• No results found

Die Grand-teater - die Vrystaat se grootste slopingskandaal

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die Grand-teater - die Vrystaat se grootste slopingskandaal"

Copied!
3
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

DIE GRAND-TEATER

Twee gebeurtenisse, byna 'n halfeeu uitmekaar, omvat die bestaan van die Grand-teater in Hangerstraat. Dieeerste, formeel en swierig, was die openingsaand van Bloemfontein se eerste volwaardige teater in 1 906. Dit is bygewoon deur meer as 900 gaste. Die tweede het in 1953 plaasgevind toe om trent 100 toneelliefhebbers en sp e le rs van FATSA (Federasie van Am ateurtoneelverenigings van Suidelike Afrika) afskeid geneem het van die ou "G ra n d ".

Dit is ironies dat hierdie pragtige ou teater slegs 50 jaar bestaan het. W aar die Grand-teater en die aangrensende Grand-hotel op die hoek van Charles- en Hangerstraat gestaan het, is vandag net 'n kaal stuk grond w a t as parkeerruimte gebruik word.

Die drieverdiepinggebou met sy lang fasade en drie koepels is deur die Belgiese argitek, E.C. Choinier, van Johannesburg ontw erp en is

bestempel as een van die bes toegeruste en modernste teaters in S uid-A frika. Oor die styleienskappe van die gebou bestaan daar uiteenlopende uitsprake w a t wissel van moderne Franse Renaissance, of "a free treatm ent of French renaissance" tot art nouveau. Ten spyte van Desiree Picton-Seymour se onvleiende kommentaar, "altogether an aw kw ard-looking building, the interior was no more pleasing than the exterior," moes sy tog toegee dat "any theatre of that era had a certain tu rn -o f-ce n tu ry charm ". Die gebou het inderdaad sjarme en grasie besit w a t sprekend is van die wellewendheid van die Eduardiaanse era.

—die Vrystaat se grootste slopingskandaal—

D .A . van der Bank

Die skuifdak en plafon met pilare wat aftoop na die boonste galery, net sigbaar in die hoeke. Voorstelhngs

van skrywers en dramaturge, afgewissel met

blommotiewe het die plafon versier. (Foto The Fnend)

Hierdie muurskildery reg bokant die verhoog is 'n sprekende voorbeeld van die aandag wat aan die detail en afwerking van

die teater bestee is. !Fow: The

Ingange vanaf die teater na die aangrensende Grand-hotel het toegang verleen tot sitkam ersen kroee, terw yl verversings bedien is op die balkon w a t die hele fasade van die twee geboue beslaan het. Die teater het sitplek aan meer as 900 to e s k o u e rs gebied en is verdeel in 'n onderverdieping, agt loges en 'n eerste en 'n tweede galery. Aangesien die teater op die krom- of stutbalkbeginsel ("cantilever principle")gebou is, was daar geen pilare in die saal nie. Nog 'n kenmerk van die gebou was die groot verhoog en die koepelvormige skuifdak, 4,5 meter in deursnee.

'n Tender ten bedrae van £3 0 ,0 0 0 (± R60,000) vir die oprigting van die gebou is aan die Joha nnesb urg se f i r ma C orlett en Geddes toegese, alhoewel dit w il voorkom asof die uiteindelike koste £ 6 0 ,0 0 0 (± R120,000) beloop het. Coulter en Hankinson w as verantwoordelik vir die binnenshuise versierings.

Op Maandagaand 1 9 Februarie 1 906 is die teater feestelik geopen met 'n uitvoering van "The M ikado". By die geleentheid is 'n foto van die volgepakte saal geneem met sy deftiggeklede teatergangers.

Gedurende die openingsweek isd a arelke aand 'n vertoning aangebied bestaande uit Gilbert en Sullivan-operas, opgevoer deur die D'Oyly Carte geselskap van Londen, terw yl die orkes w at blykbaar uit plaaslike kunstenaars bestaan het, deur Francois Celliers gederigeer is. Tydens die Vrydagaanduitvoering van "lo la n th e " het die Luitenant-goew erneur van die O ranjerivier- kolonie, sir Ham ilton Goold-Adams, die teater am ptelik geopen met 'n kort toespraak voor die aanvang van die uitvoering.

(2)

In die daaropvolgende jare het verskeie i n t e r n a s i o n a a l b e k e n d e k u n s t e n a a r s h i e r opgetree en veral die teater se uitstekende akoestiek hoog aangeprys. Ook plaaslike geselskappe het van die teater gebruik gemaak. So is "You never can te ll” , van George Bernard Shaw in 1907 opgevoer met 'n rolverdeling w a arin bekende Bloemfonteinse name soos B aum ann, Leviseur, E h rlich en Streeten voorkom. Die Paul de G root-toneelgeselskap,een van die eerste professionele toneelgeselskappe in S uid-Afrika, het onder andere hier opgetree. Selfs politieke vergaderings is in die Grand-teater gehou. Kort voor Uniew ording is die stigting van die Unionisteparty deur dr. L.S. Jameson in di6 teater aangekondig, en ook Abraham Fischer het hier vergaderings toegespreek.

