• No results found

Beskouings op die ontwikkelingsgang van plaaslike regering

3. PLAASLIKE REGERING

3.2 Beskouings op die ontwikkelingsgang van plaaslike regering

In aansluiting by die voorafgaande bespreking kan na die ontwikkelingsgang van plaaslike regeringsteoretisering in die Verenigde Koninkryk verwys word. Ook in aansluiting by die bespreking hierbo, ten opsigte van demokrasie en die gaping wat J S Mill in die liberaal demokratiese denke geskep het, meen Stoker (1996:5) dat: “Mill’s position rested on two main arguments. First, that local political institutions would be an essential element in a system of democratic government, because they widen the opportunity to participate and provide the capacity to educate the citizen in the practice of politics and government. Second, that substantial scope for local public administration made practical sense because local interest, knowledge and capacity to oversee made the prospect of achieving efficient and effective service provision more likely”.

Uiteindelik word die belangrike punt bereik waar Stoker (1996:6-7) aanvoer dat: “The nineteenth- and early-twentieth century theorists established three core arguments for local government which have dominated the literature. First, local government provided an opportunity for political participation. Second, it helped to ensure efficient service delivery. Third, it expressed a tradition of opposition to an overly centralised government. The vision of local government they offered was of a relatively autonomous, multi-purpose institution providing a range of services, with a tax-raising capacity and controlled through the election of representatives to oversee the work of full-time officials”. Hierdie posisie word nog in die laat-20ste eeu bevestig waar Barnett (2006:327) die Widdicombe Komitee aanhaal:

“The value of local government stems from its three attributes of:

(a) Pluralism, through which it contributes to the national political system; (b) Participation, through which it contributes to local democracy;

(c) Responsiveness, through which it contributes to the provision of local needs through the delivery of services”.

Hierdie siening van plaaslike regering vestig dus die verband tussen die rolle van dienslewering, deelname en die balansering van magskonsentrasie in die

52 staatsbestel en daarmee ook demokrasie – ten minste op ’n basiese verteenwoordigende vlak en veral in unitêre staatsvorm-konteks en spesifiek binne die Verenigde Koninkryk.

Met bogenoemde in gedagte sou geargumenteer kan word dat die teoretiese begronding van plaaslike regering reeds duidelik in die 19de eeu beslag gevind het. Die ontwikkeling van die welsynstaat in die 20ste eeu (wat ook bepaalde relevansie vir Suid-Afrika in die laat-20ste en die 21ste eeu inhou) bring egter mee dat in meer besonderhede met die betekenis van plaaslike regering omgegaan moet word. Sharpe, soos bespreek deur Stoker (1996:8) voeg waarde toe tot hierdie bespreking deur plaaslike regeringsteoretisering ietwat uit die ruimte van teenvoeter van sentrale tirannie te neem.12 Stoker (1996:8) stel dit vervolgens dat: “He (Sharpe) has

more time for another element of the traditional arguments, namely the opportunity for participation afforded by local government. He notes the limits to participation in practice but concludes: ‘participation in its different forms emerges as an undoubted

value (eie beklemtoning), if not in the full glory of some of its promoters at least as an

important justification for local government in a democracy’”.

Die aanhaling hierbo hou etlike betekenisvolle inhoude vir ’n begrip van plaaslike regering in. Eerstens, die verstaan van verskillende vorme van deelname wat juis in die verdere ontplooiing van hierdie studie aandag sal geniet. Die voorlopige implikasie is dus ook een van variasie en moontlike komplementariteit wat verskillende vorme van deelname mag inhou. Tweedens, die gedagte van deelname as ’n onbetwiste waarde. Hierdie gedagte is ook betekenisvol vir die ontplooiing van hierdie studie. Daar is reeds in Hoofstuk 1 na die grondwetlike konteks van Suid- Afrikaanse plaaslike regering verwys, maar op hierdie punt kan weer verwys word na

12Moontlik kan geargumenteer word dat ’n teoretiese plasing van plaaslike regering as teenvoeter vir

sentrale tirannie plaaslike regering gevolglik in terme van nasionale of sentrale regering definieer – dus is plaaslike regering se bestaansreg gekoppel aan die nasionale regering, en moontlik in ’n posisie van ewigdurende ondergeskiktheid, terwyl plaaslike regering in eie reg beskou moontlik groter demokratiese waarde en ook meer outonomie inhou. Suid-Afrikaanse plaaslike regering sou moontlik ’n dichotomie in hierdie verband vertoon deurdat dit steeds relasioneel teenoor nasionale en provinsiale regering geplaas kan word, maar andersyds ’n sferiese kwaliteit aanneem wat groter outonomie impliseer.

