• No results found

is is

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "is is"

Copied!
27
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

HOOFSTUK 3

BEWEGINGSKUNDIGE ANALISE VAN DIE KOMPONENTE VAN DIE

TOETSBATTERY

3.1 INLEIDING

Navorsingsgegewens dui daarop dat verstandelik vertraagde leerlinge as

n

groep ten opsigte van motoriese vaardigheid

n

agterstand teenoor verstandelik normale leerlinge het

(Singer,1980:238), alhoewel verskeie ondersoeke ook aandui dat daar

n

groat persentasie van hulle is wat oor normale

of selfs bo-normale fisieke vermo~ns beskik (Cratty 1980:221).

Die motoriese agterstand kom veral na vore in die aan=

leer en uitvoering van meer komplekse vaardighede (Ibid, 225).

Vaardighede verskil van mekaar. Die aard en samestelllng

van

n

vaardigheid is dus

n

belangrike faktor wat in aanmer=

king geneem moet word by die aanleer van daardie vaardig= heid, te meer waar daar sprake is van

n

motoriese agterstand.

n

Sinvolle ontleding van vaardighede stel opvoeders in staat

om aan die hand hiervan bepaalde bewegingsprogramme met die oog op optimale ontwikkeling vir leerlinge op te stel. Dit stel opvoeders ook in staat om bestaande programme te

evalueer en oordeelkundig aan te wend tot maksimale voor= deel van die leerlinge (Harrow 1972:10).

Verskillende metodes, elkeen met

n

eie spesifieke doel,

kan aangewend word om motoriese vaardighede te ontleed en te klassifiseer. Die doel van Harrow ( 1972:9) met haar

taksonomie vir die psigomotoriese domein waarvolgens waar= neembare gedraginge geklassifiseer kan word, is die volgen= de:

(2)

"It is designed specifically to assist educators and cur= riculum developers to categorize relevant movement pheno= menon in order to structure educational goals relevant to

the needs of the children."

Spamer (1983:9) sien die nut van klassifikasies as hulpmid= dels wat eendershede en verskille aandui, en so kan dien as basis vir navorsing oor perseptueel-motoriese aspekte wat vir die praktyk belangrik is.

n

Ontleding van die vaardighede wat vir die samestelling van die toetsbattery vir hierdie ondersoek gekies is, het ten doel·die identifisering van sekere elemente wat van be= lang sou wees wanneer motoriese aspekte van verstandelik vertraagde leerlinge vergelyk word met die van verstandelik normale leerlinge. Die bewegingstoetsitems van die betrokke toetsbattery wat in hierdie ondersoek gebruik is, verteen= woordig

n

verskeidenheid van elemente wat hoofsaaklik per= septueel en motories van aard is: daarom word daar in hier= die hoofstuk gepoog om

n

bewegingskundige ontleding van

die toetsitems te maak.

n

Sinvolle stelsel van ontleding meet dus gevind word. Stallings (1982:193) merk in die verband tereg op:

"However, we do not have, as yet, a single viable classifi= cation system for motor skill analysis that meets all in= structional needs. At the present time, i t appears that we must rely on an approach, •.. in which several methods of skill analysis are used."

Ten einde afleidings te kan maak van die resultate wat ten opsigte van die onderskeie toetsitems verkry is, sal die verskillende komponente van die toetsbattery volgens bepaal= de kriteria ontleed meet word.

(3)

Die volgende stappe sal gevolg word om

n

ontleding te maak:

*

die ondersoek en beskrywing van verskillende taakanalises en -klassifikasies.

*

die keuse van

n

toepaslike taakanalitiese model.

*

n

uiteensetting van die samestelling van die toetsbattery.

die tabulering van die gegewens en

n

bespreking daarvan.

3.2 TAAKANALISES EN -KLASSIFIKASIES

Volgens HAT (1965:34, 438), beteken analise "die skeiding in dele om die samehang te kan begryp". Klassifikasie be= teken die "indeling of rangskikking in klasse, veral inde= _ling van

n

versameling in kleiner versamelings".

n

Taakanalise beteken dus dat

n

ontleding of analise van die spesifieke taak eers gedoen word. Dit wil se: die taak word in sinvolle dele geskei ten einde

n

klassifikasie van die dele te doen. Gagne (1974) beskou taakanalise as die identifikasie en klassifikasie van leerresultate asook van die ondergeSkikte vaardighede wat voorvereistes is vir die betrokke resultate. Hierdie hoogs gestruktureerde me= todes stel

n

leerkrag in staat om self die komponente van opvoedkundige take beter te identifiseer. Op so

n

wyse kan hy meer doeltreffend beplan en tegnieke toepas wat die leerlinge se leervermoe ten volle sal benut (Silber, 1982: 337) •

Vervolgens word daar gekyk na

n

paar verskillende moontlik= hede van taakanalises:

Observasie. Volgens die metode neem die onderwyser waar hoe goeie studente

n

bepaalde vaardigheid uitvoer en

(4)

van

n

reeks vaardighede vir

n

student met swakker bewe= ginguitvoeringsvermoens (Hughes, 1982:274).

