• No results found

Hoofstuk 2: Judith Butler se teoretisering oor geslag, gender,

2.4 Die konstruksie van geslag, gender en identiteit

2.4.1 Geslag, gender en identiteit

Gender word volgens Butler (1990: 3) selde op ’n koherente wyse gekonstitueer, aangesien die proses van gendervorming eerstens ingebed is in verskillende historiese kontekste en tweedens oorvleuel met ras, klas, etiese en seksuele modaliteite van diskursief- gekonstitueerde identiteite. Om hierdie rede is dit volgens Butler onmoontlik om gender te skei van die politieke en kulturele kruispunte waarin dit geproduseer en onderhou word.

Soos reeds verduidelik, word geslag tradisioneel beskou as ’n biologiese gegewe waaruit gender vloei. Hiervolgens kan ’n subjek slegs manlik of vroulik wees en is daar ’n sekere stel verwagtinge, aannames en voorskrifte oor hoe die man of vrou in die samelewing behoort op te tree. Butler (1990: 6) ondermyn die tradisionele beskouings oor geslag en gender deur

38

Die saak van subjekformasie bring ook die vraag navore: besit die individu agentskap? Volgens Van der Merwe (2012: 19) beweer queer-teorie (na aanleiding van Foucault) dat agentskap essen- sialisties is: agentskap en subjektiwiteit is ’n sosiale konstruksie wat deur ’n diskoers geproduseer word. Butler se werk skep die idee dat sy ook hiervan oortuig is, maar daar sal later in die hoofstuk aangedui word dat dit eintlik nie die geval is nie.

37

aan te voer dat gender ’n kulturele konstruksie is en dus nie ’n direkte of natuurlike uitvloeisel van geslag kan wees nie. Sy definieer gender as die kulturele betekenisse wat deur ’n manlike of vroulike liggaam aangeneem en beliggaam word. Juis om hierdie rede – die feit dat die liggaam geslag aanneem, kan daar volgens Butler nie aangevoer word dat gender op enige wyse vanuit geslag vloei of direk daaruit voortspruit nie.

Die feit dat gender ’n konstruksie is, laat Butler (1990: 7-9) wonder waar die konstruksie van gender plaasvind en of hierdie konstruksie moontlik op ’n ander wyse sou kon geskied. Sy meen dat gender die ‘teken’ van biologiese, linguistiese en kulturele verskille is wat aan ’n persoon met ’n manlike of vroulike geslag toegeskryf word. Dit is met ander woorde ’n signifikasie, maar ’n signifikasie wat slegs as ’n teenstelling van ’n Ander bestaan. Butler (1990: 16) benadruk ook dat gender ’n komplekse aard het waarvan die geheel nooit permanent vasgestel kan word nie.

Butler (1990: 7, 16) kom tot die insiggewende en omstrede gevolgtrekking dat indien dit moontlik is om die vaste definisie en karakter van geslag te bevraagteken, geslag moontlik ʼn konstruk is en dalk net so gekonstrueer is as wat gender is. Dit noop haar om te wonder in welke mate die regulerende praktyke wat gendervorming tot stand bring, ook identiteit, wat Butler die ‘koherente stabiele subjek’ of die selfheidstatus van ʼn persoon noem, bepaal.39 Die koherensie en kontinuïteit van ’n persoon se identiteit is volgens Butler (1990: 17) eintlik sosiaal geïnstitusionaliseerde norme van “intelligibility”. Die term intelligibility kan myns insiens omskryf word as dit wat subjekte kultureel verstaanbaar en bevatlik en daarom aanvaarbaar maak. Butler (1990: 17) omskryf “intelligible genders” as genders wat kon- tinuïteit tussen geslag, gender, seksuele praktyk en begeerte handhaaf. Butler se siening stem ooreen met dié van queer teorie, soos wat Van der Merwe (2012: 19) met verwysing na Valocchi (2005: 751) dit in haar tesis uiteensit. Sy voer aan dat queer teorie erken dat die kategorieë van geslag, gender en seksualiteit binne ’n diskursiewe verstaan van mag funksioneer. Die fokus moet volgens haar (Butler, 1990: 90) wees om te bepaal hoe hierdie gefikseerdheid van die beperkinge bevestig en ingestel word. Sy meen daar moet ’n sekere

