• No results found

DIE VERSETDRAMA IN AFRIKAANS

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "DIE VERSETDRAMA IN AFRIKAANS "

Copied!
65
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

HOOFSTUK4

DIE VERSETDRAMA IN AFRIKAANS

Ons is ryp en oorryp vir 'n groot volkskritiek in hierdie gees. Ons het aan die slaap geraak met 'n selftevredenheid waarin alles wat mooi in ons was, mettertyd moet verdwyn. Daar moet kritici tussen ons gelos word wat vervul is van haat teen ons halfheid, gemaksug en kleinburgerlikheid; bulle moet . mense wees wat diep gedink en baie gevoel het, maar mense wat nederig is voor die grootsheid van buJ taak en wat in al hul stryd teen die Afrikaner se euwels self in die eerste plek Afrikaners is; en bulle moet ons met 'geweer- vuur en sambokslae' laat opsteier totdat ons doen waarvoor ons bier in Suid-Afrika is: die opbou van 'n nuwe beskawing in 'n nuwe land.

(Louw, 1939:170.)

4.1 GESKIEDENIS VAN DIE TERSAAKLIKE VERSETSKEPPENDE GEBEURE IN SUID-AFRIKA

Verset teen die sosiale orde en politieke bestel bet die afgelope driehonderd en vyftigjaar in Suid-Afrika by verskeie geleenthede groot veranderings of gebeure tot gevolg gehad.

Min hiervan is in die Afrikaanse drama gereflekteer. Dit is, vir die doel van die studie belangrik om die konteks van enkele historiese gebeure in oenskou te neem ten einde verset, soos dit in die twintigste-eeuse Afrikaanse drama gerepresenteer is, te dekodeer.

In die Afrikaanse drama v66r 1950 is die representasie van verset hoofsaaklik retrospektief van aard. Die drama is dus nie versetinstrument om politieke of sosiale omstandighede te probeer verander nie. Die drama v66r 1950 representeer oorwegend 'n verslag van die verset wat aanleiding tot die groot volksgebeure in die verlede gegee bet.

Na

1950 gebruik dramaturge historiese gebeure uit die verlede en die eietydse om verset in die drama in diens van die groter volksverset teen die sosio-politieke bestel te genereer. Gedagtig aan die "state of flux in the country today (socio-politically speaking)" (Hauptfleisch, 1984:12) bet die drama al meer werktuig van die groter volksverset teen die sosio-politieke sisteem geword. Die twee bewerings van hoe historiese versetgebeure tot transformasie van drama- tekste gelei bet, word in die volgende uiteensetting bespreek.

128

(2)

• Die Vryburgers onder Ieiding van Adam Tas bet in 1705 'n klagskrif met agt-en-dertig griewe, mede-onderteken deur drie-en-sestig opstandelinge, teen Willem Adriaan van der Stel saamgestel. Boeseken (1968:370) beweer dat die klagtes teen die "goewer- neur en sy vriende" (die regering dus) gerig was. Die Vryburgers het in die klagskrif bewys dat die amptenare bulle voorregte misbruik het en dusdoende hulself bo die bona fide-boere bevoordeel het. Adam Tas se klagskrif was die eerste versetaksie teen 'n regering in Suid-Afrika wat ingrypende veranderinge tot gevolg gehad bet.

Een daarvan is dat meer Vryburgers tot die boerdery toegetree bet en dat die proses van kolonisering versnel is. D.J. Opperman (1956) het die verset van Tas en die Vryburgers kundig s6 gerekonstrueer in Vergelegen (1956) dat Tas en die Vryburgers se bistoriese verset in diens van 'n eietydse verset teen die sosio-politieke bestel van die land staan. Opperman se deernis met die Maleiers en Kleurlinge, sy verset teen hulle sosiale omstandighede in die land, is subtiel die ondertoon van Arie se verhaal.

Verder motiveer hy met die mitiese gebeure van Arie die optrede van rewolusioneres in die eietydse opset:

Arie bet gasteel om maag van honger stiek, maag stiek van honger, want Arie wil hom wriek op Duusman ... Ag, Seur, ek begin van voor.

Arie van Bengale bet as klonkie oor die seesand tussen Persie en Soerat baljaar, toe kom Duusman en vang ons klonkies daar, bring ons in klein skippie na die Kaap

waar ek verkoep word saam met ped en skaap aan die kwaai seur Jan van Rostok;

hy gee bietjie kos en banja die sambok, toe loep ek weg na Pereldiamant se hang.

Daar wei mos die lang groen wingerdslang, maar ons sny die soetdryf en ons iet en iet.

Toe ons die honger en die bang vergiet, Anthonie se: "Suidoos blaas oor die rant, dis regte tyd vir Duusmanners se hys afbrand!"

Hy vat die gras en tontelklip, hy slat, ek gooi

die vuur boe by die dak. Soe! Seur, die strooi hy brand. Ons hardloop weg en slag nog skaap en iet en iet. Agter die klip ons le en slaap en droom nog vannie groen wingerdslang, toe die Duusmanners ons daar slat en vang.

(Opperman, 1956:81.)

--~--- ----~----

-~-- -- -- --- -

(3)

Opperman (1956:86) laat Van der Stel die ideale perspektief op regeer soos volg vetwoord:

Ek kan nie doen wat julie net verlang,

want as Goewerneur moet ek ook die bclange van alma!: swart, bruin en wit, gedurigdeur vertolk.

Ons word in hierdie land nog alma! een groot volk uit baic volke saam, en neem van iedereen die beste.

In my is reeds verbind die Ooste en die Weste.

Die regerende Nasionale Party van 195~ met sy talle wette ter bevordering van Apartheid, bet op daardie tydstip nie s6 geregeer dat ons "in hierdie land nog almal een groot volk uit baie volke saam" sou word nie. Die dramaturg gebruik die geskiedenis om verset teen die sosio-politieke bestel van die periode in die drama te konkretiseer. Hy profeteer deur Vander Stel " ... een groot volk/uit baie volke saam, en neem van iedereen die beste./ In my is reeds verbind die Ooste en die Weste." Die verband tussen Ooste en Weste dui natuurlik op Vander Stel se gemengde afkoms:

Maleierouma en ~ederlandse oupa (Van Heerden, 1990:18).

Die dramaturg verbind in die dialoog wat op voorafgaande sitaat volg, 'n gesprek tussen die verligte Van der Stel (alma! ewenaastes) en die verkrampte Van der Heiden (suiwer blankes leef apart), verlede en hede deur die Afrikaanse idioom van die vyftigerjare.Apart, 'n 1948-woord in die mond van Vander Heiden van 1705, hef tyd en ruimte op en stel die historiese gebeure in diens van 'n eietydse verset:

VANDER HEIDEN: Ons suiwer blankes van Europa leef apart en anders as die geel rasse of die swart.

VANDER STEL: Almal ewenaastes! U glo as Calvin is aan God.

Nou, voor Hom is Vryburger, slaaf en Hottentot gelyk. Daarom moet ek as Goewerneur oor alma! waak;

ook, Vander Heiden, datu nie aan die krale raak van Hottentotte en bulle van hul skape stroop wat u aan Henning Huising weer agteraf verkoop.

(Opperman, 1956:86.)

Opperman gebruik ook die historiese gebeure soos gerekonstrueer in die drama om verset aan te teken teen dood in aanhouding (Vander Heiden), mense in gevangenis om politieke redes (Tas), op Apartheid en konsetwatisme. Deur Vander Stel rela- tiveer Opperman ou gevestigde sosiale en maatskaplike sekerhede van die Afrikaner

130

(4)

soos die godsdiens en rassesuiwerheid:

Y ANDER HEIDEN: Stil, Goewcrneur! Ek sal u nic voor my !a at ICJstcr.

VANDER STEL: God lcef verby gcbooie. Ek sock oral na Hom, soos Aboel Zigar se, in skaap, in mens en blom,

van kerk na tempe!, van Bybel na Koran.

VANDER HEIDEN: Dus, goddeloos!

u ontwikkelinge is net werelds, u strewes boos.

(Opperman, 1956:87.)

Opperman satiriseer met Vander Stel wat die land regeer en wat nie suiwer blank was nie, Van der Heiden se "suiwer blankes van Europa wat apart leef "• Opperman (1959:147-150) se verset teen die suiwer blanksindroom van 1948 is verset teen 'n ideologie wat later in Suid-Mrika tot 'n religie verhef is in die koorsige gedwonge skeidings wat in die jare vyftig 'n aanvang geneem bet.

• Die volgende periode wat van belang is vir verset m die Mrikaanse drama is 1778-1795. Muller (1968:65) toon aan dat die Kaap gedurende die periode 'n ongekende verset van die burgers teen die politieke bestel van die tyd beleef bet. Die botsing van die grensboere met die suidweswaarts bewegende Xhosas bet aanleiding , gegee tot groat verset teen die wyse waarop die regering die saak hanteer bet. 'n Tweede rede vir verset, volgens Muller (1968:65) was " ... die openbaring van demo- kraties-rewolusionere denkbeelde by die Afrikaner. Vir die eerste keer word denk- beelde van oorsee opvallend oorgeneem en by Kaapse toestande aangepas." Die Kaapse Patriotte bet na demokratiese selfbestuur gestreef ten einde die ekonomiese stelsel te verander.