Vloeikaarte. Vloeikaarte is gebaseer op sekere tegnieke wat gebruik word vir rekenaarprogrammering, waar die taak afgebreek word tot eenvoudige vrae wat slegs ja-en nee-antwoorde verg. Die student se antwoord op elke vraag bepaal dan die volgorde van geskikte aktiwiteite. Dit sal verskil van student tot student. Twee tipes van inligting word deur middel van vloeikaarte verkry, naamlik die volgorde van die verskillende stappe tydens die .proses van aanleer, asook die beslissings wat gemaak moet word. Di~ soort taakanalise kan op verskillende

terreine, insluitende die psigo-motoriese, toegepas word (Hughes, 1982:274).

Vaardigheidsontleding. Hiervolgens word

n

vaardigheid ontleed in terme van die perseptuele besluitneming, beweging- en terugvoerkomponente. Hierdie metode ver= skaf

n

goeie basis vir die vereenvoudiging van

n

vaar= digheid en vir die rangskikking van die aanleermetodes om hoe vaardigheidsvlakke te bereik (Billing 1980i18-23).

Vraagstelling: Volgens Stallings (1982:222) kan

n

aantal vrae gevra word, waarvolgens

n

sinvolle analise dan gemaak kan word:

1. Wat is die doel van die vaardigheid?

2. Wat is die relevante stimuli? Hoeveelheid en prioriteit? Duur en intensiteit?

Teenstrydige stimuli?

3. Wat is die besluitmakende vereistes? ("Decision-making requirements")

(5)

Kriteria? Volgorde? Spoed?

4. Wat is die bewegingsvereistes? .Bestendigheid?

Samehang? Akkuraatheid? Kontinuiteit?

Teenstrydige reflekse?

5. Watter intrinsieke terugvoer is beskikbaar? Tipe?

Hoeveelheid? Kwaliteit?

6. Wat is die vernaamste vermoevereistes?

7. Wat is die optimale opwekkingsvlak ("Optimal arousal level") •

Daar is dus verskillende benaderingswyses en pogings om

sinvolle interpretasie en beskrywing aan die bewegingswereld van die mens te gee. Alleenlik deur

n

sinvolle, doelgerigte taakanalise te doen kan

n

leerkrag die inhoud van sy leerstof ordelik beplan. Deur

n

bewegingskundige analise van die

toetsbattery te maak, kan sinvolle ooreenkomste en/of ver= skille tussen die bewegingsvermoe van verstandelik

normale en verstandelik vertraagde leerlinge uitgeliq word.

Klassifikasies word gedoen met

n

bepaalde doel voor oe.

Aangesien doelwitte kan verskil, kan daar heelparty verskil= le in klassifikasies voorkom. Singer (1972:23) voer die volgende redes aan waarom klassifikasies in die psigo-moto= riese do~ein belangrik is:

(6)

1. Om doelwitte te ontwikkel wat gebruik kan word in die Liggaamlike Opvoedingsillabus.

2. Om Liggaamlike Opvoedingsillabusse te evalueer.

3. Om die doelwitte vir sowel leerlinge as leerkrag te evalueer.

4. As riglyn in die opstel van toetse asook ander evalue= ringsmetodes.

5. Om

n

teoretiese basis daar te stel vir verdere navorsing.

6. Om metodes en prosedures van onderwys te evalueer.

7. Om leerstof vir klasgebruik te ontwikkel.

Vanwee die verskille in klassifikasie, is dit nodig dat gekyk word na klassifikasies van navorsers met verskil= lende benaderings in die veld van perseptueel-motoriese leer.

Nel (1980:5) klassifiseer die indeling van oefenstof vir die Liggaamlike Opvoedingsillabus vir jonger kinders. Hier= die klassifikasie is ontwerp met die doel om die kind

n

bree bewegingservaring te gee en bloot te stel aan

n

bree omgewingsvariasie en sal dien as

n

basis vir die identifise= ring van verwante faktore vir perseptueel-motoriese kontrole: Doel van die aktiwiteit: Beheer (insluitende posisioneer

en stop), van liggaamsbewegings en hantering van voorwerpe.

Liggaamsbetrokkenheid: Totale liggaamsbewegings of bewe= ging van liggaamsdele, op een plek of in voortbeweging.

(7)

Omgewingsbetrokkenheid

vaardigheidsvereistes:

Fisiese faktore (swaartekrag, oppervlak, apparaat); situasie= faktore (konstantheid) •

Meganiese aspekte, soos maksimale tyd- en ruimtelike aspekte (spoed, afstand en hoogte) asook aangepaste tyd- en ruimtelike aspekte (ak= kuraatheid) .

Stallings (1982:149-159), daarenteen, maak

n

klassifikasie van motoriese en perseptuele vermoens. Haar kriteria vir die seleksie van hierdie vermoens vir die samestelling van

n

klassifikasiemodel is:

1:

Die motoriese en perseptuele vermoens kom voor as funk= sionele bewegingseenhede, dit wil se aanpasbaar by sowel ontwikkeling as evaluering.

2. Die vermoens is reeds in

n

aantal studies geidentifiseer. 3. Die motoriese en perseptuele vermoens is relevant vir

liggaamlike opvoeders.

Sy onderskei tussen motoriese en perseptuele vermoens soos volg:

Motoriese vermoens

1. Spierkrag en uithouvermoe ("muscular power and endurance"). Spierkrag verwys hier na die sametrekkingsvermoe van

die spiere. Sy onderskei verder tussen kort, intensiewe of anaerobiese sametrekkings en sametrekkings met

n

laer intensiteit en van

n

langer duur, of aerobiese sametrekkings.

