• No results found

Die gebruik van Mamalvite en Flavomisien in die grootmaak van suiwelkalwers

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die gebruik van Mamalvite en Flavomisien in die grootmaak van suiwelkalwers"

Copied!
48
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)DIE GEBRUIK VAN MAMALVITE EN FLAVOMISIEN IN DIE GROOTMAAK VAN SUIWELKALWERS. Maizie Maria Vermaak. Werkstuk ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad van Magister in die Wysbegeerte aan die Universiteit van Stellenbosch. Studieleier: Prof CW Cruywagen. Maart 2006.

(2) Verklaring. Ek, die ondergetekende, verklaar hiermee dat die werk in hierdie werkstuk vervat, my eie oorspronklike werk is en dat ek dit nie vantevore in die geheel of gedeeltelik by enige universiteit ter verkryging van ‘n graad voorgelê het nie.. Handtekening: Datum:. 8 Maart 2006. 2.

(3) Opsomming Suid-Afrika dra slegs 0,50 % by tot die wêreldmelkproduksie. Alhoewel die aantal melkprodusente in die land aan die afneem is, neem die melkproduksie per se toe. Die aantal klein produsente neem dus af en die aantal groot produsente neem toe. Die. koste. om. vervangingsverse. groot. te. maak. is. baie. hoog.. Vervangingsverse verteenwoordig die toekoms van ‘n suiwelvertakking en behoort as ‘n kosbare belegging vir die langtermyn oorlewing en winsgewendheid van ‘n suiwelboerdery gesien te word.. Om die hoë. grootmaakkoste van ‘n vers teen te werk, moet: •. Verse optimaal groei en ontwikkel vir dekking op 15 maande, om sodoende op 24 maande te kalf.. •. Verse hoë melkproduksie-peile in hul eerste laktasie handhaaf.. In die huidige studie is die invloed van Flavomisien- en Mamalvite-aanvulling op die massatoename van jong kalwers ondersoek. Die vervaardigers van Flavomisien toenames,. beweer verbeterde. dat. Flavomisien. konsepsies,. tot. korter. verhoogde. liggaamsmassa-. interkalfperiodes,. melkproduksie en verhoogde speenmassas lei.. verhoogde. Die vervaardigers van. Mamalvite beweer Mamalvite verlaag die risiko vir infeksies, verbeter voeromset, verhoog voerinname en –vertering en verhoog die aktiwiteit van rumen-organismes. Twee en dertig Holsteinkalwers van vier dae ouderdom kalwers is ewekansig in vier groepe van agt verdeel. Al die kalwers het daagliks 4 kg varsmelk ontvang en onbeperkte toegang gehad tot kalfaanvangspille. Behandelings was as volg: 30 mℓ Mamalvite bygevoeg in die melk en 5 g Flavomisien per os daagliks (Behandeling 1), 30 mℓ Mamalvite daagliks bygevoeg in die melk (Behandeling 2), 5 g Flavomisien daagliks per os (Behandeling 3) en ‘n kontrolegroep wat slegs melk ontvang het (Behandeling 4). Al die kalwers is weekliks geweeg.. 3.

(4) Uit die resultate wil dit voorkom of nie een van Flavomisien of Mamalvite, of ‘n kombinasie van die twee bymiddels, enige betekenisvolle verskil in die gemiddelde daaglikse toename van die kalwers tot gevolg gehad het nie. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat dit nie ‘n ekonomiese voordeel inhou om Mamalvite- of Flavomisienaanvulling vir kalwers in ‘n goeie bestuurstelsel te gee nie.. 4.

(5) Summary South Africa produces only 0,50 % of the world’s milk. Although the number of milk producers is decreasing in South Africa, the milk production per se is increasing.. The total number of small producers is decreasing while the. number of big producers is increasing. The cost to raise replacement heifers is very high. Replacement heifers are the cows of tomorrow and should be seen as a valuable investment for the longterm survival and profitability of the dairy farm.. A successful heifer. rearing program is one in which: •. Heifers are economically raised to be of adequate size and body condition to calve at a reasonable age.. •. Heifers produce high levels of milk during the first lactation.. In the current study, the effect of Flavomycin and Mamalvite supplementation to young calves was investigated.. According to manufacturer’s claims,. Flavomycin would result in improved gains, improved conception rates, shorter calving intervals, increased milk production and improved weaning weights.. Mamalvite, according to the manufacturer, should reduce risk of. infections, increase feed utilization, increase feed intake and production, and also increase rumen microbial efficiency. Thirty two Holstein calves, four days of age, were randomly divided into four groups of eight. All calves received 4 kg whole milk daily and had free access to calf starter pellets. Treatments were: 30 ml Mamalvite daily supplemented in the milk and 5 g Flavomycin daily per os (Treatment 1), 30 ml Mamalvite daily supplemented in the milk (Treatment 2), 5 g Flavomycin daily per os (Treatment 3) and a control group that received milk only (Treatment 4). All the calves were weighed weekly. According to the results obtained in the current study, neither Flavomycin, nor Mamalvite, nor a combination of the two resulted in an improvement in calf. 5.

(6) weight gains. It was concluded that it does not appear to be an economically viable option to supplement Mamalvite or Flavomycin to calves that are reared in a well managed environment.. 6.

(7) Lys van Figure en Tabelle Figure. bl.. Figuur 1:. Wêreld melkproduksie, 2003 / 04.. 10. Figuur 2:. Jaarlikse melkproduksie, 1985 / 86 – 2004 / 05*.. 14. Figuur 3:. Samestelling van ‘n tipiese melkkudde, 2003.. 14. Figuur 4:. Struktuur van ‘n melkkudde.. 18. Figuur 5:. Die effek van kalwingsinterval op eerstekalfverse beskikbaar. 19. Figuur 6:. Die effek van kalfmortaliteit en onwillekeurige uitskot.. 20. Figuur 7:. Effek van ouderdom met eerste kalf.. 21. Figuur 8:. Flavomisien vergelyk met ionofore op weiding.. 36. Figuur 9:. Afronding van jong bulle op ‘n bosveld tipe veld.. 37. .Figuur 10:. Afrond van verse op ekstensiewe bosveld.. 37. Tabelle. bl.. Tabel 1:. Aantal melkprodusente per provinsie, 1997 – 2005.. 11. Tabel 2:. Geografiese verspreiding van melkproduksie.. 12. Tabel 3:. Geografiese. verspreiding. van. gemiddelde. produksie. per. produsent, 1997 en 2004.. 12. Tabel 4:. Verspreiding van melkprodusente, 1995 en 2004.. 13. Tabel 5:. Produksie en gebruik van melk per koei in melk, 2004.. 15. Tabel 6:. Teikengewigte en skofhoogtes vir Friesverse.. 23. Tabel 7:. Teikenmassas: Rosenhof verse.. 23. Tabel 8:. Doelwitte vir die grootmaak van verse.. 25. Tabel 9:. Die totale koste om suiwelverse groot te maak in NoordAustralië om te kalf op 24 maande ouderdom en met lewende gewig van 550 kilogram.. Tabel 10:. 31. Die aanbevole toedieningsvlakke van Flavomisien vir algemene gebruik.. 35. 7.

(8) Tabel 11:. Voorgestelde Mamalvite-toedienings vir verskillende diersoorte. 40. Tabel 12:. Data vir Groep 1 (Mamalvite en Flavomisien).. 43. Tabel 13:. Data vir Groep 2 (Mamalvite).. 43. Tabel 14:. Data vir Groep 3 (Flavomisien).. 43. Tabel 15:. Data vir Groep 4 (Kontrole).. 44. Tabel 16:. Statistiese ontleding volgens Tukey se toets.. 44. 8.

(9) Inhoud. Bl.. Hoofstuk 1 Inleiding. 10. 1.1. Die melkbedryf in die wêreld. 10. 1.2. Die primêre melkbedryf in Suid-Afrika. 10. 1.3. Die melkery op Rosenhof. 15. Hoofstuk 2 Vervangingsverse. 16. 2.1. 17. Die bestuur van vervangingsverse vir groter wins. 2.1.1 Kalwingstempo. 18. 2.1.2 Kalfmortaliteit en onwillekeurige uitskot. 19. 2.1.3 Ouderdom met eerste kalwing. 20. 2.2. 21. Doelwitte vir die grootmaak van verse. 2.2.1 Mortaliteit. 21. 2.2.2 Speen. 22. 2.2.3 Groei. 23. 2.2.4 Reproduksie. 24. 2.2.5 Eerste laktasie. 25. 2.3. 25. Versgrootmaak op Rosenhof. 2.3.1 Program. 25. 2.3.2 Doelwitte. 27. 2.3.2.1. Mortaliteit. 27. 2.3.2.2. Speen. 27. 2.3.2.3. Groei. 27. 2.3.2.4. Reproduksie. 28. 2.3.2.5. Eerste laktasie. 28. 2.4. Koste verbonde aan die grootmaak van verskalwers. 28. 2.4.1. Virginia, VSA. 29. 2.4.2. Noord-Australië. 30. 9.

