• No results found

Die taak van die eerste drie skoolmeesters, wat hul werk in 1852 begin het, is in 1860 deur politieke tweedrag versteur

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die taak van die eerste drie skoolmeesters, wat hul werk in 1852 begin het, is in 1860 deur politieke tweedrag versteur"

Copied!
21
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

D I E

HOOFSTUK XI.

LA E R 0 N DE R W Y S. I

1. WETLIKE BEPALINGE.

Hoewel daar oor die beginjare van die onderwys in Transvaal min oorspr~nklike gegewens bestaan, kan bepaalde gegewens soos die eise wat die praktiese lewe aan die onderwys gestel het en die minimum verstandelike ontwikkeling wat die Voortrekkerboere vir hul kinders verlang het, tog in 'n mate van sekerheid opgespoor word.

Die taak van die eerste drie skoolmeesters, wat hul werk in 1852 begin het, is in 1860 deur politieke tweedrag versteur. In 1864 het sake egter weer vlot verloop.

Die Burgersonderwyswet 2 het die laeronderwys in twintig artikels bepaal: Eers is die onderwys in laer en ho~r en daarna weer in gewone en meer uitgebreide

onderwys verdeel. Die gewone laeronderwys het uit die onderrig in lees, skryf, reken, die beginsels van vorm- leer, Hollands, geskiedenis, aardrykskunde en sang be- staan. Vir die meer uitgebreide onderwys is natuurken- nis, lewende tale waaronder Engels die belangrikste was, wiskunde, landboukunde, liggaamsoefeninge, tekene, hand- werk vir meisies en musiek ook ingesluit.

Die Lyle-verslag3 oor onderwystoestande in 1879 het die belangrikheid van godsdiensonderwys, ekonomie en laeronderwys beklemtoon. Die regering moes volgens hierdie verslag veral in die distrikte laerskole stig, omdat die behoefte daar die grootste was.

1. Coetzee: Onderwys in Transvaal, l tot 84.

2. Wet No. 4 van 1874, artikels l tot 20.

3. Gepubliseer in Transvaalse Goewermentskoerant, 7 Januarie 1879.

(2)

* 361 *

Du Toit se onderwyswet4 het hoofsaaklik die belangrikheid van laeronderwys beklemtoon. Dit het beter as die Burgerswet in die behoeftes van die tyd voorsien. Du Toit se wet het aan die stad en die plat- teland gelyke geleenthede gebied; sodat daar toe oral op die platteland skole tot stand gekom het.

Superintendent Mansvelt, wat ds. du To1t in 1891 opgevolg het, het voortgebou op die algemene begin- sels wat deur du Toit neergel~ is. Dit was sy besondere taak om die onderwys op 'n stelselmatige wyse te organi- seer, te administreer, te kontroleer en te finansieer.

Hiervoor is Wet No. 8 van 18925 op die wetboek geplaas en is die laeronderwys opnuut gereel en van staatswee gesubsidieer.

Onder die Kroonkolonie Bestuur6 was die onder- wys element~r en feitlik van dieselfde gehalte as die in die kampe en dit het gewoonweg nie verder as die derde standerd gegaan nie. Volgens die verslae van die in- spekteurs wil dit voorkom of die meerderheid kinders in Mei 1902 op die platteland in die substanderds en stan- dards I en II was.

Die Sargantordonnans1a7 het voorsiening gemaak vir gratis laeronderwys aan Europese kinders vanaf hul vierde lewensjaar en die leervakke het uit die volgende bestaan:

(a) Kle1nk1nderskole: Bybelse geskiedenis, Engels lees en skryf, Hollands lees en skryf,

rekene, aanskouingslesse, kindertuinwerk, naaldwerk, tekene, sang en liggaamsoefening.

4. Wet No. 1 van 1882 gepubliseer in die Staatskoerant van 18 Mei 1882.

5. Gepubliseer in Staatskoerant 1 Junie 1892.

6. 1900 tot 1906.

? .. No. 7 van 1903. Oorgedruk in T.O.D. Jaarverslag 1906, 149.

(3)

(b)

(c)

Vir die ho~rafdelings: Bybelse geskiedenis, Engels en Hollands (lees, voordrag, skryf,

opstelskrywe en grammatika), rekene, tekene, naaldwerk, natuurkennis, aardrykskunde, ge- skiedenis, sang en liggaamsoefening.

Vir die element~re kursus kon ook .drie van die volgende leervakke ingesluit word:

handewerk, tuinbou, huishouding, element~re

natuurwetenskap, algebra en meetkunde en 'n moderne taal.

