• No results found

1. Bevorder vroeë diagnose van gehoorverlies by babas, kleuters en jong kinders wat deur onmiddellike oudiologiese hantering en ouditief-verbale terapie gevolg word.

2. Moedig onmiddellike evaluasie en die gebruik van toepaslike gehoortegnologie aan om maksimale voordeel uit ouditiewe stimulasie te verkry.

3. Lei ouers op oor hoe om hul kind te help om sy/haar gehoor as primêre modaliteit te gebruik, in die afwesigheid van gebare taal of klem op liplees, in die ontwikkeling van gesproke taal. 4. Lei ouers op om hul kind se primêre fassiliteerder van luister- en gesproke taalontwikkeling te

word deur aktiewe, voortdurende deelname aan geïndividualiseerde ouditief-verbale terapie. 5. Lei ouers op om omgewings te skep in hul kind se daaglikse aktiwiteite wat luister ondersteun

vir die verwerwing van gesproke taal.

6. Lei ouers op om hul kind te help om luister en gesproke taal in alle aspekte van hul kind se lewe te integreer.

7. Lei ouers op om natuurlike ontwikkelingspattrone van luister, spraak, taal, kognisie en kommunikasie te gebruik.

8. Lei ouers op om hul kind te help om sy/haar gesproke taal te monitor deur middel van luister. 9. Voer voortdurende formele en informele diagnostiese evaluasies uit om geïndividualiseerde

ouditief-verbale behandelingsplanne te ontwikkel, vordering te monitor en die effektiwiteit van dié behandelingsplanne te evalueer vir die kind en die familie.

10.Bevorder opvoeding in hoofstroom-klaskamers met tipiese horende eweknieë met toepaslike ondersteuningsdienste.

190

Bylaag G

Die 14 stappe van tematiese inhoudsanalise soos deur Burnard (1991) voorgestel:

STAP

BESKRYWING

Stap 1

Notas word gemaak rakende onderwerpe wat aangeraak is gedurende die onderhoud.

Stap 2

Transkripte word deurgelees en notas word gemaak rakende algemene temas wat

waargeneem word in die transkripte.

Stap 3

Transkripte word weer deurgelees en soveel as moontlik opskrifte word neergeskryf om alle aspekte van die inhoud te beskryf, behalwe dross. Dross verwys na kwessies wat nie verwant is aan die onderwerp nie. Die ‘opskrifte’ of ‘kategorie-sisteem’ moet ongeveer al die onderhoud-data insluit. Hierdie stap staan bekend as oop-kodering.

Stap 4

Die lys van kategorieë word deur die navorser bestudeer en saam gegroepeer onder hoër- orde opskrifte. Die doel is om die hoeveelheid kategorieë te verminder deur sommige soortgelyke kategorieë saam te voeg tot wyer kategorieë.

Stap 5

Die lys van nuwe kategorieë en sub-opskrifte word nagegaan om soortgelyke en herhalende opskrifte te verwyder en ‘n finale lys saam te stel.

Stap 6

Twee kollegas word genooi om kategorie-sisteme te skep, onafhanklik en sonder om die navorser se lys te sien. Die drie lyste van kategorieë word dan bespreek en aanpassings word aangebring soos nodig. Die doel van hierdie stap is om die geldigheid van die kategoriseringsmetode te verbeter en om vooroordeel deur die navorser te verhoed.

Stap 7

Transkripte word weer deur die navorser gelees tesame met die finale lys van kategorieë, soos ooreengekom deur die navorser en sy/haar twee kollegas. Die doel van hierdie stap is om vas te stel tot watter mate die kategorieë alle aspekte van die onderhoude dek.

Stap 8

Daar word deur elke transkrip gewerk aan die hand van die lys van kategorieë en sub- opskrifte en die inhoud van die transkripte word korrek gekodeer volgens die lys van kategorie-opskrifte.

Stap 9

Elke gekodeerde gedeelte van die onderhoude word uit die transkrip geknip en al die items van elke kode word saam gegroepeer. Veelvuldige fotostate van die transkripte word gebruik om te verseker dat die konteks van die gekodeerde gedeeltes gehandhaaf word. Alles wat gedurende ‘n onderhoud gesê word, word binne ‘n konteks gesê. Om dus die woorde slegs uit te knip uit die transkrip kan daartoe lei dat die betekenis van wat gesê is, kan verander.

