• No results found

Analise van kwalitatiewe data wat vanuit die vraelys verkry is

4.4 Analise en interpretasie van die navorsingsdata

4.4.3 Analise van kwalitatiewe data wat vanuit die vraelys verkry is

en groep 2 is vrouens.

Tabel 4.7: Vergelyking tussen manlike- en vroueskoolbestuurders ten opsigte van enkele bestuursvereistes vir doeltreffende implementering

Groep 1 (n = 7) Groep 2 (n = 2) Aspek Gemiddeld (µ) Standaard afwyking (σ ) Gemiddeld (µ) Standaard afwyking (σ) Verskil tussen gemiddeld (µ1 - µ2) Beduidenheid (p) Ouerbetrokkenheid 2,9464 0,68029 3,6250 0,94373 -0,67857 0,229 Kundigheid 2,7679 0,89393 3,5000 0,50000 -0,73214 0,228 Bestuursvaardighede 3,9000 0,43589 4,3333 0,30551 -0,43333 0,162 Toeganklikheid 2,8810 0,88042 2,2778 1,10972 0,60317 0,381 Lewensbeskouing 3,2245 0,59964 4,4286 0,51508 -1,20408 0,017* Totaal 3,1941 0,47369 3,7179 0,44486 -0,52381 0,142

* ’n p-waarde van 0,05 of minder is ’n aanduiding van ’n beduidende verskil tussen die groepe. Tabel 4.7 dui aan dat vrouebestuurders meer gereed as manlike bestuurders is om die beleid te implementeer (groep 2 se gemiddeld is in vier van die vyf aspekte hoër as dié van groep 1). Die verskil is statisties beduidend slegs ten opsigte van ’n lewensbeskouing wat versoenbaar is met inklusiewe onderwys [die p-waarde is minder as die kritiese waarde van 0,05 (Goddard & Melville 2001: 71)]. Hierdie statistiese berekening stem ooreen met die oorsigtelike beeld wat deur fig. 4.13 gegee is, naamlik dat vrouerespondente se lewensbeskouing meer versoenbaar is met inklusiewe onderwys as dié van mans.

4.4.3 Analise van kwalitatiewe data wat vanuit die vraelys

verkry is

Die response op die vraag aan die respondente rakende probleme wat hulle met die implementering van die inklusiewe -onderwysbeleid voorsien, is ontleed en in ’n matrikstabel vervat. Die response word onder bepaalde temas gegroepeer. Die antwoorde word anoniem hanteer en daar word na respondente volgens letter verwys – van A tot J (sien tabel. 4.1).

Hoofstuk 4: Inklusiewe onderwys in die Vrystaat 87

Respondent B het aangetoon dat sy geen probleme voorsien om die Inklusiewe- onderwysbeleid by haar skool te implementeer nie. Die ander nege respondente het egter almal voorbehoude gehad wa t vervolgens weergegee sal word.

4.4.3.1

Onvoldoende opleiding

Vir sewe van die respondente was die gebrek aan opleiding by personeel ’n probleem. Respondent C het dit soos volg gestel:

Opvoeders is nie opgelei om in die leerders se behoeftes te voorsien nie.

Hierdie mening is bevestig deur respondent F, wat soos volg gereageer het: The teachers must be retrained to reach every one o f these disabilities.

Respondent G voorsien spesifiek probleme met heterogene groepe as kundigheid ontbreek:

Dit is nie moontlik om alle gestremdes onder een dak te vestig as daar nie nodige en kundige personeel is nie.

Uit die response blyk dit dat die respondente opvoeders tans nie as opgelei beskou om die diverse leerbehoeftes van leerders aan te spreek en om leerversperrings te hanteer nie. Daar kan gevolglik afgelei word dat deeglike opleiding aan opvoeders verskaf moet word voordat die beleid sukse svol geïmplementeer kan word.

4.4.3.2

Onvoldoende fasiliteite

’n Algemene probleem wat voorsien word deur die respondente is dat fasiliteite nie voldoende is nie. Onder fasiliteite word gereken lokale, hulpbronne en toerusting. Response soos die volgende is gegee:

q Die klaskamers is huidiglik te klein en die leerdergetalle te groot (Respondent H).

q Meeste van ons skole is nie ingeruim om leerders met gestremdhede te

akkommodeer nie (Respondent C).

q Hoofstroomskole word nie van die nodige hulpbronne en toerusting voorsien nie (Respondent G).

q Our classroom sizes are limited. We lack facilities for disabled learners (Respondent J).

accommodate those learners (Respondent F).

q Money is a problem. Structural changes will cost a lot of money and we need different resource material (Respondent I).