Die kinders is jaarliks hoofdelik ondersoek en sertifi- kate van bekwaamheid is uitgereik.

is aangebied.

Volledige leergange

Kragtens die Smutswet8 is daar voorsiening gemaak vir die oprigting en onderhoud van laerskole, ondersteun- de plaasskole, gratis laeronderwys, verpligte laeronder- wys vir alle kinders tussen 7 en 14 jaar en strafbapa-

linge in verband met die verontagsaming van ouers van die eise van verpligte onderwys.

Volgens Adamson moes die laerskool sig hoofsaaklik by voorbereidende werk bepaal.

"It is certain that in this Province the primary school must be preparity to the secondary school." 9

Dikwels begaan opvoedkundiges, eksaminatore en inspek- teurs die fout om 'n soort van ontydige afronding en rypheid in hierdie stadium na te streef.

"I think the idea of primary education as a satisfactory outfit, whether you look at the problem

from the point of view of economic efficiency, or moral efficiency, or intellectual efficiency, or social efficiency, primary educa- tion is not good enough in these days ... lO

8. Wet No. 25 van 1907. Herdruk in T.O.D. Jaarverslag 1907, 123 tot 158.

9. Adamson: Regulations Governing Primary Schools for White Children, 6.

10. Verslag van die Onderwyskommissie (1920), 11.

/

(4)

* 363 *

Hierdie standpunt het ongetwyfeld veel daartoe bygedra om die gemeenskap op te voed vir die noodsaaklikheid van

na-pr1m~re onderwys. As Adamson die saak nie so sterk en herhaaldelik beklemtoon het nie, sou die meerderheid mense in Transvaal moontlik nog lank met slegs laeronder- wys tevrede gewees hat.

"It becomes clearer every year that the old limits of schooling for the ordinary citizen must be removed, that primary education being largely preparatory - largely a breaking up of the ground and

pl~nting of the seed - is enough for nobody, either as individual or as citizen, and that organized schooling must cover, at any rate, the years of early adolescence as well." 11

2. TOESTANDE OP DIE PLATTELAND.

Adamson se voorgangers hat mekaar vinnig opge- volg en aan hom 'n deurmekaar huis en 'n onontwikkelde onderwysstelsel nagelaat. Hierdie erfstuk waarvan hy nie die ontwerper was nie, het hom dadelik in die manl- stroom van onderwysvraagstukke laat beland. Daarbene- wens was die verowerde gemeenskap nie slags met die staatsonderwys ontevrede nie, maar hulle hat hul eie Christelik Nasionale Onderwysskole in die lewe geroep.

In die verband het die Koloniale Sekretaris hom soos volg uitgelaat:

"But to maintain from public funds a Government system of pri- mary education and also a rival system differing in its code of instruction and in its principles of management from the State

schools, and owing its separate existence to political dissension, will be to perpetuate disunion and to cripple educational efficiency fr·om the beginning." 12

11. T.O.D. Jaarverslag 1920, 11.

12. F. Duncan: T.O.D. Jaarverslag 1906, 6.

(5)

Nieteenstaande hierdie kritiek het Adamson met die voor- siening van die laerskole en die diensvoorwaardes van onderwysers(esse) voortgegaan. Die 381 laerskole van Junia 1905 het tot 417 in Junie 1906 aangegroei 13 terwyl die aantal laerskoolleerlinge in 1906 op 30,641 gestaan het. In 1923 aan die einde van sy ampstermyn was daar 1,128 laerskole 14 en 115,290 laerskoolleerlinge! Dit wil s~ driekeer meer skole en byna vierkeer meer leer- linge.

Op die platteland het die vermenigvuldiging van klein skooltjies die stelsel van gratis laeronderwys te duur gemaak en die voortdurende groepering van leer- lings van verskillende klasse in een groep het die gehal- te van die onderwys benadeel.

Toe Adamson die onderwys van Transvaal oorge- neem het, het hy tereg opgemerk:

".~ •.. the system is still in its childhood, if not in its in- fancy ... 15

Daarom was die stelsel toentertyd nog onontwikkeld en ongeorganiseerd.

In 1907 het hy hom byvoorbeeld nog soos volg oor gereelde skoolbesoek uitgelaat:

" ... each child is absent one hour every day, one day every week, and more than eight weeks of every working school year."l6

Dit het nie alleen 'n opvoedkundige nie maar ook 'n gel- delike verlies meegebring.

"There is no need to doubt that this weakness can be removed.