(8)

2. Soepelheid ("flexibility"). Dit impliseer die omvang van gewrigsbewegings en het betrekking op die verskil= lende gewrigte.

3. Balans. Statiese balans is die vermoe om liggaamsgewig

in

n

bepaalde statiese posisie te behou.

Dinamiese balans is die vermoe om balans te behou tydens voortbeweging.

Rotasiebalans ("rotational balance") is die vermoe van die mens om balans te herwin na

n

vinnige rotasiebeweging om sy eie as.

4. Koo·rdinasie: Di t is die gelyktydige beweging van liggaams= dele terwyl die liggaam staties of in beweging is en

hou verband met elke vaardigheid.

5. Differensiele ontspanning ("differential relaxation"): Dit is die vermoe om selektief die spierspanning aan te pas. Steinhaus (1964:3) stem saam met Stallings wat die volgende definisie betref:

"Differential relaxation means differentiating between muscles that are nece~sary for an activity and those that are not. It also means differentiating between strong and weak contractions of the active muscle and relaxing them as much as is consistant with doing the job at hand effectively. Thus differential relaxa= tion should be practised continually in connection with activity."

Perseptuele vermoens

1. Visuele vermoens. Daar word tussen die volgende visuele vermoens onderskei:

(9)

1.1 Dinamiese visuele skerpheid. Die vermoe om detail te sien wanneer die persoon en die voorwerp afsonder= lik of albei in beweging is.

1.2 Periferiese sig. Dit hou verband met die totale area wat gesien kan word sonder beweging van die oe.

1.3 Dieptepersepsie.

n

Driedimensionele uitsig.

1.4 Figuur-agtergrondpersepsie ("figure-ground percep= tion"). Die vermoe om

n

voorwerp te onderskei van die omliggende agtergrond.

2. Kinestese

Kinestese word in popul@re terme genoem die aanvoeling of gevoel van

n

beweging, dit wil s@ visuele en ouditiewe persepsie word uitgesluit. Dit sluit ook in die bewust= heid van ledemaatposisies voor en tydens die uitvoering van beweging, met ander woorde, kennis van die self.

3. Taktiel

Alhoewel die taktiele reseptore bydra tot kinestetiese persepsie word dit deur die skrywer hier beskou as

n

aparte vermoe wat bydra tot motoriese leer en uitvoering. Dit is die tassin en taktiele stimulering veral deur

die voete, is

n

belangrike bron van informasie ten op= sigte van gewigsverplasing.

4. Ouditief

Daar word onderskei tussen geluidlokalisering en ritme= diskriminasie. Eersgenoemde is die vermoe om die bron of rigting van geluid te lokaliseer, terwyl laasgenoemde die vermoe is om ritmepatrone te onderskei. Vervolgens is daar figuur-agtergrondseleksie, naamlik die selek= tering van relevante stimuli vanuit

n

versameling van geluide en klanke.

(10)

Die rneeste van die verrnoens wat deur Stallings geklassifi= seer is, is reeds in ander studies gebruik. Sy en ook Harrow (1972) rnaak

n

onderskeid tussen perseptuele en rno= toriese verrnoens terwyl ander navorsers (Fleishman, 1972 en Katzenellenbogen 1976) die twee kornbineer. Hoewel die verrnoens tydens bewegingsuitvoering nie geisoleerd voorkorn nie, kan hulle wel _geidentifiseer word. Die interne bewerk= stelling van

n

vaardige beweging is afhanklik van die doel= treffende funksionering van die perseptueel-rnotoriese sisterne in die liggaarn (Katzenellenbogen 1976).

Die rnees uitgebreide navorsing ocr die verrnoesarnestelling van rnotoriese vaardighede is deur Fleishman (1964, 1972) gedoen. Sy klassifikasie is

n

indeling om die kornponente van uitvoeringsevaluering weer te gee en voldoen aan sekere vereistes vir die voorgenorne ontleding van die bewegings= toetsiterns in hierdie studie. Hy het twee bekende klassifi= kasies daargestel, naarnlik:

Eerste orde-faktore

1. Multi-ledernaatkoordinasie: gekoordineerde beweging van die ledernate terwyl die liggaarn staties is.

2. Grootspierkoordinasie: gelyktydige beweging van liggaarns= dele terwyl die liggaarn self beweeg.

3. Grootspier-ewewig: die behoud van ewewig ten spyte van uitwendige kragte wat op die liggaarn inwerk.

4. Skerpheid: koordinering van bewegings waar krag en speed

n

rninirnale rol speel.

5. Frekwentatiewe refleksverrnoe: die speed waarteen her= haalde uitvoering plaasvind.

(11)

en strek van die liggaam waar die herstelfase

n

belang= rike faktor is.

7. Mate van buigsaamheid: totale omvang van gewrigsbeweging, hetsy vinnig of stadig.

8. Handigheid: die hantering van groot voorwerpe met kun= digheid en spoed.

9. Vingerbehendigheid: hantering van klein voorwerpe.

10. Beheerpresisie: aanpassing van grootspiergroepe tot

n

beheerste beweging.

11. Dryfkrag ("power"): toepassing van krag teen groot voorwerpe en swaartekrag.

12. Statiese krag ("strength"): toepassing van maksimale krag teen statiese voorwerpe vir

n

redelike tydsduur. 13. Dinamiese krag ("strength"): die aanhoudende of her=

haalde kragtige bewegings van liggaamsdele oor

n

rela= tiewe lang tydperk, sender dat vermoeidheid gou intree.

