• No results found

2.4 Koste verbonde aan die grootmaak van verskalwers

2.4.2 Noord-Australië

Kuddes wat reg deur die jaar kalf is ondersoek. Die swak gehalte van die weidings in Noord-Australië veroorsaak dat hoë vlakke van konsentraat gevoer moet word om te verseker dat die verse die teikengewig en eerstekalf ouderdom bereik.

Tabel 9 is ‘n voorbeeld van die totale koste om suiwelverse groot te maak tot ‘n lewende gewig van 550 kilogram voor eerstekalwing. Pryse van 1997 is gebruik. Die totale koste beloop $ 1019 per vers.

Tabel 9 toon die koste om suiwelverse groot te maak in Noord-Australië om sodoende te kalf op 24 maande ouderdom met lewende gewig van 550 kilogram.

Tabel 9 Die totale koste om suiwelverse groot te maak in Noord-Australië om te kalf op 24 maande ouderdom en met lewende gewig van 550 kilogram (Moran & Moss, 1997)

Koste ($ / vers) 1. Kalfwaarde Totaal 100 2. Voer Voor-speen 100 Konsentrate 300 Weidings 250 Totaal 650 3. Arbeid Totaal 120 4. Gesondheidsbestuur Totaal 20 5. Ander koste Mortaliteit 26 KI 10 Rente 93 Totaal 129

Totale grootmaak koste 1019

Die gebruik van lae-koste voerprogramme, soos die vermindering van die aantal konsentrate gebruik en hooi gevoer of die kunsmis gebruik, kan die voerkoste verlaag met ‘n maksimum van tot $ 300 per vers. Ongeveer 60% van die koste verbonde aan versgrootmaak kom egter in die eerste jaar voor, wanneer bestuur ‘n groter koste is. Strategieë om kostes te verlaag moet slegs toegepas word op ouer verse. Die langtermyngevolge sal dan waarskynlik minder dramaties wees.

Voor die voerinsetkoste verlaag word, is dit raadsaam om die nagevolge van so ‘n besluit te oorweeg. Verse in kuddes wat deur die jaar kalf, se leeftyd werkverrigting kan negatief beïnvloed word op minstens drie maniere:

• Die potensiële melkproduksie van suiwelverse word verlaag met ‘n toename in eerstekalf-ouderdom. Byvoorbeeld, as eerstekalf- ouderdom verhoog word van 24 maande na 30 maande ouderdom en verse produseer 4000 liter in hul eerste laktasie, produseer elke vers 2000 liter minder in hul leeftyd.

• Veronderstel ‘n vervangingstempo van 25% vir ‘n 100-koei kudde. Deur eerstekalf-ouderdom met 6 maande te verhoog, sal veroorsaak dat 14 nie-produserende verse kompeteer met die melkspan vir beskikbare hulpbronne. As die ekstra hulpbronne gebruik sou word om meer melkkoeie te voer, sou ‘n verdere 5 koeie gemelk kon word. As veronderstel word dat ‘n koei 5000 liter per laktasie produseer, tel dit op tot ‘n verlies van 12500 liter (5000 liter x 0,5 laktasie x 5 koeie) of 893 liter per vers.

• Die gebrek daaraan om teikengewigte met eerste kalwing te bereik, kan leeftyd-melkproduksie verlaag met 20 – 23 liter vir elke kilogram onder teikengewig. Dit tel op tot ‘n potensiële verlies van 1050 liter vir verse met ‘n lewende gewig van 50 kilogram onder die teikengewig.

As bogenoemde drie punte in ag geneem word, en grootmaakkoste word verlaag tot die punt dat ‘n vers vir die eerste keer op 30 maande ouderdom kalf met ‘n lewende gewig van 500 kilogram, eerder as die verlangde 24 maande en 550 kilogram, sal dit die potensiële melkproduksie van elke vers verlaag met 3943 liter (of $ 789 vir melk teen 20 c / liter). [Teen die huidige melkprys sal Rosenhof ‘n verlies hê van R 7215,69.]

Daar is ook sekere minder voor die hand liggende kostes in latere kalwings, soos die stadiger tempo van genetiese verbetering, ouer kuddes met die gepaardgaande toename in probleme (soos mastitis en onvrugbaarheid), asook ‘n toename in onwillekeurige uitslagting wat weer veroorsaak dat daar minder geleenthede is om te selekteer vir melkproduksie.

