• No results found

4.1 'N POLITIES-IDEOLOGIESE BESKOUING VAN DIE OWERHEIDS- VISIE

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "4.1 'N POLITIES-IDEOLOGIESE BESKOUING VAN DIE OWERHEIDS- VISIE "

Copied!
25
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

kAT A11SATORS VIR 'N DINAMI£S-G£STRUk- TUR££RD£ OW£RH£1DSW£1SYNSFOkUS OP

MAATSkAP1Jk£ W£1SYNSDI£NS, 1911 - 1948

Na die kort periode van Britse Administrasie het ' n tydperk van 38 jaar gevolg waarin die Owerheid toenemend bewus gemaak is van sy welsynsplig. Dit het binne die raamwerk van 'n vasgestelde polities-ideologiese beskouing geskied en waarvan die beleidsbeginsels effe gewysig of aangepas is soos wat die jare gevorder het. In hierdie hoofstuk word eerstens ' n polities-ideologiese beskouing geskets van die Owerheidsvisie gedurende die periode ter sake. Daarop volg ' n oorsigtelike fokus op welsynstnlkture wat vir elk van die vemaamste Suid-Afrikaanse gemeenskappe ingestel is. Laastens word die formaliser- ing van 'n gestn1ktureerde maatskaplike welsynsdiens deur die Owerheid in oenskou gene em.

4.1 'N POLITIES-IDEOLOGIESE BESKOUING VAN DIE OWERHEIDS- VISIE

Die era van Britse Administrasie is met die daarstelling van 'n Uniekabinet in 1910 onder lei ding van die Suid-Afrikaanse Party (SAP) beeindig.

1

Versoening en eenheid onder veral die blanke, as vemaamste polities-ideologiese paradigma, is weliswaar deur die nuwe leierskap meegeneem.

2

Dit was vir die Owerheid geen maklike taak om te ondemeem te midde van so baie ander aangeleenthede wat om aandag gevra het nie.

Onderlinge partytwis oor die interpretasie en uitlewing van die paradigma in verbonden- heid met die Britse Kroon, het uitgeloop op die stigting van die Nasionale Party (NP) in 1914.

3

Blanke verdeeldheid is verder gevoed deur eksteme katalisators soos die Eerste

2

3

C.F.J. Muller, 500 Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 3 de uitgawe , p. 389.

V ergelyk G .D . Scholtz, Die ontwikkeling van die politieke denke van die Afrikaner, Dee! V 1899-1910, p. 577 .

F. A. van J aarsveld, 100 basiese dokumente by die stu die van die Suid-Afrikaanse geskiedenis

1648- 1961 , pp. 206- 209; l. Liebenberg, ldeologie in kon.flik , p . 24 .

(2)

Hoofstuk Vier Blodsy 43

Wereldoorlog.

4

Daarmee saam het industrialisasie en problematiese samelewingstendense soos ongestruktureerde verstedeliking en armoede vererger.

5

Die Owerheid wat, getrou aan sy ideologiese paradigma, die blanke so ver as moontlik sosio-ekonomies wou ophef en polities wou verhef, het sonder skroom verdere wetgewing deurgevoer ter bereiking van die ideaal. Daar is dus nie van die Britse Administrasievisie afgewyk nie, maar eerder bevestigend te werk gegaan. Dit geld byvoorbeeld vir ekonomiese strukture om blankbevoordeelde werksreservering

6

in te stel en te bevestig.

Daarmee saam hang die beskikbaarmaking van werksgeleenthede om opheffing te be- vorder. Onder die Nasionale Partybewind vanaf 1924 is die ideale verdere sigbaarheid gegee.

7

Ondersteunend tot hierdie visie van die Owerheid se welsynsrol was die stempel van tevredenheid, as' t ware goedkeuring, toegese aan die totstandkoming van paritikuliere welsynshulp . Hieronder tel die Helpmekaarbeweging

8 ,

die National Joint Movement, kerklike welsynspogings, en die Vroue Landbou Unie.

9

Die Owerheid het op sy beurt ook meegewerk deur etlike Owerheidsdepartemente met welsynshulpverlening te taak.

10

V erder het gevolg die F ederasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge sowel as die toetrede van veral blanke akademici tot die blanke opheffingsgesprek. Fondse wat instansies soos die Carnegie-Maatskappy van die VSA vir navorsing oor blank:e armoede in Suid-Afrika beskikbaar gestel het, is met ems aangegryp. Bevindinge waartoe tydens kongresse oor

4

5

6

7

8

9

10

Vergelyk met C.F.J. Muller, 500 Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 3de uitgawe, p. 411.

Vergelyk met afdelings 4.2 en 4 .3.

C.F.J. Muller, 500jaarSuid-Afrikaanse Geskiedenis, 3de uitgawe, p. 424; R.E. van derRoss, The rise and decline of apartheid A study of political movements among the Coloured people of South Africa 1880-1985, p. 69.

Vergelyk met afdelings 4.2 en 4.3 .

Vergelyk W . Keizer, Die ekonomiese opkoms van die Afrikaner, 1939 - 1965, p. 18.

Vergelyk I. Liebenberg, Ideologie in konjlik, pp. 26- 27.

Staatsdepartement soos Onderwys, Bosbou, Naturellesake en Gesondheid het verskeie skemas

in die jare na 1910 geloods om die sosiale toestande te bowe te probeer kom.

(3)

welsyn geraak is deur sosioloe, sielkundiges en ekonome het die Owerheid toenemend daarvan oortuig dat maatskaplike nood in Suid-Afrika aandag nodig het.

11

Te midde van politieke verdeeldheid en ekonomiese terugslae soos die 1929 - 1933- droogte en depressie, was die allesoorheersende oproep deurentyd blanke eenheid en versoening. Te wyte aan veral ekonomiese terugslae het die byna onmoontlike in 1933 gerealiseer, naamlik toe die NP-regering van generaal Hertzog en die SAP, as opposisie- party onder J.C. Smuts se leiding, mekaar die hand gereik het. 'n Era van versoening en eenheid onder die vaandel van 'n koalisieowerheid, die Verenigde Party, het aangebreek.

Ook binne hierdie Owerheidstruktuur is die ideologiese paradigma van blanke eenheid en mag verder gevoer. 'n Verheffing van die eenheid bo enige ander gesag (Britse Kroon) of mag ( veelvoud van gemeenskappe) het nog sy verskille in parlementere debatte meege- bring.t2

W anneer dit egter op besluitneming ten opsigte van wetgewing neergekom het, was dit die sosio-maatskaplike posisie van die blanke wat die deurslag gegee het. So was dit dan ook die geval met die Owerheid se toetrede tot die verskaffing van 'n dinamies- gestruktureerde welsynsfokus vanaf 193 7 Y Die rol wat partikuliere welsynsinisiatief hierin geneem het, word in afdelings 4 .2 en 4.3 toegelig.

Teen die laat -dertigerjare was 'n meer prominente faset tot die Owerheidsvisie die posisie van ander groeperinge in Suid-Afrika. Topografiese posisionering, reservering en be- perkte sosio-maatskaplike hulpverlening was aan die orde (kyk afdeling 4.2) in soverre dit die Owerheid se partemalistiese rol kon weerspieel. Waar dit teenstrydig met Owerheidsbeleid was, het neerdrukkende wetgewende beperkinge gerealiseer.

14

Op die lang termyn was hierdie ideologiese beperkinge vir minstens 'n groot gedeelte van die Suid-Afrikaanse gemeenskap eerder meer nadeling as voordelig.

15

11

12

13

14

15

W . Keizer, Die ekonomiese opkoms van die Afrikaner, 1939-1965, p. 18.

Vergelyk I. Liebenberg, ldeologie in konjlik, pp . 29- 30 .

P. du Toit,(Samesteller), Vers/ag van die Volkskongres oor die Armblankevraagstuk gehou te Kimberley, 2 tot 5 Oktober 1934, p. 15 .

Vergelyk byvoorbeeld die 191 3- en 1936 grondwette sowel as die 1946-Vaspenwet.

V ergelyk afdelings 4. 2 en 4 . 3.

(4)

Hoofstuk Vier Bladsy 45

Gedurende die periode na 1937 tot en met die (Herenigde) Nasionale Party-bewinds- oorname in 1948 is etlike maatskaplike welsynstrukture ingestel, terwyl ander gekonsolideer is. Daarmee is bloot verdere momentum gegee aan 'n ideologiese para- digma wat al hoe nouer begin trek het om blanke Afrikanernasionalisme.