39

Die teoretikus Barbara Epstein (in Salih, 2002: 143) verwerp Butler se stelling dat geslagtelike seksuele verskil sosiaal gekonstrueer is, aangesien die meerderheid van mense as manlik of vroulik gebore word. Alhoewel dit so is dat die meerderheid mense as manlik of vroulik gebore word, dink ek die waarde van Butler se werk is juis dat sy bewusmaking skep oor die persentasie mense wat nie as manlik of vroulik gebore word nie. Butler fokus in haar werk volgens my ook veel meer op die performatiwiteit van geslag, met ander woorde hoe dit ingestel word as manlik of vroulik, as gevolg van die spesifieke uitvoer van ’n reeks herhaalde handelinge, as wat sy na die letterlike geslag kyk, met ander woorde na die geslagsdele van ’n man of vrou. Sy is verder geïnteresseerd in die spanning wat ontstaan tussen ’n persoon se anatomiese geslag, die wyse waarop die persoon gender uitvoer, asook tot hoe ’n mate ’n persoon met ’n manlike of vroulike gender identifiseer. En verder, of ’n persoon seksueel aangetrokke is tot dieselfde of die teenoorgestelde geslag, aangesien dit alles volgens Butler ’n invloed op ’n persoon se identiteit het.

38

impak op ’n individu se selfheid wees indien die individu beperk word tot slegs een identifikasie. Verder vind daar volgens haar ten tye van die identifiseringsproses nog ’n proses plaas waartydens sekere begeertes aangetrek en ander afgestoot word.

Indien die aanneem van geslag, gender en identiteit op ’n identifiseringsproses geskoei is, vind die proses volgens Butler (1990: 100) plaas in ’n soort ruimte van die onderbewussyn waar dit wat verbode is, keer op keer onderhandel en heroorweeg word. Om dus jouself met ’n sekere geslag, gender of identiteit te assosieer, is om te staan te kom teenoor ’n simboliese gevaar, wat hoewel simbolies, tog baie magtig is. Butler (1990: 104) meen dat die reg die vorm en rigting wat seksualiteit aanneem, stuur deur middel van die kweek van vrees. Jacques Lacan verwys volgens Butler (1993: 105) na hierdie domein as die simboliese orde. Dit bestaan volgens hom uit ’n reeks eise, taboes, sanksies, verbode dinge, asook dreigemente en idealiseringe.

2.4.2 Die heteroseksualisering van begeerte

Die geloof of aanname dat daar ’n ‘waarheid’ (Foucault se bewoording) agter geslag is, word volgens Butler (1990: 17-19) deur regulerende praktyke geproduseer wat koherente identiteite genereer deur die matriks van koherente gendernorme. Die heteroseksualisering van begeerte behels dat die meervoudigheid van seksualiteit en geslag verbloem word om sodoende die heteroseksuele imperatief, wat voortplanting vooropstel, te konsolideer. Hiervolgens bestaan daar slegs twee aanvaarbare genders, naamlik manlik en vroulik, waar kontinuïteit tussen geslag, gender, seksuele praktyke en begeerte gehandhaaf word. Die konstruksie van gendersamehang versteek volgens Butler (1990: 17) diskontinuïteite van gender wat binne heteroseksuele, biseksuele, homoseksuele en lesbiese kontekste voorkom waarin gender nie direk vloei vanuit geslag en begeerte nie.

2.4.3 Die vorming van abjekte liggame en persone aan die hand van uitsluiting

Dit kom dus voor asof Butler (1990: 17) van mening is dat die heteroseksuele matriks waardeur aanvaarbare gender-identiteite gekonstrueer word, vereis dat die bestaansreg van sekere soort identiteite ontken word. Dit is identiteite waar gender nie ’n direkte uitvloeisel van geslag is nie en waar seksuele begeerte nie direk voortspruit vanuit geslag of gender nie. Die voorskrifte waarmee aanvaarbare identiteite beheer word, word volgens Butler (1990: 18) gedeeltelik via matrikse van genderhiërargieë en verpligte heteroseksualiteit gestruktureer. Die proses geskied deur handelinge wat oor en oor uitgevoer word. Dit is slegs binne hierdie praktyke van herhaalde signifikasie (inskripsie, uitvoering en vaslegging)

39

dat die omverwerping van identiteit ’n moontlikheid word. Butler (1990: 10) voer aan geslag, gender en identiteit word terselfdertyd deur die loop van die herhaalde signifikasie geskep en gedestabiliseer. Dit verkry ’n genaturaliseere kwaliteit, maar daar ontstaan ook gapings tydens die proses van herhaling wat dan as konstituerende onstabiliteite in sulke konstruksies na vore kom.

