• No results found

Beleidsveranderinge in Suid-Afrika

2.3 Inklusiewe onderwys: ’n Suid-Afrikaanse perspektief

2.3.2 Beleidsveranderinge in Suid-Afrika

Na die eerste demokratiese verkiesing in 1994 het ingrypende veranderings in Suid- Afrika plaasgevind. Beleidsvorming wat onderwyshervorming laat realiseer het, en wat van belang vir die studie is, word hier bespeek.

2.3.2.1 Grondwet

In 1996 is die Grondwet (RSA 1996a) aanvaar wat op vryheid, gelykheid en menswaardigheid gegrond is (RSA 1996a : Art. 7(1)). Die Grondwet is fundamenteel van aard en alle wette, beleide en optrede moet versoenbaar wees met regte soos vervat in die dokument (RSA 1996a: Art. 8(1)).

Die volgende regte, soos beskryf in die Grondwet, is van belang vir die studie:

q Artikel 9 (RSA 1996a) verklaar dat alle persone gelyk is voor die reg en lys ’n aantal faktore, waaronder ras, gestremdheid en taal, op grond waarvan daar nie onbillik teen ’n persoon gediskrimineer mag word nie.

q Artikel 10 (RSA 1996a ) beskryf die reg tot waardig heid en respek.

q Artikel 14 (RSA 1996a) beskryf die reg tot privaatheid, en spesifiek vertroulikheid van inligting.

q Artikel 18 (RSA 1996a ) beskryf die reg tot vryheid van assosiasie.

q Artikel 28(1) (RSA 1996a ) beskryf ’n verskeidenheid van regte wat spesifie k op kinders gemik is, en verklaar onder andere dat elke kind die reg het tot:

q Beskerming teen, onder andere, verwaarlosing en vernedering (RSA 1996a: 28(1)(d)).

q Artikel 28(2) (RSA 1996a) verklaar dat in elke kwessie rakende die kind, sy/haar beswil van allergrootste belang is.

q Artikel 29 beskryf die reg tot onderwys en verklaar, onder andere, dat:

q Elkeen die reg tot basiese onderwys het (RSA 1996a: 29(1)).

q Elkeen die reg tot onderwys in die taal van sy/haar keuse het, mits dit prakties uitvoerbaar is (RSA 1996a: 29(2)).

q Elkeen die reg tot onderwys by die instellings van sy/haar keuse het, mits die prakties uitvoerbaar is (RSA 1996a : 29(2)).

Uit bogenoemde verwysings kan gesien word dat kinders se regte eksplisiet en implisiet in dié dokument, met humanisme as ontiese vertrekpunt, vervat word. Die norme van gelykheid en menswaardigheid is ook vervat in Onderwys witskrif 1 wat hierna bespreek word (RSA 1995: 2).

2.3.2.2 Education White Paper 1: Education and Training

Op 15 Maart 1995 is die Witskrif oor Onderwys en Opleiding gepubliseer. Hierdie dokument vorm die basis vir onderwysbeleidsvorming van die Regering van Suid-Afrika (RSA 1995: 2). Wat veral van belang vir die studie is, is die waardes en beginsels van onderwys en opleiding, wat in hoofstuk 4 van dié dokument beskryf word. Die volgende word kortliks uitgelig:

q Onderwys en opleiding is basiese menseregte. Die staat het ’n verpligting om die regte te beskerm en te bevorder sodat alle burgers geleentheid kry hulle potensiaal te ontwikkel en ’n volle bydrae tot die gemeenskap kan lewer (RSA 1995: Art. 4(2)).

q Ouers en voogde het die primêre verantwoordelikheid vir die opvoeding van hulle kinders en het die reg om deur die owerhede rakende die vorm van onderwys gekonsulteer te word. Ouers het ’n onvervreembare reg om te besluit watter tipe onderwys die beste vir hulle kind is. Hierdie reg sluit die keuse van taal, kultuur en geloofsbasis van die kind se opvoeding in, maar neem die regte van ander asook die kind se reg tot keuse, ook in ag (RSA 1995 : Art. 4(3)).

q Die staat het ’n verpligting om, waar nodig, advies en steun rakende

Hoofstuk 2: ’n Beleidsoorsig

27 q Die oorkoepelende doel van onderwysbeleid moet wees om alle individue in staat te stel om suksesvol te wees in en toegang te hê tot, lewenslange leer en goeie gehalte opleiding (RSA 1995: Art. 4(5)).

q Onderwys- en opleidingsgeleenthede moet toenemend toeganklik vir almal wees

(RSA 1995: Art. 4(6)).

q Ongelykhede van die verlede moet aangespreek word en stappe moet geneem word

om agterstande uit te wis. Dit is in besonder van toepassing op diegene wat besonder kwesbaar is, byvoorbeeld straatkinders, kinders wat nie skoolgaan nie en gestremde kinders (RSA 1995: Art. 4(7)).

Hierdie Witskrif oor Onderwys en Opleiding het die weg gebaan vir ’n onderwysstelsel waarbinne individue se reg tot selfbeskikking en gelyke geleenthede onbetwisbaar is. Die sogenaamde Suid-Afrikaanse Skolewet, het kort hierna gevolg, en het sake in meer detail uitgeklaar.