Stap 10

Die uitgeknipte gedeeltes word op bladsye geplak volgens die toepaslike opskrifte en sub- opskrifte.

Stap 11

Geselekteerde deelnemers word gevra om die toepaslikheid van die kategorie-sisteem na te gaan en vrae soos byvoorbeeld “Pas hierdie aanhaling uit u onderhoud in hierdie kategorie?”word aan die deelnemers gevra. Aanpassings word dan gemaak soos nodig. Hierdie stap handhaaf die geldigheid van die kategorie-sisteem.

191 word. Kopieë van die volledige onderhoude en bandopnames word ook byderhand gehou wanneer die resulate opgeskryf word sodat die navorser daarna kan terugkeer wanneer enige iets onduidelik is.

Stap 13

Die opskryf-proses begin wanneer al die afdelings saam gebind is. Die navorser begin met die eerste afdeling, selekteer dan al die voorbeelde wat onder die afdeling gegroepeer is en lewe kommentaar wat die voorbeelde verbind. Daarna vorder die navorser na die volgende opeenvolgende afdelings.

Stap 14

Die navorser moet laastens besluit of hy/sy die data-voorbeelde aan literatuur wil koppel, al dan nie.

192

Bylaag H

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE

KOMITEE VIR MENSNAVORSING (KMN)

AANSOEK OM REGISTRASIE VAN 'N NUWE NAVORSINGSPROJEK

(Voltooi asb. in tikskrif)

A. HOOFNAVORSER

Van Coetzer Voorl. T. Titel Mej

Departement Interdissiplinêre Gesondheidswetenskappe, Afdeling Spraak-, Taal en Gehoorterapie

Huidige amp Spraak-taalterapeut E-pos 14267772@sun.ac.za

Telefoonnommer (w) (053) 802 2338 Sel 082 7710688 Faks (053) 802 2432

B. PROJEKTITEL (MAKSIMUM VAN 250 KARAKTERS VIR DATABASIS DOELEINDES)

‘n Beskrywing van ouers, onderwyseresse, spraak-taalterapeute en oudioloë se persepsies oor die uitkomste van ‘n ouditief-verbale benadering tot opvoeding by jong kinders met ‘n gehoorverlies

C. INLIGTING VIR DIE BEOORDELING VAN DIE ETIEK (VOLTOOI ELKE BLOKKIE MET JA OF NEE)

1. Is mens Ja , lewend Ja of dood Nee , die onderwerp van u navorsing? 2. Sal enige middel gedurende die ondersoek getoets word? Nee

3. Word enige radioaktiewe materiaal tydens die ondersoek(e) aan die pasiënt toegedien? Nee

4. Is enige biogevaarlike materiaal(*) by die projek betrokke? Nee

5. Het u uself vergewis van die gedragskode oor die etiek van navorsing by hierdie inrigting en

onderneem u om dit te alle tye ten volle na te kom? Ja

(*) "Biogevaarlike materiaal" verwys na herkombinante DNA-molekule, virusse, swamme, parasiete, bakterieë en alle ander potensieel biogevaarlike materiale of produkte, wat gevare inhou vir beide proefpersoon en navorser, en waarvoor streng inperkingsvoorskrifte en veiligheidsmaatreëls bestaan.

193 D. ONDERTEKENING VAN AANSOEK

Aansoeker

TARIEN COETZER 25/08/08

Toesighoudende

persoon(*) BERNA GERBER 25/08/08

Departementshoof

DALEEN KLOP 25/08/08

(*) Wanneer ’n persoon wat nie medies of tandheelkundig gekwalifiseerd is nie navorsing wil onderneem waarby pasiënte betrokke is wat nie deel van die normale prktyk is nie, of waarvoor toegang tot pasiëntrekords nodig is, moet ’n geneesheer of ’n tandarts hierdie aansoek medeonderteken as bewys dat die navorsing met toestemming en/of onder sy/haar toesig uitgevoer sal word.

Slegs vir kantoorgebruik

Goedgekeur deur die Komitee vir Mensnavorsing Projek ID

Voorwaardelik / Voorlopig Direk /