Annika Thiem (2008: 24) benadruk dat Butler se oortuiging dat subjekte en hul liggame op ’n diskursiewe wyse deur die werking van norme gekonstitueer word, nie beteken dat daar geen werklike liggame bestaan wat pyn, plesier en begeertes ervaar nie. Butler bedoel egter dat slegs sekere liggame beskikbaar is vir menslike ervaring. Liggame wat nie voldoen aan die heteroseksuele ideaal nie, word van die moontlikheid van bestaan uitgesluit.40 Abjekte liggame en persone wat uitgesluit word van die domein van kulturele bevatlikheid het volgens Butler nie net betrekking op geslag nie. In ’n onderhoud met Irene Costera Meijer en Baukje Prins (1998: 281) verduidelik Butler dat alle soorte lewens waarvan die materialiteit verstaan word as iets wat nie saak maak nie, met ander woorde “[it is] understood not to ‘mat-ter’”, volgens haar onder die term abjeksie verstaan word. Sy sluit immigrante (wat dikwels in die Amerikaanse media as sondebokke uitgebeeld word), arm mense en psigiatriese ‘gevalle’ by die groep in – almal mense wat tot die domein van die ‘onmoontlike’ verstoot of verban word. Butler waarsku egter dat haar voorbeelde nie as ontologiese sekerhede moet dien nie, omdat voorbeelde dikwels ‘normatiewe voorbeelde’ word en alle ander moontlikhede dan vergeet of uitgesluit word.

’n Mens moet volgens Nayak en Kehily (2006: 466), geensins aanvaar dat dis-identifikasie (disidentification) die moontlikheid van die Ander ten volle uitwis nie. Nayak en Kehily is van mening dat die uitsluitingsproses waartydens identiteit as ’n enkele identiteit gekonstrueer word, slegs ’n gedeeltelike en ambivalente skeidingsproses is waartydens die identiteit se eintlike meervoudigheid verbloem word. Dit wat nie ingesluit kan word nie, word uitgesluit deur ’n soort uitwissingsproses – dit word ontneem van die bestaansmoontlikheid op sosiale en kulturele vlak. Butler (2009: 141) benadruk dit as volg: “a subject only becomes discrete through excluding other possible subject formations, a host of ‘not-me’s’”. Angela Failler (2005: 98) meen die uitsluiting is ’n geforseerde verlies wat in taal as ’n soort sensuur

40

Dit stem ooreen met Van der Merwe (2012: 25), wat wys op die noodsaaklikheid van queer teorie, wat net soos Butler dit in haar werk ten doel stel, essensialistiese aannames oor geslag, gender, identiteit en seksualiteit bevraagteken en destabiliseer, aangesien tradisionele raamwerke nagelaat het om die wyses in ag te neem waarop gender, ras en klas met seksualiteit kruis. Dit het ook nie volgens Van der Merwe ruimte gelaat vir praktyke en begeertes wat nie noodwendig homoseksueel is nie, maar steeds gestigmatiseer word as non-normatief – en ek wil byvoeg, gestigmatiseer word as non-heteronormatief.

40

omskryf kan word. Dit is ’n sensuur wat egter vóór die uiting van taal bestaan – dit bepaal die moontlikhede van taal.

2.4.4 Die ondermyning van die heteroseksuele matriks

Die liggame of persone wat nie aan die vereistes van die heteronormatiewe samelewing voldoen nie, word volgens Butler (1990: 17) as ontwikkelingsfoute, fabrieksfoute en onmoontlikhede geklassifiseer. Die fabrieksfoute is volgens Butler baie belangrik omdat dit as alternatiewe identiteite die geleentheid bied om die beperkinge, grense en regulerende doelstellings van die objek-domein van kulturele bevatlikheid te openbaar. Op hierdie wyse ontstaan die moontlikheid van opposisionele en ondermynende gendermatrikse binne die bestaande dominante matriks of domein van bevatlikheid. Sy benadruk dat die diskursiewe proses altyd oop is vir hersignifikasies en alternatiewe beklemtonings – juis omdat dit nie ’n vaste entiteit is nie (Butler, 1990: 330).