• No results found

Jolles ihrer ihrer

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Jolles ihrer ihrer"

Copied!
176
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

214 HOOFTUK 5

VERHAALTEORIE IN DIE DUITSE LITERATUURWETENKSAP IN DIE TWINTIGSTE EEU

••• die Literaturwissenschaft versucht eine ~iterarische Erscheinung ihrer Schonheit, ihrem Sinn und ihrer Gesta~t nach zu deuten.

(2)

5.1 Andr~ Jolles 5.1.1 Inleiding

Einfache Formen, die klassieke werk van Andr~ Jolles, verskyn in 1929, dus in dieselfde periode as Propp se Morphology of the folktale. Albei hierdie werke beskryf hulself as morfologies van aard, en albei is duide= lik produkte van die eerste roeringe van die strukturalisme. Propp het in dieselfde periode as die Russiese Formaliste sy navorsing gedoen, en waar die invloed van die Duitse filosowe op die Formalisme bekend is, is dit net logies dat Jolles aan dieselfde algemene filosofiese benadering blootgestel was (Beekman, 1983:329).

Daar is egter diepgaande verskille tussen hierdie twee werke. Propp bestudeer die morfologie van •n bepaalde groep sprokies deur een element van die verhalende struktuur, naamlik die funksie, as uitgangspunt te neem. Hy ontleed die struktuur van hierdie groep sprokies deur te kyk na die soort funksies, hoe die funksies die handelende persone in die sprokies in groepe teenoor mekaar stel en hoe die funksies op mekaar volg in die sprokies.

Jolles gaan heel anders te werk. Hy ondersoek sekere "taalstrukture", wat hy "eenvoudige vorme" noem. Hy (1956:8) huldig die opvatting dat hierdie eenvoudige vorme sich ••• sozusagen ohne Zutun eines Dichters in der Sprache selbst ereignen, aus der Sprache selbst erarbeiten, en hy onderskei nege eenvoudige vorme, naamlik die legende, die sage, die mite, die raaisel, die spreuk, die Kasus, die Memorabile, die sprokie en die grap. Hy ondersoek dan voorbeelde van elke vorm om uit te vind hoe so •n "vorm" tot stand kom en watter eienskappe die "vorm" vertoon. Hy werk dus nie met konkrete tekselemente (of elemente van •n mondelinge vertelling) of tekssegmente nie, maar met die betekeniseenhede wat in die eenvoudige vorm onderskei kan word. •n Mens kan dus beweer dat hy nie net na die formele oppervlakkige kenmerke van die eenvoudige vorme kyk nie, maar dat hy hierdie vorme karakteriseer op grond van diepte= strukture wat hy aan die geestesaktiwiteite en geestesbehoeftes van die gemeenskap koppel.

(3)

216

In •n vroeere bundel opstelle, Beziel ing en Vorm ( 1923), verwys Jolles reeds terloops na die idee van "eenvoudige vorme", maar in Einfache Formen gee hy •n uitvoerige uiteensetting van sy teorie.

5.1.2 Uitgangspunte

Jolles (1956:2-5) verklaar duidelik dat hy in Einfache Formen •n morfo= logiese ontleding wil doen. Waar die agtiende-eeuse literatuurstudie primer met die estetiese eienskappe van die literere werk gemoeid was en die negentiende eeu die tyd van die positivisme en die beklemtoning van die genialiteit van die kunstenaar was, bring die twintigste eeu volgens Jolles (1956:5) die morfologie as benaderingswyse. Waar die estetiese en betekenis georienteerde benadering die voitooide literere werk as ob= jek neem, wii Jolies as't ware die pad vanaf taal tot kunswerk bestudeer. Wanneer, waar en hoe is taal nie meer net "teken" nie, maar ook geskape

(herskape) beeld of betekenisvoile gestalte: Formbestimmung, Gestaitdeutung heisst fur diese Richtung die Aufgabe (Jolies, 1956:5).

Dit wat Jolles die eenvoudige vorme noem, onderskei hy van kunsvorme en ook van spesifieke manifestasies van die eenvoudige vorme. By die ont= staan van die eenvoudige vorme is daar ~ taalverskynsel aan die werk wat nie afhanklik van een persoon of •n gemeenskap of •n voik is nie. Dit is iets wat in aile gemeenskappe, onder aile groepe mense voorkom en dus iets universeel mensiiks is. Dit is ~proses wat bo en buite die individu piaasvind, maar wat die mens (via die taal) as medium gebruik. Sekere geestesaktiwiteite van die mens in sy gemeenskap vind in bepaalde konstruk= sies van woorde konkrete gestalte. So •n taalhandeling (konkrete sprach1iche Gefuge) bevat 'n kern of kiemsel wat later in •n kunsvorm kan ontwikkel. Hierdie konkrete taalsamestelling is iets onveranderiiks, wat op verskil= lende plekke en tye en in verskillende kulture verskillende uiterlike vorme kan aanneem, maar wat in wese altyd aan dieselfde kern herkenbaar bly.

Jolles (1956:9) verduidelik hierdie begrippe deur die taal as~ menslike werksaamheid te beskou. Hy glo dat aile menslike werksaamheid drie fasette vertoon, wat hy met die beelde van boer, handwerker en priester

(4)

voorstel. Die taalaktiwiteit vertoon ook hierdie drie fasette wat as ordening of bewerking, skepping of herskepping en aanwysing of betekenis= uitlegging beskryf kan word.

Die boer bewerk die natuur wat as 'n ongeordende, ruwe gegewe ordening vereis. Die handwerker of kunstenaar verwerk en herskep die produk wat die boer aan die natuur ontworstel het, tot iets kunstigs. Maar elke handeling het betekenis en is sinvol en die priesterarbeid is daardie

akti~liteit wat die betekenis uitlig 1en aandui. Erzeugen, Schaffen, ~ sind die Tatigkeiten, die eine Gemeinschaft zu einer Arbeitsgemeinschaft

zusammenschweissen (Jolles, 1956:9).

Waar hierdie werksaamheid in die taal plaasvind, geskied dit op tweerlei wyse: Erstens wird alles Erzeugte, Geschaffene, Gedeutete von der Sprache benannt. Zweitens aber - und hier greifen wir tiefer - ist Sprache selbst ein Erzeugendes, Schaffendes, Deutendes, etwas, worin sich Anordnung, Umordnung, Verordnung eigenst ereignen (Jolles, 1956:13).

Alles wat die mens sien en herken en oordink, word taal, maar in die proses word die taal self iets wat bewerkend, verwerkend en sinduidend inwerk. Und dann sehen wir zugleich, wie durch die Sprache oder durch die Literatur etwas ergriffen, verandert und erneuert wird, was ••• in der Natur gegeben war (Jolles, 1956:14).

Soos wat die eerste steen van 'n bouwerk in beginsel die uiteindelike aard van die bouwerk bepaal, so bepaal die basiese taalhandeling die taalvorme wat daaruit ontwikkel. Die taalhandeling (Sprachgebarde) ontstaan uit 'n geestesaktiwiteit (Geistesbeschaftigung-) wat in die gemeenskap as iets natuurliks vanself na vore tree. In die inleiding by die Duitse uitgawe van die Decamerone beskryf Jolles (1956:vii) die Geistesbeschaftigung as den Geist, der sich ihres Innersten bemachtigte, von dem sie fortan beses= sen waren. Dieser Geist war so unabhangig von ihren bisherigen Uberzeugung= en, so selbstandig in seinem Auftreten und Handeln, dass es vollkommen gleichgUltig war, ob sie ihn vorher gekannt, ja sein Vorhandensein geahnt hatten.

(5)

218

•n Bepaalde geestesaktiwiteit kom tot konkrete gestalte in •n taalkonstruksie, •n taalhandeling (Sprachgebcrrde) wat bepaalde kenmerke vertoon: In der Tat, eine einzetne Gebarde der Sprache ist das, was wir bis jetzt das in Begriffe gefasste Geschehen die getadene Einheiten genannt haben (Jolles, 1956:35). Bymekaarhorende en ooreenstemmende elemente bevind hulself uiteindelik saam= gevoeg in •n bepaalde kenmerkende vorm, waarin verskillende onderdele byrne= kaar aansluit, met mekaar verenig en saam groei tot ~ "menigvuldigheid" wat as Gestalt selfstandig bestaan en eigene Guttigkeit, eigene Bundigkeit besitzt (Jolles, 1956:18).

Wo nun die Sprache bei der Bitdung einer sotchen Form betei1igt is~, wo sie anordnend, umordend in eine so1che Form eingreift, sie von sich aus noch einmat gestattet - da konnen wir von titerarischen Formen sprechen (Jolles, 1956:18). Jolles onderskei dus tussen die algemene eenvoudige vorm, die verwerkliking van die eenvoudige vorm in •n bepaalde legende, mite, sage of sprokie en die doelbewuste artistieke gebruik van die een= voudige vorm in •n 1 iterere kunswerk.

Jolles (1956:XII) ondersoek drie vraagstukke met betrekking tot die een= voudige vorme:

(a) Watter betekenis het die taalhandeling in verhouding tot die eenvoudige vorm?

(b) In hoe ~ mate is die realisering van die eenvoudige vorme van die taalhandelinge afhanklik en in hoe 'n mate kom die taalhan= deling in die ontwikkeling van die eenvoudige vorm tot kunsvorm voor?