14. Stamina (kardio-vaskul@re uithouvermo~): maksimale pogings oor

n

relatief lang periode.

15. Spieruithouvermo~: die vermoe van grootspiergroepe

om te kan funksioneer oor

n

lang tydperk en met relatief min vermoeidheid.

16. Spoed (groot bewegingsaksies): vinnige beweging van distale spiergroepe, byvoorbeeld gewrigte, vingers, ensovoorts.

(12)

Ho~r orde-faktore

1. Ruimtelike en tydsaspekte: die beheer van gedrag in die ruimte, asook die tydsverloop waarin die beweging geskied.

2. Motoriese reaktiwiteit: dit is

n

komponent wat bydra tot verhoogde sensitiwiteit ("arousal") gedurende bewegingsuitvoering.

3. Vervoer ("transport"): dit verwys na algemene beweging van die liggaam as geheel, of liggaamsdele in

n

drie-dimensionele vlak.

4. Liggaamsorkestrasie: die integrering van liggaamsbewe= gings met inagneming van sy orientasie en empatiese bewegings.

5. Presisie: die koordinasie van alle bewegings.

6. Verbalisering ("vocalization"): motoriese taal.

Die resultate van Fleishman se toetse toon dat bewegings= vermoe nie

n

enkel vermoe is nie, maar

n

aantal bree, rela= tief onafhanklike vermoens. Dieselfde persoon sou dus ten opsigte van sekere vermoens hoog en ander weer laag kan pres= teer.

Daar is egter nog onbeantwoorde vrae ten opsigte van sekere van die vermoens en die feit dat hulle nie geisoleerd plaas= vind nie, maar tydens bewegingsuitvoering geintegreer word, maak dit moeilik om hulle altyd presies van mekaar te onder= skei. Daar bestaan oorvleuelingsmoontlikheid tussen sommige van die vermoens soos onder andere, koordinasie en ratsheid.

(13)

Meer kennis word nog oor die inoefeningsmoontlikhede van hierdie komponentvermoens verlang, asook oor die oordraag= baarheid daarvan op verwante take met dieselfde komponente

(Fleishman, 1972b:98-99).

Fleishman se werk strek reeds oor twee dekades en poog om die vermoens te klassifiseer wat verwant is aan suksesvolle taakuitvoering ("task proficiency"). Sy faktoranalitiese benadering bet nuwe dimensies ten opsigte van kennis van die psigo-motoriese area geopen. Al hoe meer opvoeders en ouers wend bulle tot perseptueel-motoriese inoefenings=

programme in

n

paging om akademiese leerprobleme en disfunk= sies te remedieer (Singer, 1972b:416). In hierdie verband praat Singer verder van " ••• perceptual-motor programs to improve academic success and self-image".

Uit die voorgaande is dit dus duidelik dat daar

n

verskei= denheid metodes van taakanalises en -klassifikasies bestaan. Vanuit hierdie verskeidenheid gaan daar nou gepoog word om

n

toepaslike kriterium daar te stel vir

n

sinvolle metode om die toetsbattery in hierdie studie te analiseer. Aan die hand van die analise kan moontlike uitvoeringsverskille wat by die onderskeie proefpersone mag voorkom, verklaar word.

So

n

analise is belangrik vir deeglike vooruitbeplanning, nie slegs vir die toepassing van effektiewe aanleermetodes nie, maar vir die evaluering van sowel die aanleermetodes as die vermoens van die onderskeie leerlinge.

Teoriee, taksonomiee, analises en klassifikasies dra by tot beter navorsingsorganisasie en verskaf operatiewe riglyne

ten opsigte van verskeie psigo-motoriese aktiwiteite. Daar sal nou voortgegaan word om

n

metode te vind vir die analise van die toetsbattery soos in hierdie studie vervat.

(14)

-3.3 ANALISE VAN DIE TOETSBATTERY

3.3.1 Keuse van

n

toepaslike taakanalise-model

Ten einde die toetsbattery te analiseer moet kriteria gestel word. Uit die verskillende moontlikhede van taakanalises wat vroeer in hierdie hoofstuk beskryf is, blyk dit dat Stallings (1982) se metode van vraagstelling met sukses op die toetsbattery toegepas kan word. Stallings (1982:221) het

n

werkstaat opgestel met

n

aantal vrae waarvolgens sy vaardighede analiseer (kyk p.S8). Die vrae is egter nie almal toepaslik op elke vaardigheid nie. Die volgende vrae

blyk relevant te wees vir die ontleding van die bewegings= toetsitems in hierdie studie:

*

Wat is die doel van die vaardigheid? Die objek hier

verwys na die bedoeling van die aksie (byvoorbeeld:

die vang of gooi van

n

bal). Met ander woorde: Wat wil deur die spesifieke toetsitem bereik word?

*

Wat is die bewegingsvereistes waaraan elk van die toets= items voldoen? (Dit wil se,

n

klassifikasie van die s66rt vaardigheid) .

*

Wat is die vernaamste perseptueel-motoriese vermo~vereistes vir elk van die bewegingstoetsitems? Een van die belang= rikste redes vir die analise van die vermoevereistes van

n

vaardigheid kan wees om te help om die indiwidu se uit= voeringsprobleme te identifiseer (Stallings, 1982:227). Dit is dus n toepaslike vraag om ten opsigte van hierdie spesifieke vaardighede te vra.

