• No results found

7 OORLOG EN HEROPBOU, 1899 - 1906

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "7 OORLOG EN HEROPBOU, 1899 - 1906 "

Copied!
66
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

7 OORLOG EN HEROPBOU, 1899 - 1906

7.1 Onderwystoestande aan die einde van 1899

7.1.1 Verwarring in Oktober 1899 en die sluiting van die skole

Teen die einde van die vorige eeu was die or=

ganisasie van die onderwys doeltreffend, en die gees daarvan in harmonie met die van die bevolking. Ongelukkig is dit in Oktober 1899 met die uitbreek van die oorlog beeindig, en moes dit plek maak vir 'n onderwysstelsel wat in ooreenstemming moes wees met Lord Milner se liberalistiese beleid.

Die onsekerheid wat daar by onderwysers en skoolkommissies geheers het of skole nog moes voortbestaan nadat oorlog verklaar was, is op 3 Oktober uit die weg geruim. Volgens 'n be=

sluit van die Uitvoerende Raad sou alle staats- en gesubsidieerde skole v~naf 1 Oktober, tot nadere kennisgewing, as gesluit beskou word. 1 )

Vanwee die feit dat weerbare manne tussen die ouderdomme van sestien en sestig jaar op kom=

1) No·tu1e Uitvoerende Raad, 3.10.1899, art. 908.

Staatscourant der Zuid-Afrikaansche Republiek, 4.10.1899.

(2)

mando moes gaan,2

) het die meeste plaasskole onmiddellik na die uitbreek van die oorlog ge=

sluit. As gevolg van die landsomstandighede kon J. Hamer nie sy skool te Kommissiedrift, in die Rustenburgse distrik, in Oktober 1899 open nie.3

) Sommige plaasskoolonderwysers moes hulle skole sluit om self op kommando te gaan.4)

7.1.2 Die heropening en tydelike voortbestaan van enkele plaasskole

Nadat die georganiseerde skoolstelsel van die Z.A.R. as gevolg van die oorlog verdwyn het, is enkele plaasskooltjies nog vir 'n geruime tyd aan die gang gehou. Vir G. van Tuinen, onderwy=

ser te Kraaifontein, in die Middelburgse distrik, was dit 'n teleurstelling dat gesubsidieerde skole met ingang 1 Oktober as geslote beskou moes word. Hy was van voorneme om sy skool nog so lank as moontlik aan die gang te hou.5> Op

2) KRUGER, D.W. Die Tweede Vryheidsoorlog, 1899-1902. (In Van der Walt, A.J.H. e.a.

Geskiedenis van Suid-Afrika, p.407). - - - - 3) HAMER, J. Brief aan Departement van Onderwys.

Rietvlei, Pk. Kafferskraal, 16.10.1899.

0.0. 114/1 : O.R. 17 062/99.

4) MEESTER, H. Brief aan Departement van Onder=

wys. Buysfontein, Pk. Klerksdorp, 31.10.1899.

O.D. 114/1 : O.R. 17 201/99.

5) VAN TUINEN, G. Brief aan N. Mansvelt. Kraai=

fontein, wyk Mapoch's gronde, Middelburgse distrik, 7.10.1899. 0.0. 117 a/b : 117.

(3)

die plaas nBloemtuin", in die Soutpansbergse distrik, is daar so laat as 6 November 'n skoal gestig. 6 )

7.2 Konsentrasiekampe en kampskole

7.2.1 Die begin van die smarte

Na 'n jaarlange stryd was die einde van die oorlog, wat volgens die Engelse owerheid slegs enkele maande sou duur, nog nie in sig nie.

'n Uitgerekte guerilla-oorlogsvoering het gevolg wat tot die bitter eirtde voortgeduur het. Die Britse militere owerheid het uit wanhoop besluit om 'n laaste desperate paging aan te wend om die

strydende burgers te dwing om die wapen neer te le. Hierdie besluit kom daarop neer dat daar 'n einde gemaak meet word aan alle boer=

derybedrywighede deur die vernietiging van alle plaasopstalle, vee en landerye. Die vernieti=

ging van alle voedselvoorrade sou verhoed dat die burgers van proviand voorsien word. 'n Ander maatreel in die verband was dat vrouens en kinders in konsentrasiekampe saamgetrek moes word.?)

6) VAN ZYL, P.G., voorsitter skaolkommissie.

Brief aan Departement van Onderwys. "Bloem=

tuin", Soutpansberg, 6.11.1899. O.D. 114/1 O.R. 17 355/99.

7) SYMINGTON, F.C. Onderwys in Transvaal gedu=

rende die Kroonkolonie-periode, p.l4.

(4)

Lord Milner het hieromtrent in September 1901 aan die .. uitlander Committe of Cape Town" soos volg geskryf: 11The formation of Concentration Camps has been adopted purely on military grounds as a means of hastening the end of the war which is, after all, in the first interest of the refugees themselves, and, as a military measure, i t is, I believe succeeding .•• ".8)

Dit wil voorkom of die vernietiging van voor=

rade en afbranding van plaashuise nie net ge=

durende die laaste maande van die oorlog plaas=

gevind het nie, maar dat dit, volgens onder=

staande proklamasie van 9 Julie 1900, veel vroeer begin het.

nit is hereby notified for information that unless the men at present on commando belonging to families in the Town and

District of Krugersdorp surrender themselves and hand in their arms to the Imperial

Authorities by 20 July, the whole of their property will be confiscated and their families turned out destitute and home=

less". 9 )

8) DEVITT, N. The concentration camps in South Africa, p.l6-7.

9) BOISSEVAIN, C. The struggle of the Dutch Republics, p.l8.

(5)

7.2.2 Strooptogt~ en die vervoer van vrouens en kin=

ders na konsentrasiekampe

In 'n paging om die ,hensopper"-gesinne te beskerm, is daar in 1901 met erns oorgegaan tot die oprigting van kampe waar die sogenaamde ,refugees" beskerming kon geniet. Nadat die families van vegtende burgers as gevangenes vanaf September teen hulle sin na die dorpe van bleek seiltente gedwing is, het die ,refu=

gee"-kampe hulle karakter verloor. Die Britse militere owerheid het egter volgehou om die konsentrasiekampe voor die oe van die wereld te regverdig. Hulle bewering was dat die kampe opgerig is om beskerming aan daklose en onver=

sorgde gesinne van die nie-vegtende Boere te bied. 10 )

Op 'n ongekende skaal is plaaswonings, sowel as die inhoud, afgebrand. Lewende hawe en ander voedselvoorrade is vernietig. Tevergeefs het moedige vroue, swak grysaards en weerlose kinders voor die vyand probeer wegvlug, want op bevel van Lord Kitchener moes alle mans, vrou=

ens en kinders wat op plase aangetref was na kampe vervoer word.ll)

10) OTTO, J.C. Die konsentrasiekampe, p.43-7.

11) BURGER, A.J.V. Worste1jare, p.75-9.

(6)

Groot getalle vrouens en kinders is vanaf die verwoeste plase oor lang afstande, dikwels deur naturelle, na die naaste stasie te voet aange=

jaag.12) Die meer bevoorregtes is op oop osse=

waens gelaai en in alleryl na die naaste kamp of spoorwegstasie vervoer. Die ontberings het met hierdie reise begin, want sonder enige ge=

riewe moes hulle die ysige winter en somer=

reen trotseer. Vanaf die stasies is hulle met oop en oorvol goederetrokke na die sogenaamde

.,refugee"-kampe vervoer. 13)

J.C. Smuts het in Januarie 1902 in sy verslag aan S.J.P. Kruger die toestande soos volg be=

skryf: .,Bijna alle plaatsen en dorpen in beide republieken waren verwoest en afgebrand; bijna alle graan en middelen van bestaan vernield, haast alle levende have gedood of liever wreed=

dadig vermoord; de groote meerderheid onzer vrouwen en kinderen aten tranenbrood in de gevangeniskampen van den vijand; en zij die nog op vrijen voet waren, doolden meest rond in de bosschen en bergen tusschen de Kaffers en het wild gedierte".14l

12) KEMP, J.C.G. Die pad van die veroweraar, p.44.

13) SYMINGTON, F.C. Onderwys in Transvaal gedu=

rende die Kroonkolonie-periode, p.15.

14) KEMP, J.C.G. Vir vryheid en vir reg, p.430.

(7)

7.2.3 Algemene kamptoestande

Met die verloop van tyd is konsentrasiekampe op die volgende plekke in Transvaal opgerig:

Balmoral, Barberton, Belfast, Heidelberg, Irene, Johannesburg, Klerksdorp, Krugersdorp, Meintjies=

kop, Middelburg, Nylstroom, Pietersburg, Pot=

chefstroom, Standerton, Vereeniging en Volksrust.