(c) Wat is die verskille en ooreenkomste tussen verskillende tale in die totstandkoming van die taalhandelinge en die ontwikkeling van die eenvoudige vorme en kunsvorme?

Wanneer Jolles die nege verskillende eenvoudige vorme ontleed, gaan hy telkens na uit watter Geistesbeschcrftigung die vorm groei, watter Sprach=

(6)

gebarde daarin •n rol speel, hoe die gerealiseerde eenvoudige vorme daar uitsien en ook hoe die kunsvorme daar uitsien.

5.1.3 Legende

Ek gaan Jolles se bespreking van die legende as eenvoudige vorm as voor= beeld gebruik.

Jolles beskou die tradisionele legende as •n afgeslote genre van die ou kulture, hoewel dieselfde Geistesbeschaftigung in die vroee twintigste eeu tot uiting kom in die idealisering van sporthelde (of later in die twintigste eeu van filmsterre, popsterre en supersterre!). Hy kies die Middeleeuse Christelike legende om van nader te beskou en stel dit duidelik dat hy die legendes lees soos wat •n Middeleeuse mens sou- di t wi 1 se as= of na tyd en ruimte binne die spesifieke religieuse en kulturele denkwyse waarin die geldigheid en ewigheidsbetekenis van die legende onbevraag= tekenend aanvaar is. (En as dft darem nie van bewustheid van en sensi= tiwiteit vir die resepsie van die werke getuig nie ••• !)

5.1.3.1 Heilig en heiliqheid

Die Christelike legendes van die Middeleeue sentreer random die begrippe heilig, heiligheid en heiligwording, maar dan ook spesifiek soos dit deur die Rooms-Katolieke Kerk uiteengesit en verstaan is. Die heiligverklaring

(kanonisasie) van ~ persoon volg ~ spesifieke kerklike weg wat min of meer soos volg verloop.

!ewers leef •n deugdelike mens wat sy deugdelikheid werklik uitleef. Hier= die daadwerklike deugdelikheid (tatige Tugend) moet iets besonders wees en moet tot wonderwerke aanleiding gee. Die plaaslike biskop kan 50 jaar na die dood van so •n persoon aansoek doen vir sy/haar heiligverklaring. Daar word eers op plaaslike vlak, later deur kardinale en uiteindelik deur die Pous ondersoek ingestel en uitsluitsel gegee oor die heiligheid van die persoon. In die ondersoek moet daar voldoende getuienis gelewer kan word oor die deugdelikheid en wonders van die persoon, want die wonder= werke is die bevestiging van die deug. Op hierdie stadium bestaan die

(7)

220

moontlikheid van beatifikasie reeds, maar kanonisasie kan eers plaasvind as daar bewys gelewer kan word dat daar ook postume wonders plaasgevind het. Hierdie postume wonders moet plaasvind deur of random dinge wat aan die persoon, die perfekte dienskneg van God, behoort het. Sulke voorwerpe word relikwiee genoem, en die relikwiee is uiteindelik nie slegs simbole van die heiligheid van die persoon nie, maar word self heilig en besit eie mag. Deur die postume wonders is dan bewys dat die deugdelik= heid objektief en selfstandig geword het en in wonderwerke vergestalt is: Die tatige Tugend hat sich vergegenstand~icht (Jolles, 1956:25).

Wanneer die kanonisasie plaasgevind het, keer die deug terug na d~e heilige persoon as 'n mag wat die servus Dei in diens van God kan gebruik. Die aanvanklike wonders moet die deugdelikheid bevestig, die postume wonders bewys die bevoegdheid tot heiligverklaring, maar na die heiligverklaring word die wonders teken van die mag van die heilige,wat vir die mens kan intree en aangeroep word met die bede dat 'n wonder verrig word.

5.1.3.2 Imitatio as geestesaktiwiteit

Die vraag ontstaan waarom mense ander mense heilig wil verklaar, sander dat die betrokke "heilige" self daarvan weet of daaraan deel het. Volgens Jolles (1956:27-30} is die heiliges vir die gemeenskap en weens die gemeen= skap daar - in beperkte kring, vir die ecc~esia universaiis en in die Hiernamaals. Vir die gemeenskap verpersoonlik die heilige alles wat goed is, en die Geistesbeschaftigung wat in die gemeenskar bestaan, is JUlS die behoefte aan iemand wat die ideale leefwyse gevolg het, iemand wat die weg aanwys en self die weg is. 1)

Die begrippe imitation (nastrewe}, imago (afbeelding) en immutare (sigseJf verander, iets anders word) kenmerk hierdie geestesaktiwiteit. Die heilige word dit wat die mense nastreef, hulle leef in imitatio van wat heilig is, die heilige is die navolgingswaardige (imitabiie) wat as voorbeeld dien vir dit wat die gewone mens nastreef en waarin hy sigself wil verander ( immutare).

(8)

Die verhaal van die !ewe van '11 heilige is •n legende wat genoem word •n heiligelewe of vita. Rondom die heilige en die relikwiee ontstaan die legende, dit wil s@ daar is '11 persoon, die saak en die taaluiting. In die taaluiting word die !ewe en wondere van die heilige nogeens voltrek, maar dit raak algaande verder verwyder van die persoon. Die legende ~ord self 'n imitabite deurdat die deugdelikheid en die navolgingswaardigheid daarin selfstandigheid verkry as •n objektiewe verwerkliking. Die histo= risiteit van die inhoud van die legende word deurbreek, en die deugdelik= held en wonderwerke as sodanig word nagestreef.

Wanneer verskillende heiligelewens ondersoek word, is daar sekere elemente wat in die meeste legendes ooreenstem. Daar is altyd vervolging en marteling (gewoonlik op ein Rad mit scharfen Ktingen), die Christenstryder moet 'n versoeking van afgode of afgodsbeelde deurstaan, hy bled weerstand, hy spreek die afgodsbeelde aan en onderwerp hulle sodat hulle uitmekaar bars. Wanneer hy die vervolging en stryd oorleef en oorwin, praat •n stem uit die heme! met hom en 'n witgeklede hemelse gestalte reik hom die hand. Sulke gebeurtenisse is sonder twyfel meerduidig en dit lei daartoe dat die taalkonstruksie wat daaraan uiting gee, nie net na die saak heenwys nie, maar self •n betekenisvolle saak word: Ein ptotztiches zusammenkommen und ein voUkommenes Ineinanderaufgehen von Meinen und Bedeuten findet statt (Jolles, 1956:35). Jolles noem hierdie gelade eenhede soos wat hulle in die taalteks gebruik word Sprachgebarde. Hoewel hy dit duidelik stel dat daar geen noodwendige chronologiese patroon in die ontstaan van die legende aangedui kan word nie (byvoorbeeld, eers geestesaktiwiteit, dan taaluiting of andersom), speel die Sprachgebarde tog •n kardinale rol

in die ontstaan en bestaan van die eenvoudige vorme: wo also unter Herr= schaft einer Geistesbeschaftigung die Vielheit und Mannigfaltigkeit des Seins und des Geschehens sich verdichtet und gestaltet, wo dieses von der Sprache in seinen tetzten, nicht teitbaren Einheiten ergriffen, in sprachlichen Gebilden wiederum Sein und Geschehen zugleich meint und bedeutet, da reden wir von der Entstehung der Einfachen Form (Jolles, 1956:35).

(9)

222

!ewe) van die heilige Georg" is dus die verwerkliking en die konkretisering van die moontlikheid wat in die legende as eenvoudige vorm gegee is. Die legende as eenvoudige vorm is in der waarheid •n abstraksie met bepaalde essensiele onderdele en vormlike eienskappe en dit word telkens gekonkreti= seer in 'n reiHe eenvoudige vonn (AktueUe oder Gegenwartige Einfache Form), byvoorbeeld "die vita van die heilige Georg".

Jolles (1956:38) ondersoek die geskiedenis van die legende van die heilige Georg en vind dat met verloop van tyd nuwe verhale random die persoon van die heilige ontstaan het. Die martelaar word nou •n held wat drake uit= roei en edele jong dames verlos. Hierdie veranderinge en toevoeginge tot die oorspronklike legende is egter bloat •n literike gebeurtenis, •n proses wat slegs in die taal voltrek word. Random die oorspronklike legende versamel dus •n hele groep legendariese vertellinge wat die eienskappe en wondermagte van die heilige uitbou en konkretiseer. Hierdie versameling legendariese begrippe werk nou weer vormend en rigtinggewend in op die ge= meenskap, sodat dit wat uit die gemeenskap voortkom (in •n bep~alde Geistes= beschaftigung) selfstandigheid verkry en weer op die gemeenskap inwerk. Jolles (1956:40) vat dit saam: ALLes dies woLLen wir zusammen noch einmaL Legenrie nennen. Es ist ein sprachLicher, ein Literarischer Vorgang. Benennend, erzeugend, schaffend, deutend biLdet die Sprache unter der Herrschaft einer Geistesbeschajtigung eine GestaLt, die, aus dem Leben hervorgegangen, liberaL in das Leben eingreift. Oral waar die mens met die legendariese attribute van die heilige te doen kry in verhale of af= beeldinge of wat ook al, word die heilige herken as ein imitabiLe, eine Person, die uns konkret zum Bewusstsein bringt, was wir in einem bestimmten Lebensvorgang erfahren mochten und zu tun haben (Jolles, 1956:40).

