• No results found

Afdeling 5: Selfstandige Christelike Universiteit

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Afdeling 5: Selfstandige Christelike Universiteit"

Copied!
26
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

“Die beginsels van die P.U.K. vir C.H.O. is die lewensessensie van alle geestelike bestaan. Net so min as wat die beginsels ooit verbreek of uitgewis kan word, net so min kan nasies of inrigtings wat eerlik en opreg die beginsels handhaaf, in toepassing bring en uitleef, ooit ondergaan. MAAR - en dit is ‘n groot maar - dan moet die beginsels waaragtig bely en beleef word. So nie, dan kan wis en seker UITWISSING verwag word. Swaar en groot is dus die verantwoordelikheid wat rus op die professore, dosente en studente van die P.U.K. vir C.H.O ... Mag so die toekoms van ons P.U.K. vir C.H.O. wees tot eer van God die Here en tot diens en welsyn van die volk van Suid-Afrika, en dit op die Pad van Suid-Afrika, en laat

niemand “die dag van kleine dinge” verag nie!” - Prof Ferdinand Postma, 1942

“Deur Christelike Hoër Onderwys trag die P.U.K. dus om nie slegs lewensegtheid en spontaniëteit in die student te kweek en te ontwikkel nie, maar boweal om hom te vorm tot gehoorsaamheid aan en navolging van die waarheid, sodat hy waarlik toegerus sal wees vir diens. In hierdie opsig neem die P.U.K. vir C.H.O. ‘n unieke plek in in die opvoeding van ons volk. Elke student wat van die kostelike geleenthede wat hierdie inrigting bied, in die klaskamer sowel as daar buite, behoorlik gebruik maak, oefen later ‘n

onberekenbare invloed ten goede uit in die samelewing waar hy beland.” - Lenie Roos, in Besembos XXIV(1950)

Hoofstuk 5.1

HANDHAWING VAN PUK-KARAKTER

Universiteit

(2)

Postma wys verder daarop hoedat gedurende die eerste dertig jaar vasgehou is aan die twee beginsels. Die Anglo-Boereoorlog was ‘n vuurproef, ‘n geweldige toets vir die beginsel van Nasionaal/Afrikaans te wees, vir die PUK se standpunt “ten opsigte van ons bestaan as ‘n eiesoortige deur God so gewilde en bepaalde Afrikaanse volk”. Die monument vir gesneuwelde studente en oudstudente voor die Teologiese Skool, met die sprekende woorde Gloria Victis, is volgens Postma ‘n kosbare getuienis, waarop trots en waarvoor dankbaar behoort te wees.

Deur die soldate-aanval op die PUK, op 7 Augustus 1940 (hoofstuk 4.2), het die PUK “vir die Afrikaanse volk die waarmerk ontvang dat hy nog vas en seker voortgaan op die pad van Suid-Afrika”.

Wat die toekoms betref, sê Postma dat geen volk ter wêreld verkeerd gaan as hy op die twee spore, die twee beginsels − Gereformeerd/Calvinisties en Nasionaal/ Afrikaans − voortgaan nie. Hy sien ‘n Afrikaanse volk, gedra deur die twee beginsels “om in jeugdige krag sy eiesoortige van God-bestemde lewe uit te leef op alle terreine van die lewe.”

5.1.1 Beginsels as “lewensessensie”

Waar die strydbyle sommer vroeg in die dertigerjare opgeneem is om die “verminkte vaandel” van die PUK − die Christelike identifikasie in sy naam − herstel te kry, en dit inderdaad ook teen 1934 bewerkstellig is, sou hierdie dekade ook verskeie geleenthede bied vir standpuntinname vir sover dit die “nasionale” oftewel Afrikaner karakter van die inrigting betref. Intense politieke woelinge wat onderlinge verdeeldheid en selfs skeuring in Afrikanergeledere veroorsaak het, sou dit enigsins moeilik maak om te alle tye eensgesindheid in PUK-geledere te verseker.

In die veertigerjare sou oorlogstydse optredes en houdings (hoofstuk 4.2), die politieke en kulturele bedrywighede van personeel en studente (hoofstuk 4.3) en die inhoud en trant van voorlesings wat onder die vaandels van die Senaat en die Stafklub aangebied is, (hoofstuk 3.3) geen twyfel laat oor die karakter van die PUK nie. Dieselfde geld vir ‘n kort maar heftige polemiek oor Christelik-nasionale onderwys en ‘n poging, weliswaar onsuksesvol, om op die vooraand van selfstandigwording die gewetensklousule te omseil. Ook in die klaskamers is pertinente aandag aan die Christelike beginsels gegee terwyl die Afrikaanse karakter van die inrigting op talle vlakke van die samelewing en deur ‘n verskeidenheid van aksies gestimuleer sou word. Die verstewiging van die bande met Nederland was verder daarop gemik om die Afrikaanse karakter van die Universiteit te verstewig. Rektor Ferdinand Postma het steeds ‘n leidende rol gespeel vir sover dit die handhawing en uitbou van die PUK se karakter betref. Tydens ‘n byeenkoms van studente en oudstudente op 3-5 Oktober 1941 het hy in ‘n rede getiteld “Die verlede en die toekoms van die P.U.K. vir C.H.O.” aangehaak by die welbekende uitspraak van prof Jan Lion Cachet, “De leus onzer School is: Gereformeerd en Nasionaal, Gereformeerd en Afrikaansch”. 1

Wat “gereformeerd” betref, sê Postma, het Cachet en sy voorganger en kollega prof Dirk Postma en hul opvolgers geen eng kerkistiese leer verkondig nie, maar die Calvinistiese lewens- en wêreldbeskouing bedoel. Hoewel albei van hulle Nederlanders was, wou die twee pioniers ‘n nasionale oftewel Afrikaanse opleiding vir die jeug hê: “Hulle wou nie van Afrika ‘n Kein Nederland of ‘n Klein Engeland maak nie ... Dit moet Afrikaans wees.” Inderdaad, sê Postma, het hulle nie destyds die draagwydte van die woord ten volle besef nie: hulle het die gedagte van “Suid-Afrika Eerste” wat eers in 1913 [sic: 1912] deur genl Hertzog op De Wildt ‘n “slagwoord” gemaak is, reeds in 1869 op Potchefstroom vasgelê.

5.1.1

Prof Dirk Postma

5.1.2 Gloria Victis

Prof JL Cachet

(3)

Postma sien ‘n mooi en heerlike toekoms vir die PUK: “Ek kan amper met sekerheid sê: Dit staan geskryf dat nog in die naaste toekoms ons Kollege ‘n Universiteit sal word en dan in waaragtige sin ‘n Volksuniversiteit wat in alle opsigte in die allernouste verband met ons eie Afrikaanse volkslewe sal staan.” Selfstandigwording word in die vooruitsig gestel en Postma noem dit “ ‘n mooi en verheffende ideaal waarna gestreef kan en moet word, om te word ‘n selfstandige Christelike Universiteit.”

Ten slotte twyfel Postma nie “aan die toekoms van ons volk en van ons P.U.K. vir C.H.O.” nie, maar die besieling moet kom van dosente, personeel, studente en oudstudente en kan geput word uit die twee groot beginsels, naamlik Calvinisties en nasionaal.

In 1942, tydens die 21ste herdenking van inkorporasie by die Universiteit van Suid-Afrika, het rektor Ferdinand Postma met gebruikmaking van die gewilde Sagaria-vraagstelling “Wie verag die dag van kleine dinge?” (Sag. 4:10), ‘n kort terugblik oor die wel en wee van die PUK in ‘n feesnommer van die tydskrif Koers gegee.

2 In ‘n spesiale huldeblyk aan ds WJ de Klerk, wat by

dié feestelike geleentheid ‘n kunstige houtsneewerk aan die PUK laat toekom het, toon Postma aan dat die Christelik-nasionale beginsels wat deur hom gehuldig is, ook die beginsels was waaruit die PUK “geword en opgebloei” het. En dan herbevestig Postma in kragtige terme die PUK se absolute verbintenis aan hierdie beginsels: “Koersvas het die inrigting getrou gebly aan die inspirerende en lewe-wekkende beginsel om alle wetenskap, alle opvoeding en opleiding te bring onder die tug van die Woord van God en alle probleme en vraagstukke te besien by daardie Lig, wat die waaragtige Lig is wat elke mens verlig.

“Dit is die een groot magtige beginsel van die P.U.K., waaruit voortvloei die ander groot beginsel, die van nasie-bewustheid, nasie-getrouheid en nasie-liefde. ‘n Volk is nie maar ‘n toevallige iets nie, maar elke nasie-wording en nasie-ontwikkeling is uitvloeisel van die Raad van God. So tog was die bedoeling van die oprigters en ondersteuners van die inrigting, dat die jeug opgevoed en opgelei moet word in ‘n klare aanskouing van en ‘n onwrikbare geloof in die God-gegewe taak en roeping van die Afrikaanse volk. “Dit is die nasionale beginsel van die P.U.K. wat vanaf sy ontstaan sy karakter bepaal het. Hieraan is vasgehou ook met opoffering in die moeilikste tyd van sy bestaan. Hierdie beginsel was oorsaak dat tydens die Engelse oorlog die inrigting gesluit is; dat tydens die wêreldoorlog op die laaste oomblik ‘n aanslag van soldate op die inrigting in Potchefstroom afgeweer is, en vir die derde keer in 1940 het so ‘n aanval werklikheid geword. Hierdie aanslae is die beste bewys

dat die inrigting hom nog voortbeweeg op die ‘pad van Suid-Afrika’.”

