• No results found

Horisontaal: sos interaksie Fantasering

8. Ayah teken doelgerig

Sy lyk ontspanne, sit alleen en teken haastig met ‘n dik filtpen. Sy teken vingers en tel dit terwyl sy dit teken. Haar denke dwaal.

Sy skryf haar naam :

A!"h... H"!!"

14/04

Ayah: “Dit is ek. Ek gaan blomme pluk. Ek het hoëhakskoene aan. Hier is ‘n

boomkar. Dit kan ry... vlieg ... en ek kan enige plek met hom gaan. Kyk, my broer het my geleer om oë só te maak. Sy dikteer dan wat sy op

haar prent geskryf wil hê en praat in die derde persoon.“

Navorser: “Dis ‘n asemrowende rok. Wat is op die rok wat dit so treffend maak? “ Ayah: “Bling –bling! Ek kan my van skryf. (Sy skryf dit halfpad). Ek gaan môre na

‘n show kyk in Bloemfontein. Daar’s ‘n towenaar.“

F Tf E1 S Mt R TO VT E2 9. Ayah verf!

Ayah teken ‘n volledige

mensfiguur met afwaartse arms,

vyf vingers aan elke hand, hoëhakskoene, versierings soos juwele, ‘n nek, lippe, tande, en wimpers (Groenewald, 2010:11). Sy teken haastig met vetkryt , maar verf dan versigtig en noukeurig. Sy verf die agtergrond met ‘n dik kwas en gebruik een kleur. Daarna verf sy haar rok met ‘n dun kwas in verskeie kleure (Groenewald, 2010:11; cf. 6.2.1.5). Assosiatiewe tongbewegings kom voor. Sy loop selfbewus – vinger in die mond – na die oop spasie in die klas en split skielik. Sy glimlag en kyk selfbewus rond.

Sy sit later in die outeurstoel en toon haar voltooide skepping aan die maats sonder ‘n woord.

18/04

Navorser: “Kyk net hierdie ongelooflike skildery! Die kleure is briljant gekies! “ Ayah: “My rok is van goud gemaak met baie juwele. Dis ‘n Aspoestertjie-rok. Ek

kan dans. En ek kan split. Kan ek die kinders wys?“

Navorser: “ Ons wil graag sien. Mooi! Kom ons klap vir die slim kind! “

Leerders klap spontaan hande. “Wow! “

Ayah: “Sê vir Basi sy kan tog nie split nie! Sy kan ook nie ‘n wawiel maak nie.

Ek kan! “ (Sy kom fluister dit in die navorser se oor, giggel en gaan plaas

haar skepping op die vloer om droog te word.) Navorser: “Wil jy regtig hê ek moet dit doen, Ayah?“

Ayah: (Sy giggel, gee die navorser ‘n drukkie, skud haar kop ontkennend en hou haaar arm skaam oor haar oë, terwyl sy lag.)

“ Nee! “

Navorser: “Wil jy vir die maats vertel van jou pragtige, rojale rok?“ Sy skud haar kop ontkennend.

F B VT Tf B Th Spro Mo B R Sa B F Spro Sa G

1.4 GEVOLGTREKKING: APRIL

Fisies: Ayah se grootmotoriese ontwikkeling oorskry die vaardighede van ‘n gemiddelde kind. Sy kan ‘n netbalbal sekuur deur ‘n verlaagde doelpaal skiet en kan boonop haar bene plat op die grond oopsplyt. Sy teken haastig met filtpen en vetkryt ‘n volledige mensfiguur en begin uiteindelik verf. Assosiatiewe tongbewegings kom voor. Vlerkagtige arms word vervang met afwaartse arms met vyf vingers aan elke hand.

Emosioneel en sosiaal: Sy kom ontspanne en geborge voor: Sy teken alleen en onafhanklik.

Ek-kan-dialoog kenmerk haar gesprekke: Ek kan my van skryf... Ek kan split.. ‘n wawiel maak

(cf. 6.2.1.4). Sy praat egter nog nie voor ‘n gehoor nie. Resiproke gedrag kom voor: Sy verf met ‘n dik en dun kwas soos sy waargeneem het (cf. 6.2.1.1). Sy bespreek haar prent met die navorser, sit in die outeurstoel en toon haar prent aan die gehoor sonder om te praat.

Kognitief: Haar denke dwaal nog, alhoewel metakognitiewe denke en selfregulering in ‘n geringe mate begin: Sy teken haar figuur volledig en gebruik verskillende skryfapparaat. Sy tel die vingers wat sy geteken het en hou aan werk totdat sy tevrede is.

Taal: Sy beskryf haar tekening aan die navorser met selfvertroue. Sy fantaseer oor ‘n droomrok en ‘n boomkar wat kan vlieg.

Skryf: Sy beskryf haar tekeninge, skryf haar naam en begin haar van skryf, alhoewel laasgenoemde nie volledig is nie en sommige letters sprieëlskrif is. Sy dikteer wat sy geskryf wil hê aan die navorser.

Bemiddeling: Maats se applous asook woordeskat soos asemrowende, treffend, ongelooflike

en rojale dien as motivering. Deur bemiddeling besluit Aya self dat Basiame nie hoef te hoor

dat sy nog nie kan split of ‘n wawiel kan maak nie.

Tabel 6: MEI: AYAH BEGIN FOKUS.

Waarneming Transkripsie Kode

Ayah sit dikwels onafhanklik en teken. Sy verkies steeds om slegs te teken, maar maak toenemend van verf, selfs kleurvermenging en ander tegnieke gebruik. Sy teken doelgerig, fantaseer progressief en haar denke fluktueer ietwat minder. Sy fokus toenemend op die produk, alhoewel haar denke steeds effens dwaal.

10. Vlermuise

Ayah sit gesellig by ‘n groepie en babbel. Sy teken figure van haar gesin wat aksie veronderstel (Groenewald, 2010:12). Sy skryf haar naam en van volledig, bo, links

op die blaai.

A"!h

H

!!!

!

n!t

Sonder om iets oor die tekening te sê begin sy vertel van ‘n vlermuis wat hul gesin die skrik op die lyf gejaag het.

Ayah staan op, rammel haar tekening se vertelling af - sonder dat dit gevra is! - en hardloop opgewonde na die boekhoek (cf. 6.4.1).

07/05

Ayah: “Daar was gisteraand ‘n vlermuis in ons huis. Toe jaag my broer hom met ‘n

kolf.“

Die navorser verduidelik die kwaliteit en nut van vlermuise en hoe om hulle met lig uit te lok (Artikel 2, § 6.1.2.1c).

Ayah: “Ek het dít nie geweet nie! Het ons ‘n boek oor vlermuise? O, ja. Amper

vergeet ek: Dis my pa. Hy werk met hout. My boetie speel bal. My ma dra ‘n glas Coke en ek gaan my pop bad. Ek is nie meer bang vir vlermuise nie. Ek hou van hulle! “

Spro T h TO E2 VT

MLE R S

11. Ayah kry steke en deel die