5.1.3.4 Ander legendes

Jolles (1956:41) kom tot die konklusie dat sekere lewenshoudings en geestes= aktiwiteite wat in •n gemeenskap leef, letterlik "verdig" (tot digterlike vorm lei, maar oak digter, kompakter word) en in~ bepaalde figuur as~ soort van betekeniskompleks saamgetrek word. Dit geld vir die goeie, soos in die heiligelewens, sowel as vir die bose, soos in die Faustfiguur of die Vlieende Hollander.

(10)

Daar bestaan ook baie variasies van die legendes (soos die geval is met aldie eenvoudige vorme), maar inherent behoort die legende tot die wereld van die imitatio. In die oorwinningsliedere van Pindarus, die Griekse en Egiptiese legendes, die kultusgedigte van die Babiloniers, Indiers en Germane en van baie "natuurvolke" vind •n mens steeds ooreenkomste ten op= sigte van aus einer bestimmten Geistesbeschaftigung verdichteten sprachLichen

Gebarden (Jolles, 1956:47).

Dit is ook so dat hierdie geestesaktiwiteit steeds by die twintigste-eeuse mens leef, waar sporthelde (of supersterre) in die mens se behoefte aan •n

imitabiLe voorsien.

5.1.4 Die ander eenvoudige vorme

Jolles (1956) ondersoek die agt ander eenvoudige vorme op dieselfde wyse as die legende. Hy gaan na watter geestesaktiwiteit wat in die werklik= heid bestaan, geabstraheer word tot •n selfstandige verskynsel, wat op sy beurt weer op die gemeenskap inwerk. Hy ondersoek ook die parallelle proses wat in die taal voltrek word, naamlik die geestesaktiwiteit se konkretisering in taalhandelinge (sprachgebarde) wat saamgegroepeer die eenvoudige vorm daarstel, die verwerkliking van die eenvoudige vorm in •n spesifieke gegenwartige einfache Form en hoe die uiteindelike kunsvorm weer vormend op die gemeenskap inwerk.

Soos wat die legende aan die mens se behoefte om die ideate leefwyse te volg, uiting gee, het die sage die realiteit van familiebande, bloedver= wantskap en stamverband as grondliggende geestesaktiwiteit. By die mite gaan dit om die mens se vrae in verband met die wese van di~ dinge wat die wereld en die lewe beheers: die mens vra dat die wereld en verskyn= sels in die wereld aan hom geopenbaar sal word sodat hy dit kan begryp. Hier is sprake van vraag en antwoord, en die mite skakel ook altyd met die religieuse, die onsienlike en die kultiese (Jolles, 1956:80). Die raaisel bestaan ook uit •n vraag en antwoord, maar by die mite word die antwoord gegee en by die raaisel die vraag. Die Geistesbeschaftigung by die raai= sel is ook die "begeerte om te weet", maar dit gaan slegs om wat •n ander reeds weet (Jolles, 1956:106). Die spreuk maak •n bewering, •n samevattende

(11)

224

stelling wat op 'n bondige manier 'n ervaring probeer vasle en afsluit, om= dat 'n ervaring in die werklikheid sander begin of einde is in die ry van menigvuldige ervaringe. Die Kasus vervul in die mens se behoefte om handelinge aan norme te toets. Die Geistesbeschajtigung wat in die Kasus vergestalt word, is die behoefte om 'n bepaalde gebeurtenis of handeling te kan beoordeel, en om die beoordeling te kan maak, word die gebeurtenis of handeling met 'n ander of voorafgaande soortgelyke gebeurtenis of handeling vergelyk. Dit gaan nie primer om reg en verkeerd nie, maar om die verge=

lyking. Die saak word beskou in verhouding tot 'n ander soortgelyke saak wat as norm dien. Die norm (of wet) word een kant op 'n skaal geplaas en ~ handeling op die ander kant, sodat die kwantitatiewe onderskeiding of ooreenkoms duidelik word. Dit gaan nie om die kwalitatiewe inhoud van 'n handeling nie, maar om die vergelyking met 'n maatstaf, byna soos wat 'n regter na vroe@re hofsake verwys in ~ regsuitspraak. ~ Mens kan hierin oak iets van die moderne tydskrif se voorliefde vir gevallestudies sien -die mens neem 'n ander geskiedenis as maatstaf waarmee 'n bepaalde handel ing beoordeel kan word. In die Memorabile word 'n merkwaardige gebeurtenis wat 'n historiese feit is, weergegee. Hier gaan dit om feitelikheid en

geloofwaardigheid (soos in 'n koerantberig?!). Die sprokie gee gestalte aan die mens se sogenaamde naiewe morele en etiese cordele. Die sprokie beskryf hoe die mens graag sou wou sien dat dit in die wereld gaan. Die sprokie bevat wonderbaarlike gebeurtenisse, die goeie word beloon, die bose word gestraf, maar ten diepste berus die bestaan en gewildheid van sprokies da~rop dasses in diesen Erzahlungen so zugeht, wie es unserem Empfinden nach in der Welt Zugehen mUsste (Jolles, 1956:200). Die grap, Jolles se laaste eenvoudige vorm, illustreer baie mooi hoe dieselfde Geistesbeschajtigung by verskillende volke verskillende vorme en inhoude kan aanneem, maar in wese steeds voortspruit uit dieselfde Geistesbeschaf= tigung: ••• dass in der Form Witz, wo immer wir sie jinden, etwas gelost wird, dass der Witz irgendein Gebundenes entbindet (Jolles, 1956:206). By elke vorm kan die Sprachgebarde aangetoon word; elke eenvoudige vorm vertoon 'n gerealiseerde konkrete vorm in spesifieke tekste, en daar kan oak in elke geval •n verwante doelbewus gebruikte kunsvorm onderskei word: Wir verstehen unter Kunstformen solche literarische Formen, die gerade durch personliches Wahlen, durch personliches Eingreijen bedingt sind,

(12)

die eine letztmalige VerendgUltigung in der Sprache voraussetzen, wo sich nicht mehr etwas in der Sprache selbst verdichtet und dichtet, sondern wo in einer nicht wiederholbaren kUnstlerischen Betatigung die hochste BUndigkeit erreicht wird (Jolles, 1956:150). Waar by die eenvoudige vorm van Sichvonselbstmachen sprake is, gaan dit by die kunsvorm om Zubereiten.

Die eenvoudige vorm stel die wereld in sy algemeenheid voor en die kunsvorm

beklemtoon die uniekheid en individualiteit van die spesifieke, die een=

malige. So staan die sprokie teenoor die novelle, die raaisel teenoor

die speurverhaal, die grap teenoor die satire.

Wiederholen wir noch einmal: unter der Herrschaft einer bestimmten Geistes= beschaftigung verdichten sich aus der Mannigfaltigkeit des Seins und des Geschehens gleichartige Erscheinungen; sie werden von der Sprache zusammengewirbelt, zusammengerissen, zusammengepresst und als Gestalt umgriffen; sie liegen in der Sprache vor uns als nicht weiter teilbare, von der Geistesbeschaftigung geschwangerte,mit der Geistesbeschaftigung geladene Einheiten, die wir die Einzelgebarden der Sprache, der KUrze wegen Sprachgebarden, genannt haben.

Es ist allen Einfachen Formen gemeinsam, dass sie durch diese Einzelgebarden in der Sprache verwirklichen - es sind andererseits diese Einzelgebarden, die es uns als mit der Macht einer Geistesbeschaftigung geladene und dadurch morphologisch erkennbare sprachliche Einheiten ermoglichen, die Einfachen Formen von einander zu trennen, sie zu unterscheiden (Jolles, 1956:220).

5.1.5 Samevatting en kommentaar

In die Anhang by die 1956-uitgawe van Jolles se Einfache Formen word daar

tien besprekings van die werk opgenoem en oak verwys na etlike studies en dissertasies wat die probleme random die eenvoudige vorme as vertrekpunt

het. Die werk is in die jare nadat dit verskyn het baie hoog aangeskryf. 2)

Einfache Formen word beskou as 'n voorloper van die formalisme en struktura=

lisme en is druk bespreek (Beekman, 19B3:329, 335). Beekman (1983:329)

meld ook hoe die boek verskeie herdrukke beleef het en in Frans en Engels

(13)

226

bespreek en kommentarieer Jolles se teorie sodat 'n mens met reg kan beweer dat Einfache Formen een van di~ werke is wat die grondslae van die kontem= porere verhaalteorie vorm. 3) Bodar (1983b:71-87) bespreek Jolles se nege eenvoudige vorme in 'n uitstekende samevattende artikel, wat voortvloei uit 'n omvattende studie van Jolles. Hieruit blyk ook dat Jolles se insigte, hoewel dit voortkom uit 'n anderssoortige benadering as die kontemporere, nog steeds relevant en stimulerend is.