16

Sigbaar meer welsynsvoorsiening is aan ander gemeenskappe toegewys, maar dit was geensins vergelykbaar met die kwota wat aan die blanke toegewys is nie.

17

Daarmee saam was die ontdekking van nog goudneerslae in die binneland, sowel as die Tweede Wereldoorlog (1939- 1945) nie net ekonomies voordelig nie. Polities het dit tot verdeeldheid en rasse- konflik aanleiding gegee - in sigselfhet dit die Owerheid etlike duisende rand gekos

18,

wat elders afgeknyp moes word- en ook tot nadeel van welsynsdiensverskaffing was. Teen 1948 was daar, ongeag die leemtes, nietemin 'n beduidende vooruitgang in die Owerheid se maatskaplike welsynsfunksie. Die volgende subafdelings werp meer lig op die tipes welsynstrukture wat met verloop van jare ingestel is.

4.2 POLITIEKE EN EKONOMIESE TENDENSE SE UITWERKING OP MAATSKAPLIKE STRUKTURE

Gemeenskappe in Suid-Afrika is op die een of ander wyse deur 'n toenemende verander- ende politieke en ekonomiese omgewing geraak. Hieronder het steeds getel verstedelik- ing, armoede, ekonomies opwaartse maar ook afwaartse tendense, epidemies soos die Spaanse Griep van 1918

19,

sowel as die toenemend-verengde binnelandse politieke fokus jeens gemeenskappe.2 ° Kerke en partikuliere welsynsorganisasies het veral in die geval van die blanke gemeenskap 'n groot bydrae gelewer in die verlening van hulp aan behoef- tigtes.2 1

16

17

18

19

20

21

Vergelyk met definisie van Afrikanernasionalisme in Hoofstuk Een, en die NP-beleidsbeginsels in F.A. van Jaarsveld, 100 basiese dokumente .. . , pp. 206- 209; I. Liebenberg, ldeologie in konjlik, p. 28.

Vergelyk afdelings 4.2 en 4.3.

A.J.H. van der Walt, 'n Volk op trek of 'n kort geskiedenis van die ontstaan en ontwikkeling van die Ossewabrandwag, p. 48- 53 ; C.F.J. Muller, 500 JaarSuid-Afrikaanse Geskiedenis, 3de uitgawe, p. 455 .

Vergelyk P. Smit, "Historiese grondslae van swart verstedeliking in Suid-Afrika", Suid- Afrikaanse Historiese Joernaal, 19, 1987, pp. 7- 29 .

Vergelyk afdelings 4.2.1 en 4.2.2.

Vergelyk afdeling 4.2.5.

(5)

4.2.1 Posisie van blankes

Alhoewel etlike duisende blankes in veral die binneland hul teen 1910 in 'n verstedelikte opset bevind het, was daar nog baie wat uit die boerde:ry 'n bestaan probeer maak het.

Kommersiele boerde:ry is deur die Owerheid aangemoedig om te voorsien in die behoeftes van 'n ontwikkelende en industriele Suid-Afrika.

22

Die veranderende ekonomiese situasie waarin baie hul bevind het, het in 'n groot mate 'n verdeling van lewensgesteldheid beteken. Om in kompetisie met swart arbeiders te staan vir werk was vir sommige blankes ontstellend en 'n vernedering. Waar die swart arbeider in die verlede hoofsaaklik in die blanke se diens was, moes hulle nou meeding om dieselfde werk. Die Owerheid moes die skuld verduur vir die toedrag van sake.

23

Nie net die werksituasie het probleme vir die nuwe stedelinge opgelewer nie, maar behuis- ing en die alledaagse lewe het totaal verskil van waaraan hulle gewoond was. Die groot toestroming van blankes na die stede het spoedig 'n tekort aan behuising meegebring.

Agterbuurtes en sogenaamde krotbuurtes het ontstaan waarop huise of skuilings opgerig is. Plaaslike Owerhede was nie in staat om binne hulle finansiele begrotings altyd genoeg- same infrastrukturele verbeterings aan te bring nie, met die gevolg dat haglike higieniese toestande daar geheers het. Daarmee saam het morele standaarde 'n knou gek:ry. Die Owerheid het dikwels sy besorgdheid hieroor laat blyk, deur die aanstel van komitees en komissies.

24

22

23

24

Unie van Suid-Afrika. Departement van Arbeid en

Volkswels~

Verslag van die Departe- ment van Arbeid en Volkswelsyn vir die jaar gei!indig Desember 1936 waarby ingesluit is die verslae van die Hoofinspekteur van Fabrieke, die ongevalle-kommissaris en die loonraad (UG 4411937), p. 4; F. Brummer, The structure and policy of welfare services in the Republic of South Africa with particular reference to the role of the state, p. 1.

A.T. Winckler. Volkswelsynbeleid: . . . , pp. 40 - 41 ; Vergelyk ook H.O. Terblanche,

"Gemeenskapsarmoede en die Afrikaners in Port Elizabeth, 1902 - 193 7: 'n verkennende studie", Suid-Afrikaanse Historiese Joemaal, 32, pp. 138- 162, Mei 1995 .

W. Beinart, Twentieth-century South Africa, pp. 78, 121. Vergelyk Tabel Nr. 1.

(6)

Hoofstuk Vier Bladsy 47

4.2.2 Posisie van swartmense

Tussen 1911 en 1921 het die verstedeliking van swartmense met 15 ,52% toegeneem, vergeleke met die 20,32% van die blanke gemeenskap.

25

Meer werksgeleenthede vir blanke sowel as 'n versnelde verhuisingstendens vanwee sommige se afstand doen van plase, is waarskynlik redes vir hierdie tendens.

Armoede onder die swart gemeenskappe het toegeneem. Reservate was reeds oorbevolk.

Die Wet op Naturellegrond (Native Land Act) van 1913

26

het verdere beperkinge opgele.

Baie mans wat die reservate verlaat het, het op plase gaan werk, terwyl ander hulle tot dorpe en stede gewend het, met die oog daarop om selfstandig te wees en uit die greep van die na-oorlogse armoede te kom. Ongeskoold en vasgepen deur die Kleurslag- boomwette van 1911 en 1926, was hulle hoofsaaklik beperk tot die laagste poste en vergoedingskale.

27

Swartmense wat na stede verhuis het, het hulle in sogenaamde swart dorpe en omliggende plakkerskampe(soortgelyk aan skuilings) bevind vir toegang tot stede en dorpe.

28

Bulle lewensomstandighede was nie beter as die van die blanke nie. Waar die blanke man egter met sy hele gesin na die stad verhuis het, het die swartman in die meeste gevalle sy gesin op die platteland of in 'n reservaat agtergelaat. Hy het dan in die mynkampong of iewers in 'n swart dorp gewoon, waar morele wanpraktyke ook geheers het. Die grootste sosiale ontwrigting geskied van wee gesinsverbrokkeling.

29

25

26

27

28

29

I. Schapera, (Ed.), Western civilization and the natives of South Africa. Studies in culture contact, pp. 161 - 162.

Vergelyk H. Feinberg, "Challenging the Natives Land Act: African Land acquisitions between 1913 and 1936", The South African Historical Society Ul" Biennial Conference, July 1997;

P. Smit, "Historiese grondslae van swart verstedeliking in Suid-Afrika", Suid-Afrikaanse Historiese Joernaal, 19, 1987, pp. 7-29.

B. W . McKendrick, Introduction to social work in South Africa, p. 11 ; W . Beinart, Twentieth-century South Africa, p. 121 .

Vergelyk S. Lebelo, "Proletarians or tribesmen? The reconstruction ofSophiatown' s community in Meadowlands, 1960 - 1975", The South African Historical Society lfl" Biennial Conference, July 1997; L. Grundlingh, "Prejudices, pro mises and poverty: the experiences of discharged and demobilizied black South African soldiers after the Second World War", South African Historical Journal, 26, 1992, pp . 116 - 135 .

R. E. Phillips, The bantu in the city. A study of cultural adjustment on the Witwatersrand ,

p. 93; L. Thompson, A history of South Africa, pp . 169 - 170 .

(7)

Teen die twintigerjare het meer swart vrouens en kiriders na die stede verhuis . Dit het die reeds bestaande behuisingsprobleme verder bemoeilik. Die Owerheid se " terug na die grond" -beleid was 'n poging om die maatskaplike dilemma opgesluit in verstedeliking, op te los ?