(10) Hoofstuk 3 Flavomisien. 34. 3.1. Produkinligting. 34. 3.2. Proewe gedoen. 36. 3.3. Koste. 38. Hoofstuk 4 Mamalvite. 39. 4.1. Produkinligting. 39. 4.2. Koste. 40. Hoofstuk 5 Materiale en Metodes. 41. Hoofstuk 6 Resultate. 43. Hoofstuk 7 Gevolgtrekking. 45. Literatuurverwysings. 46. 10.

(11) HOOFSTUK 1 Inleiding 1.1. Die melkbedryf in die wêreld. Figuur 1 vertoon die wêreld-melkproduksie en die klein bydrae wat Suid-Afrika verteenwoordig.. Pasifiese lande* 30% Ander Europese lande 13%. Suid-Afrika 0.50% Noord-Amerika 16%. EU 25 30%. Suid- en SentraalAmerika 10%. * Insluitende Australië, China, Indië, Japan en Nieu-Seeland.. Figuur 1 Wêreld-melkproduksie, 2003 / 04 (Lacto Data, September 2005) 1.2. Die primêre melkbedryf in Suid-Afrika. Die aantal melkprodusente is voortdurend aan die afneem. Vanaf Januarie 2005 tot September 2005 het ‘n verdere 217 melkprodusente hul melkerye gestaak. Die aantal produsente het gemiddeld met 39 % afgeneem. Die grootste. afname. was. in. die. Noord-Kaap.. Die. verspreiding. van. melkprodusente in Suid-Afrika word in Tabel 1 aangedui.. 11.

(12) Tabel 1 Aantal melkprodusente per provinsie, 1997–2005 (Lacto Data, September 2005) Aantal produsente per provinsie Provinsie. Des. Des. Jul. % verandering. 1997. 2002. 2005. 1997 - 2005. Wes-Kaap. 1577. 1005. 899. - 43. Oos-Kaap. 717. 486. 424. - 41. Noord-Kaap. 133. 75. 37. - 72. KwaZulu-Natal. 648. 451. 399. - 38. Vrystaat. 1204. 1331. 1104. -8. Noordwes. 1502. 942. 690. - 54. Gauteng. 356. 292. 278. - 22. Mpumalanga. 866. 523. 417. - 52. Limpopo. 74. 65. 43. - 42. TOTAAL. 7077. 5170. 4291. - 39. Soos die aantal produsente afgeneem het, het die gemiddelde daaglikse produksie toegeneem vanaf 774 liter per produsent in 1997 tot 1288 liter per produsent in 2004. Die gemiddelde daaglikse produksie wissel tussen die verskillende provinsies.. Die gemiddelde produksie per produsent het met. 66% toegeneem. Die geografiese verspreiding van melkproduksie word in Tabel 2 aangedui, terwyl die gemiddelde daaglikse produksie van koeie in die verskillende provinsies in Tabel 3 aangedui word.. 12.

(13) Tabel 2 Geografiese verspreiding van melkproduksie (Lacto Data, September 2005) Verspreiding van melkproduksie % Provinsie. Des 1997. Des 2004. Wes-Kaap. 22,9. 24,5. Oos-Kaap. 13,8. 20,5. Noord-Kaap. 1,2. 0,7. KwaZulu-Natal. 15,7. 19,0. Vrystaat. 18,0. 13,4. Noordwes. 12,6. 13,3. Gauteng. 4,4. 3,9. Mpumalanga. 11,0. 7,1. Limpopo. 0,4. 0,6. TOTAAL. 100,0. 100,0. Tabel 3 Geografiese verspreiding van gemiddelde produksie per produsent, 1997 en 2004 (Lacto Data, September 2005) Gemiddelde produksie Provinsie. Liter / dag 1997. 2004. % verandering 1997 - 2004. Wes-Kaap. 796. 1541. 93. Oos-Kaap. 1054. 2440. 131. Noord-Kaap. 494. 992. 100. KwaZulu-Natal. 1328. 2692. 103. Vrystaat. 819. 682. - 16. Noordwes. 460. 815. 77. Gauteng. 677. 792. 16. Mpumalanga. 696. 948. 36. Limpopo. 296. 711. 140. TOTAAL. 774. 1288. 66. Die neiging na melkproduksie vanaf weidings gaan steeds voort. Tans word meer as 64% van alle melk in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. 13.

(14) geproduseer. Met die uitsondering van enkele intensiewe kuddes in die WesKaap, is die res almal weidingsgebaseerde produksiestelsels.. Verskeie. eksperimente is reeds op die Hoëveld gedoen om weidingsgebaseerde produksiestelsels te ontwikkel. Alhoewel dit in die meeste gevalle steeds in ‘n eksperimentele fase is, wil dit voorkom of dit eers in die toekoms sal plaasvind. Die aantal kleiner melkprodusente neem af en die aantal groter produsente neem toe. In Tabel 4 kan gesien word hoe hierdie neiging sedert 1995 voortgesit is. Tabel 4 Verspreiding van melkprodusente, 1995 en 2004 (Lacto Data, September 2005) Daaglikse produksie % produsente % produksie Liters / dag. 1995. 2004. 1995. 2004. 0 – 500. 58. 23. 19. 6. 500 – 1000. 21. 21. 20. 16. 1000 – 2000. 13. 23. 24. 35. 2000 – 3000. 8. 12. 27. 30. > 3000. 0. 21. 10. 13. Jaarlikse melkproduksie het toegeneem van die lae vlakke in 2002/03 tot die huidige 2050 miljoen liter, ‘n toename van 6,2%. Verskeie faktore het bygedra tot die styging in produksie. Die styging in produksie gedurende 2003/2004 was hoofsaaklik die gevolg van gunstige produksietoestande, wat insluit ‘n laer mielieprys en effens laer voerpryse in die geheel. ‘n Opeenhoping van voorraad in die eerste drie kwartale van 2004 het gelei tot ‘n groter as gemiddelde verlaging in die melkprys aan die begin van die somer. Dit wil voorkom of die laer produsenteprys gelei het tot ‘n effens laer toename in produksie gedurende die laaste maande van 2004 en die eerste kwartaal van 2005. Totale produksie vir die 2004/2005 seisoen word geraam op 2115. 14.

(15) miljoen liter, ‘n toename van 3,2% op die vorige seisoen.. Die jaarlikse. melkproduksie vanaf 1985/86 tot 2004/05 word getoon in Figuur 2.. 2500. Miljoen liter. 2000 1500 1000 500. 05/06*. 03/04. 01/02. 99/00. 97/98. 95/96. 93/94. 91/92. 89/90. 87/88. 85/86. 0. Seisoene. * Skatting. Figuur 2 Jaarlikse melkproduksie, 1985 / 86 – 2004 / 05* (Lacto Data, September 2005) Die samestelling van ‘n tipiese melkkudde, soos bepaal vanaf die statutêre produsent teruggawe, word in Figuur 3 getoon.. Lakterende koeie maak. ongeveer 50% van die kudde uit. Die gemiddelde produksie per koei per dag en die gebruik daarvan, word in Tabel 5 getoon.. Bulle vir teling, 1% Verse < 6 maande, 10% Verse 6 - 12 maande, 10%. Koeie in melk, 46%. Verse > 12 maande, 12% Dragtige verse, 11%. Droë koeie, 10%. Figuur 3 Samestelling van ‘n tipiese melkkudde, 2003 (Lacto Data, September 2005) 15.