Transvaalse vroue en kinders is later ook na kampe buite Transvaal gestuur, naamlik Colenso, Eshowe, Hawick, Jacobs, Ladysmith, Merebank en Pietermaritzburg in Natal en te Kimberley, Ma=

feking, Port Elizabeth en Vryburg in die Kaap=

kolonie. 15 )

In Maart 1902 was daar reeds 52 571 blankes in die Transvaalse kampe, waarvan 22 363 kinders was. Wanneer die kampe buite die grense van Transvaal in aanmerking geneem word, was daar volgens skatting minstens 30 000 Transvaalse plaaskinders in al die verskillende kampe waar=

van ongeveer 20 000 van skoolgaande ouderdom was. Aanvanklik was hierdie getalle veel meer, want daar het op hierdie stadium alreeds onge=

veer 10 000 Transvaalse kinders in die kampe gesterf. 16 )

15) SYMINGTON, F.C. Onderwys in Transvaal ge=

durende die Kroonkolonie-periode, p.15.

16) Ibid. I p.16.

(8)

Tot en met Februarie 1901 het die Britse mili=

tere owerheid die kampe beheer en administreer.

In die praktyk het die organisasiewerk die taak van 'n klompie ondergeskikte mense geword.

In die meeste gevalle is die distrikskommissa=

risse vir die organisasiewerk en voedselvoor=

siening verantwoordelik gehou. Nadat Lord Kitchener bevel oorgeneem het, het hy opdrag

gegee dat die militere offisiere voortaan slegs verantwoordelik sou wees vir die verdediging van die kampe, en dat kampsuperintendente benoem sou word om die interne reelings en organisasie van die kampe te behartig.17)

Die burgerlike kampsuperintendente was afhank=

lik van die militere owerheid vir vervoer, treindienste en watervoorsiening. Omdat die militere administrasie in 'n oorlog betrokke was, het hulle voorkeur aan die voorsiening van wapentuig en voedsel aan die strydende Britse soldate gegee.18)

Die oorvolheid van die kampe en ander veelvul=

dige probleme het elke kampadministrateur en sy personeel oneindige hoofbrekens besorg. Ne=

rens wou die kamporganisasie vlot nie. Kampe

17) OTTO, op. cit., p.7o.

18) Ibid., p.73.

301.

(9)

het onbeheerbaar uitgebrei, en die siekte- en sterftesyfer het in die oorvol kampe ernstige

f . 19)

a met~ngs aangeneem.

Daar was 'n ernstige tekort aan tente, en alle beskikbare akkommodasie soos kamers, krotte en barakke is gekommandeer waarin die gevange vrouens en kinders gehuisves moes word. Selfs tentwaens, skoollokale en sooi- en riethutte, wat met groot haas opgerig is, is met verskil=

lende families volgeprop.20 )

Die tekort sowel as die ongebalanseerdheid van die voedsel was een van die vernaamste oorsake van die hoe sterftesyfer onder die kinders ge=

wees. As gevolg van bogenoemde feit kon die kinders in die konsentrasiekampe nie genoegsame fisieke weerstand teen epidemiese siektes op=

bou nie.

Die kampbewoners het rantsoenkaartjies ontvang waarmee hulle op vasgestelde tye hulle rantsoene kon bekom. Moeders en kinders het soms ure lank in lang rye voor die sogenaamde kombuise met hulle skotteltjies of ander houers gewag om hul=

le hongerrantsoene te ontvang, terwyl verswakte en siek kinders in die beknopte tente verkeer

19) Ibid., p.75.

20) Ibid., p.57-9.

(10)

het. 21)

Tot aan die einde van 1901 het alle kampbewoners, kinders en volwassenes, dieselfde voedsel gekry.

Klein kindertjies het weggekwyn, omdat hulle nie van vars melk voorsien is nie. Gelukkig het daar in Januarie 1902 verbeterde rantsoene gevolg wat onder andere vars melk, batter, vleis en groente ingesluit het. Alhoewel dit nie val=

doende was nie, was die voedselvoorsiening vir enkele maande voor die oorlog van 'n grater ver=

skeidenheid en beter gehalte. As gevolg van beter voedsel kon die kinders grater fisieke weerstand teen siektes en ander ontberings op=

bou. 22 )

Namate die kampe grater en voller geword het, het die tekort aan noodsaaklike geriewe soos latrines

gene em.

getree en hoog. 23)

en wasgeriewe ernstige afmetings aan~

Uiters onhigieniese toestande het ir' die siekte- en sterftesyfer het vcr- Danksy die bemoeiinge van Emily Hobhouse en andere het die sanitere geriewe

21) BARNARD, S.S. Geskiedenis van die ontwik=

ke1ing van die onderwys van b1ankes in die K1erksdorpse distrik, p.90.

22) HOBHOUSE, E. Die srnarte van die oor1og en wie dit ge1y het, p.298. Vg1. ook: OTTO, op. cit., p.99-102.

23) OTTO, op. cit., p.l06.

(11)

en watervoorsiening in die Transvaalse konsen=

trasiekampe mettertyd verbeter.24 l

7.2.4 Stigting en beheer van kampskole

In 1900 het Lord Viscount Milner 'n bekwame amptenaar van die Britse staatsdienskommissie, E.B. Sargant, wat hom toe in Kanada bevind het, genooi om die onderwys in die besette

Boererepublieke te organiseer.25 )

E.B. Sargant het op 6 November 1900 in Kaap=

stad aangekom. Na sy aankoms in Transvaal het hy spoedig bemerk dat die Britse militere ower=

heid feitlik geen voorsiening vir onderwys gemaak het nie.26)

Tydens sy tweede besoek aan Kaapstad in Januarie 1901 het Sargant kennis gemaak met die onder=

wyswerksaamhede van die Groenpuntse kampskool wat deur die krygsgevangenes opgerig is. Dit het hom die idee en praktyk gegee van die kamp=

skole.27

) Hy het in April drie organiserende inspekteurs aangestel om die organisatoriese

24) Ibid., p.ll8.

25) Transvaal and Orange River Colony. Public education report, 1900-1904, p.l.

26) Ibid., p.3-4.

27) Ibid., p.4-5.

(12)

sake te behartig ten opsigte van die stigting van skole in die verskillende konsentrasie=

karnpe in Transvaa1.28)

Ten spyte van 'n ernstige tekort aan akkornrno=

dasie en skoolbenodigdhede; onvoldoende onder=

wysers(esse); die vyandiggesindheid van die karnpbewoners; die hoe siekte- en sterftesy=

fers en die gebrek aan goeie samewerking met die karnpsuperintendente het die organiserende inspekteurs onverpoos met hulle werk voortge=

gaan. Teen die einde van April was daar in vyf Transvaalse kampe alreeds agt en twintig onderwysers(esse) wat skoolonderwys aan een=

duisend tweehonderd drie en negentig kinders verskaf het.29)

7.2.5 Inskrywing en skoolbesoek

Skoolbywoning was nie verpligtend nie, dog in verskeie kampe is indirekte dwang op moeders uitgeoefen om hulle kinders skoal toe te stuur. 30 )

28) OTTO, op. cit., p.l57.

29) Ibid., p.l59.

30) SYMINGTON, F.C. Onderwys in Transvaal ge=

durende die Kroonkolonie-periode, p.41-2.

Vgl. ook: Id. Die konsentrasiekarnpskole in die Transvaal en Oranje Vrystaat, p.27.

(13)

Qj_e werklike g:r·oei van die Transvaalse. kar .•

skole en die toename van die leerlingtc.l ' Mei 1901 tot Mei 1902 blyk duide~i~ ~l~ ~1.

volgende gegewens: 31\ 1

Inskrywing in 'I'ransvaalse kampskole, Hei 1901 - Hei 1902

1901 1902

Haand Aantal

Haand Aantal

·leerlinge leerlinge

Mei 1 859 Januarie 12 046

Junie 2 079 Februarie 13 908

Julie 4 808 Maart 12 710

Augustus 5 950 April 16 739 September 7 2 30 Mei 17 213 Oktober 7 315

November 8 120

D~sember 8 260

Tabel XVII

Uit bostaande gegewens kan die volgende aflei=

dings gemaak word:-

*

Daar was 'n geleidelike styging in die in=

skrywing wat sy hoogtepunt bereik het met die sluiting van die Vrede in Mei 1902.

31) Transvaal and Orange River Colony. Public education report, 1900-1904, p.18.

(14)

Die styging in die leerlingtal was geduren=

de die eerste paar maande langsaam, maar vanaf die einde van 1901 was die styging vinniger, met die grootste styging van Desember 1901 tot Januarie 1902.