0

V erstedeliking het veronderstel dat die swartmense verwyder was van hul stamgewoontes en tradisies. 'n Nuwe geslag met 'n andersoortige waardesisteem het ontwikkel. Kerke, skole en partikuliere welsynsorganisasies van blanke en swart oorsprong, het hulle ondersteun. Juis armoede en gebrek aan die nodige fasiliteite het die jeug hulle dikwels tot 'n lewe van wanpraktyke laat wend.

31

4.2.3 Posisie van Kleurlinge

Die politieke en sosiale posisie van die Kleurling was gedurende die periode ter sprake in groot onsekerheid. Daar was van tyd tot tyd 'n Owerheidsdebat met die doel om die Kleurling se status bo die van die swartman te ondersoek. Dit is uiteindelik verwerp en verdere wetgewende beperkinge het eerder gevolg.

32

Die Kleurlinggemeenskap was hoofsaaklik woonagtig in die W es- en Oos-Kaap . Die Eerste Wereldoorlog, en die daaropvolgende Groot Depressie, het hierdie gemeenskap net soveel bemvloed as enige van die ander gemeenskappe van Suid-Afrika. Die Owerheid se beskermende arbeidsbeleid teenoor die blanke het baie Kleurlinge hulle werk gekos. Daarteenoor is hulle by tye ook by wyse van wetgewing bo die swartmense in die werksterrein verhef. Gebrek aan noodsaaklike gesondheidsdienste en behuising het die Kleurlinggemeenskappe be'invloed. Ongeletterdheid, misdaad en alkoholisme was eweneens 'n kenmerk.

33

30

31

32

33

I. Schapera, (Ed.), Western civilization and the natives of South Africa. .. , pp. 165 - 166.

W. Beinart, Twentieth-century South Africa, p. 103 ; I. Schapera, (Ed .), Western civilization and the natives of South Africa ... , pp . 188- 189 . Vergelyk ook N.T. Sambureni, "State labour control policies and African workers ofDurban, South Africa, 1960- 1985", South African Historical Journal, 34, May 1996, pp. 77- 105.

S.Marks and S. Trapido, (Ed.), The politics of race, class and nationalism in twentieth century South Africa, pp . 167- 168.

R.E. van der Ross, The rise and decline of apartheid ... , p. 56; L. Thompson, A history of South Africa, p. 171 ; D. van Tonder, "Gangs, councillors and the apartheid state : the Newclare

Squatters' Movement of 1952", South African Historical Journal, 22, 1990, pp . 82- 107 .

(8)

Hoofstuk Vier Blodsy 49

4.2.4 Posisie van lndiers

Die Indier se posisie in Suid-Afrika is m1191 0 verder onder druk geplaas. Die gevoel dat die Indiergemeenskap nie deel van Suid-Afrika kan of moes wees nie, asook die voort- durende soeke na maniere van repatriasie, het die gemeenskap se lot nie vergemaklik nie.

Alhoewel "n groot getal Indiers "n bestaan deur handel probeer maak het, het baie nooit bo die status van arbeiders uitgestyg nie. In die jare mi die Eerste Wereldoorlog en veral mi die Groot Depressie van 1929, is baie afgedank en het baie hulle letterlik op straat bevind. Veral die gene wat nie meer werk op plase kon kry nie, het hulle nou na die stede gewend, in "n poging om hulle maatskaplike omstandighede te verbeter. Dit het natuurlik weer bygedra tot die probleem van verstedeliking.

34

Die oorgrote meerderheid gesinne het van die hand in die tand gelewe. Om die probleem verder te vergroot was gesinne groot en behuising in die stede en omliggende dele nie van die beste nie. Daar was "n gebrek aan behoorlike sanitere geriewe, elektrisiteit en voldoende water vir daaglikse gebruik. Dit alles het bygedra tot die uitbreek van siektes en epidemies onder die Indiergemeenskap. "n Verdere probleem wat onder die stedelike Indiergemeenskap voorgekom het, was wanvoeding. Die swak behuising, lae lone en onderontwikkelde landbougebiede het alles bygedra tot hierdie probleem.

35

Net soos in die geval van die blankes en swartmense was dit hoofsaaklik die jong mans wat hulle eerste na die stede gewend het, waama die gesinne later gevolg het. Die verstedelikingsproses het die uitgebreide familieondersteuningsdienste van die tradisionele Indierfamilie stadig laat verkrummel.

36

34

35

36

S.Marks and S. Trapido, (Ed.), The politics of race, class and nationalism ... , pp. 188- 189.

E.S. Mesthrie, " Indian national honour versus trader ideology: three unsuccessful attempts at passive resistance in the Transvaal, 193 2, 193 9 and 1941 ", South African Historical Journal, 21, pp. 39- 54; S.Marks and S. Trapido, (Ed.), The politics of race, class and nationalism

... , pp. 189- 190.

A.J. van Wyk, " Public opinion in Natal and the non-whites 1910- 15", Historia , 1973, pp. 186

- 194 ; S.Marks and S. Trapido, (E d.), The politics of race, class and nationalism ... , pp. 189.

(9)

4.2.5 Die baanbrekerswerk van partikuliere welsynsorganisasies

Verskillende kerkgenootskappe in Suid-Afrika, en spesifiek die NG Kerk, het reeds sedert die vorige eeu aan behoeftiges in stede aandag gegee. Die Carnegieverslag van 1932

37

het daarop gewys dat die Armblankeprobleem reeds sedert 1894 aandag geniet het.

Kongresse om die probleme te bespreek is ook in 1893, 1916 en 1923 gehou?

8

Sedert 1916 is emstige pogings deur die NG kerk aangewend om werkkolonies wetlik gestig te kry. In 1927 het die Owerheid ingestem deur die aanneem van Wet no . 20 van 1927 wat voorsiening gemaak het vir werkkolonies. Ander projekte van die NG Kerk wat mettertyd deur die Owerheid oorgeneem is, is die nywerheidskole(1925), asook die beginsel van toelaes aan weduweemoeders wat uitgebrei is in die Kinderbeskermingsakte.

39

Die reeds bestaande ACVV en SA VF was teen 1910 landwyd georganiseer en aktief betrokke by die opheffing van veral vroue en behoeftiges.

40

In die twintigerjare is die oorkoepelende Federale Vroueraad (in die vier provinsies) tot stand gebring om beter koordinasie tussen die welsynsaktiwiteite van die onderskeie verenigings te skep.

V anuit partikuliere inisiatief is vier nasionale rade, naamlik die Suid-Afrikaanse N asionale Raad vir Geestesgesondheid (1920), die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Kindersorg(1924), die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Dowes( 1929) en die Suid- Afrikaanse Nasionale Raad vir Blindes(1929) ook tot stand gebring. Hierdie rade het 'n belangrike rol gespeel om onderlinge samewerking ten opsigte van die koordinering van maatskaplike dienste en dienslewering te bevorder en te dien as amptelike kanaal vir geaffilieerde liggame.

41

37

38

39

.tO

41

Kyk Hoofstuk Vier, afdeling 4.2.

AT. Winckler, Volkswelsyn: 'n Sosiaal-historiese studie van tendense .. . , p. 40; A.J. Auret, Die ontwikkeling van maatskaplike werk as professie in Suid-Afrika, p. 13 .

A.J. Auret, Die ontwikkeling van maatskaplike werk as professie in Suid-Afrika, pp .l4- 15 .

Die Natalse V roue V ereniging is in 1915 inN a tal gestig. Dit het beteken dat elke provinsie oor 'n eie vrouevereniging beskik het . Vergelyk E. Theron en A.A. Stulting, Maatskaplike dienste in Suid-Afrika, p. 17.

M.C. Potgieter, Maatskaplike sorg in Suid-Afrika: . .. , p. 34; E. Theron en A.A. Stulting,

Maatskaplike dienste in Suid-Afrika, p. 14.

(10)

Hoofstuk Vier Bladsy 51

Gedurende die dertiger- en veertigerjare is nog twee nasionale liggame gestig deur partikuliere welsynsorganisasies om steun aan hulle werksaamhede te verleen, naamlik die Maatskaplike Dienste Vereniging en die Suid-Afrikaanse Raad vir die Versorging van Kreupeles. Terselfdertyd het die NG Kerk die Federale Armsorgraad en die Hervormde Kerk die Ondersteuningsraad gestig. Tersiere inrigtings het gedurende die veertigerjare begin om graad- en diplomakursusse vir voomemende blanke maatskaplike werkers in te stel by onder andere die Universiteit van Kaapstad, die Universiteitskollege van Potchef- stroom en die van die Oranje-Vrystaat.

