DEEL B
EMPIRIESE ONDERSOEK
DEEL B
EMPIRIESE ONDERSOEK HOOFSTUK 6
OORSIG OOR DIE EMPIRIESE ONDERSOEK 6.1 INLEIDING
Wie ook al die kind se persoonlikheid bestudeer, huldig 'n bepaalde lewens- en wereldbeskouing oor die ontstaan, die wese, die bestaan en die betekenis van die hele geskape werklikheid. Omdat hierdie lewens- en wereld- beskouing in die diepste wese van die persoonlikheid gesetel is, is dit religieus gefundeer. Vir die Chris- ten het alles wat hy doen, dink en onderneem slegs een doel : die verheerliking van God. Die mens is 'n religieus-ingestelde wese, 'n persoon, 'n persoonlikheid (Schutte, COVSA no. 5, p.S). Die Christen opvoedkun- dige onderskei in die menslike persoonlikheid onder.
andere tussen 'n fisiese, 'n biotiese, 'n psigiese en 'n geestesstruktuur. Die menslike persoonlikheid is egter nie 'n optelsom van sy onderskeie strukture nie;
dis 'n eenheid, 'n meer-eenheid. Die mens bestaan as 'n psigies-geestelik-somatiese wese waar diegeestesstruk-.
tuur.die hoogste vlak en kern van die persoonlikheid vorm en alle ander vlakke onder hom beheer. Die empi- riese ondersoek is vanuit hierdie beskouing benader
(Schutte, 1973, p.l).
Uit die teoretiese besinning en literatuurstudie blyk dit duidelik dat, benewens leesprobleme, ook verskeie ander probleme wat nou verwant aan psigologiese, fisiese;
opvoedkundige en omgewingsprobleme is, disharmonie in
kinderlewens kan veroorsaak. Die disharmonie ontstaan as gevolg van 'n interaksie wat tussen al die probleme of sommige ontstaan (Eames, 1960, p.l).
In die eerste deel van hierdie hoofstuk word die doel- -stellings van die empiriese ondersoek beskryf~ Die
tweede deel van die hoofstuk handel oor die program van die empiriese ondersoek.
6.2 DOEL VAN DIE EMPIRIESE ONDERSOEK
Die doelwitte van die empiriese ondersoek is opgestel vanuit die gestelde probleme in paragraaf 1.2.
6.2.1 Eerste doelstelling ; Die verband tussen persoonlikheid en leesvertraagdheid 6.2.1.1 Rasionaal
Uit die literatuurstudie (vgl. par. 3.7) blyk dit dat daar 'n duidelike verband bestaan tussen 'n leesvertraagde leerling se persoonlikheid en sy leesvertraagdheid.
Aangesien die vorming.van die persoonlikheid 'n
individuele proses is (vgl. par. 3.7.2), behoort
elke persoon individueel bestudeer te word om vas
Le srel watter invloed die sosiale omgewing op hom
het. Dit blyk uit die liLeratuurstudie .dat as
gevolg van die voortdurende interaksie tussen die
ontwikkelende kind en sy uitbreidende omgewing
sommige motiewe versterk word, terwyl ander se
waarde verminder. Nuwe standaarde word gestel en die kind word met nuwe probleme en uitdagings ge-
konfron~eer.
Wanneer hierdie eise vir die kind egter te groot is om te hanteer, mag dit lei tot
'n verskeidenheid psigologiese en psigosomatiese probleme. Hierdie probleme kan onder meer ook ernsLige leesprobleme tot gevolg he (vgl. par.3.7.3).
Uit die literatuurstudie blyk dit dat die ouers en gesinslede (vgl. par 3.7.4), onderwysers (vgl.
par. 3.7.5) en maats (vgl. par. 3.7.6) wel deeglik 'n invloed uitoefen op die .leesvertraagde leerling se persoonlikheid.
In hierdie ondersoek is daar van die veronderstel- ling uitgegaan dat die sosiale omgewing en die in- vloed van die ouers en gesinsgenote, onderwysers en maats 'n belangrike rol in die vorming van die leesvertraagde leerling se persoonlikheid speel.
6.2.1.2 Empiriese navorsing
Hierrlie ondersoek het ten doel om die verband tussen persoonlikheid en leesvertraging vas te stel deur middel van evaluering en oueronderhoude.
Drie eksperimentele groepe (A, B en C) leesver- traagde leerlinge is elk drie kee~ geevalueer voor die aanvang van die ortopedagogiese hulpverlening, direk na afloop van die ortopedagogiese hulpverle- ning en nege maande na afloop van die ortopedago- giese hulpverlening (vgl. par. 6.3).
6.2.1.3 Ortopedagogiese hulpverlening
Die ortopedagogiese hulpverlening aan groepe A, B
en G was soos vo1g:
Groep A: die ouers ontvang voor1igting terwy1 geen hu1p aan die 1eesvertraagde 1eer1inge gegee is nie;
Groep B: die ouers ontvang voor1igting en die 1eer1inge ontvang remedierende leesonder- rig;
Groep C: die ouers ontvang geen hu1p nie, maar die 1eer1inge ontvang remedierende 1ees- onderrig.
E1keen van die drie 1eesvertraagde groepe (A, B en C) het uit 20 1eesvertraagde 1eer1inge-bestaan.
6.2.2 Tweede doelstelling : Die daarste1ling van gesonde ouer-kindverhoudings
6.2.2.1 Rasionaa1
Uit die 1iLeratuurstudie (vg1. par. 3.4- 3.7.4) blyk dit dat die ouers groot invloed op die ont- wikke1ende persoon1ikhede van die 1eesvertraagde 1eer1inge uitoefen. 'n Goeie opvoeding word blykbaar vir die 1eeshande1ing verei~. In elke opvoedingsaspek van die kinders word die inv1oed van die ouers se pe~soon1ikheid waargeneem (vgl.
par. 3. 7. 4) •
Volgens die 1iteratuurstudie is daar drie basiese behoeftes waarna a11e kinders streef:
1. die handhawing van fisiese gesondheid (vg1.
par. 3.5.2.1);
2. die vei1igheidsbehoeftes en die behoeftes aan toebehorigheid en aan liefde (vg1. par.3.5.2.2);
en
3. die behoefte tot selfverwesenliking (vgl.
par. 3.5.2.3).
Die leesvertraagde leerling het 'n sterk be- hoefte en begeerte tot die vervulling van bier- die behoeftes.
Indien daar enige steuringsfaktore by die gesin (vgl. par. 3.6) aanwesig is, kan die leerling sekere probleme ontwikkel en ondervind wat sy emosionaliteit kan beinvloed. Dit kan aanlei- ding gee tot leesprobleme of dit kan bestaande leesprobleme vererger.
Weens die aard van die gesinsamestelling (vgl.
par. 3.4.2) het die gesin sekere funksies (vgl.
par. 3.4.3) waaraan hy moet voldoen.