Die skoolbesoeksyfer was oor die algemeen laag.

By somrnige kampe was die gemiddelde werklike skoolbesoek in 1901 soms minder as 50%. Later aan het die skoolbywoning sodanig verbeter dat die gemiddelde skoolbesoek in Mei 1902 meer as 83% van die gemiddelde inskrywing was.32)

F.C. Symington het die swak skoolbywoningsyfer toegeskryf aan dLe volgende faktore: nie-ver=

pligte onderwys; die vyandige gevoel teenoor die Engelse georienteerde skole; die vreemde taalmedium (Engels); die tekort aan hulp om die tente skoon te maak en rantsoene te gaan haal ens.; die hoe siekte- en sterftesyfer;

die swak organisasie ten opsigte van die uit=

reiking van rantsoene; swak en onvoldoende kleding en die algemene toestand van onrus, ontwrigtLng en onsekerheid.33)

32) SYMINGTON, F.C. Die konsentrasiekampskole in die Transvaal en Oranje Vrystaat, p.26.

Vgl. ook: Id. Onderwys in Transvaal gedurende die Kroonkolonie-periode, p.40.

33) Id. Onderwys in Transvaal gedurende die Kroonkolonie-periode, p.43-9.

(15)

Markeetente by 'n kampskool.

In 'n paging om die ernstige probleme wat ontstaan het om die toenemende aantal kinders by die verskillende kampskole te akkommodeer, het markeetente dikwels as skoollokale gedien.

(BOT, A.K. Die ontwikkeling van onderwys in Transvaal, p.41).

(16)

Na die sluiting van die Vrede het die leerling=

tal in die verskillende Transvaalse kampskole vinnig begin daal namate die kinders saam met hulle moeders die kampe verlaat het om na hulle geruineerde plase terug te gaan. Vir die maan=

de Junie, Augustus, Oktober en Desember 1902 was daar respektiewelik nog 15 651; 7 271;

3 845; en 934 kinders in die verskillende kampskole oor.34)

Toe die kampskole finaal in Desember 1902 opge=

hef is, was die oorblywende klompie plaaskinders waarskynlik alma! oorlogswesies wat in weeshuise geplaas moes word, en vanaf 1903 dorpskole moes besoek. 35 )

7.2.6 Klaslokale, meubels en skooltoerusting

Ernstige probleme is ondervind om die toenemen=

de aantal kinders te akkommodeer. Kerke, sale, tente, winkels, stalle en die .,Mafeking shel=

ters"36) het as skoollokale gedien. 37>

34) Transvaal and Orange River Colony. Public education report, 1900-1904, p.IS.

35) SYMINGTON, F.C. Onderwys in Transvaal ge=

durende die Kroonkolonie-periode, p.39.

Vgl. ook: Id. Die konsentrasiekampskole in die Transvaal en Oranje Vrystaat, p.24.

36) Mure van baksteen, hout of sink met 'n seil daaroor gespan.

37) Transvaal and Orange River Colony, op. cit., p.ll. Vgl. ook: SYMINGTON, F.C. Onderwys in Transvaal gedurende die Kroonkolonie-pe=

riode, p.26.

(17)

Ruwe aanmekaargetimmerde houtbanke38

) met uit=

eenlopende ontwerpe, en lang planke oor lee kassies was die enigste meubels in die skool=

plekke. Wanneer die sterftesyfer hoog was, is van die planke gebruik om doodkiste te maak;

dusdoende was die tekort aan sitbanke weer groter. 39 )

Die skaarste aan noodsaaklike skoolmateriaal het die taak van die onderwysers bemoeilik, en het dan ook stremmend op die vordering van die leerlinge ingewerk. Aanvanklik was die onder=

wys uitsluitlik mondeling en is daar op die memoriseervermoe van die leerlinge staat ge=

maak. Later is daar van leie gebruik gemaak, dog die leerlinge kon as gevolg van die tekort aan skoolbanke moeilik daarop skryf. Skryfborde is' van planke gemaak wat swart geverg is. 40)

7.2.7 Klasroosters en vakansies

Aanvanklik moes die skoolure in twee sessies verdeel word, ten einde met die beperkte fa=

siliteite onderwys aan die groot aantal kinders

38) Transvaal and Orange River Colony, loc. cit.

39) OTTO, op. cit., p.160-1.

40) Ibid., p.160. Vgl. ook: SYMINGTON, F.C.

Onderwys in Transvaal gedurende die Kroonko=

lonie-periode, p.28.

(18)

te verskaf. Benewens die 30 minute wat soggens aan Godsdiensonderrig bestee moes word, moes daar vir twee ure in die voormiddag en twee ure in die namiddag skoolgehou word. Later was die eensessie-skooldag weer algemeen in

gebruik.41) Waar daar as gevolg van 'n tekort aan akkommodasie nog 'n tweesessie-skooldag in swang was, het een groep kinders gewoonlik in die voormiddag van 9.00-12.00 en die tweede groep smiddae van 2.00-5.00 skoolgegaan.42l

Op versoek van die ouers was die skoolvakansie kort, naamlik tien dae in April, veertien dae in Julie, tien dae in Oktober en veertien dae in Desember.43) In gevalle waar die skool ge=

durende die skoolkwartaal moes sluit, as ge=

volg van siektes wat ernstige afmetings aange=

neem het, is daar gedurende die amptelike vakansietyd skoolgehou.44l

7.2.8 Kurrikulum en onderwysmedium

Lees, Skrif en Rekene was die vernaamste skoal=

41) SYMINGTON, F.C. Die konsentrasiekampskole in die Transvaal en Oranje Vrystaat, p.22.

42) Id. Onderwys in Transvaal gedurende die Kroonkolonie-periode, p.37.

43) Ibid., p.38.

44) Id. Die konsentrasiekampskole in die Trans=

vaal en Oranje Vrystaat, p.23.

(19)

vakke. Aandag is ook geskenk aan Godsdiens=

onderrig, Sang en Liggaamlike Opvoeding. Voor=

rang is verleen aan die onderrig van die Engelse taal. 45 )

Dit is duidelik dat die Britse administrasie sommer van die staanspoor af die Afrikaner in Transvaal wou verengels. In sy eerste gepu=

bliseerde onderwysverslag het E.B. Sargant uit=

druklik verklaar: ,There can be no doubt that for purposes of modern life - for commerce, for law, for official purposes - English must be the paramount, and, indeed, the only lan=

guage throughout South Africa". In alle klas=

se was die voertaal uitsluitlik Engels. Slegs Godsdiensonderrig kon deur medium van Hollands plaasvind.46)

Om aan hulle imperialistiese neigings uiting te gee, het die Milner-Sargant-vennootskap

(teenstrydig met alle opvoedkundige beginsels) Engels as skooltaal ingevoer, sodat die Afri=

kanerkind gedenasionaliseer en verengels kon word. Behalwe dat hierdie beleid in botsing was met die gesonde beginsel van moedertaal=

45} Id. Onderwys in Transvaal gedurende die Kroonkolonie-periode, p.29-30.

46} Transvaal and Orange River Colony. Education report, 30.6.1901, p.14.

(20)

onderwys, verg dit min verbeelding om 'n mens in te dink hoe die arme plaaskind, veral die jonger kinders, die onderwysers(esse) moes gesit en aangaap het sander om te verstaan wat daar in die klas aangegaan het. Dit moet ook in gedagte gehou word dat baie van die onder=

wysers(esse) wat Engels as voertaal moes ge=

bruik self onopgelei was, en dit tydens die jare van die Z.A.R. selde verder gebring het as die vierde of vyfde standerd. Met hulle beperkte en gebrekkige kennis van Engels moes bulle onderwys deur medium van Engels gee.

7.2.9 Personeelvoorsiening

Die ernstige tekort aan personeel moes die Engelse owerheid aanvanklik hoofbrekens besorg het. As gevolg van die beleid van die Britse militere owerheid om Boeregesinne vanaf plase na konsentrasiekampe oor te plaas, het die leerlingtal vanaf die middel van 1901 in die kampskole vinnig laat toeneem. In November 1901 was daar alreeds 8 120 kinders in die ver=

skillende Transvaalse kampskole. Daar moes gebruik gemaak word van die dienste van jong manne en vroue wat self slegs die vierde, vyfde of hoogstens die sesde standerd geslaag het.47>

47) Transvaal and Orange River Colony. Public education report, 1900-1904, p.10.