Vervolgens word

n

analise van die bewegingstoetsitems aan die hand van Stallings se vraagstellingsmetode uiteengesit.

(15)

3.3.1.1 Die doel van die vaardighede

Aangesien die bewegings vir hierdie ondersoek afgebaken is tot die hantering van voorwerpe (kyk p.73), word die moont= likhede gebaseer op WAT met die voorwerp gedoen kan word. Daar is besluit om die indeling te gebruik soos dit in die

sillabus vir meisies voorkom (Sillabus vir Liggaamlike Op= voeding vir meisies, Graad 1 - Standerd 10: 1972:55-60).

Die ontleding is dus funksioneel van aard en bevat die vol= gende onderafdelings:

(i) Beweeg

n

voorwerp wat in die lug is (nie-ondersteunde voorwe~p)

a. sender implement b. met implement.

(ii) Beweeg

n

voorwerp wat meestal op die grond is (onder= steunde voorwerp)

a. sender implement b. met implement

(iii) Stop/keer

n

voorwerp wat in die lug is (nie-onder= steunde voorwerp)

a. sender implement b. met implement

(iv) Stop/keer

n

voorwerp wat meestal op die grond is (ondersteunde voorwerp)

a. sender implement b. met implement.

(16)

In die meeste vaardighede word die bepaalde beweging gebruik as slegs

n

middel tot

n

doel. Met ander woorde, wanneer

n

voorwerp in die lug beweeg word sender

n

implement, soos hierbo gestel, is dit in werklikheid die kragvermoe van die proefpersoon wat getoets word. Die doel van hierdie toetse

is dus om sekere perseptueel-motoriese vermoens van die proef= persone te bepaal om sodoende moontlike verskille en/of oor= eenkomste tussen die motoriese aspekte van verstandelik normale leerlinge en verstandelik vertraagde leerlinge uit te wys.

3.3.1.2 Die bewegingsvereistes (klassifikasie van motoriese vaardighede)

In hoofstuk 2 (p.34) word motoriese vaardighede volgens hul aard en samestelling geklassifiseer, byvoorbeeld as situasievaardighede of bewegingsvaardighede. Motoriese vaardighede bevat egter

in die meeste gevalle elemente van albei en is selde suiwer

n

bewegings- of situasievaardigheid. Daar kan dus gebruik gemaak word van die konsep van

n

kontinuum of skaal om die vaardighede in die praktyk te differensieer. Die volgende

aspekte is die meeste relevant vir die bepaling van die mo= toriese aspekte in hierdie studie:

Diskrete motoriese vaardighede ("discrete motor skills") met kenmerkende begin- en eindpunte. Dit sluit bewegings

in soos die gooi van

n

bal met

n

vasgestelde begin- en eind= punt wat bydra tot geslaagde uitvoering (Sage, 1977:338).

Aaneenlopende motoriese vaardighede ("continuous motor skills") het geen vasgestelde begin- en eindpunte nie, daarin dat

die begin- en eindpunt bepaal word deur die persoon en nie deur die taak self nie. Sportvaardighede soos swem en hard= loop kan beskou word as aaneenlopende motoriese vaardighede

(17)

Herhalende (reeks-) motoriese vaardighede ("serial motor skills") word deur Sage (1977:338) soos volg beskryf:

n

Vaardigheid word as herhalend, of as

n

reeksvaardigheid be= skou wanneer die begin en einde van die onderlinge komponente geidentifiseer kan word maar baie vinnig op mekaar volg, soos byvoorbeeld

n

sprong oor

n

kas gevolg deur

n

vooroorrol.

Bewegingsvaardighede: Wanneer omgewingsfaktore stabiel bly ty= dens die uitvoering van

n

vaardigheid word van be~egingavaardig=

hede ("closed skills") gepraat omdat geen onmiddellike aanpas= sings nodig is vir die verwagte uitvoering nie. Voorbeelde van sulke vaardighede is gewigstoot en werpskyf (Poulton, 1957:474).

Situasievaardighede ("open skills") op hul beurt, is vaardig= hede waar die omgewingsfaktore gedurig verander. Antisipasie speel dus

n

belangrike rol in die uitvoering van genoemde vaar= dighede (Gentile, 1972: 3-23). Hierdie vaardighede kom gewoon= lik voor in spelsituasies wat veranderlik is soos in netbal of hokkie.

Selfbepaalde vaardighede ("self-paced skills") is vaardighede waar die pas self bepaal en beheer word deur die persoon wat die vaardigheid uitvoer (Stallings, 1973:131).

n

Voorbeeld sou wees die afslaan in tennis.

Uitwendigbepaalde vaardighede (''externally-paced") is vaardig= hede waar die uitvoering bepaal word deur die situasie, soos opponente se handelinge, byvoorbeeld die verdediging van

n

opponent in netbal (Nel, g.d.:11).

Die analise wat later volg, sal ten opsigte van situasie-en bewegingsvaardighede volgsituasie-ens

n

kontinuumstelsel gedoen word.

(18)

3.3.1.3 Die perseptueel-motoriese vermoevereistes

Verskeie .klassifikasies van perseptueel-motoriese vermoens is vroeer in hierdie hoofstuk (p.61) breedvoerig bespreek.