Jolles redeneer op geesteswetenskaplike wyse, met die klem op gees. Hy Hy is steeds met die mens as taalgebruiker en die menslike gees as die bran van bepaalde Geistesbesehajtigungen besig. Wanneer die eenvoudige vorm kunsvorm word, is dit juis deur 'n doelbewuste artistieke hantering en aan= bieding van sowel "vorm" as taal dat die artistieke werk tot stand kom. Onderliggend aan sy teorie le die opvatting: die mens is taal. Wat die mens is, leef in sy taal, maar die taal maak ook die mens mens. Hy rede= neer metafisies en glo dat dinge bestaan, of dit bewustelik waargeneem word of nie, en of dit gebruik word of nie.

Jolles was ook kind van sy tyd. Hy was bekend vir sy geweldige erudisie, en hy het dikwels by Plato en Aristoteles aangesluit in sy denk~yses. Hy bou dikwels sy teoriee op uitsprake van Goethe. Hy verwerp onomwonde die positivistiese en geistesgesehieht~iehe benadering van die literatuur en hy stel aan homself die eis van wetenskaplikheid, iets waartoe hy glo die morfologiese benadering hom in staat stel.

So~~en, praktiseh gesproehen, diese Einjaehen Formen die Grund~age der Literaturwissensehaft bi~den, jenen Tei~ der Literaturwissensehajt umfas= sen, der zwischen Spraehe a~s so~eher und jenen Gebi~den ~iegt, in denen sieh a~s Kunstjorm etwas ~etztma~ig und endgil~tig verwirk~icht, so milssen sie vo~~standig sein, so milssen sie in ihrer Gesamtheit jene We~t, die sie verwirkLiehen, erschopfen - ebenso wie die grammatischen und syntaktischen Kategorien in ihrer Gesamtheit die We~t ausmaehen wie sie sich in der Spraehe a~s so~eher verwirk~ieht (Jolles, 1956:141).

Jolles le •n verband tussen outonome taalprosesse en die literere werk net soos wat daar 'n verband bestaan tussen outonome taalstrukture en die taal

(14)

as geheel. Hy hou hom besig met die wese van die taal en verskil so van die Formaliste wat die taal as instrument sien (Striedter in Beekman, 1983:335). Scholes (1974:42) beskou Jolles as clearly structuralist-or protostructuralist - in nature, maar •n mens moet toegee dat hy in ver= gelyking met wat later gekom het, •n uiters matige strukturalis was. Beekman (1983:336) toon aan hoe Jolles lof toegeswaai is deur Striedter, Ducrot en Todorov, Hempfer en veral Scholes, en hy wys daarop dat Egon Werlich in sy daarstelling van 'n tekstipologie na Jolles verwys. Jolles bied dan ook werklik insigte wat goed aanklank vind by latere literatuur= wetenskaplike ontwikkelinge. Hy is altyd deeglik bewus van die Ieser of ontvanger (al gebruik hy nie hierdie terme nie), byvoorbeeld waar hy die legende lees soos wat die implisiete eietydse Ieser dit sou doen. In sy beklemtoning van die feit dat die wesenstrekke van die eenvoudige vorme dieselfde bly, a! verskil die konkrete inhoud en vorm van tyd tot tyd en plek tot plek, sien ek ~ intultiewe bewustheid van dit wat vandag ~ resepsie= gemeenskap genoem word: in Ierland klink •n grap anders as in Suid-Afrika. Hempfer (Beekman, 1983:337) wys ook daarop dat Jolles die literere genres as transformasies van taalkundige konstruksies sien, terwyl •n mens ook die gerealiseerde eenvoudige vorm as •n transformasie van die algemene eenvoudige vorm kan beskou.

Daar is egter ook kritiek teen Jolles. Hy gaan uit van die taal en taal= vorme, maar volgens meer "moderne" literatuurwetenskaplikes bly hy steek in ~ outydse taalmetafisika. Dit is ook so dat Jolles ~ sistematiese grammatika of logika van .die eenvoudige vorme wi l aanbied, maar volgens Beekman ( 1983:339) bly hy in gebreke om so •n grammatika of logika en die reels waarvolgens dit sou funksioneer, op te stel. Die aantal vorme word ook as aanvegbaar beskou (Beekman, 1983:338), veral omdat Jolles self sy stelsel as volledig en afgeslote beskou.

Beekman (1983:339) se: Jolles heeft noch verantwoording afgelegd voor het aantal, noch voor het soort enkelvoudige vormen, dat hy meende te kunnen onderkennen. Hy beklemtoon die gebrek aan reels of vasgelegde wetmatig= hede en beskou Jolles se redenasies as te vaag om werklik wetenskaplik te wees, vera! die metaforiese uiteensetting van die werksaamheid in die

(15)

228

natuur, die taal en die kultuur (die boer, kunstenaar en priester). Beekman (1983) vertaal eenvoudige vorme met enkelvoudige vormen, maar volgens Bodar (1983b:85) is dit verkeerd. Enkelvoudig staan teenoor saamgesteld en die eenvoudige vorme kan enkelvoudig (byvoorbeeld die grap of spreuk) of saamgesteld wees (byvoorbeeld die legende of sage). Hierdie vorme is inderdaad eenvoudig teenoor die komplekse kunsvorme. Die kern van Beekman (1983:340) se besware is die feit dat Jolles die wese of die aard van die vorme wil bepaal en beskryf: Het geven van weaensdefinities hoort echter tot een verouderde vorm van wetenschap. Hy ontken dat ~ verskynsel noodwendig ~ "aard" of "wese" sou besit wat aangetoon kan word. Hierdie beswaar en ook die beswaar teen die ge= brek aan reels, beskou ek as ongeldig. Alles wat met die mens te doen het, het wel 'n bepaalde aard of wese, en ek dink Jolles se ontleding van die eenvoudige vorme is juis 'n bewys daarvan. Die soeke na die wese van 'n saak is nie noodwendig verouderd nie. Die beswaar teen die bepaling van die "wese" van 'n saak kom uit die relativistiese fi losofie voort, wat op sig=

self ook gekritiseer kan word.

Jolles wou die verskynsel van eenvoudige vorme ondersoek vanuit di~ hoek dat hierdie vorme bestaan, dat hulle op 'n bepaalde manier ontstaan en dat hulle verwerklik word of as artitieke vorme doelbewus gebruik kan word. Die opstel van reels om hierdie oorgange of ontwikkelinge wet= matig weer te gee, was miskien aanvanklik wel dee! van sy bedoeling maar sou myns insiens tog nie van pas wees nie. Hy stel dit juis duidelik dat een geestesaktiwiteit op verskillende maniere kan realiseer, en waar dit oor die kunsvorme gaan, is die aanbied van reels in elk geval dood= gewoon onaanvaarbaar. Jolles laat dus ruimte vir variasie, en hy laat ook iets aan die onsienlike oor - hy aanvaar dat in die geestesaktiwiteite van die mens en die gemeenskap en in die outonome taalwordingsprosesse "mistieke" magte aan die werk is, en hierdie mistieke dinge laat hy daar. Hy ondersoek die taalvorme en kunsvorme wat daaruit voortspruit met so= vee! insig en entoesiasme dat daar steeds met vrug na sy ontleding van die eenvoudige vorme gekyk kan word.

(16)

Antoine Bodar het 'n deeglike studie oor die !ewe en werk van Andr~ Jolles

gemaak. In 'n artikel Het verLiteratuurde Leven van Andre JoLLes gee

Bodar (1983a:8) ~ besonder insiggewende oorsig oor Jolles se persoon.Jike

!ewe, die vormende invloede wat op hom ingewerk het, sy akademiese pres=

tasies, sy geskrifte en sy politieke opvattings. Uit hierdie artikel

blyk dat Jolles die hele !ewe as literatuur gesien het. Die eenvoudige

vorme het hoe Ianger hoe meer 'n sentrale tema in sy werk en in sy !ewe

geword: JoLLes heeft Leven en Literatuur getdentijiceerd. Hij heeft zeLf in het Leven steeds de reaLisering van de eenvoudige vormen ontdekt - ook de reaLisering van de mythe (Bodar, 1983a:46). Bodar (1983a:46-47)

verklaar selfs die feit dat Jolles 'n aanhanger van die Nasionaal-Sosialisme

en vera! van Hitler as persoon geword het, daaruit dat Jolles Hitler as

die verpersoonliking van die mitiese held gesien het.

Leest men JoLLes' boek met de ogen van de systematicus, dan is er veeL dat niet deugd. Leest men het met de ogen van de wijsgeer, dan constateert men de aanhankeLijkheid jegens de objektieve geest en tevens een aantaL tegenstrijdigheden. Leest men het met de ogen van de taaLkundige, dan ontwaart men vooraL de goede wiL om taaLkunde te bedrijven. Leest men het aLs originaLiteitsjager, dan staat er in het boek in reLatie tot vroegere geschriften weinig nieuws; weL vormt het een gans eigen visie. Leest men het boek ten sLotte met de ogen van de weetgierige op het ter= rein van de cuLtuur aLs geheeL, dan is Einfache Formen een even erudiet aLs ontspannend boek (Bodar, 1983b:84).