Op die meeste plase word verse goed versorg tot op die ouderdom van 9 maande. As die verse dan egter beperk word tot natuurlike weiding met onvoldoende byvoeding, kan teikengewigte en –groeitempos nie bereik word nie. Dit is byvoorbeeld nie goeie bestuur om aanvanklik kostes te besnoei met byvoorbeeld $ 300 nie, net om dan $ 780 per melkkoei te verloor as gevolg van swakker leeftydproduksie.

HOOFSTUK 3

Flavomisien

3.1 Produkinligting

Flavomisien (flavofosfolipol) is ‘n antibiotiese groeibevorderaar. Die middel het geen terapeutiese effek nie, dit wil sê dit bly in die spysverteringskanaal en word nie geabsorbeer nie. In die spysverteringskanaal (rumen) verander dit die mikrobiese populasie, sodat meer vlugtige vetsure deur die mikro- organismes geproduseer word. Vlugtige vetsure maak die grootste deel uit van energie vir die herkouer. Beeste maak van hierdie beskikbare energie gebruik vir onderhoud, produksie en reproduksie.

Die ekstra energie, geproduseer deur die mikro-organismes, word beskikbaar gestel deur ruvoer (sellulose) beter te verteer. Energie word in die vorm van sellulose en hemi-sellulose in die stamme van gras gestoor, veral in ouer gras in die wintermaande. Flavomisien verbeter ruvoervertering (sellulose) met tot 15%.

Met lek- en voedingkostes wat aanhou styg, maak dit sin om een van die boer se grootste bronne van voer optimaal te benut. Dit sluit weiding en oesreste in. Met Flavomisien se vermoë om sellulose te verteer, maak dit meer energie beskikbaar uit reeds beskikbare voer. Dit beteken dat in tye van energie-tekorte, daar dan meer energie beskikbaar is.

Dit lei tot:

• Verbetering en/of behoud van liggaamsmassa in tye van voerskaarste. • Verbeterde konsepsies in die daaropvolgende teelseisoen.

• Verbeterde interkalfperiode.

• Verbeterde en verhoogde melkproduksie. • Verhoogde speenmassa.

• Vervangingsverse bereik teelmassa op ‘n vroeër stadium. • Verbeter voeromset en daaglikse toename.

In tabel 10 word die aanbevole toedieningsvlakke van Flavomisien vir algemene gebruik getoon.

Tabel 10: Die aanbevole toedieningsvlakke van Flavomisien vir algemene gebruik. (Intervet, Flavomisien)

Gebalanseerde voer Flavomisien (Aktiewe bestanddeel) d.p.m. Flavomisien Voormengsel Kg per 1000 kg voer (8 g aktief per kg) Melkvervangers 15 1.875 Kalfaanvangsmeel 10 1.250 Kalwergroeimeel 8 1.000

Beesafrondingsvoer 6 (30 mg / kop / dag) 0.750 Volledige beesvoer 6 (30 mg / kop / dag) 0.750

Suiwelmele 6 0.750 Volledige suiwelvoer 6 0.750 Skaap- en bokvoer 10 1.250 Volstruisaanvangsmeel 8 1.000 Volstruisgroeimeel 8 1.000 Volstruisafrondingsmeel 8 1.000 Volstruis eierproduksiemeel 8 1.000 Varkkruipmeel 15 1.870 Varkgroeimeel 5 0.625 Varkafrondingsmeel 5 0.625 Lakterende sog- en beermeel 5 0.625 Droë sogmeel 5 0.625 Hoender lêmeel 5 0.625 Volledig lêmeel 5 0.625 Kuiken groeimeel 5 0.625 Braaikuikenmeel 2 0.250 Braaikuiken aanvangsmeel 2 0.250 Braaikuiken afrondingsmeel 2 0.250 Proteïenkonsentraat voere Peile afhanklik van die tipe voer wat met die konsentraat

3.2 Proewe gedoen

Hieronder volg 3 proewe wat met Flavomisien op vleisbeeste gedoen is.

80 100 120 140 160

0 kontrole Produk x 225 mg Flavomisien

(a), (b ), (c): p < 1 %

Figuur 8: Flavomisien vergelyk met ionofore op weiding (gemiddelde daaglikse toename). (Intervet, Flavomisien)

In die proef, soos weerspieël in Figuur 8, is Flavomisien met Ionofore vergelyk. Dit was in ‘n sout-mineralelek ingemeng. Laasgenoemde is aan Zebu tipe diere gevoer oor ‘n tydperk van 84 dae. Flavomisien het ‘n verbetering van 48% teenoor die kontrolegroep getoon, en ‘n verbetering van 30% op die Ionoforegroep.