Synde na 21 jaar een van die sterkste komponente van die Universiteit van Suid-Afrika, maan Postma tog: “Tye is moeilik, miskien die moeilikste wat ooit beleef is, en die toekoms is baie donker.” Maar koers- en beginselvaste jongmense word nie kleinmoedig of kleingelowig nie en word gedra deur staalkragtige beginsels: “Die beginsels van die P.U.K. vir C.H.O. is die lewensessensie van alle geestelike bestaan. Net so min as wat die beginsels ooit verbreek of uitgewis kan word, net so min kan nasies of inrigtings wat eerlik en opreg die beginsels handhaaf, in toepassing bring en uitleef, ooit ondergaan.

“MAAR − en dit is ‘n groot maar − dan moet die beginsels waaragtig bely en beleef word. So nie, dan kan wis en seker uitwissing verwag word. Swaar en groot is dus die verantwoordelikheid wat rus op die professore, dosente en studente van die P.U.K. vir C.H.O....

“Mag so die toekoms van ons P.U.K. vir C.H.O. wees tot eer van God die Here en tot diens en welsyn van die volk van Afrika, en dit op die pad van Suid-Afrika, en laat niemand ’die dag van kleine dinge” verag nie!’ “

Sonder om in besonderhede te tree, kondoneer rektor Postma in 1947 in sy 1947-jaaroorsig die aktiewe deelname en leiding in breër kringe van die personeel “in die sosiale, kulturele, opvoedkundige en ekonomiese lewe van die Afrikanervolk”. 3

5.1.2 Afrikaanse karakter

5.1.2.1 Taal en kultuur, dertigerjare

Die handhawing van die Afrikaanse taal en kultuur het steeds in die dertiger- en veertigerjare hoë prioriteit by die Pukke geniet.

Die wetlike erkenning van Afrikaans as tweede amptelike taal in 1925 was ‘n besondere geleentheid en is deur dr DF Malan, wat as minister van Binnelandse Sake die wetsontwerp deurgevoer het, só beskryf: “Dit beteken ‘n voldoening aan die diepste gevoelens en hoogste aspirasies van daardie deel van die Suid-Afrikaanse volk. Dit is ‘n simbool van die volk, van sy bestaan.” Daarmee het die Afrikaner vir die eerste keer gevoel dat hy ten volle erken word, in sy eie land ten volle vry is. 4

Die kwessie van Afrikaans as medium vir beraadslaginge in vergaderings en in korrespondensie is baie gou ná

(4)

die PUK se toetrede tot die Universiteit van Suid-Afrika opgehaal en bestendig (hoofstuk 2.1), maar in Mei 1929 ag dosent LJ du Plessis dit weer nodig om te vra dat alle kennisgewings van die universiteit aan die PUK in Afrikaans sal wees. Die rektor het die saak by die Senaat van die federale inrigting aanhangig gemaak en teen Oktober dié jaar kon hy rapporteer dat die registrateur onderneem het om ”sover dit enigsins moontlik is aan beide tale reg te laat geskied”. 5 Nie dat dit juis veel gehelp het nie: presies ‘n jaar later en na aanleiding van ‘n skrywe vanaf die Universiteit van Suid-Afrika insake die moontlike verskuiwing daarvan, is dit maar weer dieselfde storie: dat die registrateur versoek sal word “om alle kennisgewings wat aan die P.U.K. gestuur word, in Afrikaans op te stel”. 6 Dat die taalkwessie vir die PUK regtig erns was, blyk verder daaruit dat pas hierna een of ander versoek van die kant van die Universiteit van Suid-Afrika voor die Senaat gedien het (die aard waarvan nie vermeld is nie), maar dat terstond besluit is dat die saak wel ter tafel geneem sal word “as die brief in Afrikaans opgestel word”. 7

Maar dit was nie net die taal nie; ook die handhawing en bevordering van Afrikanerkultuur het van tyd tot tyd aandag gekry en daar sou geen twyfel gelaat word oor die PUK se sentimente in hierdie saak nie.

So verteenwoordig prof JA du Plessis die PUK by die stigtingskongres van die Voortrekkerbeweging in Bloemfontein, einde September 1931. Hierdie jeugbeweging was geskoei op die model van ander jeugbewegings, o.a. die internasionale Britse “Boy Scouts” van Lord Baden-Powell, en het ten doel gehad karaktervorming van die Afrikanerjeug, “om die jeug op allerlei maniere aan die Afrikaanse volkslewe te laat deelneem”. 8

Maar dis nie sommer net vir insit en aanhoor en instem nie; nee, die PUK-Senaat bemagtig sy verteenwoordiger met sekere voorstelle tot wysiging van die konsep grondwet. Onder die afdeling “Doel” sal PUK graag ingeskryf wil hê terme soos “die vorming van jongmanne met godvresende en sterk karakters” en “aankweking van christelik-maatskaplike deugde”. Verder word hier en daar terminologiese veranderinge aan die hand gedoen en gevra dat, wat godsdiens betref, verwys

5.1.3

Optog in Koning Edwardstraat, wat nou, tydens die herdenkingsfeeste vir die Groot Trek, sy ou en regmatige naam teruggekry het, naamlik Kerkstraat. Dosente en studente het ‘n groot rol in hierdie regstellende aksie gespeel.

(5)

moes word na die Christelike godsdiens. Skynbaar kon daar nie op daardie stadium wysigings aangebring word nie maar het dr NJ van der Merwe, wat aan die hoofleiding van die beweging gestel is, onderneem dat later daarop ingegaan kon word. 9

Kultuuraanvoeling noop rektor Postma om in die loop van 1932 twee skilderye vir die PUK aan te koop. Hierop besluit die komitee vir Terreine en Geboue dat ‘n begin gemaak moet word met die aankoop van Afrikaanse skilderye terwyl Afrikaanse skilders ook genader sal word oor moontlike skenkings. ‘n Kommissie vir Kunssake (proff Postma, AJH van der Walt en G Dekker) is benoem en by ‘n volgende vergadering in ‘n permanente kommissie omskep, met ‘n jaarlikse aankopebegroting van £6. 10

Die jaar 1939 was ‘n “gedenkwaardige jaar ook vir die PUK”, volgens rektor Postma, en wel vanweë deelname aan en betrokkenheid by die eeufeesviering van die dorp. Met trots is voorgehou die boek Potchefstroom 1838-1939, by die samestelling waarvan proffesore AJH van der Walt en J Chr Coetzee en oudstudent WH Badenhorst betrokke was. Saam met medeskrywer EH Jenkins en ook professore du Toit en Postma is hierdie persone in April 1940 deur die stadsraad vereer vir hul bydraes tot ‘n suksesvolle fees. 11

Proff FJ Labuschagne en DJ van Rooy was lede van ‘n deputasie wat hulle daarvoor beywer het om die King Edwardstraat na die oorspronklike naam van die hoofstraat, Kerkstraat, te laat verander en wel as huldeblyk aan die Voortrekkers. 12 Ook die PUK se ANS-tak het hul kant gebring in hierdie “regstellende aksie” om die hoofstraat sy oorspronklike naam terug te gee. 13 Op ‘n stadium het prof Labuschagne saam met kollega AJH van der Walt opspraak verwek toe hulle, uit protes teen wat hulle as verpolitisering van die fees beskou het, aan die feeskomitee onttrek het. Hulle was veral beswaard oor uitnodings aan generaals Hertzog en Smuts en aan minister Oswald Pirow, almal lede van die regerende party, terwyl hulle niks gehou het van ‘n uitnodiging aan ‘n Britse generaal wat gehelp het “om die vryheid van die republieke van hulle te ontneem”. Laasgenoemde het toe nie gerealiseer nie en die twee professore het later hul bedankings teruggetrek. 14

Dis nogal ironies, dié beswaardheid jeens die uitnodiging aan Oswald Pirow – ‘n oudstudent!

Van studentekant is, “vir sover dit moontlik was”, ook aan die verrigtinge deelgeneem. Maar iets het hulle gepla: “Daar was byna ‘n gevoel van teleurstelling en weemoed omdat die ou hoofstad van Transvaal by dié geleentheid só oortrek was van doeke waarop die kleur ‘rooi’ so oorheersend was en dat vlae oral gewapper het wat vir ons volk ‘n ander taal spreek as

dié van vryheid en reg vir die volk waarvan ons deel uitmaak en graag wil uitmaak.” 15

Daardie vurige republikein, prof CJH de Wet, het in die fees ‘n gulde geleentheid benut om sy politieke sieninge te beklemtoon. Hy betreur die feit dat die Vierkleur nie naas die Union Jack en die Unievlag gewapper het nie en beskou dit as simbool van die ondergeskikte posisie van die Afrikaner, wat 60% van die blanke bevolking uitmaak. Hy bepleit verder ‘n buitepolitieke eenheid van die Afrikaners, onder die vaandel van ‘n Christelike-Republikeinse politiek as nalatenskap van die Voortrekkers. Wat homself betref, sal hy eers weer

5.1.4

(6)

feesvier as Potchefstroom deel uitmaak van ‘n vrye en Christelike Suid-Afrikaanse Republiek. 16

Ook van Nederlandse kant is die eeufeesvieringe van Potchefstroom beskou as “uitingen van krachtig Afrikaansch besef en dat het steeds de volle aandacht trok, wanneer de Transvaler voor zijn erfgoed strijden moest”. ‘n Besondere huldeblyk word deur die maandblad Zuid-Afrika tot die adres van die PUK gerig, wat aan Potchefstroom ‘n reputasie gegee het wat oor heel Suid-Afrika en ook in Nederland bekend is. Met sinspeling op die bekende en unieke PUK embleem word opgemerk dat Potchefstroom oor honderd jaar manne opgelewer het “die hun licht op den kandelaar wilden zetten, opdat het zou kunnen schijnen over de wijde velden van Zuid-Afrika. Moge dat zoo blijven.”