Spamer (g.d.:41-42) poog, volgens verskeie navorsers se klas= sifikasies,

n

opsomming te maak van wat hy beskou as die be= langrikste perseptueel-motoriese vermoens. Die volgende ver= moens vanuit sy opsomming word beskou as relevant vir die uit= voering van die bewegings wat in die toetsbattery voorkom:

(i) Koordinasie: die vermoe om die regte liggaamsdeel op die regte plek in die ruimte te besorg, aldus Nel (g.d.: 14) •

(ii) Balans: dit sluit in sowel statiese as dinamiese balans (ewewigsbehoud) (Fleishman, 1972; Katzenellenbogen, 1976).

(iii) Spoed: dit sluit in sowel groot bewegingsaksies (die vinnige beweeg van groot liggaamsdele) as klein bewe= gingsaksies (die vinnige beweeg van distale spiergroepe)

(Fleishman, 1972).

(iv) Akkuraatheid: dit sluit in die juiste liggaamsposisie en -gebruik tydens beweging en posisionering, juiste kragtoepassing of -gebruik, juiste tempo en ritme van beweging, juiste ruimtegebruik tydens beweging en posi= sionering en die juiste volgorde van bewegings by be= wegingsverbindinge (Katzenellenbogen, 1976:101).

(v) Responstyd: dit sluit in reaksietyd plus bewegings= tyd (Sage, 1977:232).

(vi) Oordeel en voorgevoel: dit sluit in die vermoe om by= voorbeeld te oordeel waar

n

bal gaan val (Nel, g.d.:15).

/

I

(19)

(vii) Krag: dit sluit in beweging van die totale liggaam asook beweging van die ledemate (Katzenellenbogen,

1976). Fleishman (1972) onderskei drie soorte krag naamlik, staties, wat dui op die sametrekkingsvermo~ van spiere; eksplosiewe krag, die gebruik van maksimum energie gedurende

n

enkele eksplosiewe aksie

herhaalde bewegings wat maksimum krag vereis; en dinamies, die vermo~ om krag herhaaldelik oor

n

tyd= perk toe te pas.

Die verskillende vaardighede van die toetsbattery sal geana= liseer word aan die hand van die uiteengesette kriteria.

3.3.2 Toetskeuse

Bewegings uit die algemeen/spesifieke program van die sillabus vir Liggaamlike Opvoeding vir meisies is by die ondersoek

betrek, aangesien die program deur al die skole geimplemen= teer word. Daar is egter besluit om die bewegings vir hier= die ondersoek af te baken. Die keuse val op

n

variasie van bewegings uit die afdeling Bantering van voorwerpe met die vereiste vaardigheid en prestasie om die volgende redes:

*

*

*

Die gemeenskaplike elemente teenwoordig in die bewegings wat moontlik oorgedra kan word in verskillende sportsoorte.

Die moontlikheid dat

n

sekere mate van ervaring reeds plaasgevind het.

Die rnoeiliker toepassingsvorrne wat die bewegings in sport het en die belangrike rol wat sport speel as uitingswyse vir verstandelik vertraagde leerlinge.

Met inagneming van die voo~gaande uiteensetting, is daar besluit om van die bewegings te gebruik wat as toetse in

n

studie deur Katzenellenbogen (1976) aangewend is en wel om die volgende redes:

(20)

*

Wanneer die bewegings as toetse aangewend word, is hul betroubaarheid en geldigheid reeds bewys.

*

Die vaardighede is verteenwoordigend uit die sillabus vir Liggaamlike Opvoeding vir meisies, in die besonder, uit die afdeling, Bantering van voorwerpe.

*

n

Verskeidenheid van perseptueel-motoriese vermoens word in die bewegings ingesluit.

*

Die bewegings sluit verskillende motoriese vaardighede in.

*

Die bewegings word in die Liggaamlike Opvoedingprogramme

van skole ingesluit en is maklik meetbaar in die lessitua= sie.

*

*

Die toetse is prakties uitvoerbaar en apparate wat gebruik

word, is tipiese apparate wat by skole gebruik word.

Die inligting wat verkry word, kan as leidrade vir onder= wysers dien in sowel hul aanbiedingswyses as in die eva= luering van leerlinge se vordering.

Die bewegings is in die vorm van bewegingstoetsitems gegiet

sodat die prestasie ~n die bewegingspatroon gemeet kan word. Op s6

n

wyse word kwalitatiewe en kwantitatiewe gegewens ingewin.

n Volledige beskrywing van die toetse, asook die administrasie daarvan, word in Bylae A aan die einde uiteengesit. Hier

volg

n

kort opsomming van die bewegingstoetsitems; (Katzenellen= bogen, 1976):

01 ROL BAL GRONDLANGS VIR AKKURAATHEIO 02 ORIBBEL BAL MET VOETE TEEN SPOED

(21)

D4 D5.1 D5.2 D6 D7 D8 D9.1 D9.2 D10 D11 D12.1 D12.2 D13 3.3.3

SKOP BAL UIT HANDE VIR AFSTAND GOOI BAL BO-OOR VIR AFSTAND GOOI BAL HARD EN AKKURAAT

DRIBBEL BAL MET STOK TEEN SPOED SLAAN BAL HARD MET STOK

SLAAN BAL MET SPAAN OOR NET

SLAAN BAL WAT OP "T" RUS MET KOLF VIR AFSTAND SLAAN BAL WAT VAN VOOR KOM MET KOLF RAAK

KEER BAL WAT GRONDLANGS VAN VOOR KOM MET VOET KEER BAL WAT GRONDLANGS VAN VOOR KOM MET STOK VANG LUGBAL NA AANLOOP MET ALBEI HANDE

VANG BAL WAT OPWAARTS HOP MET EEN HAND

VANG BAL WAT REGUIT VAN VOOR KOM MET ALBEI HANDE

Skematiese analise van die toetsbattery

In die tabelle wat volg, word gekyk na die bewegingstoetsitems, en word daar gepoog om

n

analise te doen in terme van die funk= sionele doel, die bewegingsvereistes (klassifikasie as motoriese vaardighede) en die vernaamste vermoevereistes (perseptueel-motoriese vermoens) (kyk bladsye 76-78).