Met hierdie ondersoek is daar uitgegaan van die hipotese dat die gehalte van die ouer-kind- verhouding die hoofoorsaak van leesvertraging by leerlinge is (Jenson, 1967, p.l0-11).
6.2.2.2 Hmpiriese navorsing
Daar sal met hierdie ondersoek gepoog word om empiries aan te toon wat die verband tussen ouer-kindverhouding en leesvertraging is deur middel ·van evaluasie en oueronderhoude.
Deur middel van toetsing sal daar vasgestel word in hoeverre die funksieverlies van die gesin (vgl. par. 3.6) die leesvermoe van leesvertraag- de leerlinge be1nvloed het en of die ouers in staat is om hierdie funksieverlies te elimineer.
Daar sal dan deur toetsing vasgestel word of
die ouers by die ortopedagogiese hulpverlening
baat gevind het en of hulle in staat was om die leesprobleem van hul kinders te verbeter.
Deur middel van toetsing sal daar vasgestel word wat die waarde van die vader-kindverhouding is met betrekking tot leesvertraging en of 'n ver- anderde vader-kindverhouding kan meehelp tot leesverbetering.
6.2.2.3 Ortopedagogiese hulpverlening
Die doel van hierdie aspek van die ondersoek is om 'n gesonde ouer-kindverhouding daar te stel deur voorligting aan ouers van leesvertraagde leerlinge te gee, sonder dat die leerlinge self voorligting ontvang. Deur voorligting aan die ouers van die leesvertraagde leerlinge sal daar gepoog word om die verhouding tussen ouer en kind op so 'n grondslag te plaas dat dit die funksieverlies van die gesin sodanig sal teewerk dat dit leesverbetering tot gevolg sal he. Deur·
voorligting aan die ouers sal daar gepoog word om die vader-kind-en moeder-kindverhoudings op sodanige grondslag te plaas dat dit reme- dierend op die leesvertraging van hulle kinders sal inwerk.
6.2.3 Derde doelstelling : Diemate wa~rin ouers ~sionele
probleme van leesvertraagde kinders kan verbeter 6.2.3.1 Rasionaal
Volgens die literatuurstudie ondervind die oor-
grote meerderheid leerlinge met leesprobleme
ernstige emosionele probleme wat as_die primere
of sekondere oorsaak van leesvertraging beskou
kan word (vgl. par. 3.2- 3.8).
Emosionele probleme kan soms as die veroorsa- kende faktor beskou word by ouditiewe diskri- minasie (vgl. par. 3.3.1.2), intelligensiepro- bleme soos subtoetsspreiding (vgl. par. 3.3.1.3), swak oog-handkoordinasie (vgl. par. 3.3.1.4), perseverasie (vgl. par. 3.3.2.2), hiperaktiwi- teit (vgl. par. 3.3.2.3), lateraliteit en rig- tingverwarring (vgl. par. 3.3. 2.5), voorgrond- agtergrond perseptuele probleme (vgl. par.
3.3.2.6), persoonlikheidsprobleme (vgl. par.
3.7) en 'n swak selfkonsep (vgl. par. 3.8) wat die leeshandeling op verskillende maniere kan strem.
6.2.3.2 Empiriese navorsing
Empiriese navorsing sal onderneem word om vas te stel in welke mate ouers emosionele probleme van leesvertraagde kinders kan verbeter. Dit sal deur middel van toetsing vasgestel word
(vgl. par. 6.3) waar elke groep drie keer
geevalueer word voor die aanvang van die on-
dersoek, direk na afloop van die ondersoek en
nege maande na afloop van die ondersoek. Die
drie groepe se resultate word dan met mekaar
vergelyk om vas te stel watter groep die beste
voordeel uit die ortopedagogiese hulpverlening
verkry het. Elke groep se resultate is met
vorige toetsresultate vergelyk om sy eie ver-
betering vas te stel. Die toetse wat.op al
drie groepe toegepas is, word in hoofstuk 7 beskryf.
6.2.3.3 Ortopedagogiese hulpverlening
Daar sal gepoog word om emosionele probleme van leesvertraagde leerlinge te verminder deur in- dividuele voorligting aan hulle ouers te gee, Daar word dan met die leesvertraagde leerlinge slegs deur hulle ouers gewerk.
6.2.4 Vierde doelstelling die verbetering van die lees- vertraagde leerling se selfkonsep
6,2.4.1 Rasionaal
Die selfkonsep van 'n leerling sluit drie as- pekte in: die selfbeeld, die ideale self en die selfrespek. Indien enige van hierdie as- pekte van die selfkonsep op een of ander wyse nadelig beYnvloed word, kan die leesvermoe van 'n leerling daaronJer ly (vgl, par. 3.8), Vir die ontwikkeling van die selfbeeld is die invloed van die ouerhuis van kardinale belang.
Leerlinge wat deur ouerlike verwerping of oor- beskerming nodig het om te stry en te veg vir primere status, kan meer spannende verhoudings in nuwe sosiale situasies ontwikkel, wat weer op sy beurt die leesvermoe nadelig kan bein- vloed (vgl, par. 3,8.2.1).
6,2,4.2 Empiriese navorsing
Empiriese navorsing sal onderneem word om vas
te stel in welke mate ouers in staat was om die
selfkonsep van hul leesver~raagde kinders te
verbeter. Die verbetering van die selfkonsep is deur middel van toetsing vasgestel waar elk- een van die drie groepe leesvertraagde kinders voor die aanvang van die ondersoek geevalueer is, direk na afloop van die ondersoek.en weer nege maande later. Elke groep se drie stelle resultate sal vergelyk word om die ver.betering vas te stel en elke groep se drie stelle resul- tate word met die ander twee groepe s'n vergelyk om vas te stel watter groep die beste vordering getoon het.
6.2.4;3 Ortopedagogiese hulpver1ening
Daar is gepoog om die selfkonsep van die lees- vertraagde leerlin~e te ve~beter deur indivi- duele voorligting aan die ouers te verskaf sander dat die kinders enige ortopedagogiese hulp ontvang het.
6.2.5 Vyfde doelstelling : Die verhoging van waarde wat leesvertraagde leerlinge deur middel van lees verkry sowel as verbetering van leeshoudings en -vaardigheid 6.2.5.1 Rasionaal
Die kind se sosiale omgewJng_brei met sy toe- trede tot die skoal geweldig uit en in die voortgesette interaksie tussen die ontwikke lende kind en sy uitbreidende omgewing word sommige dryfvere versterk, Lerwyl ander se belangrikheid afneem. Nuwe standaarde word gestel en die kind word telkens met nuwe probleme en uitdagings gekonfronteer (vgl.
par. 3. 7). Hierdie invloed kan die waardes
wat die kind deur lees verkry en sy leeshou- dings en -vaardighede ten goede of ten kwade bel:nvloed.