Die strewe na ekonorniese selfbestuur bet groter plaaslike be beer in die hand gewerk maar die filantropiese idees aangaande die kerstening, opheffing en beskerming van die nie-blanke bet die strewe van die patriotte ontmoedig. Beide denkrigtings bet verset teen die regering tot gevolg gehad. Die Kaapse Patriotte was manne wat, volgens Muller (1968:69) daadwerklik tot versetaksies toegetree bet" ... op grand van 'n onvervreembare reg deur God en natuur daargestel, sou die volk die reg he om owerhede wat hom onderdruk te vervang". Die resultaat van hierdie versetaksies was die totstandkorning van die republieke van Graaff-Reinet en Swellendam in 1795.

"Die geskiedenis herhaal homself' is 'n cliche en tog is die retoriek van verset van di~

peri ode opvallende politieke retoriek wat veral in die eietydse rewolusionere klimaat twee honderd jaar later, by herhaling deur politieke leiers in verset teen die heer- sende politieke bestel geopper word. In die Mrikaans~ versetdramas is verset in die ~----...._

______ ___________

---

131

(5)

naam van God 'n opvallende verskynsel: Kemp, in Die jaar van die vuur-os (1952), verset hom te:en die gesag omdat hy hom deur God geroepe voel tot die daad;

Trichardt v:m Voelvry (1968) trek omdat :

... Republiek word is 'n strewe van die gees, ewig, om voor God skoon en vry te wees.

(1968:Voorspel.)

President Steyn in Die pluimsaad waai ver ( 1972: 17) motiveer die Boere se verset teen die Engelse s6:

... Daarom dra ek ootmoedig die regverdigheid van ons. saak aan God op.

En: in die stryd wat voorle, laat daar van ons kant af geen daad geskied anders as wat 'n Christen betaam nie, dit smeek ek julie.

(Pouse) Laat dan U wil geskied.

• In die periode van 1806-1834 beleef Suid-Mrika sy eerste sensuurwetgewing. "In opdrag va~ Somerset het die fiskaal sensuur toegepas, waarmee Greig nie genoee geneem het nie. Die Advertiser is daarop gesluit en Greig is verb an. Pringle se Journal was ook spoedig in onguns. Bathurst, die Minister van Kolonies, het die herversky- ning van die Advertiser toegelaat, maar in 1826 is hierdie koerant weer in die ban gedoen." (Kotze, 1968:103.) Die vrywording van die slawe in 1834 en laaiende spanning op die grens het in die periode aanleiding gegee tot groeiende verset.

Gebeure soos die verengelsing van die Kaap en die onderwerping van die Gerefor- meerde Kerk aan die staatsgesag, is faktore wat saammet die humanisme van dr. Van der Kemp, Read, De Mist en dr. Philip aanleiding gegee bet tot die Groot Trek. Kotze (1968:127) beweer: "Hoewel die Groot Trek uiterlik 'n fisieke emigrasie was, moet dit innerlik as 'n versetreaksie van die Mrikaner-grensboere gesien word. En in sy dieper wese het dit die elemente van 'n rebellie." 'n Belangrike historiese gebeure van die periode is die Slagtersnekrebellie van 1815. Frederik Bezuidenhout, 'n grensboer wat hom verset het teen die gesag, is op sy plaas doodgeskiet. Hans, sy broer, is later doodgeskiet en vier boere wat teen die daad gerebelleer het, is in 1815 by Slagtersnek opgehang.

In 1832 het Boniface die eerste drama De nieuwe ridderorde of De temperantisten geskryfwat verset teen bepaalde maatskaplike gebeure van die tyd representeer. Die drama word allerwee beskou as die eerste drama wat die Mrikaanse karakter van die Kaaps-Hollandse taal van die vroee negentiende eeu illustreer. Boniface het te velde getrek teen die wyse waarop 'n groep predikante drankafskaffing onder die Kleur-

132

(6)

linge wou bevorder. Antonissen (1955:15) beweer dat Boniface bulle" ... negrofiele drywerye as 'n openlike belediging vir die blankes van Suid-Afrika gesien bet". Hy bet

" ... daardie yverzuchtige leeglopers onder den schitterenden dekmani.el van gods- dienst en philantropie" gehekel. Verset in Boniface se drama is vera! gerig teen die maatskaplike toestande van 1825 tot 1835. Dr. Philip, 'n sendeling met groot belang- stelling in politieke aangeleentbede, is in die periode in samewerking met ander geestelikes aktief besig om ter verbetering aan die Hottentotte en bruin mense se sosiale omstandigbede te werk. Die manier waarop die sendelinge dit gedoen bet, bet verset onder die Kapenaars gegenereer. S6 spot Boniface met die geestelikes wat drankafskaffing by die bruin mense wou bevorder:

D. HUMBUG: Waarom, lieve zoon?

SIR J. BRUTE: Om dat het gezigtvan de eerste Wynkroegveelluider tot het hart dezer Hottentotten zal spreken, dan aile dePathos welke onze vrienden tot hunne bekeering mogten bezigen.

BACCHANALIA (ter

zyde ):

Helaas! Myne Hottentottenkennis zal dit argu- ment niet verwerpen!

D. HUMBUG: Ach, foei toch, John!- Hoe kunt gy zoo onchristelyk van dit lieve volk spreken!

SIR J. BRUTE: Denk aan Hendrik Kok.

(Boniface, 1832:39.)

Die name van die dramakarakters satiriseer die werklikbeid: Domine Humbug Pbili- pumpkin, Hans Droogekeel, Piet Dronkelap, Griet Drilbouten. Die drama van Boni- face is dan ook die eerste drama in Suid-Afrika wat in 'n bepaalde periode verset teen 'n bestel genereer om 'n verandering te bewerkstellig, met ander woorde dit is die eerste drama in diens van verset.

Opperman gebruik Tricbardt se dagboekgegewens wat uit die periode dateer as subteks vir Voelvry (1968). Kannemeyer (1988:217) beweer: "Die drama is gebaseer op die geskiedenis van Louis Trichardt se trek en konsentreer - veral met toespelings op die Afrikaner se posisie vandag - op die vraag of al die ontberings tevergeefs was en of die trek wel sin gebad bet."

Andre P. Brink gebruik die Slagtersnekrebellie van 1815 as bronteks vir sy verset- dramasDieverhoor (1970) en Die rebelle (1970). Soos Opperman Vergelegen (1956) in diens van verset stel, gebruik Brink sy tweeluik om verset teen die eietydse sosio- politieke bestel te genereer. Die dramas word onder 4.4 bespreek.

133

(7)

• Die taalstryd wat in die periode 1872-1922 voltrek is, is 'n versetaksie van die Afrikaners teen verengelsing wat 'n lang aanloop gebad bet. Dit is ironies dat 'n vreemdeling, Pannevis, eintlik die stryd aan die gang gekry het. Hy het om gods- dienstige redes die mense probeer oortuig dat bulle nie meer Nederlands verstaan nie en dat bulle dit beslis nie gepraat bet nie. Gevolglik kon bulle nie die Nederlandse Bybel interpreteer nie. Die finale aanname van Afrikaans as taal en die amptelike erkenning daarvan in 1925 bet Afrikaners oor Suidelike Afrika tot 'n bomogene groep met 'n bepaalde identiteit gebind. Dit is egter opvallend dat die stryd om Afrikaans geen groat drama opgelewer bet nie. Die verset teen verengelsing is oral in tydgenootlike dramatjies as 'n onderdeel van verset gerepresenteer. Dit is veral in dramas mi die Anglo-Boereoorlog (1899-1902)1 in 'n agternaperspektief op die oorsake van die oorlog, gerepresenteer. Celliers se Heldinne van die oorlog (1913) is 'n voorbeeld van 'n drama wat die taalstryd aanhaal as deel van die oorsake vir die Anglo-Boereoorlog:

BETTIE: Dis ons Bybel en ons kerk, se Ds. de Villiers, wat nog altyd 'n bolwerk was vir ons taal en nasionaliteit.

(Celliers, 1913:10.)

En in Du Toit (1933:4) se Maloesa, die Getroue se Jan:

Wat wou! Ons gewoontes, ons sedes, ons taal word hier onder die voete vertrap; ...

Indien 'n mens verset soos gerepresenteer in die dramas wat gedurende en mi die taalstryd geskryf is, as 'n norm vir die deursnee Afrikanerdramaturg se betrokkenheid sou neem, kan daar beweer word dat die taalstryd nie so 'n emosionele irnpak op die Afrikaner soos die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) of die Rebellie (1914-1918) gemaak bet nie.

·• Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) is onder andere die resultaat van die verset van die Transvaal en die Oranje-Vrystaat teen verengelsing. Die ontdekking van goud in 1886 in Transvaal bet die spanning tussen Boer en Brit oor talle ander kwessies finaal

1 Historici soos W.J. de Kock (1968) en J.S. Marais (1961) gebruik die term Anglo-Boereoorlog in plaas van Tweede Vryheidsoorlog. Anglo-Boereoorlog word as term vir die oorlog in die studie gebruik.