53 die “samelewing gegrond op demokratiese waardes”13 waarna in die Aanhef tot die

Grondwet, 1996 verwys word.

Hierbo is reeds ’n duidelike aanduiding verkry ten opsigte van die tradisionele begrip van plaaslike regering en dit is ook aangedui dat aspekte van hierdie begrip in alternatiewe begrippe van plaaslike regering neerslag vind. Vervolgens sal kortliks aan hierdie alternatiewe aandag geskenk word. Dit sal egter ook blyk dat daar ’n bepaalde ineenvloei van die tradisionele en alternatiewe begrippe is. Hilliard (1996:3-10) lys ’n aantal rolle wat aan plaaslike regering toegeskryf kan word. Hierdie rolle is: noodsaaklike diensverskaffer, bevrediger van gemeenskapsbehoeftes, voorsiener van unieke behoeftes, reguleerder van verstedeliking, ontwikkelaar van demokrasie, verbreder van responsiwiteit en toeganklikheid, kosteverhaler van die verbruiker, verbetering van beheer, opvoeder van inwoners en vermindering van vooroordeel. Lemon (2002:25) dui ook aan dat: “Local government restructuring is invariably justified or opposed in terms of arguments concerning administrative efficiency, economies and diseconomies of scale, equity, autonomy and democracy”. Stoker (2002:32) argumenteer dat ten minste twee internasionale tendense in plaaslike regering geïdentifiseer kan word. Eerstens, ʼn verandering vanaf ’n vernoude fokus op die direkte organisering van diensverskaffing na ’n ruimer fokus op gemeenskapsleierskap en burgerskap. Tweedens,’n behoefte om verkiesings en verteenwoordigende politiek aan te vul met ’n groter spektrum van insette van die plaaslike demokratiese polis. Beide hierdie tendense is van kardinale belang in die begrip van die betekenis van plaaslike regering hier onder bespreking en ook vir hierdie studie in die algemeen. Hierdie belang staan in die lig van die ineenvloei van tradisionele en alternatiewe begrippe van plaaslike regering en ook in die lig van hierdie studie se fokus op deelnemende

13 Die Grondwet, 1996 verwys by name na die demokratiese waardes van menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Sien artikel 7(1) as deel van die Handves van Regte. Artikel 1 as deel van die Grondliggende Bepalings verwys na ’n aantal waardes wat ondersteunend tot die demokratiese staat is. Hilliard (1996:4) beskryf waardes as: “concepts, goals or activities defined as significant in a society – things worth being or doing or having (McGee 1972:208). Values are general standards about what is desirable (Society Today 1973:352)”. Geldenhuys (1996:19) brei ook hierop uit en dui aan dat: “Where democracies are in place, typically they take on values and commitments of a humanistic nature. In the future of South Africa at the local level, this situation seems inevitable. This is because the ultimate power of towns and cities is in the hands of the inhabitants themselves. They are likely to use this advantage in people-oriented ways. In South Africa, and therefore in its towns and cities, the striving is for freedom of personal expression, respect for individual development and personal rights and, foremost, for tolerance of divergent opinions”. Sien ook Wiechers (1993) vir ’n bespreking van waardes en norme as die grondslae van ’n stabiele staat.

54 demokrasie. Uit bogenoemde aanhalings is dit duidelik dat teenoor die tradisionele beskouing daar in die alternatiewe beskouings groter klem geplaas word op ontwikkeling van demokrasie, responsiwiteit en toeganklikheid, vermindering van vooroordeel, gelykheid, outonomie, gemeenskapsbehoeftes en veral die tendense deur Stoker geïdentifiseer wat ’n klem op burgerskap (vergelyk die vroeëre opmerking oor die hiërargiese opset en burgerskap) en die “aanvulling” van verteenwoordigende demokrasie plaas. Dit kan ook geargumenteer word dat wanneer hierdie studie se teoretiese grondslag in terme van demokratiese konsolidasie bespreek word, die saak van burgerskap ook meer prominent word.