• No results found

Letterlike en figuurlike taalgebruik

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2022

Share "Letterlike en figuurlike taalgebruik"

Copied!
6
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

GRAAD 4

© e-classroom 2015 www.e-classroom.co.za

Graad 4 Kwartaal 3 Week 7-8: Taalstrukture en -konvensies: Letterlike en figuurlike taalgebruik

Letterlik: Woorde funksioneer presies soos dit beskryf word.

Die motor is blou.

Hy vang die sokkerbal.

Figuurlik:

Hier moet jy uitvind wat dit beteken.

Dit is ʼn blou Maandag. (Dinge loop skeef.) Hy vang nonsens aan. (Hy doen iets verkeerd.) Kom ons kyk na die woorde “arm” en “dans”:

Letterlike betekenis: Die seun is arm.

(Dit beteken hy het nie baie geld nie.) Figuurlike betekenis: Die arme kind is baie hartseer.

(Ons kry hom jammer.) Letterlike betekenis: Sy dans baie mooi.

Figuurlike betekenis: Sy dink ek moet heeltyd na haar pype dans.

(Ek moet doen wat sy sê.)

Figuurlike taalgebruik sluit die volgende in:

a) Vergelykings: Gebruik van die woorde “soos”, “so”, “dan” en “as”

So lig soos ʼn veer.

So honger soos ʼn wolf.

So glad soos seep.

b) Metafore: (sonder gebruik van die “soos”) Sy het ʼn hart van klip.

Sy het senuwees van staal.

c) Personifikasie:

Personifikasie is ʼn spesifieke soort metafoor waar menslike eienskappe aan niemenslike dinge gegee word. 

• Die wind huil om die huis se hoeke.

• Die maanlig het die see gesoen.

d) Idiome:

Hy het met die verkeerde voet uit die bed geklim. (Hy het in ʼn slegte bui opgestaan.)

Letterlike en figuurlike taalgebruik

Naam:

(2)

Graad 4 Kwartaal 3 Week 7-8: Taalstrukture en -konvensies: Letterlike en figuurlike taalgebruik

Nog voorbeelde van woorde wat figuurlik gebruik kan word:

Letterlike betekenis Figuurlike betekenis Die meisie huil.

Die wind huil om die huis se hoeke.

(ʼn Menslike emosie word hier aan die wind toegeskryf.

Die wind kan nie regtig huil nie.) Die hond blaf hard. Sy blaf is erger as sy byt.

(Dit beteken dat hy maar net maak asof hy so kwaai is.) My vinger bloei. My hart bloei vir hulle.

(Ek kry hulle jammer.)

Kyk mooi na die prentjies en kies watter idioom en betekenis by dit pas.

Grawe ou koeie uit die sloot. Ou probleme/foute weer ophaal.

Soos water van ʼn eend se rug. Dit pla my nie.

Ek is nie onder ʼn kalkoen uitgebroei nie. Ek is nie so dom soos wat ek lyk nie.

Idioom Betekenis

Byvoorbeeld:

Soos ʼn vis op

droë grond. Voel uit jou plek uit.

1.

In die volgende prente word idiome met prente uitgebeeld.

Skryf die idioom en ook die betekenis daarvan neer.

(3)

GR

© e-classroom 2015 www.e-classroom.co.za

Graad 4 Kwartaal 3 Week 7-8: Taalstrukture en -konvensies: Letterlike en figuurlike taalgebruik

2.

3.

Idioom Betekenis

Sy is nie ʼn kat wat jy sonder

handskoene aanpak nie. Iets koop wat baie min werd is.

Die kat uit die boom kyk. As iemand nie kyk nie, maak ek nes ek wil.

ʼn Kat in die sak koop. Versigtig wees.

As die kat weg is, is die muis baas. Baie verbaas wees.

Jou uit die voete maak. Wees versigtig vir iemand.

Katvoet loop. Hardloop weg.

Uit die veld geslaan. Kyk eers goed hoe iets is voor jy besluit.

Verbind die idioom en betekenis met mekaar.