(8)

in oorlog laat kulmineer. Scholtz (1968:167) beskou die volgende as een van die resultate van die oorlog: "Ten slotte bet die oorlog die verwydering tussenAfrikaans- en Engelssprekendes beklemtoon en aanleiding gegee tot rasseblokke en die on- verl-.'Wiklike politieke groeperinge in die twintigste eeu."

Die drama is nerens in Afrikaans gedurende die periode 1886-1899 in diens van die versetaksie teen die Engelse in verband met die oorlog gebruik nie. 'n Agterna- perspektief op die oorlog waarin verset in die drama gerepresenteer is, is in talle dramas na die oorlog gekonkretiseer. J.F.E. Celliers, S.J. du Toit, H.A Fagan, om enkeles te noem, bet almal dramas geskryf wat die oorlog as tema bet. Die verset is veral teen die verengelsing, uitbuiting, swartes wat bevoordeel is en die diskriminasie wat teen Afrikaners gerig is. In Heldinne-van die oorlog (1913) verwoord Celliers die verset van die Afrikaner teen die oorsake van die oorlog soos volg:

HANNA: Ja, my kind, dis soos jy se: hoe kan dit anders as oorlog wees? Met onreg bet die Engelsman voet gekry op ons Afrikaanse grand, met onreg bet hy die skone beloftes gebreek wat hy in die begin gegee het, met onreg bet by die swart nasies bo ons bevoordeel. En toe ons nie meer kon uithou nie, environs 'n ander land gaan soek het in Natal, het hy die land met onreg en geweld van ons afgeneem. Ons moes vir onreg buk. En bier het ons weer 'n nuwe land kom soek; en nou wil hy die ook met onreg en geweld van ons afneem.

(Celliers, 1913:7.)

Die belangrikste drama in Afrikaans met die Anglo-Boereoorlog as tema is Bartho Smit se Maeder Hanna (1959). Hanna is die .vroulike pendant van Van Melle se Bart N el. Sy is koppig, selfs onredelik en weier om 'n ander perspektief op sake te kry.

Hanna se karakter is die resultaat van die stryd waaraan die pionier-Afrikaner onderwerp was tydens en na die Groot Trek. Sy bet alles verloor en tog bly leef. Oupa vertel:

... Ek het baar in Natal tussen die lyke en assegaaie uitgehaal - ek - toe sy nog nie eens kon loop nie. En toe le alles wat sy ooit besit het random haar - dood - vermoor deur die Kaffers - baar ouers, haar broers, alma! ... Ek ken haar. Ek bet baar self grootgemaak vir jou pa. Ek bet hom gedwing om haar te vat toe hy agter ander wou aanhardloop. Ek het gesorg vir haar ... Maar hierdie aarde was teen heer. Hy't alles ingesluk wat sy ooit gehad het. Hy't niks gespaar nie. Sy had ses seuns. En waar is h ulle vandag? W at die Kaffers en ongediertes laat staan het, het die Engelse nou geskiet. Daar is een oor.

En nou moet sy nog hoar dit was alles verniet - ons is weer waar ons was in die begin ...

(Smit, 1959:12-13.)

(9)

Toe haar man aan die einde van die drama deur die Eng else doodgeskiet is, reageer Hanna soos volg op sy dood:

HANNA (huil saggies, maar daar is vreugde in haar stem): Ek wis hy sou hul nie aileen laat nie - ek wis: want daar was 'n blydskap in sy han de, toe hy my groet vanaand, asof hy huis toe gaan. En nou fs hy tuis ... (Sy vee die hare van .sy voorkop weg.) Hy was geen verraaier nie -nee - hy was vasgekeer in die verraad wat soos 'n veldbrand oor die land gekom het! Maar sy seuns- sy seuns bet hom weer uitgedra. En laat God die res vergewe ...

(Smit, 1959:46-47.)

Smit gebruik die historiese gegewens van die periode 1838-1914 om daarmee 'n beeld van die konserwatiewe Afrikaner in die drama te rekonstrueer. Met die drama motiveer hy die hardkoppige en soms botte verset van mense wat deur die geskiedenis vereng en verhard is.

• Liebenberg (1968:352) beweer dat die Rebellie van 1914 waartydens boer teen boer geveg het, onder andere die gevolg van die verset van Afrikaners teen die regering was. Die boere het "gehoop op die terugwinning van die ou republikeinse onaf- hanklikheid. Dit was uitsluitlik 'n stryd tussen Afrikaner en Afrikaner, want Botha, wat 'n rasseoorlog wou vermy, het slegs Afrikaanssprekende soldate gebruik om die rebelle te beveg." (Liebenberg, 1968:354.)

Bart NeZ (1936) van Van Melle is een van die belangrikste romans in Afrikaans met die Rebellie as tema. Die televisieverwerking (1987) daarvan is gevolglik die bekend- ste dramaverwerking van 'n roman met die Rebellie as tema. Bart se verset teen die regering en sy hardkoppige volharding met sy stryd teen die veroweraars, is 'n agternaperspektief op die historiese gebeure wat in die roman en die verwerkte drama getransformeer is. Van Melle se eintlik deur die karakter Bart: ons is soos ons is omdat die geskiedenis ons gemaak het wat ons is. Bart Nel en Maeder Hanna is versetkarakters wat in 'n groot mate die handeling en optrede van 'n bepaalde deel van die Mrikanergemeenskap teen 'n historiese agtergrond motiveer.

Dramaturge het nie die drama in die periode 1895-1940 gebruik as 'n instrument van verset teen die destydse regerings nie. Die dramas wat net na die Anglo-Boereoorlog en die Rebellie verskyn het, het veral die verset van die mense teen armoede en verstedeliking gerepresenteer en was as sodanig deur versetdramaturge gebruik om die saakvan die landelike boeregemeenskap te dien. Harm Oost het Ou Daniel (1907) net na die Anglo-Boereoorlog geskryf. Ou Daniel het hom verset teen die uitbuiters en groat organisasies wat die boer van sy plaas af wou dryf. Sy verset teen die armoede

136

(10)

en swaarkry is oppervlakkig en lomp in die drama gekonkretiseer. Ou Daniel is die eerste dramakarakter wat in die Afrikaanse drama na 1900 sy verset teen sosio- poli tieke gebeure van die tyd uitspreek:

OU DANIEL: (halfvoor sichself): Wat is duisend pond? Ik was eenmaal 'n wel-af man gewees ... Toen ik in '60 met mij o'erlede vrouw en mij seuntje hierdie plek uitgesoek bet, was die stukkie grand viermaal so groat als nou.

Dit het minder geword - ne's ik ... die beeste is a! dood ... en nou moet die laaste stukkie grond ook nog weg ...

BILLY: Maar ou'oom kan tog weer 'n ander, baje beter plek koop ...

OU DANIEL: Wat help dit! Ik druk dan weer ander mense uit. En die groat maatskappije druk ons alma! uit, als ons nie mooi oppas nie.

(Oost, 1907:36.)

Ander bekende dramaturge in die periode m1 die oorlog is Jan F.E. Celliers en Melt Brink. Brink bet geestige toneelstukkies gesk:ryf soos De echtscheiding (1905), Bij de tande-dokter (1905) en 0 de muizen! of Het stemrecht voor vrouwen (1908). Die toneelstukkies was gewild en bet, volgens Kannemeyer (1978:72), "die Hollandse- Afrikaanse toneeltradisie aan die gang gebou in 'n tyd toe daar weinig op die gebied geproduseer is". Die belangrikste versetwaarde van die dramas is die feit dat die dramas Afrikaans gepraat het en verseg bet om stil te raak en terug te staan vir Nederlands en Engels. D.F. Malberbe se Die mense van Groenkloof (1925) bet die onwettige diamantbandel en die verarming en agteruitgang van die Afrikaners as tema. Die drama vergestalt op naiewe wyse verset teen die verslegtende lewens- omstandigbede van die periode. As sodanig is Die mense van Groenkloof (1925) tog 'n instrument van verset.

Langenhoven se beste drama (Kannemeyer, 1978: 175), Die laaste van die takhare (1925), representeer ook onder andere die stryd tussen Afrikaans en Engels en die verandering in die destydse maatskaplike toestand. Die drama se luimige situasies en geestige dialoog lewer 'n groot bydrae om die Afrikaner te leer om vir homself te lag.

Langenhoven se verset teen die oorwegend ernstige en somber lewensbeskouing van die Afrikaner, maak die drama 'n belangrike versetwerk ten opsigte van sosiale bervorming. So praat Ou Karel:

Onder die regering wat ons n6u hier in die ou Kolonie het, kan geen mens dit uithou nie. Of jy moet 'n ingevoerde rou rooinek-ekspert wees wat 'n salaris trek vir boererinneweer. En luise soek. Brandsiekluise. Een van die dae verwag ek sal 'n meneer wat nie my taal kan praat nie, met 'n helmhoed

137

(11)

en leerkamaste, vir my ook wil kom dip. A nee, ek se a nee, en my kop met 'n vergrootglas kom visenteer omdat by effentjies kaal begint te word.

(Langcnhoven, 1973:280.)

• In 1921-22 bet twee voorvalle plaasgevind wat die beeld van die Smutsregering ernstig benadeel bet. In die Queenstowndistrik bet sowat duisend swart gesinne op die plaas Bulhoek geplak. Die owerheid bet bulle hardhandig verwyder. In Mei 1921 is 63 opstandelinge doodgeskiet. Dit is 'n gebeurtenis wat 'n voorloper was vir gebeure soos Sharpeville, Langa, Philippi en ander voorvalle soortgelyk aan die wat sou volg. Die tweede gebeurtenis van belang is die mynstaking wat op 14 Maart 1922 beeindig is. Hierin bet 153 mense omgekom. Hierdie opstande bet aanleiding daartoe gegee dat die Nasionale Party in koalisie met die Arbeiders in Junie 1924 aan die bewind gekom het. Sosio-politieke verset teen die regering van die dag ·was die stimulerende krag wat aan die nuwe bestuur beslag gegee bet.

• Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wereldoorlog (1939-1945) bet, volgens Liebenberg (1968:382) tot gevolg gehad dat Afrikanereenheid finaal herstel is. Die Nasionale Party bet in 1948 aan die bewind gekom. In teenstelling met die res van die wereld waar daar na die oorlog gestreef is "om aile grense en onderskeide tussen rasse uit te wis, bet die blankedom in Suid-Afrika die opkoms van die swart man en die uitwissing van die kleurskeidslyn elders in die wereld as 'n bedreiging vir sy eie voortbestaan gesien" (Liebenberg, 1968:388). Die een na die ander wet is op die wetboek geplaas om Apartheid te verstewig: die Wet op Verbod van Gemengde Huwelike 1949; Wysigingswet op Ontug 1950; Bevolkingsregistrasiewet 1950; Wet op Groepsgebiede 1950; Wet op Aparte Geriewe 1953; die Wet op Hervestigingvan Naturelle 1954; Kleurlinge op Aparte Kieserslys 1956; Wet op Aparte Universiteite 1959. Liebenberg (1968:393) se mening hieromtrent lui soos volg: "Al bierdie wette bet Apartheid afgedwing, maar die kern van die rassevraagstuk is nie daardeur geraak nie. Op die vraag na die aard van die nie-blankes se politieke regte bet bierdie wette geen antwoord gegee nie."

Die Bulhoekgebeure en die Staking van 1922 bet nie die Afrikaanse dramaturge tot versetaksies aangespoor nie. Die aanloop tot die gebeure wat die karakter van georganiseerde verset en selfs rebellie tot gevolg gebad bet, bet die dramakunste- naars verbygegaan. Die Tweede Wereldoorlog (1939-1945) betook nie verset teen die regering of die sosiale opset gegenereer wat in belangrike dramas gerepresenteer is nie. Uys Krige bet in enkele van sy eenbedrywe verset teen die onmenslikheid van die oorlog (Aile paaie lei na Rome, 1949) en die wreedheid (Die sluipskutter, 1951) gerepresenteer.

(12)

" ..

• Verset van die nie-blankes teen die blanke regering bet gaandeweg van 1912 in momentum toegeneem. Die African National Congress wat in 1912 gestig is, die Coloured Peoples Organization, die Indian Congress en die Congress of Democrats bet op 26 Junie 1955 byeengekom en 'n Freedom Charter aangeneem waarin 'n sosialis- tiese demokrasie met gelyke regte vir aile rasse in Suid-Afrika bepleit is. Die by- eenkoms lui die begin van die nie-blankes se rewolusionere verset teen die blanke regering van Suid-Afrika in. Verset teen die regering uit die perspektief van die nie-blanke is veral in die Eng else drama wat in Suid-Afrika geskryf is, gerepresenteer.

A. Fugard se My children, my Africa (1988) is 'n voorbeeld van 'n drama waarin die verset teen Apartheid en sosiale skeiding van blank en nie-blank duidelik gekon- kretiseer is. Die dramaverwerking van ElsaJ oubert se roman, Poppie Nongena ( 1984) deur S. Kotze, is 'n voorbeeld van 'n Afrikaanse drama wat verset, uit die perspektief van die swart mense representeer. Adam Small is die dramaturg wat veral namens die bruin mense verset teen die sosio-politieke opset in die drama konkretiseer.

Kanna hy ko hystoe (1965),Joanie Galant- hulle (1978) en Die krismis van Map Jacobs (1983) is van sy bekendste versetdramas. Kanna hy k6 hystoe word in 4.3 verder bespreek.

• Kontemporere historiese gebeure wat as agtergrond vir sosio-politieke verset in die Afrikaanse drama gedien bet, is die R.S.A se betrokkenheid in Angola. Henning (1990:10) skryf oor hierdie gebeure soos volg: "Gedurende 1975 is dit nodig geag om die Republiek in die strengste geheimhouding en onder dekking van 'n omvattende binnelandse nuusverbod betrokke te laat raak by die gewapende konflik in Angola."

Die onverwagsheid van die daad is moontlik die oorsaak dat die aanloop tot die inval nie in die Suid-Afrikaanse drama figureer nie. Verset teen die betrokkenheid in Angola bet gaandeweg in die letterkunde en in besonder die drama neerslag gevind.

Toe die R.S.A in 1989 Angola onttrek bet, bet vrae soos 'waarom?' en 'wat die sin van die oorlog was', neerslag in die Afrikaanse drama gevind. Die ATKV-Kampus- toneel bet opeenvolgend heelwat dramas opgelewer met hierdie versetvrae as tema, byvoorbeeld More is 'n lang dag (1986) van Deon Opperman, Honoris Crux (1988) van At van Wyk en Singjy van bomme (1988) van Ryk Hatting.

• Die lewensomstandighede bet veral vir die Afrikaners na die Tweede Wereldoorlog dramaties verander. Hulle is blootgestel aan internasionale konflik en invloed, verstedeliking bet toegeneem en die land bet 'n periode van ekonomiese oplewing beleef. Kannemeyer (1978:263) beskryf die omstandighede so: "Die Afrikaner begin om ruimer te dink, ontgroei sy geestelike kolonialisme en word bei:nvloed deur wysgerige rigtings (Hegel, vitalisme, eksistensialisme), politieke ideologiee (kom-

(13)

munisme, N asionaal-Sosialisme, fascisme, liberalisme ), internasionale gebeurtenis- se (die opkoms'van Hitler, Mussolini en Franco, die Tweede Wereldoorlog, die dekolonialisering van Afrika en die emansipasie van die swart man) en godsdienstige spanninge (die Du Plessis-saak in die twintiger- en vroee dertigerjare oor die k'Wessie van die inspirasie van die Bybel en die goddelike outoriteit van Jesus Christus)."

Die Afrikaanse toneel en drama is bevorder deur die totstandkoming van die Kaap- stadse Afrikaanse Toneelvereniging (1934), die Nasionale Toneelorganisasie (1947) en 'n staatsondersteunde teater in Pretoria. N.P. van Wyk Louw, D.J. Opperman, Gerhard Beukes, Uys Krige en W.A. de Klerk, almal dramaturge in die periode na 1940, se dramas weerspieel die ruimer denke en 'n laitiese ingesteldheid waaruit verset teen ou sosio-politieke strukture ontwikkel.

4.2 W.A. DE KLERK: DIE EERSTE VINGERWYSING NA APARTHEID IN DIE AFRIKAANSE DRAMA

4.2.1 Die kulturele agtergrond van W .A. de KJerk

Willem Adriaan de Klerk is teen die einde van die Eerste Wereldoorlog op 7 Maart 1917 op Marquard in die Vrystaat gebore. Hy studeer in die regte aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy praktiseer aanvanklik as advokaat aan die Kaapse Balie, is later 'n vryskutskrywer en werk ook as omroeper by die SAUK in Kaapstad. De Klerk se kulturele agtergrond is verruim deur die besondere omstandighede van sy jeug soos hy dit In herinnering se wei (1966) aandui:

• "My eerste verstand het ek maar in die Kaap begin kry - waarheen my vader, geesdriftige deelnemende aan die eerste ekonomiese bewuswording van die Afri- kaner, besluit het om te verhuis." (1966:69.)

• "Dit was natuurlik in die-dae toe die Kaap vanselfsprekend 'Engels' was." (1966:69.)

• "Tuis het die verbrokkeling van 'n huwelik 'n diepe indruk op my jong gemoed gemaak. Hoewel ek nie verstaan nie, het die atmosfeer van daardie jare 'n per- manente deel van my gebly." (1966:70.)

• Hy vertel van die omstandighede wat hom terug Vrystaat toe gebring het, hom die Oos-Kaap laat ontdek het en som dit s6 op: "So het ons eintlik in drie aparte werelde grootgeword:. en miskien juis daarorn 'n liefde en 'n gevoel vir die hele Suid-Afrika ... nee, meer nog, kon vind." (1966:75.)

140

---·-~-·---

---

(14)

• Sy vader, D.P. de Klerk, bet hom aan die letterkunde blootgestel en bet 'n baie groot vormende invloed op sy I ewe gelaat: " ... Persoonlikheid en karakter is vandag belangriker as ooit tevore ... Kennis? Ja, selfkennis ver~;L Dit is 'n noodsaaklikheid."

