• No results found

HOOFSTUK 2: DESKRIPTIEF-EMPIRIESE PERSPEKTIEWE OP

D: Hoëpersentasie gesindhede deur respondente

2.8 DESKRIPTIEF-EMPIRIESE GEVOLGTREKKINGS OOR DIE

DIE GELOOFSGEMEENSKAP (KERK) TOT ’N RIMPEL-EFFEK VAN

GEREGTIGHEID

In dié hoofstuk is eerstens ʼn deskriptiewe ondersoek gedoen om vas te stel wat in die gemeenskap aangaan, en tweedens is empiriese navorsing gedoen om te bepaal wat lede van die gemeenskap se sienings is rakende die rol van die kerk (geloofsgemeenskap) ten opsigte van geregtigheid in die Suid-Afrikaanse samelewing, asook die kerkleier se rol daarin.

Browning verwelkom en ondersteun empiriese navorsing en wetenskaplike metodes om lewensvrae te beantwoord. Hy pleit egter dat daar van streng laboratorium-agtige empiriese navorsingsmetodes wegbeweeg moet word tydens die ondersoek van menslike ervarings (paragraaf 1.4.1.1.). Die navorser poog gevolglik om sekere hoofgedagtes te beklemtoon.

2.8.1 Empiriese gevolgtrekkings

 Die navorser is van mening dat die gemengde navorsing mekaar duidelik aanvul. Die kwantitatiewe vraelyste gee numeriese gesindhede rakende geregtigheid en die kerk se rol daarin met persentasies weer. Die ingevulde kwalitatiewe vraelyste gee wyduiteenlopende antwoorde rakende ongeregtighede asook oplossings en praktiese idees wat elke lid van die Suid-Afrikaanse geloofsgemeenskap tot deelname kan begelei. Die kwalitatiewe verklaar en veroorsaak ʼn verder uitbouing van vrae se begrippe (paragraaf 2.7.11).

 Vanuit bogenoemde blyk dit dat daar respondente is wat meen dat ongeregtighede in die samelewing hulle nie raak nie, of dat hulle nie daarvan bewus is nie. Die navorser is daarom van mening dat dit nodig is vir ʼn bewusmaking insake ongeregtigheid deur die geloofsgemeenskap.

 Die navorser het ná elke afdeling opsommende hoofgedagtes beklemtoon. In hierdie gedeelte oor empiriese afleidings word daarom op die numeriese gefokus. Meer indiepte-antwoorde kan by elke afdeling gelees word.

 94,8% respondente meen Suid-Afrikaanse kerke moet deel wees van die oplossings in plaaslike gemeenskappe.

107  94,7% respondente stem saam dat God goed is en daarom het die geloofsgemeenskap die verantwoordelikheid om sy goedheid aan die lede van die gemeenskap te wys met dade van vriendelikheid.

 94,6% respondente meen dat die samelewing baat kan vind by die kerk se funksionering as ʼn gemeenskap van gelowiges met ’n visie vir God se sorg in die samelewing.

 96,4% respondente meen dat ware gasvryheid in gemeenskappe benodig word wat mense verwelkom, omhels en mededeelsaamheid betoon.

 92,9% respondente meen dat deurlopende dade van vriendelikheid en deernis beskou moet word as aktiveerders vir gesindheidsverandering in ’n samelewing ten opsigte van sosiale geregtigheid.

 92,9% respondente meen ongeregtighede in kerke en gemeenskappe moet bekendgemaak word.

 92,1% respondente meen die kerk kan mense begelei, beïnvloed en bemagtig om maatskaplike ongeregtighede met maksimale effektiwiteit binne plaaslike gemeenskappe aan te spreek.

 92% respondente meen die kerk het ʼn verantwoordelikheid om die geloofsgemeenskap te begelei in die regstelling van ongeregtighede soos rassisme en xenofobie.

 92% respondente meen die kerk moet betrokke wees in die stryd om menswaardigheid.

 92% respondente meen daar is ʼn behoefte vir ʼn verenigde stem vanuit die kerk teen ongeregtighede.

 92% respondente meen dat as die kerk ’n betroubare stem van rede en nasiebou wil wees, sy as ʼn stem vir benadeeldes in die samelewing moet bekendstaan.  91,2% respondente meen godsdiens kan ’n belangrike rol speel in die leiding van

gemeenskappe ten opsigte van maatskaplike ongeregtighede asook in die beïnvloeding van hul gesindhede teenoor ongeregtighede.

 91,1% respondente meen dat kerkleiers in plaaslike gemeenskappe betrokke moet raak met strategieë vir konstruktiewe prosesse van dialoog (munisipaliteite, polisieforums, ens.).

 91,2% respondente meen dat kerkleiers voorbeelde van versoening vir alle mense moet wees in ’n pluralistiese Suid-Afrika.

108

2.8.2 Deskriptiewe empiriese gevolgtrekkings

In hierdie hoofstuk is geregtigheid bespreek wat beteken om reg te handel volgens die wil van God. Geregtigheid word gekenmerk deur ’n lewenswyse van omgee vir ander mense wat insluit ’n verbintenis tot regverdigheid en dit wat reg is.