17

5.1.2.2 Die armblankevraagstuk

Reeds in 1924 het die jong dosent in Geskiedenis, AJH van der Walt, hom bekommer oor die lot van die armblanke Afrikaners, 18 ‘n saak wat pas die vorige jaar skerp in die kollig gekom het, onder meer op ‘n groot kerklike kongres in Bloemfontein. Vertoë wat van hier uitgegaan het, het ‘n simpatieke oor by die nuwe regering van genl Hertzog gevind en tot bepaalde maatreëls ter opheffing van verstedelike Afrikaners gelei het. 19

Net soos die kleur- of naturellevraagstuk (hoofstuk 4.4), was die armblankevraagstuk baie sterk op die voorgrond gedurende die dertigerjare en wel vanweë die depressie, droogtes en onstabiele ekonomiese omstandighede voortspruitend uit die goudstandaardkwessie van die tyd. Hierdie probleem is baie pertinent behandel in die vyfdelige verslag van die Carnegie-kommissie wat in 1932 die lig gesien het en is deur die kommissie geïdentifiseer as grotendeels van toepassing op Afrikaanssprekendes. 20 Die Carnegie-verslag sou grotendeels as basis dien vir die ekonomiese opheffing en selfstandigwording van die Afrikaner. 21

In die najaar van 1934 is, as uitvloeisel van die Carnegie-verslag en op inisiatief van die NG Kerk, ‘n groot volkskongres insake die armblankevraagstuk te Kimberley gereël en het die PUK ook sy verteenwoordigers soontoe gestuur, 22 met voorstel dat die PUK sy invloed gebruik “om die permanente kommissie om te skep tot ‘n donateursinstelling soos die Instituut vir Rasseverhoudings”. 23 Die inspirasie hieragter was maar weer LJ du Plessis. By bespreking van sy voorgenoemde voorstel is verder besluit dat by die sekretaris van die Voortsettingskomtee navraag gedoen sou word in verband met verteenwoordiging op die kommissie teen betaling van ‘n jaarlikse bedrag.

24

Prof JC van Rooy het PUK in Kimberley verteenwoordig en op 28 November aan die Raad teruggerapporteer.

25 J Chr Coetzee, wat ook die konferensie of kongres

bygewoon het, het in Koers rapport gelewer oor die gebeure te Kimberley, “ ‘n aaklige plek van samekoms oor ‘n toekomsduistere saak”. 26

In sy gereelde Koers-rubriek, “Die loop van dinge” in Oktober 1934, verwys LJ du Plessis na die onlangse kongresse “tot godsdienstig-kulturele en ekonomiese konsolidasie van die Afrikanerdom”, waaronder ook die Kimberley-byeenkoms. Hierdie byeenkomste, sê hy, verdien volle aandag en steun “en ons ideaal behoort te wees naas ‘n bevredigende politieke organisasie ook te verkry doeltreffende Afrikaanse ekonomiese, kulturele en godsdienstige organisasies wat hulle moet beweeg op maatskaplike terrein sonder oortreding op party-politieke of kerklike gebied”. 27

In die beraadslaginge en besluitneminge rondom die hantering van die armblankevraagstuk as sodanig het die PUK nie juis enige inspraak gehad nie. Dit was ‘n aksie wat veral deur die NG-Kerk en die Universiteit van Stellenbosch gedryf is. In die maatreëls en middele vir die bekamping daarvan, soos sou blyk uit die verrigtinge tydens die Ekonomiese Volkskongres van 1939 en die stappe wat daarna geneem is, sou die PUK wel betekenisvolle insette lewer. (kyk afdeling 5.1.2.5)

Geleenthede om volle gewig by Afrikaneraksies in te gooi sou hulle spoedig voordoen.

5.1.2.3 Voortrekkereeufees

1938 was Eeufeesjaar, die herdenking van die Groot Trek wat met die slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838 as ‘t ware verseël is, sy doelwit bereik het. Die simboliese Ossewatrek en die landswye herdenkingsfeeste wat ‘n hoogtepunt bereik het met die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument op ‘n koppie net buite Pretoria, was ‘n emosionele belewenis ongekend in die geskiedenis van die Afrikaner en het Afrikanernasionalisme laat opvlam soos nooit tevore nie. Ook Potchefstroom en die PUK sou deel in hierdie verrigtinge, die bruisende opwelling van Afrikaner nasionalisme aan eie lyf ervaar.

Reeds in 1936, in ‘n spesiale uitgawe van Die Besembos, ter gedagtenis aan die begin van die Groot Trek ‘n eeu tevore, het rektor Postma dit goed gevind om ‘n toekomsvoorspelling vir die PUK te waag op grond van die hede en die verlede.

Hy wys weer op die beginsel “dat die Woord van God ook op die terrein van die wetenskap die ligbron

(7)

behoort te wees” en tweedens “die erkenning van die eiesoortigheid in die Afrikaanse volksbestaan m.a.w. die P.U.K. vir C.H.O. wil wees uit die volk vir die volk”. Ten opsigte van albei sake moet daar nie net bestryding wees van die verkeerde leerstellinge of dit wat die eiesoortigheid bedreig nie, maar ook die opbou van ‘n Christelike wetenskap in al sy vertakkinge en “daarstelling van riglinies in die gesonde ontplooiing en ontwikkeling in die volkslewe”.

Postma toon dan aan dat die PUK op hierdie selfde twee beginsels, wat die dryfkrag van die Afrikaanse volk was, in die verlede voortgebou het: “Die P.U.K. staan kragtens sy verlede en hede geplant in die godsdienstige Afrikaanse nasionale volkslewe ... hoe meer daar nasiebewussyn kom, hoe voller en ryker die ontplooiing is van nasielewe, des te ryker kan ook die ontplooiing wees van die P.U.K. omdat hy uit en vir die volk wil wees ... Daar is ‘n toekoms, ‘n mooi toekoms vir die Afrikaanse volk en vir die P.U.K. vir C.H.O.” 28 PUK-betrokkenheid by die herdenkingsfeeste in 1938, vir die Groot Trek en die Voortrekkers, strek oor drie geleenthede. Eerstens is daar deelgeneem aan die fees te Potchefstroom self, in die tweede plek het die PUK se eie voortrekkerwa ‘n amperse hoofrol gespeel by die verrigtinge te Bloedrivier en derdens was daar dan die hooffees te Monumentkoppie, rondom 16 Desember 1938.

In ‘n herdenkingsartikel in Die Veteraan, onder die opskrif “Trek”, het rektor Ferdinand Postma die simboliese ossewatrek behandel en die kakebeenwa as egte monument vir die Voortrekkers bestempel, aangetoon hoedat die groot hart van die Afrikanervolk tot in sy diepste diepte geroer is en ontwaak het. Ook Potchefstroom en die PUK word betrek: “Op 9 November sal daardie unieke simbool van vryheid en selfstandigheid sy triomftog hou in die ou hoofstad van Transvaal, Potchefstroom, dorp van Andries Potgieter, die Voortrekker by uitnemendheid … Vanuit die gronde van die Potchefstroomse Universiteitskollege vir Christelike Hoër Onderwys sal deur die hoofstraat van Potchefstroom onder die Transvaalse en Vrystaatse vlae en die sing van die twee volksliedere ‘n Bloedrivier-kakebeenwaentjie die agter agterkleinkind van die Suide tegemoet gaan.” Die slotwoord van dié Bloedrivierwa aan sy 1938-eweknie, in ‘n simboliese vertelling oor die verlede, was: “Ek is getuie van Gods reddende hand wat op ons pad oorwinning geskryf het. My trek is verby – jou trek lê voor. Trek voort op die pad van Suid-Afrika …” En dan praat Postma weer: “Dis die sprake van die Bloedrivierwa. Eiendom van die P.U.K. vir C.H.O. moet sy sprake altyddeur professore, dosente, oud-studente en studente inspireer. Om wat te

doen? Om die voortrekker-verlede te onthou, die voortrekkerbeginsels suiwer te bewaar en uit te bou, en op die voortrekkerpad van Suid-Afrika moedig met volharding en geloof voort te trek onder die spreuk: In U Lig.” 30

Tydens die besoek van die simboliekvolle trekwaens aan Potchefstroom, op 9 November 1938, het Postma in naam van die Bloedrivierwa die besoekende waens verwelkom en by dié geleentheid die oorspronklike handgeskrewe stuk, “Die Trek van Boerewaens”, wat spesiaal vir die herdenking van die Groot Trek deur Totius gedig is, namens die PUK en die Teologiese Skool aan die trekwaens oorhandig. Hierdie gedig het vir die eerste keer in die tydskrif Koers verskyn, in April 1937, en die opbrengs daarvan is aan die Voortrekker-monumentfonds toegesê. 31