The local bodies must get to work;

first by persuasion, if need be 13.. Dorp en stadskole: 109.

Dorp en stadskole: 117.

14. Dorp en stadskole: 215.

15. T.O.D. Jaarverslag 1907, 13.

16. Ibid 1907, 13.

Distrikskole: 272.

Distriksko1e: 300.

Distrikskole: 913.

(6)

* 365 *

by compulsion... And before the Department there is the long steady effort to improve the

quality of the country schools." 17

Die oorsaak van die swak gehalte van die onder- wys op die platteland was volgens hom die bestaan van eenmanskooltjies.

"There is no doubt whatever that this is the weak spot in the system;"l8

Skoolrade io dus versoek om •n verdere ontstaan van hierdie skooltjies nie toe te laat n1e. Daar moes na skole met minstens 40 tot 80 leerlinge gestreef word en sterk pogings moes aangewend word om goed opgeleide leer- kragte op die platte1and in diens te neem. In 1908 was hy aangenaam verras dat daar nie baie aansoeke om die stigting van ondersteunde privaatskole kragtens seksie 1? van die Onderwyswet was nie en dat die skoolraadskon- ferensie van daardie jaar die beginsel van sentralisasie

·aanvaar het.

Die staat kon die euwel van klein skooltjies nie uitroei voordat ruimskoots voorsiening gemaak is vir vervoer- en losiesbeurse nie. Hy het gemeen dat daar in elke distrik ten minste een sentrale skoal moes wees wat as voorbeeld kon disn, want hoe mesr eenmanskool- tjies gestig is, hoe moeiliker sou dit wees om hulls later weer te s1uit. In 1908 was daar van die 466

plattelandse skole een vierman-, 8 drieman-, 180 tweeman- en 2?? eenmanskole.

Gaandeweg is die verpligtingsklousule van die Onderwyswet van 190? stranger toegepas. In 1909 was van 'n vermeerdering van 3,000 leerlinge 2,500 op die platte1and om die totals aanta1 leerlinge van daardie 17. T.O.D. Jaarverslag 190?, 14.

18. Ibid 1908, 5.

(7)

jaar op 4?,488 te staan te bring. Dit was egter 'n min- der verblydende teken dat ?0 van die skole nog eenman- skole was, terwyl die ondersteunde plaasskole van ? tot 19 aangewas het. As hierdie laasta syfer egter met die

?16 skole van destyds vergelyk word, is dit duidelik dat die ondersteunde skole reeds beswaarlik as 'n deel van die onderwysstelsel beskou kon word.

Die gebrek aan geskikte leerplanne vir die plattelandse onderwys is in 1909 deur die imverkingtred- ing van die nuwe leergange uit die weg geruim. Die gehalte en omvang van hierdie leerplanne het 'n norm vir die toekoms gestel.

"The minimum that any future citizen should know and should be, is represented by the existing curriculum."l9

Die nuwe leerplanne het bepaald veel daartoe bygedra om die werk van die laerskole te standaardiseer, hoewel daar nog heelwat leamtes was.

" . • . . . if the great country school problem is to be satisfac- torily solved, the first is to centralize, then to improve the professional status of the teach- ing staff, and thirdly, to maintain a reasonable attitude in respect to language teaching."20

Vanaf 1910 het toestande egter ten gevolge van die sen- tralisasie van die kleinere skooltjies heelwat verbeter.

" •••.• the small and neces- sarily inefficient single-teacher schools are diminishing, ...••••

while the central schools show a striking iocrease."21

Die sentralisasie van skole is so deeglik deur die skool- rade aangepak dat dit in 1911 reeds £1?,000 geverg het om daagliks sowat 3,000 leerlinge na en van die skole te 19. T.O.D. Jaarverslag 1909, 30.

20. Ibid 1909, 32.

21. Ibid 1910, 3.

(8)

'

* 36? *

vervoer. In die praktyk het dit daarop neergekom dat meer as 'n kwart van die plattelandse leerl1nge meer as drie myl van 'n skoal gewoon het en vervoer moes word.

Die skoolbesoek het daardeur baie verbeter, sodat die buiteskole •n tweede plek met 8? persent ingeneem het.

Hierdie beleid het die aantal klein skooltjies stadig dog gereeld in aantal laat afneem, sodat daar van die buiteskole in 1912 slegs 199 eenmanskole was. Hierteen- oor het die aantal grater skole 'n toename getoon. In 1912 was die toestand soos volg:

Skole met 'n Skole. Persentasie

inskrvwin~ van: 1911 1912 varmeerdering.

36 tot '40 leerlinge. ?5 go 20

41 tot ?0 leerlinge. 146 163 12.5

?0 tot 100 leerlinge. 3? 4? 2?

Adamson het hierdie vooruitgang hoofsaaklik aan die ywer van die skoolrade toegeskryf wat in weerwil van plaaslike kritiek voet by stuk gehou het om die sen- tralisasie van skole deur te voer.

"Thus there has been marked and continued development of the work of concentrating educational facilities in the country dis- tricts at fewer centres.»22

Die oorplasing van die ho~rstanderds van die platteland- se skole na die Provinsiale dorpskole het heeltemal bevredigend en geslaagd geskied. In baie gevalle is die koshuise nie in die dorpe opgerig nie, maar wel by plattelandse sentrale skole.

"Each method serves a useful purpose." 23

Om die oorplasing van leerlinge tot 'n minimum te beperk was hy ten gunste van die vasstelling van

22. T.O.D. Jaarverslag 1912, 4.

23. Ibid 1912, ?2.

(9)

skoolgrense soos .trouens deur Wet No. 3 van.l909 bepaal is, omdat sodanige oorplasings die onderwys nadelig be!nvloed het. Die gedurige oorplasing van die onder- wyspersoneel op die platteland was bepaald ook nie in belang van die onderwys nie en daarom hat hy leerkragte tot minstens een jaar diens aan 'n betrokke skool ver- plig.

Deur die aandag wat hy op verskeie maniere aan die buitest-cole geskenk het, .kon by ~a nege jaar inten- siewe werk van bevredigende voorui tg.ang melding maak.

•Every year an ever-increas- ing number of children are being brought within the influence of organized education, and though there are doubtless many weak points in the system, the boun- daries. of mere ignorance are un- questionably being ~ushed further and further back."2

In 1916 was daar 31,309 en 30,468 laerskoolleerlinge in die plattelandse en die stedelike gebiede onderskeide-

lik. Hierdie syfers toon 'n gemiddelde groei van 5,000 leerlinge per jaar vir die afgelope 9t jaar. 25

"The country-school average, practically 50, omitting aided

·schools, is, I think, wonderfully encouraging ... 26

Terselfdertyd het .die·skoolbesoek ook verbeter. In 1917 was die persentasie-skoolbesoek van die onderskeie gebiede soos volg en Adamson het die skoolbesoekbeamptes lof toegeswaai vir hulle voortreflike dienste.

Provinsiale dorpe: 91.9 persent.

Johannesburg en Rand: 91.5 persent.

Pretoria: 90.? persent.

Platteland (distrikskole): 88.7 persent.

Daar is beraam dat slags 4 persent van die leerlinge van 24. T.o.D. Jaarverslag 1915, 4.

25. Sedert Verantwoordelike Regering ·vanaf 1907.

26. T.O.D. Jaarverslag 1917, 6. ·

(10)

* 369 *

skoolgaande ouderdom nie op skool was nie en eenderde hiervan het in die dunbevolkte distrikte gewoon. 27

In 1920 het die aanbevelings van die Malherbe- kommissie daartoe bygedra om die aantal kleiner skole te verminder en Adamson het skoolrade opgedra28 om sentra- lisasie ook ten opsigte van die hoerklasse in skole toe te pas.

"At the primary stage, Stan- dard VI will only be retained where there are not less than three teachers, and Standard V where there are not less than

two."29

3. TOESTANDE OP DIE DORPE EN IN DIE STEDE.

Ook op die dorpe en in die stede.is die voor- uitgang van die laeronderwys gestrem deur 'n voortduren- de tekort aan onderwysgeriewe: .

"Take facilities first, "the word being understood to cover buildings, equipment of all sorts, bursaries, everything in fact

which brings children to the point where education can begin or go on." 30

Die belangrikste gebreke was ongetwyfeld geboue, leer-.

kragte en toerusting. Nieteenstaande hierdie tekort-- kominge is die toestande in die dorpe en stede deur beide die inspekteurs en die direkteur gunstiger as op die platteland aangetref:

~As regards the town schools I have every reason to think that their educational condition is good ••.•. "31

Hierdie toestand moes aan beter onderwysgeriewe toege- skryf word. Die skole was groot genoeg vir •n

2?. 4% = 3,958 leerlinge. ·T.O.D. Jaarverslag 1918, 6.

28. Omsendbrief No. 1 van 1921.

29. T.O.D. Jaarverslag 1~20, 25.

30. Ibid 1917, ?6.

31. Ibid 1908, 25.

(11)

behoorlike klassifikasie van leerlinge volgens ouderdom en standard. Kennis van die twee amptelike tale was op die dorpe bepaald op 'n ho§r peil as op die platt~land.

Die oorplasing van die hoerklasse van die kleiner na die grater dorpskole moes egter die aandag van die· skoolrade geniet, aangesien die aantal leerlinge in die hoerstan- derds aan die kleiner skole dikwels so gering was dat hul liefs na grater dorpskole oorgeplaas mo.es word.

Dit het egter die vraagstuk van laerskool~oshuise en/or vervoerbeurse op die voorgrond gebring. ·

'n Ander aangeleentheid wat laeronderwys in die dorpe en stede nadelig betnvloed het was die oorpla- sing van leerlinqe. Inspekteur Thompson het bereken dat slegs 56 persent van die leerlinge op Randse laer- skole 'n valle jaar in een skoal deurgebring het, 32 terwyl toestande in Pretoria nog swakker was.

Hierdie vraagstuk was een van ekonomie en ad- ministrasie. Indian ouers weens hul werk moes verskuif kon die Onderwysdepartement daar niks aan gedoen het nie.

As die oorplasing ten gevolge van wispelturigheid ge- skied het, is skoolrade versoek om skoolgebiede. kragtens wet No. 3 van 1909 vas te pen~

"What~ver steps are possible should be taken to diminish trans- fers, which adversely affect the efficiency or the education given perhaps to a greater extent than anything else.R33

In 1918 was die aantal leerlinge op laerskole reeds·meer as 100,000 terwyl daar 28 dorp- en stadskole was met 'n inskrywing van meer as 500 leerlinge. Die verhouding van die aantal leerlinge op laerskool in die dorpe en op die platteland was 8:5.5 of' 56,125 teenoor 32. T.O.D. Jaarverslag 1913, 15.

33. Ibid 1913, 16.

--···~-~.~~

(12)

* 371 *

37,345 leerlinge. Hoewel Adamson bly was dat die dorp-. · skole sa gemiddelde inskrywing tussen 100 en 500 gele het, was hy bekommerd oor laerskole met 'n groter in- skrywing as 500 leerlinge.

"A limit of 500 children should not be exceeded."34

Aan die einde van sy ampstermyn het hy gese dat met die verskaff1ng van nuwe geboue te veel gesloer is en dat skoolsale nie die verdiende aandag geniet het nie. As hierdie tekortkominge egter oor die hoof gesien word, het hy gemeen dat die Provinsiale Administrasie tevrede kon wees met die verskaffing van geboue vir laeronderwys in die groter dorpe en stede. In die kleiner dorpies is daar egter nog te veel van ondoeltreffende en gehuur- de geboue gebru1k gemaak.

Die organisasie van die dorpskole het oor die algemeen min te wense oorgelaat.

Adamson het reeds in 1916 aan die hand gedoen dat leerlinge van laer- na middelbare skole oorgeplaas moes· word na voltoo1ing van standard v35 en dat hierdie afsluiting van die laerskool nie met uitvoerige Departe- mentele eksamens bemoeilik. moes word nie.

"On the whole it is a justi- fiable deduction from inspectors.' reports that there is a steady

movement in the direction of pro-36 gress in the primary school .... "

Volgens onderstaande grafieke het die 1nskry- wing met sowat vierkeer, die skoolbesoek met sewekeer en die beurstoekennings met elfkeer gedurende sy ampstermyn aangewas:

34. T.O.D. Jaarverslag 1918; 4.

35. Ibid 1916, 14.

36. Ibid 1923, 56.

(13)

Skoo1besoek.

Skaa1: 1 b1okkie ste1 voor 3 jaar.

92%

91%

90%

89%

88%

87%

86%

85%

84%

1 b1okkie ste1 voor· 1 persent.

~

/

~ v

I I I

I ' /

1906 1909 1912 1915 1918 1921 1924 Jare.

Beurse.

Skaa1: 1 b1okkie ste1 voor 3 jaar.

--- 1 b1okkie ste1 voor £10,000.

£121,000

£111,000

£101,000

£91,00C

£81,000 . £71,000

£61,000

£51,000

£41,000

£31,000

£21,000

£11,000

£1,000

/

~ ,-

/ r---

I I

v I

1

I I

I

~

l I

1906 1909 1912 1915 1918 1921 1924 Jare.

(14)

* 3?3 *

Inskrywing van leerlinge.

Skaal: 1 blokkie stel voor 3 jaar.

1 blokkie stel voor 10,000 leerlinge.

Leerlinge:

120,000 110,000 100,000 90,000 80,000

?0,000 60,000 50,000 40,000 30,000 20,000

/

_/'~:/

/ / k-...

J

v-

l/ /

/

1/ / /

-:-::::- I

I

1906 1909 1912 1915 1918 1921 1924 Jare.

4 • DIE EKSAMENSTEISEL.

Aanvanklik was die senutergende eksamen en die kennis van die kind deurslaggewend by sy bevordering.

Omstandighede soosouderdom en vertraagde toelatings tot 'n skoal weens afstand en swak gesondheid is nie in aan- merking geneem nie.

As die jaarverslae van die inspekteurs van onderwys nagegaan word, val dit op dat daar gereeld oor aangeleenthede soos Engels lees, Hollands, rekene,

natuurkennis, geskiedenis, aardrykskunde, kindergarten- oefeninge, tekene, handskrif, naaldwerk, sang, liggaams- oefeninge, handearbeid en kookkuns verslag uitgebring is.

Die omvang van hierdie werk was geweldig groot, veral as in ag geneem word dat 'n hele jaar se werk in die loop van die een inspeksie getoets moes word. Die

(15)

gevolg hiervan was dat kennisversameling die prim~re en opvoeding die sekond~re funksie van die onderwys.geword het.

Vir die ontwikkeling van die eksamenstelsel is daar in die Smutswet voorsiening gemaak.37

Hier- volgens is die toets van alle Provinsiale onderwys in Transvaal onder die beheer en kontrole vari die Onderwys- departement geplaas.

Dis weliswaar noodsaaklik dat enige onderwys- stelsel voorsiening moet maak vir die meet en toets van die gedane werk en dat hierdie voorsiening wetlik om- skryf moet word.

Oor die wyse van toetsing en meting bestaan egter baie uiteenlopende menings.

Adams· on het jaa.rliks vers lag ui tgebring oor die verskillende eksamens wat onder beheer van die Onderwysdepartement gestaan het. Hierdie verslae gee ons •n goeie insig in sy persoonlike opvattinge oor die saak.

"Examinations have always been a burning topic. It is clear, on the one hand, that the progress of pupils must be tested "in their own, their parents•, and the public in- terest. Moreover, examination- craft is, in some respects at any rate, a vocation-craft. pn the other hand, examinations ~re means, not ends. If they begin to domi- nate the activity of a school, they may arrest rather thati stimulate the development of power and perso- nality. The middle way is the right way in this matter.· One

general principle may be fearlessl~

asserted. The more real the par- ticipation of the teaching staff in all tests, theoretical or prac- tical, written or oral, becomes, the more effectively will they promote tne true ends of educa-·

tion." 38

37. ·Handboek van Onderwyswetten arti,kel 5(d), 7.

38. T.O.D. Jaarverslag 1917, 79.

Hoofstuk 1,

I

(16)

* 3?5 *

Derhalwe was ~Y opdrag duidelik:

"We do not want the schools of the Transvaal to become prepa-

rat~ry schools for examinations.

Let that be u,nderst·ood in the cl.eares t possible way." 39

Die belangrikste oogmerk van die onderwys bly tog alge- mene netheid en heldere en duidelike uitdrukkingsvermoe, want per slot van rekening is die afl~ van 'n eksamen van baie minder belang as die kennis, metodes en vermoe van die kandidaat. Hy besluit dus:

want:

nwhat we do want is the power to make a statement of the facts the pupil knows in a clear and or- derly _way." 40

" ... it is always well to remember that we are more frequent- ly judged by our faults, by the things left undone, than by the balance of good work which lies to our credit."41 ·

5 • VERHOUDING TUSSEN LAEB.- EN MIDDELBARE ONDERWYS •

"For education·is a life-long process, as Plato long ago pointed out and any division into segments of what is essentially a whole must necessarily be •.... dependent upon considerations which are but partly educational."42 . .

By enige behandeling van die verhoudingsvraag- stuk moet hierdie waarheid nie uit die oog verloor·word nie. Die laer- en middelbare skoolkursusse is dikwels deur ekonomiese en sosiale oorwegings betnvloed, terwyl die aard van en die vraag na arbeid die inhoud van die onderwys wou bepaal, in plaas daarvan dat die opvoed- kundige beginsels van opeenvolging en aaneenlopendheid die deurslag gegee het.

39. T.O.D. Jaarverslag 1911, 146.

40. Ibid 1911, 148.

41. Ibid 1911, 148.

42. Ibid 1906, 80.

(17)

Die skeiding van laer- en middelbare onderwys was nie altoos duidelik en voor die handliggend nie, hoewel algemeen aanvaar is dat middelbare uit laeronder- wys moet groei.

" .•..• the correlation of the primary and the secondary systems must be as complete as possible;

they must be two parts of the one public system, dovetailing readily into each other."43 .

Ouers, onderwysers en opvoedkundiges kon nie begryp dat laeronderwys slegs 'n voorbereiding tot mid- delbare onderwys is nie. Die gevolg was dat re~ultate

gereeld voor vermoe-ontwikkeling geplaas is.

Omdat die staat laer- sowel as middelbare onderwys beheer en die koste van albei dra, kan die oar- gang noodwendig op geen ander grande as die opvoedkun- dige berus nie.

"In a public system of educa- tion it should not be possible for a primary school to extend its work into the secondary sphere if by so doing it enters into rivalry with a public secondary school;

nor should a secondary school deve- lop a primary department at public cost ."44

Daarom kan gratis en skoolgeldheffende laerskole nie langs mekaar in 'n staatstelsel bestaan nie, want mid- delbare onderwys verskil van laeronderwys hierin dat dit deels ook 'n persoonlike las op die ouer 1~, terwyl

laeronderwys 'n suiwer openbare of staatsonderneming is.

Die vasstelling van hierdie verhouding tussen laer- en middelbare onderwys was 'n saak wat die Onderwysdeparte- ment ten nouste geraak het en die vermoede was dat

grater desentralisasie van beheer nadelig kon wees.

43. T.O.D. Jaarverslag 1910, 74.

44. Ibid 1906, 82.

(18)

* 377 *

Daar moes ook nie te veel waarde aan skool- standards as sodanig geheg word nie, want standards is nie die enigste voorwaarde van vooruitgang nie.

"They are rather the suitable constituents of his mental diet."45

Dis van meer belang om op hoogte te wees van die kind se geestesontwikkeling en die aard van die omgewing waarin hy ontwikkel.

Die oorgang van laer- tot middelbare onderwys is egter 'n saak waaroor nog altyd heelwat meningsver- skil bestaan het.

"The principal of the secon- dary school likes to get hol~ of his pupils as early as possible, while the principal of the pri- mary school is anxious to retain his as long as possible."46

En die twee standpunte kan aanleiding gee tot heelwat wrywing en twis, hoewel daar oor die grondbeginsels nie

•n meningsverskil behoort te bestaan nie.

"Every one will admit that there should be no waste of time, no rush, and cram, and no disrup- tion of the curriculum, incidental to the transition from the primary to the secondary school."47 .

Die onoorkomelikheid van die meeste hindernisse was eer- der in die toepassing en uitvoering as in die beginsel as sodanig gele~. In Transvaal was dit in die verlede ook nie altoos moontlik om hierin te slaag nie.

"Ease, speed, and economy of transition have been wanting."48

Dit was hoofsaaklik omdat laer- en middelbare onderwys nie as twee dele van een geheel beskou is nie. Diegene wat in middelbare onderwys belanggestel het, het die

laerskole nie as die voorbereiders vir die middelbare 45. T.C.D. Jaarverslag 1912, 41.

46. Ibid 1914, 14.

47. Ibid 1914, 15.

48. Ibid 1914, 15.

(19)

werk beskou nie en diegene wat in die laerskole belang- gestel het, het die middelbare skole nie as die voort- setters van hul taak beskou nie. Daarom het die laer- skole steeds gepoog om baie van hul eie hoerafdelings te behou en uit te bou, terwyl die middelbare skole liefs hul eie voorbereidingswerk wou doen, met die gevolg dat die laer- en middelbare skole geestelik apart van mekaar gestaan het.

6. KRITIESE BESKOUING.

"The development of a scheme of public education is a very gradual process, and any attempt

to estimate its rate of progres- sion annually can only be carried out in a limited way.q49

Wanneer die ontwikkeling van die onderwys in sy ampstydperk van 19 jaar beoordeel word, is vooruit- gang duidelik merkbaar. Aanvanklik het hy beklemtoon dat die ontwikkeling van die Transvaalse onderwysstelsel te veel gely het ten gevolge van 'n gebrek aan samehang en aaneenskakeling.