Vanuit die Suid-Afrikaanse konteks sluit geregtigheid dus in die gelyke behandeling van alle mense, herstellende geregtigheid, die aanspreek van onregverdigheid en regverdige verdeling van voordele. Geregtigheid sluit ook in om te waak teen Westerse meerderwaardige denke, neoliberalisme, kulturele identiteit as afgod, misbruik van taal en die misbruik van mense (om hulle te sien as voorwerpe van ekonomiese bedreiging

in plaas van medegeskapenes en as deel van die geloofsgemeenskap).

In paragraaf 2.7.1 is gesien dat Browning meen dat dialoogvoering nodig is in die soeke na oplossings. Verskillende groepe se insette word benodig vir die bevrugting van gedagtes vir beter oplossings. Fronesis word benodig, veral met die oog op wat ʼn “goeie gemeenskap” en die “common good” is, juis omdat elke gemeenskap se “gemeenskaplike welsyn” verskil.

Vanuit die verwerkte inligting rakende Mathjabeng (Goudveld, Vrystaat), kom die navorser tot die volgende gevolgtrekkings:

 Die gemeenskap het ʼn positiwiteit rakende die invloed van die kerk (geloofsgemeenskap) asook ʼn openheid ten opsigte van die begeleidingsrol van die kerk tot dade van geregtigheid.

 Vanuit die gemeenskap se openheid, kan Vorster (2014:151) se toepassing van die beeldspraak van kerke as “kragstasies” en gelowiges as “kragdrade” in die skep van ʼn etos van menswaardigheid vir die gemeenskap tot voordeel wees. Soos kragstasies energie opwek om lig en krag aan ’n stad te gee, so moet die kerk deur goeie dade en diensbaarheid menswaardigheid skep. Geen lewensterrein of plaaslike gemeenskap kan uitgesluit word van die morele wet dat

alle mense menswaardig behandel moet word as geskapenes nie.

 Menswaardige optredes word benodig wat hoop kan gee in die huidige Suid- Afrikaanse konteks, veral ten opsigte van klas, rassisme, seksisme en

xenofobie. Die 89,3% Christene (geloofsgemeenskap) in die land het die

109  Die geloofsgemeenskap word as “waghond” benodig om gemeenskappe na geregtigheid te begelei, versoening te bewerkstellig en ʼn vredevolle saambestaan te skep.

 ʼn Etos van versoening kan dus deur die plaaslike kerk geskep word. Die kerk dien as ʼn uitstalvenster van hoe mense kan saambestaan en -leef. Die plaaslike gemeente dien as ʼn simbool van konstante vernuwing van verhoudings tot versoening. Alledaagse optredes sluit ʼn etiek van vergifnis en menswaardige optredes in. Die kerk se rol in sosiale uitdagings sluit in om soos aktiewe stroombane as God se dissipels verantwoordelikheid vir die burgerlike samelewing en gesamentlike onreg te neem. Die kerk in al haar bedieningsvorme word benodig. Kerke word gevolglik as agente van versoening in ’n nuwe Suid-Afrika benodig.

 God is goed en daarom het die geloofsgemeenskap die verantwoordelikheid om sy goedheid aan ALLE lede van die gemeenskap te wys deur goeie dade.  Die gemeenskap kan baat vind by die kerk se funksionering as ʼn gemeenskap van

gelowiges met ’n visie van God se sorg in die samelewing.

 In die visie vir God se sorg in die samelewing word die kerk na introspeksie gedwing. Die betekenis van versoening sowel as die teologiese integriteit van die kerk word bevraagteken. Nuwe strategieë word dus benodig wat fokus op vernuwende denke (ook met betrekking tot ubuntu-beginsels), medemenslikheid en opregte koinonia.

 Aanpasbare kerkleiers binne geloofsgemeenskappe behoort gevolglik gemeentes te begelei tot nuwe perspektiewe ten opsigte van die kerk se bemiddelende taak, asook kreatiewe insigte aangaande die rol van die kerk in broederskap, versoening en plaaslike arm gemeenskappe. Soos in die voorbeeld van Paulus, behels leierskap ’n gesamentlike proses wat netwerke vir kommunikasie en aksie skep (paragraaf 2.6).

 Vennootskappe met ander kerke en organisasies in die gemeenskap word benodig, asook die besef dat gemeenskapsontwikkeling rekening moet hou met langtermyn (volhoubare) beplanning.

 Goddelike verhoudings gebou op ʼn “selfopofferende” fondament het die potensiaal om vanuit gemeenskaplikheid lewens te hervorm en te verbeter. Die uitdaging is egter om spanningsvelde te belig soos die kultuur van kerkbywoning versus

110 liefdeloosheid en individualisme. Normatiewe optredes word dus dringend benodig (vgl. paragraaf 2.6).

 De Gruchy (vgl. paragraaf 2.2) verbind die stryd om geregtigheid aan ʼn ekumeniese, profetiese en publieke ekklesiologie. Die outeur pleit by die kerk om kairos-oomblikke te herken. Die outeur meen die mislukking van die Christelike kerk om as ʼn omgee-stem teen ongeregtigheid op te tree, is teleurstellend.

Die navorser beklemtoon gevolglik die pleidooi van hierdie navorsing se respondente vir die kerk se betrokkenheid by die geloofsgemeenskap. Vanuit die deskriptief-empiriese studie kom die navorser tot die gevolgtrekking dat die geloofsgemeenskap wel die potensiaal het om ’n rimpel-effek van geregtigheid in die plaaslike gemeenskap te bewerkstellig.

111

HOOFSTUK 3: HISTORIESE (NORMATIEWE) STUDIE OOR DIE