2.3.2.3 Suid -Afrikaanse Skolewet

Die Suid Afrikaanse Skolewet (RSA 1996b ) gee spesifikasies rakende onderwys. Vir doeleindes van die studie word die volgende uitgewys:

q Kinders is verplig om skool by te woon vanaf die eerste skooldag van die jaar waarin hy/sy sewe word, tot die einde van die jaar waarin hy/sy vyftien jaar oud word, of graad nege voltooi. Die verpligte ouderdom van leerders met spesiale onderwysbehoeftes word egter deur die Minister van Onderwys bepaal (RSA 1996b: Art. 3).

q Openbare skole moet leerderstoelaa, sonder om op enige onredelike wyse teen hulle te diskrimineer t en moet voorsiening vir hulle onderwysbehoeftes maak. Leerders mag nie aan toelatingstoetse onderwerp word nie en mag nie toelating geweier word omdat hulle, onder andere , nie die skoolfooie kan bekostig nie (RSA 1996b: Art. 5).

q Die regte en wense van die ouers en die leerder moet in die geval van die toelating van ’n leerder met spesiale onderwysbehoeftes in ag geneem word (RSA 1996b : Art. 5(6 )).

q Indien ’n leerder toelating tot ’n skool geweier word, moet die redes vir die weiering skriftelik aan die ouers gegee word, en mag die ouers teen die weiering appelleer (RSA 1996b: Art. 5(8 & 9)).

spesiale onderwysbehoeftes in algemene skole, moet die nodige steun aan sulke leerders verskaf en moet die fasiliteite toeganklik maak vir leerders wat fisies gestremd is (RSA 1996b : Art. 12(4) & 12(5)).

q Waar ’n openbare skool leerders met spesiale onderwysbehoeftes akkommodeer,

word daar voorsiening gemaak dat addisionele persone op die beheerliggaam verkies moet word om spesifiek na die belange van die genoemde leerders om te sien (RSA 1996b: Art. 23(5) & Art. 24).

Ten spyte van spesifikasies in die Suid-Afrikaanse Skolewet, dat provinsiale regerings daarvoor voorsiening moet maak dat leerders met spesiale onderwysbehoeftes in algemene skole geakkommodeer moet word, was die nodige strukture om dit moontlik te maak nie daar nie. In Oktober 1996 is die National Commission on Special Needs in Education and Training en die National Committee on Education Support Services aangestel om alle aspekte van spesiale onderwysbehoeftes en steundienste in onderwys en opleiding in Suid-Afrika te ondersoek en aanbevelings te maak.

2.3.2.4 National Commission on Special Needs in Education and

Training en die National Committee on Education Support

Services

’n Gesamentlike verslag oor die bevindinge van dié twee liggame is in November 1997 aan die Minister van Onderwys oorhandig wat ’n finale verslag in Februarie 1998 vir kommentaar en aanbevelings deur die algemene publiek gepubliseer het (RSA 2001: Executive Summary Art. 2-3; EENET 2002: 1).

Die sentrale bevindinge van die ondersoek het die volgende bevestig (RSA 2001: Executive Summary Art. 4):

q Gespesialiseerde onderwys en steundienste is hoofsaaklik aan ’n klein persentasie leerders met gestremdhede binne spesiale skole en klasse voorsien.

q Waar voorsiening gemaak is vir spesiale onderwys en steun is dit op ’n

rasse grondslag verskaf, met die beste menslike, fisiese en materiële hulpbronne gereserveer vir blankes.

q Die meeste leerders met gestremdhede het óf buite die stelsel geval, óf het in die hoofstroom beland omdat daar nie ’n alternatief was nie.

Hoofstuk 2: ’n Beleidsoorsig

29

geslaag om die diverse behoeftes van die leerder populasie aan te spreek nie en dit het daartoe gelei dat ’n enorme aantal leerders uitsak en die skool voortydig verlaat, druip of uitgeskuif word.

q Terwyl daar wél tot ’n mate tydens die formele skool aandag geskenk is aan spesiale behoeftes en steun is dit in ander vlakke van onderwys ernstig afgeskeep.

Die National Commission on Special Needs in Education and Training en die National Committee on Education Support Services het in hulle verslag aan die Minister van Onderwys die volgende aanbevelings gemaak:

q Die onderwys- en opleidingstelsel moet onderwys vir almal bevorder (RSA 2001: Executive Summary Art. 5; Inglis 2001: 2).

q Die ontwikkeling van inklusiewe en ondersteunende sentrums vir leer moet bevorder word (RSA 2001: Executive Summary Art. 5; Inglis 2001: 2).

q Die stelsel en sentrums moet alle leerders in staat stel om aktief deel te neem aan die opvoedingsproses sodat hulle hul potensiaal kan ontwikkel en uitbrei, en as gelykwaardige lede ’n rol in die gemeenskap kan vervul (RSA 2001 : Executive Summary Art. 5; Inglis 2001: 2).

Die aanbevelings is deur die wetgewer aanvaar en het gelei tot die publisering van die inklusiewe-onderwysbeleid wat hierna bespreek word.

2.3.3 Beleidsbepaling in Suid-Afrika: Education White Paper 6: