• No results found

5.2 ’n Oorsig van die gebruik van sosiale media in Suid-Afrika In hierdie afdeling is daar hoofsaaklik staat gemaak op aanlyn bronne vir statistieke

Tema 1: Die redes vir die gebruik van Facebook

Die onderhoude met die deelnemers is begin deur vir hulle te vra hoekom hulle ’n Facebook webblad/groep gestig het. Dit was duidelik dat nie baie van die deelnemers werklik besin het oor die rede vir die bestaan van ’n Facebook webblad/groep vir hulle bediening nie.

106 Populariteit

“Ek het Facebook begin gebruik omdat almal dit doen” het deelnemer B gesê toe daar aan haar gevra is waarom sy ’n Facebook webblad vir haar jeugbediening het. Die antwoord van vier uit die vyf onderhoude was dat hulle onder die indruk was dat Facebook populêr is onder adolessente omdat die deelnemers dit self in hul privaat hoedanigheid gebruik. Aangesien Facebook deur die deelnemers gebruik word om met vriende en familie te kommunikeer, het hulle verwag dat dieselfde sal plaasvind binne die konteks van ’n jeugbediening.

Kommunikasie met adolessente

Oor die algemeen het die deelnemers gevoel dat hulle bediening se Facebook webblad bestaan of gestig is om te kommunikeer. Hierdie kommunikasie kan tweeledig beskou word. Eerstens word Facebook gebruik om aan adolessente inligting oor hulle jeugbediening te kommunikeer. Deelnemer D het gesê: “Dit is ’n maklike manier om inligting by die kinders te kry.” Eerstens is Facebook gesien as ’n effektiewe kommunikasie-platform waardeur informasie oor die betrokke jeugbedienings se aktiwiteite gegee kan word aan adolessente sodat die lede konstant op hoogte gehou word van hulle jeugbediening se aktiwiteite ens.

Geestelike versorging

In een van die onderhoude het die deelnemer aangetoon dat sy nie net informasie oor verskillende jeugbediening-aktiwiteite aan adolessente kommunikeer nie, maar ook poog om “pitkos” te verskaf aan die adolessente wat lede is van hulle Facebook webblad. “Ons gebruik Facebook om vir ons kinders pitkos te gee”. Die term, “pitkos”, het volgens deelnemer D verwys na inspirerende woorde, prente en video’s wat adolessente kan motiveer, troos en selfs help om te groei in hulle geloof.

Kommunikasie aan die res van die gemeente

Tweedens is Facebook gesien as ’n effektiewe platform vir die kommunikasie aan die res van die gemeentelede oor die doen en late van die betrokke gemeentes se jeugbedienings. “Ek gebruik Facebook soos ’n ‘brag-boekie’”, het deelnemer E gesê toe sy verwys na die belangrikheid van foto’s op haar Facebook webblad. Sy het gesê dat sy Facebook gebruik om te spog (‘brag’) oor haar gemeente se adolessente en wat hulle doen. Facebook gee haar geleentheid om op ’n maklike

107

manier met ouers en grootouers, op ’n visuele manier, te deel wat aan die gang is in haar jeugbediening.

In slegs een geval is nie-adolessente, soos ouers, aangemoedig om deel te raak van die betrokke jeugbediening se Facebook webblad. Die ander vier gemeentes se Facebook webblaaie is gestig en is beskikbaar slegs vir adolessente en persone wat in laat adolessensie is, maar wat vroeër betrokke was by ’n gemeente se jeugbediening en later eers die Facebook webblad ontdek het. In die eerste geval het Facebook gedien as ’n primêre kommunikasie middel vir ouers en ouer volwasse lede van die gemeente om eerstehands te sien wat binne hul gemeente se jeugbediening aan die gang is. Die ander gemeentes het die foto’s en informasie wat primêr op die gemeente se jeugbedienings se Facebook webblad bekend gemaak is, op alternatiewe wyses gekoppel aan die betrokke gemeentes se amptelike Facebook webblad waar dit gesien kon word deur die res van die gemeente se Facebookgebruikers.

Wat duidelik is, is dat die rede vir die gebruik van Facebook vereenvoudig kan word tot die term: kommunikasie. Die kommunikasie waarna hier verwys word, neem verskillende vorme aan en sal in meer detail in ander onderafdelings bespreek word, maar wat belangrik is, is dat Facebook beskou is as ’n platform wat kommunikasie, oor die algemeen, kan vergemaklik.

Teleurstelling oor die waarde van Facebook

Onder hierdie afdeling is daar ook vir die deelnemers gevra of hulle dink dat hulle Facebook webblad geslaag het in sy doel. By alle deelnemers is aangedui dat hulle teleurgesteld is in die gebruik van Facebook omdat dit nie voldoen aan hulle verwagtinge nie. “Ek het gedink tieners gebruik Facebook maar op dieselfde manier as wat ons dit doen, maar duidelik nie” het deelnemer B gesê. Alle deelnemers het waargeneem dat adolessente Facebook nie op ’n baie interaktiewe manier gebruik of benut nie. Toe daar met deelnemer E gesels is oor hoe sy dink adolessente Facebook gebruik het sy gesê: “Ek dink tieners gebruik Facebook net vir ‘entertainment’, dit is wat hulle doen voor hulle gaan slaap, as hulle wakker geword het en verveeld is, hulle kyk net wat gaan in die wêreld aan maar neem nie regtig deel nie.”

108

Met interaksie word hier verwys na die adolessente Facebookgebruikers se deelname aan ’n jeugbediening se Facebook groep/webblad. Interaksie word gemeet deur waar te neem hoe adolessente self inhoud vir die groep/webblad produseer d.m.v. video’s, foto’s en ander media te koppel of te “post” en bydraes te lewer tot gesprekke deur kommentaar te lewer op statusveranderinge. Die deelnemers wat hierdie verwagting gehad het of steeds het, was en is teleurgesteld omdat adolessente net nie die interaktiewe gebruikers van Facebook is wat verwag is hulle sou wees nie. Vier van die deelnemers se webblaaie was hoofsaaklik of eksklusief vir adolessente en slegs een webblad was oop vir alle Facebookgebruikers. Op die webblaaie waar slegs adolessente aangemoedig is om daaraan te behoort en daaraan deel te neem, is baie min interaksie waargeneem deur die deelnemers; daarom die teleurstelling.

Gedeelde verantwoordelikheid

Meer interaksie is egter waargeneem by deelnemers wie verantwoordelikheid deel vir die publikasie van inligting, foto’s en video’s op Facebook. Deelnemer D het gesê: “My groepleiers is ook ‘admins’ en hulle post ook gereeld goed op die group.” Hierdie dinamika sorg dat daar gereeld inhoud geskep is deur nuwe statusveranderinge op die webblad. Foto’s, video’s en ander bronne van media wat ook gereeld aan die webblad gekoppel is, het vir meer interaksie gesorg omdat meer mense verantwoordelik was vir die produsering van inhoud vir die Facebook webblad. Die meeste interaksie is egter waargeneem op deelnemer A wie se webblad wat oop was vir alle Facebookgebruikers. Hierdie deelnemer het steeds gevoel dat Facebook nie geslaag het in sy aanvanklike doel nie, omdat die meeste interaktiewe lede van hierdie deelnemer se Facebook webblad nie adolessente was nie, maar ouer persone soos adolessente se ouers en grootouers.