90 100 110 120 130

Negatiewe kontrole Flavomisien 40 mg / kop / dag

G e w ig s to en am e (% va n ko n tr o le )

Figuur 9: Afronding van jong bulle op ‘n bosveld tipe veld (gemiddelde daaglikse toename). (Intervet, Flavomisien)

In die proef, soos weerspieël in Figuur 9, is twee groepe Bonsmarabulle, 10 diere elk, in aparte kampe gevoer met ‘n kommersiële winterlek (inname van 500 g/dag). Die bulle het 61 dae in die kampe gewei met een bul per 8 ha. Die Flavomisiengroep het ‘n verbeterde groei van 27% bo die kontrolegroep getoon. Die kontrole groep het teen 574 g / dag gegroei en die Flavomisien groep teen 721 g / dag. Die verskille was betekenisvol, p < 0,05.

0 100 200 300 400

Negatiewe kontrole Flavomisien 40 mg / kop / dag

G e w ig s to en am e (% va n ko n tr o le )

In die proef, soos weerspieël in Figuur 10, was die verse onder dieselfde omstandighede as in Figuur 9, ook op ‘n kommersiële winterlek, en het weereens die groeibevorderingseffek van Flavomisien getoon. Die Flavomisiengroep het ‘n verbeterde groei van 262% bo die kontrolegroep getoon. Die kontrolegroep het teen 110 g/dag gegroei en die Flavomisiengroep teen 398 g/dag. Die verskille was betekenisvol, p < 0,001.

Flavomisien kan suksesvol met ander groeibevorderaars soos Ralgo, Revalor en Zilmax gebruik word.

3.3 Koste

Flavomisien is beskikbaar in verpakkings van 1 kilogram, 5 kilogram en 25 kilogram.

Die koste beloop R 173,80 vir die 5 kilogram houer. Die koste is dus 17 c per kalf per dag.

HOOFSTUK 4

Mamalvite

4.1 Produkinligting

Mamalvite is ‘n kruie, vitamiene en dekstromelksuur ekstrak om voerinname en –vertering te verbeter.

Aktiewe bestanddele: (W/V)

Minerale:

• Natriumchloried (Sout) 0,50 % • Jodium (I) in die vorm van Kaliumjodied 0,10 %

• Kalsium (Ca) 0,90 g / ℓ • Sink (Zn) 0,15 g / ℓ • Selenium (Se) 0,02 g / ℓ Vitamiene: • Vitamiene A 36,65 IU / 100 mℓ • Vitamiene B1 0,10 mg / 100 mℓ • Vitamiene B3 0,40 mg / 100 mℓ • Vitamiene B5 10.0 mg / 100 mℓ • Vitamiene B12 7.30 μg / 100 mℓ • Biotien 1.00 μg / 100 mℓ

Kruie-ekstrak: Echinaceae, Solidago, Viola, Urtica, Buchu

5 % (m / v)

Dekstromelksuur-ekstrak: Appel, Beet, Berrie 30 % (m / v)

Mamalvite:

• Verlaag die risiko vir infeksies, verhoog higiënebestuur en imuunrespons teen besmetlike middels.

• Verhoog voerinname en –vertering, wat tot verhoogde produksie en groei lei.

• Verhoog die aktiwiteit van rumenmikro-organismes. • Is bruikbaar saam met ander voerbymiddels.

Tabel 11 toon die voorgestelde Mamalvite-toedienings vir verskillende diersoorte aan.

Tabel 11: Voorgestelde Mamalvite-toedienings vir verskillende diersoorte. (Mamalvite)

Diersoort Voorgestelde

behandeling Toedieningsbron Frekwensie Toedienings van Vleisbeeste 50 mℓ Water of voerrantsoen Daagliks

Kalwers 30 mℓ Melk of water Daagliks Melkkoeie 80 – 100mℓ * Water of voerrantsoen Daagliks Wild 70 mℓ Water of voerrantsoen Weekliks Bokke 20 – 30 mℓ Water of voerrantsoen Daagliks Perde 80 mℓ Water of voerrantsoen Weekliks Varke 50 mℓ Water of voerrantsoen Weekliks Skape 20 – 30 mℓ Water of voerrantsoen Daagliks Speenvarke 70 mℓ Water of voerrantsoen Daagliks

* Gebruik die hoër toediening wanneer melkproduksie nie optimaal is nie.