Die ossewaens is met uitbundige geesdrif deur duisende mense in Potchefstroom verwelkom en Totius kon die versugting nie weerhou nie: “Dit is weer die moeite werd om Afrikaner te wees. Ons nageslag sal eenmaal wens dat hul ore kon hoor wat ons hoor en dat hul oë kon sien wat ons sien.” Dis nie ‘n fees nie, sê hy in vervoering, “maar ‘n herlewing … Die vinger van God, wat so onmiskenbaar in ons geskiedenis geskrywe het, skrywe weer.” Joon van Rooy was ook diep beïndruk: “Daardie magtige stem wat van die Voortrekkerwaens uitgegaan het, het die diepste snare in die hart van elke Afrikaner laat tril.” 32

As deel van die feesverrigtinge is ‘n krans gelê op die graf van prof Jan Lion Cachet as baanbreker vir die Afrikaanse taal. PUK-studente het met hul wa die konsentrasiekampkerkhof binnegetrek en ‘n gedenklied gesing, terwyl Totius hulde gebring het aan die gesneuwelde kinders. Geskiedenisprofessor AJH van der Walt het die feesrede gelewer, met die boodskap dat die geestelik-verskeurde, verarmde en verdeelde volk teruggevoer moet word na “die erwe van die vadere”. Aan die einde van die verrigtinge is ‘n voorstel van prof FJ Labuschagne aanvaar, naamlik dat Langenhoven se “Die Stem van Suid-Afrika” as volkslied erken sal word. 33

Hierdie voorstel was in lyn met die groeiende behoefte in Afrikanerkringe om hierdie gewilde lied tot enigste amptelike volkslied te verhef, nadat dit vanaf Februarie 1938 op gesag van premier Hertzog naas “God Save the King” by amptelike geleenthede gespeel is. Die Britse volkslied was vir die warmbloed-Afrikaners soos Labuschagne en beslis baie ander Pukke ‘n wanklank en ‘n steen des aanstoots.

Tydens die besoek van die ossewaens aan Potchefstroom is ook weer hulde gebring aan die vyf studente wat tydens die Anglo-Boereoorlog hul lewens verloor het. Prof Postma het die gees en sentimente

(8)

van 32 jaar tevore, by die onthulling van die Gloria Victis-monument, in herinnering geroep, en gewaarsku en herbeklemtoon dat die verdere geskiedenis van die Afrikanervolk nie daardie monumente tot instrumente van spot en hoon moet omskep nie. 34

Verskeie PUK-personeellede het die stem van Potchefstroom laat hoor tydens hierdie ongeëwenaarde monstering van Afrikanernasionalisme. Prof AJH van

der Walt was sterk in aanvraag en het in die PUK-hinterland, Noord-Kaap, kranse gelê op die grafte van gesneuwelde PUK-studente Calman Cachet en Jan Kruger, waarna hy op 10 Oktober die feesrede op Paul Kruger se geboorteplaas Bulhoek gelewer het. Hy het ook te Vredefort en Ventersdorp opgetree. 35

Prof LJ du Plessis het te Lydenburg telkens “luide byvalsbetuigings” ontlok met sy positiewe behandeling

Die PUK se Bloedrivierwa se geskiedenis is tydens die eeufees deur Postma oorgedra:

Die wa se eienaar, Piet Swarts, het die Groot Trek meegemaak en was, volgens oorlewering, deel van die slag van Bloedrivier. Na die anneksasie van Natal is Swarts weer terug Kaapkolonie toe. Na sy dood het sy vrou en kinders na Makwassie in Wes-Transvaal verhuis. Later die eiendom van seun Piet Swarts, bevind die wa hom tydens die Anglo-Boereoorlog in die konsentrasiekamp te Potchefstroom. Na die dood van Swarts het die wa in die vroeë twintigerjare in besit gekom van die PUK, wat dit in 1924 aan die regering geleen het vir die Rykstentoonstellings te Wembley, Londen en te Johannesburg. 29

5.1.5

Die Bloedrivierwa met prof Postma en sy vrou in die wa-tent op die kerkplein van die Hervormde Kerk.

5.1.6

Die wa maak ‘n draai op die PUK.

5.1.7

Die wa sonder tent. Dit is tans in die Potchefstroom Museum, maar het op sy dag selfs ‘n draai in Londen gaan maak.

(9)

5.1.8

(10)

van die vraag of daar in die hedendaagse Suid-Afrika nog plek is vir die Voortrekkerideale, “naamlik om op die Afrikaanse hoogland die Christelike beskawing te vestig volgens suiwer Afrikaanse styl in ‘n eie republikeinse staatsverband met voogdy oor die gekleurde bevolking sonder gelykstelling”. 36 Te Ottoshoop in Wes-Transvaal bring hy weer die boodskap van ‘n tweede Groot Trek, die trek van die Afrikaner na die stede, met die missie om die handel te verower. 37

Die rustige, gemoedelike kultuurleier, prof JC (Joon) van Rooy, was ook ‘n gewilde spreker, met optredes te Ventersburg, Pietersburg en Lichtenburg. Onder andere het hy baie klem gelê op die vryheidstrewe van die Voortrekkers maar ook op hul godsdienssin, sedelikheid, taalhandhawing en ekonomiese onafhanklikheid. Wat eersgenoemde betref, was sy boodskap dat dit net so onchristelik is om ‘n nasie te onderdruk as om dit aan ‘n mens te doen. 38

By een van die hooffokuspunte van die Voortrekkereeufees, Bloedrivier, het ‘n skare van ongeveer 15 000 mense byeengekom en het dr DF Malan die Afrikaner se trek vanaf die platteland na die stede bestempel as die “Nuwe Groot Trek”. Prof Postma met die PUK se Bloedrivierwa het sterk gefigureer en het hy ook ‘n geraamde kopie van Totius se gedig oorhandig. In die gepaardgaande toespraak, wat denkbeeldig deur die PUK-Bloedrivierwa gelewer

is ten tye van die aankoms van die ossewaens aldaar, het hy ‘n lig voor in die wapad gesien, die Afrikaner opgeroep om saam met hom die tweede Groot Trek op die pad van Suid-Afrika te betree … “en mag God se vriendelike aangesig die trekpad verlig oor hoogtes en dieptes na vryheid en volkome onafhanklikheid”. 39 Ander PUK-personeellede wat as sprekers by byeenkomste gefigureer het, was proff FJ Labuschagne, HG Stoker, G Dekker, DJ van Rooy, CJH de Wet en dr DW Krüger. 40 Een en almal het dieselfde taal gepraat en die heldhaftigheid, deursettingsvermoë, standvastigheid en godsdienssin van die Voortrekkers geloof en ter voorbeeld voorgehou.

In sy jaarlikse oorsig het Postma die hoop uitgespreek dat die simboliese Ossewatrek besielend sal wees vir die PUK “wat poog met die hulp van God om daardie selfde ideale na te streef in woord en daad. Dis ook die pad vir die P.U.K.; op dié pad sal die P.U.K. tot seën vir land en volk wees. Hierom: voorwaarts in die naam van God op die “Pad van Suid-Afrika.” 41

Ook vanuit studentegeledere is, in ‘n redaksionele artikel in Die Besembos, hulde en eer betoon aan die Voortrekkers, as “die onmisbare grondlaag vir die bou van ‘n nasie” wat “die eerste groot offerande op die altaar van nasionalisme gelê het”. Nee, meer nog: “Die vryheidsdrang wat hulle almal met mekaar gemeen

5.1.9

”DIE TREK VAN BOEREWAENS”. Geraamde eksemplare van hierdie gedig, waarin die vermaarde volksdigter Totius met vaardige pen die epiese rol van die Boer en sy ossewa in die binneland van Afrika onder woord gebring het, is ook tydens die feeste te Bloedrivier en Pretoria oorhandig en is wyd versprei.

(11)

gehad het, het hulle aangevuur tot hierdie groot vryheidsdaad – die grootste vrywillige volksverhuising van die moderne tyd”. En dan was daar die beslissende uitslag van Bloedrivier: “Die vlag van die Christelike blanke beskawing het oor die binnelande van Suid-Afrika opgegaan, waar dit vandag, byna honderd jaar later, nog wapper.” 42

Die studentedeelname aan die feestelikhede van 1938

was hoofsaaklik in die hande van die plaaslike tak van die ANS. Ten aanvang het geskiedenisprofessor AJH van der Walt hulle toegespreek oor ”die regstitel van die Voortrekkers op die gronde waarop later die Boere-republieke verrys het”, terwyl hulle ook ‘n aandeel gehad het in die naamsverandering van King Edwardstraat na Kerkstraat, welke plegtigheid tydens die besoek van die ossewaens aan Potchefstroom plaasgevind het. Ongeveer 30 studente sou per

5.1.10

Tydens die Voortrekker-Eeufees in 1938 is kranse ook gelê by die Gloria Victis gedenkteken vir studente wat in die Anglo-Boereoorlog gesneuwel het.

5.1.11

Reëlingskommitee van die Potchefstroom Voortrekker-Eeufees 1938. Behalwe die PUK-dosente wat as inlasse verskyn, kan ook proff HG Schulze en DJ van Rooy op hierdie foto-oordruk onderskei word.

(12)

ossewaens na Pretoria reis, vir bywoning van ‘n groot ANS-kamp aldaar. Ten opsigte van die Potchefstroomse feesvieringe is etlike komitees aangewys en word druk aan liedere geoefen. Heelwat lede beskik ook reeds oor Voortrekker uitrustings “en die mans wedywer in die laat-groei van baarde!” 43

5.1.2.4 Taal en kultuur, veertigerjare

Ten spyte van die spanningstoestande wat deur Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog geskep is en veral die sensitiewe verhoudinge tussen Engels- en Afrikaanssprekendes, sou die Afrikaanse karakter van die PUK gedurende die dekade veertig beslis nie onder ‘n maatemmer verberg word nie. Op die vooraand van die soldate-aanval op die PUK in Augustus 1940 spreek anti-Britsheid duidelik uit die proteste in studentegeledere oor die regering se proklamasie van 5 Augustus, die Britse koning se verjaardag, as ‘n openbare vakansiedag. Hulle het geen belang daarby nie en wil dit ook nie vier nie. Nee, hulle sou veel eerder 10 Oktober, die geboortedag van president Paul Kruger, as vakansiedag wou hê. 44 Inderdaad het die Raad in Augustus 1940 besluit dat 10 Oktober vir die Universiteit ‘n vakansiedag sou wees.

45

Dit is interessant dat die Afrikaner Broederbond kort hierna, in Oktober 1940, ‘n resolusie in hierdie verband ter tafel gehad het. 46 Die uitvoerende raad van hierdie geheime elite-beweging het hom in 1944 vereenselwig met die standpunt van voorsitter prof JC van Rooy, dat die benaming “Krugerdag” bó “Heldedag” vir hierdie herdenkingsdag verkies moes word. 47 En op een van sy rondreise om geld vir die PUK in te samel, laat weet registrateur Vaatjie du Toit op 18 Oktober 1940 dat duisende mense op De Aar ‘n besluit geneem het dat 10 Oktober ‘n openbare vakansiedag moet word. 48 In 1944 sou rektor Ferdinand Postma ook sy piëteit jeens hierdie Afrikanervolksheld betoon en wel met ‘n huldigingsgeskrif getiteld Paul Kruger die Christen-volksman en -staatsman. Hierdie boekie, oftewel brosjure, soos daarna verwys word (dit beslaan 121 bladsye), het deel gevorm van “Die Ossewareeks”, uitgegee onder vaandel van die Federasie van Calvinistiese Studenteverenigings in Suid-Afrika (FCSV). Dit is nie bedoel as ‘n wetenskaplike studie nie, sê Postma in sy voorwoord, maar as volksliteratuur, ‘n werk wat laat verstaan en begryp, wat inspireer en besiel (p 3). Dis ook nie menslike verafgoding of vergoddeliking nie, stel hy gerus, maar hy waarsku: groot manne is geskenke wat die Here aan ‘n volk gee en as sulke manne nie geëer word nie, word ondankbaarheid jeens God getoon (p 4).

Die Kruger-verering sou ook teen die einde van die dekade, op die drumpel van selfstandigwording, sterk deurskemer in ‘n voorstel dat die universiteit die naam van die ou patriarg sou dra − na analogie van die soortgelyke verering van Kruger se aartsvyand Cecil John Rhodes te Grahamstad.

Hierdie voorstel van dosent WN Coetzee, asook ‘n versoek van die Studenteraad 49 om ‘n standbeeld van die president by die fonteintjie voor die hoofgebou op te rig (waarskynlik in navolging van die staanmaak van pres. Steyn se beeld op die kampus van UKOVS), het nie aanklank gevind by die komitee wat met selfstandigwording belas was nie. 50 Die PUK het wel simpatiek gestaan teenoor en sy ondersteuning gegee aan planne vir die aankoop van die Kruger-sterfhuis in Switserland. 51

Die PUK het ook die naam van die ander republikeinse president, Marthinus Theunis Steyn, hoog geag. So maak die Raad geredelik ‘n skenking aan die FAK ter huldiging van die ou volksmoeder, mevrou Steyn, 52 terwyl prof Joon van Rooy, natuurlik in sy kapisiteit as voorsitter van die AB en as FAK-man, aan die spits gestaan het van die huldigingsfees wat vroeg in Oktober 1948 ter ere van haar in die Bloemfonteinse stadsaal gehou is. Vir mev Steyn was dit ‘n “onvergeetlike gebeurtenis” en sy het dank betuig die simpatieke wyse waarop Van Rooy die verrigtinge in die stadsaal gelei het; ook vir die tjek van £1 000 “wat nou sal kan gebruik word om die Vroue-monument goed in stand te hou”. 53 As nadraai van die emosionele en kleurryke herdenking van die Groot Trek (die Voortrekkereeufees) van 1938 het die ATKV in 1943 die AH Potgieterwa vir veilige bewaring aan die PUK toevertrou 54 en het die hoofbestuur van hierdie liggaam ‘n leningsbeurs aan die toekenning gekoppel. Hiervolgens sou £75 jaarliks aan kinders van ATKV-lede of spoorwegwerkers toegeken kon word. 55 In 1943 het die ATKV amptelik sy waardering betuig vir “die Christelik-nasionale karakter en gees van die opleiding wat aan die P.U.K. verskaf word”. 56 Daar is besluit om ‘n baksteengeboutjie op te rig vir die huisvesting van hierdie nuwe aanwins sowel as “ons kakebeen-waentjie”, die sogenaamde Bloedrivier-wa. 57

Die rysige, statige mnr Charlie Olen, wat vanaf die vroeë twintigerjare lief en leed met die PUK gedeel het

58 het die Afrikanerharte op die Bult warm laat klop

met ‘n aantal portrette wat hy van tyd tot tyd aan die PUK geskenk het: die AH Potgieterwa, genl CR de Wet wat die Potchefstromers toespreek tydens die Anglo-Boereoorlog en die Long Tom-kanon wat in dié oorlog gebruik is. 59

(13)

van die Afrikaanse skilder WH Coetzer vir ‘n bedrag van £150 aangekoop. Die inisiatief hiertoe het aanvanklik uitgegaan van die Re-Unie van Oud-Studente, maar hulle kon nie die bewys vir ‘n voorskot wat die Raad wou gee, onderteken kry nie. 60

Te midde van die oorlogstydse politieke woelinge in Afrikanergeledere is dit die kamma-republiek van die ANS wat op Empire-dag, 24 Mei 1944, hul eie byeenkoms hou, met gewigtige toesprake vanaf die balkon van een van die losieshuise. Vir hierdie Afrikaner-georiënteerde studentevereniging is Empire-dag “nie ‘n dag van vakansie en plesier nie, maar ‘n roudag”. 61 Die “viering” van “Empire-dag” was ‘n jaarlikse ritueel. In 1946 het prof DW Krüger die studente toegespreek oor die Boeregeneraal van 1899-1902, genl JC Smuts. Die studente moes beslis waardevolle pitkos gekry het, uit die mond van so ‘n deeglike en besielde historikus. Die kriptiese kommentaar van die studenteblad sê alles: “Maar daardie Smuts is dood.” Korps en die ASB het hierna hul gepaardgaande jaarlikse goeie daad gaan verrig, deur naamlik die konsentrasiekampkerkhof te Vyfhoek te gaan skoffel. 62

Tydens die volgende gradeplegtigheid van 1946 is dit UKOVS-rektor H van der Merwe Scholtz wat die PUK-gehoor inspireer met die tema “Taalstudie en Taalonderwys in ons skole en universiteite”. In sy jaarverslag verwys Postma na baie belangrike aspekte van die taalkwessie wat deur Scholtz aangeraak is. 63 Ter herdenking van die stigting van die Genootskap vir Regte Afrikaners (GRA) 75 jaar tevore, bring prof S du Toit in 1950 hulde aan die manne wat gestaan het vir “ons taal, ons nasie en ons land”. Hy skets die ontwikkelingspad van die Afrikaner en kom tot die gevolgtrekking: “Die Afrikanervolk het sy plek ingeneem in die ry van volkere. Hy weet dat Suid-Afrika sy enigste vaderland is en hy wil hierdie tuiste behou vir sy nageslag wat na sy diepste oortuiging blank moet bly …” Hy beklemtoon die Christelike grondslag waarop die GRA ‘n volk wou bou, as voorwaarde vir die behoud van volksidentiteit, en sluit dan af: “Mag ons in hierdie feesdae weer regte Afrikaners wees, Afrikaners met Afrikaanse harte, met harte wat verenig is tot die Vrese van Gods Naam. Dan – met ons land,

en met ons nasie sal dit wel wees! Ook al breek die magte van die Kommunisme los, ook al word Afrika die mikpunt van hierdie goddelose aggressie!” 64

Ander uitinge en handelinge wat die Afrikaanse karakter van die PUK in die veertigerjare onomwonde onderstreep is onder andere

• die aanwys van prof G Dekker as PUK-verteenwoordiger op die Taalmonumentkomitee; 65 • die betuiging van leedwese met die dood van

beeldhouer Anton van Wouw; 66

• finansiële ondersteuning van die Sarel Cilliers-standbeeldfonds; 67

• Prof JC van Rooy, wat saam met twee predikante van die NG en Hervormde Kerke die diens gelei het tydens die opening van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1949.

Met sulke uitsprake uit die monde van personeel, met optredes en handelinge soos in die voorafgaande gedeelte opgehaal – kan daar enige twyfel bestaan oor hierdie been van die PUK se karakter?

En tog, ten spyte van die feit dat hy deur sy oorlogs-beleid baie Afrikaners, ongetwyfeld ook diesulkes aan die PUK, teen hom die harnas ingejaag het, word daar einde September 1950 ‘n mosie van innige deelname en roubeklag in die afsterwe van genl JC Smuts deur die Raad van die PUK aanvaar, en ‘n brief van medelye aan die naasbestaandes gerig. 68

Grootmoedigheid kos niks nie – in hierdie geval hoogstens ‘n posseël.

5.1.2.5 Ekonomiese volkskongres en daarna PUK-dosente het ‘n groot rol gespeel in die pogings tot ekonomiese opheffing van die Afrikaner tydens die oorlogsjare en daarna. Tydens die (Eerste) Ekonomiese Volkskongres wat in Oktober 1939 te Bloemfontein gehou is en waar “die grondplan van die Afrikaner se toekomstige ekonomiese bouwerk” geteken is, was prof JD du Toit een van 10 erevoorsitters. 69 Op sy beurt het prof LJ du Plessis as voorsitter van die kongreskomitee opgetree en was prof JC van Rooy ook lid van hierdie komitee. Du Plessis het ook ‘n referaat, “Die doel van ons ekonomiese strewe”, gelewer en onder andere gepleit vir ‘n “ekonomiese volksbeweging” waaraan “die ryk geskakeerde Afrikanerdom oor die hele Suid-Afrika” sou deelneem. 70

Verder: “Die doel van ons ekonomiese strewe is dus nasionaal, ja selfs Christelik-nasionaal ... Ons wil as

5.1.13

WN Coetzee … Het voorgestel dat die PUK as die Paul Kruger-Universiteit bekend sal staan.

Studente wou die patriarg se standbeeld voor die hoofgebou staanmaak.

(14)

georganiseerde Afrikanerdom bewus deelneem in die ekonomiese ontwikkeling van ons land ... veral om ons volk tot welvaart te herstel en hom so te bekwaam om sy God-gegewe roeping te vervul.” 71

Prof du Plessis het hoë aansien in Afrikanerkringe geniet en is ook aangestel as voorsitter van die voortvloeiende Ekonomiese Instituut, wat die ekonomiese rehabilitasie van die Afrikaner moes bewerkstellig. Met die stigting van die Afrikaanse Handelsinstituut in Augustus 1942 te Bloemfontein het Du Plessis, as voorsitter van die FAK en van die Ekonomiese Instituut, die tema “Volksdiens deur die Sakelewe” in ‘n referaat behandel. 72

As uitvloeisel van die Ekonomiese Volkskongres van 1939 het die Reddingsdaadbond, in opvolging van dr JD (Vader) Kestell se herhaalde oproepe tot ‘n reddingsdaad wat die ekonomiese opheffing van die Afrikaner ten doel sou hê, sy beslag gekry. Prof DJ van Rooy van die PUK is as lid van die bestuur aangewys.73

‘n Verdere uiting van Afrikanerskap was dat die Raad in 1946 gespeel het met die gedagte om die PUK se bankrekenings na die opkomende Afrikaanse bankreus Volkskas toe oor te plaas, “aangesien dit ‘n suiwer Afrikaanse onderneming is”. Na deeglike ondersoek vanuit die registrateur se kantoor en nadat mnr du Toit, die registrateur, die saak persoonlik toegelig het,

is na grondige bespreking besluit om die rekenings voorlopig by Standard Bank te laat. Die saak sou later weer oorweeg kon word. 74

Ten tye van die Tweede Ekonomiese Volkskongres, in Oktober 1950 en weer te Bloemfontein, het Du Plessis (nou egter nie meer in diens van die PUK nie) en prof JC van Rooy as twee van die vier voorsitters by die byeenkoms opgetree. 75

In die “Toekomsblik” wat Du Plessis aan kongresgangers voorgehou het, was sy boodskap dat brûe geslaan moes word na ander bevolkingsgroepe. En het hy gepleit vir verruiming van Afrikanerskap: “My lyk dit asof die Afrikanerdom hom alleen kan versterk deur tot sy geledere gulhartig toe te laat die wat begeer om daarby aan te sluit en wat ook prakties bewys gelewer het dat hulle die Afrikaner se aansprake op gelykgeregtiging [sic] erken.” Hoewel dit nie eksplisiet so gesê is nie, kom dit voor asof Du Plessis in hierdie verband hoofsaaklik op die Engelstalige en ander blanke gemeenskappe gefokus het.

Hy sien verder ook ‘n ekonomies-geïntegreerde Suid-Afrika, maar “met die voorbehoud dat die belange van die Afrikanerdom en die selfstandigheid van Suid-Afrika daardeur nie ondermyn word nie”. Du Plessis verwys spesifiek en “in ‘n heel ander sin” na die “heel besondere” posisie van “ons eie Bantoebevolking” en

5.1.14

Ekonomiese Volkskongres, 1939, waar Afrikanerleiers op ekonomiese en kulturele gebied koppe bymekaargesit het oor die toekoms van die Afrikaner. Prof LJ du Plessis, wat ‘n leidende rol gespeel het, sit voor in die middel langs dr N Diedericks. Regs voor sit dr SP van der Walt. Onder andere verskyn ook dr Piet Meyer (links voor), dr HF Verwoerd en dr MS (Tienie) Louw (derde en vierde van links, middel) en dr TE Dönges (tweede van regs, middel) op die foto.

(15)

bepleit alle moontlike steun vir reddingsdaadbewegings onder die Bantoe en die Kleurling. 76

‘n Dekade later, en met Du Plessis weer terug op die PUK en betrokke in vurige polemieke oor die toekoms van die land, sou hierdie sieninge van hom sterk in herinnering geroep word.

Oudstudent FJ du Toit, nou in die sleutelpos van sekretaris van Handel en Nywerheid, het in April 1945 tydens die jaarlikse gradedagseremonie as spreker die tema “Die taak van die Universiteit in ons tyd” behandel en veral klem gelê op die universiteit se taak om, naas kennisoordraging, ook nuwe kennis by te voeg, navorsing te doen. En hy maak sommer ook voorbrand vir ‘n aanstaande besoek van sy vriend, dr Schönland, wat as eerste voorsitter van die Raad vir Wetenskaplike Nywerheidsnavorsing (die latere WNNR) aangewys is en binnekort ‘n draai op die PUK-kampus sou kom maak. 77 Rektor Postma rapporteer só oor Du Toit se optrede: “Sy rede het groot byval gevind en professore sowel as studente saam met die gehoor laat voel dat in die opbouing van ons volk op ekonomiese gebied teorie en praktyk nie geskeie mag bly nie, maar hand aan hand moet saamgaan en mekaar beïnvloed.” 78

5.1.2.6 Johannes van der Walt

Soos reeds gesien, het ‘n Johannes van der Walt-instituut

vir Liggaamlike Opvoeding in Oktober 1949 sy beslag gekry, finansieel ondersteun deur ‘n spesiale fonds wat na die dood van hierdie beroemde Afrikanerstoeiheld gestig is. Die bemaking van hierdie fondse aan die PUK het ten nouste in verband gestaan met die Christelike en Afrikaanse karakter van die PUK.

Van der Walt, aan wie oud-PUK-student en dosent J Albert Coetzee die titel “Volkskampioen” laat toekom het, het as stoeier in die middel- en laat dertigerjare nasionale en internasionale roem verwerf. Veral in Afrikanerkringe, wat aan die Witwatersrand maar ook op die platteland in ‘n geweldige indentiteitstryd gewikkel was, het hy ‘n sterk aanhang gehad. Sy kort maar onoorwonne loopbaan as “Die Gemaskerde Wonder” het verder tot sy gewildheid bygedra, soos ook sy skitterende vertonings op die mat teen onder meer destydse Griekse wêreldkampioen Jim Londos. Saam met sy familie het Johannes ten volle met die Voortrekkereeufees geïdentifiseer en het hy hom kort hierna, na die uitbreek van die Tweede Wereldoorlog, in geselskap gevind van daardie Afrikaners wat gekant was teen oorlogsdeelname. Hy het sy gewig aanvanklik by die Ossewa-Brandwag ingegooi en is later, as rekruut van Robey Leibbrandt, by laasgenoemde se nasionaal-sosialistiese versetsbeweging teen die Smuts-regering in die maalkolk van die destydse Afrikanerpolitiek betrek.

In hegtenis geneem weens onwettige besit van ‘n vuurwapen, het Van der Walt ontsnap en hom vir ‘n tyd lank skuilgehou, voordat hy tydens ‘n klopjag op sy skuilplek in die rug geskiet is. Na ‘n kwaai lyding van 14 maande is hy oorlede, slegs ‘n skaduwee van die eens forse en goedgeboude sportheld. Die traumatiese omstandighede waaronder hy dood is het die hartsnare van ‘n groot deel van die Nasionaalgesinde Afrikanerdom diep geroer en sy reuse begrafnis in Westdene was niks minder nie as ‘n monstering van Afrikanersentimente. Die begrafnis, vanuit die Gereformeerde Kerk in Melville, is gelei deur prof JC van Rooy van die PUK en op daardie stadium ook grootbaas van die Afrikaner Broederbond.

In November 1943 het dr HF Verwoerd, namens die trustees van die Johannes van der Walt-gedenkfonds, die PUK genader met ‘n aanbod en ‘n versoek: die beskikbaarstelling van £4 000 vir die oprigting van ‘n instituut vir liggaamsopvoeding, “as lewendige gedenkteken … sy nagedagtenis ter ere”, sodat ‘n gesonde gees in ‘n gesonde liggaam sy nalatenskap aan die jeug kon wees. Ter verdere motivering vir die skenking is gemeld dat Van der Walt by geleentheid ‘n bedrag geld aan die PUK beloof het “en ook omdat hy as troue en belydende lid van die Gereformeerde Kerk spesiale belang moes gehad het by die Universitêre inrigting van daardie Kerk te Potchefstroom”.

5.1.15

LJ du Plessis ... bepleit reddingsdaadbewegings vir die Bantoe en Kleurlinge.

(16)

Die skenking was onderhewig aan sekere voorwaardes. Eerstens moes dit ‘n Christelike karakter dra “en in ooreenstemming met die Christelike lewensbeskouing van die Afrikaanse volk” funksioneer. Ook sou die beoogde instituut volledig, in samestelling, inrigting, uitkyk en strewe Afrikaans moes wees. Die voertaal moes Afrikaans wees, so ook die dosente. En as doelstelling is gestel “om manne en vroue te help vorm in wie die edelste en verhewenste karaktertrekke van ons Boerevolk tot openbaring sal kom, getrou aan die Afrikaans tradisie en besiel met die hoogste Afrikaneraspirasies”. Na aanvanklike probleme om regeringsondersteuning te verkry, is van die kant van die kuratore van die Teologiese Skool ‘n skenking van £4 000 verkry en het die Johannes van der

Walt-instituut gevolglik sy staan gekry op die pragtige Oude Molen-landgoed. 79

5.1.3 Christelike karakter

5.1.3.1 Verteenwoordiging ander kerke?

Gesien teen die agtergrond van die plek en rol wat die Gereformeerde Kerk in die geskiedenis van die Teologiese Skool en later ook die PUK gespeel het, vind daar in die laat veertigerjare twee interessante verwikkelinge plaas.

5.1.16

Volkskampioen Johannes van der Walt ... ‘n besondere verbintenis met die PUK.

(17)

Eerstens was daar in Mei 1946 ‘n versoek van die ring van die NG-kerk van Potchefstroom dat hulle meer direkte verteenwoordiging in die Raad van die PUK mag kry. Na bespreking deur die komitee vir Interne Beheer het kolonel Izak Meyer voorgestel dat die ring se aandag gevestig word op die betrokke artikel in die Private Wet van die PUK (artikel 7) waarvolgens lidmaatskap van die Raad verkry kon word.80 Volgens hierdie artikel kon instansies wat minstens £1500 per jaar tot die fondse van die inrigting bydra, sitting in die hoogste bestuursliggaam verkry.

Die saak is skynbaar nie verder gevoer nie.

Ietwat vreemder was ‘n versoek van die Nederduits Hervormde of Gereformeerde Kerk, wat gevra het dat aantekeninge gemaak sal word van die kerkverband van studente. Die doel hiermee word nie gemeld nie. 81 5.1.3.2 Geloofsleerklasse

In die opleidingsprogram van studente was dit veral die “vrywillige” Christelike Geloofsleerkursus wat toegespits was op die handhawing en uitbou van die Christelike karakter van die Inrigting. In hierdie kursus, wat een klas per week behels het, is onder meer die leer aangaande die Heilige Skrif, aangaande God, Christus en die Heilige Gees, die Skepping en die Voleinding behandel. Daar is nie eksamen oor geskryf nie en dit het ook nie deel uitgemaak van ‘n graadkursus nie. Sertifikate vir getroue bywoning van voorlesings is aan die einde van elke jaar toegeken. 82

Die instelling van hierdie kursus dateer so ver terug as 1924, toe dit as “spesiale lesinge” wat oor wysgerige vraagstukke van aktuele belang handel, deur prof JD du Toit aangebied is. In 1939 het die twee dosente wat op daardie stadium daarmee gemoeid was, proff JD du Toit en HG Stoker, hul teleurstelling uitgespreek oor die swak bywoning van die kursus, wat saam met ‘n algemene inleiding tot die Wysbegeerte aangebied is. Na diepgaande bespreking is die twee kursusse van mekaar geskei, is die naam verander na Christelike Geloofsleer en het dit ‘n driejarige kursus geword. Diplomas sou vir 60% bywoning uitgereik word. Aangebied op tye wat daar nie ander klasse was nie, is daar “dan ook beslis [verwag] dat alle studente die geloofsleerklas getrou sal bywoon”. 83

Vanaf 1941 word verwysings na hierdie “leersame en interessante lesings”, deur prof JD du Toit aangebied, ‘n staande item in die rektor se jaarlikse verslag aan die Raad en Senaat. Die lesings is deur Postma bestempel as “noodsaaklike werk van opvoeding aan ‘n Christelike inrigting ... Groot vraagstukke van die lewe in al sy vertakkinge word toegelig en besien by die lig van

God se Woord.” En die belangstelling van personeel en studente is groot. 84

Personeel is aangemoedig om ook hierdie klasse by te woon terwyl die Stafklub die oprigting van kleiner klubs, vir prinsipiële samesprekings oor vakprobleme moes ondersoek. Dit skyn asof ‘n gepaardgaande aanbeveling van prof S (Fanus) du Toit, vir die opstel van ‘n handleiding in verband met die standpunt, doel en strewe van die PUK, nie van die grond gekom het nie. 85

Prof du Toit (Totius) het die lesings weer in 1945 aangebied, waarna swak gesondheid hom verhinder het om daarmee vol te hou. Vanaf 1942 tot 1944 hanteer prof S du Toit, Totius-seun, die kursus en beklemtoon hy onder andere “die Woord as ligbron ook by die Volkegeskiedenis”. Hy bring ook die gedagte tuis dat die Bybel “nie maar net ‘n boek is vir die huisgesin en die kerk nie, maar ‘n ereplek in die universiteite behoort in te neem”. 86

Behalwe die twee Du Toits, het ds JV Coetzee en proff JP Jooste, WJ Snyman en PJS de Klerk in die ander jare die lesings waargeneem. Proff Dirk van Rooy en JS van der Merwe en later ook mnr JS du Plessis het die organisasie van die kursus behartig.

In sy 1945-verslag meld Postma dat Totius hom onder “besonder moeilike omstandighede” bereid verklaar het om weekliks die groot aantal mense toe te spreek en voor te lig en was dit sy bede dat dit die PUK nog lank gegun sou word. Dinge sou egter anders uitwerk want “ernstige krankheid” het meegebring dat Du Toit hom permanent hiervan moes onttrek. 87

In die 1946 uitgawe van Die Besembos word verwys na “onbeteuelde uitspattery, oormatige gelawaaiery en ‘n algemene optrede wat ons nie meer by studente aan ‘n universiteit sou verwag nie”. As gedeeltelike oplossing word aan die hand gedoen dat elke student minstens een kursus in Wysbegeerte moet bywoon: “Dit sal hulle ‘n breër insig in hul vak of vakke gee en meteen liggewend wees vir die vorming en bepaling van ‘n eie lewens- en wêreldbeskouing. Dan sal ons ook meer geheel mense kan wees, met koers- en karaktervastheid. Die algemene onderrig in die Christelike Geloofsleer moet in hierdie boog van die Christelike Universiteit sowel die fondament as die sluitsteen wees.” 88 Tot en met 1947 was daar inderdaad groot tevredenheid met die ondersteuning van die lesings deur studente sowel as dosente. In 1948 rapporteer Postma egter dat die bywoning van hierdie “hoogs belangrike klas” veel te wense oorlaat. Die volgende jaar is daar ‘n effense verbetering maar groter belangstelling van studentekant word verwag: “Hier word grondslae gelê

(18)

waarop gedurende die studentejare en in die latere lewe gebou sal kan word.” 89 In 1950 is die bywoning “redelik goed”, maar vind Postma dit steeds nodig om, met ‘n beroep op die PUK se leuse “In U Lig”, te vermaan dat studente nie onverskillig kan en mag staan teenoor hierdie onderwysing nie. 90

Waar het die probleem gelê, en waarom dan die afname in belangstelling? Was dit ‘n tipiese na-oorlogse verskynsel, of die noodwendige gevolg van die groeiende getalle? Of het dit, gesien die vol lokale wat Totius en seun Fanus gelok het in die jare toe hulle dit aangebied het, dalk gelê by die aanbieding of die aanbieders?

By gebrek aan konkrete evalueringsgegewens is dit moeilik om, na so ‘n lang tydsverloop, die vinger op die pols te lê. Al was die “Nederlandse vriende” daar rondom 1920 nie juis opgewonde oor Totius as orator nie, was sy teologiestudente later mal oor hom: “Sy klasse was kort vir ons, te kort, altyd deurvleg met sy humorsin … So het elke dag se klasse te gou verbygegaan.” 91

Totius se persoonlikheid en sy seun Fanus se tema, wat die Bybel in verband met volkere geskiedenis behandel het toe Afrikanerskap (volkskap) so sterk in die kollig was, sou ongetwyfeld kleur aan die kursus verleen het. Maar juis daardie gees waarna Die Besembos in 1946 verwys het (hierbo aangehaal), en wat ook in lyn is met ‘n beskrywing van die studentelewe wat hom teen 1947 “in die vlakwaters van ‘n algemene P.U.Kanerse fatsoenlikheid” bevind, waar min sprake is van beginseldiepte, beginselliefde en beginselstryd,

92 dui beslis op ‘n situasie waarbinne ‘n kursus soos

Geloofsleer nie tot alle studente sou spreek nie. 5.1.3.3 Simposium: Die mens in die kosmos

‘n Verdere verwikkeling op hierdie terrein, maar op hoër vlak, was toe ‘n aantal dosente onder leiding van prof HG Stoker (Wysbegeerte) en senior lektor WA Joubert (Regsgeleerdheid) in Augustus 1947 ‘n simposium geloods het “oor vraagstukke wat in verband staan met die mens en sy plek in die kosmos vanuit die standpunt van die Christelike wetenskap besien”. Dit was ‘n redelik informele inisiatief: “Die vergadering vind afwisselend plaas aan die huise van die lede van die simposium met die gasheer as informele voorsitter. Op elke simposium sal een of twee lede enkele gedagtes ten beste gee, waarna die hoofskottel kom, nl. die gesamentlike bespreking.”