6.2.5.2 Empiriese navorsing
Empiriese navorsing sal onderneem word om te bepaal in watter mate die ouers in staat was om die waardes wat deur lees verkry kan word en verbeterde leeshoudings en -vaardighede by hulle kinders te laat posvat. Hierdie verbe- tering is deur miduel van toetsing vasgestel (vgl. hoofstuk 7 en paragraaf 6.3).
6.2.5.3 Ortopedagogiese hulpverlening
Daar sal gepoog word om die verhoging en verbetering van leeswaarde, -houdings en
-vaardighede by leesvertraagde leerlinge te weeg te bring deur individuele onderhoude met die ouers.
6.3 METODE VAN ONDERSOEK 6.3.1 Inleiding
Toestemming is van die Direkteur van die Natalse Onderwysdepartement verkry om hierdie ondersoek te onderneem.
Die leerlinge wat aan die ondersoek deel gehad het,
was afkomstig ui~ drie Engelsmedium senior
6.3,2
primere skole. Die senior-primere skole in Natal bestaan uit sts. 2 tot 5.
Die metode van ondersoek wat gevolg is en wat in hierdie paragraaf uiteengesit word, sluit in die verwysing van die leerlinge deur die skool en ouers, evaluerings, opvoedkundige diagnose, orto- didakties-ortopedagogiese hulpverlening en die vergelyking van ·die resultate.
Verwysing van leerlinge
Die 60 leerlinge wat deel gehad het aan die ondersoek is op vyf na almal deur hulle onder- skeie skoolhoofde na die skoolsielkundige kliniek te Pinetown verwys.
1n Voltooide "Ver- wysingsv··rm van Skoolhoofde" N.E.D. PSY. 21 (kyk Bylaag A) ten opsigte van elke leerling is van die onderskeie skoolhoofde ontvang.
Die vyf leerlinge wat oorspronklik nie deur die skoolhoofde verwys is nie, is deur die ouers self by die kliniek aangemeld. Op versoek is daar vir hulle elkeen
1n vorm PSY.21 deur die betrokke skoolhoofde voltooi.
Die PSY.21 vorms is deur elke leerling se klas- onderwyseres voltooi met verdere opmerkings deur die skoolhoofde waar hulle dit nodig gevind het.
Elke leerling se PSY.21 vorm is ook aan die leer- ling se klasonderwyseres van die vorige jaar ge- toon vir die byvoeging van bykomstige inligting.
Die volgende redes vir die verwysing is deur die
onderwyseresse op vorm PSY,21 vermeld : spesifieke onderprestasiel) , algemene swak prestasie, gedrags- probleem, emosionele probleem, huislike probleem, spraakprobleem, voorligting, seksuele probleem, hiperaktiwiteit, aandagtrekkery en·afknouerigheid (vgl. par. 8.2 vir 'n ontleding ;an die p~obleme).
6.3.3 Selektering van leerlinge vir die ondersoek
Voorlopige evaluering het plaasgevind deur gebruikma- king van beskikbare IK-resultate (NSAG) soos dit op vorm PSY.21 verskyn het. Al die leerlinge wat verwys is met 'n totale IK van minder as 105 is onmiddellik uitgeskakel, omdat daar 'n positiewe verhouding be- staan tussen skranderheid soos weergegee deur IK en die mate van verbetering in remedierende lees, alhoe- wel die korrelasies nie hoog is nie (Chansky, 1963, p.439; vgl. par. 4.4.1.2). Aangesien dit die ver- wagting was dat die leerlinge onder andere leespro- bleme ondervind, kan aanvaar word dat hulle IK's moontlik hoer sal wees op 'n individuele intelligen- sietoets, omdat die leesvermoe nie 'n rol sal speel by so 'n toets nie.
Vervolgens is die skolastiese prestasievlak van die hooftaal in lees, skryf, spelling, begripsvermoe en mondelinge werk op die PSY,21 nagegaan. Slegs 71 leer-
linge wat deur die onderwyseres in minstens drie van die bogenoemde vermoens as swak of baie swak bestem- pel is of wat onder 50% daarin behaal het, is vir die volgende selektering geneem.
Slegs 60 kinders van die aanvanklike 71 leerlinge
1) dit sluit veral leesvertraging in
wat nog nie gedruip het nie, is gekies vir die ondersoek en die eerste werklike evaluering.
Geeneen van die groep wat vir die eerste evaluering uitgekies is, het reeds meer as vier skole bygewoon nie, Elke leerling het minstens twee skole byge- woon, veral as gevolg van die feit dat die Junior en Senior Primere Skole in Natal meestal twee af- sonderlike skole is. Daar is besluit op 'n mak- simum van vier verwisselings van skool om sodoende rondtrekkende ouers tot 'n minimum te beperk sodat die ondersoek nie ontwrig sou word nie, Hierdie voorsorgmaatreEH was uit die aard van die saak nie onfeilbaar nie.
Slegs leerlinge met Engels as huistaal is vir die ondersoek in aanmerking geneem. Leerlinge wat twee tale by die huis gepraat het of 'n ander taal soos Frans, is uitgelaat om die moontlikheid van taalver- warring uit te skakel. Hierdie gegewens is onder punt A, Algemeen, op die PSY.21 (vgl, Bylaag A) verkry.
6,3.4 Eerste evaluering 6.3.4,1 Inleiding
Op grond van die resultate van die selektering van die leerlinge vir die ondersoek is die 60 leesvertraagde leerlinge in drie homogene groepe ingedeel, naamlik 'n proefgroep (groep A) en twee kontrolegroepe (groepe B en C) van 20 leerlinge elk (vgl. par. 6.3.6).
Elke groep (groepe A, B & C) is drie keer geeva-
lueer. Die eerste evaluering het voor die aanvang van die ondersoek plaasgevind. Die tweede evaluering het 'n jaar na die eerste evaluering plaasgevind (vgl. par. 6.3.10).
Gedurende hierdie tydperk het elke groep sy
- -
eie ortopedagogiese hulpverlening ontvang (vgl. par. 6.3.9).
Die derde evaluering het nege maande na die tweede evaluering geskied. Gedurende hierdie tydperk het die drie groepe geen ortopedagogiese hulp ontvang nie (vgl. par. 6.3.8).
Die 60 leerlinge wat gekies is, soos in par.
6.3.3 en 6.3.6 beskryf is, is aan die eerste evaluering onderwerp.
