• No results found

4. NAVORSINGSONTWERP EN METODOLOGIE

5.3 Bespreking van die resultate van deelnemers se oortuigings, kennis

5.3.2 Deelnemers met 5 – 9 jaar onderwysondervinding

Tabel 5.3 gee „n opsomming van die resultate van die vier deelnemers met 5 - 9 jaar onderwysondervinding ten opsigte van hulle klaskamerpraktyke, oortuigings oor wiskunde en kennis waaroor „n wiskunde-onderwyser behoort te beskik.

Bespreking

Nadat elkeen se response vanuit die vraelyste en onderhoude bestudeer is, is die volgende afleidings aangaande die deelnemers se oortuigings (kyk 3.2) gemaak:

Deelnemers B1, B2 en B3 het platonistiese oortuigings oor die aard, leer en onderrig van wiskunde getoon, terwyl A2 probleem-gedrewe oortuigings gehad het.

Volgens al vier deelnemers (A2, B1, B2 en B3) is vakinhoudelike kennis en kurrikulumkennis belangrik vir die effektiewe onderrig van meetkunde (kyk 3.3). Drie deelnemers (A2, B1 en B3) vind kennis oor die skep en bestuur van ‟n gunstige leeromgewing ook belangrik vir die onderrig van meetkunde. Twee deelnemers (A2 en B3) vind dit ook belangrik dat onderwysers oor die nodige pedagogiese inhoudskennis moet beskik in die effektiewe onderrig van meetkunde. Daar is egter geen verwysing na die Van Hiele vlakke gemaak nie. Volgens twee deelnemers (A2 en B3) is dit belangrik dat wiskundeonderwysers moet kennis dra van die gebruik van tegnologie in die onderrig van meetkunde.

104 Tabel 5.3 Deelnemers met 5 - 9 jaar onderwysondervinding

Oortuigings ten opsigte van die aard van wiskunde Deelnemer Wiskunde is primêr 'n

abstrakte vak.

Wiskunde gaan oor die

beredenering in die oplos van probleme.

Wiskunde is die akkumulasie van feite, reëls en vaardighede

Wiskunde is 'n dinamiese,

voordurende uitbreidende veld van die menslike skepping

A2 x x

B1 x x x x

B2 x x x

B3 x x x x

Oortuigings ten opsigte van die leer van wiskunde Deelnemer Leerders moet die

wiskundekonsepte, beginsels en tegnieke verstaan

Tyd moet spandeer word aan oefening van konseptuele prosedures voordat leerders tyd aan die oplos van probleme bestee

Leerders behoort redes te verskaf om hul oplossings te staaf

Herhaalde oefening kan tot beter begrip van wiskunde lei

A2 x x x

B1 x x x x

B2 x x x

105

Oortuigings ten opsigte van die onderrig van wiskunde Deelnemer Wiskunde-

onderrig behoort die ondersoek en bevindinge van die leerders ook in te sluit Wiskunde behoort as 'n versameling van konsepte, vaardighede en algoritmes onderrig te word Leerders moet gedurende wiskundelesse aangemoedig word om hulle wiskunde- idees te verduidelik Dit is belangrik dat 'n wiskunde- onderwyser die handboek of skema streng moet volg Die wiskundeonderwyser vervul hoofsaaklik die rol van 'n fasiliteerder in die wiskundeklas

Die wiskundeonderwyser se hoofrol in die

wiskundeklas is om die wiskunde aan die leerders te verduidelik

A2 x x x x x

B1 x x x x

B2 x x

B3 x x x x x

Kennis waaroor ‘n wiskundeonderwyser behoort te beskik Deelnemer Vakinhoudelike

kennis

Pedagogiese inhoudskennis

Kurrikulumkennis Skep en bestuur van 'n gunstige leeromgewing Reflektering Tegnologie A2 x x x x x B1 x x x B2 x x x B3 x x x

106

Klaskamerpraktyk van die deelnemers

Deelnemer Leeromgewing Klaskamerdiskoers Leerstrategieë Onderrigstrategieë Wiskundetake

A2 a) Skep 'n gunstige

sosiale leeromgewing waar interaksies tussen onderwyser en leerders

plaasvind. b) Konstruktivistiese

benadering tot leer.

