• No results found

Dit is van belang om hier te verwys na die uitbeeldings van diere in die San

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Dit is van belang om hier te verwys na die uitbeeldings van diere in die San"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

60

jagbedryf was diervelle, ivoor, horings, vet, rou vleis, biltong en verwerkte produkte soos rieme, swepe en sambokke. Hierdie produkte is verruil vir koffie, tee, suiker, lap en huishoudelike benodighede by die rondreisende smouse, en later by die Joodse handelaars in die dorpe. Die teenwoordigheid van grootwild word ook weerspieël in die Koepelplaasname

189

soos, onder meer, Zeekoefontein 21, Buffelskloof 24, Tijgerfontein 641, Rhenosterpoort 504, Koedoesfontein 12, Elandslaagte 28 en Hartebeestfontein 584. Hierdie grond met waterbronne waarop die inheemse diere voorheen vry geloop het, is afgekamp as plase vir boere, wat beteken het dat die wild nie meer vrylik kon rondtrek nie.

Dit is van belang om hier te verwys na die uitbeeldings van diere in die San

190

se rotsgravures of petrogliewe (Figuur 7) op die granofierrots op Daskop 1103 IQ, en die San-rotsskilderye op granietrotse op Nauwpoort 257. Vanuit ’n kuns-, kultureel-antropologiese- en argeologiese oogpunt kan ons eerstens kyk na die styl en tegniek van die gravures, tweedens die lig wat dit vir ons werp op die mens en sy wêreld, en laastens die ouderdom en opeenvolging van die skilderye en hul verband met prehistoriese kulture en die tydstip van die kunswerk.

Die onderwerpe van die gravures wat volg op die meegaande bladsy, is onder meer dié van agt diersoorte. Die gravures, wat wissel van goed (uit die prehistoriese tydperk) na swak (uit die historiese tydperk), is deur verskillende kunstenaars op die rotse aangebring. Die uitbeeldings van die eland (Taurotragus oryx), seekoei (Hippopotamus amphibius) en witrenoster (Ceratotherium simum) met die kenmerkende San-kuns sy-aansig, is deur goeie kunstenaars in perfekte perspektief gedoen. Die uitbeeldings van die mitiese reënbul wat in reënmaak- rituele ’n rol gespeel het, gevlekte hiëna (Crocuta crocuta), swartwildebees (Connochaetes gnu) en ’n dier wat na ’n donkie lyk, is dié van verskeie minder- bekwame kunstenaars:

189

Plaasnommers volgens die kaart in A.L. Hall & G.A.F. Molengraaff, The Vredefort mountain land in the Southern Transvaal and the Northern Orange Free State 1872, p. 184.

190

Ook Khoe vroeër Boesmans genoem. Hierdie inheemse bevolkingsgroep wat naas die

Khoikhoin bestaan het, was hoofsaaklik jagter-versamelaars wat gedurende die Laat-

Steentydperk (40 000-200 jaar voor die huidige) in die sentrale suidelike deel van Afrika

rondgeswerf het. Hulle het rotskuns en gravures nagelaat.

(2)

61

Renoster Donkie

Eland Hiëna

Seekoei Reënbul

Swartwildebees Perd

Figuur 7: San-gravures uit verskillende tydperke, op granofierrots

191

191

GPA, proefskriffoto’s: C. Gouws, Daskop 2010.10.09.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

[r]

verpligtings kon nakom nie~ Die direkte gevolg was die geweldige vermindering in die salaris van onderwysers.. tien aanbevelings gedoen·. moes volgens hulle. beskou

breiding van die Transvaalse primere onderwys tot 1960 toon dat die verhoging van skoolplig en die instelling van gratis onderwys bel angri ke faktore was in

Veral in'klas IV-skole was daar In sterk konrlik. Daar dian verder op geJ:et te word dat bostaande geyolg- trekkings nie eenparig de~r die onderwysers onderskryr

Di t blyk reeds u:.i... groepe uit Bantoe- en Blanke mens tussen die ouderdomme negen- tien- tot vyf-en-dertig jaar sal best9.an. dat die tipe arbeid wat n persoon

SUIDWES-AFRIKA (Administrasie).. Dit was noodsaaklik dat onderwysers se akademiese opleiding en kulturele ontwikkeling "so hoog rnoontlik" sou wees. Onderwysers

2. Of 'n spesiale vlieg. As ek oor al die ander vliee moet verhandelinge skryf, sal dit my te lank neem. Van die algemene vlieg weet ek niks goed om te se nie. Ek het 'n

volgens moes die onderwys van openbare skole aangevul of voortgesit word, en hierdie soort onderwys sou ook onder die skoo1rade ressorteer.. As gevolg van die