5.2 Wolfgang Kayser

Wolfgang Kayser se Das Sprachliche Kunstwerk verskyn in 1948 en beleef

talle herdrukke. Hierdie boek is baie jare lank beskou as 'n standaard=

werk vir die Duitse literatuurwetenskap. Kayser (1971:5) spreek hom eks=

plisiet uit teen die positivistiese en geistesgeschichtLiche benadering

van die literere werk en wil die literere werk as artistieke taaluiting

bestudeer: Das vorLiegende Buch filhrt in die Arbeitsweisen ein, mit

deren HiLfe sich eine Dichtung aLs sprachLiche Kunstwerk erschLiesst.

(17)

230

grippe, aanbiedingswyse en struktuurelemente van elkeen apart. 'n Literere teks, hetsy liries, epies of dramaties van aard, is vir Kayser (1971:5) 'n in sich geschlossenes sprachliches Gefuge, en die teks bly te aile tye in die middelpunt van enige literatuurwetenskaplike ondersoek. Hoewel Kayser duidelik 'n intrinsieke benadering voorstaan, is hy tog nie ekstremisties

in sy beskouing nie. Der Deutende kann niemals seiner Individualitat, seiner Zeit und Nationalitat entfliehen... Aber all das widerlegt nicht das Recht und die Notwendigkeit zu einer moglichst sachgemassen Erfassung dichterischer Texte und hat die Antriebe dazu nicht verschutten konnen (Kayser, 1971:12). Kayser (1971:35) se hele uiteensetting berus gevolglik op die uitgangspunt dat jedes Kunstwerk ist ein in sich geschlos= senes Ganzes und kann nur aus sich selbst heraus verstanden werden.

Kayser se benadering stem in bree trekke ooreen met di~ van die New Criticism. Die literere werk is outonoom, uit homself verstaanbaar en op homself aan= gewese vir die manifestering van sy artistieke aard. Kayser behandel die genres (Gattungen) apart en gebruik bepaalde literere werke as uitgangspunte om bepaalde verskynsels te bespreek. Hy gaan hoofsaaklik beskrywend en be= noemend te werk.

Hy gaan eers analities te werk en sit sekere grondbegrippe waarmee gewerk kan word, uiteen. Daarna gee hy aandag aan die aanbiedingswyse van respek= tiewelik die liriek, dramatiek en epiek, en uiteindelik bespreek hy begrippe wat met die 1 iterere werk as geheel, as 'n sintese van baie elemente, te make het.

5.2.1 Grondbegrippe

Hierdie basiese grondbegrippe is van toepassing op alle literere werke, dit wil se op gedigte, prosawerke en dramas. Die inhoud (der Stoff) van 'n literere werk is die materiaal waarmee gewerk word: hierdie materiaal bestaan ook buite die literere werk, en is slegs dit wat buite die teks selfstandig kan bestaan. Die inhoud van ~ teks kom uit die werklikheid, ook as die werk van 'n vroeere werk of mite of legende as "bron" gebruik maak, omdat sulke mites of legendes in die werklikheid bestaan. Kayser (1971:55) voel egter dass fur die dichterische Seinsweise und fur den

(18)

kunstlerischen Rang eines Werkes der erzahlbare Inhalt an sich von geringem Belang ist.4) Vir die prosateks is die gebeure en figure die inhoud van die bepaalde werk.

Vir die verduideliking van die term motief sluit Kayser {1971:59-60) aan by die navorsing wat oor sprokies gedoen is. Die motief is •n isoleerbare verhaaleenheid wat in verskillende werke kan voorkom, maar steeds dieselfde betekenis dra: Das Motiv ist eine sich wiederholende, typische und das heisst also menschlich bedeutungsvolle Situation (Kayser, 1971:60). Wanneer •n motief gebruik word om slegs spanning op te werk terwyl die handeling in •n rigting ontwikkel, praat Kayser van •n blinde motief. Hy wys ook op die verskynsel dat sekere motiewe by sekere literere vorme pas: die soek en vind van ~ bepaalde persoon deur die aanpas van ~ bepaalde skoen is ~ tipiese sprokiemotief; moord op •n famielielid, die terugkeer van iemand wat as dood beskou is en bloedskande is weer motiewe tipies aan die Schicksalsdrama. Wanneer •n motief •n sentrale posisie in die werk inneem en ~ bepalende organiserende invloed in die werk is, word so ~ motief die draer van die tema. Die motief is die konkrete tekselement, en die tema die abstrakte betekenis daarvan. In ~ teks oor ~ driehoeksituasie kan die sentrale motief byvoorbeeld "man tussen twee vroue" wees, terwyl die tema as "die liefde" beskryf kan word.

Die belangrikste eienskap van die motief is die Uber-sich-Hinausweisen, en in die drama en prosawerk het dit meestal op gebeure betrekking, terwyl die motief in die poesie aansluit by die simbool.

Wanneer •n bepaalde verhaalelement telkens binne •n bepaalde werk herhaal word, sodat dit ~ bepaalde betekenis verkry en ~ bepaalde funksie verrig vir daardie bepaalde teks, noem Kayser {1971:71-72) so~ element~ Leitmotiv, wat dus nie •n egte motief is nie, omdat dit nie vir ander werke dieselfde betekenis dra nie.

In aansluiting hierby kan die Schatz po~tischer Bilder, gepragter Formeln und technischer Darbietungsweisen as 'n topos beskou en bestudeer word. Die feste Cliches oder Denk- und Ausdrucksschemata wat van antieke tye af, deur die Middeleeue en Renaissance as ~ bepaalde tradisie gevestig is, kan

(19)

232

as sodanig bestudeer word, enersyds deur na die beelde, motiewe en denkwyses te kyk, andersyds deur na aanbiedingswyses en literere tegnieke te kyk. 'n Ander term wat by motief, Leitmotiv en tapas aansluit, is embleem, en hieronder verstaan Kayser (1971:75) ein Zeichen, dem ein bestimmter Sinn zugeordnet ist. Die emblemata se betekenis bly altyd dieselfde, en daar bestaan versamelinge van hierdie emblemata waarmee veral die Barokdigters deeglik vertroud was. So word 'n verkleurmannetjie onlosmaaklik verbind met vleiery, terwyl •n palmboom geassosieer word met standvastigheid en getrouheid. 5)

'n Term wat vir die prosateorie baie belangrik is, is FabeL, waaronder Kayser (1971:77) •n "opsomming" van die handelingsverloop van •n epiese werk of drama verstaan: Versucht man den HandLungsverLauf auf die LetztmogLiche Knappheit zu bringen, auf sein reines Schema, so enthaLt man eben das, was die Literaturwissenschaft aLs die FABEL eines Werkes zu bezeichnen pfLegt. Kayser stel FabeL in hierdie definisie gelyk aan Aristoteles se mythos, so= dat dit baie duidelik verskil van die fabuLa van die Russiese Formaliste en eerder ooreenstem met die Anglo-Amerikaanse term plot, hoewel plot meer met artistieke ordening te doen het en Kayser FabeL as die kernverhaal van •n teks beskou. Die tema word reeds deur die FabeL weerspieel, omdat die sentrale motief deel van die FabeL vorm. Liriese poesie bevat geen FabeL nie, maar in dramas en epiese prosawerke is daar noodwendig •n FabeL. Ver= skillende epiese vorme vertoon verskillende vorme van FabeL en verskil oak in die mate van klem wat die FabeL dra. In •n novelle is die handelings= verloop baie belangrik, in die epos weer nie, terwyl die roman uiteenlopende moontlikhede vertoon.

Die Erfassung der FabeL tragt dazu bei, ein Werk durchsichtig und ver= standlich zu machen. Sie wird weiterhin wichtig filr die Probleme des dichterischen Schaffens, der Literarischen Technik sowie endlich der Literarischen Gattungen (Kayser, 1971:81).

5.2.2 Die bou van die epiese werk

Kayser (1971:176 e.v.) bespreek verskillende fasette van die ''opbou" van ~ epiese werk.6)

(20)

Die uiterlike "bou" of voorkoms van •n epiese werk is betekenisvol in die sin dat die onderverdeling van •n teks in episodes, hoofstukke en afdelings dikwels in samehang met die "innerlike bou" funksioneer. Karter of Ianger hoofstukke verplaas as't ware die gewig in die teks waardeur sekere gebeure meer of minder beklemtoon word, maar Kayser (1971:177) gee toe dat dit grootliks ~ kewssie van smaak by die outeur is. Die voorwoord in Sterne se Tristram Shandy word in die twintigste hoofstuk gegee! Die uiterlike bou van die epiese werk kan egter eers na waarde bepaal word as dit beskou word teen die epiese gang, dit is teen die ontwikkeling van gebeure in die prosawerk. Die epische Vorgang is vir Kayser (1971:179) veel meer as net die blote ketting van gebeurtenisse: Das was sich zutiejst aufbaut, bezeichneten wir entsprechend den Ergebnissen bei der Lyrik und Dramatik ais epischer Vorgang. Epiese prosa is vanselfsprekend nie so ''dig" soos po~sie nie, en hoewel daar bale moontlikhede van epiese aanbied= ing is, sien Kayser (1971:179) die wesenskenmerk van die epiese gang as die plasing van mense en dinge, van voorgrondkarakters en -gebeure, teen •n wyer, voller ruimte, 'n grater wereld, •n omvattender tydspan: ••• anes Geschehen, das er zu berichten hat, ist dauernd in eine grossere Weit ver= fiochten und von ihr umgeben.