6.3.4.2 Doel van die eerste evaluering
Die doel van die eerste evaluering was soos volg:
a) Om leerlinge uit te soek wat twee jaar of meer leesvertraagd was. Twee jaar leesver-
traging is gekies om vertraagde ryping in 'n sekere mate uit te skakel. 'n Leesver- traging van twee jaar of meer dui op 'n ernstige mate van leesvertraging.
b) Om 60 leerlinge te vind wat aan al bogenoemde vereistes voldoen.
c) Om die 60 gekose leerlinge in drie homogene groepe (A,B & C) te kan verdeel.
d) Om gegewens te verkry wat met die tweede en
derde evaluerings vergelyk kon word • Elke groep is dus drie keer geevalueer. Elke groep se tweede evaluering is met sy eerste evaluering vergelyk en die derde evaluering is met die tweede en die eerste vergelyk.
Die drie evaluerings van elke groep is ook met die van die ander twee groepe vergelyk.
e) Om agtergrondgegewens te verkry vir onder- houde met die ouers.
6~3.4.3 Metodes en tegnieke van die eerste ondersoek Gedurende die eerste ondersoek is van die vol- gende metodes en tegnieke gebruik gemaak:
6.3.4.3.1 Intelligensietoets
Gedurende die eerste ondersoek is die Engel- se uitgawe van die "Nuwe Suid-Afrikaanse Individuele Skaal" op elke leerling toege- pas (vgl~ par. 7.~.3).
6.3.4.3.2 Leestoets
Om die leesvermoe van die leerlinge te be- paal, is gebruik gemaak van die "Burt rearranged word reading test" (vgl. par.
7.3).
6.3.4.3.3 Persoonlikheidstoets
Vir die ontleding van die leerlinge se per- soonlikheid is die "Children
1s Personality Questionnaire" (CPQ) toegepas (vgl. par.
7.4).
6.3.4.3.4 Projektiewe tegnieke
Ter aanvulling van die persoonlikheidsont- leding van die leesvertraagde leerlinge is van die volgende projektiewe tegnieke ge- bruik gemaak:
a) die "Hutt Adaptation of the Bender-Ge- stalt Test" (vgl. par. 7.5); en
b) die "Draw-a-family" projektiewe tegniek (vgl. par. 7.5).
6.3.4.3.5 Vraelyste
Om 'n evaluering van die leesvertraagde leerling se afwykende gedrag (indien enige) te maak is die volgende twee vraelyste van die "Bristol Social Adjustment Guides".ge- bruik:
a) "The child in school" wat deu.r die klas- onderwyseres voltooi is (vgl. par. 7.6.1).
b) "The child in the family" wat deur die ondersoeker voltooi is (vgl. par. 7.6.2).
6.3.4.3.6 Skooleksamens
Elke leerling se skolastiese vordering is vanuit die Ed. Lab.-kaarte verkry (vgl.
par. 7. 7).
6.3.5 Opvoedkundige diagnose 6.3.5.1 Inleiding
Nadat die verskillende evaluerings gemaak is,
is na aanleiding van die resultate 'n opvoed-
kundige diagnose van elke leerling en van elk
van die drie groepe gemaak.
Dit is soms moontlik om 'n diagnose van lees- vertraging te maak bloot deur middel ·van ver- gelyking van die resultate soos wanneer 'n leerling 'n bogemiddelde intelligensie het, terwyl sy leesouderdom drie jaar laer is as sy chronologiese ouderdom. Dit is egter nodig om, weens die volgende.redes, 'n meer presiese opvoedkundige diagnose van leesver- traagdheid te maak:
i) om leerlinge in 'n rangorde volgens die graad van leesvertraagdheid te rangskik;
ii) om die wenslikheid te bepaal of 'n leer- ling in 'n remedierende program opgeneem behoort te word;
iii) om statistiese studies te maak van· die herhaling van die voorkoms van leesver- traging; en
iv) om groepe leesvertraagde leerlinge in groepe te plaas vir eksperimentele doel- eindes (Harris & Sipay, 1976, p.l45-146).
Om tot 'n opvoedkundige diagnose van die lees- vertraagdheid van die groepe te geraak, is van die volgende gebruik gemaak : intelligensie- ontleding, leesouderdom, leesverwagtingsouder- dom·, leesverwagtingskwosient, chronologiese ouderdom, verstandsouderdom en die ontleding van al die toetse en vraelyste.
6.3.5.2 Intelligensie-ontleding
'n Ontleding van die intelligensie is gemaak
6.3.5.3
om vas te stel of daar enige algemene tendense by die leesvertraagde leerlinge bestaan (vgl.
par. 8.7.2).
Leesouderdom (LO)
'n~Leesouderdom is die vlak,- in jare en maande,- waarop 'n kind lees, ongeag sy chronologiese ouderdom of intelligensie (Westwood, 1975, p.l3). Die leesouderdom, in jare en maande, word gewoonlik soos volg geskryf: 9.7 jaar wat beteken dat die leerling op 'n nege jaar en sewe maande-vlak lees. Die jare en maande word gewoonlik deur 'n punt geskei. Vir die
doel van hierdie ondersoek is die maande na tiendes van 'n jaar verwerk en word die jaar en die maand deur 'n komma geskei. Indien daar in hierdie ondersoek verwys word na 'n leerling met 'n LOvan 9,5 jaar, beteken dit dat sy LO nege jaar en ses maande is.
In hierdie ondersoek is die leesouderdomme van die leerlinge van tabelle afgelees (vgl. par.
8.7.1; 10.2 en 10.3) en die maande is na tiendes van j~;re verwerk.
Indien 'n leerling 'n leesouderdom het wat
laer is as sy chronologiese ouderdom, kan hy
beskou word as 'n swak leser of dat hy leesver-
traagd is. Om bloot net leesouderdom as kri-
terium vir die bepaling van leesvertraagdheid
te neem, kan soms misleidend wees omdat die
intellektuele vermoe byvoorbeeld nie in aanmer-
king geneem word nie,
Om tot 'n deeglike opvoedkundige diagnose te kom, behoort die leesouderdom van 'n leerling ook met sy intelligensie; chronologiese ouder- dom, verstandsouderdom, leeskwosient en lees- verwagtingsouderdom en -kwosient vergelyk te word.
6.3.5.4 Chronologiese ouderdom (CO)
,Die chronologiese ouderdom word bepaal deur die verskil tussen die datum wanneer die leer- ling 'n toets afgele het en die geboortedatum van die leerling. · Die chronologiese ouderdom
(CO) word in hierdie ondersoek in jare en tien- des van 'n jaar uitgedruk, Die jaar en die maand word deur 'n komma geskei.
6.3.5.5 ·Leesverwagtingsouderdom (L verw. 0)
Die leesverwagtingsouderdom van 'n leerling
" ••• should be an informed estimate of the level
of reading achievement that can realistically
be expected of an individual when the relevant
facts are known." (Harris & Sipay, 1976, p.l47)
Intelligensietoetstellings word algemeen ge-
bruik om die verwagte leesvermoe of verwagte
leespotensiaal te bepaal. Leesverwagtings-
ouderdom varieer met die toets wat gebruik
word om die leespotensiaal te bepaal (Reed,
1970, p.347-352), Die bepaling van die lees-
verwagtingsouderdom behoort altyd vergelyk te
word met die chronologiese ouderdom, motivering,
kwaliteit van die opvoeding, konseptuele en opvoedkundige agtergrond van die leerling.