(21)

In 'n skrywe op 14 Junie 1901 het E.B. Sargant Lord Milner versoek om dringend vertae tot Engeland te rig om onderwysers uit Engeland en die Britse Ryk. Die grootste gedeelte van die plase se skoolbevolking was in die konsen=

trasiekampe saamgetrek, en., .•• the opportunity during·the next year of getting them all to speak English is golden". Hy het verder ge=

skryf: .,What we want out here at present are women, thoroughly good teachers and of patriotic mind, who would come out, as nurses have come out in the earlier st~ges of the war, and put up with the inconveniences of camp life, the cold, the heat, the dust, the wind, and the rain - for none of these discomforts should be disguised from them - in order that they might teach the children of the burghers our lan=

guage and our ideals".48>

Sargant het die hoop gekoester dat die Engelse onderwyseresse na die vredesluiting in Trans=

vaal sou bly om met hulle werk voort te gaan, ., .•• or even to marry and·become the mothers of children who would be taught to understand the greatness of the English Imperial idea".49)

In 'n paging om moontlike wrywing tussen die

48) Ibid., appendix IV, p.87.

49) Ibid., p.88.

(22)

nuwe Engelse onderwyseresse en die gevestigde kampskoolpersoneel te voorkom, het Sargant in

'n rondskrywe aan alle kampskole op 31 Desember 1901 versoek dat die nuwe kollegas hartlik ont=

vang moes word en oor die onderwystoestande in die kampe ingelig moes word. Gevestigde per=

soneellede is verseker dat die gekwalifiseerdes onder hulle nie afgedank sou word nie, en dat dit slegs die ongekwalifiseerdes sou wees wat plek sou moes maak vir opgeleide Engelse onder=

wyseresse. 50)

Ook die nuwelinge is op 31 Desember 1901 per omsendbri.ef versoek om met die Hollandse onder=

wyseresse saam te werk. Hulle is selfs aan=

geraai om die Hollandse taal te leer praat, dog Engels sou die skooltaal wees.51

)

V~naf Januarie 1902 was daar 'n gestadigde in=

vloei van opgeleide Engelse onderwyseresse, eers vanaf Engeland en daarna vanaf al die dele van die Britse Ryk. 'n Beperkte aantal skoal=

hoofde is ook ingevoer.52)

7.2.10 Sluiting van die kampskole

50) Ibid., appendix VI, p.91-2.

51) Ibid., p.92-3.

52) Ibid., p.l2.

(23)

Na die vredesluiting op 31 Mei 1902 was die oorlewendes haastig om na hulle plase terug te gaan en die inskrywing het by die verskillende kampskole skerp begin daal. Baie moeders en kinders kon egter nie onmiddellik teruggaan plaas toe nie, omdat die burgers nog nie terug was van kommando, of van die krygsgevangene=

kampe nie.53)

Die vermindering van die leerlingtal in die Transvaalse kampskole vanaf Junie 1902 tot Desember 1902, toe die, kampskole opgehef is, word in die volgende tabel aangetoon: 54l

Maand Mei Junie

Julie Augustus September Oktober November Des ember

Leer ling- tal 17 213 15 651

9 826 7 271 5 522 3 845 2 213 934

Tabel XVIII

Opmerkings

Vredesluiting (31.5.1902).

40 onderwysers(esse) vanaf Kanada en 20 vanaf Nieu- Seeland.

40 onderwysers(esse) vanaf Australie.

Opheffing van konsentra=

siekampe.

53) SYMINGTON, F.C. Die konsentrasiekampskole in die Transvaal en Oranje Vrystaat, p.66-7.

54) Transvaal and Orange River Colony. Public education report, 1900-1904, p.lB-9.

(24)

7.2.11 Die invloed en waarde van die karnpskole

Die karnpskole, wat so verskil het van die onder=

wysstelsel van die Z.A.R. en waarby die Afrika=

ner horn rnoes aanpas, was tog, ten spyte van al die tekortkorninge, 'n ligpunt gedurende daardie swart jare van ons volksgeskiedenis.

Aan verskeie grater kinders, wat vanwee ekono=

rniese druk en tekort aan plaasarbeiders nie na die oorlog verder kon skoolgaan nie, is die geleentheid gebied om vir 'n rukkie skoolonder=

wys te ontvang. Plaaskinders, wat andersins vir kwaadgeld in die karnpe sou ronddrentel, is op

'n nuttige wyse besig gehou. Vir sornrnige kin=

ders was die skoolonderrig in die karnpskole die dryfveer vir verdere studie na die oorlog. Vir rnenige kind het die bietjie Engels wat hulle

geleer het na di~ oorlog heel nuttig te pas gekom. Die Engelse onderwyserebse v;as in die reel beskaafde, ontwikkelde en verfynde dames wat 'n heilsarne invloed op die kinders uitge=

oefen het. Verskeie Engelse onderwyseresse het na die sluiting van die Vrede (1902) hulle werk op afgelee plase gaan voortsit. Onder die sirnpatieke leiding en inspirasie van die Engelse hoofde het verskeie swak gekwalifiseer=

de Hollandse onderwysers(esse) bale geleer, en is somrnige van hulle in so 'n mate geinspireer dat hulle later hulle op Onderwyskolleges

317.

(25)

beter gaan bekwaam het vir hulle taak.SS)

7.3 Onderwys aan plaaskinders, Junie - Desember 1902

Na die oorlog het die burgers weer by hulle uitgedunde gesinne aangesluit en na hulle plase teruggekeer. Verskeie Engelse kampskoolonder=

wyseresse het hulle na die plase vergesel om met hulle onderwyspogings voort te gaan. Op die plase het hulle 'n woesterny aangetref wat deur E.G. Pells soos volg beskryf is:

,What a home-coming for mothers and children!

What a re-opening of school for the teachers from London, Edinburgh, Cardiff, Sydney, Ottawa and Dunedin! The farmhouses lay in ruins. Father or son or both had been killed in the war. The battered walls were covered with a few sheets of zinc to serve as a home.

A war-stained bell-tent, unendurably hot in summer, bitterly cold in winter, was the school- room". 56)

Enkele maande na die beeindiging van die oorlog het plaasskole weer hulle verskyning begin maak, want in September 1902 het 364 kinders

55) SYMINGTON,

F.c.

Die konsentrasiekampskole in die Transvaal en Oranje Vrystaat, p.69-7l.

56) PELLS, op. cit., p.B4.

(26)

onderrig by plaasskole ontvang. In Desember was daar 2 402 leerlinge wat aan die verskil=

lende plaasskole onderrig ontvang het.57l

Benewens die oprigting van permanente plaas=

skole waar meer as 20 leerlinge byeengebring kon word, het E.B. Sargant 'n skema van be=

soekende onderwysers (andersoortig as die rand=

gaande huisonderwysers gedurende die jare van die Z.A.R.) voorgestel, sodat daar aan elke plaaskind onderwysgeleenthede gebied kon word.

Om gereelde besoeke om onderwys te verskaf aan plase te kon bring, het Sargant voorgestel dat

'n perdekar aan elke tweetal onderwyseresse (met 'n dorp as setel) voorsien moes word,. Vol=

gens hierdie skema moes twee dames op Maandag vanaf die dorp in 'n bepaalde rigting ry, en eers by plaas A aandoen waar een moes agterbly om die oggendonderwys aan minstens vyf kinders van die plaas en onmiddellike omgewing te ver=

skaf. Die tweede onderwyseres moes dan met die perdekar verder ry tot by plaas B waar sy op haar beurt weer onderwys moes verskaf. Die eienaar van plaas A moes dan vir vervoer reel om die onderwyseres in staat te stel om by haar kollega op plaas B aan te sluit, vanwaar hulle

57) Transvaal and Orange River Colony. Public education report, 1900-1904, 18.

(27)

dan respektiewelik na plase C en D moes gaan om gedurende die middag onderwys te verskaf.

Dit was die verantwoordelikheid van die eienaar op plaas D om aan die twee onderwyseresse huis=

vesting te bied, sodat hulle daar kon oornag.

Die volgende oggend moes hulle dan op dieselfde wyse vier ander plase besoek, waarna hulle langs

'n ander roete na die dorp moes terugkeer.

Woensdae moes aan nasienwerk bestee word. Die tweede rondte, soortgelyk aan die eerste ge=

durende die eerste twee dae van die week, moes gedurende die laaste twee dae van die skool=

week afgehandel word, maar 'n ander roete moes gevolg word, sodat ander plase besoek kon word.

Op hierdie wyse kon elke onderwyseres minstens agt plase per week besoek. Indien 'n trapfiets aan die perdekar vasgemaak kon word, sou dit die onderwyseresse onafhanklik ten opsigte van vervoer maak.SS)

Vanwee die praktiese onuitvoerbaarheid daarvan het daar niks van Sargant se skema van besoeken=

de onderwysers tereg gekom nie. Plase A en B kon te ver van mekaar gelee wees, en boer A het dalk nie 'n perdekar en trekdiere besit om die onderwyseres na die volgende plaas te neem om by haar maat aan te sluit nie. Dit is ook te

58) Transvaal and Orange River Colony. Education report, 30.6.1901, p.8-9.