42

Swart studente kon 'n diploma in maatskaplike werk as professie by die Jan Hofmeyr Skool vir Maatskaplike Werkers in Johannesburg en by die Strydom Opleidingskool in Bloemfontein loop.

43

Met die opleiding van meer swart maatskaplike werkers is gehoop dat die groterwordende maatskaplike probleme bekamp sou kon word. ' n Groot probleem was die gebrek aan opleidingsfasiliteite vir swart studente.

44

In reservate en swart dorpe was dit hoofsaaklik die sendelinge wat omgesien het na die maatskaplike behoeftes van die swart gemeenskap aldaar. Teen 1928 was ongeveer 28 sendingorganisasies in Suid-Afrika werksaam. Elk het hoofsaaklik 'n span bestaande blanke en swart sendelinge, onderwysers, dokters en verpleegsters gehad. Die belangrikste inrigting was sekerlik Fort Hare wat in 1916 al met Owerheidshulp deur Anglikaanse, Metodiste en Skotse sendelinge gestig is.

45

Teen 1934 is die meeste welsynswerk deur partikuliere welsynsorganisasies verrig, terwyl plaaslike Owerhede oral in Suid-Afrika van tyd tot tyd gehelp het met noodlydendes waar

42

45

Nasionale Argiefbewaarplek (NAB), Pretoria, Departement van Volkswelsyn, Leer: VWN 589, Band: SW 92/1 -1 , Social Services Association of South Africa I National Council Report for 1 944; Social Services Association of South Africa I National Council Report for 1945 ; Social Services Association of South Africa I National Council Report for 1946; Social Services Association of South AfricaIN ational Council Report for 194 7; M. C. Potgieter, Maatskaplike sorg in Suid-Afrika: ... , pp. 36- 37.

J.B. Higgins, Reflections on the education of black .fiocial workers in South Africa. Publi- cations, reeks 1 no.27. Inaugural Address delivered on the 30th November 1976, p. 1;

United Nations, Report of the United Nations Commission on the racial situation in the Union of South Africa. . . . , 1953, p. 104.

R E. Phillips, The bantu in the city . .. , pp. 311 - 312.

L. Thompson, A history of South Africa, pp. 172 - 173.

(11)

nodig. In die stede was georganiseerde welsynsdienste meer op "n permanente basis as in die platteland.

46

Vrywillige welsynsorganisasies vir ander gemeenskappe benewens die blanke het nie agterwee gebly nie. Welsynsorganisasies oftewel "klubs" om na die behoeftes van swartmense om te sien het ingesluit die Bapedi Club in Sophiatown , die Independent Order of Good Templars, Gamma Sigma Clubs, Bantu Men's Social Centre en die Unemployed Boys' Club. Al hierdie klubs het hulle beywer om die sosiale omstandighede van die swartmense, as't ware in isolasie, in die stede te verbeter.

47

Die Maatskaplike Dienste Vereniging van Suid-Afrika het ook waardevolle werk gel ewer ten opsigte van die bantering van maatskaplike probleme onder veral die swartmense.

Waar persone byvoorbeeld as gevolg van rnisdaad hulle in tronke of plekke van veilige bewaring bevind het, of waar moeders nie hulle gesinne kon versorg nie vanwee die feit dat hulle in die tronke was, het die Maatskaplike Dienste Vereniging en veral die or- ganisasie bekend as die "Prisoners Friends" hulp verleen.

48

4.3 'N GESTRUKTUREERDE OWERHEIDWELSYNSFOKUS KRY

MOMENTUlVI

4.3.1 Rol van Kommissies

Dit was vir die Owerheid dikwels nodig om " n komrnissie ofkornitee te benoem om die gesteldheid van bepaalde welsynstrukture te ondersoek alvorens wetgewing daarvoor gedebatteer kon word. Dit blyk dat die Owerheid se goedgesindheid net gevra is en somrnige komrnissies uit gemeenskapsinisiatief voortgekom het. Van die vemaamste komrnissies wat gedurende die periode ter sprake gedien het, word in Tabel Nr. 1 uiteengesit.

46

47

48

E .G. Malherbe, (Ed.), Handbook on education and social work in South Africa, p. 34.

Anon., ReportoftheNational-Bantu Conference Cape Town February 6-9,1929, pp . 1 97- 202; R.E. Phillips, The bantu in the city . .. , pp . 295- 304 .

NAB, Pretoria, Departement van Volkswelsyn, Leer: VWN 589, Band: SW 92/1-1, Social

Services Association of South Africa I National Council Report for 1944; Social Services

Association of South Africa I National Council Report for 1945 ; Social Services Association

of South Africa /National Council Report for 1946; Social Services Association of South Africa

I N ational Council Report for 1947.

(12)

Jaar Naam 1916 Jeppe 1927 Pienaar 1928

1932 Carnegie 1937

1937 Page 1943 VanEck 1944 Gluckman

Tabel Nr. 1

Kommissies en Komitees, 1910- 1948 Beskrywing

Armzorg en Hulptoelagen Kommissie

Konuuissie op Ouderdomspensioene en Nasionale Versekering Inter-departementele Komitee oor Swaksinniges

Armblanke Vraagstuk:

Hoofstuk Vier Blods y 53

Inter-departementele Komitee insake Behoeftige, Verwaarloosde, Onaanpasbare en Misdadige Kinders en Jongmense

lnter-departementele Kommissie insake Armesorg en Liefdadigheidinrigtings Komitee insake Bestaansbeveiliging

Kommissie insake ' n Nasionale Gesondheidsdiens

Die Owerheid het in 1916 die Armzorg en Hulptoelagen Kommissie

49

aangestel om maatskaplike toestande tydens en na die Eerste Wereldoorlog te ondersoek. Die kommissie het aanbeveel dat sentrale rade welsynsdienste in streke moes beheer en ko- ordineer. Verder is aanbeveel dat 'n afdeling binne die Departement van Binnelandse Sake gestig word om die sentrale rade te beheer. Hoofsaaklik as gevolg van finansiele redes, is die aanbevelings nie toegepas nie; tog was dit die eerste keer dat daar aanbeveel word dat die Owerheid aktiefbetrokke raak by welsynsdienste in Suid-Afrika.

50

Generaal Hertzog het in 1924 'n Departement van Arbeid ingestel om te help met die verskaffing van werk aan arm blankes. As 'n verdere optrede is die Pienaar-Kommissie ingestel om ondersoek te doen na ouderdomspensioene en versekering op nasionale vlak.

In sy verslag beveel die Kommissie aan dat die Owerheid 'n verpligting het teenoor bejaardes en ander behoeftiges. In die lig hiervan en die haglike omstandighede waarin sommige geleef het, is 'n nie-bydraende ouderdomspensioenskema aanbeveel. In 1928 is die eerste Ouderdomspensioenwet dan ook op die Suid-Afrikaanse wetboek geplaas.

51

Kerkleiers, verskeie Owerheidsdepartemente en welsynsorganisasies, asook akademici, is almal betrek in die ondersoek na die posisie van die Armblanke. Finansiele bystand is

Ook bekend as die Jeppe-Kommissie.

50

M .C. Potgieter, Maatskaplike sorg in Suid-Afrika: . .. p. 31 .

51

M .C. Potgieter, Maatskaplike sorg in Suid-Afrika: ... p. 33.

(13)

deur Carnegie Korporasie van die Verenigde State van Amerika voorsien. Die verslag van die Carnegie-Kommissie is in 1933 bekend gemaak.

52

Die Kommissieverslag het Armblankes in twee groepe verdeel. Eerstens die gene wat uit boerderye ' n bestaan gemaak het; behoeftige bywoners; huurlinge op plase ; on- ekonomiese boerdery-eenhede; arm nedersetters en ongeskoolde of swak geskoolde arbeiders buite boerderyverband. Tweedens was daar diegene wat boerdery gelos het en onder meer op die spoorwee en spoeldelwerye 'n heenkome gesoek het. Sommige ongeskooldes is in die nywerheidsbedryf opgeneem. Na raming het die Carnegie- Kommissie sowat 300 000 van die 1 800 000 blankes in stede as Armblankes geag.

53

Onder die aanbevelings wat die Carnegie-Kommissie gedoen het, was dat die Owerheid streng beheer op onderwysstandaarde moes uitoefen. V erder moes hulpdienste aan veral boere opgeskerp word.