(1966:76.)

De Klerk se agtergrond is verder verruim deur oorsese reise, jagtogte in Suidwes en Angola en sy vestiging as boer in die Klein-Drakenstein naby die Paarl. Die besondere agtergrond bepaal dat De Klerk tereg 'n voorbeeld is van die ti pe Mrikanerkunstenaar wat volgens Kannemeyer (1978:263) begin bet om ruimer te dink en een wat sy "geestelike kolonialisme" ontgroei bet.

De Klerk bet die verlossende gevolge van die taalstryd in 1926 beleef toe by as leer ling in die eerste Mrikaanse skool, die Jan van Riebeeck laerskool, ingeskryf is. Hy bet die Afrikaner se stryd tydens die depressie van die vroeere dertigerjare beleef, die Tweede. Wereldoorlog en die Afrikaner se magsoorname in 1948.

De Klerk se sin vir geregtigbeid setel moontlik in sy belewing van die godsdiem soos by dit beskryf in 'n opstel Oor eie werk ( 1951:1 05): "Maar geloof is juis die redelik-intu1tiewe wete dat as daar van oomblik tot oomblik gedoen word wat reg is vir daardie oomblik, daar 'n Voorsienigbeid bestaan wat die lewe in syvolbeid sal skenk. Daar is oorvloed vir almal."

Sy aanvoeling vir ongeregtighede in die sosio-politieke opset van Suid-Mrika skemer deur in bewerings wat by onder andere in die opstel Oor eie werk ( 1951) maak:

• "Die waarbeid is dat daar niks is wat 'n gedwarsboomde persoon nie sal doen om sy onhoudbare posisie te ontsnap nie. As die enigste moontlikbeid die vernietiging van die geheel, die Selfinkluis, is, sal daardie weg ingeslaan word." (1951:108.)

• "Tragiek is die aanskouing van die ondergang van 'n groot man of 'n groot ge- meenskap deur die onvermoe om die uiteindelike innerlike uitdaging te oorkom, deur die uiteindelike toegee aan die drang om die Self te red - nadat dit berbaaldelik die onderspit gedelf bet." (1951:109.)

• "In boofsaak is die Mrikanervolk nog gesond en in staat om die innerlike uitdaging te oorkom. Maar daar is baie gevaartekens. Groot struikelblokke is in die verlede oorkom. Maar die moeilikste le nog voor. Ons vernaamste taak is om te sorg dat ons nie ons posisie as 'n kreatiewe rninderbeid verloor en 'n despotiese rninderbeid word nie. In 'n land met tien miljoen gekleurdes en 'n toenemende vrees in ons eie geledere is die versoeking groot." (1951:109.)

141

(15)

Voorafgaande biografiese besonderhede is 'n uiters beknopte aanduiding van die vormen- de omstandighede wat die aard van De Klerk se verset bepaal. Hierdie tekseksterne gegewe is noodsaaklike voorkennis om die sosio-politieke verset, soos dit in Die jaar van die vuur-os (1952) gekonkretiseer is, te dekodeer. De Klerk voldoen as dramaturg aan die vereistes wat Welles (1958:100) aan die versetkunstenaar stel: "An artist must confirm the values of his society; or he must challenge them ... "

Kannemeyer (1983:37) sluit in die volgende passasie in 'n mate by Welles aan: "As dramaturg bou De Klerk die realistiese rigting van Grosskopf verder uit deur sy aansluiting by Ibsen en O'Neill en deur by her haling die mens (of maatskappy) in sy begrensdheid en eindigheid sentraal te stel. Heel dikwels is dit die egosentriese mens met onbeperkte geloof in homself, met die vaste voorneme om ten alle koste oor andere te beers en vir wie die redding in selfverloening en 'n oorskryding van die self le."

De Klerk is die eerste Afrikaanse dramaturg wat die sosiale waardes en die politieke problematiek met betrekking tot die rassesituasie eksplisiet uit die perspektief van die Afrikaner in die drama representeer. Alexis ('n Afrikaner) is De Klerk se dramakarakter wat die sosiale norme van die Afrikaner in Die jaar van die vuur-os (1952) bevraagteken, hom uitspreek oor die frustrasie van die amptenaar, die staatsbestel kritiseer en uiteindelik die land verlaat om 'n beter heenkome in Amerika te gaan soek:

ALEXIS (kyk hom aan ): Martin, ek bet die onmoontlikheid van 'n toekoms hier eers werklik besef toe ek destyds teruggekom bet van Frankryk. Daar- die maande in Europa ...

,(1952:43.)

Vervolgens enkele van De Klerk se uitsprake met betrekking tot die funksie enrol van die kunstenaar en die kuns. Hiermee motiveer by in 'n mate die verset en die openbaring van 'n toestand wat kenmerkend van Die jaar van die vuur-os (1952) is:

• "Ek het reeds gese wat die werklike kwaal van die Afrikaanse toneel vandag is. Dit sal nooit tot rypheid kom solank ons met 'n struktuur sit - en dit is nie net meer sensuur nie - met 'n struktuur wat verhoed dat ons met dieselfde oog na die hele vreemde prestasie van die mens in hierdie komies-tragiese konteks kyk. As dit moet reik tot aan die sinvolle by die toneel, dan sal ons juis, en ek kom weer by die Paul Tillich, juis moet openbaar." (De Klerk, 1972:36.)

• "Die kuns is die dimensie wat die skeppende mens tot die natuur toevoeg en op daardie manier openbaar by .ry wereld, openbaar by homself, sy eie waarneming as mens en sy plek in die heelal." (De Klerk, 1972:37.)

---

(16)

• "Burokrasie is 'n openbaring van die mens in sy kleine waan." (De Klerk, 1972:38.)

• "Daarom, ironies, ja, is 'n politiek wat pretendeer om alles onder die wet van Christus te plaas, op pad na 'n nuwe absolutisme wat 'n nuwe sekulere religie tot gevolg sal he, wesenlik nie-Christelik." (De Klerk, 1979:20.)

• "Filosowe en teoloe gaan analities te werk. Die kunstenaar gaan in die eerste instansie openbarend te werk." (De Klerk, 1979:32.)

4.2.2 Sosio-politieke verset in Die jaar van die vuur-os, 'n motivering vir die keuse van die drama

Die drama is om die volgende voor-die hand li~ende redes vir die studie gekies: Alexis is die eerste Afrikaner wat in die Afrikaanse drama krities na die sosio-politieke bestel kyk, die verset teen die regering is Afrikanerverset, die verskillende perspektiewe op die sosio-politieke sisteem is oorwegend Afrikanerperspektiewe en die drama is driehonderd jaar na die volksplanting in 1952 met 'n prys deur 'n Afrikanerorganisasie bekroon.

De Klerk se Die jaarvan die vuur-os (1952) is 'n drama wat aansluit by die Romantiek van Shakespeare, Ibsen en O'Neill. Brustein (1964:4) kwalifiseer die tipe drama soos volg: "By theatre of communion, I mean the theatre of the past, dominated by Sophocles, Shake- speare, and Racine, where traditional myths were enacted before an audience of believers against the background of a shifting, but still coherent universe." Brustein (1964:4) ver- duidelik verder dat die versetdramas by uitstek in die sty I van die Romantiek geskep is: "It is my purpose ... to demonstrate its unity as a Romantic movement, and to trace the development of Romantic revolt in the works of its eight foremost playwrights."

Die aard van die verset in Die jaarvan die vuur-os kan beskryf word as 'n idealistiese soeke na geloofwaardigheid in 'n stelsel wat teen 1950 besig was om 'n rigiede vorm van I ewe op die Suid-Afrikaanse gemeenskap · af te dwing. Alexis ('n versetkarakter) bevraagteken uiters emosioneel die bantering van die swartes en die algemene sosiale bestel in Suid- Afrika.

ALEXIS: Die werk? Daar bet min aan die werk self geskeel. Dit was die mense. (Pouse.) As ek terugdink aan die ewige gespook teen die botheid en domheid! 0, ek weet goed met welke ideale ek soontoe is nadat ek klaar- gemaak het. Hier, so bet ek in my onskuld gemeen, bier die Nuwe Orde - die berwinning van die land, die berstel van die grond. En die Bantoe sou 'n waardiger plek in die samelewing vind, dalk nog 'n Nasionale Tuiste.

(Pouse.) Kanjy dit glo?

(1952:41.)

(17)

In sy gesprek met Martin, gaan Alexis (1952:42-43) voort en kla by die "selfgenoegsame onnoselbeid" van die burokrasie aan; by verwyt die gemeenskap vir 'n vlak bestaan

"skamele stede, hierdie klein lewens, hierdie parogiale politiek". Hy som die toestand in Suid-Afrika van die vroee vyftigerjare soos volg op:

ALEXIS: ... Kan jy dink waarvan die koerante vol was die dag toe ek hier aanland?

MAR TIN: Ek sou my nie kan voorstel nie.