(28)

betwyfel of plaaseienaars, al sou hulle oar vervoergeriewe beskik het, altyd die geleentheid gehad het om die onderwyseresse na 'n volgende plaas te vervoer. Vanwee val riviere na dander=

storms was die paaie soms onbegaanbaar. Huis=

vesting was 'n probleem na die oorlog en dit staan te betwyfel of plaaseienaars altyd die onderwyseresse sou ken huisves. 'n Verdere probleem was, of daar altyd vier gerieflike gelee plase op die terugreis was.

7.4 Staatsonderwys tydens die Milner-regime, 190 3-1905

7.4.1 Onderwyswet, 1903

Na die vredesluiting is die Transvaalkolonie direk uit London regeer, en 'n nuwe onderwys=

wet was nodig om Wet no. 8 van 1892, wat die imperialistiese beleid van Milner nie sou ken dien nie, te vervang.

Die eerste Direkteur van Onderwys van die nuwe Transvaalse Onderwysdepartement, E.B. Sargant, het sy onderwysordonnansie, wat in ooreenstem=

ming was met die Milner-beleid, teen die einde van 1902 gereed gehad. Die Wetgewende Raad van Transvaal het dit op 25 Februarie 1903 goedgekeur en Ordonnansie no. 7 van 1903 het die volgende Onderwyswet geword.59) Die hoof=

59) COETZEE, J.C. Onderwys in Transvaal, p.75-6.

(29)

beginsels van hierdie wet was:-60)

*

Die oprigting van 'n Departement van Onder=

wys met 'n Direkteur aan die hoof; die stigting, onderhoud en inspeksie van skole en die voorsiening van beurse en toelaes

(art. 1).

*

Die voorsiening van gratis laer onderwys aan blanke kinders waar die gemiddelde in=

skrywing minstens 30 leerlinge tussen ses en veertien jaar was (art. 2).

*

Goewermentsonderwysers moes gesertifiseerd wees, en bulle moes 'n dienskontrak met die Onderwysdepartement aangaan (art. 3).

~ Skoolvakansies sou deur die Luitenant-Goewer=

neur-in-Rade bepaal word (art. 4).

~ Samewerking tussen kerk en staat in verband met godsdiensonderwys. Godsdiensonderwys kon in die vorm van Bybelse geskiedenis vir twee ure per week deur medium van Hollands, terwyl dogmatiese onderwys deur predikante in Hollands vir een uur per week gedurende die gewone skoolure onderrig word (art. 5).

*

Indien die ouers dit verlang het, kon Hol=

lands as vak vir drie ure per week onderwys word (art. 6) .

60) Ordinance no. 7 of 1903.

(30)

~ Privaatskole met meer as tien leerlinge was verplig om by die Onderwysdepartement te registreer. Hulle was onderhewig aan in=

speksie en die onderwysers moes in besit van 'n onderwysersertifikaat wees wat uitge=

reik is deur die Direkteur van Onderwys (art. 7).

~ Voorsiening is gemaak vir die benoeming van adviserende skoolkommissies deur die Luite=

nant-Goewerneur-in-Rade (art. 8).

7.4.2 Organiserende inspekteurs en distrikshoofonder=

wysers

Die nuwe Onderwysdepartement het die hulp van 'n aantal inspekteurs nodig gehad om hom be=

hulpsaam in die doeltreffende uitvoering van sy werksaamhede te wees. Die Transvaalkolonie is in elf inspeksiekringe verdeel wat min of meer in ooreenstemming was met die grense van die landdrosdistrikte. Om die werk in die plattelandse distrikte te vergemaklik, is die distrikte verder in onderdistrikte met elk 'n distrikshoofonderwyser aan die hoof verdee1.61)

Dit was die taak van die organiserende inspek=

teurs om skole op geskikte plekke te stig, op

61) COE'l'ZEE, J.C. Onderwys in Transvaal, p.BO.

(31)

voorwaarde dat minstens dertig kinders die skool sou besoek. Die eienaar van die plaas waar die skool gestig word, moes by voorkeur

'n invloedryke boer wees wat ook losies aan 'n aantal leerlinge kon verskaf.62)

Die inspekteurs moes sorg dat nuut gestigte skole van personeel, meubels en toebehore voorsien word. Ouervergaderings moes gehou word, sodat hulle op hoogte kon bly van die be=

geertes van die skoolouers. Hulle moes ook die belangstelling van plaasmense vir die onderwys

k 63) we .

Distrikshoofonderwysers moes die organiserende inspekteurs behulpsaam wees om die belangstel=

ling vir onderwys te wek en skole op te rig.

Hulle moes as inspekteurs vir die plaasskole in hulle onderskeie gebiede optree.64) Hierdie elastiese stelsel het waarskynlik in die teorie mooi beloftes ingehou, dog dit moes in die praktyk dikwels lastige probleme opgelewer het.

Die groot afstande tussen plaasskole en die swak paaie moes die inspeksiereise bemoeilik het. Daar word ook nerens gese wat by die

62) SYMINGTON, F.C. Onderwys in Transvaal ge=

durende die Kroonkolonie-periode, p.85.

63) Loc. cit.

64) T.E.D. Report, 30.6.1905, p.2.

(32)

kleiner dorpskole gebeur het as die hoof afwe=

sig was om inspeksiereise in die distrik te onderneem nie. Daar was seker ook selde 'n geskikte persoon aan wie hy sy pligte kon delegeer.

Aan die einde van 1903 was daar minstens nege en dertig distrikshoofonderwysers, maar namate die immigrante-distrikshoofonderwysers beter betrekkings in ander dele van die Britse Ryk begin aanvaar het, het die getal vanaf die begin van 1904 sodanig begin verminder dat daar in Junie 1905 nog slegs sewentien oor was. 65 )

Gedurende die Selborne-periode is die pos van distrikshoofonderwyser, wat in die praktyk niks anders as 'n klerklike en organiserende assistent van die organiserende inspekteurs was nie, afgeskaf. Hulle het gewone skool=

hoofde of sekretarisse van skoolrade geword.66)

7.4.3 Aanstelling van onderwysers

Die Engelse owerheid het in 1903 bevredigend gevorder met die oprigting van plaasskole,

6 5) Loc. cit.

66) SYMINGTON, F.C. Onderwys in Transvaal ge=

durende die Kroonkolonie-periode, p.l30.

(33)

want in Junie was daar reeds 8 117 kinders in plaasskole teenoor die 3 476 kinders in Januarie.

Uit die totaal van 373 laerskole aan die einde van 1903 was minstens 269 plaasskole.67

>

Ten spyte van die vooruitgang gedurende daardie jare was die tekort aan goeie onderwysers een van die ernstigste knelpunte in verband met die ontwikkeling van die plaasskcol. Die Engelse was huiwerig om die ou Republikeinse onderwy=

sers op groat skaal aan te stel, omdat hulle die verengelsingsbeleid van Milner en Sargant kon verongeluk. Dit was die beleid van die owerheid om die Engelse en Engelsgeorienteerde personeel=

lede van die kampskole na die vredesluiting met tente, meubels en ander skooltoerusting na plase oar te skuif om met hulle onderwyswerk voort te gaan. 68)

Dit is te verstane dat die Engelse onderwyseres=

se wat aan afgelee plaasskooltjies diens moes lewer aanvanklik aanpassingsprobleme gehad het.

Die plaasmense was verarm en baie probleme moes aanvanklik oorbrug word. Vervoergeriewe was ontwrig, geselskap skaars en die onderwyseresse het seker selde in aanraking met hulle volks-

67) T.E.D. Report, 31.12.1904, p.4.

68) COETZEE, J.C. Onderwys in Transvaal, p.82-3.

(34)

en geesgenote gekom. 'n Aantal van die Engelse dames het later goed aangepas, en 'n waardevolle bydrae gelewer ter bevordering van die onder=

wys.69)

Vanwee die ernstige personeeltekort moes die owerheid later die salarisse en diensvoorwaar=

des van onderwysers verbeter. Opgeleide plaas=

skoolonderwysers se maksimum salarisse het ge=

wissel van R400,00-R780,00 vir mans en R300,00- R560,00 vir dames. Hierdie salarisstruktuur, wat met ingang 1 Julie 1906 in werking sou tree, was die eerste vaste salarisskale vir Trans=

vaalse onderwysers. 70)

Gedurende daardie jare was dit nog 'n onbegonne taak om besliste minimum kwalifikasies vir laer=

skoolonderwysers te vereis, of om 'n vaste per=

soneelvoorsieningskaal uit te werk. Die aantal kinders by plaasskole het van dertig ( in som=

mige gevalle selfs minder) tot ongeveer een=

honderd leerlinge gewisse1. 71 )

Volgens die gegewens in tabel XIX moes daar noodwendig van die dienste van onopgeleide en

69) EASSON, M.A. Die Britse inv1oed in die Trans=

vaa1se onderwys, d1. 2, p.344-5.

