• No results found

3.3 Taalgebruik

3.3.1 Sosiale rolverhouding: Kaaps (kodewisseling en vloek) vs. Standaardafrikaans

3.3.1.1 Asimmetries

Asimmetriese dialoog kom voor wanneer die spreker of aangesprokene meer outoriteit as die ander gespreksgenoot het (House, 1997:41). Die gebruik van kodewisseling en vloekwoorde kan die sosiale klas van ’n karakter uitbeeld, maar soos in 2.8.1.2.3 bespreek, dui dit in Kobra en 7 Dae eerder die register (taalgebruik) aan. In die volgende voorbeelde kan gesien word hoe die dialoog in die bronteks verander namate die verhouding tussen die karakters verander Die afwesigheid van kodewisseling, Kaaps en vloek hier beteken dat geen hibriditeit voorkom nie, omdat hibriditeit júís op hierdie elemente in die dialoog dui. Indien daar vloekwoorde gebruik word, sal dit eerder by die outoriteitsfiguur voorkom. Hier word gekyk na of die doelteks ook die asimmetriese verhouding sal weerspieël.

In onderstaande geval is Griessel en Cupido in ʼn ondergeskikte posisie, met die brigadier as outoriteitsfiguur.

(i) Voorbeeld 3: Brig. Manie en Bennie Griessel

3.1 Brig. Manie: “Is jy seker, Bennie (a)?” “Are you sure, Benny (a)?” 3.2 Griessel: “Ek is seker, brigadier (a).”

“I am sure, Brigadier (a).”

3.3 Brig. Manie: “Nou hoekom hou die skieter aan met neuk (a)oor die kommunis?” “Then why does the shooter keep going on (a)about the communist?” 3.4 Griessel: “Hy speel met ons brigadier (a). Ek dink hy weet daar is (b)’n kommunis

88

“He’s playing us, Brigadier (a). I think he knows there’s (b) communists somewhere. He wants us to waste our time. So he can shoot more policemen.” 3.5 Brig Manie: “Jy dink hy was deel van die transaksie? (a)17

“You think he was part of the transaction? (a)”

3.6 Griessel: “Ek dink hy het haar geken, brigadier (a). En sy het iets gesê” (Meyer, 2011:52).

“I think he knew her, Brigadier (a). And she said something” (Meyer, 2012:61).

Tabel 3: Vertaalstrategie - voorbeeld 3

Afrikaans Engels Vervreemding/domestikering

3.1 a) Bennie 3.1 a) Benny D 3.2 a) brigadier 3.2 a) Brigadier D 3.3 a) neuk 3.3 a) keep going on D 3.4 a) brigadier b) daar is 3.4 a) Brigadier b) there’s D D 3.5

a) “Jy dink hy was deel van die transaksie?

3.5

a) “You think he was part of the transaction? D 3.6 a) brigadier 3.6 a) Brigadier D

Griessel se dialoog gee vir die leser ’n gevoel van onderdanigheid, omdat hy die brigadier aanspreek as “brigadier” en nie op sy voornaam of van aanspreek nie. Die brigadier vra voortdurend vrae aan Griessel om sy outoriteit te bewys, byvoorbeeld “Is jy seker, Bennie?” en noem Griessel op sy voornaam. Dié dialoog kom in Standaardafrikaans voor om nie net die

17 By sinne waar geen woorde in vetdruk geplaas word nie, word fokus op die vertaling van die hele sin geplaas. Geen enkel woorde of frases word in hierdie gevalle uitgesonder nie.

89

outoriteit van die brigadier uit te beeld nie, maar om die neutrale toon van die situasie uit te beeld.

In voorbeeld 3.3 gebruik die brigadier die woord “neuk” wat nie ’n vloekwoord is nie, maar eerder as ’n kras woord beskou kan word. Die feit dat die brigadier dit gebruik, dui juis op sy outoriteit. In die doelteks word “… hou die skieter aan met neuk …” vertaal met “… shooter

keep going on …” wat die doelteks formeler maak en die brigadier se outoriteit word minder

beklemtoon.

In voorbeeld 3.4 is Griessel se dialoog formeler soos van ʼn ondergeskikte verwag word: “Ek dink hy weet daar is ’n kommunis iewers”. Laasgenoemde word vertaal met “I think he knows

there’s communists somewhere”. Die gebruik van “there’s” in die doelteks veroorsaak dat die

asimmetrie tussen Griessel en die brigadier ietwat verminder en die teks ietwat informeler is. Wat aanspreekvorme betref, bly die doelteks na aan die bronteks sodat die ondergeskikte posisie van Griessel oorgedra word. “Bennie” word wel een keer minder in die laaste sin van die doelteks as direkte aanspreekvorm gebruik en die brigadier kom dus ietwat minder patroniserend voor teenoor Griessel.

(ii) Voorbeeld 4: Griesel en assistent

4.1 Griessel: “Gaan haal hom uit. (a)” “Go and get him out of it. (a)”

4.2 Assistent: “Ek is jammer, kaptein (a), ek kan dit nie doen nie.” “I am sorry, Captain (a), I can’t do that.”

4.3 Griessel: “Juffrou (a), ons het twee keuses. Of jy gaan haal hom uit die vergadering, of ek ry al die pad stad toe en gaan haal hom self daaruit.”

“Miss (a), we have two options. Either you go and get him out of that meeting, or I drive all the way to the city and I haul him out myself.”

4.4 Assistent: “Hou aan. (a)” (Meyer, 2011:191). “Hold on. (a)” (Meyer, 2012:178).

Tabel 4: Vertaalstrategie - voorbeeld 4

90 4.1

a) Gaan haal hom uit.

4.1

a) Go and get him out of it. D 4.2

a) Ek is jammer, kaptein, ek kan dit nie doen nie.

4.2

a) I am sorry, Captain, I can’t do that.

D

4.3

a) Juffrou, ons het twee keuses. Of jy gaan haal hom uit die vergadering, of ek ry al die pad stad toe en gaan haal hom self daaruit

4.3

a) Miss, we have two options. Either you go and get him out of that meeting, or I drive all the way to the city and I haul him out myself D 4.4 a) Hou aan. 4.4 a) Hold on D

In voorbeeld 4 verskuif die outoriteit na Griessel. Hy is in gesprek met ʼn assistent van ʼn verdagte en gebruik sy outoriteit om sy stempel af te druk.

Hy spreek haar aan as “juffrou” en sy spreek hom aan as “kaptein”. Verder gee hy haar ʼn opdrag wat in bevelsvorm oorgedra word: “gaan haal hom uit”. Die dialoog is, soos die vorige een, in Standaardafrikaans en word grootliks deur die Engelse vertaling in die doelteks oorgedra, behalwe vir die informele merker “can’t” in 4.2. Dit maak die doelteks ietwat informeler en die asimmetrie in die verhouding word ietwat meer gelyk voorgestel.