ALEXIS: Die ou hoi refrein: die jongste laster teen die Volk, die grootste droogte in menseheugenis - die is so kort! - die jongste politieke bekering- dis blykbaar ai soort wat tel! - die voor en tee van Boeremusiek - wat geen Boeremusiek is nie! - die ongelooflike sotheid van die keurders van die Curriebekervoetbalspan.

(1952:43.)

In sy skerp botsing met die Generaal verwyt Alexis die Generaal van nai'witeit oor sy geloof in die os as simbool van vrede. Hy se:

... terwyl hy afstap na binne): Julie os is kamtig 'n simbool!

(System weerklink nog spottend agtema.) Waarvan ... ? Steriliteit, ja! Dis al."

(1952:48.)

Die aard van die verset in Die jaar van die vuur-os resoneer met die van Shakespeare.

"Something is rotten in the state of Denmark," die bekende woorde van Marcellus (I,iv:90) in Hamlet wat die verval van die or de in die fiksionele dramawerklikheid voorspel, kon net so wei deur Alexis gese gewees bet. Hy wys op verrotting en verval in die sosio-politieke situasie van 1950. Die Generaal as metafoor vir gesag tas totaal rnis met die os wat as simbool van welwillendheid moet dien. Alexis maak dit af as 'n steriele daad.

Verset soos gerepresenteer in Die jaar van die vuur-os (1952) is enersyds 'n kulrninasie van verset in die Afrikaanse drama teen die sosio-politieke bestel in Suid-Afrika v66r 1950.

Die "Nuwe Orde" (De Klerk, 1952:41) waarvan Alexis praat, is by implikasie verset teen die regering wat in 1948 aan bewind gekom bet. Met die bewindsoorname bet die Afri- kaner wat sedert die volksplanting in 1652 gegroei bet, homself finaal in Suid-Afrika gevestig as 'n sterk homogene groep mense met 'n spesifieke kultuur en 'n identiteit. In die groeiproses bet daar talle voorvalle (vergelyk 4.1) plaasgevind wat versetgenererend van aard was. De Klerk kyk met nuwe

oe

na die Afrikaner, na sy lokale realisme wat 6m rugby en die volk sentreer. Verset, soos in die drama gerepresenteer, is gevolglik gerig teen die egosentriese mens (die Generaal: Afrikaner) wat met 'n onbeperkte geloof homself sien as 'n geroepene om in Afrika oor andere te beers.

---

- - -- ---

144

(18)

Andersyds is die Die jaarvan die vuur-os die begin van 'n radikale nuwe era met be trekking tot die perspektiefvan die versetkarakters op die oorsake vir ongelukkigbeid in die sosiale bestel. Alexis val nie meer die Engelse aan nie, verwyt bulle nie vir die rampe wat die Afrikaner tref nie. Anders as Ou Daniel (1907) van H. Oost, Hanna (1913) van J.F.E.

Celliers, Ou Karel (1925) van C.J. Langenhoven, Jan (1933) van D.P. du Toit, Hanna (1959) van B. Smit en Bart (1988) van J. van Melle verset Alexis hom eksplisiet teen die Afrikaner, teen die Afrikaanse politieke en sosiale bestel. En hiermee neem De Klerk (1952) die voortou. Na Alexis volg dramakarakters soos Frans Harmse (1960) van B. Srnit, Makiet en Karma (1965) van A Small, Frederik Bezuidenhout (1970) van A.P. Brink en Boet Cronje (1988) van P. Fourie. Die Afrikaanse dramaturge bet na Die jaar van die vuur-os (1952) in soverre sosio-politieke verset geld, bulle losgemaak van die "geestelike kolonialisme" (Kannemeyer). Hulle bet begin om bulle krities te rig teen die beleidsrig- tings en die sosiale bestel in die bree landsopset. Van Wyk Louw se versugting in Lojale verset (1939:170) bet in 'n mate by De Klerk gestalte begin kry: "Daar moet kritici tussen ons gelos word wat vervul is van haat teen ons halfheid, gemaksug en kleinburgerlikheid .. . en wat in al hul stryd teen die Afrikaner se euwels self in die eerste plek Afrikaners is; ... "

Die jaar van die vuur-os is as drama ook van belang omdat dit tydens die Van Riebeeck- Dramafees op 11 Maart 1952 ter herdenking van die volksplanting nie net die geroepen- heid van die Afrikaner besing bet nie; dit bet ook krities gekyk na bestaan en regeer in die land. De Klerk bet met die drama 'n bepaalde konflik voorspel wat veertig jaar later 'n werklikheid in die sosio ... politieke bestel van Suid-Afrika geword bet: "Ons sal niks kan bereik ... sander om veel op te offer van baie ... wat naaste en dierbaarste aan ons is nie."

(1952:93.)

4.2.3 Sosio-politieke verset in Die jaar van die vuur-os (1952)

4.2.3.1 Die karakteristiek van die drama

Die sosio-politieke toestand van die vyftigerjare word deur Alexis en Kemp se verset teen die bestel in die drama geopenbaar. Daar word vervolgens kortliks gekyk na die bou van die drama en die aard van die verset.

Die jaar van die vuur-os is gekonstrueer op die model van die klassieke Griekse drama ten opsigte van eenheid van tyd, plek en gekonsentreerdheid van handeling. De Klerk orden die dramagebeure in 'n eksposisie, motoriese moment, verwikkeling of komplisering, 'n klimaks en afloop. Die drama bestaan uit vier bedrywe wat in 'n mate 'n afwyking van die streng klassieke boupatroon is. Die jaar van die vuur-os is 'n voorbeeld van die geslote

145

(19)

drama wat daarop neerkom dat die handelingsverloop volgens die Aristoteleaanse for- mulering geskied. Schutte (1985:201) identifiseer handelingsverloop en speelhandeling as die elemente van die drama wat volgens Klotz (1969) die oopheid of geslotenheid van die drama bepaal.

De Klerk se verset teen die sosio-politieke struktuur van die Suid- Mrika van die vyftiger- jare word gekonkretiseer in sy soeke na 'n geestelike en morele verandering in die binnewereld van die Mrikaner, 'n soeke wat in die tradisie van die Romantiek verloop:

gei"dealiseerde karakters met dade van buitengewone omvang. (Vergelyk 2.3.4 vir meer besonderhede omtrent die Romantiek.) De Klerk fokus hoofsaaklik op die innerlike spanninge van die karakters. Verset teen die sosio-politieke strukture is gevolglik eerstens gesetel in 'n geestelike stryd wat dan uitloop op 'n fisieke botsing. Die aard van verset in die drama is Messiaans: Alexis en Kemp is in opstand teen 'n bestaande bestel en sou dit vervang wou he met 'n meer humane orde. Kemp, 'n sendeling, regverdig sy verset deur sy God: "God gee bulle die reg." (p.26.) Pieter, die antagonis van Kemp, bevraagteken die Godgegewe reg: "God?" (p.26.) Dit is juis hierdie religieuse karakter van die verset wat bepaal dat die aard van De Klerk se verset in Die jaar van die vuur-os raakpunte het met die van Ibsen en Strindberg: "Both playwrights begin as messianic rebels, animated by strong religious needs, and determined to war on the God of the old while advancing towards something new." (Brustein, 1965:91.)

De Klerk se verset teen die sosio-politieke bestel van Suid-Mrika openbaar veral die Mrikaner van die vyftigerjare wat deur die karakters van die drama gemetaforiseer word.

4.2.3.2 Karakterisering as struktuurelement van verset in die drama

Volgens die didaskalia in Die jaar van die vuur-os (1952) figureer daar in hierdie fiksionele wereld agt karakters. Twee swart mans wat belangrike dramatiese rolle vervul, verskyn nie lyflik op die verhoog nie. (In 1952 was dit wetlik nie toegelaat nie.) Brink (1986: 197) spreek hom soos volg uit oor die beelding van die dramaturg: "De Klerk verlaat hom primer op die woord (meermale ook nie die dramatiese woord nie, maar die filosoferende of t6esprekende woord) ... " Verder beweer Brink (1986:237): "Die gevaar van ideedramas, waaraan W.A de Klerk byvoorbeeld nie ontkom nie, is dat die karakters bloot spreekbuise vir die dramaturg se idee word sonder enige lewe van hulle eie." Kannemeyer (1983:38) in sy kommentaar oor De Klerk se beelding beskryf sommige as "karikaturale karakters (Kemp) ... "

Die Generaal metaforiseer die staatsgesag, die eskulaap, die suksesvolle avontuurlike Mrikaner, patriarg en boer. De Klerk (1952:1) stel hom in die neweteks s6 voor: " ... medi-

(20)

kus, vegsman, politikus, godgeleerde en, les bes, grootwildjagter en raconteur sonder weerga ... " Hy is sewentigjaar oud, maar met wuiwende volstruisveer in sy hoed, sit sy son nog hoog. Hy is baas op die plaas- as't ware 'n god, soos baas Fanie van Toiings (1934).

Verset in die drama, gemanifesteer in die karakters van Alexis en Kemp is gerig teen die sosio-politieke stelsel wat deur die Generaal en Pieter verteenwoordig word. Die drama openbaar die Afrikanereiendomlike waarteen die verset gerig is.

