• No results found

BEMIDDELING IN SKRYFONTWIKKELING

Historiese Sielkunde

EMOSIONELE BEHEER:

6.3 BEMIDDELING IN SKRYFONTWIKKELING

Omdat kindertekeninge idees, stories en konsepte weergee en kinders voorberei vir skryfontwikkeling, is dit duidelik dat dit deur bemiddeling moontlik is om relevante strategieë te definieer wat beide taal- en tekenontwikkeling kan uitbrei. 'n Sistematiese, maar informele benadering tot ordening van denke en metakognisie kan gevolg word sonder om die essensiële, informele voorskoolse opvoedkundige aktiwiteit en spel te benadeel. ‘n Graad R- leerder beskik nie noodwendig oor voldoende taalgebruik om vrees, woede, vreugde of nuuskierigheid te verwoord nie. ‘n Bemiddelaar kan hom help om sy emosies te herken en terwyl hy dit in storieverband teken, te verwoord. Dit lei tot interaksie, emosionele beheer, taalontwikkeling en eindelik skryfontwikkeling. Kinders kan dus in hul ZPD-sone uitgedaag word om hul kognitiewe-, perseptuele-, emosionele-, sosiale en motoriese vaardighede te ontwikkel en aan te wend in die proses tot skryfontwikkeling, terwyl hulle terselfdertyd die aktiwiteit kan geniet.

In die ZPD-sone beteken skryfontwikkeling dat die bemiddelaar ‘n rolmodel is wat die pad met empatie aanwys, leergeleenthede bied sodat die kind al sy leermoontlikhede kan ontsluit en omstandighede skep waarin die kind veilig en geborge kan voel wanneer hy blootgestel word aan taal- en skryfervarings. Die kind moet voel dat dit waardevol en waar is voordat hy dit sal glo en hy sodanig positief beïnvloed sal word om nuwe kognitiewe vlakke te wil bereik. Maklike en effektiewe kognitiewe leer hang eerstens af van ‘n goed toegeruste sintuiglike stelsel, die brein en die motoriese stelsel. Ontwikkeling in fisiese beweging (ervaring en oefening in kernspiere, liggaamsbeeld, liggaamsbewustheid, balans, ruimtelike bewustheid, rigtingoriëntasie, lateraliteit en persepsie) beïnvloed kognitiewe ontwikkeling en is belangrik vir lees en skryf. Om te kan eksploreer en waar te neem moet ‘n kind met selfvertroue en bekwaamheid kan beweeg om sy emosies te stimuleer. Interaksie en sosiale belewenisse ontwikkel emosies. Emosie ontwikkel emosionele ervarings, selfkonsep en die motivering om te

wil speel en leer. Dit bepaal waaraan ‘n kind aandag skenk, waarop hy konsentreer, wat hy onthou en lei tot vaardigheid- en kennisvaslegging in die langtermyngeheue.

Emosie en kognisie is onafskeidbaar en laasgenoemde word verbeter of verhinder deur emosie: ‘n Stabiele affektiewe belewing is gevolglik ‘n voorwaarde vir alle kognitiewe leerwyses soos eksplorasie, gewaarwording, aandaggewing, waarneming, dink, voorstelling en fantasering en uiteindelik memorisering. Hierdie leerwyses is afhanklik van mekaar, beïnvloed ‘n volgende en betrek die kind in totaliteit. Voorstelling en fantasering is bv. van groot betekenis vir leer. Dit oorskry alle grense van die werklikheid en is onwerklik. Dit is representatief en kreatief, word beïnvloed deur ervaringsbesit en speel ‘n belangrike rol in leer, maar is onlosmaaklik afhanklik van ‘n stabiele affektiewe belewing, omdat ‘n onveilige kind dit nie sal waag om te fantaseer nie. Alle leermodaliteite moet gevolglik deur bemiddeling as ‘n geïntegreerde geheel in ag geneem word voordat kognitiewe bemiddeling en eindelik skryfontwikkeling ter sprake is (De Jager, 2006:11, 21, 23; De Wit & Booysen, 2007:2l, 47-67, 129; Frisch, 2006:75, 77; Pintrich & Schunk, 2002:182).

