• No results found

Die akkommodering van leerders wat diverse leerversperrings erva ar

6.3 Sintese van navorsingsbevindinge

6.3.3 Die akkommodering van leerders wat diverse leerversperrings erva ar

Die beleid op inklusiewe onderwys wys uit dat leerversperrings óf binne die stelsel óf binne die leerder self gesetel kan wees. Voorbeelde van leerversperrings binne die stelsel is onveilige skoolomgewings en geboue wat nie toeganklik is nie; tekorte aan ondersteuningsdienste ; ’n gebrek aan wette en beleide wat alle leerders bevoordeel; leerversperrings tuis; leerversperrings in die opvoeder; en leerversperrings in die kurrikulum. Leerversperrings binne die leerder self kan die gevolg van fisiese, sensoriese, neurologiese of verstandelike ontwikkelingsleemtes wees. Ander voorbeelde van leerversperrings binne die leerder self is psigo-sosiale afwykings,

beperkte intellektuele vermoëns, spesifieke lewenservarings asook gesondheidsprobleme (1.1).

Die beleid spreek verskeie stappe aan, wat geneem moet word om genoemde leerversperrings te akkommodeer, en die detail van sommige daarvan word in 6.3.3.1 en 6.3.3.2 bespreek. In breë trekke word daar egter in die inklusiewe-onderwysbeleid die volgende aksies van skole en skoolgemeenskappe vereis:

q Meganismes moet in die gemeenskap geskep word om

q nie-skoolgaande kinders op te spoor en by skole in te skryf (2.3.3.7) en

q leerversperrings by voorskoolse kinders so vroeg as moontlik te identifiseer (2.3.3.7).

q Leerders se leerbehoeftes moet vroegtydig geïdentifiseer word (2.3.3.8).

Die ondersoek het getoon dat klaskamers vol rolstoele en opvoeders wat gebaretaal moet ken nie die realiteit van in klusiewe onderwys is nie. Leerders ervaar ook ’n verskeidenheid van andersoortige leerversperrings wat geakkommodeer moet word (2.3.1 & 5.5.1.2). Dit het ook geblyk dat nie-inklusiewe skole reeds leerders met leerversperrings akkommodeer, alhoewel die graad van probleme verskil (4.4.1.1).

Leemtes rakende die akkommodering van leerders wat leerversperrings ervaar, wat uit die ondersoek geblyk het, is die volgende:

q Opvoeders aanvaar soms dat die ooglopende versperring die enigste rede vir

onvoldoende vorde ring by ’n leerder is en weerhou die leerder so van veelvuldige of toepaslike steun (2.2.2.3).

q Leerders met ernstige gedragsprobleme veroorsaak ontwrigting in skole (2.2.2.3).

q Alhoewel die leerders wat voorheen nie skool gegaan het nie, vordering toon,

veroorsaak hulle insluiting wél bepaalde probleme (5.5.1.1).

Die implikasie van bogenoemde vir skoolbestuurders is die volgende:

q Skoolbestuurders moet die versperrings wat binne hulle skole bestaan, identifiseer en die nodige aanpassings maak (2.3.3.8) (sien ook 6.3.3.1 – 6.3.3.4).

q Skole moet met gemeenskapstrukture saamwerk om nie-skoolgaande kinders van

skoolgaande ouderdom in die gemeenskap op te spoor, te akkommodeer en op ’n sinvolle wyse by die aanbieding van kurrikulum in te skakel (2.3.3.7 & 5.5.1.1).

Hoofstuk 6: Slotperspektief 145

q Skole moet só georganiseer word dat leerversperrings wat binne leerders self

voorkom vroegtydig geïdentifiseer en geakkommodeer word met inagneming van die volgende:

q Skole kan leerders wat intensiewe steun nodig het, vanweë praktiese oorwegings, in afsonderlike klassegroeperinge plaas (5.5.1.3).

q Skole moet deeglike prosedures in plek kry om alle leerversperrings by leerders te identifiseer (2.2.2.3).

q Skole moet duidelike prosedures in plek stel om leerders met gedragsprobleme te hanteer en te steun (2.2.2.3).

q Die proses van leer moet meer buigsaam gemaak word (2.3.3.8).

Vervolgens word die toeganklikheid van die skoolterrein en die ontwikkeling van ondersteuning vir die leerders in meer detail bespreek.