Die bepaling van die leesverwagtingsouderdom word meestal·gebaseer op die meting van intel- ligensie (soos in hierdie ondersoek), leerpo- tensiaal of luisterbegripsvermoe (Harris &
Sipay, 1976, p.l47).
Die leesverwagtingsouderdom (L verw. O) aan- vaar die meerdere belangrikheid van intelli- gens ie, maar erken tog die invloed van ander ouderdomsverwante kenmerke in leesverwagting.
Dit ken aan verstandsouderdom twee maal so- veel gewig toe as aan chronologiese ouderdom
(Harris & Sipay, 1976, p.l52).
Die formule om die L verw. 0 te bereken kan soos volg geskryf word:
L verw 0 2 vo + co
3 (VO -- verstandsouder- dom
CO -- chronologiese ouderdom) VO en CO behoort in jare en tiendes van jare in die formule uitgedruk te word om die L verw. 0 te bereken. Die L verw. 0 sal dan ook in jare en tiendes van jare wees.
Die VO word bereken deur gebruik te maak van die bekende formule VO = CO x IK
100 6.3.5.6 Leesverwagtingskwosient (L verw. K)
Die leesverwagtingskwosient (L verw. K) is 'n
kwosient wat aantoon in watter mate 'n leer-
ling se huidige algemene vlak van leesvermoe
met sy verwagte leesvlak vergelyk (Harris &
Sipay, 1976, p.l52).
Die L verw. K kan met die volgende formule bereken word:
L verw. K 10 X 100
L verw. 0 (LO -- Leesouderdom L verw.O -- Lees- verwagtingsouder- dom)
In hierdie ondersoek is die leesverwagtingskwo- sient van elke leerling sowel as die gemiddel- de leesverwagtingskwosient van elke groep bereken (vgl. par. 8.7.3; 10.2 & 10.3).
Die verskil tussen leesprestasie en die verwag- te leesprestasie kan beskou word as binne die normale perke wanneer die leesverwagtingskwo- sient tussen 90 en 110 val. Die afsnydings- punt van 90 neem in aanmerking dat baie van die verkree verskille kunsmatig kan wees wat gebaseer is op foute van die meting. 'n L verw. K van onder 90 is 'n aanduiding dat die
leerling misluk om volgens verwagting te lees en dat daar 'n leesprobleem of onderprestering in lees aanwesig is, met min moontlikheid dat die verskil te wyte is aan foute in die meting.
Hoe laer die L verw. K hoe ernstiger is die leesafwyking. Oor die algemeen dui 'n L verw~
K van 85 tot 89 die teenwoordigheid van 'n leesgebrek aan en 'n L verw. K van onder 85 is 'n aanduiding dat die leesgebrek ernstig is.
Hoe hoer 'n leerling se L verw.o, hoe laer sal
sy L verw. K wees (Harris & Sipay, 1976, p.
152-153).
Leesverwagtingskwosiente van bokant 110 is 'n aanduiding dat die leesvermoe van die leer- ling bokant sy verwagte peil van lees is en dit
is~oor die algemeen 'n t~ken van meer as gemid- delde oefening of besonder goeie metodes van die onderrig van lees (Magginnis, 1972, p;750- 753).
6.3.5.7 Berekening van die leeskwosient (LK)
Die leeskwosient (LK) word bereken om so akku- raat moontlik onderskeiding te maak tussen leesvertraagde lesers wat dit onmoontlik vind om akademies op hul standerdvlak te presteer as gevolg van hulle swak leesvermoe en onder- presteerders wie se leesvermoe voldoende is vir die standerdvereistes, alhoewel hul leesvermoe swakker is as hulle verwagte leesvlak. Hier- die onderskeiding is verkry deur die leeskwo- sient
LK =
(LK), wat LO
X100
co
soos volg bereken word:
(LO -- Leesouderdom CO -- Chronologiese
ouderdom) (Harris & Sipay, 1976, p.l53; Westwood, 1975, p.l3).
Die leeskwosient gee 'n beter aanduiding van verbetering in. leesvermoe nadat die leerling hertoets word nadat hy ortopedagogiese hulp ontvang het (Westwood, 1975, p.40).
Indien 'n leerling se L verw. K en LK beide
onder 90 is, dan kan sy leesvermoe beskou word
as betekenisvol laer as sy eie leesverwagting en die normale prestasie vir sy ouderdomsgroep.
Sodanige leerling sal dan beskou word as 'n leerling met 'n besliste leesgebrek.
6.3.5.8 Onderskeiding tussen leesvertraagde leerlinge, onderpresteerders in lees en stadige lesers Om te onderskei tussen leesvertraagde leerlinge, onderpresteerders in lees en stadige lesers kan die bogenoemde prosedures soos volg gebruik en ge1nterpreteer word.
6.3.5.8.1 Leesvertraging
'n Leerling met 'n CO van 10 jaar en 7 maande (CO = 10,6) en 'n IK van 110 het byvoorbeeld 'n LOvan 8,7. Om te bereken of hierdie.
leerling leesvertraagd is, word soos volg te werk gegaan :
i) vo co X IK
100 10 2 6 x
100 11,66 ii) L verw. 0
iii) L .verw. K = ·
110
2 vo + co
3
2 (11,66) + 10,6 3
11
231 jaar LO x 100 L verw. 0 8, 7 X 100
11,31
76
292
iv) LK LO X 100
co
8, 7
X100 10,6 82,08
Aangesien hierdie leerling beslis benede die kritiese waarde van-90 op beide-die L verw. Ken LK is, is daar geen probleem om hom te herken as 'n leesvertraagde leer- ling nie.
6.3.5.8.2 Onderpresteerder in lees
1
n Leerling met 'n VO van 14 jaar en 6 maande (VO=l4,5) gebaseer op sy CO van
11 jaar en sewe maande (VO=ll,6 jaar) en IK van 125 het byvoorbeeld 'n leesvermoe van 11,2 jaar (LV is 11 jaar drie maande) i) L verw. 0
ii) L verw. K
2 (14,5) + 11,6 3
13,5 jaar 11,2 X 100
13,5
= 83 (82,96) iii) LK 11,2 X 100
11,6
22 (96,55)
Hierdie leerling is beslis onder die ver-
wagte peil in leesvermoe met 'n L verw. K
van 84, maar sy LK van 97 is 'n aanduiding
dat sy leesvermoe baie naby is aan die ge-
middeld vir sy ouderdom en dat hy eerder
beskou moet word as 'n onderpresteerder in
lees as 'n leesvertraagde leerling.
