• No results found

1 • 1 • 1 Prim~re doel

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "1 • 1 • 1 Prim~re doel "

Copied!
21
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

HOOFSTUK

PRDBLEEMSTELLING EN DRIENTERING

1 • 1 DOELSTELLING

1 • 1 • 1 Prim~re doel

Die

prim~re

doel van hierdie ondersoek is om vas te stel of daar n verband is tussen vaderidentifikasie en skolastiese prestasie van seuns in die sekond~re

skool. Om hierdie verband geed te begryp, is dit nodig dat n wyer perspektief van relevante faktore wat skolastiese prestasie beinvloed, verkry word.

Daarom word:

*

*

*

vaderidentifikasie en skolastiese prestasie van seuns vergelyk met

di~

van dogters;

die invloed van vaderidentifikasie op skolas- tiese prestasie vergelyk met die invloed van moederidentifikasie op skolastiese prestasie by seuns en dagters respektiewelik;

die invloed van vaderidentifikasie op skolas- tiese prestasie vergelyk met die invloed van gesinsidentifikasie op skolastiese prestasie by seuns en dogters respektiewelik;

* die relatiewe invloed van ander affektiewe

intreekenmerke soos: selfkonsep, akademiese

selfbegrip en identiteitsekerheid op skolastiese

(2)

prestasie vasgestel;

* die invloed van vaderidentifikasie op skolas- tiese prestasie vergelyk met die invloed van sekere kognitiewe faktore soos I.K. op skolas- tiese prestasie;

* die invloed van intreegedrag (soos vorige sko- lastiese prestasie) ook gebruik om n beeld te kry van die relatiewe invloed van vaderidenti- fikasie;

*

1 • 1 • 2

die invloed van vaderidentifikasie op onder- en oorprestering ondersoek.

Sekond~re doel

Die vader en die seun beklee n belangrike plek in die prim@re doel van hierdie navorsing en daarom is dit nodig om ook die rol van die vader in die ontwikkeling van die seun deeglik na te vors. Die sekond@re doel van hierdie studie is dus ook om vas te stel wat die invloed van die vader op die ontwikkeling van die seun is. Om dit goed te begryp en die verwantskap tussen vader en seun volledig toe te lig, sal onder andere aan die volgende fasette aandag gegee word:

* die rol van die vader in die ontwikkeling van die seun- histories en kultureel gesien;

* die rol van die vader in die opvoeding van die seun;

* die rol van die vader in die skolastiese ontwik- keling van die seun.

2

(3)

1.2 MOTIVERING

Die probleem wat ondersoek word, moet gesien word teen die agtergrond van die invloed van die opvoeding deur die vader op die volwassewordende kind in die algemeen en die seun in die besonder.

Daar is verskeie redes waarom navorsing oor die opvoedingsrol van die vader, die belangstelling van die skrywer gaande gemaak het en ook noodsaaklik is.

1. 2. 1 Belangstelling van die skrywer 1.2.1.1 Algemeen

Die belangrikheid van die rol wat die vader in die opvoeding van die kind en meer spesifiek di~ van die seun speel, het skerp onder die skrywer se aandag gekom deur sy persoonlike ondervindinge:

* as seun wat sy vader op sewejarige ouderdom verloor het;

*

*

*

*

*

as vader van twee seuns en twee dogters;

as onderwyser wat jarelank diens in seunskos- huise gedoen het;

as senior diensdoende huisvader van sowel n seuns- as meisieskoshuis;

as jarelange hoof van n skoal waaraan n seuns- en meisieskoshuis verbonde is;

as opvoedkundige wat vir drie en n half maande

(4)

in twaalf Europese lande navorsing gedoen het in verband met jeugprobleme van die sekondere skooljeug, met spesifieke verwysing na die vader- identifikasie van die seun.

1.2.1.2 Spesifiek

Jarelange ondervinding as Wiskunde-onderwyser in ver- skillende groot hoerskole, in die stad en op die platteland, het die skrywer ook laat besef hoeveel leerlinge, vera! seuns, wat volgens vermoe uitstekend behoort te vaar in n vak soos Wiskunde, slegs gemid- deld presteer. In sommige gevalle het hulle reeds in standerd sewe sodanig uitgesak, dat hulle nie Wis- kunde as een van die keusevakke vir die senior sekon- dere fase kon neem nie.

sak later uit.

Ander kies dit wel, maar

Wiskunde is in hierdie gevalle maar slegs die baro- meter. Hierdie leerlinge, met heelwat bo-gemiddelde vermoens wat eintlik deel van die begaafde groep is, sak cor die algemeen uit en vaar baie swakker as hulle maats. Sommige van hierdie leerlinge sak eers op universiteit uit.

Na gesprekvoering en skakeling met ouers, onderwysers en kinders is die afleiding gemaak dat die nodige deursettingsvermoe, motivering en vasberadenheid in baie gevalle ontbreek. n Laissez faire-houding ont- staan en in sommige gevalle selfs n verwytende houding, n terugtrekking in die self en onttrekking aan die groep vind plaas. n Lone-wolf-situasie met sy negatiewe uitlopers is dikwels die gevolg.

4

(5)

Sommige van hierdie seuns se vaders was juis uiters bekwame en suksesvolle beroepsmanne. Die vraag ont- staan dus of daar tussen vaders en seuns voldoende skakeling is; of die vaderidentifikasie tot sy reg kom; of die noodsaaklike verinnerliking van eien- skappe van die vader by die seun plaasvind, en indien wel, tot watter mate; of daar dan nie van die vader wat so gemotiveerd en suksesvol is, n oordrag van hoe prestasiemotivering na die seun is nie.

1. 2. 2 Noodsaaklikheid van hierdie navorsing 1.2.2.1 Onttrekking van die man uit die huis

Dit is algemeen bekend dat die man al hoe meer wegge- trek word van die gesin as gevolg van beroepseise wat aan hom gestel word en verpligtinge wat toenemend op sy skouers gel@ word. Dit word ook aanvaar dat dit die vader se verantwoordelikheid is om in die geldelike behoeftes van die gesin te voorsien. Dit het tot gevolg dat hy weens ekonomiese aktiwiteite die ouer is wat die meeste van die gesin af weg is

(Nash, 1965, p. 266; Le Masters, 1 974, p. 135;

Green, 1976, p. 6-7r Benson, 1 974

1

p. 202-203).

Hierdie omstandighede het besondere implikasies vir die opvoeding van die kind en veral die van die seun.

1.2.2.2 Onbeantwoorde vrae random die invloed van die vader

Daar is ook baie onbeantwoorde vrae rondom die in- vloed van die vader in die vader-kindverhouding.

5

(6)

Mussen skryf n voorwoord vir die werk van Lynn (1974, p. v.) waarin hy die volgende vrae stel:

* Is die vader se rol in die opvoeding van die kind net so belangrik soos

di~

van die moeder?

* Sal die vader-kindverhouding die ontwikkeling van die kind se persoonlike, sosiale en intellek- tuele eienskappe betekenisvol beinvloed?

* Onder watter voorwaardes is die invloed van die vader die grootste en wanneer is dit die gering- ste?

*

*

*

Indien die vader se invloed op die kind groat is, hoe word hierdie invloed gevoel en hoe manifes- teer dit sigself?

Sal seuns meer benadeel word as dogters as ge- volg van ouerverwaarlosing?

Watter invloed het dit op die kinders as daar nie n vader in die huis is nie en die moeder die opvoeding alleen moet waarneem?

Hierdie en nog talle ander vrae kan gevra word ten opsigte van die vader-kindverhouding.

1.2.2.3 Navorsing in die RSA en elders

In die RSA is daar baie min navorsing gedoen oar die vader-kindverhouding en nog minder oor die vader- seunverhouding.

Ook wat navorsing in die algemeen oar die ouer-kind-

6

(7)

verhouding betref, is daar min gedoen in verband met die rol van die vader, vergeleke met die rol van die moeder, in die ontwikkeling van die kind (Lynn, 1974, p. vii; Keshet en Rosenthal, 1978, p. 13; Sawin en Parke, 1976, p. 38; Rutter, 1972, p. 64; Rothbart, 1976, p. 697). Navorsing bet aan die lig gebring dat, in ondersoeke waarin Amerikaanse gesinne tussen

1929 en 1956 betrek was, slegs elf publikasies gemoeid was met die vader-kindverwantskap, terwyl 169 die moeder-kindverwantskap uitgelig bet (Peterson, et al,,

1959, p. 120).

1.2.2.4 Die moeder aanvaar as die sentrale figuur in die opvoeding

Gedurende die grootste gedeelte van die eerste helfte van die twintigste eeu, is deurgaans aanvaar dat die grootmaak en opvoeding van die kind, die taak van die moeder is (Gorer, 1964, p. 44-46; Nash, 1965, p. 2ti6).

Nash (1965, p. 292) noem dat sommige sosioloe, die Amerikaanse gemeenskap in besonder en moontlik ook die Westerse industriele gemeenskap, tipeer as

"mother-centered" in bulle beskouing oor kinderopvoe- ding.

Green (1976, p. 6) haal Edmund Leach aan in verband met die stereotipe Britse familie en beweer dat dit kenmerkend moedergesentreerd is: " .•. the king-pin of the structure tends to be 'mum' rather than 'dad'".

Die kind weet ook hoe die vurk in die hef steek. Pa betaal die rekenings en Ma besluit wat gedoen word.

Die nuwe massa literatuur wat oar die invloed van

7

(8)

moederontbering op die kind beskikbaar is (Bowlby, 1951, Goldfarb, 1955,soos aangehaal deur Biller, 1974, p. 41, is 'n verdere bewys van hoe alles om die moeder gesentreer het. 'n Opname wat van Amerikaanse

literatuur van die negentiende eeu oar kinderopvoe- ding gemaak is, het die rol van die moeder die sterk- ste klem laat dra. Die meeste van hierdie litera- tuur was verteenwoordigend van die middel-dekades, sommige selfs voor Freud. Die moeder uitsluitlik word verantwoordelik gehou vir die welsyn van die kind, nie alleen in hierdie wereld nie, maar oak in die hiernamaalse lewe, terwyl die vader selde genoem word (Sunley, 1955, soos aangehaal deur Nash, 1965, p. 265). Die Amerikaanse vader word in die opvoeding van die kind as 'n niksbeduidende persoon beskou

(Nash, 1965, p. 267). Gorer (1964, p. 54) beskryf die rol van die vader as "vestigial". Hoe raak dit

is, word gesien as die betekenis van die woord "ves- tigial"~ ontleed word. Lambert en Hart (1976, p. 80) verwys na die algemene beskouing dat die moeder baie belangriker is vir die emosionele ontwikkeling van die kind as die vader.

Die rol van die vader in die opvoeding van die kind is vandag nag 'n strydpunt. Bowlby (1973 en 1974) ag byvoorbeeld die rol wat die vader speel so gering en

vestigial - of the nature of a vestige~~

~~

vestige - a mark, trace or visible sign of some- thing which no longer exists or is present

something which remains after the destruction or disappearance of the main portion ..• (The Shorter Oxford English Dictionary, 1959, p. 2351).

8

(9)

hy gaan so geheel en al op in die rol wat die moeder speel, dat hy skaars verwys na die vader. Green

(1976, p. 471, Nash (1965, p. 2641 en Lamb (1975, p. 246, 2491 verskil van Bowlby (19511. Hulle wys daarop dat hy selfs se dat die vader van geen direkte belang vir die jong kind is nie, maar slegs indirekte waarde het vanwee sy ekonomiese bydrae en die emosio- nele ondersteuning wat hy die moeder hied.

1.2.2.5 Die vader uitgelaat in navorsing Omdat die vader in baie gevalle uitgelaat word in navorsing oor die ouer-kindverhouding, word daar nie

n duidelike beeld van sy plek en posisie ten opsigte van die kind verkry nie. Dikwels !ewer die moeder en die kind verslag oar die vader (Biller, 1974, p. 39; 1971, p. 119; Lamb, 1976a, p. 1; LeMasters, 1974, p. 29; Lamb en Stevenson, 1978, p. 277; Lambert en Hart, 1976, p. 801. Die verslae wat die moeders

!ewer, is subjektief en onbetroubaar, gevolglik word ongeldige gegewens verkry (Lamb en Stevenson, 1978, p. 2881.

Le Masters (1974, p. 29) verwys na "The Changing American Parent" van Miller en Swanson (19581, en wys daarop datal 582 onderhoude wat sogenaamde "'depth' interviews" was, slegs met die moeders gevoer is.

In "Husbands and Wives" van Blood en Wolfe (1960, p. 6-8, 269-2701 is die 909 onderhoude oak slegs met die moeders gevoer. In "Patterns of Child Rearing"

(Sears,et al., 19571 word slegs die moeders betrek,

9

(10)

ten spyte van wat in die voorwoord gese word. Hulle beweer dat die basiese mikpunt is om betroubare inlig- ting te bekom in verband met die verskillende erva- ringe wat die voorskoolse Amerikaanse kinders tuis met hulle ouers het (Sears,et al., 1957, p. iv).

Let ook op die verwysing na ouers, terwyl slegs die moeders betrek is (Le Masters, 1974, p. 139). Le Masters (1974, p. 29) is baie skepties hieroor en meen dat n valse beeld verkry word waar 50% van die ouers, naamlik die eggenotes en vaders, uitgeskakel word. Hy wys verder daarop dat sommige van die stu- dies dit kortweg afmaak met n enkele rede, naamlik dat die vaders nie beskikbaar was nie of dat dit nie gerieflik was om hulle te betrek nie.

Ook uit die verslae van kinderleidingklinieke word die vaders bykans geheel en al geignoreer (Pollak, 1952 en 1956, soos aangehaal deur LeMasters, 1974, p. 125). Gebeur dit dat die vaders wel saam met die moeders betrek word, is hulle verslae meer akku- raat as di~ van die moeders. Dit blyk veral die geval te wees indien die verslae van die vaders verge- lyk word met di~ van onpartydige persone buite die gesin (Eron,et al., 1961, soos aangehaal deur Nash, 1965, p. 289).

Dit is maar eers in die laaste jare wat besef is dat vader-ontbering nie dieselfde as moeder-ontbering is nie en dat dit afsonderlik bestudeer moet word om die omvang en effek van ouer-ontbering te verstaan (Nash, 1970, Rutter, 1972, Yarrow, 1964, Biller, 1972a, soos aangehaal deur Biller, 1974, p. 4).

10

(11)

Indien die voorafgaande in ag geneem word, lyk dit bykans asof die volgende woorde van Goodsell, vyftig jaar gelede, baie vinnig besig is om bewaarheid te word: " ... and within a generation or two, 'father- power', even now shrunken to a mere shadow, may be- come little more than a name for an interesting historic phenomenon" (Goodsell, 1928, p. 101).

1.2.2.6 Verbrokkeling van gesinsbande

Die huidige belangstelling in die rol van die vader is grotendeels aangehelp deur die bewuswording van die grater aantal vaderlose gesinne (Wynn, 1964, p. 13; Biller, 1971, p. 1; Lamb, 1976a, p. 1). Lamb

(1976a, p. 1) meen dat die disintegrering van die gesin, hierdie belangstelling in die vader-kindver- houding meegebring het. Hy verwys,onder andere,na die volgende persone wat navorsing gedoen het oar die rol van die vader: Benson, 1968; Biller, 1971, 1974;

Biller en Meredith, 1974; Dodson, 1974; Gilbert, 1975;

Lamb, 1975; Lynn, 1974; Shed, 1975.

In die meeste lande is die gesinsbande besig om vin- nig te verbrokkel; gevolglik word die vader uit die huisgesin onttrek en die direkte skakeling tussen hom en die seun word verbreek. Meer as een miljoen egskeidings per jaar kan tans in die VSA verwag word (Stroup, 1977-78, p. 74). Dit is oak so dat in geval van dood, dit meestal die vrou is wat agterbly

(Schlesinger, 1969, p. 3-4). Daar word oak heelwat bespiegel of die gesin nag moet voortbestaan soos hy vandaq herken word. In Swede vera! is dit die siening

11

(12)

dat die gesinsopset uitgedien is omdat dit soveel nadele inhou. Die vader is selfs nie meer nodig nie.

In sommige gevalle woon jongmense saam in kommunes sonder om te trou (Hilding, 1973, Niehaus, 1973, Barsch en Jasinski, 1973, Bruggemann, 1973, Thormann, 1973, Winterberg, 1973, soos aangehaal deur Eksteen, 1978, p. 89, 108, 140-142).

~

Die volgende statistieke gee enigsins n beeld van die verbrokkelende gesinsituasie:

*

*

12

n Opname wat in 1965 gemaak is, toon dat tien miljoen Arnerikaanse kinders onder agtien jaar in een-ouergesinne woon. Van hierdie een-ouergesinne, is die moeder in 90% van die gevalle hoof van die gesin (Schlesinger, 1969, p. 4~ Hetherington en Deur, 1 9 71 , p. 2 4 4) . Dit toon alreeds n ver- meerdering in die aantal kinders onder agtien

jaar wat nie in volledige gesinne woon nie, maar ook in die aantal gesinne waarvan die vrou die hoof van die huis is (Goodman, 1966, p. 195-196).

Meer as ses miljoen kinders in die VSA, dit wil

s~ meer as tien persent, is lede van gesinne san- der n vader (Herzog en Sudia, 1970, p. 82).

Volgens n opname wat in 1976 gemaak is, het hierdie aantal kinders in vaderlose huise ver- meerder tot tien miljoen (Shinn, 1978, p. 295).

Die skrywer het gedurende n Europese studietoer

persoonlike onderhoude gevoer met die persone aan-

gehaal deur Eksteen (1978).

(13)

Vind n egskeiding plaas, word die toesig van die kind gewoonlik aan die moeder toegese. Ook in die geval van die ongetroude moeder word die kind deur die hof aan haar toegese en slegs by die grootste uitsondering aan die vader van die kind (Schlesinger, 1969, p. 3-41.

Selfs so laat as 1971 het die volgende berig verskyn in n standaard handboek vir praktiserende prokureurs in Minnesota oar wette in verband met die gesin:

"Except in very rare cases, the father should not have the custody of the minor children of the parties.

He is usually unqualified psychologically and emo- tionally; nor does he have the time and care to super- vise the children. A lawyer not only does an injus- tice to himself, but he is unfair to his client, to the state, and to society if he gives any encourage- ment to the father that he should have custody of his children". Hierdie instruksies is eers gedurende

1972 verander (Levine, 1977, p. 57).

Aangesien die finansiele posisie van die gesin ver- swak indien die vader nie in die huis is nie, dwing dit die moeder na die arbeidsmark wat tot gevolg het dat sy minder tyd en geduld het om aan die opvoeding van haar kinders te bestee. Watter ernstige afme- tings laasgenoemde reeds aanneem, word gesien uit die volgende:

* Meer as die helfte van die moeders met kinders van skoolgaande ouderdom is in die arbeidsmark betrek (Stroup, 1977-78, p. 75).

* Ses miljoen moeders in die VSA is werkende

vroue en n groat persentasie van hierdie moeders

1 3

(14)

is alreeds die enigste ouer in die huis (Lambert en Hart, 1976, p. 80; Gavron, 1966, p. 107)

Figes (1970, p. 172) s~ dat,indien die vader nie meer die breadwinner is nie, word hy oorbodig en dit kan lei tot die ineenstorting van die gesin en die patriargale stelsel wat dan die opvoeding van die seun direk sal be!nvloed.

1.2.2.7 Die vader self die oorsaak

Die vader self kan oak as gevolg van sy optrede ver- oorsaak dat die seun in die opvoedingshandeling skade ly en dat die moeder as die belangrikste persoon in die opvoeding van die kind beskou word.

Gorer (1964, p. 54) en Green (1976, p. 47) beskuldig die Amerikaanse mans daarvan dat hulle in hulle strewe na sukses, die kontrole oar die opvoeding van hulle kinders aan hulle vrouens oorgedra het. Die vader is van sy kant af nie vry te spreek wat betref die onstabiliteit van die huisgesin nie. Die persentasie mans wat betrokke is by misdaad, alkoholisme, dwelm- misbruik, verlating, ensovoorts, is heelwat ho~r as

di~ van vrouens (LeMasters, 1974, p. 13~).

1.2.2.8 Herwaardering van die rol van die vader Nash (1976, p. 75) meen oak dat daar n herwaardering van die rol van die vader ten opsigte van kinderop- voeding moet plaasvind. Hy sA: "Recently Schaffer and Emerson (1964), have shown that 'monotropy'

14

(15)

(attachment to one person) is not as predictable as Bowlby (1958) had suggested". Die kind vind beslis skakeling met beide ouers. Hulle stel verder vas dat by ongeveer een derde van die babas die primere verbinding met die vader is.

Die feit dat die vader in baie gevalle die enigste ouer in die gesin is, benadruk verder die noodsaaklik- heid dat daar na die rol van die vader in die opvoe- ding van die seun gekyk word. In Kanada is die be- raming dat twintig persent van alle een-ouergesinne slegs n vader in die gesin het (Schlesinger, 1978, p. 12), terwyl dit in Amerika op ongeveer 600 000 huisgesinne gestel word (Ilgenfritz, 1961, soos aan- gehaal deur Le Masters, 1974, p. 165). Le Masters

(1974, p. 147) meen dat die Amerikaanse vader oak baie swak voorbereid is vir sy ouerrol.

Indien hierdie herwaardering van die vader se rol nie plaasvind nie, sal die kind, en in besonder die seun, toenemend die lydende party wees. Stroup (1977-78, p. 75) wys daarop dat in Amerika miljoene kinders ly as gevolg van fisiese, emosionele en sosiale verwaar- losing of kombinasies daarvan.

1.2.2.9 Samevatting

Die vader is tot n groat mate op die agtergrond ge- skuif wanneer daar oar die opvoeding van die kind be- sin is. Hy is oak grootliks uitgelaat in navorsing wat gedoen is random die kind en sy opvoeding. Die klem het hoofsaaklik op die rol van die moeder geval.

1 5

(16)

Daarbenewens is hy as gevolg van die sogenaamde rat- race baie weg van die huis af en kry hy baie min geleentheid vir skakeling met sy kinders. Die vader is en bly egter n integrale deel van die gesin en kan nie van sy verpligtinge ten opsigte van die opvoeding van sy kinders losgemaak word nie.

Dit is ook duidelik dat die verbrokkeling van die gesinsbande en die talle een-ouergesinne kinders ankerloos en verward laat. Hulle raak ontnugterd en breek weg van hulle ouerhuise. Baie probleme ontstaan

juis as gevolg van die gesinsverbrokkeling.

Soms is dit selfs die vader wat as oorblywende ouer die kind moet grootmaak en opvoed. Die vaders is dikwels self die oorsaak van die probleme wat random die opvoeding van sy seun ontstaan en wel omdat hy nie betrokke wil raak nie.

Daar ontstaan derhalwe talle vrae wat verband hou met die vader en sy kind, die vader en sy seun. Dit alles onderstreep die noodsaaklikheid om te besin oar die vader en sy rol in die opvoeding van die seun. Daar bestaan gevolglik meer as genoeg rede om hierdie navorsing te regverdig.

1.3 METODE VAN ONDERSOEK

Twee metodes van ondersoek sal gevolg word, naamlik n literatuurstudie en n empiriese ondersoek.

16

(17)

1. 3. 1 Literatuurstudie

Die prim~re doel van hierdie studie is om vas te stel of daar n verband bestaan tussen vaderidentifikasie en skolastiese prestasie. Dit volg dus dat die vader en die seun vir hierdie navorsing die sentrale figure is waarom dit gaan. Die invloed van die vader op die ontwikkeling van sy seun, sal derhalwe spe- siale aandag geniet. Die literatuurstudie sal uit die aard van die saak, sentreer rondom die begrippe:

vader, seun, identifikasie, vaderidentifikasie en skolastiese prestasie.

In hoofstuk twee word die rol van die vader vanaf die vroegste tye, soos dit by verskillende volkere en kulture na vore kom, bestudeer. Daar word in die besonder gelet op die plek wat die vader inneem in die lewe van die seun.

Die vader neem reeds vanaf die seuntjie se geboorte

n spesifieke plek in sy lewe in. Hy lewer egter ook in die seun se opvoeding n spesifieke bydrae, derhalwe word die vader se rol as opvoeder in die ontwikkeling van die seun, in hoofstuk drie hanteer.

Die identifikasie van die seun met sy vader is vir hierdie navorsing n kernaangeleentheid, derhalwe word die identifikasie-begrip en vaderidentifikasie volledig in hoofstuk vier bespreek.

Aangesien standerd agt-leerlinge, dit wil s~ leer- linge in die sekond@re skool, wat midde-in die adoles-

17

(18)

sentestadium is, in die empiriese ondersoek gebruik word, word hoofstuk vyf aan die adolessent gewy.

Die identiteitsoeke en identiteitsverwarring van die adolessent geniet spesiale aandag. Daar word ook besin oor die verband tussen identiteit en identifi- kasie, terwyl die vaderidentifikasie van die adoles- sent dan ook hanteer word.

Dit gaan egter primer om die skolastiese prestasie van die kind, daarom word skolastiese prestasie in hoofstuk ses bespreek. Hoe die leerling sy skool- opdrag verwerk, hang onder andere af van die affek- tiewe intreekenmerke en die kognitiewe intreegedrag waarmee hy die skooltaak aanpak. Die moontlikheid bestaan dat vaderidentifikasie ~ verband toon met hierdie intreekenmerke en d.at dit weer die leerling se skolastiese prestasie sal beinvloed. Derhalwe word

~

teorie in verband met leer op skoal bespreek, met besondere aandag aan die affektiewe intreeken- merke. Omdat daar sprake is van die invloed van on- toereikende vaderidentifikasie op skolastiese pres- tasie, impliseer dit leerlinge wat nie volgens vermoe presteer nie asook die moontlikheid dat ontoereikende vaderidentifikasie daartoe kan hydra. Hierdie leer- linge wat onderpresteerders is, moet dus geidentifi- seer word. Hulle word ook met hulle maats wat wel presteer, vergelyk. In hierdie hoofstuk word daarom ook aandag aan die presteerder, die onderpresteerder en die oorpresteerder gegee.

18

(19)

1.3.2 Empiriese ondersoek

Standerd agt-leerlinge word in hierdie navorsing ge- bruik juis omdat hulle aan die begin van die senior

sekond~re fase van die hoerskool is en hulle finale vakke reeds gekies is. Enige vorm van onderpreste- ring behoort op hierdie stadium alreeds na vore te kom.

Aangesien die prim~re doel van hierdie studie is om vas te stel of daar n verband tussen vaderidentifika- sie en skolastiese prestasie is, is dit oak die kern waarom die empiriese ondersoek seDtreer.

Vraelyste word deur elke leerling voltooi om die mate van identifikasie met die vader vas te stel. Aange- sien n vergelyking getref word tussen die identifi- kasie met die vader en di~ met die moeder, word iden- tifikasie met die moeder oak met behulp van n vraelys vasgestel. Vraelyste word oak voltooi om identifi- kasie met ander volwassenes te bepaal. Dit bied die moontlikheid om te bepaal tot watter mate die proefpersoon meer met n manlike of meer met n vrou-

like persoon sal identifiseer.