(4)

Graad 4 Kwartaal 3 Week 7-8: Taalstrukture en -konvensies: Letterlike en figuurlike taalgebruik

Sin Letterlik/Figuurlik

1. Die meisie het ʼn blou strik in haar hare.

2. Hy kan maar praat tot hy blou is.

3. Die appel val nie te ver van die boom af nie.

4. Hy is nie bang om in die boom te klim nie.

5. Hy trek sy nuwe klere aan.

6. Noustrop trek.

7. Die padda kwaak lustig by die dam.

8. Daar is ʼn padda in my keel.

Lees die volgende sinne en sê of dit letterlik of figuurlik is.

(5)

GR

© e-classroom 2015 www.e-classroom.co.za

Graad 4 Kwartaal 3 Week 7-8: Taalstrukture en -konvensies: Letterlike en figuurlike taalgebruik

Idioom Betekenis

1. Leidrade: appel boom

2. Leidrade: kop byenes

Kyk na die prente hier onder en skryf ʼn idioom wat by die prent sal pas.

(6)

GRAAD 4Graad 4 Kwartaal 3 Week 7-8: Taalstrukture en -konvensies: Letterlike en figuurlike taalgebruik

1 Hy is nie onder ʼn kalkoen uitgebroei nie. Ek is nie so dom soos wat ek lyk nie.

2 Soos water van ʼn eend se rug. Dit pla my nie.

3 Grawe ou koeie uit die sloot. Ou probleme/foute weer ophaal.

Idioom Betekenis

Sy is nie ʼn kat wat jy sonder handskoene

aanpak nie. Wees versigtig vir iemand.

Die kat uit die boom kyk. Kyk eers goed hoe iets is voor jy besluit.

ʼn Kat in die sak koop. Iets koop wat baie min werd is.

As die kat weg is, is die muis baas. As iemand nie kyk nie, maak ek nes ek wil.

Jou uit die voete maak. Versigtig wees.

Katvoet loop. Hardloop weg.

Uit die veld geslaan. Baie verbaas wees.

Sin Letterlik/Figuurlik

1. Die meisie het ʼn blou strik in haar hare. letterlik 2. Hy kan maar praat tot hy blou is. figuurlik 3. Die appel val nie te ver van die boom af nie. figuurlik 4. Hy is nie bang om in die boom te klim nie. letterlik 5. Hy trek sy nuwe klere aan. letterlik

6. Noustrop trek. figuurlik

7. Die padda kwaak lustig by die dam. letterlik 8. Daar is ʼn padda in my keel. figuurlik

1 Die appel val nie te ver van

die boom af nie. Die kind aard na sy ma/pa.

2 Hy steek sy kop in ʼn byenes. Bemoei hom met iets wat hom in groot moeilikheid gaan laat beland.

Antwoorde

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

(Er wordt bezwaar gemaakt) tegen de redenering dat er een causaal verband bestaat tussen het gebruik van WhatsAppachtige apps en taalgebruik in e-mails (aan docenten). Beoordeel

In de visie- tekst Visie op het Vak Nederlands van het Secundair onderwijs - A-stroom van het Vlaams Ministerie van Onderwijs en Vorming staat: “Het hoofddoel is niet wat

Enige tijd geleden schreef ik als educatief auteur voor een schoolboek geschiedenis (voortgezet onderwijs, leerjaar 1) een introductieverhaal over jagers in de prehistorie, waarbij

De zeven taalkenmerken die in dit onderzoek van toepassing zijn, zijn: Engelse woorden, Nederlandse woorden die op een andere manier gebruikt worden, afkortingen, opzettelijk verkeerd

Hier kan ik bevestigend antwoorden, in die zin dat ik een horloge heb en voor het geval u mocht willen weten hoe laat het momenteel is (iets wat gezien de

Die graad van voorkennis soos gemeet deur die presta- sie in die voorkenniatoets, verklaar n beduidende proporsie van die variansie in die verstaan van die

Gebruik zij, haar alleen als er specifiek naar vrouwen wordt verwezen of de persoon identificeert zich als vrouw. Gebruik hen, hun, die, diens als er naar non-binaire personen

In deze scriptie wordt beoordeeld dat Greta Thunberg met dergelijke termen op een soortgelijke ma- nier aan jonge mensen refereert, als andere politieke actoren normaal gesproken