6.3.1 KLASKAMERORGANISASIE EN –KLIMAAT

Effektiewe bemiddelaars skep nie alleen ‘n geborge emosionele klimaat nie, maar ook ‘n klaskameromgewing waar verwagtings van bekwaamheidspersepsie en samewerking geskep word, korrekte gedrag verduidelik en gemodelleer word, waar leerders geleentheid kry om hierdie vaardighede te beoefen en waar korrekte terugvoer leerders toenemend motiveer om aktief deel te neem aan en in beheer te wees van ‘n leersituasie. Dit word verkry deur leerders toe te laat om keuses te maak t.o.v. aktiwiteite, tyd, plek en die wyse waarop hulle dit wil doen. Geleentheid moet geskep word vir onderlinge respek, refleksie, metakognisie en selfregulering deur leerders toe te laat om te praat, luister en vrae te stel in ‘n sosiale konteks deur resiproke aktiwiteite (Pintrich & Schunk, 2002: 344-350). Skryfontwikkeling is dus ‘n komplekse en voortdurende proses wat die kind in totaliteit betrek.

6.3.2 PROSESGERIGTE INTERAKSIE

Die grootste uitdaging vir die bemiddelaar is om die kind aan die praat te kry! Malchiodi, ‘n kunsterapeut, (1998:47-58) ontwikkel strategieë om die bemiddelaar te help om

prosesverwante vrae aan haarself te stel sodat sy proses-, i.p.v. produkgerig kan wees en om haarself te help om tekeninge en kinderreaksies te begryp (Groenewald, 2010:25). Daar word dus glad nie gefokus op die hoe en waarom van die eindproduk nie. Wanneer daar in 'n proses-gesentreerde omgewing geteken word, val die klem op die verhouding tussen kind en bemiddelaar. Die bemiddelaar sal byvoorbeeld ingestel wees op faktore soos

• impulsiewe gedrag, • of die kind gefokus is,

• opdragte uitvoer of aandagafleibaar is. • Kan hy materiaal met sy maats deel?

• Kom hy teruggetrokke, kalm en interaktief voor terwyl hy teken of • is hy senuweeagtig en begaan oor foute?

• Is hy opgewonde oor sy eindproduk en die storie wat daarmee gepaard gaan?

Die bemiddelaar moet eerstens self entoesiasties wees en 'n ondersteunende en geborge omgewing skep deur die aktiwiteit aantreklik en interessant aan te bied. As die atmosfeer ontspanne is en die kind verdiep raak in die aangename en kreatiewe proses word 'n vertrouensverhouding geskep tussen leerder en bemiddelaar. Om beter begrip vir leerders se tekeninge te bekom verg ‘n subjektiewe oor wat eers sal luister na hul stories en dan vrae sal stel! Dit lei dan tot die uitruil van gedagtes, sodat die kind eindelik sy begrip, denke, gevoel, emosies, konflik, wêreldbeskouing en storie kan verbaliseer: ...wanting to share information that

they might not otherwise disclose, especially if they feel comfortable with the creative activity or directive provided (Malchiodi, 1998:48).

Die kind kan egter ook terughoudend wees en die aktiwiteit oorweldigend vind as gevolg van depressie, wantroue, kommer, kulturele agtergrond, traumatisering deur misbruike of geweld. Hy kan moontlik selfs taalprobleme ondervind as gevolg van nie-moedertaalonderrig. ‘n Bemiddelaar moet dus elke kind op s! vlak ontmoet, faktore wat MLE bevorder (cf. 6.2.1) in ag neem en op subtiele wyse resiproke gedrag, betekenisgewing, voortreflikheid, bekwaamheidspersepsie, selfregulering en emosionele beheer uitlok en dit hanteer.

Hoekom-vrae is onproduktief en soms moeilik vir die kind om te antwoord. Dit is beter om te beskryf wat jy sien, bv. Ek sien 'n mens in die huis en 'n hond in die erf, 'n groot geel sirkel met

‘n kruis... en te wag op reaksie. Die kind lewer dan gewoonlik kommentaar, veral as die

wat by die venster uitkyk? Wag vir reaksie. Ek wonder wat sien hy? Hoe voel die mense / diere in die prentjie? Watter titel sou jy jou storie gee? Vrae is dus oop-einde-vrae.