Die gesin waarin die kind opgroei,dra by tot sy vor- ming en ontwikkeling en daarom word alle moontlike inligting random die gesin oak ingesamel. Vraelyste word voltooi om identifikasie met die gesin en die aanpassing tuis vas te stel. Om besonderhede in verband met die gesinsmilieu te verkry voltooi elke leerling oak n sosio-ekonomiese vraelys.

19

(20)

Die meer affektiewe besonderhede aangaande elke leer- ling self word verkry deurdat elkeen vraelyste vol- tooi waarin sy gesondheidsaanpassing, onderdanigheid, selfstandigheid, emosionaliteit, vyandigheid, vriende- likheid asook selfbeoordeling ter sprake is. Ten einde nag n vollediger beeld van die leerlinge te verkry, is in samewerking met drie ander navorsers die volgende vraelyste deur dieselfde groep leer-

linge voltooi (vgl. par. 7.10):

*

*

*

*

*

*

PHSF-verhoudingsvraelys;

Selfkonsepinventaris;

n Affek-vraelys wat,onder andere,akademiese selfkonsep insluit;

Houding van leerling teenoor onderwysers;

Selfondersoek vraelys - IPAT;

Vraelys oar identiteitsekerheid van leerling.

Tot watter mate die ouers tuis opvoedend by die kind betrokke is en oak hoeveel tyd aan die kind bestee word, word oak met behulp van vraelyste vasgestel.

Die skolastiese prestasie van die leerlinge in stan- derds drie, vyf en sewe sowel as hulle verbale en nie-verbale I.K.-punte word vanaf die Ed.Lab. 1- verslagkaarte verkry.

Nadat die hipoteses in hoofstuk sewe gestel is, word die empiriese ondersoek volledig uiteengesit. Die aanwys van die proefpersone, die meetinstrumente wat

20

(21)

gebruik word en die statistiese tegnieke geniet spe- siale aandag.

Hoofstuk agt is n opsomming en n bespreking van die navorsingsresultate. Die hipoteses wat in hoofstuk sewe gestel is, word nou aan die resultate van die empiriese ondersoek getoets.

In hoofstuk nege word die gevolgtrekkings gemaak, waarna n volledige samevatting gegee word. Daarna word die aanbevelings gemaak. Aandag word ook aan die tekortkominge van die ondersoek gegee. Om meant- like verdere navorsing te inspireer, word na aanver- wante onderwerpe verwys.

21

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

dejaarstudente en maatreels ter bekamping daarvan tref. Die wenslikheid van n !anger akademiese jaar moet ondersoek word en daar moet so spoedig moontlik

Dit blyk dus dat die apostel wil veroorsaak dat die lesers die dinge wat hy in die opsomming van sy leer uiteengesit het, weer uit die geheue oproep en opnuut

Die aktualiteit van hierdie probleem het my laat besluit om hierdie saak te ondersoek en om vas te stel hoedanig die Blanke met die nie-Blanke verskil en/of

Waar daar hoegenaamd geen ander omstandighede gevind kan word wat moontlik vir hierdie onderskeid in die lewensvat- baarheid van Duits as skoolvak in die

In besonder word gewys op die plek van die Skool vir Blindes te Worcester in hierdie struktuur, asook op die samewerking tussen hierdie skool en ander

afdeling atletiek (Sport en spele) van die Lig- gaamlike Opvoeding leerplan. Met geringe wysigings en byvoegings bied hierdie toetsreeks ook die moont- likheid om

(c) Die Etiese Doelstelling. Sy sedelike vorrrdng, wat ook karakter- vorming is, verg liefde tot die medemens, selfstandigheid, eerbied teenoor ouers en owerhede,

In die onderstaande tabel word leierskap op skool aangetoon asook die aantal leiersposisies wat die studente beklee het en hierteenoor hulle akademiese prestasies