54

Sekerlik een van die opvallendste aspekte wat as dryfveer gedien het vir die daadwerklike toetrede van die Owerheid tot georganiseerde maatskaplike welsynsdienste, was die bevindinge van die Carnegie-Kommissie in 1932 met betrekking tot veral die Armblanke in Suid-Afrika.

V oorts is die Owerheid aangeraai om die onbehoorlike stand van behuising onder Armblankes te ondersoek. ' n Derde van die behuising waarmee die Kommissie te doen gekry het, is gereken as "unsuitable for civilised life ." Gebrekkige voorsiening het waarskynlik op 'n direkte of indirekte wyse ook 'n uitwerking op die gehalte van mense se daaglikse werksuitset gehad.

55

52

53

54

55

F. Brummer, The structure and policy of welfare services in the Republic of South Africa ... , p.2.

AT . Winckler, Volkswelsynbeleid: ... , p. 41 ; C. Saunders, "Putting the history of white

poverty in South Africa on the agenda", South African Historical Journal, 28, 1993, pp. 242 -248 .

E.G. Malherbe, (Ed.), Handbook on education and social work in South Africa, pp . 10-11.

E .G. Malherbe, (Ed.), Handbook on education and social work in South Africa, pp . 16- 17.

(14)

Hoofstuk Vier Blodsy 55

Die Kommissie het beklemtoon dat hulpverlening moes bydra tot die skepping van 'n selfstandige, verantwoordelike persoon wat ten volle aangepas is by die lewensomstandighede. 'n Baie beperkte finansiele hulpverleningskema is voorgestel.

56

In 'n afdeling van die Verslag is kortliks verwys na die verhouding tussen die Armblanke en die arm swart gemeenskap van Suid-Afrika. Kompetisie tussen ongeskoolde blanke en ongeskoolde swart werkers is beskou as een van die vemaamste redes vir die armoede onder blankes. Ironies genoeg sou die arm swart gemeenskap dieselfde van die blanke kon se. Reservering van werk vir blankes is gesien as 'n tydelike toestand waartydens die Armblanke opgelei moes word om 'n veranderende situasie te kan hanteer.

57

Die Camegie-Kommissie was duidelik nie besonder gerig op die nood van swartmense nie.

Die ideologiese raamwerk van waaruit hulle die armoedsituasie beskou het, was ook geensins teenstrydig met die owerheidsvisie nie.

As laaste aanbeveling het die Camegie-Kommissie voorgestel dat die Owerheid ' n leidende bydrae tot maatskaplike dienste lewer. Die aanvaarding van wetgewing, die stigting van 'n buro of 'n departement van sosiale werk is as moontlikhede voorgestel. Die Kommissie was van mening dat so 'n buro die verskillende sosiale welsynsaktiwiteite van die Unieregering moes koordineer en as sameroeper dien vir die onderskeie welsyns- organisasies, kerkgenootskappe en die aktiwiteite van die Owerheid self. ' n Eenvormige Uniale beleid vir maatskaplike welsynsdiens ( sosiale werk) is as belangrik en noodsaaklik geag.ss

56

57

58

E.G . Malherbe, (Ed.), Handbook on education and social work in South Africa, pp. 27-30.

E .G . Malherbe, (Ed .), Handbook on education and social work in South-Africa, pp. 17- 1 9.

E .G . Malherbe, (Ed.), Handbook on education and social work in South Africa, p. 32.

(15)

4.3.2 Die Owerheid aanvaar verder welsynswetgewing W elsynswetgewing wat deur die Owerheid

aanvaar is tussen 191 0 en 1948, het onder meer op die verbetering van die maatskaplike omstandighede van kinders, gestremdes en haweloses gefokus. Die in- vloed van die behuisingsomstandighede waarin die meeste hulpbehoewendes hulle bevind het, is hanteer by wyse van die Wet op Huurgelde van 1920, die W erkkoloniewet van 1921 , die Slumwet van 1934, die Werkloosheidsbystandswet van 193 7 en die W oningswysigingswet van 1944. Hiermee was die Owerheid se basiese uitgangspunt dat maatskaplike probleme opgelos kon word deur armoede en werkloosheid te beperk, sowel as die werkplek en opleiding as sodanig te verbeter.

59

Deur die uitbetaling van toelaes aan Kleurlinggestremdes het die Owerheid

Tabel Nr. 2

Welsynswetgewing1910- 1948

J aar Beskrywing

1911 Gevangenissen en Verbetergestichten Wet 1913 Wet ter Bescherrning van Kinderen 1916 Wet op Geestesgebreken

1919 Volksgesondsheidswet

1919 Ordonnantie op Armeverzorge en Inrich- tingen van Liefdadigheid

1919 Oorlog Spesiale Pensioene Wet 1920 Wet op Huurgelde

1923 Aanneming van Kinderen Wet 1927 Bantoe-Administrasie Wet 1927 Werkkoloniewet

1928 Suid Afrikaanse Ouderdomspensioene Wet 1934 Slumwet

1935 Wet op Blindes 1937 Kinderwet

1937 Werkloosheidsbystandswet 1941 Ongevallewet

1942 Oorlogspensioenewet 1944 Woningswysigingswet 1945 Wet op Registrasie van Werk 1946 Wet op Ongeskiktheidstoelae 1946 Wysigingswet op Volksgesondheid 1947 Wet op Welsynsorganisasies 1948 Wet op Spesiale Skole

Wetgewing nie 'n volledige lys van die betrokke tydperk nie.

gepoog om ook 'n maatskaplike welsynsdiens aan hierdie groep te lewer. Sedert die veertigerjare was die Ouderdomspensioenwet en die Wet op Blindes op alle gemeenskappe van toepassing.

60

59

60

Kyk Tabel Nr. 2 met betrekking tot welsynswetgewing. Die tabel dien net tot illustrasie van die tipe wetgewing wat in die betrokke tydvak ter tafel gele is.

Unie van Suid-Afrika, D epartement van Arbeid en Volkswelsyn. Verslag van die Departement

van Arbeid en Volkswelsyn vir diejaar geeindig Desember 1936 .. . , pp. 33 - 35; Same-

vatting van die verslag van die kommissie vir die sosio-ekonomiese ontwikkeling van die

Bantoegebiede binne die Unie van Suid-Afrika, p. 64; United Nations. Report of the United

Nations Commission on the racial situation in the Union ofSouth Africa. ... , pp. 103 - 104.

(16)

Hoofstuk Vier Blodsy 57

4.3.3 W elsynskemas van Owerheidsdepartemente

Owerheidsbetrokkenheid ten opsigte van die verskaffing van welsynskemas is dikwels deur die kanale van bestaande owerheidsdepartemente gevoer. Onder meer was daar die instelling van 'n proetbeamptediens in 1913 deur die Departement van Justisie. Hierdie Departement moes jeugdiges in verbeteringsinrigtings besoek en jeugdiges onder toesig uitplaas.

61

Tabel Nr. 3

Skemas oorgeneem deur die Departement van Volkswelsyn, 1937 - 1939:

Skema vir pensioene aan ongeskik:te blanke persone, Kerk-Staat-skema (vervang Maart 1939),

Plattelandse Rehabilitasie en Behuisingskema (afgeskafDesember 1938), Opleidingskema vir Meisies (afgeskaf 1938)

Bosbounedersettings (later verskuif na die Departement van Landbou en Bosbou) Sonop-nedersetting vir bejaardes by Brits

Maatskaplike sorg van die delwersgemeenskap

'n Jaar later het die Departement van Bosbou, met goedkeuring van die Owerheid bosbounedersettings ingestel, en werklose blanke mans is in diens geneem om bosaanplantings te doen. Die Departement het spoedig tot die besef gekom dat daar na die welsyn van hierdie mense en hulle gesinne omgesien moes word. Gevolglik is ' n welsynsbeampte by elke nedersetting aangestel. Teen 1933 was daar reeds 17 sulke blanke nedersettings met 'n sieletal van 6 000.

62

Bewoners in reservate en swart dorpe was onder die administrasie van 'n blanke Departement van Naturellesake. Die Departement het sy funksie teen 1933 gesien as die hand wat die swartgemeenskap moet lei op die pad na verwestering. Verder was die Departement betrokke by die skemas waarin voorsiening gemaak is vir die opheffing van swartmense. Hieronder het getel die verskaffing van onderwys sowel as 'n tegniese en

61

62

A.J. Auret, Enkele aspekte van maatskaplike werk as professie in Suid-Afrika, pp. 20 - 21;

F. Brummer, Die verhouding tussen die staat en die partikuliere inisiatiefin die professionele maatskaplike werk, p. 4 .

Unie van Suid-Afrika, Departement van Arbeid en Volkswelsyn. Verslag van die Departe- ment vanArbeid en Volkswelsyn virdiejaar geeindig Desember 1936 .. . , pp. 35 - 37; AT.