3.3.4 Bespreking van die analise

In hierdie hoofstuk is gekyk na verskillende kriteria waaraan bewegingstoetse in die algemeen kan voldoen. Na aanleiding hiervan is drie relevante wetenskaplik-gefundeerde kriteria geselekteer vir die analise van die tersaaklike toetsbattery. Hierdie kriteria word dan by uitstek gebruik om die sestien bewegingstoetsitems, wat later volledig bespreek word (Bylae A) te analiseer.

In Tabel 3.1 word die doel van die vaardigheid as kriterium gebruik. In hierdie kriterium word die moontlikhede van die hantering van

n

voorwerp gebaseer op WAT met die voorwerp (in die meeste gevalle

n

bal), gedoen kan word. Die voorwerp kan naamlik op die grond en in die lug beweeg, asook gestop/gekeer word (met of sonder

n

implement) •

(22)

Toetse Beweeg voorwerp .. op grond Beweeg voorwerp in lug Stop/keer voorwerp wat in Stop/keer voorwerp op Condersteunde voorwerpe) Cnie-ondersteunde voorwerp) lug is (nie•ondersteunde grond (ondersteunde voor=

voorwerp) werp)

met implement sonder im= met implement sonder im= met implement sonder im= met implement sonder im=

plement plement implement implement

D1 * 02 * D3 * D4 * 05.1 * D5.2 * D6 * D7 * DB * D9.1 * D9.2 * D10 * D11 * D12. 1 * D12.2 * D13 *

(23)

Toetse Bewegingsvaar= Situasievaar= Selfbepaalde- Uitwendigbepaalde Disk rete Aaneenlopende Reeks dighede (BVJ dighede (SV) D1 BV sv·

*

*

D2 BV sv

*

*

D3 BV sv

*

*

D4 BV SV

*

*

D5.1 BV SV

*

*

D5.2 BV SV

*

D6 BV sv

*

D7 BV SV

*

DB BV SV

.

*

D9 .1 BV sv

*

*

D9.2 BV SV

*

*

D10 BV SV

*

*

D11 BV sv

*

*

D12.1 BV sv

*

*

D12.2 BV sv

*

D13 BV sv

*

*

(24)

Toetse Koordinasie Balans Spoed Akkuraatheid Responstyd Oordeel/Voorgevoel Krag

Staties Dinamies Groot Klein Staties Eksplo= Dinamies

bewegingsaksies sief D1 ** * ** * * * D2 ** ** ** ** ** ** ** D3 ** ** ** ** ** ** * D4 ** ** * ** * ** ** D5.1 * * * * ** D5.2 ** * * ** * ** * D6 ** ** ** ** ** ** ** D7 ** *

••

** ** * ** DB ** * * ** ** ** * D9 .1 ** *

••

** * * ** D9.2 ** * * ** ** ** * D10 * ** ** * ** * D11 ** * ** * ** * D12. 1 ** ** ** ** ** ** ** D12.2 * * ' * * * D13 * * * ** *

(25)

Die afdeling, Bantering van voorwePpe, in die sillabus bevat

voorbereidende aktiwiteite wat hul toepassingsvorme in ver= skillende sportsoorte het. Die evaluering van die bewegings in die toetsbattery geskied aan die hand van die sillabus vir Liggaamlike Opvoeding vir meisies (1972) wat dus as norm aanvaar word. Dit blyk dat die sestien toetsitems verteen= woordigend is uit die verskillende onderafdelings soos in

die sillabus uiteengesit en wel in ooreenstemmende verhouding.

I? sewe van die toetsitems word

n

voorwerp in die lug beweeg (nie-ondersteunde voorwerp) waarvan vier sander en drie met behulp van

n

implement geskied. Dit verteenwoordig dus alle gooi-, skop-, bons- en slaanaktiwiteite.

In drie van die toetsitems word

n

voorwerp wat in die lug is (nie-ondersteunde voorwerp) gekeer/gestop, al drie sander gebruikmaking van

n

implement. Dit sluit die verskillende vangaktiwiteite in. In die Algemene Program van die sillabus is daar geen toepassingsvorme vir meisies vir die keer van

n

voorwerp wat in die lug is met behulp van

n

implement nie. Daarom is daar ook geen sodanige items nie.

In vier van die toetsitems word die voorwerp op die grand beweeg (ondersteunde voorwerp) waarvan twee sander en twee met behulp van

n

implement geskied. Dit verteenwoordig alle

skop-, roJ-, dribbel- en slaanaktiwiteite waar die voorwerp grondlangs beweeg. Die implement wat hier gebruik word, is

n

hokkiestok.

Betreffende die voorwerp wat grondlangs beweeg (ondersteunde voorwerp) en dan gestop/gekeer word, voldoen twee van die toetsitems aan die gestelde kriterium. Een hiervan geskied met behulp van

n

implement

(n

hokkiestok) en die ander daar=

sonder (voete). Hierdie is dus ook verteenwoordigend van die aktiwiteite wat in die sillabus voorkom.