Verskillende epiese vorme vertoon verskillende kenmerke: in die novelle is daar •n strakker spanningslyn, en die epos en roman is wyer en groter in opset. Voorgrondsgebeure en omwereld smelt saam en kan in die roman •n groot kompleksiteit vertoon,.maar Kayser (1971:180) beskou epiese inte= grasie as 'n bale belangrike eienskap van 'n voprtreflike epiese werk. Dit impliseer dat alle gebeurtenisse en epi,sodes in die totale opbou van die werk in ~ patroon, in ~ heg gevoegde eenheid sal pas. In epiese werk is daar ook nie-verhalende elemente wat die verhaalverloop dra, steun of beklemtoon, en om die geheimenis van die stuktuur van •n werk raak te sien, moet die ganse werk, voorgrond en omwereld, verhalende en nie-verhalende elemente, en die rangskikking daarvan, saam in o~nskou geneem word (Kayser,

1971:181).

Afgesien van die uiterlike bou van ~ epiese werk, is daar spesifieke "epiese grondvorme" wat in die verhaalopbou gebruik word. Hier praat Kayser (1971:

(21)

234

182-185) van berig, beskrywing, beeld (Bild), toneel (scene), gesprek en tabla. Die verhalende prosawerk word deur •n kombinasie van hierdie so= genaamde grondvorme opgebou, waardeur die werk 'n bepaalde aard verkry (by= voorbeeld meer beskrywing en minder diaLoog of andersom).

5.2.3 Die aanbiedingswyse van die verhaal in die epiese werk

Kayser (1971:201) gaan uit van die Ursituation des Erzahlens: ••• dass ein Vorgangliches da ist, das erzahlt wird, dass ein Publikum da ist, dem erzahlt wird, und dass ein Erzahler da ist, der zwischen beiden gewisser= massen vermittelt.

Kayser bespreek dan agtereenvolgens die verteller, die kwessie van epiese tyd en aspekte van perspektief. Hy verduidelik hoe tegniese middele die vertelsituasie interessanter kan maak. Die gebruik van •n tweede verteller in •n raamverhaal kan grater geloofwaardigheid aan die vertelLing verLeen, •n toehoorder of luisteraar binne die verhaal skep meer moontlikhede om die werklike luisteraar of Leser te beinvLoed, die verwysing na sogenaamde "bronne", hoe fiktief oak aL, bring oak •n bepaaLde berekende reaksie by die Leser teweeg (Kayser, 1971 :204).

Die alwetende en alomteenwoordige vertelhouding is volgens Kayser spesifiek tiperend van epiese literere werke. Hy onderskei egter tussen ek-vertel= ling, hy-vertelling en die briefvorm in eenvoudige vertellings en sien die keuse van ~ bepaalde soort vertelLer as ~ uitbreiding van en variasie op die basiese vertelsituasie wat uit die drie basiese komponente, naamlik verteller, verhaal en luisteraar ("publiek") bestaan. Die ErzahlhaUung is die verhouding van die verteller tot die vertelstof en die toehoorder, en dit is vir Kayser ~ tegniese saak, omdat die verteller sy verhaal s6 moet aanbied dat die hoarder geboei word.

Kayser (1971:207) maak enkele opmerkings oar tyd in die epiese werk. Vir die auteur en die verteller is die verhaaLstof logies gesproke iets "van die verlede". Desnieteenstaande kan •n verhaal in die teenwoordige tyd verte 1 word, hoewel daar hee 1 wat probleme a an so •n verte 1 wyse gekoppel is.

(22)

tiewe tyd en poetiese tyd so na moontlik aan mekaar te bring. Kayser stel dat die Ieser die vergestalting van tyd primer in verband bring met sy eie menslike belewing van tyd, terwyl hy hom egter ook laat lei deur die verteller. Tyd in die literere werk is dus iets wat suiwer literer, abstrak, artistiek van aard is en dit moet as sodanig ervaar, begryp en geinterpreteer word.

Die verteller besit groot vryheid ten,,opsigte van die tyd en kan dit op baie maniere in die strukturering van die teks gebruik. Die chronologie kan verbreek word, twee reekse gebeurtenisse kan gelyktydig afspeel en ge= lyktydig en afwisselend vertel word. Hierdie vryheid hang nou saam met die alwetendheid van die verteller of die tipiese vertelsituasie in die epiese werk.

Die keuse van •n bepaalde verteller bring sekere beperkinge van die alwetende vertelhouding mee, en dit bring Kayser by die kwessie van die perspektief. Hy besef daar is baie moontlikhede wat die auteur kan gebruik en bespreek enkeles as voorbeelde, maar hy gee te kenne dat hier nog •n hele studieveld braak !e. In teorie het die perspektief te make met die WahZ eines festen optischen Standpunktes (Kayser, 1971:212), maar in die werklikheid, in die Zebendige Dichtung, word die wisseling van perspektief (nou vanuit die alwetendheid, dan vanuit die beperkte insig van ~ bepaalde karakter in die werk) binne een werk 'n tegniese en artistieke hulpmiddel met baie moontlikhede.

5.2.4 Kenmerke van die epies·e werk

Kayser (1971:350) vind dit onbevredigend om die epiese werk te tipeer bloat op grand van die inhoud daarvan. Hy verwys na Jolles se teorie oor Einfache Formen wat daarvan uitgaan dat literatuur ontstaan wanneer ~ bepaalde taalvorm bewustelik deur die kunstenaar verwerklik word in 'n kunswerk. In aansluiting hierby sien Kayser die moontlikheid om~ fynere klassifikasie van epiese werke te maak op grand van die vertelwyse (ErzahZungsweise).

(23)

236

selber auf die Artung der zu erzahlenden Welt ab: die morphologische Frage, wie die Welt aufgebaut ist, kann allein die Frage nach den moglichen Gattungen Lenken (Kayser, 1971:352).

Die eenvoudige vorme vertoon telkens •n bepaalde morfologie, en meer ge= komp 1 i seerde ep i ese werke 11 berg 11 d i kwe l s n eenvoud i ge vorm: onder 1 i ggend a an •n Gross form ('n roman of speurverhaal of drama) is •n eenvoudige vorm. Kayser voel egter dat hierdie siening nie werklik ~ antwoord is op die vraag na die kragte waaruit die Grossformen groei nie, omdat in die vee! grootser, wyer opset waarin ~ ganse ryke, bonte wereld opgebou word, die morfologiese struktuur van die kern van die verhalende inhoud nie die deurslaggewende bepalende faktor kan wees nie.

Hy ondersoek wat hy noem die drie struktuurelemente van die epiese werk,

figuur, ruimte en gebeure, om vas te stel hoe hierdie 11

elemente" daartoe meewerk om die epiese wereld tot stand te bring. Die Kriminalgeschichte groei uit die raaisel deur •n uitbreiding van die basiese verhaalkern (wat met die raaisel ooreenstem), maar die speurverhaal (Kriminalroman) kom tot stand byvoorbeeld random die figuur van die speurder as held, •n uitvoerig

ontwikkelde karakter in die volle sin van die woord. Gebeurtenisse word funksionele onderdele in die literere Grossform wanneer dit meer gaan om die betekenis en uitwerking en stemming van die gebeurtenisse as om die feit daarvan. Net so is die ruimte meer as die blote landskap: figuur en gebeure en ruimte bepaal mekaar, is op mekaar gerig as betekenisvolle elemente wat saam funksioneer om die spesifieke betekenisvolle realisering van die epiese literere werk moontlik te maak.

Die drie belangrikste epiese vorme is die epos, die roman en die vertelling, en Kayser (1971:356-366) bespreek hierdie drie soorte apart deur tiperende eienskappe van elk aan die hand van bepaalde werke toe te lig.

5.2.5 Samevatting en kommentaar

Wolfgang Kayser is 'n gerespekteerde literator en Das sprachliche Kunstwerk

is 'n standaardwerk in die Duitse Jiteratuurwetenskap. Die afdeling oor die epiek in hierdie werk behandel die algemene eienskappe van die roman

(24)

en die verskillende soorte romans op relatief tradisionele wyse. Dit is egter duidelik dat hy besef dat sekere aspekte van die roman fyner ont= leed en meer in detail beskryf moet word - dinge soos vertelhouding en vertelinstansie, die verhouding tussen v~rteller en skrywer en sekere as= pekte van tyd.

Kayser het probeer om grater helderheid oor sekere basiese begrippe te bring. Hy gee •n goeie uiteensetting van die tradisionele term motief, en ook van ander terme soos Leitmotiv, topos en embleem. Hy onderskei duidelik tussen die stof (inhoud) van die epiese werk en die artistieke ordening en hantering daarvan in die Fabel (wat ooreenstem met die Engelse term plot). Hy aanvaar dat die verhalende literere werk op baie verskil= lende artistieke maniere aangebied kan word,en sy siening van die wese van die epiek is baie interessant. Hy glo dat die wesenskenmerk van die epiese gang die plasing van "mense" en gebeurtenisse teen •n wyer en omvattender ruimte en tydsverloop is. Hy le ook groot klem op die belangrikheid van die totale epiese integrasie waarin die drie sogenaamde struktuurelemente, figuur, ruimte en gebeure, saam met die aanbiedings= wyse •n nuwe arti stieke eenheid vorm.