(16) Melkproduksie en –verbruik deur die verskeie sektore word in Tabel 5 aangedui. Tabel 5 Produksie en gebruik van melk per koei in melk, 2004 (Lacto Data, Setember 2005) Item. 1.3. Liter/koei/dag Verbruik %. Melkproduksie. 15,11. 100,00. Formele mark. 13,47. 89,15. Informele mark. 0,78. 5,16. Eie gebruik. 0,35. 2,32. Kalwers. 0,50. 3,31. Ander gebruike. 0,01. 0,07. Die melkery op Rosenhof. Rosenhof is geleë in die Tsitsikamma in die Oos-Kaap. Die plaas is 910 ha groot, waarvan 505 ha tans bewerk is. Daar is geen besproeiing nie en slegs droëlandproduksie word toegepas. Die melkkudde bestaan uit Jerseys, Holsteins en Jersey x Holstein kruise. Daar word slegs Jersey-semen en Jersey-bulle gebruik. Die onderneming groei steeds en al die verskalwers word dus grootgemaak. Die bulkalwers word so gou as moontlik na geboorte verkoop. Aangesien kalwergrootmaak ‘n hoë prioriteit geniet en aangesien verskalwers as die toekomstige koeie gesien word, word baie moeite gedoen om kalwers so goed as moontlik groot te maak. ingestel. na. die. gebruik. van. Om hierdie rede is daar ondersoek. Mamalvite. en. Flavomisien. in. die. kalfgrootmaakprogram. Hierdie werkstuk is ‘n verslag oor die resultate van die ondersoek.. 16.

(17) HOOFSTUK 2 Grootmaak van vervangingsverse Die primêre doelwit van die meeste melkboere is om die melkery so winsgewend as moontlik te bestuur.. Die doelwit kan bereik word deur. alleenlik op die produsering van melk te konsentreer, en sodoende die maak van kuilvoer en die grootmaak van die verskalwers uit te kontrakteer of slegs die nodige vervangingsverse in te koop. moontlik nie.. Dit is egter nie altyd prakties. Op die meeste plase in die Tsitsikamma-omgewing word. verskalwers nog self grootgemaak. Vervangingsverse verteenwoordig die toekoms van ‘n suiwelvertakking en behoort. as. ‘n. kosbare. belegging. vir. die. langtermynoorlewing. en. winsgewendheid van ‘n suiwelboerdery gesien te word. Ongelukkig word die voeding en bestuur van vervangingsverse dikwels erg verwaarloos, omdat die groei en ontwikkeling van verse nie ‘n direkte ekonomiese voordeel inhou nie en slegs as ‘n groot koste beskou word. Oor die algemeen word die klem op minimum insetkoste geplaas, sonder om die invloed daarvan op die langtermyn uitset en langslewendheid van produserende koeie in ‘n kudde in ag te neem. Die grootmaak van verse is ‘n gespesialiseerde taak wat goeie kennis en bestuursvernuf vereis.. Aangesien dit ‘n relatief duur proses is, wat geen. onmiddelike of direkte opbrengs lewer nie, is dit van groot belang dat meer aandag aan hierdie faset van die boerdery gegee moet word. Om die hoë grootmaakkoste van ‘n vers teen te werk, moet: •. Verse optimaal groei en ontwikkel vir dekking op 15 maande, om sodoende op 24 maande te kalf.. •. Verse hoë melkproduksie-peile in hul eerste laktasie handhaaf.. Daar is verskeie gebiede waaraan aandag gegee moet word om hierdie doelwitte te bereik, onder andere voedingsbestuur, reproduksie en kuddegesondheid.. 17.

(18) 2.1. Die bestuur van vervangingsverse vir groter wins. Die grootmaak van vervangingsverse in ‘n melkkudde is ‘n finansiële belegging. Die totale aantal verse, asook die eerstekalfverse per jaar, sal die winsgewendheid van die kudde direk en indirek beïnvloed. Daar bestaan ‘n kritiese balans tussen die aankoms en vertrek van verse in ‘n kudde. Die aankoms kan plaasvind deur geboorte of deur die aankoop van verse, terwyl die vertrek verteenwoordig word deur voortydige uitskot, vrektes of verkoop van verse. Die aantal verse gebore, word bepaal deur: •. Kalwingstempo (aantal koeie en kalwingsinterval).. •. Die verhouding van verse teenoor bulle gebore.. Die aantal verse wat ‘n kudde verlaat, word bepaal deur die: •. Kalfmortaliteit.. •. Uitskoptempo van verse (vrywillig en geforseerd).. •. Ouderdom met eerste kalwing.. Die aantal eerstekalfverse beskikbaar en die aantal eerstekalfverse wat benodig word, is twee verskillende konsepte. Die volgende faktore beïnvloed die behoefte vir, maar nie die beskikbaarheid nie, van eerstekalfverse: •. Uitskottempo van koeie in die kudde.. •. Vrywillige versverkope as teelmateriaal.. •. Tempo van uitbreiding in ‘n kudde.. Die tipiese samestelling van ‘n melkkudde word in Figuur 4 aangedui.. 18.

(19) 4 3 Vervangingsverse. Eerstekalfverse. 1. 2. Verse verlore uit kudde agv onwillekeurige redes soos dood, ongelukke of siektes. Verse wat willekeurig verkoop word (gewoonlik vir teeldoeleindes). Droë koeie. Melkkoeie. 1. Mortaliteit en onwillekeurige uitskottempo. 2. Vrywillige uitskottempo. 3. Ouderdom met eerste kalwing. 4. Kalwingsinterval en verhouding bulle : verse. 5. Uitskottempo van koeie. Koeie verlore of verkoop vanuit die kudde. 5. Figuur 4 Struktuur van ‘n melkkudde. Die genommerde sirkels is areas waar optimale bestuursfaktore die aantal diere in elke groep kan beheer. (Chris van Dijk, September 2005) In ‘n geslote kudde met geen aangekoopte koeie of verse nie, bepaal die aantal eerstekalfverse die maksimum aantal koeie wat uitgeskot kan word sou die grootte van die kudde konstant bly. As die aantal eerstekalfverse die uitskotpersentasie oorskry, kan die oortollige verse gebruik word om die kudde uit te brei of as teelmateriaal verkoop word. 2.1.1 Kalwingstempo Die aantal verse in ‘n melkkudde word hoofsaaklik deur die kalwingstempo bepaal. Dit word as volg bereken:. 19.

(20) Aantal koeie x (12 / kalwingsinterval) Hierdie faktor bepaal die verandering in die verwagte aantal kalwers as die tussenkalwingsperiode (hierna verwys as TKP) verskil van ‘n 12 maande TKP. Soos die TKP toeneem, sal die getal versgeboortes per jaar afneem. Dit word duidelik geïllustreer in Figuur 5, waar ‘n toename in TKP van 12 na 18 maande die getal eerstekalfverse van 43% na 29% laat verminder.. Eerstekalfverse beskikbaar / jaar (%). (Kalfmortaliteit = 10 % en ouderdom eerste kalf = 25 maande) 50 40 30 20 10 0 12. 13. 14. 15. 16. 17. 18. TKP (Maande). Figuur 5: Die effek van kalwingsinterval op eerstekalfverse beskikbaar. (Chris van Dijk, September 2005) 2.1.2 Kalfmortaliteit en onwillekeurige uitskot Kalfmortaliteit en onwillekeurige uitskot neem die aantal verse in ag wat gebore word, maar wat van die plaas af vertrek voordat hulle kan kalf, of as gevolg van beserings of siektes. Pasgebore kalwers se risiko om siek te word, is baie hoër as dié van ouer verse.. Soos verse ouer word, sal. mortaliteit dus afneem. Elke kalf wat van die plaas vertrek, hetsy as gevolg van mortaliteit of onwillekeurige uitskot, is ‘n verlore geleentheid, veral in die geval waar kunsmatige insiminasie gebruik word om die genetiese potensiaal van die kudde te verbeter.. 20.

(21) Eerstekalfverse beskikbaar / jaar. (TKP = 13 maande en ouderdom eerste kalf = 25 maande) 50 40 30 20 10 0 0. 4. 8. 12. 16. 20. 24. Kalfmortaliteite en onwillekeurige uitskot (%). Figuur 6: Die effek van kalfmortaliteit en onwillekeurige uitskot. (Chris van Dijk, September 2005) Uit Figuur 6 is dit duidelik dat namate die mortaliteitspersentasie van 0% tot 24% toeneem, die aantal eerstekalfverse van 44% tot 34% afneem. 2.1.3 Ouderdom met eerste kalwing Indien die vers tydens eerste kalwing ouer as 24 maande is, neem die koste verbonde aan versgrootmaak toe. Die redes hiervoor is: •. Bykomende getal verse in die kudde, aangesien die vers nog nie as ‘n koei geklassifiseer word nie.. •. Bykomende voerkostes.. •. Minder eerstekalfverse is jaarliks beskikbaar.. Lang TKP en hoë mortaliteitsyfers in die vervangingsverskudde, soos geïllustreer in Figuur 5 en Figuur 6, verminder die totale aantal verse in die kudde. ‘n Verhoogde ouderdom met eerste kalf het egter die teenoorgestelde tot gevolg. Sou ‘n vers later as 24 maande kalf, beteken dit dat sy langer in die vervangingskudde is en dus langer vat om in die stal te kom en te begin wins genereer.. 21.