Skaars sestien maande na die opening van die teater is die Grand Hotel and Theatre Co. gelikwideer en die eienaar, mnr. Jankielsohn, was genoodsaak om die teater teen om trent een- vyfde van die oorspronklike boukoste te verkoop. Sedert die laat tw in tigerjare het bioskope die toneel begin oorheers en ook die Grand-teater is hierdeur geraak. A frican Consolidated Theatres het die te a te r oorge neem en a lh o e w e l toneelopvoerings nog op sekere aande aangebied is, sou die trotse skouburg sy laaste dae slyt as 'n bioskoopsaal.

'n Poging in die laat veertigerjare deur die burgemeester van Bloem fontein, mnr. J.H. Pretorius en mev. Anna Enslin, L.P.R. om die teater vir toekomstige geslagte te behou het misluk. Samesprekings met die

Schlesinger-groep, eienaars van A fric a n C onsolidated Theatres, om die teater aan die stadsraad af te staan, h e to p 'n d o o ie p u n tu itg e lo o p e n in 1 953 is dit aan S.A. Brouery verkoop w a t die gebou eers in 1956 gesloop het om uitbreidings aan die Grand-hotel aan te bring. Van hierdie planne het terloops niks gekom nie en in 1972 is die hotel ook gesloop.

In teenstelling met die feesstemming w a t die openingsaand gekenmerk het, het die laaste vertoning, met die gebruiklike "double feature", bestaande uit "The N evadan"en "Beauty and the B andit", byna ongesiens verbygegaan. 'n Klein afskeidseremonie is darem op 13 Julie 1953 in die teater gehou. By di6 geleentheid het m nr. A.H. Britton, voorsitter van die Vrystaatse FATSA- komitee, 'n ruiker aan mev. R. van Breda Pritchard oorhandig w at die opening van die teater in 1906 bygewoon het.

Hoewel die ou Grand-teater en vele ander geboue van kultuurhistoriese waarde ongelukkig vir goed verlore is, dui die totstandkom ing van liggame soos onder andere die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede, die S tigting Simon van der Stel en die Erfeniskomitee van die In stitu u t vir Suid-Afrikaanse Argitekte op groter bew aringsbew ustheid by openbare instansiesen v e r e n i g i n g s . Di e p u b l i e k , en v e r a l sakeondernemings, kan en moet egter ook hulle deel bydra, w a n t sinvolle bewaring kan alleen bydra tot die kulturele verryking van die gemeenskap.

Bibliografie

BINGE, L.W.B., O ntwikkeling van die

Afrikaanse Toneel. Pretoria: Van

Schaik, 1950.

DIE VOLKSBLAD. 1953, 1981.

PICTON-SEYMOUR, D., Victorian b u il­

dings in South A frica including Edwardian and Transvaal Republic

s ty le s . 1 8 5 0 - 1 9 1 0 K a a p s ta d : Balkema, 1977.

SCHOEMAN, K., Bloemfontein: die ont-

staan van 'n stad, 1846-1946.

Kaapstad: Human en Rousseau, 1980.

THE BLOEMFONTEIN POST 1904, 1906.

THE CITY OF B LO E M F O N TE IN - OFFICIAL GUIDE. 1950. Kaapstad:

R Beerman, 1 950.

THE FRIEND. 1906, 1907, 1953, 1956.

Die Grand-teater en die Grand- hotel links wat ook gesloop is.

(3)

* V » N 4 ' ± ‘ 4 'M r '

I

*

h

V

f

\ %

%

? i

£ 1

«

4 V %

-1

19

$^

i t f?

fytilgevat in hulle kisklete sit 9ie teatetganqers in sjianninq wag Sat 9ie goc9yn moel o-pyaan tiftens 9ie apemngsaa?i8.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

[r]

Table 2: Median total expected waiting time from referral by GP to treatment, by specialty, 2020 (in weeks) Table 3: Median patient wait to see a specialist after referral from a GP,

Policy recommendations to mitigate the physician shortage emphasize on increasing enrolment at medical schools, improving the distribution of physicians in urban and rural areas

SUIDWES-AFRIKA (Administrasie).. Dit was noodsaaklik dat onderwysers se akademiese opleiding en kulturele ontwikkeling "so hoog rnoontlik" sou wees. Onderwysers

Neem aan dat het kleinste lijnstuk dat in de verhouding vóórkomt gelijk is aan 10 meter.. In deze zaal zie je een bijzondere spiegel, omringd door verschillende lampjes, tegen

Durch eine südöstlich-nordwestlich verlaufende Niederung von dem geschlossenen Decksandgebiet getrennt, konnte sich noch ein niedriger Decksandrücken bilden, der etwas westlich

Aus dem letzteren Grabchen, das in Zusammenhang gebracht worden ist mit der Drei- pfostenreihe, die als Gebaude 34 erörtert wurde, stammen einige Scherben, deren jüngste Rössener

Die Ware der Chamer Gruppe in Hienheim ist in der Regel stark gemagert (mit Körnern und Broeken bis zu einer GröBe von 8 mm). Zur Beschreibung der Magerung dieses Repertoires