70) T.E.D. Report, 30.6.1906, p.25.

71) Ibid. I p.28.

(35)

onervare onderwysers(esse) vir 'n onbepaalde tyd by plaasskole gebruik gemaak word.

Sertifikate in besit van p1aasskoo1onderwysers in Desember 1904 en Junie 190672 )

TWeedek1as= Derdek1as= Voorwaarde1ike Totaa1 sertifikaat sertifikaat sertifikaat

Des. Junie Des. Junie Des. Junie De,;.

190 4 190 6 19 04 19 06 19 04 1906 19 04

52 57 137 120 178 220 367

Tabel XIX

Onopgeleide plaasskoolonderwysers kon na twee jaar onderwysdiens hulle vir die eksamen vir die verwerwing van die derdeklasonderwysserti=

fikaat aanmeld.73l

Die personeelposisie het gaandeweg verbeter.

In Desember 1904 was die verhouding van die aantal onderwysers tot leerlinge by plaasskole 1:24,0 en in Junie 1906 1:21,8.74)

Junie 1906 397

7.4.4 Skoolbywoning

E.B. Sargant was die mening toegedaan dat skool=

72) Ibid., p. 139.

73) Ibid., p. 182-3.

74) Ibid., p.l40-l.

(36)

bywoning nie onmiddellik verpligtend gemaak moes word nie. Die onderwys moes so aantreklik gemaak word dat die begeerte na verpligte

skoolbesoek op aandrang van die ouers moes k om. 75)

Waar daar teen die einde van 1902 2 241 leer=

linge in 72 plaasskole was, het dit tot aan die einde van 1903 toegeneem tot 9 016 leerlinge in 269 skole. Die leerlingtal het egter ge=

durende die somervakansie gedaal, sodat daar in die begin van 1904 262 skole was met 8 901 leerlinge.76)

Ten spyte van al die pogings wat aangewend was om die skoolstelsel in so 'n mate uit te bou dat elke kind 'n skoal kon besoek, was daar in 1903 nog minstens 16 000 kinders van skoolgaande leeftyd wat nie skoolonderwys ge=

niet het nie.77)

Die vinnige ontwikkeling van die plaasskool=

stelsel gedurende 1903 blyk uit die volgende

75) Transvaal and Orange River Colony. Education report, 30.6.1901, p.16.

76) T.E.D. Report, 31.12.1903, p.7.

77) Loc. cit.

(37)

tabel: 78 )

Maand Aantal Gemiddelde Gemiddelde skole inskr;r:wing Skoolbesoek Januarie 100 3 255,1 2 907,1 Februarie 124 4 413,4 3 920,3

Maart 151 5 407,7 4 761,7

April 170 6 017,4 5 141,3

Mei 194 6 822,8 5 916,9

Junie 210 7 459,6 6 689,6

Julie 242 8 604,6 7 474,2

Augustus 257 9 176,1 7 961,9 September 267 9 576,5 8 303,9

Oktober 273 9 600,2 7 954,8

November 272 9 101,4 7 321,2 Des ember 269 9 043,3 7 198,9

Tabel XX

Die skoolbesoek van plaaskinders, soos dit uit die bostaande gegewens blyk, was swak. Die persentasie werklike skoolbesoek vir die skool=

jaar 1903 was slegs 85,4.79)

Die Direkteur van Onderwys het die stilstand wat daar in 1904 ten opsigte van die ontwikkeling van die plaasskoolstelsel was, en die swak skool=

bywoningsyfer aan die volgende faktore toege=

78) Ibid, appendix B, p.75.

79) Ibid., 31.12.1903, p.22.

(38)

skryf:-80)

~ Verskeie kinders het hulle skoolkursus on=

middellik na die oorlog voltooi, en het toe die skole verlaat om op die plase te gaan werk.

~ Die tekort aan skoolgeboue wat die stigting van skole belemmer het.

~ Ouers het dikwels hulle kinders uit die skoal gehou om op plase behulpsaam te wees, veral tydens die ploeg- en oesseisoen.

~ Die lae geboortesyfer gedurende die oorlog.,

Die redes wat Sargant aangevoer het vir die on=

bevredigende vordering van staatsonderwys in 1904 en die swak skoolbesoek is onaanneemlik.

Die aantal plaaskinders wat hulle skoolkursus gedurende 1903 voltooi en skoal verlaat het, was seker min. Dit is meer aanvaarbaar dat die kinders se hulp in 1902/3 onontbeerlik was met die heropbou van plase, en dat die toestand in 1904 beter was. In 1903 was klaskamerakkommo=

dasie seker 'n veel ernstiger struikelblok as in 1904 toe daar meer, beter en grater skoal=

geboue beskikbaar was. Kinders wat gedurende die oorlog gebore is, was nog nie gereed om

80) Ibid., 31.12.1904, p.4-5.

(39)

skool toe te gaan nie, aangesien hulle in 1904 hoogstens vier jaar oud kon wees.

Dit is meer waarskynlik dat die lae inskrywing in 1904/5 te wyte was aan die groot aantal sui=

gelinge en kleuters wat in die konsentrasie=

kampe gesterf het. Dit moet ook in gedagte gehou word dat daar in 1904/5 alreeds 'n groot aantal C.N.O.-skole op plase was, en dat baie kinders hierdie skole besoek het ten koste van die goewermentskole.

Die gemiddelde inskrywing van die plaasskole vir die maande Februarie, April, Junie, Sep=

tember en November 1904 was respektiewelik 9 703,3; 10 402,1; 10 088,1; 10 011,7 en 9

458,5~

11

vir

die halfjaar wat op 30 Junie 1905 ten einde geloop het, was die gemiddelde inskry=

wing van die plaasskole slegs 9 596,6 teenoor die gemiddelde van 9 965,1 vir die skooljaar 1904.821

7.4.5 Uitskakeling van ouerseggenskap in die onder=

wys

Die nuwe onderwysadministrasie het plaaslike skoolkommissies aanvanklik uitgeskakel, maar

81) Ibid. I p. 4 .

82) Ibid., 30.6.1905, p.9.

(40)

hulle was bereid om dit op 'n later stadium weer te herstel. Onderwysers moes goewerments=

amptenare, in plaas van die gehuurdes van plaas=

like liggame wees.83l

Deur die gesentraliseerde onderwysadministrasie het die Milner-Sargant-vennootskap alle beheer oar die onderwys in eie hande gehad, en kon hulle beter daarin slaag om die Afrikaner te verengels. Alle reelings en opdragte het van die veroweraars gekom, en dit was nie nodig om die wense en begeertes van die kerk of ouers in ag te neem nie.

Onderwysordonnansie no. 7 van 1903 het voor=

siening gemaak vir die benoeming van adviserende skoolkomrnissies vir laerskole met minstens der=

tig leerlinge.84

) Plaaslike skoolkomrnissies het deel aan die keuse van 'n onderwyser gehad, maar die finale aanstelling het by die Direkteur be=

rus. Skoolkomrnissies kon oak die skoolrade adviseer ten opsigte van die verbetering en vergroting van die skoolgebou en terrein.85l

83) Transvaal and Orange Rl'<'r t:c.lony. EctucatJ ,:, report, 30.6.1901, p.ll-.'.

84) Ordinance no. 7 of 1903, art. 8.

85) Regulations regarding the constitution and duties of Advisory School Committees and School Boards, artt. 24; 27.

(41)

Hiermee is ouers hul reg ontneem om die onder=

wyser te keur aan wie die opvoeding en onderwys van hulle kinders toevertrou moes word - iets waar=

oor die plaasmense seker bitter ontevrede was.

Die magte van die adviserende skoolkommissies is deur middel van die Selborne-memorandum in November 1905 sodanig uitgebrei dat hulle 'n adviserende stem by die keuse van onderwysers gehad het. 86

)

7.4.6 Skoolgeboue

Gedurende die oorlog is skoolgeboue op die platteland verwoes. In"""" weather-beaten bell-tents pitched near to some unroofed farm=

house . . . " het die plaasskool na die oorlog weer sy verskyning gemaak. Dit was die beleid van die veroweraars om die families na hulle plase te volg met die kampskoolonderwysers(esse),

0 87)

tente en toerust~ng.