6.3.5.8.3 Stadige leser
'n Leerling met 'n VO van 7,3 jaar wat gebaseer is op sy CO van 9,1 jaar en IK van 82 het 'n LOvan 7,5. Die berekening om vas te stel in welke leesgroep hy val, word soos volg gedoen :
i) L verw. 0
ii) L verw. K
2 (7,3) + 9,1 3 7,9 jaar 7,5
X100
7,9 94,94
iii) LK 7
25 X 100 9,1 82,42
Alhoewel hierdie leerling beslis onder die gemiddeld in leesvermoe is volgens sy ou·d~r- . dom (LK vart 82,42), is sy L verw. K van 94,94 bokant die afsnydingspunt van 90.
Daarom kan hierdie leerling beskou word as iemand wat stadig leer lees.
6.3.5.9 Ontleding van die "Persoonlikheidsvraelys vir Kinders"
Elkeen van die 60 leerlinge het die Engelse
weergawe van die "Persoonlikheidsvraelys vir
Kinders" (PVK) afgele en 'n persoonlikheids-
profiel, na aanleiding van Cattell se sestien
eerste-ordefaktore, is van elke leerling gemaak
(vgl. par. 8.7). 'n Groepprofiel is vir elk
van groepe A, B en C vir verge1ykingsdoe1eindes opgestel. Verdere verge1ykings is met die·
tweede (vgl. par, 10.2) en derde eva1uerings (vg1. par. 10.3) gemaak, sodat vasgeste1 kon word of daar enige persoon1ikheidsveranderinge ingetree het na die ortopedagogiese hu1pver1e- ning.
6.3.5.10 Ont1eding van die projektiewe tegnieke
Twee projektiewe tegnieke is op e1ke leerling toegepas en geinterpreteer, naamlik die "Hutt Adaptation of the Bender-Gestalt Test" (vgl.
par, 7.5) en die "Draw-a-family"-tekentoets(vgl.
par, 7 ,6).
6.3,5.10.1 Die "Hutt Adaptation of the Bender-Gestalt Test" (HABG).
By die eerste, tweede en derde evaluerings is 'n ontleding van die HABG gedoen sodat
'n verge1yking gemaak kon word om te bepaal of vera1 die volgende vermoens baat gevind het by die ortopedagogiese hu1pverlening:
a) of daar enige verandering ingetree het by die leerlinge se "adience-abience"
vermoe (vgl. par. 7.2.3.2;8.7.5;10.2.2
& 10.3.2);
b) die vermoe tot spasiering;
c) die vermoe tot verkleining in die breed- te van die figuur;
d) die p1asing van die eerste figuur op die
bladsy;
e) die bepaling van die vermoe verbonde aan die verandering van vorm en gestalt;
en
f) die faktore verbonde aan draaiing.
Deur vergelyking van die resultate was dit mdontlik om te bepaal watter groep (A,B of C) die beste voordeel uit die.ortopedagogie- se hulpverlening verkry het.
6.3.5.10.2 Ontleding van die
11Draw-a-family
11-tekentoets Groepe A, B en C het die gesinstekentoets met die eerste, tweede en derde evaluerings afgele. Hierdie toets is veral afgele om die leesvertraagde leerling se houding teen- oor sy gesin en individuele lede van sy gesin te bepaal. Gemiddelde tellings is van elke groep bereken.
6.3-;5.11· Ontleding van die "Bristol Social Adjustment Guides"
Die twee "Bristol Social Adjustment Guides" wat op elke leerling van groepe A, B en C toegepas is, is
a) "The child in school" en b) "The child in the family".
Die vraelys "The child in school" is met die
eerste, tweede en derde evaluerings deur die
betrokke klasonderwyseresse voltooi. Daar is
apar.te vraelyste vir seuns en dogters. Gemid-
delde tellings is vir elke evaluering vir elke
groep bereken. Hiervolgens kon die mate van
verbetering in die klassituasie van elk van die drie groepe bepaal word. Die re- sultate van die drie groepe kon met elk·
van die tweede en derde evaluerings verge- lyk word om vas te stel watter groep die beste voordeel uit sy ortopedagogiese hulpverlening verkry het (vgl. par. 7.2.5;
8.7; 10.2 & 10.3).
Die vraelys "The child in the family" is vir die eerste, tweede en derde evaluering deur die ondersoeker self voltooi. Vir vergelykingsdoeleindes i~ dieselfde prose- dure gevolg as met die vraelys "The child in school" (vgl. par. 8.7; 10.2 & 10.3).
·6.3.5.12 Ontleding van die skolastiese vordering Die resultate van die leerlinge se skolas- tiese vordering is vanaf die Ed. Lab.-kaar- te verkry, Die eerste en tweede evalue- rings se resultate is met mekaar vergelyk om vas te stel watter groep se skolastiese vordering verbeter het as gevolg van die ortopedagogiese hulpverlening. Die tweede en derde evaluerings se resultate is verge- lyk om vas te stel watter groep die beste langtermynvordering getoon het.
6.3.6 Plasing in drie groepe
Die opvoedkundige diagnose van die 60 leesvertraagde
kinders in drie Engelsmediumskole in dieselfde
voorstad van Durban, is bepaal soos in die vooraf-
gaande paragraaf bespreek.
Alhoewel sommige van die kinders individuele remedi- erende leesonderrig sou ontvang en sommige ouers individuele voorligting, is die kinders en hulle ouers in drie groepe ingedeel. Die groepe kah as min of meer ekwivalent beskou word omdat die lees- vertraagde leerlinge soos volg ingedeel is:
a) Elke groep bestaan uit 20 leesvertraagde leer- linge met hulle ouers.
b) Die helfte van elke groep was in st. 3 en die helfte in st. 4.
c) Elkeen van die drie groepe het minstens drie kinders van st. 3 uit elke skoal bevat. Die·
selfde het vir die st. 4 leerlinge gegeld.
d) Nie een van die kinders het al voorheen gedruip of was weens ou~erdom oorgeplaas nie.
e) Nie een van die leerlinge het 'n laer IK as 105 op die NSAG behaal nie.
f) Elke leerling was deur die klasonderwyseresse as swak of baie swak in minstens drie van die volgende vermoens in di~ hooftaal (Engels) beskou : lees, skryf, spelling, begrip en monde- linge werk.
g) Geeneen van die kinders het meer as vier skole bygewoon nie en elke leerling het mins.tens twee skole bygewoon.
h) Elkeen van groepe A, B en C het 'n gemiddelde
IK van hoer as 110 gehad soos bepaal met be-
hulp van die NSAIS.
groep was soos volg:
Die gemiddelde IK van elke
Groep A Groep B Groep C
115,6 115,1 117,1.
i) Elkeen van die kinders het 'n leesagterstand van twee jaar of meer in vergelyking met hulle
chronologiese ouderdom gehad. Die gemiddelde leesvertraging (met die aanvang van die onder- seek) van die onderskeie groepe was soos volg:
Groep A Groep B Groep C
2,6 jaar 2,3 jaar 2,4 jaar.
j) In elke geval was die huistaal (sowel as die medium van onderrig) uitsluitlik Engels.
k) Al die kinders is van 'n hoe sosio-ekonomiese agtergrond as gevolg van ouers se inkomste
·cvgl. par. 9.2.4.2).