(22) Eerstekalfverse beskikbaar / jaar (%). (TKP = 13 maande, kalfmortaliteit en onwillekeurige uitskot = 10%) 50 40 30 20 10 0 24. 26. 28. 30. 32. 34. 36. Ouderdom met eerste kalf (maande). Figuur 7: Effek van ouderdom met eerste kalf. (Chris van Dijk, September 2005) Uit Figuur 7 kan gesien word dat ‘n vers wat eers op 36 maande kalf, 12 maande of 50% meer tyd neem voordat sy die vervangingskudde verlaat. ‘n Gevolg hiervan is dat die totale aantal verse in ‘n 100-koei kudde mag varieer van 83 tot meer as 120, maar die aantal eerstekalfverse neem af van 42 tot 28. 2.2. Doelwitte vir die grootmaak van verse. 2.2.1 Mortaliteit Dit is van kritiese belang dat melkprodusente verskalwers gesond en lewendig hou om te verseker dat daar genoeg vervangingsverse beskikbaar is. Die doelwit is om te verseker dat die mortaliteitstempo onder 5% is.. Om te. verseker dat die kalwers in die vroeë stadium lewendig bly, moet baie aandag aan die fyner besonderhede geskenk word. Dit begin deur te verseker dat die droë koei in ‘n skoon omgewing kalf.. 22.

(23) Die voer van kolostrum is ‘n ander kritiese faktor, en heel moontlik die belangrikste, om te verseker dat die kalwers gesond en lewendig is. Die drie belangrike aspekte van die kolostrum-program is: •. Kwantiteit. •. Kwaliteit. •. Tydsberekening. Die kalf moet binne drie ure na kalwing genoeg biesmelk inneem, minstens 2 liter vir die swaar rasse en 1,5 liter vir die ligter rasse.. Biesmelk bevat. bestanddele wat die kalf immuniseer teen siektes wat die moeder gehad het. Die eerste melk van ouer koeie is gewoonlik van die hoogste kwaliteit kolostrum. ‘n Derde kritiese faktor is kalwerbehuising.. Alhoewel daar verskeie. behuisingsopsies is, moet dit voldoen aan drie belangrike faktore.. Die. behuising moet: •. skoon,. •. droog en. •. nie in ‘n trek wees nie.. 2.2.2 Speen ‘n Belangrike tydperk in die lewe van ‘n jong kalf is die oorgangsfase van ‘n hoofsaaklik vloeistof-dieet (melk) na ‘n vastestof-dieet (ruvoer en kragvoer). Dit is baie belangrik om hierdie oorgang so glad as moontlik te laat plaasvind, aangesien dit ‘n baie stresvolle tyd vir die kalf is. Die aanbeveling is dat kalwers gespeen word sodra hulle sowat 700g per dag vir 3 agtereenvolgende dae van die kalfaanvangspille inneem.. Dit is gewoonlik op 5 tot 6 weke. ouderdom, maar kan reeds op 4 weke ouderdom bereik word.. Sekere. omstandighede vereis egter dat die kalf langer op die vloeistof-dieet bly, byvoorbeeld: •. in koue omstandighede,. •. wanneer ‘n kalf siek is, of herstel van siekte, en. 23.

(24) •. klein kalwers.. 2.2.3 Groei In die melkkudde kan die ontwikkeling van die kudde gemeet word deur melkproduksie. By die vervangingsversegrootmaakprogram kan dit gemeet word deur die groei van die verse. Teikenmassas word getoon in Tabel 6 en 7. Tabel 6: Teikengewigte en skofhoogtes vir Friesverse (Moran & McLean, 2001) Ouderdom (maande) 3 12 15 24. Lewende gewig (kg) 90 – 110 270 – 300 330 – 360 520 - 550. Skofhoogte (cm) 88 118 122 135. Tabel 7: Teikenmassas: Rosenhof verse (Pieter Bröhn, Farm Vision, 2003) MAAND Geboorte. 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 18 20 22 24. HOLSTEIN (MEDIUM) MIN GEMID MAKS (kg) (kg) (kg). MIN (kg). 34 52 68 90 108 128 147 167 186 204 224 244 264 284 299 312 325 370 402 430 460. 23 42 56 71 83 106 118 138 152 168 180 195 209 227 243 256 266 291 317 345 359. 37 57 76 98 118 139 160 181 201 222 243 264 284 304 323 339 357 395 434 461 500. 40 62 84 105 128 150 172 194 216 239 261 284 304 324 346 366 388 420 466 491 540. JERSEY GEMID MAKS (kg) (kg). 25 46 61 76 91 116 132 151 169 183 201 211 229 243 259 272 283 317 344 372 384. 27 49 66 81 99 126 146 164 186 198 221 227 249 259 274 287 300 342 370 398 409. HOLSTEIN X JERSEY MIN GEMID MAKS (kg) (kg) (kg). 29 47 62 81 96 117 133 153 169 186 202 220 237 256 271 284 296 331 360 388 410. 31 51 69 87 105 128 146 166 185 202 222 238 257 274 291 305 320 356 389 416 442. 34 56 75 93 114 138 159 179 201 219 241 256 277 292 310 327 344 381 418 445 475 24.

(25) Versnelde versgroeitempo is wanneer verse gevoer word om meer as 818 gram per dag te groei. Dit word gedoen om die tydperk tot eerste kalwing te verkort en dus die vervangingsverse vinniger in die stal te kry. Tot verdere navorsing gedoen is, word dit egter aanbeveel om Holstein verse se groeitempo gedurende pre-puberteit tot 818 gram per dag te beperk. Navorsing het bewys dat verse wat met meer as 909 gram per dag toeneem gedurende pre-puberteit, nie sulke hoë produksiepeile in laktasie sal bereik nie. Die pre-puberteit periode is ‘n kritiese tyd vir uierweefsel ontwikkeling. Oormatige gewigstoename het ‘n negatiewe effek op buisvorming in die uier. Die eindresultaat is ‘n vet uier met beperkte produksiepotensiaal. Die sleutel tot doeltreffende gewigstoename is ‘n korrekte voedingsprogram. Voerontledings, rantsoenbalansering en die monitering van die groei van verse is die belangrikste komponente van die voedingsprogram. Die hoogste kwaliteit voer moet vir die melkkudde gebruik word.. Voerontledings en. rantsoenbalansering moet op ‘n gereelde grondslag gedoen word om te verseker dat daar voldoen word aan die voedingsbehoeftes van die vervangingsverse. Verse moet geweeg word met ‘n skaal of ‘n meetband om hul groei te monitor. ‘n Stok om die skofhoogte te bepaal, kan ook ‘n handige hulpmiddel wees om die groei van die verse te monitor. 2.2.4 Reproduksie Die doelwit vir die aantal dekkings per konsepsie is 1,5 tot 1,8. Gegewe die feit dat verse die vrugbaarste diere op die plaas is en die hoogste genetiese potensiaal van die kudde het, moet die beste semen beskikbaar gebruik word om die verse te dek.. Bulle wat groot kalwers gee en dus probleme met. kalwing kan veroorsaak, moenie op verse gebruik word nie. Vir verse om op 24 tot 26 maande ouderdom te kalf, moet hulle op 14 maande gedek word, aangesien nie al die verse met die eerste rondte van dekking sal vat nie. Grootte en nie ouderdom nie, is die bepalende faktor van wanneer verse gedek moet word. Verse bereik gewoonlik puberteit wanneer hulle 40% tot 50% van hul volwasse liggaamsmassa bereik.. 25.