6.3.3.1 Toeganklike terrein

Volgens die beleid op inklusiewe onderwys moet huidige geboue aangepas en die nuwe geboue opgerig word om by te dra tot die skepping van ’n hindernisvrye omgewing (2.3.3.8).

Die volgende leemte is gedurende die ondersoek by nie -inklusiewe skole waargeneem:

q Die meeste nie-inklusiewe skole is nie toeganklik vir gestremde persone nie en fasiliteite sal gevolglik aangepas moet word (4.4.2.1(d)).

Uit die ondersoek na die praktyk by inklusiewe skole het geblyk dat die projek- hulpbronsentrum goed toegerus is en voortdurend aangepas word om ’n verskeidenheid van versperrings en leerbehoeftes te akkommodeer. By die ander skole was die aanpassing van fasiliteite meestal beperk tot die aanbring van rolstoelopritte (5.5.5.1).

’n Leemte is gedurende die ondersoek by inklusiewe skole waargeneem:

q Dit blyk dat, ten spyte van beperkte aanpassings wat by inklusiewe skole gemaak is, skoolbestuurders steeds tekortkominge ervaar en dat fasiliteite toenemend en voortdurend volgens behoefte aangepas moet word (5.5.5.2).

Die aanbeveling wat aan skoolbestuurders gemaak kan word, is om op ’n oordeelkundige wyse basiese struktuur verandering aan te bring ter wille van toeganklikheid. Daarna kan verdere veranderings na aanleiding van spesifieke behoeftes wat geïdentifiseer word, aangebring word (3.3.2.1 & 4.4.3.2).

6.3.3.2 Ondersteuningstrukture

Die inklusiewe-onderwysbeleid dui aan dat die volgende ondersteuningstelsels ontwikkel moet word:

q distrik ondersteuningspanne,

q institusionele ondersteuningspanne, en

q maatskaplike en gesondheidssteunstelsels (2.3.3.6)

Daar word ook aangedui dat samewerking met ander departemente en raadgewende strukture op alle vlakke bewerkstellig moet word, byvoorbeeld die Departemente van Gesondheid, Maatskaplike Ontwikkeling en Openbare Werke (2.3.3.9).

Inligting wat van die skole wat by die ondersoek betrek is verkry is , het getoon dat daar in die praktyk by alle nie-inklusiewe skole reeds ondersteuningstelsels van wisselende aard en omvang bestaan (4.4.1.2). Die meeste inklusiewe skole het ’n institusionele ondersteuningspan wat operasioneel is en effektief ondersteuning verleen (5.5.2.1). Lede van die institusionele ondersteuningspanne is gewoonlik lede van die skoolbestuurspan en/of kundiges op die gebied van ondersteuning aan leerders met spesiale leerbehoeftes (5.5.2.1). Personeel is in staat om die meeste van die situasies self te hanteer, maar kundiges word geraadpleeg wanneer die situasie dit vereis (5.5.2.4).

Die volgende leemtes het in die ondersoek na vore gekom:

q By plaasskole waar daar min personeel is, is dit nie altyd moontlik om ’n effektiewe institusionele ondersteuningspan saam te stel nie (5.5.2.4; 5.5.2.6; 5.5.3.1 & 5.5.8.2).

q Daar is soms ’n gebrekkige of tydsame respons wanneer die streek se

Hoofstuk 6: Slotperspektief 147

Die implikasies van bogenoemde vir skoolbestuurders is die volgende:

q Skoolbestuurders moet toesien dat ’n institusionele ondersteuningspan saamgestel word (2.3.3.6; 3.4.1; 3.4.4 & 5.5.2.1 ).

q Skoolbestuurders moet verseker dat effektiewe samewerking met die streekspanne en ander kundiges in die gemeenskap bewerkstellig word (2.3.3.6; 3.4.4; 5.5.2.2 & 5.5.2.3).

q Waar die kapasiteit om ’n institusionele ondersteuningspan op die been te bring by ’n skool ontbreek, behoort skoolbestuurders hulp vanuit die streek en die breër gemeenskap te vra (5.5.2.4).

q Skoolbestuurders moet voortdurend skakeling tussen hoofstroomopvoeders en

spesiale skole in stand hou om sodoende die kundigheid van spesiale skole te behou (2.2.2.1; 3.4.4 & 3.5.4).