Die vinnige vermeerdering van die aantal plaas=

skole in 1903 het ernstige akkommodasieprobleme veroorsaak. Slegs 12 van die 269 plaasskole wat in Desember 1903 bestaan het, het oor per=

86) Lord Selborne's Minute, 17.11.1905.

87) Transvaal and Orange River Colony. Public education report, 1900-1904, p.24-5.

(42)

Plaasskool te Bokkop, 1903 .

.. Mafeking shelters" is dikwels op plase opgerig om as skoollokale te dien, want die vinnige vermeerdering van die aantal plaas=

skole in 1903 het ernstige akkommodasiepro=

bleme veroorsaak.

(T.E.D. Report, 31.12.1903, tussen p.64 en p. 65).

(43)

Ten einde die probleem van huisvesting vir plaasskoolonderwysers te oorbrug, is skool=

geboue so ontwerp dat die onderwyserswoning saam met die klaslokale, alles onder een dak, opgerig kon word.

(T.E.D. Report, 31.12.1903, p.97).

(44)

manente geboue beskik. Minstens 122 skole was in tente (dikwels oud en geskeur) geakkommodeer.

,.Mafeking shelters", kamers in woonhuise, sink=

krotte, rondawels, waenhuise en pakhuise het as skoollokale gedien.88l Gedurende 1904 het omstandighede sodanig verbeter dat slegs 28 plaasskole in Desember in tente geakkommodeer moes word. 89 )

Onderwysers het probleme ondervind om huisves=

ting vir hulle gesinne te kry. Om hierdie probleem te oorbrug, is skoolgeboue so antwerp dat die onderwyserwoning saam met die klaslo=

kale, alles onder een dak, opgerig kon word.

'n Onderwyserwoning sou meer status aan die onderwyser verleen, en beter toesig oor die skooleiendom sou uitgeoefen kon word.90

)

Aan boere wat hulle bereid verklaar het om self 'n skoolgebou op te rig, is met ingang Julie 1905 van die benodigde boumateriaal voor=

sien. Na voltooiing van die gebou moes dit vir 'n periode van tien jaar volgens 'n bruik=

leenskema tot die beskikking van die Onderwys=

departement gestel word, waarna dit die eien=

88) T.E.D. Report, 31.12.1903, appendix A, p. 68-74.

89) Ibid., 31.12.1904, p.4.

90) Ibid., 30.6.1905, p.3.

(45)

Roodepoort-Sterkfonteinse p1aasskoo1.

(Privaateiendom).

(T.E.D. Report, 31.12.1903, tussen p.64 en p.65.)

(46)

dom van die plaaseienaar geword het.91)

In 1906 is geboue op plase vir minder as 100 leerlinge, volgens een van die volgende skemas opgerig: 92)

*

die regering het die geld voorsien en die bouwerk is deur die Departement van Open=

bare Werke onderneem;

*

hout en yster is voorsien en die plaaslike boer(e) moes die res van die boumateriaal voorsien en self die gebou oprig met die verstandhouding dat dit onder toesig van die Departement van Publieke Werke geskied;

*

geboue kon geheel en al, volgens 'n goedge=

keurde plan, deur plaaseienaars sonder enige ondersteuning van die regering opgerig word.

In die eerste geval was die gebou regeringseien=

dom. Geboue wat volgens die tweede skema opge=

rig was, moes vir minstens tien jaar gratis vir onderwysdoeleindes tot die beskikking van die Onderwysdepartement gestel word. Na tien jaar het dit die betrokke plaasboer se eiendom ge=

word, en hy kon dan huurgeld vir die verdere

91) Ibid., p.4.

92) Ibid., 30.6.1906, p.l64-5.

(47)

gebruik daarvan vra. Volgens laasgenoemde skema was die gebou privaateiendom, en die De=

partement van Publieke Werke het sodanige ge=

boue van die eienaars gehuur.

7.4.7 Leervakke en die voertaalkwessie

Die kurrikulum is gebaseer op die van die kamp=

skoolstelsel, en die vernaamste leervakke was:

Engels (die belangrikste skoolvak wat deur al die kinders geleer moes word), die Hollandse taal, Rekene, Tekene, Naaldwerk, Natuurwetenskap, Geskiedenis, Aardrykskunde, Sang en Liggaamlike Opvoeding.93)

Kragtens artikel 5 van Ordonnansie no. 7, 1903, kon twee ure per week gewy word aan die onderrig van Bybelse geskiedenis deur medium van die

Hollandse taal. Dit het ouers vry gestaan om hul=

le kinders van Godsdiensonderwys te weerhou, in=

dien hulle besware daarteen gehad het. Die tweede deel van artikel 5 was van besondere betekenis. Vergunning is aan erkende kerke verleen om dogmatiese onderwys binne skoolure vir een uur per week deur medium van die Hol=

landse taal te verskaf.94) Dit skyn asof

93) EASSON, M.A. Die Britse invloed in die Trans=

vaalse onderwys, dl. 2, p.332.

94) Ordinance no. 7, 1903, art. 5.

(48)

Milner en Sargant deur die toelating van leer=

stellige onderwys binne skoolure die stigting van die C.N.O.-skole wou voorkom. In die prak=

tyk het die Hollandse kerke blykbaar nie by plaasskole van hierdie vergunning gebruik ge=

maak nie.

Benewens die vergunning dat Godsdiensonderwys deur medium van Hollands onderrig kon word, kon die Hollandse taal vir hoogstens drie ure per week onderrig word, indien die ouers daarom sou vra.951

Die Milner-Sargant-wetgewing van 1903 was 'n skerp teenstelling met die Mansvelt-onderwyswet waar vergunning aan uitlanderkinders verleen is om twintig uit die vyf en twintig skoolure per week deur medium van Engels onderwys te ontvang, terwyl slegs vyf ure aan die onderrig van die Hollandse taal bestee moes word. Na die oorlog het die veroweraars aan die Afrikaanse kind net drie ure per week vir die Hollandse taal en twee ure per week vir Bybelse geskiedenis deur medium van die Hollandse taal gegun. Dit moet ook in gedagte gehou word dat die Hollandse taal dik=

wels by plaasskole onderrig moes word deur Engelse onderwysers(esse) wat min kennis van die taal gehad het. Dit word ook betwyfel of

95) Ibid., art. 6.

(49)

p1aaskinders, wat oorwegend Ho11ands-sprekend was, a1tyd hu11e drie ure onderwys in die Ho1=

1andse taa1 ontvang het.96)

In Desernber 1904 is die vo1gende vakke in 1 k 1 d . 97)

p aass o e on err~g:

Vak

Skrif

Leesonderrig:

Engels Hollands Opstel:

Engels Hollands Gramrnatika:

Engels Hollands Rekene Natuurstudie Geskiedenis 98 ) Aardrykskunde Kindertuin Tekene Naaldwerk Sang

Liggaamlike opvoeding Handwerk

Tabel XXI

Aantal skole Aantal leer- waar die vak linge wat onderrig is onderrig in

268

268 242

249 19 8

224 177 268 224 142 244 61 180 132 2 31 113

6

die vak ont=

van het 9 187

9 187 6 766

5 101 3 954

3 866 3 243 9 17 3 6 694 2 276 4 650 1 305 4 753 2 789 7 680 3 809 136

96) EASSON, M.A. Die Britse invloed in die Trans=

vaalse onderwys, dl. 2, p.378-9.

97) T.E.D. Report, 31.12.1904, p.12.

(50)

7.5 Regeringsonder#ys onder die Selborne-bestuur, 1905-1906

7.5.1 Die begin van selfbestuur

In Maart 1905 het die Konserwatiewe Party, wat vir die oorlog verantwoordelik was, in 'n ver=

kiesing 'n neerlaag gely teen die Liberale Party van Sir Henry Carnpbell-Bannerrnan. Nadat Lord Milner in April sy amp neergele het, is hy deur die versiende en gernatigde staatsrnan, Lord Selborne, as Goewerneur opgevolg. Selborne het die bande van die regeringsvorrn van sy voor=

ganger verbreek, en op 6 Desernber 1906 is ver=

antwoordelike bestuur aan die Transvaal toege=

k 99) en.

7.5.2 Die Selborne-rnemorandurn, 1905

Hierdie onderwysmemorandum handel oor die vol=

gende ses aangeleenthede: verpligte laer onder=

wys en plaaslike bydraes ten behoewe van die

98) Dit blyk uit die verskillende inspeksieverslae dat ongeveer 25% van die plaaskinders wat die goewermentskole besoek het, onderrig in Ge=

skiedenis ontvang het. Om politieke redes is Suid-Afrikaanse geskiedenis vermy. Mej.

Synge se .story of the world" is as leerboekie gebruik, dog dit was te moeilik vir die kin=

ders- in die laer standerds.