Onderwyser-leerder- en leerder-leerderinteraksie (leerdergesentreerd) a) Kognitief b) Organisatories c) Probleemoplossing

Induktief en deduktief a) Deduktief b) Voldoende moeilikheidsgraad

B1 a) Gebrek aan die skep

van 'n gunstige sosiale leeromgewing waar interaksies tussen onderwyser en leerders

plaasvind. b) Behavioristiese

benadering tot leer.

Onderwyser-leerder-interaksie (onderwyser-gesentreerd) a) Kognitief b) Organisatories Deduktief a) Deduktief b) Voldoende moeilikheidsgraad

B2 a) Gebrek aan die skep

van 'n gunstige sosiale leeromgewing waar interaksies tussen onderwyser en leerders

plaasvind. b) Behavioristiese

benadering tot leer.

Onderwyser-leerder-interaksie (onderwyser-gesentreerd) a) Kognitief b) Affektief c) Organisatories Deduktief a) Deduktief b) Voldoende moeilikheidsgraad

107

B3 a) Gebrek aan die skep

van 'n gunstige sosiale leeromgewing waar interaksies tussen onderwyser en leerders

plaasvind. b) Behavioristiese

benadering tot leer.

Onderwyser-leerder-interaksie (onderwyser-gesentreerd)

a) Kognitief b) Organisatories

Induktief en deduktief a) Deduktief en induktief b) Voldoende moeilikheidsgraad

108 Bespreking (vervolg)

Uit Tabel 5.3 is dit verder duidelik dat drie deelnemers (B1, B2 en B3) se onderrig op ‟n behavioristiese benadering tot leer (kyk 2.2.1.1) gebaseer is, waar die klem op die oordra van kennis, drilwerk en herhaalde oefening is. Dit het dus tot gevolg dat daar nie sprake is van die opbou van interne verhoudinge waar die leerders in ‟n “samesynomgewing” (kyk 2.2) leer en deel voel van die klasbesprekings nie. Daar is slegs sprake van onderwyser-leerder-interaksie (kyk 2.3.1) in die sin dat die onderwyser vrae vra en die leerders dit beantwoord. Deduktiewe onderrigstrategieë (kyk 2.5.1) word gebruik in die onderrig van meetkunde.

Deelnemer A2 skep ‟n “samesynomgewing” waar die leerders gesamentlik sin kan maak van wiskunde. Daar is sprake van onderwyser-leerder- en leerder-leerder- interaksie en onderrigstrategieë gebaseer op „n konstruktivistiese benadering tot leer (kyk 2.2.1.3), word gebruik. Die leerder word dus nie gesien as ‟n passiewe ontvanger van kennis nie, maar as ‟n aktiewe deelnemer wat sy/haar eie kennis opbou en sin daaruit maak op grond van sy/haar eie persoonlike ervaring en interaksie met die leeromgewing. Induktiewe onderrigstrategieë (kyk 2.5.2) word deur hierdie deelnemer (A2) aangewend.

Volgens deelnemers B1 en B3 is kognitiewe en organisatoriese leerstrategieë (kyk 2.4) van belang in die leer van meetkunde. Deelnemer B2 vind kognitiewe, affektiewe en organisatoriese leerstrategieë belangrik vir die leer van meetkunde en deelnemer A2 voeg ook probleemoplossing as leerstrategie by. Al die deelnemers (A2, B1, B2 en B3) se wiskundetake (kyk 2.6) voldoen aan die moelikheidsgraad soos deur die assesseringsriglyne vir wiskunde (DBE, 2008a:13) voorgeskryf. Soos by die deelnemers wat 0 – 4 jaar onderwysondervinding het, is daar weereens slegs sprake van aanvanklike induktiewe take en assessering, waarna daar teruggeval word op deduktiewe inoefening deur die doen van baie meetkunde probleme.

Deelnemer A2 is die enigste deelnemer in dié groep wat ‟n hervormde klaskamerpraktyk ten toon gestel het. Leerders word aangemoedig om aktief deel te wees aan die leer van meetkunde en om deel te hê aan klasbesprekings ten einde sin te maak van die meetkunde wat geleer word. Deelnemer A2 het verder probleemgedrewe oortuigings oor wiskunde (kyk 3.2). Deelnemers B1, B2 en B3 het

109

platonistiese oortuigings oor wiskunde en het ‟n tradisionele klaskamerpraktyk ten toon gestel. Gevolglik, word ‟n verband tussen klaskamerpraktyk, oortuigings en kennis waaroor onderwysers beskik, waargeneem (kyk 3.4).