(26) 2.2.5 Eerste laktasie Die beste maatstaf om die sukses van die versgrootmaak program te bepaal, is om te kyk na die produksie van die verse in hul eerste laktasie. Verse wat goed uitgegroei is, sal in die melkkudde inkom met ‘n wil om te melk en sal ook goed meeding met die res van die melkkudde. Klein, swak uitgegroeide verse sal gedurig ‘n opdraende stryd voer. Hulle sal nie goed kan meeding vir vreetspasie nie, en sal eerder groei as melk produseer in die eerste laktasie. Doelwitte vir die grootmaak van verse word in Tabel 8 getoon. Tabel 8 Doelwitte vir die grootmaak van verse (Winston, 1996) Parameter. Holstein. Mortaliteit (%) Speenouderdom (weke) GDT (g/dag) Maksimum pre-puberteit GDT (g/dag) Gemiddelde ouderdom met 1ste dekking (maande) Gewig met 1ste dekking (kg) Skofhoogte met 1ste dekking (cm) Dekkings per konsepsie Ouderdom met 1ste kalwing (maande) Na-geboorte gewig (kg) Piek melkproduksie (kg/dag) GDT:. Gemiddelde daaglikse toename. 2.3. Versgrootmaak op Rosenhof. <5 4-6 727 - 818 818 14. Ayrshire & Guernsey <5 4-6 636 - 727 727 14. Jersey <5 4-6 545 - 636 636 12. 364 127 1,5 – 1,8 24 - 26 568 32. 295 117 1,5 – 1,8 24 - 26 455 27. 250 109 1,5 – 1,8 22 – 24 364 25. 2.3.1 Program Koeie word twee maande voor die verwagte kalfdatum opgedroog. Die droë koeie loop op die weidings wat beskikbaar is en kry ‘n aanvullende lek teen 500 gram per dag. Drie weke voor die verwagte kalfdatum word die koeie geënt met Scourguard en skuif na die grootuiergroep. Die grootuiers loop ook op beskikbare weiding, gewoonlik kikuyu en kry mieliekuilvoer en ‘n droë koeimeel aanvulling teen 3 kilogram per dag.. Die droëkoeimeel bevat. anioniese soute om melkkoors te voorkom. Elke oggend word die koeie wat. 26.

(27) deur die loop van die vorige dag en nag gekalf het, na die stal gebring. Die verskalwers word gemerk. Die koei met haar kalf loop in ‘n kamp by die stal. Die volgende oggend word die kalf afgekeer en die koei loop saam met die melkspan na die weidings. Die bulkalwers word so gou as moontlik verkoop. Die verskalwers word almal groot gemaak. Die kalf word ingespuit met vitamiene A binnespiers. Die kalwers word in kampies van tien aangehou. Water en kalfaanvangspille is vanaf dag een op ‘n ad lib basis beskikbaar. Elke oggend en aand kry die kalwers 2 liter melk. Die kalwers drink vyf-vyf aan ‘n “kalfkroeg”. Dit is ‘n plastiekbak met afskortings en spene. Die “kalfkroeg” is op ‘n hoogte sodat die kalf op ‘n baie natuurlike wyse drink. Vyf gram Flavomycin word elke oggend in die kalwers se melk gegooi. As die kalwers klaar gedrink het, word ‘n handvol kalfpille in hul bekke geplaas om te verseker dat die kalwers vinnig gewoond raak aan die pille en die pille dus vinniger leer vreet. Op twee en vier weke word die kalwers geënt met Leukopast 3. Op drie weke word hulle gedoseer met Oxfen-C. Paratifus entstof word gespuit indien daar beskikbaar is vanaf Onderstepoort. Kalwers met tekens van diaree, word behandel met Sulfazine 16%, Advocin en Biorem.. Kalwers word gereeld. geweeg en wanneer hulle 50 kilogram is, kry hulle vir een week net in die oggende 2 liter melk.. Vir die volgende week kry hulle slegs water en. kalfaanvangspille in hul kampies. Die dag wat hulle veld toe gaan, word hulle weer gedoseer met Oxfen-C en ingespuit met vitamiene A en E, asook Multimin. Die kalwers loop op raaigras- en hawerweiding en kry 3 kilogram kalfgroeipille.. Wanneer die weiding swak raak, kry hulle hawer- en. raaigraskuilvoer by. Die kalfgroeipille word verminder na 2 kilogram wanneer die kalwers mooi glad is en word weggevat ongeveer twee maande voor dekking. In die tydperk kry hulle verslek teen 500 gram per dag. Die kalwers word maandeliks gedoseer. Op ses maande word die kalwers geënt met Bovishield vir BVD, met ‘n tweede enting twee weke later. 27.

(28) Supavax en Douvax word ook vier weke uitmekaar geënt vir Miltsiekte, Sponssiekte en Lamsiekte. Met die laaste dosering, een maand voor dekking, kry die verse ook Multimin en vitamiene A. Die kalwers se horings word gebrand so kort na speen as moontlik. Indien die verse begin erg bosluise kry, word hulle gedip in ‘n dompeldip. Daar word egter gepoog om dit so lank as moontlik uit te stel. 2.3.2 Doelwitte 2.3.2.1. Mortaliteit. Die mees kritieke tyd in ‘n kalf se lewe op Rosenhof is tussen twee en vier weke ouderdom. Die kalwers word elke oggend goed waargeneem en word dadelik behandel indien hulle nie goed wil drink nie. Alhoewel ‘n mortaliteitsyfer van 5% aanvaarbaar is, word daar so veel as moontlik gedoen om dit so laag as moontlik te hou. Elke verskalf wat vrek is een koei minder in die stal oor twee jaar. In 2004 was die mortaliteit-syfer slegs 4%. 2.3.2.2. Speen. Soos reeds gesê in 2.3.1 word die kalwers gespeen op 50 kilogram liggaamsmassa. 2.3.2.3. Groei. Die mikpunt is dat die kalwers teen 600 gram per dag groei tot voor speen. In die nat, koue winters is dit egter nie altyd die geval nie. Die grootte van die kalf met geboorte, asook siektes speel ‘n groot rol. Die mikpunt is om die verse te dek op 12 tot 14 maande, met liggaamsgewig van ten minste 250 kilogram. Dit is dus belangrik dat die kalwers goed groei is, maar terselfdertyd nie te vet word nie.. 28.

(29) 2.3.2.4. Reproduksie. Inseminasie neem ‘n aanvang in die siklusse, 6 weke geinsimineer.. begin van Julie.. Verse word vir 2. Inseminasie vind slegs soggens plaas.. Semen van bulle met ‘n hoë melkvolume en hoë vastestofinhoud word gebruik. Rosenhof is op ‘n GMS program van ABS, om te verseker dat swak eienskappe uitgeskakel word en genetiese verbetering dus vinniger plaasvind. Die mikpunt is om 1,5 strooitjies per vers per konsepsie te gebruik. KAMARS word op al die verse geplak om te help met die hittewaarneming. Na inseminasie word bulle vir ‘n verdere 2 siklusse van 6 weke by die verse gejaag om die verse wat nie gedek is nie of nog nie dragtig is nie, te dek. Dragtigheidsondersoeke word 2 maande na dekking gedoen. Die mikpunt is om 95% dragtigheid te kry. In 2005 was die dragtigheidspersentasie 92%. Verse wat nie dragtig is nie, word uitgehaal. Die verse wat probleme het, word geslag. Die kleineres kry ‘n tweede kans in November, wanneer daar weer vir 1,5 siklusse geïnsimineer word. 2.3.2.5. Eerste laktasie. Die verse kom in die stal in en word net soos die res van die kudde behandel. Dit is dus noodsaaklik dat hulle goed uitgegroei is om te verseker dat hulle om voldoende kos kan meeding. Die mikpunt is dat die verse ‘n stalgemiddeld van 20 liter per dag deur die eerste laktasie handhaaf. 2.4. Koste verbonde aan die grootmaak van verskalwers. Die grootmaak van vervangingsverse is een van die grootste kostes betrokke by ‘n melkboerdery.. Dit is die tweede grootste uitgawe, met slegs die. voerkoste van die lakterende koeie in die eerste plek. Navorsing het getoon dat die grootmaak van vervangingsverse 9 tot 20% van die totale uitgawes in ‘n melkery verteenwoordig.. 29.