Uit die Generaal (p.3) se ''woordryke en t6esprekende" dialoog met Emma blyk die pioniersdrif van sy voorgeslag (vergelyk bladsye 3 en 29) en dat daar van oormaak of weggee van die duurgekoopte grond geen sprake is nie: "Jy weet hoe die eerste Van Niekerks die wereld hier kom skoonmaak bet ... en ten duurste met bulle lewensbloed daarvoor betaal het."(p.3.)

Die Afrikaner se byna religieuse opvatting van boerwees word ook siklies in die drama (pp.ll, 29, 30, 50) geillustreer. Boerwees is 'n verbondenheid met die land en sy diere wat deur die Generaal in gesprek met Gillian s6 verwoord word:

DIE GENERAAL: 'n Mens weet nooit nie. Kom staan nou bietjie hier en boor hoe roep-ja bulle kraal toe.

(Die gebulk k/ink klaend uit die duister op.)

DIE GENERAAL: Sulke beeste ... so vet bulle kan hulself nie lek nie. Ons kan nou-nou dalk nog eers kraal toe stap, dan wys ek jou hoe ons hier melk maak. Smaak my ons moet jou ook hier by ons in die vetmaakveld ja. (Lag, knyp haar.) Wat weet 'n Hammond ook van kos kook af?

GILLIAN: Dis alma! rooi beeste.

DIE GENERAAL: Afrikaners, die laaste een. Maar doer oorkant staan die Friese vir die melk.

(1952:11.)

Die Generaal is aangedaanr:sentimenteel oor die verbondenheid met die land:

DIE GENERAAL: Ons land? (Hy sluk sy gevoel weg.) Ek wonder ofjulle jong geslag nog verstaan wat die woord beteken. Wat weet j ulle van die roersele wat hy in mens gaande maak, sy weidsheid? Wat weet julie daarvan? (Sy hart is meteens te vol om in hierdie trant voort te gaan.) Dit smaak my waaragtig of julle alma! dieselfde is! Watter vreugde bet 'n mens op jou oudag van julle kinders? Niks!

MARTIN: Vader ...

DIE GENERAAL: So is dit. 'n Mens gee die beste jare van jou I ewe! (Met 'n hulpelose gebaartjie.) En dan?

MARTIN: En dan, Vader?

(1952:50.)

147

---- ---

(21)

Verset teen bierdie dinge grens vir die Generaal aan heiligskending:

DIE GENERAAL: 'n Mens droom en doen, en op die ou end, so kom dit my voor, kom jy bedroe daaruit. (Met 'n ontroerde innigheid.) Wat

weet

julle wat die ... stem van die hart se, wat bier binne aangaan? ... Julie wil net altyd stroom-op en berg-af. En dan sien ek voor my oe hoe julie pad verkeerd loop, en dan praat ek en julle h66r nie en dan raak ek ook maar beneuks.

En dan verkwalikjulle my dit ook nog.

(1952:50.)

Die sosiale bestel wat deur die Generaal gemetaforiseer word, is nog 'n sikliese motief (pp.5, 30, 32) wat veral die rasseverboudingsprablematiek in die dramawereld openbaar.

Die Generaal en Emma besin oor die Afrikaner-Engelsmanverhouding soos volg:

DIE GENERAAL: Kyk dis tyd dat Piet en die mense van Soris begin vrede maak. Hy glo nog altyd dat die Hammonds Ngondera se volk destyds aangehits bet om die veld aan die brand te steek.

EMMA: Daarvan weet ek nie. Maar, Vader, dis natuurlik wei waar dat John Hammond 'n jingo is. En die dinge wat hy van Pieter gese bet nadat hy destyds die verkiesing teen hom verloor bet, bet natuurlik nie in die koue klere bly sit nie!

DIE GENERAAL: Samajoa! Met die las wat ons hier bo uit die reservaat bet, kan ons dit nie bekostig dat Soris en Okonjenje dit oneens is nie.

(1952:5.)

Die dialoog tussen die Generaal, Pieter en Kemp belig die swart prablematiek. Die Generaal as metafoor vir die staatsgesag (by is onder andere lid van die Volksraad) openbaar wat die politieke bestel vir die mense doen en die resultate op die werk wat gedoen word. Die gesprek in die drama steun op die tekseksterne veronderstelde kennis van die ingeligte leser/teaterganger met be trekking tot die beteragene bevolkingsamestelling van Suid-Afrika. Die leser/teaterganger is ook veranderstel om kennis te dra van die aanleidende oorsake vir die Groot Trek, die totstandkorning van die republieke van die Vrystaat, Transvaal en Natal en die kwessie van die mandaat van Suidwes wat na die veroweringvan Suidwes in 1915 deel van die Suid-Afrikaanse opset geword bet. Die drama toon, uit die perspektief van die staatsgesag, die volgende beskouings rakende die swart prablematiek (pp.26-31): die "onvervreembare mensereg" (p.26) van die swart man wat volgens die staatsgesag "net 'n naam (is) ... 'n naam om die vernietiging van die beste te verkry" (p.27). Die grand wat tot die swart manse beskikking gestel is, is uit die perspektief van die staat voldoende: "Hulle het die beste grand in die ganse land bier. Wat vyf maal

bul teenswoordige getalle goed sal onderbou as bulle reg daarmee te werk gaan ... " (p.28.)_ _ _ _ Getalleaanwas volgens Pieter is nie die prableem van die staat nie: "Is dit ons skuld dat

148

(22)

bulle so vinnig aanwas?" (p.28.) Verder maak die staat by monde van Pieter beswaar teen verdraaiing van die waarheid in oorsese beriggewing: "Dis die soort vuige laster waarmee jy jou eie mense beswadder enjou eie nes bevuil." (p.29.) Die staatsgesag (verteenwoordig deur Pieter en dieGeneraal) verwyt die swart man by implikasie van grondvernietiging en vertrapping (p.30), vernietiging en beskadiging van huise en skemas wat tot bulle beskik- king gestel is en "te min verantwoordelikheidsin, te min vatbaarheid daarvoor" (p.30). Die staatsgesag beroep hom ook op menslikheid jeens die swartes en begrip van bulle probleme:

" ... vra bietjie vir Ngondera as jy hom sien, of hy nog onthou wie die geld aan sy mense gegee het vir die skool daarbo? ... En wie het onder sy vader se mense gedokter toe die pes onder bulle uitgebreek het? En wie het mielies laat aanry toe bulle wou krepeer van die honger, met die voorlaaste droogte?" (p.32.)

Die drama illustreer dat die staat teen 'n Protestantse agtergrond funksioneer. Die gods- dienssin van die Generaal is 'n sikliese tema (pp.2, 7, 19, 24, 26, 32, 33 ... ) wat die _godsdienstige karakter en aard van die staatsgesag en die Afrikaner, soos gemetaforiseer deur die Generaal, Pieter en Martin, bevestig en beklemtoon. Die Generaal voe! die beskikkingsmag van God aan in die lot wat die land en sy mense tref: " ... Maar voor jy loop, laat my net toe - ons staan nou op gespanne voet en jy sal maklik wat ek se, in die wind wil slaan- laat my net toe om te se: sien hierin vir jou 66k, Kemp, en vir jou mense, die Yinger van God!" (p.93.) Die Generaal dra as't ware sy gesag oor aan Martin en Gillian, metafoor vir die "nuwe" Afrikaner wat gesag in die land moet dra en die land moet opbou. Hy sien bulle taak s6: "En doen wat die Here van jou eis - al skop 'n mens so woes daarteen. Maar dis noujulle taak- 'n nuwe pad, 'n nuwe opoffering ... " (p.98.)

Die Christelike offervaardigheid is ook aanwesig in die Generaal se toekomsvisies (pp.92, 95, 98) vir die land. Die volgende woorde van die Generaal illustreer die bewering: "Ons sal niks kan bereik ... sonder om veel op te offer van baie ... wat naaste en dierbaarste aan

OTIS is nie." (p.95.)

Pieter, 'n metafoor vir die bevooroordeelde regse Afrikanerdenkers, is 'n alter ego van die Generaal wat die Afrikanerbeeld van gesag verder in die drama uitbou. Hy se aan Emma:

" ... Waarom salons die halfmens laat baasspeel, toevallig omdat dit ons beskawing is wat hom in staat stel om vinniger voort te plant as ons." (p.76.) S6 ook vul Martin, opgelei as medikus so pas terug uit Europa, die Afrikanergesagsbeeld aan. Hy is op sy beurt 'n meer liberale denker en metafoor vir die geemansipeerde Afrikaner. Gillian metaforiseer die Afrikaner wat ontstaan het uit die versoening van rassegroepe:

DIE GENERAAL (kyk haaraan): Vertel my nou, wat fsjy? GILLIAN: My pa was 'n Rooinek .•. soos Pieter se.

149

(23)

DIE GENERAAL: Tj ... tj ... Waar kom Piet tog aan die naam?

GILLIAN: En my rna was 'n Woltoon, van die 1820-soort.

DIE GE)'.'ERAAL: En jy? ... Wat is jy, my kind?

GILLIAN: Ek? Ek is 'n Springbok. Maar Picter se daar is nic so 'n ding nie.

(1952:8.)