Winckler, Volkswelsynbeleid: .. . , pp. 44- 45.

(17)

finansiele diens aan swart boere. In landbouskole is die jong swart mans opgelei in die westerse landboutegnieke en toegang tot basiese opvoeding.

63

Onder toesig van die Departemente van Arbeid en Verdediging 1s ' n Spesiale Diensbataljon in die vroeg-dertigerjare georganiseer. Werklose jong seuns en mans is vir 'n tydperk van ses maande of vir 'n jaar in diens geneem en opgelei . Dissipline en 'n algemene verbetering van die moreel van die betrokkenes is beklemtoon.

64

Een van die skemas wat die Departement van Arbeid in 1933 geloods het, was die Rehabilitasieskema vir Bywoners, Plaasopsigters en Plaasassistente. Hiervolgens is gepoog om werkloses by gegoede boere te plaas . Die werkloses sou van behuising en werk voorsien word - as sodanig 'n vorm van bywonerstatus. Die skema is mettertyd uitgebrei om ook behuisingtoelaes aan plaaseienaars te voorsien. ' n Nadeel van die skema was die afhanklikheidsbeginsel wat daarmee geskep is. Gevolglik is die skema in 1938 laat vaar.

65

' n Verdere stap in die rigting van rehabilitasie was die Kerk-Staat-Skema wat ook in 1933 ingestel is. Hierdie skema was 'n verbintenis tussen die NG Kerk en die Departement van Arbeid. Die skema is in die Kaapprovinsie, Transvaal en Oranje-Vrystaat bedryf. In wese het dit bestaan uit 13 plaaslike Armesorgkomitees wat veral daarvoor verant- woordelik was om opnames te maak van werkloses en kleiner maatskaplike dienste te verrig, werkverskaffingsmoontlikhede te ondersoek en liefdadigheidswerk te koordineer.

66

63

64

65

66

In 1933 was die volgende skole onder die beheer van die Departement van Naturellesake: Tsolo Skool, Teko Skool, FlagstaffSkool en die Mbuto , Nzulweni en Butterworth plase, asook die Cala Landbou Depot. H . Rogers, Native administration in the Union of South Africa being a briefsurvey ofthe .. . , pp. 17- 19, 68-71.

A.T. Winckler, Volkswelsynbeleid: .. . , p. 46.

Unie van Suid-Afrika, Departement van Arbeid en Volkswelsyn. Verslag van die Departement van Arbeid en Volkswelsyn vir diejaar gei!indig Desember 1936 .. . , p. 8; A.T. Winckler, Volkswelsynbeleid: .. . , pp . 48- 49 .

E .G . Malherbe, (Ed.), Handbook on education and social work in South Africa, p. 32; A.J.

Auret , Enkele aspekte in die ontwikkeling van professionele maatskaplike werk in Suid-

Afrika, pp . 22 - 23 .

(18)

Hoofstuk Vier Bladsy 59

4.3.4 'n Departement van Volkswelsyn kry beslag

Vir die Owerheid was die Armblankevraagstuk hoofsaaklik 'n werkloosheidsprobleem . Die standpunt van die Owerheid kom duidelik na vore in die Verenigde Party se program van beginsels wat einde 1934 opgestel is.

67

Die eerste daadwerklike stap ter uitreiking na die aanbevelings van die Camegieverslag, was tydens die Volkskongres oor die Armblankevraagstuk gehou tussen 2 en 5 Oktober 1934 te Kimberley onder leiding van die NG Kerk.

68

'n Persoon wat in daardie stadium groot invloed op die V olkskongres en die rigting van nasionale welsynswerk in die algemeen bepaal het, was professor H.F. Verwoerd . As Departementshoof van Sosiologie en Maatskaplike W erk aan die Universiteit van Stellenbosch was hy die dryfveer en inspirasie tot die veranderende visie van die Owerheid rakende welsynsdiens.

69

Tydens die Kongres is aanbeveel dat groter aandag aan maatskaplike werkers en welsyns- organisasies gegee moes word, terwyl die voortgesette opleiding van maatskaplike werkers ten sterkste ondersteun is?

0

Behuising, gesondheidsdienste, ontspannings- geriewe, onderwys, werkgeleenthede vir mans en vrouens, sowel as die verdere verbetering van die landbou is aanbeveel.

71

Kongresgangers het ' n Voortsettingskomitee benoem om met die Owerheid gesprek te voer oor hulle aanbevelings rakende welsynsaangeleenthede, en die versoek dat 'n Departement van Sosiale Welvaart gestig word. Na 'n besoek deur 'n afvaardiging van die Voortsettingskomitee

72

aan die Eerste Minister, generaal J.B.M . Hertzog, het die

67

68

69

70

71

72

F.A. van Jaarsveld, 100 basiese dokumente . . . , p. 232.

Die Volkskongres van 1934 is in 1939 gevolg deur die Eerste Ekonomiese Volkskongres. W.

Keizer, Die ekonomiese opkoms van die Afrikaner, 1939-1965, p. 18.

E . The ron, H.F. Venvoerd as welsynsbeplanner, 1932-1936, pp. 11 en 82.

P . du Toit (Samesteller), Verslag van die Volkskongres oordieArmblankevraagstuk .. . , pp.

292- 293; E. Theron, H.F. Verwoerd as

wel~ynsbeplanner,

1932-1936, pp. 106- 112.

Unie van Suid-Afrika, Departement van Arbeid en Volkswelsyn. Verslag van dieDepartement van Arbeid en Volkswelsyn vir die jaar gei!indig Desember 19 3 6 . . . , p. 3 8; P. du T oit (Samesteller), Verslag van die Volkskongres oordieArmblankevraagstuk . . . , pp. 239-317.

Die afvaardiging van die Voortsettingskomittee het uit 5 lede bestaan, naamlik Mevv. M. E.

Rathmann, A. Geyer, Z. Steyn, mnr. M.J. Adams en prof H.F. Verwoerd. E. Theron, HF.

Verwoerd as welsynsbeplanner, 1932- 1936, p. 106.

(19)

eerste Minister verkies dat 'n afdeling vir Volkswelsyn binne die Departement van Arbeid tot stand kom. Die Departement se naam is amptelik verander na die Departement van Arbeid en Volkswelsyn.

73

Alhoewel nie in die vonn van bepaalde maatskaplike hulpverleningskemas nie was die Departement van Onderwys ten nouste betrokke by die bevordering van maatskaplike welsynsdienste in Suid-Afrika. In 1936 is 'n Nasionale Konferensie oor Maatskaplike Werk deur die Buro vir Opvoedktmdige en Maatskaplike Navorsing van die Departement van Onderwys georganiseer. Afgevaardigdes by die Konferensie het verder besluit om die Owerheid te versoek om V olkswelsyn, Gesondheid en Onderwys as subdepartemente onder een Ministerie te plaas.

74

Tydens genoemde Konferensie is daar verwys na die probleme binne swart gemeenskappe.

75

'n Oproep is op die welsynsorganisasies en ander instansiesteenwoor- dig gedoen om hierdie gemeenskappe ook maatskaplik te versorg. T ereg is daarop gewys dat dit hoofsaaklik die sendinggemeenskappe in Suid-Afrika is wat na die welsyn van die swartmense omgesien het. Meer as 50 sendingorganisasies was in die jare in Suid-Afrika bedtywig.

76

Verskeie sprekers het gewys op die rol wat die Owerheid kan vervul of reeds doen ten opsigte van maatskaplike en welsynsdiens.

77

Uit voorafgaande aksies van die verskeie Owerheidsdepartemente en partikuliere welsynsorganisasies was dit duidelik dat die behoefte aan 'n afsonderlike Departement vir V olkswelsyn nie Ianger uitgestel kon word nie. Die Owerheid het daarop ingestem om vanaf 1 Oktober 193 7 ' n Departement van Volkswelsyn in die lewe te roep. Daarmee het

73

74

75

76

77

F.A. van Jaarsveld, 100 basiese dokumellte ... , p. 232; M.C. Potgieter, Maatskaplike sorg ill Suid-Afrika: .. . , pp. 35- 36.

F. Brummer, (Ed.), Report of the Natiollal Collferellce

Oil

social work, 1936. Held ill Jo- hallllesburg , 30th September to 3rd October 1936, pp. 1, 399.