(30) Hier volg twee voorbeelde van die bepaling van die grootmaakkostes van vervangingsverse. Die eerste is gedoen in die VSA (Bailey, 1999) en die tweede in Australië (Moran & Moss, 1997). 2.4.1 Virginia, VSA Verse bring nie geld in tot die dag wat hul eerste laktasie begin nie. Dit is eers op ‘n ouderdom van 24 maande en die koste op daardie tyd word beraam op $ 1000 tot $ 1300 per vers. Vir elke dag meer as 24 maande ouderdom wat verse kalf, wissel projeksies van ‘n verlies van $ 1,50 tot $ 3,00 per dag.. Daarvolgens vir elke maand wat ‘n vers later as 24 maande. ouderdom kalf, kan $ 50 per maand by die koste gevoeg word. ‘n Melkkudde van 100 lakterende koeie, met ‘n uitskotpersentasie van 33%, benodig 38 verse om elke 12 maande te kalf (vyf ekstra verse om voorsiening te maak vir ‘n verdere 15% uitskotpersentasie van eerstekalfverse). As die verse gemiddeld op 30 maande ouderdom kalf, beloop dit ‘n verdere $ 300 per vers, dit is vir die 6 maande na die doelwit van 24 maande ouderdom. Die koste vir die 38 vervangingsverse beloop dus $ 11400 per jaar. Geld wat vermors is op ekstra arbeid, voer, fasiliteite, brandstof, ens. Sekere aspekte kan uitgawes besnoei, en terselfdertyd die melkery se winsgewendheid verhoog en verse lewer wat melk sal produseer tot hul volle potensiaal: •. Kolostrum is uiters belangrik om ‘n gesonde vers te verseker.. •. Rantsoene spesifiek geformuleer vir gewigstoenames gedurende spesifieke tye van ontwikkeling.. Oorvoeding voor puberteit kan ‘n. negatiewe invloed op melkproduksie hê. •. Holsteinverse moet tussen 352 en 364 kilogram weeg op 14 tot 15 maande ouderdom om gedek te kan word en dus te kalf op 23 tot 24 maande ouderdom.. 30.

(31) •. Die gebruik van goeie KI-bulle op vervangingsverse. Eerstekalfverse verteenwoordig 33% van die kalwers wat gebruik gaan word vir vervangingsverse.. •. Gewig is meer krities as ouderdom in verhouding tot melkproduksie.. •. ‘n Stelsel om gewig, hoogte en kondisietelling te monitor gedurende die verskillende. fases. van. ontwikkeling. en. kalwing,. asook. om. melkproduksie te meet. Verse kan voldoende ontwikkel om op 24 maande ouderdom te kalf. Die verse moet net goed versorg word, en dus sodoende die koste verlaag en die winsgewendheid van die melkery verhoog. 2.4.2 Noord-Australië Kuddes wat reg deur die jaar kalf is ondersoek. Die swak gehalte van die weidings in Noord-Australië veroorsaak dat hoë vlakke van konsentraat gevoer moet word om te verseker dat die verse die teikengewig en eerstekalf ouderdom bereik. Tabel 9 is ‘n voorbeeld van die totale koste om suiwelverse groot te maak tot ‘n lewende gewig van 550 kilogram voor eerstekalwing. Pryse van 1997 is gebruik. Die totale koste beloop $ 1019 per vers. Tabel 9 toon die koste om suiwelverse groot te maak in Noord-Australië om sodoende te kalf op 24 maande ouderdom met lewende gewig van 550 kilogram.. 31.

(32) Tabel 9 Die totale koste om suiwelverse groot te maak in Noord-Australië om te kalf op 24 maande ouderdom en met lewende gewig van 550 kilogram (Moran & Moss, 1997) Koste ($ / vers) 1.. Kalfwaarde Totaal. 2.. 3.. Voer Voor-speen. 100. Konsentrate. 300. Weidings. 250. Totaal. 650. Arbeid Totaal. 4.. 120. Gesondheidsbestuur Totaal. 5.. 100. 20. Ander koste Mortaliteit. 26. KI. 10. Rente. 93. Totaal. 129. Totale grootmaak koste. 1019. Die gebruik van lae-koste voerprogramme, soos die vermindering van die aantal konsentrate gebruik en hooi gevoer of die kunsmis gebruik, kan die voerkoste verlaag met ‘n maksimum van tot $ 300 per vers. Ongeveer 60% van die koste verbonde aan versgrootmaak kom egter in die eerste jaar voor, wanneer bestuur ‘n groter koste is. Strategieë om kostes te verlaag moet slegs toegepas word op ouer verse.. Die langtermyngevolge sal dan. waarskynlik minder dramaties wees.. 32.

(33) Voor die voerinsetkoste verlaag word, is dit raadsaam om die nagevolge van so ‘n besluit te oorweeg. Verse in kuddes wat deur die jaar kalf, se leeftyd werkverrigting kan negatief beïnvloed word op minstens drie maniere: •. Die potensiële melkproduksie van suiwelverse word verlaag met ‘n toename in eerstekalf-ouderdom.. Byvoorbeeld,. as eerstekalf-. ouderdom verhoog word van 24 maande na 30 maande ouderdom en verse produseer 4000 liter in hul eerste laktasie, produseer elke vers 2000 liter minder in hul leeftyd. •. Veronderstel ‘n vervangingstempo van 25% vir ‘n 100-koei kudde. Deur eerstekalf-ouderdom met 6 maande te verhoog, sal veroorsaak dat 14 nie-produserende verse kompeteer met die melkspan vir beskikbare hulpbronne. As die ekstra hulpbronne gebruik sou word om meer melkkoeie te voer, sou ‘n verdere 5 koeie gemelk kon word. As veronderstel word dat ‘n koei 5000 liter per laktasie produseer, tel dit op tot ‘n verlies van 12500 liter (5000 liter x 0,5 laktasie x 5 koeie) of 893 liter per vers.. •. Die gebrek daaraan om teikengewigte met eerste kalwing te bereik, kan leeftyd-melkproduksie verlaag met 20 – 23 liter vir elke kilogram onder teikengewig. Dit tel op tot ‘n potensiële verlies van 1050 liter vir verse met ‘n lewende gewig van 50 kilogram onder die teikengewig.. As bogenoemde drie punte in ag geneem word, en grootmaakkoste word verlaag tot die punt dat ‘n vers vir die eerste keer op 30 maande ouderdom kalf met ‘n lewende gewig van 500 kilogram, eerder as die verlangde 24 maande en 550 kilogram, sal dit die potensiële melkproduksie van elke vers verlaag met 3943 liter (of $ 789 vir melk teen 20 c / liter). [Teen die huidige melkprys sal Rosenhof ‘n verlies hê van R 7215,69.] Daar is ook sekere minder voor die hand liggende kostes in latere kalwings, soos die stadiger tempo van genetiese verbetering, ouer kuddes met die gepaardgaande toename in probleme (soos mastitis en onvrugbaarheid), asook ‘n toename in onwillekeurige uitslagting wat weer veroorsaak dat daar minder geleenthede is om te selekteer vir melkproduksie.. 33.

(34) Op die meeste plase word verse goed versorg tot op die ouderdom van 9 maande.. As die verse dan egter beperk word tot natuurlike weiding met. onvoldoende byvoeding, kan teikengewigte en –groeitempos nie bereik word nie. Dit is byvoorbeeld nie goeie bestuur om aanvanklik kostes te besnoei met byvoorbeeld $ 300 nie, net om dan $ 780 per melkkoei te verloor as gevolg van swakker leeftydproduksie.. 34.

(35) HOOFSTUK 3 Flavomisien 3.1. Produkinligting. Flavomisien (flavofosfolipol) is ‘n antibiotiese groeibevorderaar. Die middel het geen terapeutiese effek nie, dit wil sê dit bly in die spysverteringskanaal en word nie geabsorbeer nie. In die spysverteringskanaal (rumen) verander dit die mikrobiese populasie, sodat meer vlugtige vetsure deur die mikroorganismes geproduseer word. Vlugtige vetsure maak die grootste deel uit van energie vir die herkouer. Beeste maak van hierdie beskikbare energie gebruik vir onderhoud, produksie en reproduksie. Die ekstra energie, geproduseer deur die mikro-organismes, word beskikbaar gestel deur ruvoer (sellulose) beter te verteer. Energie word in die vorm van sellulose en hemi-sellulose in die stamme van gras gestoor, veral in ouer gras in die wintermaande. Flavomisien verbeter ruvoervertering (sellulose) met tot 15%. Met lek- en voedingkostes wat aanhou styg, maak dit sin om een van die boer se grootste bronne van voer optimaal te benut. Dit sluit weiding en oesreste in.. Met Flavomisien se vermoë om sellulose te verteer, maak dit meer. energie beskikbaar uit reeds beskikbare voer. Dit beteken dat in tye van energie-tekorte, daar dan meer energie beskikbaar is. Dit lei tot: •. Verbetering en/of behoud van liggaamsmassa in tye van voerskaarste.. •. Verbeterde konsepsies in die daaropvolgende teelseisoen.. •. Verbeterde interkalfperiode.. •. Verbeterde en verhoogde melkproduksie.. •. Verhoogde speenmassa.. •. Vervangingsverse bereik teelmassa op ‘n vroeër stadium.. •. Verbeter voeromset en daaglikse toename.. 35.