(26)

In Tabel 3.2 dien die bewegingsvereistes waaraan spesifieke vaardighede kan voldoen, as kriterium. Die toetsitems is aan die volgende klassifikasie van motoriese vaardighede gemeet ten einde te bepaal of hulle wel aan di~ kriterium voldoen:

Bewegingsvaardighede ("closed skills") teenoor situasievaar= dighede ("open skills")i selfbepaalde teenoor uitwendig= bepaalde vaardighede, en diskrete teenoor aaneenlopende en herhalende (reeks-) motoriese vaardighede. Uit hierdie tabel is dit weer eens duidelik dat die toetsitems baie goed vol= doen aan die gestelde bewegingsvereistes.

Met betrekking tot bewegings- en situasievaardighede is die verdeling van die toetsitems eweredig versprei op die kon=

tinuums waaruit blyk dat vyf van die toetsitems suiwer bewegings= vaardighede is. Vyf bevat elemente van sowel situasie- as

bewegingsvaardighede en vyf 1~ taamlik regs op die kontinuum, dit wil s~, bevat meer elemente van situasie- as bewegings= vaardighede.

Uitwendigbepaalde vaardighede waar die uitvoering bepaal word deur die situasie, sal meer eis van die proefpersoon,

veral ten opsigte van die onderskeie perseptueel-motoriese vermoens. Die verhouding van die onderskeie toetsitems

is dus vyf selfbepaalde teenoor elf uitwendigbepaalde vaardig= hede.

Ten opsigte van diskreetheid is gevind dat twaalf toetsitems diskreet, drie aaneenlopend en een

n

reeksvaardigheid is. Aaneenlopende en reeksvaardighede word opgebou uit diskrete vaardighede. In hierdie geval is die keuse so gedoen omdat

aaneenlopende en reeksvaardighede moeilik in toetsitems ge= giet kan word. Die komponente wat daarin voorkom, sou dus

nie so maklik geidentifiseer kon word nie. Daarom die keuse van 12 diskrete toetsitems, drie aaneenlopend en een reeks.

(27)

In Tabel 3 word die vaardighede gemeet aan die perseptueel-motoriese vermo~ns wat in die toetsitems vervat is en ook

in hierdie opsig voldoen die toetsitems baie goed aan die kriterium wat gestel is. Al sestien die toetsitems verg in die uitvoering daarvan

n

mindere of meerdere mate van

koordinasie. Agt toetsitems vereis statiese en agt dinamiese balans, drie speed ten opsigte van groot bewegingsaksies

en agt speed ten opsigte van klein bewegingsaksies. By al die toetsitems behalwe een, word akk~raa~heid en voorge= voel as vereiste gestel, terwyl almal responstyd benodig. Ten opsigte van krag benodig vyf toetsitems statiese, vier dinamiese en vyf eksplosiewe of dryfkrag. Op so

n

wyse is die meeste perseptueel-motoriese vermoens in die toetsitems ingesluit.

3.4 SAMEVATTING

Die analise van die toetsbattery het dus geskied aan die hand van die gestelde kriteria, te wete die doel van die vaardigheid, die bewegingsvereistes waaraan die toetsitem voldoen, met ander woorde watter soort vaardigheid dit is, en laastens, die perseptueel-motoriese vermoens vereis in die uitvoering daarvan.

Vir geldige metingsdoeleindes in

n

lessituasie is dit nie moontlik om eweveel gewig aan die verskillende aspekte te gee nie. Volgens die analise wat dus gedoen is, is daar

genoegsame komponente geisoleer aan die hand waarvan moontlike verskille wat tussen die groepe mag voorkom, geidentifiseer kan word.

Die uitkoms van sodanige analise kan bydra tot

n

sinvolle bepaling van die motoriese aspekte ~ie aan sowel die ver=

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Daarnaast zijn door de werkgroep zes proeven uitgevoerd: uitzaaien van schelpen in de Waddenzee (hoofdstuk 3), gebruik van touw-collectoren in de Waddenzee (hoofdstuk 4), een

Uit bogenoemde kan die oorhoofse afleiding gemaak word dat, gegewe die bepaalde behoeftes wat daar in kinderbediening in die Suid-Afrikaanse konteks bestaan, en gegewe die

In besonder wil ek my dank betuig aan die Potchef- atroomse Universiteit vir Christelike Ho~r Onderwys vir besieling en tegemoetkoming gedurende baie jare, en my

Indien hierdie moment tydens die erediens geleentheid bied aan die deelnemers om na te dink oor hulle eie sonde, asook die verlossing, kan dit gunstig wees in die skep van ’n nuwe

Zo zijn participatie, sociale verslaggeving en zelfregulering mechanismen die over het algemeen niet gebruikt worden door NGO’s bij het afleggen van verantwoording tegenover

In this work, Nd 3+ -complex- doped polymer channel waveguide amplifiers have been realized and gain at 850-930 nm has been demonstrated.. Nd(TTA) 3 phen-complex-doped

Platform, as used within Compose*, relates to the execution environment of the base program, and the availability of tools or methods to apply composition filters to the base

Devices exhibit nearly- ideal subthreshold performance, low leakage currents and excellent current saturation, but the output current is lower compared to the pFETs due to the