F. Brummer, (Ed.), Report £?{the Natiollal Collferellce

Oil

social work, 1936 . .. , p. 13.

L. Thompson, A history of South Afrika, p. 172; F. Brummer, (Ed.), Report of the Natiollal Colljerellce

Oil

Social work, 1936 .. . , p. 13.

F. Brummer, (Ed.), Report of the Natiollal Coll.ference

Oil

social work, 1936 .. . , pp . 16 -

17; AT. Winckler, Volkswelsyllbeleid: .. . , p.44.

(20)

Hoofstuk Vier Bladsy 61

die Owerheid erkenning gegee aan die noodsaaklikheid van 'n georganiseerde maatskaplike welsynsdiens.

78

Die nuwe Departement het alle welsynsfunksies van die Departement van Arbeid en V olkswelsyn oorgeneem. W elsynsdienste wat deur ander Owerheidinstansies of Owerheidsdepartemente ondemeem is, is ook aan die Departement van V olkswelsyn oorgedra. Die Departement sou terselfdertyd 'n verskeidenheid take he. Die aard en oorsake van maatskaplike wanaanpassings van individue en gesinne moes aandag geniet en die beraming van maatreels om hierdie toestande te bestry, is beplan. Daar is van die beginsel uitgegaan dat die Owerheid en partikuliere welsynsorganisasies gesamentlik die maatskaplike welsyn van die land moet behartig. Verder is die nodigheid gedebatteer aangaande die plasing van welsynswerk op 'n wetenskaplike grondslag.

79

W elsynsdiens is veral aan die blankes gel ewer.

80

Die Departement van V olkswelsyn was wei gemoeid met al die gemeenskappe in Suid- Afrika se behoeftes. Daarby het die Departement saamgewerk met partikuliere welsynsorganisasies wat onder alle groepe werksaam was. 'n Kleurlingadviesraad is aangestel om die behoeftes van die Kleurling in die Unie te ondersoek en aanbevelings aan die Owerheid te doen.

81

4.3.5 W erksaamhede van die Departement van Volkswelsyn 4.3.5.1 Departementele organisasie

Die eerste aanbeveling van die nuutgestigte Departement van Volkswelsyn aan die Owerheid, was die daarstelling van 'n landwye netwerk van streekkantore. Dit was die plan om hierdie streekskantore te bestuur deur hoofwelsynsbeamptes, bygestaan deur opgeleide maatskaplike werkers. Die Departement het 'n verdere sterk velddiens beoog

78

79

80

81

E . Theron en A.A. Stulting, Maatskaplike dienste in Suid-Afrika, pp. 26 - 27; A .J. Auret, Enkele aspekte van maatskaplike werk as professie in Suid-Afrika, p. 27.

Unie van Suid-Afrika, Departement van Volkswelsyn. Jaarverslag van die Departement van Volkswelsyn vir die tydperk 1 Oktober 1937 tot 31 Maart 1949(UG 3611950), p. 5.

Gedurende die sestigerjare is 'n a parte Departement vir swart gemeenskappe gevestig. Welsyns- dienste ten opsigte van die Kleurling, Indier, ens. is na bulle verskuif Kyk Hoofstuk Vyf. A.J Auret, Enkele aspekte van maatskaplike werk as professie in Suid-Afrika, p. 27.

Union of South Africa. Report of the South African National Conference on the post-war

planning of social welfare work 25th to 29th September, p. 11 .

(21)

wat sou aansluit by die partikuliere welsynsorganisasies wat versprei was oor die hele land. Die Owerheid het, waarskynlik weens die finansiele implikasies daaraan verbonde, die voorstelle nie ten volle kon ondersteun nie. 'n Beperkte velddiens is ingestel bestaande uit 24 proefbeamptes, 14 tydelike welsynsbeamptes en 5 vroulike welsynsbeamptes.

W elsynsbeamptes van die bosbounedersettings het steeds onder die Departement van Bosbou geval.

82

Op sigselfwas dit vir die Departement van Welsyn problematies. 'n Vae beskrywing van sy departementele werksaamhede het dikwels gelei tot 'n besluiteloosheid van wat die ander departement moes doen ofnie doen nie ten opsigte van welsynsdiens.

Bestaande skemas van ander departemente is bestudeer en besluit of dit binne die raamwerk Departement Volkswelsyn sou pas aldan nie.

83

Mettertyd dus het die Departement van Volkswelsyn welsynsdienste van die toenmalige Departemente van Arbeid en Volkswelsyn, Unie-Onderwys, Landbou en Bosbou, Mynwese en Binnelandse Sake oorgeneem. Die subsidiering van verskeie privaatdienste is ook deur die Departement behartig. Onder meer is die Nasionale Rade vir Blindes, Dowes en Kindersorg gesubsideer. Spoedig is ander skemas ook finansieel gehelp.

84

Tabel Nr. 4 verteenwoordig skemas gesubsideer deur die Departement van Volkswelsyn.

85

82

83

84

85

~---,

Tabe/Nr. 4

Van die skemas gesubsidieer deur die Departement van Volkswelsyn

• Nasionale Rade vir Blindes, Dowes en Kindersorg Tehuise vir laagbesoldigdes

Vyf huishoudskole

Werkklasse vir behoeftige vroue

• Gemeenskapsentrums

• Bewaarskole

Seuns- en dogtersklubs

'n Beskutte arbeidsondememing vir epilepsie Twee gestigte vir dranksugtiges

Maatskaplike werkers

Maatskaplike Dienstevereniging

Repatriasie van Afrikaanse gesinne uit Argentinie Voortsettingskomitee van die Volkskongres.

Unie van Suid-Afrika, Departement van Volkswelsyn. Jaarverslag van die Departement van Volkswelsyn vir die tydperk 1 Oktober 1937 tot 31 Maart 1949 (UG 36 1 1950), p. 9; A T.

Winckler, Volkswelsynbeleid: .. . , pp. 76 - 77.

U nion of South Africa. Report of the South African N ational Conf erence on post-war plan- ning ... , p. 9.

AT. Winckler, Volkswels ynbeleid: .. . , p. 83.

Tabel Nr. 4 is opgestel uit ' n verskeidenheid van regeringsverslae. Sien bronnelys vir volledige

lys van regeringsverslae gebruik in hierdie studie.

(22)

Hoofstuk Vier Bladsy 63

Tydens die N asionale Konferensie van 1944, gereel deur die Departement van V olkswelsyn, is daarop gewys dat die Departement konstant besig was om sy welsynsdienste uit te brei. Melding is gemaak van 'n Direkteur van Voeding wat ingestel is asook ' n Nasionale Skoolvoedingsdiens. Die rehabilitasie van tentggekeurde soldate en hulpverlening aan soldate en hulle gesinne het gedurende die Tweede Wereldoorlog ook deel van die werksaamhede van die Departement van Volkswelsyn geword.

86

Die meeste maatskaplike wetgewing wat tydens en na die Oorlog aangeneem is, het te make met oorlogverwante sake.

V oorts was die Departement van V olkswelsyn se samewerking met die vier Provinsiale Administrasies van die uiterste be lang. Transvaal, die Oranje-Vrystaat en die Kaap het in 1940 reeds van hulle aktiwiteite aan die Departement oorgedra, terwyl Natal besluit het om verantwoordelikheid vir sy dienste te behou.

87

Die oordrag was gemik op die inskakeling van alle welsynsdienste by 'n eenvormige beleid.

88

Bogenoemde oordrag het nie beteken die plaaslike Owerhede het nie meer 'n aandeel in welsynsdienste gehad nie. Die Departement het in die plaaslike Owerhede 'n belangrike vennoot gesien. Daar is ook in 1944 die hoop uitgespreek dat meer munisipaliteite 'n departement van munisipale welsyn sou stig soos Johannesburg en Kaapstad. 'n Verdere uitvloeisel sou uiteindelik wees Welsynadviesrade wat plaaslike welsynsake sou beheer.

89

Om beheer oor al die welsynsorganisasies uit te oefen, is die Wet op W elsynsorganisasies in 1947 aanvaar. Daarop het die stigtingvan 'n Nasionale Raad vir Welsynsorganisasies gevolg. Die registrasie van welsynsorganisasies en advies oor welsynsaangeleenthede

86

87

88

89

Vir 'n lys van wetgewing, kyk H oofstuk Vier, Tabel Nr. 2 . Union of South Africa. Report of the South African National Conference on post-war planning ... , p. 10.