4.2 Koste

Mamalvite word verpak in houers van 10 liter en 20 liter.

Die koste beloop R 740 vir die 20 liter kan. Die koste per kalf per dag is dus R 1,11.

HOOFSTUK 5

Materiale en Metodes

Diere

Die proef is gedoen op Rosenhof, in die Tsitsikamma in die Oos-Kaap. Twee en dertig Holstein verskalwers, vier dae oud, is ewekansig in vier groepe van agt kalwers per groep verdeel en in agt kampies geplaas. Elke groep het ‘n ander behandeling ontvang.

Behandelings

Die volgende behandelings is toegepas:

• Groep 1 Flavomisien en Mamalvite • Groep 2 Mamalvite

• Groep 3 Flavomisien • Groep 4 Kontrole.

Elke kalf is die oggend na geboorte stal toe gebring, gemerk, geweeg en dan vir die dag by die koei gelos. Die volgende oggend word die kalf weggevat van die koei af, ingespuit met 1 mℓ vitamiene A en in die kampie gesit.

Die vier groepe is onder vergelykbare omstandighede geplaas. Elke groep in ‘n kikuyukampie, 4 meter by 6 meter, met water en kalfaanvangspille ad lib beskikbaar. Die kalwers het elke oggend en aand 2 liter melk gekry. Die melk is gevoer deur middel van ‘n “kalfkroeg”. ‘n Handvol kalfaanvangspille word ook na elke keer wat hulle melk drink in hul bekke geplaas, om te verseker dat hulle vinniger leer vreet.

Groep 1 het elke oggend 30 mℓ Mamalvite in hul melk gekry, terwyl 5 gram Flavomisien per os toegedien is, na hul melkvoeding. Groep 2 het 30 mℓ

Mamalvite in hul melk gekry. Groep 3 het 5 gram Flavomycin per os ontvang. Groep 4 was die kontrolegroep en het dus net melk gekry.

Die kalwers is op 1, 2, 3 en 4-weke ouderdom geweeg. Op 2 weke en 4 weke ouderdom is die kalwers geënt met Leukopast 3. Op 3 weke ouderdom is hulle gedoseer met Oxfen-C. Siek kalwers is behandel met Sulfazine 16%, Advocin en Biorem.

Statistiese ontleding

Totale massatoenames is volgens ‘n eenrigting variansie-analise ontleed met behulp van Statistica 7. Die volgende vryheidsgraadverdeling was van toepassing:

Behandelings 3

Fout 28

Totaal 31

HOOFSTUK 6

Resultate

Die data van die vier verskillende behandelings volg in Tabelle 12, 13, 14 en 15.

Tabel 12: Data vir Groep 1 (Mamalvite en Flavomisien).

NR Geboortegewig Week 1 Week 2 Week 3 Week 4 Toename MAMALVITE + FLAVOMISIEN 5157 27 30 31.5 32.5 36.5 9.5 5158 28 32 33.5 34.5 37 9 5159 24.5 27.5 30.5 34.5 38.5 14 5160 40 41.5 43.5 46.5 50 10 5161 29 28 31 31 33.5 4.5 5162 35 35 37.5 40.5 42.5 7.5 5163 23 25 27 29.5 30.5 7.5 5164 29.5 32 34 38 41 11.5 29.5 31.4 33.6 35.9 38.7 9.2

Tabel 13: Data vir Groep 2 (Mamalvite).

NR Geboortegewig Week 1 Week 2 Week 3 Week 4 Toename

MAMALVITE 5170 33.5 35 38 43.5 47.5 14 5171 36 36 37 42.5 45.5 9.5 5172 29.5 30.5 30.5 34 37.5 8 5173 24 27.5 28 30.5 34 10 5174 32 36.5 37 40 42 10 5175 38 39.5 40.5 45 49 11 5176 32 37.5 37.5 39.5 43 11 5177 21 23 30.5 33.5 37.5 16.5 30.8 33.2 34.9 38.6 42.0 11.3

Tabel 14: Data vir Groep 3 (Flavomisien).