Kayser gee dus op voortreflike wyse bewys van sy aanvoeling en begrip vir die epiek in die algemeen en van spesifieke verhalende werke in die be= sander in die uiteensetting van sy teorie.

5. 3 Eberhard Lammert

Lammert (1968:9-16) aanvaar die tradisionele verdeling van die literatuur in die drie genres, naamlik liriek, epiek en dramatiek. Hy onderskei egter tussen die genres en binne die genres tussen die verskillende lite= rere soorte, dit wil se verskillende soorte verhale, gedigte of dramas.

·Hy verkies die term Gattungen vir die oorkoepelende Naturformen en die term Typus vir die spesifieke Dichtarten. 7 )

Lammert wi 1 vasstel op grond van watter eienskappe •n 1 iterere werk tot die vertelkuns behoort. Die Formen, die wir aufzusuchen haben, milssen gerade

(25)

238

Werken der Erzah1kunst auftreten k6nnen (Lammert, 1968:16). Om dit vas te stel, wil hy die enkelwerk as sodanig beskou en analiseer en interpre= teer. Hy neem wei die karakteristieke eienskappe van •n literere soort

in ag soos wat dit uit die literatuurgeskiedenis blyk, maar hy

voeg by dat wir unsere Einze1interpretationen stets dart abbrechen werden wo die historisch besondere Deutung die Filhrung zu ilbernehmen hatte

(Lammert, 1968:17). Dit is dus duidelik dat Lammert •n suiwer werkimmanente

benadering voorstaan en op die intrinsieke analise van spesifieke literere werke ingestel is.

In Bauformen des Erzahlens (1968) hou Lammert hom spesifiek besig met die "bouvorme", die samestelling en die aard van die opbou van verhalende tekste. Hy omskryf Bauformen as volg: Das sind Formen, die das Erzah1werk in seiner

Erstreckung g1iedern und filgen (Lammert, 1968:18).

Hy behandel in drie afsonderlike afdelings eers die opbou van die verhalende prosawerk deur te kyk hoe die verhalende elemente op mekaar volg, daarna die "sferiese" geslotenheid van die literere werk en laastens die hele kwessie van dialoog.

5.3.1 Die opbou van ~ verhaal

Volgens Lammert (1968:19) is opeenvolging8l die algemeenste bouprinsipe van verhale. In •n verhaal is daar ook altyd handeling. Die "energiebron" van die verhaalkuns is gebeurtenisse, wat uitgebou en sinvol saamgevoeg word om betekenisvolle handeling voor te stel. Epiek impliseer die weer= gee van gebeurtenisse: Das Gerilst jedoch muss beim Erzah1werk die fort= schreitende und zwar energisch, d.h. von einer Strebekraft durchwirkte Hand1ung sein (Lammert, 1968:21). AI sou die klem in 'n bepaalde werk op karakter of idee of didaktiese doelstell ing val, is •n mens in die studie van die vertelkuns in die algemeen steeds gekonfronteer met die feit dat jy te make het met Geschehen in der Zeit. Die sleutelformules in die verhaalkuns is "dit het gebeur .•. ", "dit word ..• '', "en toe ... en toe". Om iets te vertel, beteken om karakter of idee of opvoedkundige oogmerk in gebeure om te sit en as handeling uit te beeld.

(26)

Daar bestaan 'n spanning tussen verhaal en ware gebeure wat korreleer met die spanning tussen taal en werklikheid. Uit die omvattende werklikheid moet belangrike elemente aangedui word en daar moet dus 'n seleksie van stof plaasvind. Volgens Lammert (1968:23) het die verhaalkuns 'n twee= ledige aard vanwee die verhouding met die werklikheid, en hierdie aard blyk vera! duidelik uit die vergelyking van die vertelde tyd met die verteltyd. Die verhouding tussen erzahlter Wirkliehkeit en spraehlieher Widergabe word baie duidelik as besef word dat 'n Ianger tydsverloop in •n korter verteltyd oorvertel word. Seleksie en tempowisseling in die vertelling is dus vanselfsprekend.

5.3.1.2 Kontoere van die verhaalverloop (a) Geskiedenis (storie) en Fabel

Lammert (1968:24-26) onderskei tussen geskiedenis en Fabel. Die geskiedenis is die temporeel geordende storie onderliggend aan die omgewerkte en ge= struktureerde vorm van die teks, en die kontras tussen di~ twee vorme vestig juis die aandag op die artistieke aard van die Fabel. Geskiedenis en Fabel stem dus ooreen met die Anglo-Amerikaanse terme story en plot. Die geskiedenis is die basiese verhaalmateriaal, terwyl die Fabel bereits wesentliehe Aufbaumomente in sieh birgt (Lammert, 1968:24). Die geskiedenis vertoon 'n Stoffzusammenhang en die Fabel 'n Sinnzusammenhang. 9)

(b) Die reale Folie van die geskiedenis

Van die kontinue ketting van gebeurtenisse tussen die begin en die einde van 'n geskiedenis, word net sekere geselekteerde gebeurtenisse in die verhaal gebruik. Hoewel Lammert toegee dat historiese en biografiese feite uit ander bronne met die verhaal in verband gebring kan word, is die selfstandige (outonome) bestaan van die kunsverhaal vir hom •n primere uitgangspunt. Verhalende fiksie besit eine eigene Zeit-Raum-Konstellation wie sie uberhaupt einen Lebenszusammenhang darbietet, der von der realen Wirkliehkeit sehon dureh seine Abrundung kategorial versehieden ist

(27)

240

Wanneer van werklike datums en feite uitgegaan word, word die wese van die Gesta~tuntersuchung verkrag, omdat literere studie volgens Lammert gemoeid is met slegs dit wat die teks bied. Wanneer gegewens uit die werklikheid gebruik word, word die realia volgens die trans~iterarischen Beaugsystem

entk~eide~ sodat die elemente binne die fiktiewe werklikheid neue Ste~lenwert

und eine neue, begrenate Funktion erhalten (Lammert, 1968:27).

Die verha lende 1 i terere werk vertoon •n afges lotenheid en •n eie wetmati ghei d, en die leser word doelbewus gelei om die artistieke aard en vorm daarvan raak te sien.

(c) Omvang

Verhalende werke verskil baie ten opsigte van omvang. Soms word 'n he 1 e lewensgeskiedenis uitvoerig weergegee, maar dikwels word die verhaal oorge= dra deur die uitbeelding van ~ enkele katastrofale oomblik.

5.3.1.3 Die beheersing van die geskiedenis

In •n verhalende werk het die "verteller" 10 ) twee funksies: Die VerkLeidung

seiner kunst~erischen Absichten in eine Ereignisfo~ge, in die "B~umenkette der Zeit" en die beheersing en vergestalting van die gebeurtenisreeks in die verloop van 'n verhaal (Lammert, 1968: 32).

Een van die eerste beginsels waarvolgens •n verhaal in die verhaalkuns opge= bou word, is die verbreking, verdraaiing, onderbreking en selfs opheffing van die eentonige voortgang van die chronologie. Die tydspatroon van die vertelde tyd word verbreek en deur knap vertelling ontstaan •n nuwe patroon in die verteltyd. Deur die wisselende verhouding tussen verteltyd en ver= telde tyd ontstaan daar •n ritme in die vertelling wat die verhaal in fases

laat verloop.

Lammert se onderskeiding tussen geskiedenis en Fabe~ staan los van die onder= skeiding verteltyd en vertelde tyd,aangesien vertelde tyd vir hom fabeltyd

is en verteltyd letterlik die aantal sinne en bladsye in die teks (Lammert, 1968:32). Soms gebruik hy vertelde tyd wanneer hy met die geskiedenis

(28)

besig is, maar nerens word 'n selfstandige term aangedui om die chronologiese tydsverloop van die omvattende geskiedenis mee,te benoem nie. Afgesien daarvan dat •n terminologiese leemte hier bestaan, is Lammert ook nie altyd baie noukeurig in die gebruik van die term vertelde tyd ten opsigte van die onderskeiding geskiedenis en FabeL nie.

Die wisselende verteltempo wat ontstaan deur Ianger gedeeltes geskiedenis in korter dele van die teks te vertel, is die belangrikste faktor in die strukturering van ~ verhaal in verhaalfases, waardeur die geheel ~ bepaalde vorm en ontwikkelingspatroon verkry. Sulke fases ontstaan deur onderbreking van die verhaal, die inbring van •n nuwe verhaallyn, die omruiling van ge= gewens van vertelde tyd in verteltyd - daar is baie moontlikhede: Der grosse Epiker erweist ,seine Meisterschaft gerade darin, dass er jene "Zugaben", die im strengen Sinne nur aLs Ornament der ErzahLung geLten konnen, zu EdeLsteinen in der Fassung des erzahLten Geschehens werden Lasst (Lammert, 1968:34).

Vanselfsprekend bestaan daar •n bykans oneindige verskeidenheid van verhalende werke, waarin die klem op verskillende aspekte val en wat telkens deur teoretici op •n ander manier ingedeel word. Lammert (1968:42) vat sy indeling van die basiese Typen in die verhaalkuns soos volg saam: De erste Reihe spannte sich zwischen der knappen KrisengeRchichte und der ausgedehnten Lebensgeschichte. Die PoLe der zweiten Reihe sind die einsinnig erzahLte und die aufgespLitterde Geschichte. Die dritte Reihe beginnt beim dominierende ausseren Geschehen und endet bei der voLLig verdeckten und ilberwucherten Geschichte.