Natal as oorwegend Engelsprekende provinsie het 'n voorkeur vir federale regering geopenbaar, en wou eerder nie hulle eiesoortige karakter skaad nie. Vergelyk C.F.J. Muller, 500 JaarSuid- Afrikaanse Geskiedenis, 3de uitg awe, p. 381 .

Union of South Africa. Report of the South African National Conference on post-war planning ... , pp. 12- 14.

Union of South Africa. Report of the South African National Conference on post-war

planning ... , pp. 16 - 17.

(23)

was van die Raad se hooftake. Die Nasionale Raad se vemaamste waarde was gelee in sy regstreekse skakelwerk tussen die Minister van Volkswelsyn en partikuliere inisiatief.

90

4.3.5.2 Bantering van prominente maatskaplike vraagstukke van die tyd

Saam met die Departemente van Onderwys en Justisie was die Departement van V o]ks- welsyn verantwoordelik vir die administrasie van die 193 7-Kinderwet. Die grondslag van die wet en die toepassing daarvan deur die departemente, was die beginsel dat die oortreder of noodlydende in die eerste plek 'n kind was. Daar moes in gedagte gehou word dat die kind heel waarskynlik geen of min beheer gehad het oor die omstandighede waarin hy hom bevind.

91

Die oplossing van die probleme rakend kinders het nou verband gehou met die Departe- ment se siening dat inrigtings nie 'n warm huislike atmosfeer kon skep nie, en dat die kind daarom so ver moontlik by sy ouers of familie gelaat moes word. Plasing in 'n inrigting is as 'n laaste opsie uitgeoefen. Indien daar geen ander oplossing was nie, of die spesifieke kind 'njeugmisdadiger was, is hy na 'n plek van veilige bewaring gestuur met die oog op rehabilitasie en terugplasing in die gemeenskap.

92

Die Departement het teen einde 1948 ' n totaal van 20 gesertifiseerde kindertehuise onder sy toesig gehad. Amptelike erkenning van hierdie tehuise het reeds sedert 1920 bestaan.

Gespesialiseerde mediese, tandheelkundige en psigiatriese dienste vorm deel van die dienste in hierdie tehuise. 93

Om om te sien na die behoeftes van klein kinders wie se ouers bedags werk, is daar dwarsdeur die hele land creches gestig. V eral met die toenemende rol van die vrou in die

90

91

92

93

Republiek van Suid-Afrika. Departement van Volkswelsyn enPensioene. Welsynsorganisasies in Suid-Afrika. Nr. 1 van 1976. p.6; M .C. Potgieter, Maatskaplike sorg in Suid-Afrika: . . . , p. 38; F. Brummer, Die verhouding tussen die staat en die partikuliere inisiatiefin die professionele maatskaplike werk, p. 14.

Unie van Suid-Afrika. Departement van Volkswelsyn. Jaarverslag van die Departement van Volkswelsyn vir die tydperk 1 Oktober 1937 tot 31 Maart 1949 (UG 36 11950), p. 10.

Unie van Suid-Afrika. Departement van Volkswelsyn. Jaan,erslag van die Departement van Volkswelsyn vir die tydperk 1 Oktober 1937 tot 31 Maart 1949 (UG 36/1950), pp. 10-11, 54.

Unie van Suid-Mrika. Departement van Volkswelsyn. Jaarverslag van die Departement van

Volkswelsyn vir die tydperk 1 Oktober 1937 tot 31 Maart 1949 (UG 36 11950) , p. 46.

(24)

Hoofstuk Vier Bladsy 65

werkplek, was hierdie bewaarplekke van groot nut. Sedert 1938 het die Departement van V olkswelsyn 'n subsidieskema vir sulke inrigtings bedryf.

94

Tot en met 1948 het die versorging van oues van dae nog nie baie aandag gekiy nie. Die hoop was wei om hierdie noodsaaklike diens uit te brei. Die Departement het reeds die weg daarvoor voorberei deur in 1945 'n verslag aan die Interprovinsiale Raadplegende Komitee te oorhandig. Hierin is aanbeveel dat spesifiek aandag gegee word aan verswakte bejaardes, die met chroniese siektes en die wat emstig vervalle was . Subsidies is ook betaal aan private ouetehuise.

95

Verskeie tehuise vir bejaardes en liggaamlik ongeskikte persone is ook deur die Departe- ment van Volkswelsyn gesubsidieer. V oorbeelde hiervan is die blanke nedersettings te Sonop naby Brits, Karatara en Ganspan in die Kaap. Die De Novo-nedersetting het voorsiening gemaak vir Kleurlinge, terwyl die Elandsdoom-nedersetting ingerig was vir swartmense.

96

Om in die behoeftes van werklose persone of onopgeleide persone te voldoen het die Departement van V olkswelsyn ook subsidies betaal aan huishoudskole en werksentrums vir behoeftige vroue. Werkkolonies is beoog om mense wat nie deur selfdissipline tot selfwerksaamheid bygedra het nie, te leer om deur vlyt en ywer vir hulleself en hulle gesinne te sorg.

97

Deur die verskaffing van subsidies en die aanmoedig van die uitbreiding van dienste het daar ook 'n none band tussen die Departement en private welsynsorganisasies ontstaan wat in later jare uitgebrei is.

94

95

96

97

Unie van Suid-Afrika. Departement van Volkswelsyn. Jaarverslag van die Departement van Volkswelsyn vir die tydperk 1 Oktober 1937 tot 31 Maart 1949 (UG 3611950), p. 47.

Unie van Suid-Afrika. Departement van Volkswelsyn. Jaarverslag van die Departement van Volkswelsyn vir die tydperk 1 Oktober 1937 tot 31 Maart 1949 (UG 3611950), pp. 99- 100.

Unie van Suid-Afrika. Departement van Vo1kswelsyn. Jaarverslag van die Departement van Volkswelsyn virdietydperk 1 Oktober 1937tot 31 Maart 1949 (UG 3611950), pp . 100- 102;

Sien Hoofstuk Vyf afdeling 5.2 .1.3 .

Unie van Suid-Afrika. Departement van Volkswelsyn. Jaarverslagvan die Departement van

Volkswelsyn vir die tydperk 1 Oktober 1937 tot 31 Maart 1949 (UG 36 11950), p. 107.

(25)

4.4 DIE STAND VAN MAATSKAPLIKE WELSYNSDIENS DEUR DIE OWERHEID TEEN 1948

Teen 1948, 38 jaar sedert Uniewording, het die Owerheid reeds 'n gevorderde stadium bereik in die aanvaarding van verantwoordelikheid vir maatskaplike welsynsdiens.

Noodlydendes onder alle gemeenskappe is in ag geneem. Dit lei egter geen twyfel nie dat die blanke minderheid in die proses die grootste voordeel uit hulpverlening geput het. Uit die aard van die Owerheid se ideologiese verbondenheid en besorgdheid, is dit dan ook geensins vreemd nie, maar tog jammer. In wese is slegs 'n beperkte "oppervlakte" van die land se welsynsbehoeftes "behandel", terwyl die grater area (die meerderheid) afgeskeep is met 'n totaal ontoereikende welsynsgebaar- enkele dienste as "vergunning".

Die posisie van die onderskeie gemeenskappe het na Mei 1948 drama ties verander. N a

die bewindoomame van die Nasionale Party het die apartheidsbe1eid en daarmee saam 'n

verdere verdeling van maatskaplike welsynsdienste onder ander, en nuwe, departemente

in werking getree. HoofstukVyf beskou die Owerheidsrol gedurende die era van

Apartheid.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

De volgende vier manieren worden voorgesteld (waarbij de computer steeds van links naar rechts werkt, zo dat er alleen maar gehele

[r]

[r]

Door de fracties in de raad wordt hiervoor als lid voorgedragen de heer P.ľ.H.. ten Haaf en als plaatsvervangend lid de

Hierbij per vergeten of verkeerd getekend figuurtje een punt in

Op 1 januari 1994 fuseerde de Gelderse Maatschappij van Landbouw met de Zuidelijke Landbouw Maatschappij (ZLM) en het Utrechts Landbouw Genootschap (ULG) in de nieuwe

Enige tijd geleden zond ik u een vragenlijst, met het verzoek mee te willen werken aan een onderzoek van projectbureau Zeeweringen naar de tevredenheid over onze communicatie rondom

• In het contract is in artikel 61.2.4 lid 7 (mitigerende maatregelen) aangegeven dat het buitentalud en de kruin voor 1 maart gemaaid dient te worden en vervolgens kort moet