NR Geboortegewig Week 1 Week 2 Week 3 Week 4 Toename

FLAVOMISIEN 5178 25 31 31.5 35.5 40 15 5179 19 24.5 26.5 29 33 14 5180 27.5 31 32 36 40 12.5 5181 21 22 23.5 24.5 27.5 6.5 5182 32.5 32.5 33.5 39.5 43 10.5 5183 31 39 40.5 45 48.5 17.5 5184 30 32 32.5 35.5 39.5 9.5 5185 25 30 31.5 34.5 40 15 26.4 30.3 31.4 34.9 38.9 12.6

Tabel 15: Data vir Groep 4 (Kontrole).

NR Geboortegewig Week 1 Week 2 Week 3 Week 4 Toename

KONTROLE 5186 22 25 28 31 35 13 5187 24.5 23.5 25 28 32.5 8 5188 25.5 23.5 5189 23.5 27.5 27.5 32 36 12.5 5190 32 33.5 34.5 38 43.5 11.5 5191 23 24.5 26.5 29.5 33.5 10.5 5192 25.5 27.5 29 32 36.5 11 5193 28 30.5 31 35 40 12 25.5 26.9 28.8 32.2 36.7 11.2

Kalfnommer 5188 is dood tydens die proef.

Die laagste-kwadraatgemiddeldes vir massatoename word in Tabel 16 aangedui.

Tabel 16. Die invloed van Mamalvite en Flavomisien, enkel of in kombinasie, op massatoenames van Holsteinkalwers.

Item

Behandeling SFgem P

Mam + Flavo Mamalvite Flavomisien Kontrole

Totale massatoename (kg) 9.2 11.3 12.6 11.2 0.98 0.13

Geen betekenisvolle verskille is tussen behandelings waargeneem nie. Volgens Tukey se toets was daar ‘n effense neiging (P = 0,092) vir Groep 1 (behandel met Mamalvite en Flavomisien) se toenames om laer te wees as die toenames van Groep 3 (behandel met Flavomisien).

HOOFSTUK 7

Gevolgtrekking

Uit die resultate blyk dit dat daar geen betekenisvolle verskille in totale massatoename van kalwers tussen behandelings voorgekom het nie. Mamalvite en Flavomisien, enkel of in kombinasie, het dus geen invloed op massatoename gehad nie. Daar was egter ‘n neiging vir die Flavomisien- groep om beter te doen as die groep wat Flavomisien + Mamalvite ontvang het.

Uit ‘n ekonomiese oogpunt blyk dit egter nie die moeite werd te wees om hierdie byvoedings vir kalwers te gee waar hulle in ‘n goeie bestuurs- omgewing grootgemaak word nie. Onder omstandighede waar kalwers geneig is om diarree te kry, of waar siektes meer dikwels voorkom, mag dit moontlik die moeite werd wees om een van die produkte afsonderlik te gebruik.

Literatuurverwysings

Bailey, T.L. 1999. Expense of Rearing Replacement Heifers. Virginia- Maryland Regional College of Veterinary Medicine, Virginia Tech.

Bröhn, P. Rumenontwikkeling laat verse beter presteer. Farmvision.

Bröhn, P. 2003. Teikenmassas vir Rosenhof verse. Farmvision.

Coetzee, K. 2005. Lacto Data Vol 8 No 2. The Dairy Mail, September 2005, bl. 233 – 247.

Cruywagen, C.W. 2001. Veeprodukkunde 354 Klasnota’s. Departement Veekundige Wetenskappe, Universiteit van Stellenbosch.

Cushnahan, A. 2002. Parasite control in dairy youngstock. Greenmount College.

Erasmus, L.J. 2004. Conjugated Linoleic Acid (CLA) in Dairy Nutrition: A South African Perspective. http://www.afma.co.za

Flavomisien inligtingstuk.

Mamalvite inligtingstuk.

Meinershagen, F. 1993. Raising Calves on Stored Colustrum.

http://www.muextension.missouri.edu

McLean, D., Moran, J. 2001. Heifer Rearing – A guide to rearing replacement heifers in Australia.

Van Dijk, C. 2005. Bestuur vervangingsverse vir groter wins. The Dairy Mail, September 2005, bl. 105 – 107.

Wattiaux, M.A. Heifer Raising – Birth to Weaning. Dairy Essentials, University of Wisconsin-Madison.

Winston, D.R. 1996. Goals for Heifer Rearing. Department of Dairy Science, Virginia Tech.

GERELATEERDE DOCUMENTEN