(36) In tabel 10 word die aanbevole toedieningsvlakke van Flavomisien vir algemene gebruik getoon. Tabel 10: Die aanbevole toedieningsvlakke van Flavomisien vir algemene gebruik. (Intervet, Flavomisien) Gebalanseerde voer. Flavomisien (Aktiewe bestanddeel) d.p.m.. Melkvervangers Kalfaanvangsmeel Kalwergroeimeel Beesafrondingsvoer Volledige beesvoer Suiwelmele Volledige suiwelvoer Skaap- en bokvoer Volstruisaanvangsmeel Volstruisgroeimeel Volstruisafrondingsmeel Volstruis eierproduksiemeel Varkkruipmeel Varkgroeimeel Varkafrondingsmeel Lakterende sog- en beermeel Droë sogmeel Hoender lêmeel Volledig lêmeel Kuiken groeimeel Braaikuikenmeel Braaikuiken aanvangsmeel Braaikuiken afrondingsmeel Proteïenkonsentraat voere. 15 10 8 6 (30 mg / kop / dag) 6 (30 mg / kop / dag) 6 6 10 8 8 8 8. Flavomisien Voormengsel Kg per 1000 kg voer (8 g aktief per kg) 1.875 1.250 1.000 0.750 0.750 0.750 0.750 1.250 1.000 1.000 1.000 1.000. 15 5 5 5. 1.870 0.625 0.625 0.625. 5 5 5 5 2 2 2. 0.625 0.625 0.625 0.625 0.250 0.250 0.250. Peile afhanklik van die tipe voer wat met die konsentraat vervaardig word. 36.

(37) 3.2. Proewe gedoen. Hieronder volg 3 proewe wat met Flavomisien op vleisbeeste gedoen is.. (a), (b), (c): p < 1 %. 160. 140. 120. 100. 80 0 kontrole. Produk x 225 mg. Flavomisien. Figuur 8: Flavomisien vergelyk met ionofore op weiding (gemiddelde daaglikse toename). (Intervet, Flavomisien) In die proef, soos weerspieël in Figuur 8, is Flavomisien met Ionofore vergelyk. Dit was in ‘n sout-mineralelek ingemeng. Laasgenoemde is aan Zebu tipe diere gevoer oor ‘n tydperk van 84 dae.. Flavomisien het ‘n. verbetering van 48% teenoor die kontrolegroep getoon, en ‘n verbetering van 30% op die Ionoforegroep.. 37.

(38) Gewigstoename (% van kontrole). 130. 120. 110. 100. 90 Negatiewe kontrole. Figuur 9:. Flavomisien 40 mg / kop / dag. Afronding van jong bulle op ‘n bosveld tipe veld (gemiddelde. daaglikse toename). (Intervet, Flavomisien) In die proef, soos weerspieël in Figuur 9, is twee groepe Bonsmarabulle, 10 diere elk, in aparte kampe gevoer met ‘n kommersiële winterlek (inname van 500 g/dag). Die bulle het 61 dae in die kampe gewei met een bul per 8 ha. Die Flavomisiengroep het ‘n verbeterde groei van 27% bo die kontrolegroep getoon. Die kontrole groep het teen 574 g / dag gegroei en die Flavomisien. Gewigstoename (% van kontrole). groep teen 721 g / dag. Die verskille was betekenisvol, p < 0,05.. 400. 300. 200. 100. 0 Negatiewe kontrole. Flavomisien 40 mg / kop / dag. Figuur 10: Afrond van verse op ekstensiewe bosveld (gemiddelde daaglikse toename). (Intervet, Flavomisien). 38.

(39) In die proef, soos weerspieël in Figuur 10, was die verse onder dieselfde omstandighede as in Figuur 9, ook op ‘n kommersiële winterlek, en het weereens. die. groeibevorderingseffek. van. Flavomisien. getoon.. Die. Flavomisiengroep het ‘n verbeterde groei van 262% bo die kontrolegroep getoon.. Die. kontrolegroep. het. teen. 110. g/dag. gegroei. en. die. Flavomisiengroep teen 398 g/dag. Die verskille was betekenisvol, p < 0,001. Flavomisien kan suksesvol met ander groeibevorderaars soos Ralgo, Revalor en Zilmax gebruik word. 3.3. Koste. Flavomisien is beskikbaar in verpakkings van 1 kilogram, 5 kilogram en 25 kilogram. Die koste beloop R 173,80 vir die 5 kilogram houer. Die koste is dus 17 c per kalf per dag.. 39.

(40) HOOFSTUK 4 Mamalvite 4.1. Produkinligting. Mamalvite is ‘n kruie, vitamiene en dekstromelksuur ekstrak om voerinname en –vertering te verbeter. Aktiewe bestanddele: (W/V) Minerale: •. Natriumchloried (Sout). 0,50 %. •. Jodium (I) in die vorm van Kaliumjodied. 0,10 %. •. Kalsium (Ca). 0,90 g / ℓ. •. Sink (Zn). 0,15 g / ℓ. •. Selenium (Se). 0,02 g / ℓ. Vitamiene: •. Vitamiene A. 36,65 IU / 100 mℓ. •. Vitamiene B1. 0,10 mg / 100 mℓ. •. Vitamiene B3. 0,40 mg / 100 mℓ. •. Vitamiene B5. 10.0 mg / 100 mℓ. •. Vitamiene B12. 7.30 μg / 100 mℓ. •. Biotien. 1.00 μg / 100 mℓ. Kruie-ekstrak: Echinaceae, Solidago, Viola, Urtica, Buchu 5 % (m / v) Dekstromelksuur-ekstrak: Appel, Beet, Berrie 30 % (m / v) Mamalvite is ‘n donker, rooi oplossing vir gebruik as ‘n dieetsupplement in diere. Dit word beweer dat dit meehelp om die lewer en niere skoon te maak van toksiese bestanddele en verhoog metaboliese aktiwiteit. 40.

(41) Mamalvite: •. Verlaag. die. risiko. vir. infeksies,. verhoog. higiënebestuur. en. imuunrespons teen besmetlike middels. •. Verhoog voerinname en –vertering, wat tot verhoogde produksie en groei lei.. •. Verhoog die aktiwiteit van rumenmikro-organismes.. •. Is bruikbaar saam met ander voerbymiddels.. Tabel 11 toon die voorgestelde Mamalvite-toedienings vir verskillende diersoorte aan. Tabel 11: Voorgestelde Mamalvite-toedienings vir verskillende diersoorte. (Mamalvite) Diersoort. Voorgestelde behandeling Vleisbeeste 50 mℓ Kalwers 30 mℓ Melkkoeie 80 – 100mℓ * Wild 70 mℓ Bokke 20 – 30 mℓ Perde 80 mℓ Varke 50 mℓ Skape 20 – 30 mℓ Speenvarke 70 mℓ. Toedieningsbron Water of voerrantsoen Melk of water Water of voerrantsoen Water of voerrantsoen Water of voerrantsoen Water of voerrantsoen Water of voerrantsoen Water of voerrantsoen Water of voerrantsoen. Frekwensie van Toedienings Daagliks Daagliks Daagliks Weekliks Daagliks Weekliks Weekliks Daagliks Daagliks. * Gebruik die hoër toediening wanneer melkproduksie nie optimaal is nie.. 4.2. Koste. Mamalvite word verpak in houers van 10 liter en 20 liter. Die koste beloop R 740 vir die 20 liter kan. Die koste per kalf per dag is dus R 1,11.. 41.

(42) HOOFSTUK 5 Materiale en Metodes Diere Die proef is gedoen op Rosenhof, in die Tsitsikamma in die Oos-Kaap. Twee en dertig Holstein verskalwers, vier dae oud, is ewekansig in vier groepe van agt kalwers per groep verdeel en in agt kampies geplaas. Elke groep het ‘n ander behandeling ontvang.. Behandelings Die volgende behandelings is toegepas: •. Groep 1. Flavomisien en Mamalvite. •. Groep 2. Mamalvite. •. Groep 3. Flavomisien. •. Groep 4. Kontrole.. Elke kalf is die oggend na geboorte stal toe gebring, gemerk, geweeg en dan vir die dag by die koei gelos. Die volgende oggend word die kalf weggevat van die koei af, ingespuit met 1 mℓ vitamiene A en in die kampie gesit. Die vier groepe is onder vergelykbare omstandighede geplaas. Elke groep in ‘n kikuyukampie, 4 meter by 6 meter, met water en kalfaanvangspille ad lib beskikbaar. Die kalwers het elke oggend en aand 2 liter melk gekry. Die melk is gevoer deur middel van ‘n “kalfkroeg”. ‘n Handvol kalfaanvangspille word ook na elke keer wat hulle melk drink in hul bekke geplaas, om te verseker dat hulle vinniger leer vreet. Groep 1 het elke oggend 30 mℓ Mamalvite in hul melk gekry, terwyl 5 gram Flavomisien per os toegedien is, na hul melkvoeding. Groep 2 het 30 mℓ. 42.