T.E.D. Report, 31.12.1904, appendix C, p.31-42.

99) COETZEE, J.C. Onderwys ln Transvaal, p.84.

(51)

onderwys; die benoeming van adviserende skool=

kommissies deur die Luitenant-Goewerneur vir skole met meer as sestig leerlinge; die daar=

stelling van adviserende skoolrade wat as be=

middelaar moes dien tussen die plaaslike skool=

kommissies en die Onderwysdepartement; die aanstelling van onderwysers; die voertaal- kwessie en onderwysregulasies wat uitgevaardig sou word.100)

7.5.3 Die ontwikkeling van die plaasskoolstelsel, Januarie 1905 tot Junie 1906

Gedurende hierdie oorgangstydperk het min ver=

anderinge op die gebied van die onderwys plaas=

gevind. As gevolg van die toepassing van 'n beleid van onderwyssentralisasie was daar slegs

'n geringe toename in die aantal plaasskole.

Waar daar in Desember 1904 269 plaasskole met 'n gemiddelde totale inskrywing van 9 965 leer=

linge was,101) was daar in Junie 1906 300 skole met 9 861 leerlinge.102)

Om 'n plaasskool te kon stig, moes daar min=

stens dertig leerlinge wees wat die skool kon besoek. In die ylbewoonde gebiede, byvoor=

100) Lord Se1borne's Minute, 17.11.1905.

101) T.E.D. Report, 31.12.1904, p.4.

102) Ibid., 30.6.1906, p.128.

(52)

beeld in die Soutpansbergse en Waterbergse di=

strikte, het dit moeilik gegaan om die vereiste minimum kinders byeen te kry, sodat 'n skool opgerig kon word. In 'n paging om aan kinders wat verder as 4,83 km van die naaste skool af gewoon het die geleentheid te bied om skoolon=

derwys te geniet, is losiesbeurse ter waarde van R0,40 per kind per week toegestaan.103)

Gedurende daardie jare was baie kinders van gereelde skoolonderwys verstoke. Volgens 'n sensusopname was daar in die begin van 1905 on=

geveer 34 500 blanke kinders op die platteland tussen die ouderdom van vyf en vyftien jaar oud.

Minstens 21 000 van hierdie kinders het geen onderwys geniet nie. 104>

7.5.4 Onderwyspeil en die leervakke

Dit blyk duidelik uit onderstaande gegewens dat die grootste aantal leerlinge by plaasskole in die junior klasse was, dit wil se benede die tweede standerd.

{Vervolg op p.346).

103) SYMINGTON, F.C. Onderwys in Transvaal gedu=

rende die Kroonkolonie-periode, p.165-6.

104) T.E.D. Report, 30.6.1905, p.9.

(53)

Inde1ing van die 1eer1inge in die verski11ende standerds by p1aassko1e vir die jare 1903' 1904 en 1906. Die sy=

fers dui die persentasie van die tota1e inskrywing aan105 ) Grade St.l St.2 St. 3 St.4 St.S St.6 St.7 Desember 1903 5310 2015 1315 715 412 110 013 Desember 1904 4212 2014 16 1 3 1112 613 218 018 0109 Junie 1906 361 3 1819 1617 1316 912 317 114 012

Tabel XXII

Bostaande tabel toon 'n daling van die persenta=

sie leerlinge in die grade aan, terwyl daar weer 'n styging in die persentasie leerlinge vanaf die derde standerd was.

Die leerlinge by plaasskole was ook opmerklik ouer in die verskillende standerds as die dorps=

leerlinge. In 1903 was dit geen uitsondering om leerlinge van agtien, of selfs twintig jaar oud by plaasskooltjies aan te tref nie.106) In Ju=

nie 1906 was die gemiddelde ouderdom van die leerlinge by plaasskole, soos wat dit uit onder=

staande gegewens blyk,nog steeds hoog:107>

(Vervolg op p.347).

105) Ibid., 30.6.1906, p.133.

106) Ibid., 31.12.1903, p.24.

107) Ibid., 30.6.1906, p.134.

(54)

Gemiddelde ouderdom van die leerlinge in die verskil=

len de klasse a an plaasskole in Junie 1906

Grade St.1 St.2 St. 3 St.4 St.5 St.6 St.7 8.10 11. 1 12.5 13.6 14.5 15.3 16.0 16.9

Tabel XXIII

Die opgeleide en bekwame onderwysers het die plaasskole, vanwee hulle afgesonderdheid en die afwesigheid van sosiale aangeleenthede en aller=

lei geriewe, vermy en na die dorpskole gegaan. 108l Oor die algemeen was die skooltjies op plase eenmanskole. Die enkele onderwyser moes sy leerlinge, wat in 'n aantal standerds ingedeel was, alma! gelyktydig besig hou.109l Bogenoemde

faktore sou uit die aard van die saak belernrne=

rend inwerk op die algemene onderwyspeil van die plaasskool.

Onderwysers het self min belangstelling getoon in Aardrykskunde, Geskiedenis en Natuurstudie, met die gevolg dat hierdie vakke verwaarloos is. Landkaarte het in die reel ontbreek, en daar was ook geen korrelasie tussen die verskil=

lende skoolvakke nie.110l

108) SYMINGTON, F.C. Onderwys in Transvaal ge=

durende die Kroonkolonie-periode, p.160.

109) T.E.D. Report, 30.6.1906, p.58.

110) Ibid., p.59-60.

(55)

Liggaamlike Opvoeding was by beide die leer=

linge en ouers ongewild. Hierdie vak is der=

halwe by plaasskole afgeskeep. Daar was 'n groat tekort aan opgeleide onderwysers(esse) om Liggamlike Opvoeding aan te bied, en geduren=

de die somermaande was die hitte buite die klas=

lokale bykans onuithoudbaar.lll)

Onderwysers by een- en tweemanskole kon hulle moeilik by 'n klasrooster hou. Inspekteur L.M. Foggin het gemeen dat die onderwysers die vryheid moes he om een of twee minder be=

langrike vakke, byvoorbeeld die waarin die onderwyser self oak nag swak onderle was, uit die kurrikulum weg te laat.112) Plaasskole in die Heidelberg-Standertonse inspeksiekring se tydsanalise ten opsigte van die verskillende skoolvakke was in 1906 soos volg:113)

(Vervolg op p.349).

111} Ibid., p.60.

112} Ibid., p.54.

113} Loc. cit.

(56)

Vak Engels Hollands Rekene Po use

Tekene en Naaldwerk Skrif

Geskiedenis en Aardrykskunde Sang

.,Object lesson"

Liggaamlike opvoeding Totaal

Tabel XXIV

Ure per 1tleek

5 5 5

2~

2 1\

1 1 1 1 2S

Inspekteur S.O. Purves het gemeen dat plaas=

skoolonderwysers wat onderrig moes verskaf aan ses tot agt verskillende groepe leerlinge, ge=

durende skoolvakansies voorligting in die be=

planning en opstel van lesroosters moes ont=

114) vang.

7.6 Die Christelik-Nasionale Onderwysbeweging op die platteland, 1902-1906

7.6.1 Nasionale bewuswording van die Afrikaner en sy reaksie teen Imperialisme

Die Vrede van 31 Mei 1902 het geen vrede in die

114) Ibid., p.62.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

verpligtings kon nakom nie~ Die direkte gevolg was die geweldige vermindering in die salaris van onderwysers.. tien aanbevelings gedoen·. moes volgens hulle. beskou

8.5.2 Daar moet ook voorsiening gemaak word vir produksiesentra, een vir elke komprehensiewe eenheid (vgl. By hierdie sentra kan gebruik gemaak word van die

volgens moes die onderwys van openbare skole aangevul of voortgesit word, en hierdie soort onderwys sou ook onder die skoo1rade ressorteer.. As gevolg van die

Copyright and moral rights for the publications made accessible in the public portal are retained by the authors and/or other copyright owners and it is a condition of

Durch eine südöstlich-nordwestlich verlaufende Niederung von dem geschlossenen Decksandgebiet getrennt, konnte sich noch ein niedriger Decksandrücken bilden, der etwas westlich

Aus dem letzteren Grabchen, das in Zusammenhang gebracht worden ist mit der Drei- pfostenreihe, die als Gebaude 34 erörtert wurde, stammen einige Scherben, deren jüngste Rössener

Die Ware der Chamer Gruppe in Hienheim ist in der Regel stark gemagert (mit Körnern und Broeken bis zu einer GröBe von 8 mm). Zur Beschreibung der Magerung dieses Repertoires

Toe dit in Augustus 1877 blyk dat daar 'n groot tekort op die Patriot is en die voorsitter, ds Du Toit, moedeloos wou word, het Hoogenhout die G.R.A. moed ingepraat, want van