Die respondente voorsien dus dat die huidige fasiliteite nie voldoende is om die inklusiewe-onderwysbeleid te implementeer nie.

4.4.3.3

Hoë werkslading van opvoeders

Opvoeders verkeer reeds onder baie stres as gevolg van hulle hoë werkslading. Respondent E stel dit soos volg:

Opvoeders is reeds oorbelaai.

Respondent G (tans by ’n spesiale skool) voorsien probleme met die emosionele kapasiteit van die opvoeders:

Nie alle opvoeders het die emosionele stamina om leerders met ernstige gedragsprobleme te kan hanteer nie. Ek sien dit elke dag by my skool. Ek kies my personeel sorgvuldig uit – nogtans sukkel sommige van hulle om alles te hanteer.

Die persepsie van die reponde nte is dat die inklusiewe-onderwysbeleid meer druk op opvoeders sal plaas en dat opvoeders nie die addisionele werkslading sal kan hanteer nie.

4.4.3.4

Gebrek aan gereedheid by leerders en die gemeenskap

Sommige respondente was bekommerd oor die uitwerking wat die beleid op die leerders, beide gestremd en nie-gestremd, sal hê. Hulle stel dit soos volg:

q The non-disabled learners and the community must be re-educated into the idea of inclusiveness. We need to remove prejudices and attitudes (Respondent F).

q Learners with barriers are going to find it difficult to adapt and will feel threatened. It will affect the progress of their learning (Respondent D).

Die respondente voorsien dat intervensie sal moet plaasvind om houdings aan te spreek en almal betrokke gereed te maak vir inklusiewe onderwys.

Hoofstuk 4: Inklusiewe onderwys in die Vrystaat 89

4.4.3.5

Die inklusiewe-onderwysbeleid en die Vrystaat

Talle van die respondente was bekommerd oor die loodsing van die beleid deur die Onderwysdepartement. Respondent A het soos volg gereageer:

Die beleid sal reg toegepas moet word en voldoende inligting sal aan skole deurgegee moet word.

Respondent G het dit meer kras gestel:

Ons kry baie swak leiding van die Onderwysdepartement af. Die Departement beskik self nie oor die nodige kundigheid nie. Die (inklusiewe onderwys-) beleid gaan net soos Uitkomsgebaseerde Onderwys ’n politieke speelbal word.

Respondent J maak die volgende stelling:

There is no Departmental intervention to assist teachers in the class situation.

Respondent H som dit soos volg op:

Die Onderwysdepartement is nog nie gerat hiervoor nie.

Die doeltreffende hantering van inklusiewe onderwys deur die Provinsiale Onderwysdepartement word klaarblyklik deur die meeste van die respondente bevraagteken.

4.4.3.6

Die daarstelling en funksionering van steunstrukture

Van die respondente het probleme met die nodige steunstrukture voorsien:

q The logistics of assistant teachers can be a problem (Respondent I).

q Tradisionele SO leerders word nie geakkommodeer nie (Respondent H).

q Ons het RO opvoeders, fisioterapeute, arbeidsterapeute en spraakterapeute by die skool. Ons het ook twee sielkundiges en ’n opgeleide verpleegster by die skool, asook ’n pediater wat op ’n deeltydse basis hulp verleen. Daarby het ons 6 voltydse klas-assistente wat leerders help in die klas. Moet elke skool nou sulke mense aanstel? (Respondent G)

Die respondente is onseker watter vlakke van steun by die onderskeie skole gevestig moet word, wat die rol van steunstrukture moet wees en watter logistieke eise dit aan die skole gaan stel.

4.4.3.7

Aansluiting by hieropvolgende ondersoek

Uit die voorbehoude wat op die vraelyste deur die respondente genoem is, het dit geblyk dat daar groot onsekerheid geheers het oor die implementering van Witskrif 6. Onsekerheid lei tot negatiewe gevoelens, wat ook duidelik uit informele gesprekke met die skoolbestuurders geblyk het nadat hulle die vraelyste voltooi het. Dit het weer eens die nodigheid bevestig om die ondersoek op te volg by skole waar die beleid reeds geïmplementeer is om sodoende die realiteite van inklusiewe onderwys te beleef.