beskou kon word nie. Daar was egter ook geen enkele oplossing vir Suid-Afrika se politieke situasie nie. Die Arbeidersparty het homself as deel van die swart gemeenskap beskou en sou nie deur die radikale, irassionele en onverantwoordelike elemente in die swart gemeenskap of die regering geїntimideer word nie. Die oorgrote meerderheid van

107 Artikel 21 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika van 1983. 108 Artikel 41 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika van 1983.

109 Notule van die 17de Party Jaarkongres van die Arbeidersparty van Suid-Afrika, Eshowe, Natal, 3 tot 5 Januarie 1983, p. 2. www.historicalpapers.wits.ac.za/inventories/inv_pdfo/AK2117/AK2117-J7-DA123- 001-jpeg.pdf [geraadpleeg op 25 Mei 2019].

171 afgevaardigdes by die Eshowe-kongres het ten gunste van deelname aan die Driekamer- parlement gestem, met slegs nege van die 300 afgevaardigdes wat daarteen gestem het.

Die resolusie wat deur die kongres aanvaar is, het bepaal dat die party geglo het in die effektiewe deelname van alle Suid-Afrikaners, ongeag ras, kleur of geloof in alle vlakke van die regering. Die resolusie het verder verklaar dat die party nie die beginsels van die Nasionale Party as die oplossing van die politieke uitdagings van die land beskou het nie, omdat die meerderheid van Suid-Afrikaners daarvan uitgesluit sou word. Die party het aangedring op ‘n “een-mens-een-stem” stelsel binne ‘n unitêre staat. Die afgevaardigdes het egter aanvaar dat die feit dat die NP bereid was om te verdeel as gevolg van die stigting van die Konserwatiewe Party in 1982 op die vasberadenheid van die regering gedui het om die Driekamer-parlement te laat werk. 110

Die meerderheid van Indiërs was gekant teen die voorgenome Driekamer- parlement en het gevolglik ‘n boikot van die South African Indian Council se verkiesing in 1981 gereël, met slegs 6% van Indiërs wat hulle stemme uitgebring het. Die National People's Party van Amichand Rajbansi het die meerderheidsparty in die raad geword en gevolglik ook in die Raad van Afgevaardigdes met die inwerkingtreding van die Driekamer-parlement in 1983.111

Die Raad van Verteenwoordigers, wat die Kleurlingbevolking verteenwoordig het, het uit 85 lede bestaan, waarvan 80 lede tydens ‘n verkiesing vir ‘n bepaalde setel direk verkies is, drie lede is op ‘n proporsionele wyse deur die direk verkose lede verkies en twee lede is deur die staatspresident benoem.112 Die Raad van Afgevaardigdes, wat

die Indiërbevolking verteenwoordig het, het uit 45 lede bestaan, waarvan 40 lede tydens ‘n verkiesing vir ‘n bepaalde setel direk verkies is, drie lede is op ‘n proporsionele wyse deur die direk verkose lede verkies en twee lede is deur die staatspresident benoem.113

Die parlement is vir ‘n maksimum tydperk van vyf jaar verkies, wat beteken het dat daar minstens elke vyf jaar ‘n parlementsverkiesing gehou moes word. Dit het egter

110 Ibid., pp.11-14.

111https://omalley.nelsonmandela.org/omalley/index.php/site/q/03lv03445/04lv03446/05lv03503.htm [geraadpleeg op 25 Mei 2019].

112 Artikel 42 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika van 1983. 113 Artikel 43 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika van 1983.

172 nie beteken dat elke parlement wel vir vyf jaar sou voortbestaan nie. Ingevolge artikel 39 van die grondwet kon die staatspresident, na beraadslaging met sy kabinet, die parlement ontbind deur ‘n proklamasie in die Staatskoerant. Die staatspresident was ook verplig om die parlement te ontbind, indien hy nie self bedank het nie, wanneer ‘n mosie van wantroue in hom of sy kabinet aanvaar is deur al drie huise, of indien die begroting verwerp is. Die staatspresident kon ook, sonder beraadslaging met sy kabinet, enige huis ontbind wat ‘n mosie van wantroue aanvaar in die kabinet, die begroting verwerp of nie instaat sou wees om sy werksaamhede af te handel nie.114