"Too much time has been lost.

in picking up loose threads, . . . . "50

Sy sentralisasiebeleid en die invoering van gratis en verpligte laeronderwys was 'n poging om bier- die ideaal te verwesenlik.

'n Duidelike bewys van vooruitgang was die groot aantal leerlinge in die hoerklasse van die laer- skole.

In 1919 het hy laeronderwys 'n verdere stoot na vore gegee toe feitlik al die laerskoolvraagstukke op

'n inspekteurskonferensie bespreek 1s.51

Die volgende

49. T.O.D. Jaarverslag 1921, 25 tot 26.

50. Ibid 1906, 7.

51. Ibid 1919, 201 tot 254.

(20)

* 379 *

sake het toe die aandag geniet: Onderwys as aanpassing;

administrasie en doeltreffendheid; grondslae van geskie- denisonderrig; rekenonderwys; die skool en die biologiese wetenskappe; onderwys van die tweede taal; die organisa- sie van buiteskole; die verhouding tussen laer- en mid- delbare onderwys; Afrikaans aan Engelssprekendes; in- spekteurs en hul werk; 'n nuwe leerplan vir aardryks- kunde; onderwys op 'n plattelandse dorp; die huis en die skool; sedelike en godsdiensonderrig.

Hierdie besprekinge het die nodige vereistes sowel as die bestaande leemtes in die laeronderwys na vore gebring en die inspekteurs kon daarna opbouende werk verrig. Aan die einde van sy ampstermyn kon hy reeds s~ dat die hoeksteen van 'n doeltreffende onder- wysstelsel gel~ is:

"Summarily it amounts to this, that the primary and secondary sys- tem becomes a real unity and the pupils are transferred at the psychological moment when, with the dawn of adolescence, there is a great impulse to move forward to the more serious 'grown-up' work." 52

Hierdie bevredigende toestand van sake moes in die eerste plek aan die verbetering in die opleiding van leerkragte toegeskryf word. Die verskaffing van geboue en toerusting, d~e indeling en organisasie van skole, die invoering van doeltreffende leerplanne en eksamens het gesamentlik veel daartoe bygedra om die onderwyspeil in Transvaal te verhoog. Hoewel hy maar min ge~rf het, het hy tog daarin geslaag om 'n goed georganiseerde

laeronderwysstelsel na te laat!

Transvaal het met sy ryke goudbronne mense sowel as sakeondernemings gelok. Die voorui~gang op 52. T.O.D. Jaarverslag 1923, 54.

(21)

ekonomiese gebied het rioodwendig nuwe vereistes op die gebied van die onderwys meegebring. Hiervan het Adam-

I

son doeltreffend gebruik gemaak om •n deeglike grondslag vir laerskoolonderwys te 1~. Hy het nie alleen vir deeglike toesig gesorg en hom vir die nodige vereistes beywer nie, maar deur die skepping van •n wysgerige agtergrond het hy 'n persoonlike prestasie behaal.

"On the whole it is a Justi- fiable deduction .•... that there is a steady movement in the direc- tion of progress in the primary school."53

53. T.O.D. Jaarverslag 1923, 56.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Om hierdie eise suksesvol te kan hanteer, behoort onderwyskandidate wat oor die gewenste persoonseienskappe vir doeltreffende onderwys beskik, tot die onderwys toe te

Natal het die voortou geneem wat die voorsiening van spesiale onderwys aan verstandelik vertraagde kinders betref (Coetzee, J. Thomson aanbeveel dat daar spesiale

Vaders hebben zo veel gewicht in het leven van kinderen en van vrouwen dat ze niet gewogen kunnen worden.’ (Gaby Jennes in: Vaders in

Dat principe is niet aan leeftijd gebonden: een vijftienjarige met een terminale hersentumor lijdt net dezelfde pijn als een volwassene, en is perfect in staat zich daarover een

De professional heeft daarbij drie taken: hij heeft het inhoudelijk gezag voor de dienstverlening, hij is de motiverende en bindende factor voor de vrijwilligers en hij is

Zo kwam naar voren dat driekwart van de leidinggevenden heeft ervaren dat de extra werkzaamheden ertoe hebben geleid dat het reguliere werk door minder mensen gedaan moest

Dit kan door voortvarend en op basis van gedegen besluitvorming te komen tot nieuwe pensioencontracten en door heldere afspraken te maken over de financiering en aanpassing van

Terwyl die model van Joyce en Showers, soos beskryf in paragraaf 3.4.4, klem plaas op waardetoevoeging vir die onderwyser deur die verwerwing en verwerkliking van