5.3.1.4 Die geleding en voeging van meerledige verhale

•n Verhaal kan meer as een handelingslyn bevat, en die ontwikkeling van ver= skillende handelingslyne speel •n beslissende rol in die opbou van die FabeL. Daar kan verskillende Faden in •n verhaal voorkom wat saam een handelingslyn (HandLungstrangJ vorm, maar daar kan oak verskillende handelingslyne met verskillende inhoude in dieselfde verhaal voorkom. Elke handelingslyn vertoon •n inhoudelike samehang of struktuur wat selfstandig kan bestaan (ein Stoffgerilst), maar wat op artistieke wyse met die Gesamtgerilst van die

(29)

242

verhaal verbind is. Handelingslyne in een verhaal kan verskil ten op= sigte van handelingstyd, plek of persoon.

Die spezifisehen Bauformen mehrstrangiger Erzah1ungen ergeben sieh einer= seits aus der Ausdehnung der einze1nen Strange im Gesamtwerk, zum anderen und wesent1ieheren Tei1 aus der Art ihrer gegenstand1iehen Beziehung zueinander und zur Gegenwartshand1ung (Lammert, 1968:45) 11 )

Die betrokkenheid van handelingslyne op mekaar en op die hoofverhaallyn as Gegenwartshand1ung maak nadere ondersoek van die groepering en verbinding van verskillende handelingslyne in 'n verhaal noodsaaklik. Lammert (1968: 45 e.v.) onderskei drie verbindingsmoontlikhede tussen die verskillende handelingslyne, naamlik die additiewe, korrelatiewe en konsekutiewe (kousale) verbinding.

(a) Die additiewe verbinding van handelingslyne is die eenvoudigste vorm

van verbinding tussen die Gegenwartshandlung en die Voraeithandlung. Die invoeging en byvoeging van bykomende handelingslyne kan volgens Lammert ( 1968:46-47) dien om •n verhaal voller en veelkleuriger te maak, om die hoofverhaallyn uit te brei deur 'n bykomende illustrasie, of om as dee! van ~ bepaalde verhaalvorm (byvoorbeeld die reeks ver= hale in 'n raamverhaal) te funksioneer.

Vanselfsprekend vertoon •n verhaal selde of nooit slegs een vorm van verbinding tussen handelingslyne. Die bestaan en algemene voorkoms van verskillende handelingslyne in verhalende werke toon ook duidelik dat "eenheid van handeling" nooit vir verhale as wet neergele kan word nie. Handelingslyne wat additief verbind is in~ verhaal,

bring variasie en geskakeerdheid mee, kan deur kontrastering of ooreenstemming en beklemtoning belangrike verhaalinhoude uitlig of kan as versnelling of vertraging van die verteltempo funksioneer. Wat hier belangrik is, is die xermoe van die verteller om met •n ge= voel vir balans, •n aanvoeling vir ewewigtige vertelling die hoofver= haallyn te versteur en uit te bou, sodat 'n ryker, banter en interes= santer verhaal tot stand kom.

(30)

(b) Die korrelatiewe verbinding kom voor waar die bykomende handelings= lyne op die hoofverhaalverloop, op die kern van die vertelling af= gestem is. Hierdie korrelasie met die geheel van die verhaalver= loop kan tematies of inhoudelik van aard wees, maar het as funksie wedersydse aksentuering en verdieping. Waar 'n additiewe verbinding bykomende kleur aan die verhaal verleen, gaan dit hier om die graad of intensiteit van "weerspielling" en die gevolglike verheldering van die betekenis van die verhaal. Of daar ~ simbolies-allegoriese neweverhaal voorkom, of daar 'n reeks gebeure parallel aan die hoof= handeling ontwikkel en of die newegeskikte verhaallyne ooreenstemmend of kontrasterend teenoor mekaar staan, die bykomende handelingslyne bly hier steeds op die hoofhandeling of op •n bepaalde eienskap van die fiktiewe wereldbeeld afgestem.

(c) Die konsekutiewe (kousale) verbinding van handelingslyne vorm die wese van die Fabel (plot), deurdat die latere gebeure logies en kousaal op die voorafgaande gebeure volg in tyd, hoewel die gebeur= · tenisse nie noodwendig in hierdie volgorde in die teks voorkom nie. Deur oorsake of gevolge weg te laat, of later eers bekend te maak, wek hierdie verbindingsvorm spanning op.

Die verskillende soorte verbinding kan vermeng word of gelyktydig gebruik word om 'n groot verskeidenheid van strukturele moontlikhede te laat ont= staan. Lammert (1968:62 e.v.) kritiseer die teoretici wat te veel klem op een van die verbindingstegnieke aileen plaas, aangesien die komplekse deureenweef van verhaallyne op verskeie maniere vir hom een van die essen= sille eienskappe van die verhaalkuns is: Das alles weist darauf hin, dass fur die Organisation solcher Erzahlwerke die Auflockerung des Gewebes, recht

verstanden, ein Formprinzip darstellt. Begrip van die verbinding van handelingslyne vorm ook dee! van die begrip van motiefkomplekse en die ontwi kke ling van mot i ewe in •n verhaa l.

In die opbou van •n komplekse verhaalstruktuur, speel die verteller •n be= langrike rol. Wanneer •n werk uitdruklik verhalend van aard is, is daar noodwendig (eksplisiet of implisiet) •n verteller wat deur die vertelling die illusie van •n nuwe werklikheid tot stand bring. Lammert (1968:67-72}

(31)

244

maak slegs enkele opm~rkings oar die verteller en vertelperspektief, en omdat dit nie van groat belang is nie en oak buite die terrein van hier= die studie val, laat ek dit daar.

5.3.1.5 Vertelfases

Waar die verbinding van handelingslyne met spesifieke manifestasies in spesifieke werke te make het, is die kwessie van vertelfases 'n algemene eienskap van aile verhalende werke (Lammert, 1968:73). Vertelfases het met die opbou van die verhaal te make, deurdat kleiner teksgedeeltes saam grater onderdele van die verhaal vorm, waar hierdie onderdele as ontwik= kelingsfases gesien word. Die fases is dus 'n struktuurbegrip wat nie noodwendig met tyd iets te make het nie. Ten opsigte van die vertelfases

vertoon elke verhaal sy eie wetmatigheid. Die fases het met die inhoud van die verhaal te make en kan baie moontlike vorme aanneem: opeenvolgende

dae of grater periodes van tyd, veranderings van die ruimte of konsentrasie op verskillende karakters kan alles die fases bepaal.

Die fases kan met die "uiterlike" bou van die werk (die indeling in hoof=

stukke en afdelings) saamval, maar dit kan oak die uiterlike strukturele

grense verbreek of oorspan sodat die twee vormprinsipes in 'n dialektiese verhouding tot mekaar staan. Deur artistieke oorspronklikheid kan die verhouding tussen "uiterlike" vorm en verhaalinhoud uiters betekenisvol gebruik word, want die "uiterlike" bouvorme in die verhaal is belangrik

in die totstandkoming van die eienskappe van die verhaal: Sie sind eines der Zeugnissen fur den artefaktiellen Vorgang der Stoffbewaltigung; ihr

kunstlerisches Gelingen hangt von dem Beziehungsreichtum ab, der sich

schliesslich zwischen Erzahlgegenstand und Konstruktionsplan ergibt

(Lammert, 1968:81).

Die sinvolle verband tussen "uiterlike" en "innerlike" bou van~ verhaal,

die medewerksaamheid van die "uiterlike" strukturering in die totstandkoming van •n suiwerder voorkoms en die funksie en integrasie van vertelfases, is

dus belangrike aspekte van •n verhaal wat ondersoek moet word.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Maar Bus- chenhenke plaatst haar duivel niet in een kroeg, maar in een kerk, daarmee (net als dat gebed) ook dit instituut tot zijn essentie terugbrengend: een instelling die

Ook le- nen deze abstracte methoden zich voor het oplossen van veel algemenere partiële diffe- rentiaalvergelijkingen, waarbij de eenvoudige Laplace-operator vervangen wordt door

darin, daß eine zu einem bestimmten Zeitpunkt bestehende Ordnung der Papyri nicht beibehalten wurde (das zeigt sich besonders deutlich bei den Prolegomena-Texten), zum anderen

The following research question is to be answered in this study: To what extent does branding play a role in the reasoning behind tourist motives on the Isle of Borkum.. It is

Dit sluit dus niet aan op de verwachting dat mensen een voorkeur hadden voor een combinatie van de soorten steun, met eerst de sociaal-affectieve reactie gevolgd door de

Door de Heere met buitengewone talcnten, helder- heid van geest, gezond verstand en scherpzinnigheid begaafcl, ,stond hij v1crr•e hoven zijn ;tijdgenoten en drong zijn

is. 4) Benewens al hierdie struikelblokke was daar. ook 'n groat skaarste aan onderwysers. Lugtenburg: Geskiedenis van die onderwys in die S.A.. Hierdie onderwysers

Copyright and moral rights for the publications made accessible in the public portal are retained by the authors and/or other copyright owners and it is a condition of