‘n Wye verskeidenheid temas is ten aanvang uit die mou geskud. Eerstens kon sake soos “Persoon en persoonlikheid”, “Vryheid en verantwoordelikheid”, “Roeping, Gesag en gesagsverhoudings” en andere op verskillende simposia vanuit teologiese, wysgerige, etiese, juridiese, staatkundige, sosiologiese, opvoedkundige en ander gesigspunte beskou word. Daar kon ook aandag gegee word aan “Die mens as kenner (Christelike wetenskap), as godsdienstige wese, as sedelike wese, as politieke wese, as kunstenaar (Christelike kuns), as taalvormer, as historiese, ekonomiese, sosiale en in die algemeen as kulturele wese”. ’n Derde kategorie temas behels aktuele strominge of teorieë soos evolusieleer, psigo-analise, humanisme, liberalisme (bv. in verband met kleurvraagstuk), kommunisme, nasionaal-sosialisme, dialektiese teologie, ens. Laastens kon belangrike en nuwe publikasies in verband met die bogenoemde temas ook onder die loep geneem word.

Die lede van die simposium sou beperk word, om “lewendige en vrugbare bespreking” te verseker, en die simposium sou besluit wie as lede van die simposium uitgenooi staan te word. Die eerste byeenkoms, aan huis van dosent WA Joubert en met prof Stoker as inleier, sou handel oor Persoon en persoonlikheid en slegs personeel wie se vakke met die tema “Die mens en sy plek in die wêreld” in verband staan, sou uitgenooi word. 93

In Augustus 1948, met die wiele van selfstandigheidswording reeds aan die rol, kom daar uit studentegeledere nogal skerp kritiek oor die karakter van die PUK; kritiek wat onder meer gekoppel is aan die soveelste dispuut met die universiteitsowerheid oor ontgroening. “Hoopvol”, wat homself voorstel as ‘n aktiewe lid van die studentegemeenskap, begin sy storie op ‘n positiewe noot: “In bykans elke preek en

5.1.17

Prof S du Toit ... Bybel behoort ereplek in die universiteite in te neem.

(19)

toespraak hoor ons vandag die spreker of predikant pleit vir waaksaamheid teen die verwatering van ons Christelike beginsels, wat oor die hele wêreld aan die orde van die dag is. Dan voel die P.U.K.-student trots op sy P.U.-Kanerskap, want hy is lid en deel van ‘n universiteit wat vir die Christelike beginsel staan en nie in naam nie maar in wese. Die wetenskap word bestudeer in die lig van Gods Woord. Wat die gees van die studente ook al mag wees – dit kan nie die onwrikbare beginsel van die opvoedingsinrigting skade berokken nie.” Maar dan prik “Hoopvol” self dié opgeblaaste ballon: “Tot my spyt moet egter erken word dat die oorgrote meerderheid van ons studente deur hul optrede die gees van ons tyd weerspieël, en hulle verrotte invloed op hul medestudente oordra ... Die studenteraad het geen beheer oor die studente wat besig is om hand uit te ruk, en van die C.H.O. van ons universiteit ‘n spot en ‘n skandaal te maak … Die geloofsleerklas loop leeg terwyl Korps en P.A.N.S.O., wat albei liggame is wat streef om ons christelike en nasionale beginsels uit te dra onder die intellektuele deel van ons volk wat hul opleiding hier ontvang, besig is om op ‘n afgrond af te loop.”

En dis nogal jammer, is die trant van die kritiek: “Nou dat die P.U.K. gegroei het en die belangrikste posisie onder die Afrikaanse Universiteite van Suid-Afrika, waar dit op beginsel aankom, ingeneem het – word ons beginsel op die agtergrond geskuif. Christelik-Nasionaalvoelende studente aan ander universiteite sien vandag op na die P.U.K. om leiding op daardie gebied. In die pas gestigte Afrikaanse Studentebond sal P.U.K. hom die sterkste moet laat geld as inrigting wat staan vir ‘In U Lig’. P.U.K. sal nie daardie posisie behou as sake in hierdie trant aanhou nie.” Die oorsaak van alles, sê “Hoopvol”, is ‘n “hardkoppige houding” van die Senaat wat ontgroening afgeskaf het; die verlammende effek waarvan “tot in die fynste vertakkinge van ons studentelewe” deurgesuur het. Vir die Senaat, betoog hy, staan uitbreiding voorop, selfs voor die beginsel. “P.U.K. is nie meer ‘n universiteit vir C.H.O. nie, maar vir £. s. d.” (ponde, sjielings en pennies). 94

Al was dit maar die mening van een individu, het in hierdie “ope brief” tog ‘n boodskap van waarskuwing opgesluit gelê en sou dit die owerhede baat om in die toekoms aandag te gee aan die verband tussen uitbreiding en die handhawing van die PUK se karakter.

5.1.3.4 Nuwe diensregulasies ... en die gewetensklousule

Met die oog op die komende selfstandigwording is besluit om die PUK se diensregulasies te hersien en aan te pas. Terselfdertyd is dit goedgedink om regulasies in

te voeg betreffende die status van die Universiteit, ten einde te verseker dat die PUK sy Christelike karakter sal kan behou en handhaaf. ‘n Kommissie onder leiding van prof JP van der Merwe het die saak hanteer. 95 Die statusomskrywing in die voorgestelde nuwe diensregulasies het só gelui:

1. Ooreenkomstig die christelike karakter van die inrigting word van elke lid verwag dat hy in sy onderrig positief die christelike geloof sal bely en die christelike karakter van die inrigting sal bevorder deur (a) die christelike beginsels gegrond op die Heilige Skrif as die geopenbaarde woord van God te bestudeer en te ontwikkel in die onderrig en ondersoek van sy wetenskap, en (b) in woord en geskrif standpunt in te neem teenoor enige beskouings wat op sy vakgebied in stryd met die christelike beginsels is.

2. Van elke lid word verder verwag dat hy die belange van die inrigting sal bevorder deur onberispelik in die openbare lewe te verkeer en waardig die Evangelie van Christus te wandel.”

Die gewysigde regulasies is in Januarie 1948 aan die departement van Onderwys deurgegee, vir sy goedkeuring, om op 1 Januarie 1949 in werking te tree. 96

Dit was egter nie so maklik nie …

Drie maande later eers is daar reaksie en word die PUK verwittig dat die voorgestelde regulasies betreffende status teenstrydig is met artikel 15 van Wet no 20 van 1917, wat kragtens artikel 2 van wet nr 25 van 1921 deur proklamasie nr 102 gedateer 6 Julie 1921 op PUK van toepassing gemaak is. Ook oor etlike ander voorgestelde wysigings word kommentaar en wenke gelewer en word ‘n verdere gewysigde voorlegging versoek. 97

Die Senaatsbestuur, die Senaat en die Raad het hierna agtereenvolgens die saak beredeneer en toe maar weer die ou, geykte kanaal gevolg: ‘n deputasie na die minister. 98 In die voorlegging aan die minister het daar nou ‘n bykomende argument ter ondersteuning van die voorgestelde wysigings gekom, naamlik “dat wet no. 5 van 1933 by implikasie art. 2(1) van wet no. 25 van 1921 herroep omdat wet no. 5/1933 andersins kragteloos sou wees, en dat art. 5 van laasgenoemde wet in stryd is met die bedoeling van die wet in sy geheel en daarom nietig is.”

Wet nr 5 van 1933 is natuurlik die wet waarvolgens die PUK se “verminkte vaandel” herstel, sy karakter weer met “vir Christelike Hoër Onderwys” aangedui kon word. Artikel 5 van hierdie wet, wat volgens PUK-beredenering in stryd is met die bedoeling van

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Onderzoekers van Wageningen UR Glastuinbouw zijn er samen met collega’s van TU Delft in geslaagd om wind om te zetten in energie, zonder gebruik te maken van een dynamo

Voorafgaand aan het onderzoek is uitgebreid onderzoek gedaan naar de chemische samenstelling van acryl en modacrylvezels en kon de samenstelling van de

Als de zwakte van de manipulatie verantwoordelijk was voor het ontbreken van een significant effect van cognitieve vermijding op nachtmerries, dan zou er een zwak interactie-

Research has shown that companies with a higher percentage of women on the boards tend to have stronger corporate governance practices than those with fewer or no women on the

Deze vaardigheid (nut inzien van een actieve houding, behoefte aan betrokkenheid en de Nederlandse taal voldoende machtig zijn) wordt goed beheerst door personen met een Surinaamse

The result of the existence of the Alcohol Levy to date is that some of the companies in the alcohol industry have lost their value and employees have lost

A series of actions by staff members and/or students of a higher education institution in collaboration with community members or representatives of community organisations which

• JGZ is vaak nog niet in beeld, als de kraamzorg weggaat uit een gezin (8 dgn. na de geboorte) Uit cijfers blijkt dat dit het moment is waarop veel vrouwen stoppen met