1) Die groepe is verkry uit drie verskillende ge- mengde skole wat in dieselfde voorstad van Dur- ban gelee is.
Op grond van die resultate van die opvoedkundige evaluering is die leesvertraagde leerlinge in drie groepe ingedeel, naamlik 'n eksperimentele groep en twee kontrolegroepe van 20 kinders elk.
Die eksperimentele groep (Groep A) sou geen reme-
dierende leesonderrig ontvang nie, maar die ouers
van hierdie kinders het egter vir 'n tydperk van
'n jaar individuele voorligting ontvang soos in hoofstuk 9 beskryf.
Die leerlinge van die eerste kontrolegroep (Groep B) het vir 'n tydperk van 'n jaar twee maal per week elk vir 'n halfuur lank, individuele remedieren- de leesonderrig van 'n gekwalifiseerde en ervare remedierende onderwyseres ontvang. Hierdie groep se ouers het vir dieselfde tydperk individuele voorligting ontvang, soos in hoofstuk 9 beskryf.
Die leerlinge van die tweede kontrolegroep (Groep C) het vir dieselfde tydperk as Groep B remedierende leesonderrig ontvang by dieselfde remedierende on- derwyseres as Groep B. In hierdie geval het die ouers egter geen voorligting ontvang nie.
6.3.7 Toestemming van die ouers
Al die ouers van groepe A, B en C was bewus daarvan dat hulle kinders na die Skoolsielkundige Kliniek verWYs is, aangesien hulle deur hul onderskeie skoolhoofde in kennis gestel is.
Nadat die kinders in die groepe A, B en C verdeel is, is die toestemming van die ouers gevra vir deel- neming aan die·ondersoek. Hierdie versoek is mon- deling aan die ouers gerig en die toestemming is ook
·mondeling gegee dat hulle en die kinders aan die on-
dersoek kon deelneem. Uit 60 gevalle waar die ouers
genader is, het slegs een ouer, dit wil se 1,6% van
die totale aantal gevalle, nie sy weg oopgesien vir
die ondersoek nie, omdat daar 'n sterk moontlikheid
was dat die vader deur sy werk verplaas kon word.
Hierdie leerling se plek is gevul voordat die onder- seek 'n aanvang geneem het en toestemming is van hierdie ouers ontvang vir deelname aan die ondersoek, 6.3.8 Tydsduur van die ondersoek
Die ondersoek het oor 'n tydperk van een jaar ge- strek. Die indeling van die groepe, voorlopige en eerste evaluering asook die opvoedkundige diag- nose, is gedurende die eerste kwartaal van 1976 af- gehandel. Die werklike ondersoek het vanaf die begin van die tweede kwartaal in 1976 gestrek tot aan die einde van die eerste kwartaal in 1977.
Daarna is die tweede evaluering op al drie groepe toegepas,
Drie kwartale later, met ander woorde ongeveer nege maande na afloop van die ondersoek, aan die einde van November en begin van Desember-1977 , is die derde evaluering gedoen,
Die ouers van groepe A en B het dus voorligting ont- vang vir een volle jaar, met uitsondering van die skoolvakansies.
Die leesvertraagde kinders van groepe B en C het intensiewe remedierende onderrig in lees vir 'n tydperk van een jaar ontvang. Hierdie deel van die ondersoek het gelyktydig met die ander deel van die ondersoek,waar die ouers voorligting ontvang het,- geskied.
6 •. 3. 9 Ortodidakties-ortopedagogiese hulpverlening
Die hulpverlening wat aan die ouers van groepe A
en B aangebied is, is ortopedagogies terwyl die
leerlinge van groepe B.en C ortodidaktiese hulp- verlening ontvang bet. 'n Uiteensetting·van die ortodidaktiese en ortopedagogiese hulpverle- ning word in hierdi~ paragraaf bespreek.
6.3.9.1 Ortopedagogiese hulpverlening 6.3.9.1.1 Algemeen
By die praktiese deel van hierdie ondersoek is gebruik gemaak van die gekombineerde of eklektiese·onderhoudsmetode (vgl.·par. 5.5.3
& 9.2)' wat in die geval van hierdie orider- soek op die heropvoeding (vgl. par. 5.5.3) van die ouer ·sowel as van die leerlinge van groepe A en B gemik is.
Met die heropvoeding van die ouers is. die mikpunt veral 'n beter begrip van die pro- bleme van bulle kinders en om beter ouer- kindverhoudinge ·te bewerkstellig.
opvoeding van die leerl1ng sou na verwagting deur die ouers gedoen word, veral as gevolg van die beter ouer-kindverhoudinge wat beoog.is •
.. Die ortopedagogiesedeel van die ondersoek is in vier.afdelings verdeel:
6.3.9.1.2 Die eerste. afdeling: ontmoeting van die
~
Die eerste afdeling van die ondersoek bet
bestaan uit die individuele ontmoeting van
die 60 ouerpare deur ~ie ondersoeker. Hier-
die ontmoeting kan as die eerste onderhoud
vir die ouers van groepe A
e~B beskou word en as die enigste onderhoud vir die ouers van groep C.
Die doel van die ondersoek is aan die ouers gestel, naamlik dat groep A se ouers voor- ligting sou ontvang en dat die leerlinge geen definitiewe hulp sou ontvang nie. Aan groep B se ouers is dit duidelik gestel dat die ouers self voorligting sou ontvang, terwyl die kinders remedierende leesonderrig sou ontvang. Aan die ouers van groep C is dit gestel dat die kinders remedierende leesonderrig sou ontvang en dat die ouers geen voorligting sou ontvang nie.
Die probleem van die leerlinge is breedvoe- rig aan die ouers gestel, soos dit uit die opvoedkundige diagnose duidelik geword het.
Hierdie aanvanklike onderhoud het 'n verdere doel gedien, naamlik die verkryging van die nodige agtergrondsgegewens soos die gesin- samestelling, die ontwikkelingsgeskiedenis van die kind en die kind se probleem soos die ouers dit sien.
