• No results found

Vermeulen, O. 2013. Obsession. [CD-bespreking]

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Vermeulen, O. 2013. Obsession. [CD-bespreking]"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

98

CD-BESPREKINGS Christiaan Carstens

ObSESSION – OcKIE VERMEUlEN

C. Steyn: Burlesque, Crescendo; J.S. Bach: Toccata and Fugue; C. Steyn: Ek wil vir jou; A. Guilmant: Final Symphony [sic]; J. van Rensburg: Sondaarspoort; C. Steyn: Rondo; J.S. Bach/C. Steyn: A bit of Bach; C. Steyn: Mieder’s Theme; D. Austin/I. Hughes: Spirit of Ecstasy; L. van Rooyen: Just a simple love song; J.S. Bach: Fantasy and [sic]; C. Steyn: Fugue in G minor;

C. Steyn/L. Beekman: I do believe.

Ockie Vermeulen (klavier en orrel) in samewerking met ’n ad hoc-orkes en die Drakensberg Seunskoor o.l.v. Johann

van der Sandt. JNSD 205 (CD 77:07) Engelse kommentaar ingesluit

Opname: KZ Matthews Great Hall, Unisa, Pretoria (2013)

O

ckie Vermeulen, bekende orrelis en kurator van die groot Riegerorrel by Unisa (Pretoria), het die afgelope paar jaar bekendheid verwerf as uitvoerende kunstenaar, maar veral ook vir sy vernuwende aanwending van die orrel in kombinasie met ander instrumente in die uitvoering van kontemporêre ligte musiek en jazz. Sy eerste twee CD’s, nl. Highland Cathedral en Arena, is goed ontvang en wyd geloof. Die pas-vrygestelde Obsession is die derde CD van Vermeulen in die sg. cross-over genre. Die gemene deler in hierdie uitreiking is Christa Steyn, in lewe mentor en vriendin van die orrelis, van wie daar komposisies en verwerkings op hierdie uitreiking te hoor is.

Christa Steyn, wat vir baie jare ’n suksesvolle loopbaan as pianiste in samewerking met sanger Jannie du Toit opgebou, en baie Suid-Afrikaners se harte gesteel het met liedere soos o.a. die roerend-mooie “Ek wil vir jou”, word op hierdie CD verteenwoordig met veral instrumentale werke wat nie so bekend is nie. Burlesque, waarmee die program open, Crescendo, Rondo, Mieder’s Theme en Fugue in G minor, toon Steyn se vernuftigheid in die skep van pragtige melodieë, die ontwikkeling van eenvoudige melodiese materiaal tot ’n groter geheel, en veral ’n idiomatiese aanwending van die klavier in solistiese dele teenoor die orkes. In die CD-omslag word daar erkenning gegee aan die oorspronklike verwerkings van Steyn, maar dit is egter onbekend, behalwe vir die byvoeging van die orrelpartye, in hoe ’n mate dit deur Vermeulen aangepas en uitgebou is. Ander bydraes tot hierdie CD-uitreiking kom uit die pen van Johan van Rensburg (Sondaarspoort), L. van Rooyen (Just a Simple Love Song) en Austin/Hughes (Spirit of Ecstacy).

’n Goeie skeut klassieke musiek verleen ekstra luister aan die program, en daar word sterk gesteun op musiek van Bach (Toccata and Fugue; Fantasie and [sic]) en Guilmant (Final Symphony [sic]). Die Bach-werke wat oorspronklik vir solo-orrel gekomponeer is, word aangevul deur ’n orkes of strykensemble. Soms bou die orkes onderliggende harmonieë uit en mooi kontra-temas word beklemtoon. ’n Besonder treffende aanbieding is die Fantasie waar die orrel in ’n gee-en-neem verhouding tot die strykensemble funksioneer. Die Finale uit Guilmant se Simfonie nr. 1 vir

(2)

98 99 Orrel en Orkes word met die nodige opwinding en panache uitgevoer.

Vir die laaste snit is die medewerking van die Drakensberg Seunskoor o.l.v. Johann van der Sandt bekom. Die seuns se ryk sonore klank saam met die orkes in ’n pragtige uitvoering van I do believe (Steyn/Beekman), sluit hierdie CD op ’n treffende wyse af.

Die CD-omslag bevat twee kort beskrywings deur Coenie de Villiers (sanger/komponis/TV-persoonlikheid) en Paul Boekkooi (musiekresensent) oor die Steyn/Vermeulen verbintenis en albei se voorliefde vir die musiek van Bach soos vergestalt in hierdie CD-vrystelling, asook name van samewerkende kunstenaars en persone wat agter die skerms met die produksie gehelp het. ’n Foto van Ockie Vermeulen verskyn op die buiteblad. Aan die binnekant is daar ook ’n gemanipuleerde foto van Vermeulen saam met ’n veel jonger Christa Steyn. Agterop word die programsnitte aangedui. Dit is egter jammer dat daar geen toeligting oor die musiek verskyn, of inligting oor watter komposisies deur Johnny Boshoff en Johan van Rensburg georkestreer is nie. Daar word weliswaar genoem dat verdere program-inligting op www.ockievermeulen.com verkrygbaar is – iets wat nie noodwendig deur alle luisteraars opgevolg sal word nie. Vanuit ’n opvoedkundige oogpunt is dit egter belangrik dat titels van komposisies korrek aangedui moet word: Toccata and Fugue in d (Bach) en Final (from Symphony nr 1 for Organ and Orchestra (Guilmant) sou ’n beter opsie wees i.p.v. Toccata and Fugue en Final Symphony. Dit sou ook verkieslik wees dat na snit 12, Fantasy and [sic] van Bach, verwys word as Fantasy in G Minor.

Ockie Vermeulen (klavier en orrel) en die instrumentaliste funksioneer op ’n baie hoë standaard. Vermeulen se visie om die orrel uit die kerklike sfeer te haal en ’n totale ander baadjie te laat aantrek, is navolgenswaardig. Die wenner in hierdie vrystelling is egter die pragtige musiek – ’n groot deel daarvan uit eie bodem. Geluk met ’n puik produk.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Komplekse strukture, byvoorbeeld ’n kanon in die tenoor met ’n omgekeerde kanon in die pedale terwyl die gospel-melodie daaroorheen gehoor word, maak van ’n prelude soos Just as I am

3.4.2.4. Die belewing van organisasieklimaat deur die individu is afhanklik van die wyse waarop hy/sy die genoemde interne werking van die organisasie waarneem of

Die betrokkenheid van die skoolhoof in fasilitering van verandering is dus bepalend of die verandering doeltreffend bestuur gaan word of nie... Uit die

Middels dit onderzoek wordt antwoord gegeven op de vraag: ‘Welke metacognitieve kennis hebben leerlingen in de onderbouw van het voortgezet onderwijs over het voorbereiden en

De hypothesen over de PANAS konden ook niet ondersteund worden: er werd geen hogere mate aan negatief affect gevonden voor hoog deactiverende mensen, en geen lagere mate aan

8.7 Packet loss probability on the multi bottleneck links when a TCP tick value of 500 ms and buffer size of 128 packets are used.. 122 8.8 Packet loss probability on the

A neoclassical realist approach to Waltz’s balance of power theory makes it possible to analyze whether domestic-level factors can explain the variation in the internal balancing

In Figures 6.1 and 6.2 we illustrate how the first and second version of our system adapts the game to the same human player, when starting at hard in-game difficulty settings in a