Die Generaal, Pieter, Martin, Gillian en Em is almal saam die beeld van die Afrikaner wat die sosio-politieke bestel waarteen Alexis en Kemp in verset is, verteenwoordig.

Alexis, 'n newefiguur in Die jaar van die vuur-os, is metafoor vir die Afrikanerversetkarak- ter van die vyftigerjare. Hy is die jongste seun van die Generaal, maar erken dat by nie so talentvol soos die ander kinders was nie: " ... al bet ek nie geskitter soos die ander van julie nie." (p.42.) Hy is ook so pas terug van die buiteland. Daar is by, wat sy sosio-politieke beskouings betref, wedergebore en is by as Afrikaner in verset teen die ideologiese opvat- tings van die Afrikaanse gemeenskap in die fiksionele wereld van die drama.

I

De Klerk vergestalt Alexis as die teenoorgestelde van die Generaal en Pieter. Laasgenoem- de twee is in die fiksionele wereld van die drama plaasmense en aangetrek soos boere.

Hulle is albei by plaasbedrywigbede betrokke. Alexis, daarenteen, le al van vieruur af onder die boom en slaap. Aangetrek in 'n kort broekie en 'n ligte sybemp met sandale aan sy voete, is by wat voorkoms aanbetref, reeds 'n outsider op die plaas. (p.7.) Sy eerste woorde in die drama, toe by uit sy "gaapsiekte" opstaan en by die Generaal kom, suggereer verset:

DIE GEl\TERAAL (beskou hom van kop tot toon ): Vadertjie myne ... ! ALEXIS: Wat makeer?

DIE GENERAAL: Manjy lyk soos 'n blouwildebees wat met sy kop te lank in die wind loop staan bet!

(Alexis gluur hom aan.)

DIE GENERAAL: Weg metjou, Satan! Gaat reinigjou!

(1952:9.)

Die Generaal praat met Pieter, Emma, Gillian en Martin met toegeneentbeid. Sy bouding en kommunikasie met Alexis toon 'n mate van afkerigbeid.

Alexis se verset is as dramagebeure ondergeskik aan die sentrale versetgebeure, naamlik die sosio-politieke verset tussen wit en swart wat onderskeidelik gemetaforiseer word deur die Generaal en Kemp as verteenwoordiger van Ngondera. Alexis se verset teen die bestaande stelsel is boogstens in bierdie dramawereld 'n teatrale protes met 'n referensiele verwysing na gebeure in die bistoriese werklikheid van die periode. In Die jaar van die

(24)

vuur-os is die eerste Afrikanerversetkarakter wat teen Afrikanernorme m die drama protesteer nie indruh.-wekkend nie. Hy lyk soos volg:

• Hy is 'n Afrikaner uit 'n gesiene familie. Sy pais 'n man van aansien, 'n leiersfiguur.

Hy bet 'n plattelandse agtergrond. Hy self is egter los van die plaas- die verstedelikte Afrikaner.

• Die versetkarakter is beslis be1nvloed deur menings van oorsee. Hy was, soos reeds aangedui, nege maande (uiters simbolies) in Frankryk. Daar bet sy oe vir die verengde sosiale opset en die ondemokratiese bestel in Suid-Afrika oopgegaan.

Hierdie sosio-politieke bekering bely by eerlik aan Martin in die volgende uitspraak:

"Martin ek bet die onmoontlikheid van 'n toekoms bier eers werklik besef toe ek destyds teruggekom bet van Frankryk. ... Here, hierdie skamele stede, hierdie klein lewens hierdie parogiale politiek." (p.43.)

• Sy verset is onder andere gerig teen die eng oppervlakkige sosiale bedrywighede van die Afrikanergemeenskap. Hulle lewens wentel om rugby, droogte en die jongste politieke bekeerlinge. Hy maak die volgende bewering: "Martin, hoe vaal, hoe rniddelmatig, hoe kleinburgerlik was dit alles na Beiere, en Italie en Provence." (p.43.)

• Alexis se verset teen die politieke bestel in Suid-Afrika, soos dit in die drama- werklikheid gekonkretiseer word, toon in die eerste plek sy probleme met die hierargiese struktuur: "Maar diegene in die hoe plekke? En die Rade wat niks eens begryp bet van die interne werking van die Trust nie, en maklik aan die neus gelei is deur 'n slim Direkteur?" (p.42.) Hy gaan voort en toon aan dat die bekwaamste mense nie noodwendig bevordering kry nie, dat daar ander oorwegings is wat die aanstelling in beheerposte bepaal. Hierdie verwysing van De Klerk in die drama kan gelees word teen die werklikheid van die periode: die Broederbond bet op daardie stadium senior paste in die staatsdiens laat infiltreer deur Bondlede2.

2 From this pinnacle of executive control over South Africa's affairs, the organisation's 12 000 members permeate every aspect of the Republic's life. Through its network of more than 800 cells in the villages and cities of South Africa, the organisation has infiltrated members into town and city councils, school boards, agricultural unions, the State-controlled radio and television networks, industry and

commerce, banks and building societies.

Its membership spirals insidiously upwards through the strata of South African society, into the provincial administrations, the departments of education, planning, roads and works, the hospital services, universities, the quasi-state corporations, the civil service, the National Party caucuses, working through the administrators of the provinces, through Parliament and the seat of government, until it fmally reaches its apex in the offices of the Prime Minister. (Wilkens & Strydom, 1978:14.)

·---.. _ ---

151

(25)

• Verder verset Alexis hom teen die tradisionele behandeling en bantering van die

.

swartes. Die behandeling van die swartes dui in die dram:nvereld op die ontplooiing van die beleid van Apartheid. Cronje (1945: 164), 'n sosioloog, se die volgende: "Die bevredigende en blywende oplossing van die rassevraagstuk sal aileen langs die weg van algehele rasseskeiding kan geskied." Die N asionale Party wat in 1948 aan bewind gekom bet, bet die bloudruk van Cronje as die oplossing vir die rassevraagstuk in Suid-Afrika aanvaar en bet dit met 'n reeks wette begin implementeer. (Vergelyk 4.1.) Cronje (1945:20) beweer in sy boek dat die Boere3 regverdig is teenoor die swartes, maar bulle glo dat 'n "nie-blanke op sy plek gehou moet word". De Klerk representeer hierdie werklikheid drama ties in Die jaar van die vuur-os: Ngondera en sy mense word op hulle plek in bulle woongebied gehou.

Die op-sy-plek-hou bet tradisioneel veel meer as beperk tot 'n gebied beteken. Alexis (p.48) is in verset teen die manier waarop Ngondera "op sy plek gehou is" toe by saam met Kemp by die Generaal se huis opdaag. Kemp is binnegenooi, Ngondera moes buite in die motor wag.

Pieter se bantering van die begraafplaas van Ngondera en sy mense dra nie Alexis se goedkeuring weg nie. Hy verwys s6 na die voorval: "Hy (Pieter) was dus by die graftes ook? ... Vanaand, kanjy maar glo, is die duiwel op hierdie plaas los!" (p.38.) By implikasie maak Alexis onder andere beswaar teen die gesag se onmenslike bantering van die sen- sitiewe saak.

• Alexis se verset teen die sosio-politieke stelsel is woordryk, uiters emosioneel en grens aan sentimentaliteit. Dit openbaar veral gesindhede van die vyftigerjare. Hy verlaat uit frustrasie die land. Hy doen niks om die sake waarteen by hom verset te verander nie. Hier volg 'n paar van sy emosionele uitsprake:

Ek bet met 'n eerlike gemoed idealisme gesoek, Martin. En wat bet ek gevind? Net selfgenoegsame onnoselheid!

(1952:42.)

Ek is buikvol van mense wat 'opgevoed' moet word, van kleinlike vooroor- dele wat 'n mens net veldiep laat kyk en dan afkraal en verdoem.

(1952:48.)

3 Hy verwys konsekwent na die Afrikaners as Boere.

152

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Aus dem letzteren Grabchen, das in Zusammenhang gebracht worden ist mit der Drei- pfostenreihe, die als Gebaude 34 erörtert wurde, stammen einige Scherben, deren jüngste Rössener

Die Ware der Chamer Gruppe in Hienheim ist in der Regel stark gemagert (mit Körnern und Broeken bis zu einer GröBe von 8 mm). Zur Beschreibung der Magerung dieses Repertoires

verpligtings kon nakom nie~ Die direkte gevolg was die geweldige vermindering in die salaris van onderwysers.. tien aanbevelings gedoen·. moes volgens hulle. beskou

Wanneer Petrus homself aan die lesers bekendstel as slaaf van Jesus Christus, bring hy daarmee 'n besondere aspek van sy verhouding tot Jesus Christus na vore:

Dit blyk dus dat die apostel wil veroorsaak dat die lesers die dinge wat hy in die opsomming van sy leer uiteengesit het, weer uit die geheue oproep en opnuut

Die uiteindelike keuse word dikwels deur ekonomiese faktore en die eise van die ge- meenskap beslis (1). E1ke onderwyser het die ervaring opgedoen dat baie

[r]

Samen gaan we in geloof op weg, één plus één zijn er al twee.. Zie, zoals de herders in die nacht, God, geboren in