Die skedule waarvolgens die ondersoeker die ouers sou spreekl), is aan hulle verduidelik en 'n roost.er is opgestel. Die skedule is in een tydperk van ses maande en twee tydperke van drie maande elk verdeel soos 1) "Spreek" beteken dat die ouers na die ondersoeker
se kantoor vir 'n onderhoud gekom het.
in par. 6.3.9.1.3 tot 6.3.9.1.5 hieronder beskryf:
6.3.9.1.3 Die tweede afdeling van ses maande
Die eerste tydperk
Hierdie
tydper~van ses maande het vanaf April 1976 tot en met September 1976 ge- duur. Gedurende hierdie tydperk is die ouers op die volgende wyse gespreek : die moeder die een week en die vader die vol- gende week, terwyl beide ouers een keer per maand gesamentlik gespreek is. As ge- volg van vakansies kon beide ouers nie ewe veel keer individuee1 gespreek word nie
(vgl. tabe1 6.1).
Volgens hierdie prosedure is die moeders in hierdie tydperk 12 keer en die vaders 10 keer individuee1 gespreek, terwy1 beide ouers ses keer gesamentlik gespreek is.
6.3.9.1.4 Die derde afde1ing : Die eerste tydperk van drie maande
In hierdie tydperk van drie maande, vanaf Oktober 1976 tot Desember 1976, het die on- derhoude net soos die van die eerste tyd- perk ver1oop, behalwe dat die periode tussen die individuele onderhoude van een week na twee weke verleng is. Die ouers is ook een keer per maand gesamentlik gespreek. Daar is nege onderhoude met die ouers gevoer (vg1.
tabe1 6.1).
6.3.9.1.5 Die vierde afdeling van drie maande
Die tweede tydperk
Gedurende hierdie tydperk, vanaf Januarie 1977 tot Maart 1977, is slegs een van die ouers individueel per maand gespreek, ter- wyl beide ouers een keer per maand gesament- lik gespreek is. Die moeders is in hier- die tydperk twee keer individueel gespreek en die vaders een keer. Die ouers het elk ses keer vir onderhoude gekom (vgl. tabel 6.1).
Gedurende die jaar wat die ondersoek geduur het, is elk van die vaders van groep A en groep B 14 keer en elk van die moeders 17 keer gespreek. Beide ouers van elke groep is 12 keer saam gespreek. In totaal was 33 onderhoudsessies aan elke ouerpaar van groepe A en B afgestaan.
Ouers is toegelaat om tydens die ondersoek
en tussen die onderhoude telefonies met die
ondersoeker gedurende kantoorure te skakel
indien hulle dit nodig geag het weens onvoor-
siene probleme wat opgeduik het.
Tabe1 6.1
OJ2somming van onderhoude 12er ouerEaar van groe12e A en B
GROEP A GROEP B
Ouers ge- Ouers
}!aand Vader Moeder sament1ik Vader Moeder gesament- lik Eerst:e t~dEerk ses maande
April. 2 2 1 2 2 ·1
Mei 2 3 1 2 3 1
Jun. 2 1 1 2 1 1
Jul. 0 1 1 0 1 1
Aug. 2 3 1 2 3 1
Sept:. 2 2 1 2 2 1
Totaa1 10 12 6 10 12 6
Tweede t:ydperk drie maande
Okt:. 1 1 1 1 1 1
Nov. 1 1 1 1 1 1
Des. 1 1 1 1 .1 1
Totaa1 3 3 3 3 3 3
Derde tydperk drie maande
Jan. 0 1 1 0 1. 1
Feb. 1 0 1 1 0 1
1
Maart 0 1 1 0 1 1
.ntaa1 1 2 3 1 2 3
6.3.9~2 Ortodidaktiese hulpverlening
Die leerlinge van groep B (die ouers het ook voor- ligting ontvang) en groep C het remedierende lees- onderrig van 'n ervare en gekwalifiseerde remedi- erende onderwyseres ontvang. Hierdie remedierende
leesonderrig het, net soos die ortopedagogiese hulpverlening, 'n jaar geduur.
Remedierende onderwyseres A he~ ocr die volgende kwalifikasies beskik:
1n drie jaaronderwysdiploma, 'n B.A.-graad met Sie1kunde as een van die hoof- vakke en
1n universiteitsdiploma van een jaar in remedierende onderrig. Sy het nege jaar onder- wysondervinding en vyf jaar praktiese ondervinding van remedierende onderrig.
Remedierehde onderwyseres B het dieselfde akade- miese en professionele kwalifikasies as remedi- erende onderwyseres A. Sy het 14 jaar onderwys- ervaring en 11 jaar praktiese ondervinding van remedierende onderrig.
Elke leerling van groepe B en C het g~durende die vier kwartale wat die ondersoek geduur het remedierende leesonderrig vir die hele tydperk ontvang, met uitsondering van die tydperke van skooleksamens en -vakansies.
Die leer1inge het twee keer per week vir
1n tyd-
perk van 32 weke remedierende leesonderrig ont-
vang; dus 'n totaal van 64 lesse gedurende die
ondersoek. Elke 1esperiode was 'n ha1fuur lau
6.3.10 Tweede evaluering
Die tweede evaluering het aan die einde van die ondersoek plaasgevind, met ander woorde nadat groepe A en B se ouers vir 'n jaar voorligting ontvang het en groepe B en C se leerlinge remedierende leesonderrig ge- durende dieselfde tydperk.
Met die tweede evaluering is die volgende toetse op groepe A, B en C toegepas : a) Leestoetse :
i) "Burt
1s Graded Reading Vocabulary Test".
b) Persoonlikheidstoetse en projektiewe teg- nieke :
i) Die "Persoonlikheidsvraelys vir kinders" (PVK). Soos met die eerste evaluering is die vraelys groepsge- wys afgeneem; Die leerlinge het die vrae op die vorm gevolg terwyl die ondersoeker die vrae hardop aan hulle voorgelees het, Die prosedure is ge- volg omdat die leerlinge leesvertraagd was.
ii) Die "Hutt Adaptation of the Bender- Gestalt Test".
iii) "Draw-a-family"-tekentoets, c) Vraelyste :
i) Die "Bristol Social Adjustment Guides.
The Child in School" en die
ii) "Bristol Social Adjustment Guides~ The Child-in-the-Family" is by die tweede evaluering afgeneem.
Net soos by die eerste evaluering, is die
"Child in School" deur die betrokke klasonder- wyseresse voltooi• terwyl ondersoeker self die "Child-in-the-Family" voltooi het.
d) Skooleksamens
Die punte van die skooleksamens is van die skool verkry.
6.3.11 Vergelyking van die eerste en tweede evaluerings Na afloop van die tweede evaluering is die volgen- de resultate van elke groep met die eerste evalue- ring vergelyk om vas te stel of daar 'n verbete. "-·
ring al dan nie was : i) die leesouderdom;
ii) die leesverwagtingsouderdom;
iii) die leesverwagtingskwosient;
iv) die leeskwosient;
v) 'n vergelyking tussen die resultate van die
11