(43) Mamalvite in hul melk gekry. Groep 3 het 5 gram Flavomycin per os ontvang. Groep 4 was die kontrolegroep en het dus net melk gekry. Die kalwers is op 1, 2, 3 en 4-weke ouderdom geweeg. Op 2 weke en 4 weke ouderdom is die kalwers geënt met Leukopast 3. Op 3 weke ouderdom is hulle gedoseer met Oxfen-C. Siek kalwers is behandel met Sulfazine 16%, Advocin en Biorem.. Statistiese ontleding Totale massatoenames is volgens ‘n eenrigting variansie-analise ontleed met behulp van Statistica 7.. Die volgende vryheidsgraadverdeling was van. toepassing: Behandelings. 3. Fout. 28. Totaal. 31. Betekenisvolheid tussen behandelings is verklaar by P<0.05.. 43.

(44) HOOFSTUK 6 Resultate Die data van die vier verskillende behandelings volg in Tabelle 12, 13, 14 en 15. Tabel 12: Data vir Groep 1 (Mamalvite en Flavomisien). NR 5157 5158 5159 5160 5161 5162 5163 5164. Geboortegewig Week 1 Week 2 Week 3 MAMALVITE + FLAVOMISIEN 27 30 31.5 32.5 28 32 33.5 34.5 24.5 27.5 30.5 34.5 40 41.5 43.5 46.5 29 28 31 31 35 35 37.5 40.5 23 25 27 29.5 29.5 32 34 38 29.5 31.4 33.6 35.9. Week 4 36.5 37 38.5 50 33.5 42.5 30.5 41 38.7. Toename 9.5 9 14 10 4.5 7.5 7.5 11.5 9.2. Tabel 13: Data vir Groep 2 (Mamalvite). NR. Geboortegewig. 5170 5171 5172 5173 5174 5175 5176 5177. 33.5 36 29.5 24 32 38 32 21 30.8. Week 1 Week 2 MAMALVITE 35 38 36 37 30.5 30.5 27.5 28 36.5 37 39.5 40.5 37.5 37.5 23 30.5 33.2 34.9. Week 3. Week 4. 43.5 42.5 34 30.5 40 45 39.5 33.5 38.6. 47.5 45.5 37.5 34 42 49 43 37.5 42.0. Week 3. Week 4. 35.5 29 36 24.5 39.5 45 35.5 34.5 34.9. 40 33 40 27.5 43 48.5 39.5 40 38.9. Toename 14 9.5 8 10 10 11 11 16.5 11.3. Tabel 14: Data vir Groep 3 (Flavomisien). NR. Geboortegewig. 5178 5179 5180 5181 5182 5183 5184 5185. 25 19 27.5 21 32.5 31 30 25 26.4. Week 1 Week 2 FLAVOMISIEN 31 31.5 24.5 26.5 31 32 22 23.5 32.5 33.5 39 40.5 32 32.5 30 31.5 30.3 31.4. Toename 15 14 12.5 6.5 10.5 17.5 9.5 15 12.6. 44.

(45) Tabel 15: Data vir Groep 4 (Kontrole). NR. Geboortegewig. Week 1 Week 2 KONTROLE 5186 22 25 28 5187 24.5 23.5 25 5188 25.5 23.5 5189 23.5 27.5 27.5 5190 32 33.5 34.5 5191 23 24.5 26.5 5192 25.5 27.5 29 5193 28 30.5 31 25.5 26.9 28.8 Kalfnommer 5188 is dood tydens die proef.. Week 3. Week 4. Toename. 31 28. 35 32.5. 13 8. 32 38 29.5 32 35 32.2. 36 43.5 33.5 36.5 40 36.7. 12.5 11.5 10.5 11 12 11.2. Die laagste-kwadraatgemiddeldes vir massatoename word in Tabel 16 aangedui. Tabel 16. Die invloed van Mamalvite en Flavomisien, enkel of in kombinasie, op massatoenames van Holsteinkalwers. Item Totale massatoename (kg). Mam + Flavo 9.2. Behandeling Mamalvite Flavomisien 11.3 12.6. Kontrole 11.2. SFgem. P. 0.98. 0.13. Geen betekenisvolle verskille is tussen behandelings waargeneem nie. Volgens Tukey se toets was daar ‘n effense neiging (P = 0,092) vir Groep 1 (behandel met Mamalvite en Flavomisien) se toenames om laer te wees as die toenames van Groep 3 (behandel met Flavomisien).. 45.

(46) HOOFSTUK 7 Gevolgtrekking Uit die resultate blyk dit dat daar geen betekenisvolle verskille in totale massatoename van kalwers tussen behandelings voorgekom het nie. Mamalvite en Flavomisien, enkel of in kombinasie, het dus geen invloed op massatoename gehad nie. Daar was egter ‘n neiging vir die Flavomisiengroep om beter te doen as die groep wat Flavomisien + Mamalvite ontvang het. Uit ‘n ekonomiese oogpunt blyk dit egter nie die moeite werd te wees om hierdie byvoedings vir kalwers te gee waar hulle in ‘n goeie bestuursomgewing grootgemaak word nie.. Onder omstandighede waar kalwers. geneig is om diarree te kry, of waar siektes meer dikwels voorkom, mag dit moontlik die moeite werd wees om een van die produkte afsonderlik te gebruik.. 46.

(47) Literatuurverwysings Bailey, T.L.. 1999.. Expense of Rearing Replacement Heifers.. Virginia-. Maryland Regional College of Veterinary Medicine, Virginia Tech. Bröhn, P. Rumenontwikkeling laat verse beter presteer. Farmvision. Bröhn, P. 2003. Teikenmassas vir Rosenhof verse. Farmvision. Coetzee, K. 2005. Lacto Data Vol 8 No 2. The Dairy Mail, September 2005, bl. 233 – 247. Cruywagen, C.W.. 2001.. Veeprodukkunde 354 Klasnota’s.. Departement. Veekundige Wetenskappe, Universiteit van Stellenbosch. Cushnahan, A. 2002. Parasite control in dairy youngstock. Greenmount College. Erasmus, L.J. 2004. Conjugated Linoleic Acid (CLA) in Dairy Nutrition: A South African Perspective. http://www.afma.co.za Flavomisien inligtingstuk. Mamalvite inligtingstuk. Meinershagen,. F.. 1993.. Raising. Calves. on. Stored. Colustrum.. http://www.muextension.missouri.edu McLean, D., Moran, J.. 2001.. Heifer Rearing – A guide to rearing. replacement heifers in Australia. Van Dijk, C. 2005. Bestuur vervangingsverse vir groter wins. The Dairy Mail, September 2005, bl. 105 – 107.. 47.

(48) Wattiaux, M.A.. Heifer Raising – Birth to Weaning.. Dairy Essentials,. University of Wisconsin-Madison. Winston, D.R. 1996. Goals for Heifer Rearing. Department of Dairy Science, Virginia Tech.. 48.

(49)

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Simulation of bioelectric potential changes in the styles of lilies using nerve impulse transmission models.. Citation for published

Hierdie tellings word in T-punte ('n genormaliseerde skaal met 'n gemiddelde van 50 en 'n standaardafwyking van 10) wat gebruik word om tellings vir 25 persoonstrekke te

In besonder wil ek my dank betuig aan die Potchef- atroomse Universiteit vir Christelike Ho~r Onderwys vir besieling en tegemoetkoming gedurende baie jare, en my

Die Staatsdienskommissie (watter kommissie is dit?) het 'n spesifieke aanduiding ten opsigte van die vorm van amp tel ike briewe gegee, en dit is goed dat julie reeds

Die spreker wat die toespraak hou, maak van gesigsimbole ( gebare en mimiek) en gehoorsimbole ( spreektaal) gebruik. Oor die vereiste vir goeie spraakgebruik het ons

Keywords: Performance management, performance appraisals, absolute performance measures, relative performance measures, forced distribution systems, individual employee

Second, the short-lived build-up in the cumulative abnormal returns, combined with the insider purchases volume suggests that market anticipation is a more plausible determinant

Data from market research companies on public opinion in Britain were analyzed to test three hypotheses, namely that UKIP’s presumed core issues (European integration and